• Tidak ada hasil yang ditemukan

Graad 4 Afrikaans Huistaal Vraestel | LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Graad 4 Afrikaans Huistaal Vraestel | LitNet"

Copied!
14
0
0

Teks penuh

(1)

Graad 4 Afrikaans Huistaal

Vraestel 1 Afdeling A Hardoplees

Storie: My eerste dag in graad 4

1 Dis die eerste dag van skool. Ek herken al die gesigte van my ou klasmaats.

2 Ná die saalopening stap ons soos eendjies in ’n ry na ons onderskeie klaskamers toe. Net my beste maatjie, Riaan, se gesig is nêrens te sien nie. Hulle het aan die einde van verlede jaar Kaapstad toe verhuis. Ek sal daardie dag toe ons moes afskeid neem, seker nooit vergeet nie. Vir die eerste keer het ek besef dat seuns ook mag huil. Dis geensins ’n

skande nie. Terwyl ons van mekaar afskeid geneem het, het die trane vrylik oor ons wange gerol. Hoeveel dae het ek en Riaan nie net langs die rivier deurgebring en gekyk wie die grootste vis kon vang nie. Goeie herinneringe waarvan niemand my kan beroof nie.

3 Ek moes my gunsteling-graad 3-juffrou groet. Sy was saggeaard en altyd vriendelik. Sy het altyd gesê dat ’n glimlag en ’n vriendelike groet niks kos nie. “Die lewe is hopeloos te kort om ander nie te respekteer en lief te hê nie,” het sy altyd gesê.

4 Die eerste dag in graad 4 moes ek sommer ’n hele paar onderwysers se name leer ken.

Die dae van slegs een klasonderwyser is nou vir altyd verby! Dit was ook vreemd om klasse te wissel. Elke halfuur was dit die gesig van ’n nuwe onderwyser.

5 Watter skok was dit nie om sommer reeds op die eerste dag al huiswerk te kry nie. Om alles te kroon, het ons nie slegs by een onderwyser huiswerk gekry nie, maar elke

onderwyser het vir ons huiswerk gegee. “Ja nee, elke onderwyser dink mos sy vak is die belangrikste,” dink ek by myself.

6 Ons Wiskunde-onderwyser lyk so kwaai soos ’n leeu met ’n tandpyn. Nee, hy lyk nie net kwaai nie, maar ís kwaai. Daar is altyd ’n frons op sy gesig. Dis optel en aftrek van die begin tot die einde van die periode. Hy is nou ook nie juis baie geduldig nie. Ons is amper te bang om vir hom te vra om ’n som weer te verduidelik. In sy wêreld moet almal ’n

Einstein wees. Hy was nog besig om ’n som te verduidelik toe my penneblikkie op die vloer val. Dis net penne, uitveërs en potlode! Ek het gewens die aarde sluk my in! Meneer

Pretorius gluur my aan asof ek so pas al die suiker uit sy koffie gesteel het. Dit het vir my gevoel of sy oë my deurboor.

7 Uiteindelik breek die einde van die eerste skooldag aan. Al wat ek kan hoop is dat ek môre

’n vriendeliker meneer Pretorius sal ontmoet.

Hardoplees

My eerste dag in graad 4

Rubriek

Vloeiend lees en pousering: 1 2 3 4 5

Stemtoon, stembuiging en beklemtoning: 1 2 3 4 5

Hoorbaarheid en uitspraak: 1 2 3 4 5

Totaal: 15 /15

(2)

Graad 4 Afrikaans Huistaal November 2022

Vraestel 1 Afdeling B Luister en praat

Kortverhaal: Hoekom is die see so swart?

1 Pieter Pikkewyn se oë rek toe hy een oggend see toe waggel. Hy het nog nooit die see só gesien nie. Pieter en sy maatjie, Paultjie, verstaan nie hoekom die seewater vandag so swart is nie. “Die seewater is dan altyd blou,” sê hy.

2 “Dis vreemd,” sê Pieter terwyl hy sy kuifie vryf. Hulle waggel nuuskierig na die rotse toe.

Pieter gly op die gladde rots. Hy sien dat sy pote vol klonterige, dik olie is. Uiteindelik is hy bo-op die rots. Paultjie gly sommer ’n paar keer af en beland in die olierige seewater. Sy hele lyfie is vol olie. Hy spartel, maar tevergeefs. Sy vere klou aan mekaar vas. Pieter sien sy maat is in die moeilikheid en spring in om hom te help. Sy vere klou ook aan mekaar.

