Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking
P.G .W . du Plessis Departem ent Filosofie
Randse Afrikaanse Universiteit JO H AN N ESB U RG
Abstract
A traditional approach in Calvinist philosophy is to start with an analysis o f cosmic diversity in order to find the identity o f a particular phenomenon, and then to end with an account o f the inter-relatedness between the phenomenon and other things. Although Stoker's philosophy tries to keep a balance between diversity and coherence as an entrée to reality - his later publications reflected a remarkable shift hy emphasising the coherence and
contextual meaning o f things.
Taking the coherence and contextual meaning o f things as the point o f de
parture, this article explores a converse version o f the traditional approach by using coherence (and not identity) as a means to sound out some new meanings o f science and scientific co-operation.
An indication o f transdisciplinary co-operation is rendered in terms o f the preponderance o f reality‘s call upon man to be known and cared for. The article ends with a few examples o f unusual concepts that may serve as a revised index to identify world-friendly and humane scientific activities.
1. I n lc i d in g
N a aanleiding van Stoker se groter klein (in sommige latere publikasies) op kon
tekste en samehange, is daar sowat '11 dekade gelede 'n nuwe taak vir m ede
standers in die Christelike denktradisie geformuleer. Die taak het daarop neerge- kom dat vir 'n goeie begrip van die soewereiniteit o f identiteit van 'n saak, dit juis nodig is om te w eet binne w atter relasies, kontekste en voorw aardes die betrokke saak bestaan en funksioneer (Du Plessis: 1983:1-3, 7). Die denktrant wat in die taakstelling verw oord word, wil ek verder beredeneer, veral om dat ek van die w etenskap liefs as 'n soort strategic en netwerk van kennis wil praat.
Eerstens gee ek 'n aantal gedagtes ter tipering van genoeinde klem op samehange en kontekste by Stoker wat as 'n groeipunt vir verdere filosofiese denke ontwikkel
K oers 59(3 & 4) Í994.559-S6H 559
Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking
kan word. Tw eedens illustreer ek die betekenis van die klem op sam ehange/ver- vlegting/voorw aardes/kontekste deur te vra w atter nuwe lig dit kan w erp op die identiteit en betekenis van w etenskapsbeoefening en op vonne van w etenskaplike samewerking.
Ek wil nie bew eer dat Stoker opsetlik bedoel het om in sy latere geskrifte en voordragte 'n sterk primaat aan vervlegting o f universaliteit bo uniekheid o f soewereiniteit te gee nie. M iskien moet 'n m ens dit versigtiger stel en sê: Stoker se onopsetlike toenem ende aandag aan sam ehange, perspektiew e, kontekste en sogenaam de hapantiese bepalings kan gesien w ord as 'n groeipunt vir 'n ander w erkhipotese w at stel dat ons voortaan 'n insig in die geaardheid, struktuur, funksie en identiteit van dinge moet probeer verwerf deur veral en eerstens te vra na die betrokke samehange, voorwaardes en kontekste daarvan.
2. U n iek heid (en verskeid en h eid ) o f sam eh an g (en inter- afh an klik heid ) as p rim êre inset?
Alhoewel dit tans nie die geleentheid is om dieper daarop in te gaan nie, is ek van mening dat Stoker tot ongeveer voor die verskyning van Beginsels en metodes in die wetenskap (1961) en van sy tw eedelige Oorsprong en rigting in die sestiger- /begin sewentigerjare 'n probleem stelling oorwegend so sou aanpak dat hy sou begin met 'n analise van die tersaaklike verskeidenheid en dat hy sou eindig met 'n aanduiding van die eenheid, samehang en vervlegting. So byvoorbeeld stel hy in sy steeds lesensw aardige monografie Die grond van die sedelike op vem uftig- didaktiese wyse die vraag na die uniekheid o f w esensgrond (van die sedelike) vóór die vraag na die samehang o f afhanklikheidgrond (Stoker, 1941:2 1-64).
