• Tidak ada hasil yang ditemukan

DIE AFRIKAANSE POËSIE IN 1941

Dalam dokumen Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring (Halaman 167-170)

W.

E. G.

LOUW

[T is 'n lofwaardige gebruik van die Skrywerskring

om

elke jaar 'n oorsigvan ons literêre werk, prosa sowel as poësie, in sy Jaarboek te gee. Daardeur kry 'n

mens

as 't

ware

'n deurlopende kroniek van die groei van ons letter-

kunde op

'n baie interessante en kritieke tydstip van sy ontwikkeling.

Die tyd wat ons tans belewe, is interessant en belangrik vir ons letterkunde, en wel

om

die volgende redes: in die eerste plek belewe ons

in die poësie altans

sedert enige jare 'n merkwaardige opbloei. Hiervan blyk na buite miskien nie altyd baie nie,

maar

as 'n

mens

die publikasies von die afgelope vyf of ses jaar vergelyk met dié van 'n twintig, vyf-en-twintig jaar gelede, kan jy vasstel dat ons poësie nie

meer

in die eerste plek slegs die uiting van ons kultuurstryd is,

maar

dat daarin die begin van 'n genuan- seerde en onafhanklike Afrikaanse geestelike lewe gesien kanword.

Ons

poësie is besig

om

'n tot dusverre ongekende verfyning en ekspressiwiteit te bereik en die uiting te

word van

'n

mondige

beskawing.

Maar

hierdie tydstip is ook

kritiek,

want

juis noudat daar vir ons

nuwe

vergesigte begin oopgaan, het die interne toestande van betreklike voorspoed en vreedsame groei wat gedurende die afgelope jare dié opbloei moontlik

gemaak

het, radikaal begin verander. Bin- nelands sowel as inons buitelandse verhoudinge belewe ons

'n tyd van twis en verdwasing wat nie anders as strem-

mend

kan inwerk op die rustige ontplooiing en ontwikkeling

van

ons geestelikelewenie. Die oorlog

was

en is nog steeds, soos die grote Erasmus reeds gesê het, die

vyand

van alle intellektuele en skeppende arbeid.

Juis wat dié saak betref, moet 'n

mens

dadelik 'n merk- waardige feit vasstel: die wêreldoorlog wat nou reeds

byna

twee jaar

aan

die

gang

is, en waarin ons eie land

sy dit

met groot en skerp teenoor

mekaar

gestelde verskil van

mening

oor die belange en waardes wat op die spel sou

wees —

ook betrokke is, het oënskynlik nog geen, of slegs baie geringe positiewe invloed op ons literatuur uitgeoefen.

Die kwaai veldtog

van propaganda

en teen-propaganda wat daagliks in die pers, oor die radio,

op

straat en

by

ons werk 'ons

aandag

met eise en aansprake probeer afdwing, en wal blykbaar een

van

die belongrikste elemente in die huidige politieke stryd inons land is,het

nog

geen

noemenswaardige

neerslagin ons literatuurgevind nie. Sonder

om

breedvoerig oor hierdie uiteraard kontensieuse saak uit te wei, kan 'n

mens

tentatief die volgende moontlike verklaringe opper: óf die Afrikaanse intellektueel en skrywer voel dat die offisiële voorstelling van sake, aangedik met

bekend

klinkende leuses en oproepe, onwesenlik is en

hom

nie raak nie, óf hy voel dat die belange wat wél

op

die spel is,

nog

dermate ondui- delik is en die

gemoedere

dermate verwar dat daar geen sprake

van

kan

wees

dat hy op dié stadium sy oor- tuiginge reeds permanente literêre

vorm

kan probeer gee

nie. 'n

Mens mag

dit, glo ek, veilig

aan

die toekoms oorlaat

om

uit te

maak

wat werklik die geval in hierdie jare in ons land was.

Die enigste opmerklike gevolg van die oorlog

op

ons letterkunde tot dusverre is 'n negatiewe: die belangstelling in literêre sake wat 'n paarjaargelede steeds toegeneem het, het aanmerklik verslap, en in

noue samehang

hiermee het die tempo van ons ernstige literêre produksie vermoedelik ook afgeneem. 'Weens 'n oormaat van nuus

aan

die- een kant en

aan

die ander kant juis as gevolg van dié verslapte belangstelling, staan ons dagbladpers en selfs die tydskrifte

blykbaar minder ruimte af as voorheen

aan

suiwer kulturele sake. Die toenemende p>apierskaarste sal ook wel

mede-

verantwoordelik

wees

vir die inkrimping van beskikbare plaasruimte. Dit is 'n toestand wat 'n

mens mag

betreur,

maar

een waarin jy

noodgedwonge

moet berus.

*

Daar het in die afgelope jaar, d.w.s.

van

Julie 1940 tot Julie 1941, slegs twee bundels poësie in Afrikaans verskyn wat in aanmerking

kom

vir ernstige literêre beoordeling

:

Rooidag, 'n

nuwe

bundel verse deur Uys Krige, en Raka, 'n

epiese gedig deur N. P. van 'W'yk Louw.

Uys Krige se bundel, wat werk bevat von ongeveer tien jaar en

waarvan

die vroegste verse ouer is as die laaste in sy eerste bundel

Kentenng

(1935), bevestig in die alge-

meen

die indruk wat 'n

mens

reeds

van hom

gekry het: die

interessante, veelsydige en kosmopolitiese digter wat in Kentering

aan

die

woord

was, kry jy hierin terug, en die poëtiese probleme wat daardie werk beheers het, is hier

nog

nie finaal uitgemaak nie.

Die alte kwellende jeugtroebele van die vroegste verse

die beheptheidmet die gedagte

aan

die

dood

en die kort- stondigheid

van

alle dinge

is in hierdie

nuwe

werk welis-

waar

getemper met 'n ryper en

humaner

lewensgevoel,

maar

die grondtoon van Krige se digterskap bly

nog

wat 'n

mens

moeilik met 'n ander

woord

as ,, romanties" sou kon karak- teriseer. Hierdie romantiek van Krige

gaan

veel dieper os

wat

die vae en populêre gebruik van dié

woord

in ons omgangstaal sou laat vermoed: dit

gaan by hom

sekerlik nie slegs

om

,,romantiese" motiewe of voorstellinge nie, dit is 'n onrus en ongedurigheid wat

hom

jaag en dryf, 'n

onbevredigde verlange wat dit vir

hom

op die duur on- moontlik

maak om hom

geheel en al

aan

iets te gee. Selfs sy dartelheid, sy speelsheid en

by

tye sy sinisme, sou 'n

mens

kon probeer verklaar uit hierdie grondtrek wat sy werk so

dwingend

en

vormgewend

bepaal. Die seemeeu, 'n

motief wat 'n

mens

herhaaldelik

by

Krige teëkom, het vir

hom

beeld

geword

van dié onrus:

Tussen die wit huis en die wit huis, teen die wit wolk, teen die grys berg

hoog bo

die see silwer en grys . . .

styg en daal

. die wit

seemeeu

aaneen

alleen .... (Die Seemeeu I)

Nee, nee, nee,

nooit sal

hy

in kan tree tot die geseënde stee van 'n volle lewe

sonder vrees, sonder bewe.

Nee, nee, nee,

nooit

word hom

rus gegewe.

Dalam dokumen Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring (Halaman 167-170)