• Tidak ada hasil yang ditemukan

2. HERKOMS EN EIENSKAPPE VAN DIE 20STE EEUSE IRRASIO

2.4 Eienskappe van die Irrasionalisme

Irrasionalistiese strominge, soos in die vorige afde~g kortliks aan die orde gestel, skyn

hulle te verset teen die Westerse vooruitgangsgeloof, teen 'n wetenskap-beheersde toekoms, teen die godsdienstige stelsels of dogmas by name die Christelike religie, asook teen aIle denkrigtings wat totale verwetenskapliking van die mens voorstaan. Die strominge wil op indeterministiese wyse uitgaan van die standpunt dat die sogenaamde ongebonde (ongedeter­

mineerde) belewenis of vrye ervaring van die mens op groter outentisiteit en waarheid aan­

spraak kan maak. Die mens se persoonlike selfwettelikheid sou dan nie aan bande gele (ge­

determineer) word deur mens-onwaardige en onderdrukkende waardes, gesagsbeskouinge, lewensbeginsels, ensovoorts wat hulle oor~llrong buite die mens as outonome, individuele subjek vind nie. Met ander woorde, vir die irrasionalis wat indeterministies dink, is dinge waar en reg en goed en mooi, alleenlik in soverre as wat hulle waar en reg en goed en mooi vir hom as individuele subjek is (Schoeman, 1980:13).

Die Irrasionalisme beklemtoon die persoonlikheidsideaal bo die wetenskapsideaal. 'n Goeie voorbeeld hiervan is te vind by die Neo-Humanisme as irrasionalistiese stroming. Dit wys op die gevare van kultuuroptimisme, asook die eensydige hand hawing van die wetenskaps­

ideaal, maar verval dan self in die teenoorgestelde pool, aangesien die persoonlikbeidsideaal (affektiewe) verabsoluteer word.

Die persoonlike vryheid van die mens word verabsoluteer teenoor die rede-verheerliking van die Rasionalisme. Die irrasionalistiese siening van die mens word gekenmerk deur 'n ro­

mantisistiese en ooroptimistiese beskouing. Die mens is nie slegs die norm vir wat goed, mooi en reg of vir hom relevant is nie, maar hy is ook inherent goed en ver bo verwagting opvoedbaar .

By die Rasionalisme Ie die subjektivistiese norm vir waarheid en kennis in die denkende subjek se rede. By die Irrasionalisme Ie die norm vir waarheid of waarde in iets nie­

analities wat die subjek (denker) as van primere belang beskou. Hierdie teenstelling tussen die Rasionalisme en Irrasionalisme is regstreeks verbind aan die outonomie-strewe van die Humanisme. Die woord outos beteken selfen nomos beteken wet - die grondinstelling van die Humanisme is dus dat die mens vir homselfdie wet vir sy hele lewe moet stel. Wanneer die klem op die nomos geplaas word, word die outos bloot gesien as 'n onselfstandige refleks van die algemene wet - dan is die ~ens outonomos (outonoom).

Die omgekeerde is egter reeds in die vroeg-Romantiek ondersoek: in stede van die mens te bind aan die universele vorm van die wet wat hy vir homself stel, word aIle klem gele op die individuele subjektiwiteit van die mens. Die outos word sentraal gestel en elke wet is eenvoudig te sien as 'n onselfstandige uitvloeisel van die subjektiewe individuele wi} - die self. Dan is die mens ook outonoom. Hierdie irrasionalistiese klem op die subjek (die self) strand in volstrekte wetloosheid (normloosheid), want indien elke mens in hierdie sin vir homself die wet is, is anargie die enigste praktiese konsekwensie daarvan (Schoeman, 1983:

305-307).

Die kenmerkende eienskap van die Rasionalisme is dat dit altyd die wetsy van die geskape werklikheid verabsoluteer, waarin die feitelike subjeksy dan teoreties opgelos word. Aan­

gesien die feitelike sy van die werklikheid, of dan aspekte daarvan, wetmatig gedetermineer word, is die Rasionalisme deterministies. Die kenmerkende eienskap van die Irrasionalisme daarteenoor is dat dit diefeitelike of subjeksy van die werklikheid verabsoluteer, terwyI die wet bloot as onselfstandige refleks van die individuele subjektiwiteit gesien word. Die Irra­

sionalisme is gevoiglik indeterministies in sy benadering omdat dit poog om aIle wette/norme op te skort, hulle aan die subjek te relativeer en hulle te herlei tot die terrein van die sub­

jektiewefeitelikhede (Strauss, 1978:112-113; Henning, 1982:55).

Waar die kosmiese wet van die rede (analitiese aspek) by die Rasionalisme verabsoluteer word, word daar by die Irrasionalisme sommige nie-analitiese aspekte van die kosmiese rea­

liteit oorbeklemtoon.

Waar die rede by die Rasionalisme primer ter wille van die rede self aangewend word, word dit by die Irrasionalisme sekonder aangewend en bly die rede slegs 'n instrument tot 'n ander doel buite die rede.

Volgens die irrasionalistiese siening het die rede (en wetenskap) nie intrinsieke waarde nie;

dit het waarde slegs in soverre dit vir 'n sekere doel aangewend word.

Nog 'n eienskap van die Irrasionalisme is dat dit baie klem Ie op toegepaste, nuttige, prak­

tiese denke. By die Rasionalisme daarenteen, is die analitiese (rasionele) aspekte aangewend

vir hul eie saak of doel in die ivoortoring van teoretiese denke, en is dit me bedoel vir enige gebruik of doel bo die rede self me. Lewenspraxis is vir die rasionalis nie ter sprake tydens wetenskapbeoefening me.

By die Irrasionalisme word die mens in die kontingente situasie beklemtoon. Die hier en die nou is belangrik. Ook word die mens se belangstelling en verantwoordelikheid tot die immanente (die self, die ander, die omgewing) beperk. Die mens en die situasie is dus die bron van nonne en maatstawwe.

Die Irrasionalisme bly essensieel net so subjektivisties as die Rasionalisme en aanvaar kri­

tiekloos die bestaan van die rede. Die enigste verskil is dat die betekenis van die rede deur die Irrasionalisme tot 'n minder belangrike sfeer van die lewe van die mens ingeperk word.

Die rede word weliswaar onttroon, dog nerens opgeskort me. Die rede van die mens bly dus nog steeds 'n faktor om mee rekening te hou (Van der Walt, 1983(a):20-21).