D aarm ee bedoel ek dat hy vroeër metodies (m etodologies) en ook kosm ies (kos- mologies) sou begin met die veelkleurige verskeidenheid in sy speurtog na die unieke aard van iets en daam a met die wonderlike samehang tussen onherleibare sake in die kosm os sou eindig (Stoker, 1933:30, 34, 53). Hierdie benadering van hom lê ook op een lyn met dit w at ons binne die Wysbegeerte der Wetsidee aan- tref: eers kom 'n uiteensetting van die beginsel van soew ereiniteit in eie kring, w aam a die beginsel van universaliteit in eie kring ter sprake kom (D ooyew eerd,
1935: deel 111:3-300).
M aar in sommige van sy latere publikasies gebeur dit soms dat as S toker pro
bleme op sy de wovo-manier aanpak, hy die essensie van 'n saak vanuit allerlei samehange, perspektiew e en kontekste aanbied. A nders as byvoorbeeld in Die grond van die sedelike begin Stoker dan met die relasies, die perspektiew e en kontekste. In die lig daarvan sal hy met onderskeidinge voortgaan om w eer met interafhanklikheid en onderlinge verw eefdheid te eindig soos byvoorbeeld in
560 Koers 59(3 S 4) 1994:559-568
hoofstukke 12, 13 en 14 van sy boek Beginsels en metodes in die wetenskap w aar hy die vraag w at wetenskap is, behandel (Stoker: 1969a: 133 -147).
Dit is onder andere op grond van sy gevoeligheid vir relasies en kontekste dat Stoker afgekom het op die nuwe dissipline deontologie: die deontiese w ord nie by stof, plant, dier o f G od gevind nie, m aar by die mens in sy verhoudings tot na
tuur, m edem ens en God (Stoker, 1967:37-38 en Stoker, (Jnr.) 1983:27-48).
In sy latere omwerking van die grondlyne van sy ‘W ysbegeerte van die Skep
pingsidee’ sê hy dat die totaliteitsvraag dié grondvraag van die w ysbegeerte is. In die proses kom hy ook na vore met die nuwe begrip van hapantiese bepaling as die om vattende bepaling van die kosm os as geheel (Stoker, 1970b:234 en 261 e.v ). Dit is ook hoe Stoker nuwe betekenisse van die ‘prim êre’ taak van die staat ontdek het: hy vra na die kontekste, perspektiewe w aarbinne die staat bestaan en funksioneer. Die begrip staat kry a s’t ware nuwe kontekstuele betekenismo- mente by (Stoker, 1970b:69-77).
Selfs sy vindingryke voorstel om die ideologies belaste term selfstandigheid o f outonomie te vervang met eiestandigheid moet gesien word in die lig van sy klem op die interafhanklike samehang van die betrokke saak met ander sake; vandaar dat hy dit (selfstandigheid o f outonomie) 'n kreatuurlike onselfstandige eie
standigheid noem (o.a. Stoker, 1970a:204 e.v; 316 e.v ).
Stoker se ‘W ysbegeerte van die Skeppingsidee’ is ook ’n opsetlike poging om dualism es te oorwin deur onderlinge samehange en interaksies bloot te lê. Hy wil nie spannings tussen w etenskap en geloof, tussen godsdiens en kultuur, tussen eenheid en differensiasie, tussen mens en wêreld ophef deur genoemde pole van m ekaar te skei nie. N ee, sy filosofie kom met voorstelle om die dualismes te oor
win deurdat hy byvoorbeeld vra hoe die pole m ekaar w edersyds komplementeer en van m ekaar afhanklik is (Stoker, 1967:347).
Oorsprong en rigting is ook die veelseggende titel van Stoker se tweedelige werk. Die ganse kosmiese w erklikheid is vir Stoker 'n totaliteit met 'n samehang- ende verskeidenheid. Deur sy klem op die sub specie aeternilatis-perspzkúef ont
dek hy die ryke verskeidenheid én die kreatuurlike samehang. Dan is die skep
ping 'n “ w onder-like onderlinge verbondenheid van sy radikale verskeidenheid”
(Stoker, 1967:12). (M y kursivering - PGW dP.)
