M. P.
OUVIER BURGERS
S 'n
mens
in dr. Nienaber se lys die toneelwerke naslaan wat tussen September 1940 en Augustus 1941 verskyn het,dan
lyk die oes nogal groot. Dis egter lank nie alles koring nie. In ons romans en kortverhale is ons geneigom
die verskil te beklemtoon tussen lektuur en literatuur, tus- senblote leesstofen kunswerke. Die lyne wat hierdie groepe skei moet ons deurtrek tot in die drama, sodat daar verskil
gemaak
kanword
tussen blote opvoermateriaal en waar- agtige dramatiese kuns.,,Wanneer die Blare Val" en ,,Die Kwaal" van F.
W.
Boonzaaier, ,,Die Applikant en ander Samesprakies," deur M. H. Pienaar, ,,Kerrievleis en Kerrierys" van G. Lampen, en die vier toneelstukkies van A. J. C. Meiring vir Kinders (,,Op die
Pad
van Suid-Afrika," ,,Parlementsitting," ,,Die Afri-kaanse
Boom"
en ,,Klein Helde")—
dis alles blote opvoer- materiaal,soms
nogal vanswak
gehalte.Effens hoër staan
Meyer
de Villiers se ,,Eer."Aan
die beginmaak
die stuk 'n mat indruk: daar is min karakter- tekening, en die tonele mis hegtebou
en spankrag. Geleide-lik
kom
daar verbetering, ensommige
van die latere tonele kan as taamlik geslaag beskou word. Regdeur bly sekere karakters egter onoortuigend, en die leserword
gehinder deur die taal, wat soms net van so'n aard is dat dit uit die toon val en die atmosfeer verbreek.Bokant die lae vlak van die eerste groep staan ook die kleurryke ,,Willem Adriaan van der Stel" van Grunius. Die gedagte
om W.
A. van der Stel die hoofpersoon in 'ndrama
te maak, het seker al
by meer
as een skrywer opgekom.Of
W.
A. langs sy noodlottige en minder edele karakter- trekke ooknog
genoeg grootse enaangename
elemente in sy samestellinggehad
hetom hom
geskik temaak
vir so 'n hoofrol, sal deur baie betwyfel word. Grunius tekenhom
as'n
bewonderaar
van die groteLodewyk
van Versailles, en as 'n aspirant Roi Soleil op klein skaal. Deur die metodes wat hy toepasom
sy heersersideaal te verwesenlik, bewerk hy sy eie ondergang. Hierdie werk het niegeword
tot 'ngroot dramatiese geheel-eenheid nie. Daarvoor is daar te veel karakters, wat slegs fragmentaries bly, en geen strakke toegespitsheid
op
een doel, helder gesien, nie. Die slotmaak
'nswak
indruk; en alhoewel daar etlike goeie tonele in die werk is, laat die geheel 'nmens
met 'n eífens ver-warde
indruk agter.Alleen twee werke
van
die hele oeskom
in aanmer- king vir beskouing as waaragtige dramatiese kuns, en dis die bundelseenbedrywe
vanUys
Krige en J. F.W.
Gross- kopf; envan
dié twee staan Grosskopf kop-en-skouers bo, hoofsaaklikomdat
Krigesoms meer aandag
geeaan
verto- ningselemente asaan
die essensieel dramatiese, en ookomdat
hynog
nie geleer hetom
sy stukke soheg
enkompak
te
bou
as wat Grosskopf synebou
nie.Krige se bundel bevat „Die Wit Muur," ,,Die
Skaapwag-
ters van Bethlehem" en ,,Die Arrestasie."
,,Die Wit
Muur"
gee die verhaal van Japie Greyling, watbekend
is uit Jan Celliers se gedig.Wat
treffend mooi is in die stuk is die digterlike voorstelling vandie witmuur, waar-' teen Japie geplaasword
vir die teregstelling. Die toene-mende
lig van dieopgaande
son op diemuur
se skitterende vlak verleen 'n merkwaardige simboliese kragaan
Japie se heldedaad.Maar
hiermee is ook die belangrikste gesêin verband met die werk. Die toneelinrigting laat iets te
wense
oor; diegang
van die kruisverhoor is swak; en die tekening van die twee Engelse offisiere nie juis oortuigend nie.,,Die Skaapwagters van Bethlehem" is 'n Kersnagdrama.
Drie herders, wat
wag hou by
die skepe,verneem
van 'n vierde,wat na
die herberg gestuur is, dat 'n vreemdelingin dieherberg die
koms
van Christus voorspel het.Dan
sien hulle die ster en hulle volg ditna waar
hulle die Kind sal vind. Die vervanging van die Engele deur 'n vreemdelingin 'n herberg sal die
gewone
leser asvreemd
tref, en dit bemoeilik ook tot 'nmate
die uitbeelding van die ,,wonder"wanneer
die herders besef dat die Christus gebore is.Aan
die ander kant pas die bewerking van die
wonder
deur middel vandie sterweergeheel-en-alby
die realisties-digter- like siening van die herders. Teen die slot speel die skrywerlos en vas met die toneelgebondenheid van die
gewone
ver-hoog op
'n manier wat eintlik alleen in die rolprent en in die radiodrama moontlik is.Die derde stuk is die verhaal van 'n arrestasie wat nie plaasgevind het nie. In 'n ou
Kaapse
huis in die distrik Stellenbosch in die jaar 1706 vergader ses vrouens, wie se mans, verloofdes of kinders almal betrokke is in die opstand teenW.
A.van
der Stel.Op
soekna
die mans, metdie doelom
hulle in hegtenis te neem,kom
kaptein Hasewinkelop
die vrouens af,maar
hulle weier almal fierom
iets te vertel.Daar
is etlike tonele en elemente in die stuk watgoed
geslaag is: die inleidingsgesprek, die toneel waarin die vrouens hoor van die dreigende arrestasie, en dele van die slot, bv. die toneelwaar
die kaptein 'nman
in die kas verwag, en slegs 'n seun ontdek. Mooi ook is die kontraste tussensommige
van die vrouens, alhoewel hulle nie altyd oortuigend bly nie.Die stuk
word
verder beskadig deur twee dinge: gebrekaan
kernagtige inperking, en die feit dat die skrywerhom
laot verlei tot oppervlakkige uiterlike vertoon.
Sommige
tonele is veelste lank (die skrywer sêself van een toneel dat dit
maar
weggelaat kan word!); die episode met die Franse woorde, en die drinkery van mev. Elberts is oorbodig. Endan
die vertonerigheid: Die rokke, die houdings, die toneelwat
soos 'n skildery uit die I8de eeu moet lyk, en die slot- verskyningvan
mev.Van
Zyl. Die visuele element, wat in„Die Wit
Muur"
gestyg het tot 'n hoogtepunt van simboliese krag, het hier bly steek in blote spektatoriale vertoon.Jammer
dat Krige nie van sy beter dramaties-digterlike werk, soos ,,DieGees
van die Water," laatopneem
het in die bundel nie.Die beste het gebly vir die laaste: ,,Die Klipdolk en ander Kort-spele," deur J. F.
W.
Grosskopf. Diebundel bevat twee eenbedrywe: „Die Klipdolk" en „OorIog is Oorlog," en twee hoorspele vir die radio, ,,BIinde Liefde" en ,,Die Pos- koets in die Rivier."Kenmerkend
van Grosskopf ’se kort-spele is die konsen- trasie op die allerbelangrikste in 'n paar oomblikke van hoogspanning in die lewe van 'n groep karakters. Soos hydit self in sy voorwoord stel: „daar (is) menslike motiewe