Hulle probeer om in die rigting van die strand te swem. Ná ’n gesukkel het hulle eindelik op die strand gekom. Donsie wag vir hulle op die strand. Sy is ’n baie mooi pikkewyn. Donsie sê vir hulle dat dit niemand anders se skuld is as die mense s’n waarom die see so swart is nie. Sy deel hulle mee dat die skip gelek het en dat die olie as ʼn gevolg die see besmet het.

3 Terwyl hulle nog gesels, kom tien mans en gryp hulle. Hulle sit die pikkewyne in

kartonbokse met loergate. Die bokse word agterop ’n trok gelaai en met ’n seil toegemaak.

Hulle loer deur die loergate en sien dat daar nóg kartonbokse op die trok is. Ná ’n lang ruk hou die trok stil. Die bokse met pikkewyne daarin word afgelaai.

4 Die mense maak die bokse oop en haal die pikkewyne uit. Daarna word hulle in ’n

plastiekswembad sonder water gesit. Daarna word elkeen in ’n emmer seepwater gedruk en geskrop.

5 “Kyk, die swart see is af!” skree die drie vriende en skud hulle vere woes. Nadat hulle silwerskoon gewas is, kry elkeen ’n blinklyfsardientjie. Die volgende oggend word hulle weer in kartonbokse gesit en ure later op die strand losgelaat. Hulle waggel oor die skoon, wit sand en spring in ’n poeletjie water tussen die rotse.

1 Hoe hou die titel en die inhoud van paragraaf 2 verband met mekaar? /1

2 Luister na paragraaf 2. Bespreek die ruimte. /3

3 Noem slegs EEN van die hoofkarakters. /1

Totaal: 5 /5

Praat: Bespreek die oorsake vir besoedeling en hoe ons dit kan voorkom

Rubriek

Vloeiend praat en pousering: 1 2 3 4 5

Stemtoon, stembuiging en beklemtoning: 1 2 3 4 5

Oorsake, voorkoming en feite: 1 2 3 4 5

Hoorbaarheid, uitspraak en oogkontak: 1 2 3 4 5

Totaal: 15 /15

(3)

Graad 4 Afrikaans Huistaal November 2022

Vraestel 2 Afdeling A Leesbegrip

1 Legende: Waarom Volstruis se nek so lank is

1 Lank gelede het Volstruis ’n normale nek gehad, net soos die ander voëls. In daardie dae was Volstruis en Krokodil groot vriende. Maar Krokodil was ’n skelm dier!

2 “So ’n groot, vet volstruis sal darem heerlik smaak,” het hy stilletjies gedink.

3 Die diere was almal bang vir hom. Nie één van hulle wil tussen daardie sterk kake vasgebyt word nie. Gevolglik het hulle liewers uit sy pad gebly.

4 Net Volstruis is nie bang vir Krokodil nie. Hulle kuier altyd ’n hond uit ’n bos. “Krokodil is mos my vriend. Hy sal mos nooit vir my vang nie,” dink Volstruis. Min het hy geweet hoe agterbaks en skelm Krokodil werklik is.

5 Eendag sien Volstruis vir Krokodil in die sonnetjie bak. Terwyl hy nader stap, loer Krokodil vir hom met sluwe skrefiesoë. Toe hy naby is, sê Krokodil vir Volstruis: “My vriend, my tand is vreeslik seer. Ek dink daar sit ’n stukkie vleis daarin vas. Sal jy asseblief kyk of jy dit sien.

Dan haal jy dit sommer uit.” Krokodil maak sy bek wawyd oop, sodat Volstruis in sy bek kan kyk.

6 “Ek doen dit graag,” sê Volstruis. “Volstruis buk voor hom en steek sy kop tot diep in Krokodil se bek. Die volgende oomblik maak Krokodil sy bek toe. Alles is pikdonker om Volstruis. Volstruis skrik hom boeglam en probeer sy kop uittrek. Krokodil proe al hoe lekker Volstruis se vleis smaak. Volstruis slaan sy pote in die grond en trek so al wat hy werd is.

Volstruis se nek word al langer en langer. Hy weier net om op te gee. “Krokodil sal beslis nie die voorreg hê om my vleis te proe nie,” dink Volstruis.

7 Ná ’n lang ruk word Krokodil moeg en maak sy bek effens oop. So vinnig soos blits ruk Volstruis sy kop uit Krokodil se bek.

