• Tidak ada hasil yang ditemukan

ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN DIE STUDIEONDERWERP

MOTIVERING VAN DIE STUDIEONDERWERP EN ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN DIE NAVORSING

1.1 ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN DIE STUDIEONDERWERP

4

verskillende soorte en verskyningsvorme van tekstualiteit en hieruit vloei die noodsaak voort dat die hele aangeleentheid breër aangepak behoort te word, dus vanuit sowel die Literatuurwetenskap as die Teologie. ʼn Groot deel van hierdie navorsing het gevolglik te doen met literêre aspekte en perspektiewe en die dimensies wat daardeur geopen word.

Die studieonderwerp spits hierop toe en is mede hierdeur gemotiveer.

Teen hierdie agtergrond gee ek inleidend verder aandag aan oriëntering ten opsigte van die studieonderwerp (1.1), motivering van die onderwerpformulering en -keuse (1.2), omskrywing van die probleemstelling (1.3), die doel van die studie (1.4), die sentrale teoretiese argument wat deur die navorsing loop (1.5), omlyning (afbakening en begrensing) van die navorsing (1.6), die metode van navorsing (1.7) en die globale struk- turering van die proefskrif (1.8).

1.1 ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN DIE

5

In die ontleding van die Openbaringboek word die himnes daarin nie primêr in die literêre hoofgenres gekategoriseer nie, maar word die verhouding tussen dramatiek, epiek en liriek, soos dit sáám ʼn rol speel in en rondom die betrokke himnes, nagevors. Die liedere is vervleg in ʼn dramatiese narratief. Laasgenoemde loop herhaaldelik oor in epiese lied-elemente, wat op hulle beurt weer saam met liriek in ʼn liriese liedvorm verbind en nuwe dimensie aan die openbaringsdramatiek en die dramaties-epiese gee.

Dit bring die ondersoek in die sfeer van himniese geloofsverwondering. Daarin word te doen gekry met die problematiek van wat die essensie van literatuur is en met die poëtiese woordkuns wat hulle nie maklik laat vasvang in één saligmakende definisie nie, maar wat telkens losruk en weerstand bied aan ʼn vorige opvatting en omskrywing (Van Vliet, 1998:16). Juis deur die vervlegtheid van die algemeen literêr-geldende elemente op die himnes van toepassing te maak, kan die grondkonsepsie en „het schoone geheim van de poëzie‟ (so genoem deur Westerlinck, 1950:9) – soos dit in die bestudeerde himnes lê – benader en ontdek word. So kan die betekenis van die himnes uiteindelik ontsluit word en kan die beginselgrondslag van en riglyne vir die himnografie geïdenti- fiseer word.

1.2 MOTIVERING VAN DIE ONDERWERPFORMULERING EN -KEUSE

Naas die aktualiteit van die onderwerp wat in die vlugtige situasie-analise van kontem- porêre tendense aan die begin gemaak is, dien ook die onderstaande gegewens uit ʼn breër oorsig as motivering vir die onderwerp. Die meeste groot denominasies in die wêreld het die laaste twee of drie dekades nuwe liedboeke die lig laat sien en ʼn nuwe liednoot laat hoor. Daar word selfs van ʼn himne-ontploffing gepraat (Bradley, 2000:41; vgl. De Klerk, 2002:1).

Die aktualiteit van die navorsing is verder duidelik uit die feit dat daar in resente tye – die laaste ongeveer vyftien jaar – baie oor vernuwing van die erediens gepubliseer word (vgl. Spoelstra, 1994:38). De Klerk (1999:311) noem dat daar ʼn dramatiese vaart- versnelling in die afgelope drie dekades in die „stiefkind‟ van die teologiese wetenskap, naamlik die Liturgiewetenskap, plaasgevind het. Daar kan in dié verband verwys word na talle publikasies wat buitelands en binnelands uit die verf (ink) gekom het. Uit buitelandse akademiese penne het werke gekom van Webber (2002[1992]); Scmidt- Lauber & Beiritz (1995); Schuman & Oskamp (1998). ʼn Interessante ontwikkeling is dat daar ook ekumenies saam besin word oor liturgie en die Liturgiek. Hiervan is die publi- kasie van Barnard & Schuman (2002) ʼn betekenisvolle voorbeeld. Twee bydraes van Suid-Afrikaanse teoloë, naamlik B.J. de Klerk en C.J.A. Vos, is ook daarin opgeneem, terwyl Rooms-Katolieke outeurs ook saamgeskryf het oor die aktuele liturgiese onder- werpe wat in die bundel aan die orde kom (vgl. Barnard & Schuman, 2002:7).

6

Binnelands kan die uitgebreide werk van Vos & Pieterse (1997) genoem word, en onder andere die In die Skriflig-uitgawes van 2002 36(1) en 2003 37(2) wat spesifiek op himnes in die Bybel en die kerklied toegespits is. Die liturgiese beweging en verskuiwings wat plaasvind, loop deur al die groot kerktradisies en -groeperinge: Rooms-Katoliek, Angli- kaans, Reformatories en Metodisties (De Klerk, 1999:313; vgl. ook Fenwick & Spinks, 1995:3).

Baie van die literatuur wat die lig sien, handel met name oor erediensbelewing, oor die verwondering van aanbidding, waarin sang ook bydra tot ʼn oop-wees voor God, en waarin die liturgiese lied ʼn belangrike en selfs deurslaggewende rol speel. ʼn Oorsig oor relevante literatuur aan die begin van die negentigerjare wat deur Strydom (1991:1, 2 en 4-17) gegee is, toon die belang van sang in die vernuwing en belewing van die erediens.