M et my kursivering van die woord “ verbondenheid” by Stoker wil ek beklemtoon dat die w onderstm ktuur van die skepping nie (soos menige Christendenker wel bew eer) slegs o f hoofsaaklik in die verskeidenheid se lf lê nie, m aar dat die won- derstruktuur skerp na vore kom in die ondersoek na samehange, vervlegtings en kom pleksiteite van die verskeidenheid. D aannee probeer ek ook om Stoker se
Koers 59(3 á 4) 1994:559-568 561
Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking
balans tussen “ verskeidenheid” (uniekheid) en “ sam ehang” (interafhanklikheid) in die guns van laasgenoem de te swaai.
As aanvulling en soms as wysiging van sy siening wil ek daarom die volgende vermoede o f w erkhipotese verder toelig: dat dit (m etodologies en inhoudelik) die moeite w erd is om 'n saak o f probleem primêr vanuit die betrokke sam ehange en kontekste te benader, in plaas daarvan om dit prim êr vanuit die vraag na die eie- aard o f uniekheid o f identiteit daarvan te bekyk. Hierdie w erkhipotese wil ek kortliks gebruik in 'n duiding van nuwe vonne van w etenskaplike sam ew erking - as ons die w etenskap prim êr vanuit sy sam ehange en kontekste sou benader.
3. T ra n sd issip lin êre sam ew erk in g
D ie vraag wat w etenskap is, w ord dikw els beantw oord deur prim êr te let op die unieke kenm erke w aardeur dit van ander sake verskil. Dink m aar aan die oorbe- kende onderskeid tussen w etenskaplike en voor-w etenskaplike kennis binne die kring van Calvinistiese filosofiese denke (o.a. Dooyew eerd, 1935; Strauss, 1969;
Van Riessen, 1970).
Sodra die vraag w at w etenskap is, hoofsaaklik beantw oord word in die lig van unieke en dus onderskeidende kenm erke soos byvoorbeeld die betrokke eie- soortige studieveld en die gepaardgaande sistem atiese ordening en bew erking van gegewens, dan is daar weinig sprake van 'n kreatiew e gesprek tussen verskillende w etenskappe. Samewerking tussen w etenskappe beteken dan dat die onderskeie w etenskappe onafhanklik van m ekaar hulle studieverslae oor fassette van die werklikheid o f oor verskeie fasette van 'n gem eenskaplike probleem voorlê. Selfs die beplanning en uitvoering van navorsing vind los van m ekaar plaas, veral omdat elke vak sy eie studieveld o f probleem area moet ontgin. D aar is ook geen finale sintese van bevindings nie.
Samewerking tussen w etenskappe neem in hierdie opsig die vorm aan van 'n /n«///-dissiplinêre benadering. Sam ewerking is hoofsaaklik beperk tot ’n admini- stratief-organisatoriese gesprek oor wie doen w at, en w anneer lew er elkeen sy verslag in. Die om vattende verslag lyk soos 'n laslappieskom bers, om dat dié soort sam ew erking hoogstens daartoe in staat is om 'n omnibusverslag voor te lê.
Soms w ord verskille tussen w etenskappe liefs na aanleiding van spesifieke tegnieke, vaardighede, die eie sisteem en hipoteses, eie m etodes van probleem - stelling en van probleem oplossings verduidelik. Selfs ‘em pirie’ en ‘begronding’
in die fisika is iets anders as em pirie en begronding in die kunsgeskiedenis o f in taalw etenskap. D aar kan dus wel oorvleueling tussen die studieveide van w eten
skappe w ees, m aar die m etodes van kennis insame! en van toetsing verskil nogal aanmerklik.