8 “Jou aaklige vriend, hoe kan jy dit aan my doen? Ek sal jou nooit weer vertrou nie,” skree Volstruis.

9 Van daardie dag af het Volstruis ’n lang nek. Hy bly ook maar ver weg van die water.

1.1 Hoe hou die inhoud van paragraaf 6 verband met die titel? (1) 1.2 Lees paragrawe 4–6. Waarom reken jy Krokodil was nie ’n goeie

vriend nie? (1)

1.3 Lees paragraaf 6. Watter emosie dink jy het Volstruis ervaar? (1) 1.4 Noem slegs EEN karakter in die bostaande leesteks. (1) 1.5 Gee slegs EEN rede waarom die bostaande leesteks ’n voorbeeld van

’n legende is. (1)

Totaal: 5 /5

(4)

2 Fabel: Anansi en die maskerbal

1 Koning Leeu het al die diere uitgenooi na sy maskerbal. Anansi is ook genooi. Daar sal vanaand ’n prys vir die oorspronklikste fantasiekostuum gegee word.

2 “Haas en Beer sal beslis in iets oorspronkliks opdaag,” mompel Anansi. Hy besluit om as ’n ridder in ’n wapenuitrusting te gaan. Anansi spring dadelik aan die werk en maak vir hom ’n wapenuitrusting van blikkies en ’n bakpannetjie. Daar is net een probleem: hy besef dat hy nooit in hierdie uitrusting na die maskerbal sal kan stap nie. Hy beraam ’n plan. Hy laai sy kostuum in ’n kruiwa, loop tot net duskant die plek waar die maskerbal gehou sou word en steek die kruiwa agter ’n bos weg. Anansi het egter nie geweet dat Haas en Beer hom die heeltyd dopgehou het nie. Toe Anansi weg is, besluit hulle om sy kostuum weg te steek. Ja nee, ewe jaloers en agterbaks!

’n Paar uur later keer Anansi terug na die bos waaragter hy sy kostuum weggesteek het. Hy kry ’n onaangename verrassing toe hy net ’n leë kruiwa agter die bos vind. Hy besef dadelik dat dit net die handewerk van Haas en Beer kon wees. “Natuurlik bang dat ek die prys sou wen,” dink hy.

Hy hardloop so vinnig soos blits na Haas se gat. Hy is net betyds om te sien hoe die twee vabonde probeer om in ’n donkiekostuum te kom. “Kom ons kies kortpad oor Boer Adoons se wortelland,” se Haas.

Toe Anansi dit hoor, kry hy ’n blink idee. Hy neem hom voor om vir Boer Adoons te gaan vertel van hierdie eienaardige donkie wat sy wortels vreet.

Boer het hulle ingewag. Toe hulle by die wortelland aankom, gee Boer hierdie eienaardige donkie ’n harde hou op die rug. ’n Tweede en derde hou volg.

9 Anansi stap terug. Toe hy by die partytjie aankom, begin die ander diere vir hom lag.

10 “Kyk net vir Baba Anansi!” roep Aap uit. “Ek wonder waar sy fopspeen is.”

11 Anansi laat sak sy kop in skaamte. Hy het immers die doek aangetrek slegs omdat hy te warm in sy wapenuitrusting sou kry.

12 “Anansi, ek dink jy het die oorspronklikste kostuum. Wie sou nou ooit aan ’n baba-uitrusting gedink het? Die prys is beslis joune,” sê koning Leeu.

2.1 Wat reken jy was die oorsaak waarom Haas en Beer Anansi se kostuum

weggesteek het? (1)

2.2 Oor watter onaanvaarbare karaktereienskappe het Haas en Beer beskik? (2) 2.3 Watter gevolge het dit vir Haas en Beer ingehou, aangesien Anansi hulle by

Boer gaan verkla het? (1)

2.4 Wat is die kerngedagte van die bostaande fabel? (1)

2.5 Noem slegs EEN rede waarom die bostaande leesstuk ’n voorbeeld van

’n fabel is. (1)

Totaal: 6 /6

(5)

3 Tydskrifartikel: Suid-Afrika, ons land van teenstellings Teenstellings in die natuur

Suid-Afrika sal altyd ’n interessante land bly! Waar het jy al soveel teenstellings soos in Suid-Afrika gesien? Ons land het hoë berge, droë woestyne, digte woude waar dit baie reën, vrugbare landerye en die Karoo met sy bossies.

