4. DIE DE-/VITALISERINGSDIALEKTIEK VAN DIE SKOOL
1.5 METODES VAN ONDERSOEK .1 Fenomeenanalise
Die kern van hierdie met ode is die sogenaamde ontologiese vraag: die wat-is-vraag wat handel oor die status, wese en doel van die fenomeen (Van der Walt, 1982:23). Deur be
dinking word die essensies van die betrokke verskynsel be
paal (Landman, 1980:25-26) en die essensiele word geskei van die nie-essensiele. In hierdie verband sal onder meer die volgende fenomene in hulle verband met die skool onder
soek word: vitaliteit, devitalisering, dialektiek, skool, onderwys, relativisme, pragmatisme, idealisme, liberalisme, eksistensialisme, wetenskaplike benadering, rasionalisme en realisme.
1.5.2 Struktuur-empiriese metode
vir die Christen is struktuur vasgele in God se ewige wil waaraan die mens nie kan verander nie. God het die werklik
heid wat hy in aanskyn geroep het, onderhewig aan verorden
de wette gestel. Hierdie wette is die uitdrukking van God se wil vir die geskapene (Schoeman , 1983:83-110, 150-240;
Van der Walt, 1985:47). Volgens Cohen en Manion (1980:15
17) dui empiries weer op die ervaring van die objek. Dit is die skeppingsbedoelde gebeurlikheid wat deur die navor
ser ervaar word en in die geopenbaarde lig van die Skrif vertolk word (Venter, 1983:45-58).
In hierdie navorsing word bogenoemde formulering van die struktuur-empiriese metode gehandhaaf.
Die gebruik van die struktuur-empiriese metode impliseer dat die navorser in hierdie navorsing via die empiriese werklikheid en werklikheidsaspekte toegang verkry tot die struktuur van die geskape werklikheid. Daar sal dus aan die subjeksy gesoek word na die struktuurbeginsels van die geskape werklikheid.
1.5.3 Die gevallestudie metode
Die gevallestudie het te make met die opvallende en perti
nente aspekte/eienskappe van In ding of In situasie. Die navorsingsonderwerp mag byvoorbeeld 'n maatskaplike inrig
ting soos die skool wees. Dit mag ook 'n sosiale groepe
ring soos 'n groep studente aan 'n bepaalde universiteit wees.
Die gevallestudie gaan volgens Good (1972:328-329) van die
standpunt uit dat enige sosiale eenheid In geheel vorm en dus In geval is of dit nou In enkele individu, In sosiale groep of 'n bepaaide inrigting, byvoorbeeid In universiteit is (kyk 3.0). Die geval (die eenheid van ondersoek) mag ge
iIIustreer word in In fase in die historiese gebeure of dit mag gedemonstreer word in 'n totale historiese proses (by
voorbeeid die Renaissance).
Die interpretasie van die versameide data impliseer 'n pro
ses van verfyning van oordele. Hierdie oordele is gebaseer op tekse/bewyse wat in gevaIIeregisters en ander dokumenta
sie opgeteken is (Rudduck, 1985:101-117).
Verifikasie van die navorser se interpretasie is volgens Rudduck (1985:101-117) moontlik deur die proses van kritie
se bestudering van die bevindinge van tekste en van gevaIle
studies van ander navorsers. Sodoende word die interpreta
sie onderwerp aan In interaksie met, en die kruiskontrole van verskeie oordele wat vera1 in sekondere bronne vervat is.
In hierdie proefskrif is vera1 in hoofstuk 3 van hierdie me
tode gebruik gemaak.
1.5.4 Literatuurondersoek as metode
Deur doeigerigte Iiteratuurondersoek en In diepgaande ontle
ding van inligtingsbronne, word die evaluering van die hui
dige stand van kennis, vraagstelling en hipoteseformule
ring, bevorder (Landman, 1980:27).
Daarbenewens word bestaande navorsingsgegewens volgens De wet et al., (1981:12) tot In eenheid geintegreer en die te
kortkominge van algemene gevolgtrekkings ten opsigte van be
staande navorsing aangetoon.
Aangesien navorsing in 'n groot mate van literatuuronder
soek afhanklik is, is in hierdie navorsing ruimskoots van literatuurstudie, -beoordeling en -evaluering gebruik ge
maak.
Veral primere bronne is geraadpleeg en daar is interbib1io
teeksoektogte ge1oods. In ERIC-databasis rekenaarsoektog is geloods met die trefwoorde: skool, onderwys X onderwys
veranderinge, sosiale hervorming, onderwysdoe1ste11ings, po
1itieke invloede, strategiee van verandering, konf1ikhante
ring, magstrukture; I1lich X deschoo1ing; Vittorino Ram
ba1doni (Da Fe1tre) X skool; Dewey X pragmatisme.
