• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die afbreek van woorde aan reëleindes

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die afbreek van woorde aan reëleindes"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

199

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 58 No. 1: Maart 2018 doi.10.17159/2224-7912/2018/v58n1a15

Die afbreek van woorde aan reëleindes

Afrikaans, en spesifiek Standaardafrikaans, het tot die volwaardige kultuur- of wetenskapstaal wat ons vandag ken en gebruik, ontwikkel (a) omdat die spelling en skryfwyse daarvan doelbewus gestandaardiseer is en (b) veral omdat die Afrikaanssprekende gemeenskap aktief deelgeneem het aan die uitbouing en ontwikkeling van die taal en dit gebruik het.

In die huidige politieke en maatskaplike klimaat is dit opnuut van kardinale belang dat ons ons taal op alle vlakke gebruik, dit behoorlik gebruik en die gevestigde norme daarvan handhaaf. Wat (a) hier bo betref, het die Akademie ʼn deurslaggewende rol gespeel deur middel van sy Taalkommissie en die publikasie van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS).

Daarom wil ek hierdie jaar in die Taalrubriek opsommenderwys en slegs in breë trekke party van die AWS se reëls behandel.

As ʼn mens skryf, is dit soms nodig of gerieflik om ʼn woord wat nie volledig aan die einde van ʼn reël inpas nie, af te breek. Dit gebeur veral as ʼn mens met die hand skryf, of as teks wat op watter manier ook al geset en gedruk word, regs “geblok” of gejusteer word. Nie alle rekenaarprogramme kan egter woorde korrek volgens die Afrikaanse stelsel afbreek nie;

daarom sien mens soms in die media die vreemdste afbrekings.

Van die belangrikste afbreekreëls is die volgende:

1. Afrikaans breek by voorkeur volgens betekenisvolle dele af (hier onder verteenwoordig die koppelteken ʼn afbreekpunt). Daarom breek ons biochemie af as bio-chemie, en nie byvoorbeeld bi-ochemie of bioch-emie nie, en verstewig as ver-stewig en nie vers-tewig 2. ʼn Tweede belangrike reël is dat ons volgens lettergrepe afbreek. Daarom kan vriendin as nie.

vrien-din afgebreek word, en kluisenaar op een van twee plekke: klui-se-naar.

MAAR:

3. Afbreking volgens betekenisvolle dele geld slegs indien die betekenisvolle dele met die lettergrepe ooreenstem. Daarom breek ons vriendin nie af as vriend-in nie; laasgenoemde is wel volgens betekenisvolle dele, maar dit stem nie met die lettergrepe ooreen nie.

Insgelyks word handeling nie as handel-ing afgebreek nie, maar as han-de-ling, omdat laasgenoemde met die lettergrepe ooreenstem.

4. Voorts moet ʼn mens probeer om altyd herkenbaarheid te handhaaf, dit wil sê jy moet probeer om die leser nie te laat struikel nie. Daarom moet herenig liefs as her-enig afgebreek word, en nie as here-nig nie, en bedeling as be-deling en nie bede-ling nie.

Bostaande is waarskynlik die afbreekreëls wat die meeste gebruik word, maar ek noem baie kortliks drie ander:

5. Indien ʼn vokaalletter (a, e, i, o, u) wat nie deel van ʼn diftong ofte wel ʼn tweeklank uitmaak nie, direk voor of ná ʼn diftong staan, word tussen die twee afgebreek, byvoorbeeld geys word ge-ys en skouer word skou-er. (Ek het al teëgekom dat skooljuffrouens die kinders leer dat iets soos -aa- of -oo- ʼn tweeklank is, wat natuurlik nie korrek is nie.)

Taalrubriek

(2)

200

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 58 No. 1: Maart 2018 doi.10.17159/2224-7912/2018/v58n1a15

6. Ongeag die uitspraak word altyd tussen ʼn -n- en ʼn -g- afgebreek, byvoorbeeld angelan- gel; angoraan-gora; anglisismean-glisisme; wangedragwan-gedrag. Vanself- sprekend geld hierdie reël nie as die -ng- aan die einde van die eerste lid van ʼn samestelling voorkom nie, byvoorbeeld slangbyt of wangspiere word slang-byt en wang-spiere, nie slan-gbyt of wan-gspiere nie!

7. Wanneer ʼn -s- en ʼn -j- langs mekaar staan, word tussen die twee afgebreek indien hulle as twee verskillende klanke uitgespreek word, byvoorbeeld asjasas-jas; morsjorsmors- jors. As die twee egter as een klank uitgespreek word, word die twee nie geskei nie, byvoorbeeld mansjetman-sjet; bolsjewiekbol-sjewiek; hasjisjpypha-sjisj-pyp.

Terloops, laasgenoemde reël verklaar waarom brosjure afgebreek word as bro-sju-re en nie bros-ju-re nie, wat die verkeerde uitspraak sou verteenwoordig.

Hierdie en die ander afbreekreëls word deeglik met duidelike voorbeelde bespreek in hoofstuk 1 van die Spelreëls in die AWS. Gebruikers word aangemoedig om dié Akademie publikasie, waarvan die nuutste (11de) uitgawe ook aanlyn beskikbaar is, te gebruik.

Ek herhaal ook graag die uitnodiging dat lesers vrae oor praktiese gebruikskwessies kan instuur, wat ek dan in ʼn rubriek sal probeer behandel.

JD (Tom) mcLachLan

[email protected]

Referensi

Dokumen terkait

Die grondstruktuur van die Heidelbergse Kategismus is gevolglik drieledig: Die eerste deel word die mens se sonde en ellende genoem, die tweede deel verlossing en vryheid en die laaste

Basilides is nie deur hierdie spanning onaangeraak gelaat nie, maar het tog probeer om ’n balans tussen hierdie twee uiterstes van die tyd, naamlik publieke teologie of ’n asketiese

ʼn Begronding van die diaken se dienswerk in bedieningspatrone wat in die Nuwe Testament beskryf word, moet op deeglike eksegese rus Die praktyk van die dienswerk van die diaken word

Inskiklikheid is op sigself nie sleg nie maar word opsigtelik wanneer die norme van een groep teen ’n ander indruis soos tussen adolessente en ouers Cobb, 2010:228.. Cobb 2010:228

Dit sal onbillik wees indien die applikant nie op die administratiewe billikheidsregte geregtig is nie, omdat haar venvagting om 'n regverdige en billike besluit met betrekking tot die

Indien rekening gehou word met die feit dat die herhalende aanwending van bepaalde tenks nie in die aggregaat van totale aanwendings gereflek- teer word nie, kan aangeneem word dat

Hierdie twee gelykenisse profileer die ontwerp van hierdie studie deur nog ʼn dimensie aan die etiek van dienslewering te verleen: die etiek van dienslewering vra dat ʼn mens ʼn naaste vir

’n Antwoord op die vraag wat vroeër gestel is, naamlik: “Waarom volhard mense, in die lig van byvoorbeeld verwerping en spot, met wat hulle doen, veral as hulle nie gedwing word om dit