Verskillende metodes van boerdery

Die boere bly maar die ruggraat van Suid-Afrika. Hulle voorsien ons van voedsel. In groot dele van die Vrystaat word mielies, koring en sonneblom geplant. Daar is baie plase in die land waar daar met skape en beeste geboer word. Skape verkies bossies om te vreet, terwyl beeste lang gras verkies. Baie boere boer ook met bokke. In groot dele van die Wes- Kaap in die omgewing van Douglas en in die omgewing van Upington word

druiweplantasies aangetref. Suid-Afrikaanse wyne word nie slegs plaaslik verkoop nie, maar word ook uitgevoer.

Teenstellings tussen Suid-Afrikaners

Terwyl baie mense in Suid-Afrika baie ryk is, ly baie mense honger. Baie Suid-Afrikaners bly in sinkhuisies en het soms geen elektrisiteit nie. Ander lewe weer in weelde. Terwyl sommige Suid-Afrikaners maar net ’n kraan hoef oop te draai om water vir huishoudelike gebruik te verkry, moet sommige Suid-Afrikaners kilometers ver loop om water by

stroompies of elders te gaan haal.

Die Suid-Afrikaners het verskillende gewoontes, kulture en tale. Afrikaans is een van die elf amptelike tale. Afrikaans word nie slegs in Suid-Afrika gepraat nie, maar ook in Namibië, Engeland, Australië, Nieu-Seeland, Kanada en Amerika.

Baie van die Afrikaanse woorde is deel van die Afrika-tale. Die Engelse mense in Suid- Afrika gebruik ook Afrikaanse woorde soos “brand”, “veld”, “lekker”, “bakkie” en “hoekie”.

3.1 Hoe hou die opskrif van die bostaande artikel verband met die onderskeie

sub-opskrifte? (1)

3.2 In watter opsig verskil die klimaat van die droë woestyne met dié van die

digte woude? (1)

3.3 Onder watter sub-opskrif word die verskillende gewasse en diere waarmee

die onderskeie boere boer, bespreek? (1)

3.4 Verskaf slegs EEN rede waarom die bostaande artikel nie ’n voorbeeld van ’n

koerantartikel is nie. (1)

3.5 Is die inhoud van die bostaande artikel geloofwaardig? Indien wel, verskaf

slegs EEN rede. (1)

Totaal: 5 /5

(6)

4 Drama: Sonde met die bure (se diere)

Dis ’n warm Sondagmiddag. Willem en sy vrou, Denise, sit onder ’n sambreel in die agterplaas. Die gras is langerig en die sambreel is ook al voos gebrand.

Willem: Ek sê jou, Liefie, as die bure se kat vanmiddag weer een keer so tekere gaan, gaan die kietsie die tydelike met die ewige verwissel!

Denise: (Met ’n skril stem) Jaaa, Willem, jy sê dit altyd. Wanneer is jy van plan om die daad by die woord te voeg?

(Daar is ’n vreeslike geluid agter die muur.)

Willem: (Spring op sy voete) Hoor daar, Liefie! Watter normale kat maak sulke geluide?

Denise: (Sug) Wat is dit met jou ewige obsessie met die bure se kat?

Willem: (Vasberade) Ek gaan nou uitvind wat oorkant die muur aangaan.

(Willem is besig om ’n stoel nader te trek sodat hy oor die muur kan loer.)

Willem: Vandag gaan hierdie kat bokveld toe. Ek is nou net keelvol vir hom.

Denise: (Sarkasties) Dis reg, my man. Klim op die muur. Wees net versigtig, want netnou is jy katkos!

Willem: Ja, spot maar, my vrou. Ek weet jy is maar net so keelvol vir die geluide wat ons bure se kat aanhoudend maak.

Net toe Willem sy hand op die bokant van die muur sit, spring ’n tier teen die anderkant van die muur op. Denise het hom nog nooit só vinnig van ’n stoel sien afspring en in die rigting van die huis hardloop nie.

