• Tidak ada hasil yang ditemukan

PDF Edna en Blanche Piercey: "Hul mense verdien om te weet"

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "PDF Edna en Blanche Piercey: "Hul mense verdien om te weet""

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

on any Tap of the following

RUSTENBURG HERALD

4 SEPTEMBER 2020 BLADSY 5

Edna en Blanche Piercey: “Hul mense verdien om te weet”

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Hy kan in baie gevalle nie vir mense hul vermiste geliefdes teruggee nie, maar as hy vir hul klaarheid kan gee, is Leon Rossouw tevrede.

deur Christelle van Rooyen-Wessels

Dié deurwinterde privaatondersoeker is tans in Rustenburg om te probeer om die geheime rondom die verdwyning van Edna Piercey en die moord op haar sussie, Blanche op te klaar. Edna (15) het op Sondag, 14 Oktober 2001 by haar ouerhuis in Oosstraat, Oos-Einde se erf uitgestap om haar skooltas by 'n vriendin te gaan haal. Sy het egter nooit terug huis toe gekom nie en geen vriendin het vorendag gekom om te sê dat sy Edna daardie middag gesien het nie - of dat Edna se skooltas nog by haar is nie. 'n Paar maande later het haar 14-jarige sussie, Blanche verdwyn. Vyf weke later is Blanche se lyk gevind, maar van Edna is geen spoor ooit weer gevind nie. "Ek durf nie net aangaan waar die polisie-ondersoek opgehou het nie.

Ek moet héél van die begin af begin. And then I follow the evidence," vertel Rossouw. Van die bekende sake wat hy al opgelos het, is die moord van Celesté Fraser-Carson, die wrede aanval van die Kolver-egpaar op hul hoewe buite Bloemfontein en die moord op die Nederlandse toeris, Marleen Konings en ook die raaiselagtige verdwyning en moord van die bejaarde Karl Reich. "Maar dit gaan nie vir my oor die eer om 'n saak op te los nie. Ek doen dié werk omdat ek glo geen slagoffer behoort 'n onopgeloste dossier in 'n liasseerkabinet te word nie. Daar is altyd iemand wat 'n belangrike stukkie van die legkaart vashou, en soms nie eens daarvan bewus is nie; dít is wat ek doen - daardie mens met daardie stukkie legkaart opspoor,"

verduidelik Leon. Hy het by Edna se saak betrokke geraak as gevolg van 'n nuwe televisiereeks, Vermis. Dié reeks bestaan uit 13 episodes en 10 van dié sake is nou Leon s'n. "Ek glo die enigste manier om ‘n 'Cold Case' op te los, is deur harde werk, om noukeurig deur al die inligting en bewyse te werk en om dit sorgvuldig ontleed en dan weer met getuies te praat. Jy moet feite van

spekulasie skei en op 'n tydslyn werk. Elke saak is uniek en met so 'Cold Case'het jy meer tyd om die dinge te doen waarvoor die oorspronklike ondersoeker miskien nooit voor tyd gehad het nie. Ja, die oorspronklike ondersoeker het die beste kans gehad om die saak op te los omdat leidrade en inligting vars was en getuies kon nog baie onthou van wat gebeur het. Nog 'n voordeel van 'n 'Cold Case' ondersoek, is dat jy nie toegegooi is onder ander werk nie," sê Leon.

Hy maak dit baie duidelik dat hy baie waardering het vir die ondersoekwerk wat die polisie reeds in hierdie saak gedoen het.

"Ek kan net my werk doen indien ek met die polisie saam werk. Vir my is dit geensins belangrik wie eindelik die saak oplos nie - ek of die polisie - solank die ouers en geliefdes die antwoorde kry wat vir hul berusting bring."

Hy het 'n beroep gedoen om enigiemand

wat dink hul het inligting wat lig op die saak kan werp om hom te kontak. Skakel hom op 063 682 5758 of stuur epos na vermis@

consultingdetectives.co.za. Mense kan ook die Rustenburg Polisie by 014 590 4115 skakel. "Een ding is verseker en dit is dat ek alles in my vermoë gaan doen en elke

moontlike hulpmiddel gaan gebruik om vir Edna en Blanche geregtigheid te kry." En as jy die vasberade kyk in Leon se oë sien, kan jy glo dat hy dié saak enduit gaan voer.

* 'VERMIS" word Dinsdagaande omstreeks 21:00 uitgesaai op Dstv se VIA-kanaal (#

147).

Die plek waar Blanche Piercey se lyk vyf weke na haar verdwyning 18 jaar gelede gevind is. (Foto: Leon Rossouw)

Edna Piercey voor haar verdwyning in 2011.

(Foto:

Verskaf)

Leon Rossouw is vasberade om die raaisel rondom Edna Piercey se verdwyning 19 jaar gelede op te los en om die moordenaar/s van haar sussie, Blanche ook aan die pen te laat ry.

(Foto: Christelle van Rooyen-Wessels)

Click here to watch a Food Lover’s Market video

Referensi

Dokumen terkait

1.3 DOEL VAN DIE ONDERSOEK Die doel van hierdie ondersoek is om die sentrale probleemvraag te ondersoek deur die volgende vas te stel: wat die strategiese leer van skoolwiskunde

In die geval van weerspieëling word die onbewuste van kliënte betrek en van ’n hipnotiese toestand waar persone hulself oopstel om meer ontvanklik vir suggestie van ander te wees deur

Indien die staat ’n morele persoon is wat leef deur die vereniging van alle lede en indien die mees belangrike taak van die staat daarin geleë is om sigself te handhaaf, dan volg dit

Gegewe egter die fokus van hierdie boek op Afrikaans as sodanig, en die vraag wat die outeurs self stel, naamlik “Deur watter prosesse en fases het die besondere taal in hierdie geval

Een van die funksies van die literêre adviseurs in hierdie vertaling was om die poëtiese eienskappe van die Psalms te ontleed aan die hand van die inligting verskaf deur die

Die voordele van 'n leerplan, soos bier aan die hand gedoen, is: 1 dit kom DOreen me~ die leerplanne waarmee die studie van geskiedenis in die hoerskole van 'n hele aantal Europese

Die redes, soos uiteengesit in die stigtingsrede van die Volkskerk van Afrika, naamlik om ’n kerk te wees wat deur hul eie mense bestuur word om ’n bydrae te lewer tot die geestelike,

Die doel van hierdie studie is tweeledig: om leeranalise te gebruik om ’n groep studente, genoem die “troebel middelgroep” TM vroeg in die akademiese jaar te identifi seer en om ’n ryk