1.5.5 Die metode van teoretiese besinning
Hierdie metode behels volgens steyn (1981:34) nie net die insameling van kennis nie, maar dit gaan verder en vereis ook sistematiese deurdenking.
Oit behels die besef van In prob1eem wat bestaan; die bepa
ling van die moei1ikheid/probleem (kyk 1.1) deur vraagstel
ling en die vind van In moont1ike verk1aring. Daar word ge
soek na 'n moont1ike op1ossing/verk1aring vir die prob1eem (kyk 1.1). Die bevestiging van die op1ossing word verkry deur nadere toetsing en formulering van 'n formele samevat
ting. Oaarna word die op1ossing in die 1ig van toekomstige behoeftes en eise beoordee1.
Bogenoemde aktiwiteite geskied in twee prosesse. Eerstens word die prob1eem in sy afsonder1ike e1emente deurskou.
Vervolgens word die elemente ingedink in die denkgeheel.
In hierdie verband sal van metodes soos verifikasie, oor
dee1 en besluit gebruik gemaak word.
In hierdie navorsing is die metode van teoretiese besinning deurgaans gebruik.
1.5.6 Prinsipieel-besinnende en -beskrywende metode
Volgens Van der Walt (1982:37) impliseer hierdie metode die prosesse van herbedinking en -besinning, waardeur tot be
paalde fundamenteel-opvoedkundige oortuigings gekom word.
Die navorser word deur sy kritiese ingesteldheid in staat gestel om vanuit voor- en bo-teoretiese vertrekpunte, en gerig deur hermeneutiese (singewende en vertolkende) aspek
te van navorsing, tot In eie standpunt te kom wat in woorde uitgedruk en Skrifmatig begrond is.
Volgens Oooyeweerd (1953:55-64) word met grondveronderstel
lings of -oortuigings die pad oopgemaak vir die wetenskapli
ke arbeid wat eie is aan die wysbegeerte, en is daarom ook van toepassing op fundamentele besinning en oorweging. oit is om hierdie redes dat die navorsing vanuit In Christel ike standpunt en in die lig van die Skrif onderneem is (vgl. ou
venage, 1985b:1-46~ Spykroan, 1986:139).
In hierdie navorsing is die prinsipieel-besinnende en -be
skrywende metode onder meer gebruik om die gapings wat in die empiriese gegewens gelaat is, en wat nie bevredigend uit die literatuurstudie verklaar kon word nie, op te vul.
1.5.7 Probleem-historiese metode
Probleem-historiese navorsing kan gedefinieer word as die sistematiese en objektiewe bepaling, evaluering en sintese van bewyse met die doel om die ware feite te bepaal en af
leidings oor historiese gebeure te maak (Good, 1972: 156-158) • Dit is'n rekonstruksie-aktiwiteit wat in die gees van kritiese ondersoek gedoen word (Cohen en Ma
nion, 1980:31).
Daar word van primere en sekondere bronne gebruik gemaak om die herkoms van bepaalde opvoedingsverskynsels te verklaar (De Wet et al., 1981:11), die probleem in sy historiese kon
teks te plaas en bestaande hipoteses te herevalueer (Briggs, 1988:2-3).
vanuit die agtergrond wat op hierdie wyse verkry is, kan die kontoere van kontemporere probleme herken en geformu
leer word. Hierdie metode het die bykomende voordeel dat dit die vraagstuk onmiddellik in sy verhouding tot God plaas (Van der Walt, 1978:7-8), naamlik wat die verhouding van 'n bepaalde teorie tot die ware God is. In sy betoog in Logos en ratio (1926) beredeneer Vollenhoven (1926:5-66) die probleem-historiese metode van ondersoek.
My poog tegelyk om aan die hand van hierdie met ode die bete
kenis van die begrippe Logos en ratio in historiese per
spektief te plaas.
Volgens Van der Walt (1978:7-27)
Ie
die krag van die probleem-historiese metode daarin dat dit konsentreer op Godge
sentreerde uitgangspunte, naamlik: God bestaan: Hy is die Skepper van alles: Hy het sy wette vir die kosmos gestel.
Die Woord is daarom die a priori vir die navorser.
Die probleem-historiese metode stel die navorser dus in staat om'n bepaalde maghebber/gebeure in verhouding met sy voorgangers/verlede sy tydgenote/hede en opvolgers/toekoms te plaas en te beoordeel.