4.1 Lees die inleiding. Tydens watter tyd van die dag speel hierdie

drama af? (1)

4.2 Watter toneelaanwysing dui daarop dat Denise nou al moedeloos is en net nie kan verstaan hoekom Willem so ’n obsessie met die bure

se kat het nie? (1)

4.3 Waar bereik hierdie drama sy klimaks? (1)

Totaal: 3 /3

(7)

5 Weerberig: Hier volg die weerberig vir die volgende twee dae

1 Dit sal môre sonnig en bloedig warm in die Karoo wees. Die moontlikheid vir

brandgevaar is groot. Beaufort-Wes kan môre ’n maksimum temperatuur van 40°C en ’n minimum temperatuur van 20°C verwag. Dinsdag mag die kwik tot 43°C styg, terwyl ons ’n minimum temperatuur van 21°C kan verwag. ’n Noordwestewind mag

’n snelheid van 25 kilometer per uur bereik.

2 In die Vrystaat sal dit môre gedeeltelik bewolk wees. Die maksimum temperatuur sal môre 29°C vir Bloemfontein wees, terwyl ’n minimum temperatuur van 20°C verwag kan word. Vir Dinsdag kan ons ’n maksimum temperatuur van 30°C en ’n minimum temperatuur van 19°C vir Bloemfontein verwag.

3 Kaapstad en omgewing kan vir die volgende twee dae sagte reëns verwag. ’n Maksimum temperatuur van 20°C en ’n minimum temperatuur van 18°C kan vir die volgende twee dae in Kaapstad en omgewing verwag word. Geen stormsterk winde word in Kaapstad en omgewing verwag nie.

4 In die Noord-Kaap sal hewige donderbuie vir die volgende twee dae voorkom.

Kimberley en omgewing kan ’n maksimum temperatuur van 33°C en ’n minimum temperatuur van 29°C verwag. Die donderbuie sal met ’n sterk noordewind gepaard gaan.

5.1 Wat beteken: “Die moontlikheid vir ’n brandgevaar is groot”? (1) 5.2 Reken jy Kaapstad en omgewing kan donderbuie vir die volgende

twee dae verwag? Gee die rede vir jou antwoord. (1) 5.3 Hoe sal die reënval vir Kaapstad en omgewing vir die volgende twee

dae verskil van die reënval vir die Noord-Kaap? (2) 5.4 Dui in grafiekvorm die maksimum temperature aan vir die onderskeie

stede waarvan hier melding gemaak word. (1)

Totaal: 5 /5

(8)

6 Gedig: ’n Muis in die huis

1 “Hier’s ’n muis in die huis!” skree Ma verskrik 1 en spring op die tafel dat die pote ruk, 2 dat die koppies van die tafel val 3 en die muisie woerts by die deur uit nael. 4

2 “’n Muis in die huis?” roep Pa verbaas. 5

“Is dit die rede vir die groot geraas? 6 Gee hier die besem, bring die flits! 7 Ek jaag hom weg – die stoute klits!” 8 3 “Hier’s ’n muis in die huis,” sê ek te bly. 9

“Nou gaan ek tog ’n geldjie kry. 10

In my tekkie, onder die bed, 11

dis waar ek my voortand het…” 12

4 “Hier’s ’n mens in die huis,” piep Muis verskrik 13 en hol deur die gang dat sy stertjie wip. 14

“Waar is die kamer, waar is die tekkie, 15

waar is die beste wegkruipplekkie?” 16 Franci Greyling Van: www.storiewerf.co.za

6.1 Wie is die digter van die bostaande gedig? (1)

6.2 Watter woord in strofe 1 rym met “verskrik”? (1)

6.3 Watter emosie ervaar Ma in strofe 1? (1)

6.4 Watter effek verkry ons in strofe 1 versreëls 2–4? (1) 6.5 Waarom is die kind bly, aangesien daar ’n muis in die huis is? (1)

6.6 Skryf die klanknabootsende woord in strofe 4 neer. (1)

Totaal: 6 /6

GROOT TOTAAL: 30 /30

(9)

Graad 4 Afrikaans Huistaal November 2022

Vraestel 2 Afdeling B Taal

Koerantberig: Kat-astrofe eindig gelukkig Katinka Moodley

1 JOHANNESBURG – Die verkeer het gister tot stilstand gekom in die middestad van 1 Johannesburg. ’n Hawelose wyfiekat het besluit om haar pasgebore babakatjies van 2

’n stormwaterpyp na ’n droër plek in die leë pakhuis oorkant die straat te dra. 3