Die huidige studie poog egter om aan te toon dat liturgiese vernuwing en verandering primêr én finalitêr gedra en gerugsteun moet word deur liturgiese verdieping (De Klerk, 1999:315-328). Die klem word op verdieping gelê, want deur verdieping kom daar ook gesonde, nodige verandering en vernuwing aan die orde. Die reformatoriese beginsel ecclessia reformata semper reformanda (kerk van reformasie is altyd reformerend) behoort enige verandering en vernuwing te lei. Dit is dan verdiepende verandering en vernuwing wat vanuit en deur die Woord gelei en gereguleer word. Dit beteken geensins ʼn ignorering van die mens in sy huidige konteks nie. Inteendeel, dit is juis die mens in sy nuwe kontemporêre konteks en met sy bepaalde behoeftes ter wille en adresseer die lewe – met name ook die liturgiese lewe – opnuut in Skriflig.

Verdieping vanuit die literêre en teologiese ondersoek van die himniese stof in Openbaring wat as die grondstof van en vir hierdie studie ontleed word, is dus die fokus van die navorsing. Dit word nie in die eerste plek deur die veranderlike faktore van tydsgeesskommelinge soos Modernisme en Postmodernisme gemoveer nie, alhoewel dié strominge ook uitgebreid as belangrike konteksinligting bespreek word. Die fokus is veral daarop ingestel om die lig van die Skrif op die lied te werp te midde van die voortdurend veranderende wêreldtendense se invloed op die leefwêreld van geloofs- gemeenskappe.

Die aktualiteit van die onderwerp is in bostaande oorsig oor resente literatuur maar slegs kripties aangedui.

Waarom daar spesifiek op die himniese stof van die boek Openbaring ingegaan word om die beginselgrondslag van himnografie bloot te lê en basisteoretiese himnografiese beginsels en riglyne daaruit af te lei, word deur die volgende oorwegings gemotiveer:

 Die analise van liedere in die Nuwe Testament kan waardevol en verrykend wees vir die proses van himnografie in die Nuwe-Testamentiese kerk.

7

 Die himniese stof in Openbaring bevat volledige liedere – anders as himniese gedeeltes in die ander boeke van die Nuwe Testament wat in baie gevalle fragmentaries van aard is (Bingle, 2000:48). Fragmentariese liedere en lied- dele in die ander boeke van die Nuwe Testament lei waarskynlik in baie gevalle terug na liedere wat in gebruik was en algemeen bekend was in die tyd van die formasie van die Nuwe-Testamentiese kerk, maar wat nie volledig as geïnspireerde openbaring op (S)krif gekom het nie. Die Bybelskrywer het liturgiese materiaal „geleen‟ (vgl. Bailey & Vander Broek, 1992:79) en dit opgeneem in die konteks van sy teologiese betoog.2 In Openbaring se himnes is die verskillende sangpartye (die lewende wesens, ouderlinge, engele, die totale skepping, die universele kerk van alle eeue en plekke) besig om meer as liedfragmente te sing. Hulle liedere vorm in geheel integraal deel van die totale dramatiek van die openbaringsgebeure. Volledige liedtekste ontsluit meer fasette van die lied as literêre kunsvorm en dit maak die vasstelling van basisteoretiese beginsels van himnografiese belang en betekenis akkurater;

ook van die uiteindelike daarstelling van basisteoretiese beginsels en riglyne.

 Die liedere wat in hulle totaliteit in die opset van Openbaring opgeneem is, is besonder belangrik vir studie vanuit liturgiewetenskaplike hoek, omdat die laaste Bybelboek ʼn liturgiese konteks veronderstel (Murphy, 2005:687; Jang, 2002:193-194; Van de Kamp, 2000:42).

 Die Openbaring-himnes bring vir die kerk lig in die tyd tussen die koms en die wederkoms van Jesus Christus – met ander woorde spesifiek ook vir die geloofsgemeenskap wat nou lewe. Dit gee insig in die eskatologiese eksis- tensiële verwagtings in die hede (Viljoen, 2003:220; vgl. ook Thompson, 1990:61). Die Nuwe-Testamentiese kerk wat vandag lewe behoort dus vir ʼn verantwoorde himnografie bedag te wees op die eskatologiese motief in die liturgiese lewe, soos dit in die liedere in Openbaring juis binne eskatologiese liturgiese konteks funksioneer.

 Die openbaringsdramatiek in die vorm van ʼn dramatiese narratief (Du Rand, 2007:217-218) is in Openbaring integraal deel van die epiek en liriek van die liturgies-funksionerende himnes. Die liedere wat bestudeer word, kan daarom die vervlegte verhouding tussen dramatiek, epiek en liriek in die liturgie van die Nuwe-Testamentiese kerk insiggewend aantoon en juis lei tot die bely- dende geloofsverwondering van die gelowiges, te midde van die spanning van

2 So kan Schweitzer (1990:99) byvoorbeeld by die christologiese himne van Kol. 1:15-20 opmerk dat die woorde „van die kerk‟ in vers 18 en die verwysing na die kruis in vers 20 moontlik insetsels van die brief- skrywer Paulus is, omdat hy nie besig is om te sing nie, maar om te onderrig.

8

die eindverwagting – dit wat die himniese aktiwiteit in liturgiese konteks op die oog het.