Op hierdie wyse verkry die navorser vanuit sy a priori kennis van die kenbare in historiese perspektief deur die verligting van Gods Woord (Van der Walt, 1978:27; Briggs, 1988:2-3).
1.5.8 Die kontekstuele metode
Met die kontekstuele metode Ie die navorsingsaktiwiteite op 'n kontinuum vanaf gestruktureerde en beheerde kontekse, soos by gekontroleerde empiriese navorsing, tot by die ek
streem van totaal ongekontroleerde kontekste. Laasgenoemde hou verband met prosesse, gedragspatrone, normatiewe in for
masie, verwagtings, tradisies, asook verbale en nie-verbale kommunikasie (Evertson en Green, 1986:167; Gordon, 1983:
177). Hierdie kontekste is ingebed in en opereer vanuit die geskiedenis en die omgewing en is volgens Duvenage (1985b:40-41) ingebed in 'n bestaande ontologie. Die weten
skaplike moet daarom oor 'n verantwoordbare werklikheidsvi
sie (ontologie) beskik. Die Bybelgefundeerde ontologie gaan uit van die Skrifperspektief dat God in die skepping en die instandhouding daarvan sy wet gegee het.
Kontekste bestaan op plaaslike en mikrovlak (vgl. Confu
cius: yt, 3.A.3) en word op konsentriese wyse deur interak
sie met omringende kontekse op makrovlak beinvloed. Die mikrokontekste is dus in die makrokontekste ingebed (vgI.
2.2.1) •
Hierdie interaksie manifesteer in bepaalde gedragspatrone,
praktyke en die aanwending van hulpmiddele (Gordon, 1983:175; Evertson en Green, 1986:166) (vgl. Confucius:
3.A.2; 3.A.4). Daarom moet die fenomeen vanuit verskil
lende invalshoeke en kontekste bestudeer word. Sodoende kan tot 'n geldige gevolgtrekking gekom word.
Die kontekstuele metode is in hierdie navorsing onder meer ook gebruik om die vrae waarom bepaalde prosesse en prakty
ke stabiel bly, terwyl ander verander; wat die onderlinge verband tussen hierdie kontekste is en wat die rede daar
voor is, te beantwoord (vgl. 3.B.1).
1.5.9 Transendentaal-kritiese metode
Die navorser moet van tyd tot tyd oorgaan tot In ondersoe
kende self-analise deur transendentale reduksie. Sodoende bepaal hy of hy nog in ooreenstemming met wetenskaplike, an
tropologiese, lewensbeskoulike en praktykeise handel (Land
man, 1980:27).
Daarbenewens verskaf hierdie metode ook duidelikheid ten op
sigte van die religie van die teoretikus met wie die navor
ser in gesprek tree; die teoretikus se anastatiese/aposta
tiese hartsgegrepenheid en welke religieuse grondmotief (dunamis) (Duvenage, 1982:19) in In bepaalde teorie werk
saam is (Dooyeweerd, 1953:55-64; strauss ~., 1978:110;
Van der Walt, 1982:41~ Schoeman, 1983:68-82).
Ten opsigte van die transendentaal-kritiese metode bestaan daar drie vlakke van kritiek, naamlik:-
Eerstens immanente kritiek, wat feitelike kritiek is. Daar word nagegaan of 'n bepaalde teorie nie innerlike teenstry
dighede bevat nie (DuVenage, 1982:21: Schoeman, 1983:80).
Tweedens volg die transendentale kritiek wat gegrond is in 'n transendentale grondidee. oit is van teoretiese be lang in die sin dat dit volgens Schoeman (1983:81) die wetenskap
like se wetenskapbeoefening bepaa1. Die transendentale grondidee vorm die grondslag van die re1igieuse karakter van die navorser se denkuitinge en is naam1ik of apostaties of anastaties van aard (Van der Walt, 1983a:100-101). Al
ternatiewe teoriee word nagevors en ander lewensbeskoulike raamwerke word deur die wetenskaplike onder die loep geneem
(Duvenage, 1982:21) (vgl. hoofstuk 2).
Laastens neem die navorser self standpunt in, in die fase van transendente kritiek. Die universele verband tussen dinge word aangetoon en saamgetrek in 'n gemeenskaplike en radikale eenheid, naamlik God (Dooyeweerd, 1948:75-77;
Schoeman, 1983:81).
In hierdie navorsing het hierdie navorsingsmetode 'n deur
slaggewende rol gespeel.