2 Met een katjie in haar bek het sy ’n gaping in die verkeer gekies en versigtig deur die 4 verkeer gehardloop. Motors het tot stilstand gerem en ongeduldige motoriste moes 5 maar net wag en verbaas toekyk hoe sy kalm terugkeer om nog ’n kleintjie oor die pad 6 te help. Toe al haar kleintjies oor die pad gehelp is, het sy stert in die lug in die gebou 7

verdwyn. Diere sal altyd na hulle kleintjies omsien. 8

“Ek het ’n belangrike vergadering gemis, maar ag wat! Dis nie so ernstig nie,” het 9 Wikus Potgieter, ’n sakeman en diereliefhebber, gesê. “Ek het self twee katte by die 10 huis. Ek hoop maar net dat mense ook so geduldig sal wees as myne oor die pad 11 hardloop.” Hy het ook gesê: “Ek wens almal was lief vir diere.” 12

6 Die DBV het intussen die kat en haar kleintjies kom haal en na ’n veilige plek geneem 13 om versorg te word totdat die kleintjies oud genoeg is om na goeie huise te gaan. Daar 14

sal hulle ten minste goed versorg word. 15

7 Diereliefhebbers sal hierdie gebeurtenis nooit vergeet nie. 16

1 Verdeel die onderstreepte woord in reël 1 in lettergrepe. (1)

2 Skryf die bywoord van tyd in reël 1 neer. (1)

3 Skryf die onderwerp in reël 2 neer. (1)

4 Gee die verkleinwoord vir die onderstreepte woord in reël 3. (1) 5 Gee die antoniem vir die onderstreepte woord in reël 4. (1)

6 Skryf die byvoeglike naamwoord in reël 5 neer. (1)

7 Skryf die afgeleide persoonsnaam in reël 5 neer. (1)

8 Vorm ’n afgeleide werkwoord van die onderstreepte woord in reël 6. (1) 9 Skryf die onderstreepte sin in reël 8 oor in die ontkennende vorm. (1) 10 Skryf die onderstreepte sin in reël 9 oor as ’n vraagsin. (1) 11 Skryf die onderstreepte sin in reël 12 oor in die toekomende tyd. (1) 12 Skryf die onderstreepte sin in reël 12 oor in die indirekte rede. (1) 13 Gee die trappe van vergelyking vir die onderstreepte woord in reël 15. (1)

14 Skryf reël 16 oor in die lydende vorm. (1)

15 Skryf die saamgestelde woord in reël 16 neer. (1)

Totaal: 15 /15

(10)

Graad 4 Afrikaans Huistaal November 2022

Vraestel 3 Skryf

Skryf ’n dagboekinskrywing van 100–120 woorde oor EEN van die onderstaande.

’n Naweekkamp. / Die eerste week in jou nuwe skool. / ’n Week op die plaas.

Rubriek

Inhoud, onderwerpgebonde en interessant: 1 2 3 4 5

Gebeure en chronologie: 1 2 3 4 5

Formaat en taalgebruik: 1 2 3 4 5

Beplanning en paragrafering: 1 2 3 4 5

Of

Skryf ’n beskrywende opstel van 100–120 woorde oor EEN van die onderstaande.

Die bedelaar by die verkeerslig. / Die ou oom en tannie op die stoep.

Rubriek

Inhoud, onderwerpgebonde en interessant: 1 2 3 4 5

Beskrywende woorde en idiomatiese uitdrukkinge: 1 2 3 4 5

Taalgebruik, woordeskat en skryfstyl: 1 2 3 4 5

Beplanning en paragrafering: 1 2 3 4 5

Totaal: 20 /20

EN

Skryf ’n vriendskaplike brief van 60–80 woorde oor EEN van die onderstaande.

Vertel jou vriend van die aangename naweek langs die rivier. / Vertel jou oupa hoe jy jou vriend se lewe gered het.

Rubriek

Inhoud en interessant: 1 2 3 4 5

Formaat, taalgebruik en skryfstyl: 1 2 3 4 5

Of

Adverteer die basaar / die skou / die rugbytoer / die netbaltoer tussen 60–80 woorde.

Rubriek

Onderwerpgebonde en inhoud: 1 2 3 4 5

Taalgebruik, woordeskat en skryfstyl: 1 2 3 4 5

Totaal : 10 /10

GROOT TOTAAL: 30 /30

(11)

Memorandum November 2022

Vraestel 1 Afdeling B Luister en praat

Kortverhaal: Hoekom is die see so swart?

1 Die see is swart, aangesien daar olie uit die skip gelek het. (1)

2 Ruimte 2.1 Op die rotse.

2.2 In die see.

2.3 Op die strand. (3)

3 Hoofkarakters

Pieter / Paultjie / Donsie (slegs EEN) (1)

Vraestel 2 Afdeling A Leesbegrip

1 Legende: Waarom Volstruis se nek so lank is

1.1 Die rede waarom sy nek so lank is, is omdat hy sy kop uit die bek van Krokodil

probeer trek het. (1)

1.2 Aangesien hy bereid was om selfs sy vriend te eet. (1)

1.3 Die emosie van vrees. (1)

1.4 Volstruis / Krokodil. (slegs EEN) (1)

1.5 Hierdie verhaal word van geslag tot geslag oorvertel. / Een van die karakters is agterbaks. (hy het foute) / Ons leer ’n les uit die foute van die Krokodil. /

Volstruis het goeie karaktereienskappe, terwyl Krokodil onaanvaarbare

karaktereienskappe het. (slegs EEN) (1)

2 Fabel: Anansi en die maskerbal

2.1 Hulle was jaloers. /

Hulle was bang dat Anansi die prys kon wen. (slegs EEN) (1)

2.2 Hulle was jaloers en agterbaks. (2)

2.3 Boer het hulle geslaan. (1)

2.4 Die een wat die oorspronklikste kostuum sou dra, sou die prys wen. (1)

2.5 ’n Fabel word van geslag tot geslag oorvertel. / Die plek en tyd word aangedui. /

’n Morele les word hier geleer. /

Anansi, Beer en Haas tree as karakters op en kan praat. / Diere kan oor emosies beskik. /

Haas en Beer het oor slegte karaktereienskappe beskik. (slegs EEN) (1)

(12)

3 Tydskrifartikel: Suid-Afrika, ons land van teenstellings

3.1 Die natuur, die boerderymetodes en die leefwyse, die taal, die kultuur en die

gewoontes van die inwoners in Suid-Afrika verskil. (1)

3.2 Terwyl dit baie in die dele waar ons woude aantref reën, reën dit baie min in

die woestyne. (1)

3.3 Verskillende metodes van boerdery. (1)

3.4 Dis nie nuuswaardig nie. (enige ander aanvaarbare antwoord) (1) 3.5 Ja. (enige realistiese antwoord wat met die inhoud van hierdie artikel verband

hou) (1)

4 Drama: Sonde met die bure (se diere)

4.1 Tydens die middag / Sondagmiddag. (1)

4.2 “Denise: ‘(Sug) Wat is dit met jou ewige obsessie met die bure se kat?’” (1) 4.3 Toe die tier teen die anderkant van die muur opgespring het. (1) 5 Weerberig: Hier volg die weerberig vir die volgende twee dae

5.1 Die moontlikheid dat ’n brand kan uitbreek, is groot. (1) 5.2 Nee, aangesien hulle slegs sagte reëns vir die volgende twee dae kan

verwag. (1)

5.3 Terwyl Kaapstad en omgewing slegs sagte reëns kan verwag, kan die

Noord-Kaap en omgewing donderbuie verwag. (2)

5.4 Die maksimum temperature vir die onderskeie stede word in grafiekvorm

aangedui. (1)

6 Gedig: Hier’s ’n muis in die huis

6.1 Franci Greyling is die digter. (1)

6.2 “Hier’s ’n muis in die huis!” skree Ma verskrik en spring op die tafel dat die pote ruk,

dat die koppies van die tafel val

en die muisie woerts by die deur uit nael. (1)

6.3 Ma ervaar die emosie van vrees. (1)

6.4 Die effek van beweging. (1)

6.5 Aangesien hy nou geld vir sy tand sou kry. /

Die muis sou vir hom geld bring. (1)

6.6 “Hier’s ’n mens in die huis!” piep Muis verskrik en hol deur die gang dat sy stertjie wip.

“Waar is die kamer, waar is die tekkie,

waar is die beste wegkruipplekkie?” (1)

(13)

Vraestel 2 Afdeling B Taal Koerantberig: Kat-astrofe eindig gelukkig

1 Lettergreepverdeling

Mid/de/stad (1)

2 Bywoord van tyd

Die verkeer het gister tot stilstand gekom. (1)

3 Onderwerp

’n Hawelose wyfiekat het haar kleintjies na ’n droër plek gedra. (1)

4 Verkleinwoord

Sy dra haar pasgebore babakatjies na ’n droër plekkie. (1)

5 Antoniem

Sy het onverskillig deur die verkeer gehardloop. (1)

6 Byvoeglike naamwoord

Die ongeduldige motoriste moes maar net wag. (1)

7 Afgeleide persoonsnaam

Die ongeduldige motoriste moes maar net wag. (1)

8 Afgeleide werkwoord

Kalm – kalmeer (1)

9 Ontkennende vorm

Diere sal nooit na hulle kleintjies omsien nie. /

Diere sal nie áltyd na hulle kleintjies omsien nie. (slegs EEN) (1)

10 Vraagsin

Is dit nie so ernstig nie? (1)

11 Toekomende tyd

Ek wens almal sal lief wees vir diere. (1)

12 Indirekte rede

Hy het ook gesê hy wens dat almal lief was vir diere. (1)

13 Trappe van vergelyking

Goed - beter - beste (1)

14 Lydende vorm

Hierdie gebeurtenis sal nooit deur diereliefhebbers vergeet word nie. (1) 15 Saamgestelde woord

Diereliefhebbers sal hierdie gebeurtenis nooit vergeet nie. (1)

(14)

Naslaanbronne November 2022

Storie: My eerste dag in graad 4 Eugene van der Westhuizen

Kortverhaal: Waarom is die see so swart?

Platinum Afrikaans Huistaal Pearson Marang (Edms) Bpk, 2012 Marianna Brandt, MML

Legende: Waarom Volstruis se nek so lank is

Almal Verstaan Afrikaans Macmillan Suid-Afrika (Edms) Bpk, 2012 W. Mentz

Fabel: Anansi en die maskerbal

Almal Verstaan Afrikaans Macmillan Suid-Afrika (Edms) Bpk, 2012 R. Ferreira, M. van den Heever

Tydskrifartikel: Suid-Afrika, ons land van teenstellings

Platinum Afrikaans Huistaal Maskew Miller Longman (Edms) Bpk, 2012 J. Biesenbach, A. Engelbrecht, C. Henning, A. le Roux, W. Louw,

M. Mihai, J. van Lill, R. van Oort, R. van Rooy

Drama: Sonde met die bure (se diere)

Platinum Afrikaans Huistaal Maskew Miller Longman (Edms) Bpk, 2012 J. Biesenbach, A. Engelbrect, C. Henning, A. le Roux, W. Louw,

M. Mihai, J. van Lill, R. van Oort, R. van Rooy

Weerberig: Hier volg die weerberig vir die volgende twee dae Eugene van der Westhuizen

Gedig: Hier’s ’n muis in die huis

Kroonsteen-Reeks Best Books 2009

Verse vir lekker lees

Fanie Viljoen, Rina Lamprect, Henk Viljoen

Koerantberig: Kat-astrofe eindig gelukkig

Platinum Afrikaans Huistaal Maskew Miller Longman (Edms) Bpk, 2012 J. Biesenbach, A. Engelbrecht, C. Henning, A. le Roux, W. Louw,

M. Mihai, J. van Lill, R. van Oort, R. van Rooy

Referensi

Dokumen terkait

Eugene van der Westhuizen Verhalende opstel: Die brullende leeu Eugene van der Westhuizen Dagboek: My eerste drie dae in graad 4 Almal Verstaan Afrikaans Macmillan Suid-Afrika

Neem botter wat ’n vastestof is uit die yskas en plaas in ’n houer in die son.. Die hitte/energie van die son sal die botter laat

Die spoed van klank in lug word bepaal deur die volgende vergelyking: vklank=√γRTM Waar: vklank: spoed van klank in lug γ : adiabatiese konstante R : gas konstante T : temperatuur

Graad 7 Afrikaans Huistaal Augustus 2020 Vraestel 2 Afdeling B Taal Gebruik meer hernubare energie 1 “Ons moet van son- en windkrag tot gas gebruik maak – dit is waarheen 1 die

Skryf die korrekte afkorting vir die skuinsgedrukte woorde neer: Pharos a Junior tweetalige b woordeboek is geskik vir c Afrikaans en d Engels vir leerders in e graad 4–7.. Skryf die

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD

4 As daai HK-lede moet vir my ma, ’n Namakwalander, gesê het om by die koshuis net Engels te praat, het my ma geantwoord: “Da’ loop ek huis toe.” As ek te lank in Bloemfontein was en ek

Graad 4 Afrikaans Huistaal Junie Vraestel 2 Afdeling B Taal Die koerantberig: Jagter sterk aan na operasie 8 Junie 2021 Maroela Media Mariska Nanni 1 Dit gaan beter met die