562 Koers 59(3 & 4) 1994:559-568
W at hierdie aspek betref, w ord vooraf by die beplanning van samewerking tussen verskillende dissiplines eerstens gelet op die veelkantigheid van die gemeenskap- like probleem gebied wat tw eedens met behulp van verskillende navorsings- m etodes ontgin moet word. Daar word dus gehoop om agtem a 'n geheelbeeld te verkry deur gesamentlik na die afgehandelde navorsing te kyk en te vra hoe die bevindings by m ekaar aansluit, m ekaar komplementeer. Sodoende staan w eten
skap in diens van 'n dissiplinêre instrumentarium, 'n metodiese tug, 'n dissiplinêre metode. Sam ewerking tussen w etenskappe is eerder 'n samewerking tussen dissiplinêre metodes. Samewerking verkry in hierdie opsig 'n /«ferdissiplinêre karakter.
M aar selfs die interdissiplinêre samewerking is 'n soort resultaat o f gevolg van afsonderlike dissiplines en studiemetodes, want interdissiplinêre samewerking is ingestel op die verkryging van samehange en 'n integrale geheelbeeld as resultaat van die komplementariteil van metodes. W etenskap ontstaan egter nie slegs deurdat die navorser met behulp van 'n spesifieke metode hom op 'n eiesoortige probleem gebied toespits nie. W etenskap ontstaan as 'n program van aktiwiteite binne verskeie kontekste. So is wetenskap ook verantwoordbare kennis wat op talle maniere getoets en begrond moet word. W etenskap as strategic (moet) let op sy voorw aardes, grense, belange en verantwoordelikhede.
Ek sou verkies om die wetenskap as 'n strategic van kennis en kennisbelange te sien. W anneer w etenskap as 'n strategic benader word, w ord gevra na die perti- nente sam ehange tussen die w etenskap as ’n eiesoortige vraagstelling (en ge- paardgaande m etodiese dissipline) oor 'n nog onafgeronde probleemgebied, ener
syds met sy kom pleks van voorwaardes, oogmerke en andersyds sy verantwoor
delikhede (Du Plessis, 1979:282).
Die strategic van die wetenskap dui veral op twee sake: Eerstens dui dit op om
vattende kontekste, op allerlei relasies en beperkings en voorwaardes van w eten
skaplike kennisvonning. Ons sou dit ook die hermeneutiese omgewing (veral kultuur, beskaw ing, politiek, sosio-ekonomiese ontwikkeling, moraliteit, religi
euse instelling) kon noein waarbinne enige w etenskap met sy spesifieke studie- veld en dissiplinêre ordening o f metodes moontlik gemaak word. Die vraag wat w etenskap is, kom byvoorbeeld nie op binne 'n boendoe-sam elewing nie: so 'n vraag ontstaan binne die konteks van kultuurhistoriese ontwikkelings w aar daar onder andere sprake is van 'n universiteit as die w erkswinkel van die w eten
skappe. Binne ons kultuurhistoriese opset vorm wetenskap 'n (te groot?) deel van ons hedendaagse kultuurgoedere; daarom kom die bekende vraag na vore o f w etenskap ook produk van ons kultuur is naas die omstandigheid dat kultuur as w enslike produk van ons w etenskap voorgestel word.
Koers 59(3 & 4) 1994:559-568 563
Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking
Tw eedens dui die strategic van die w etenskap veral op die verantwoording, toet- sing en begronding w at die w etenskaplike saam met ander w etenskaplikes (en ander belangegroepe) van genoemde kontekste en voorw aardes doen en moet doen. Dergelike toetsing, begronding en verantw oording is nie ekstra- o f buite- wetenskaplike aktiwiteite nie. Toetsing, begronding en verantw oording is (moet) 'n inherent strategiese kenm erk van w etenskaplike optrede (wees); daarom kan hierdie kennis as betreklike kennis aangebied w ord - nie as onfeilbare suiwer w etenskap nie. Onderlinge verantw oording leer ons gou dat w etenskaplike seker- heid geen absolute sekerheid is nie en dat beskeidenheid 'n deug in ons w eten
skaplike ondem emings kan wees.
G esonder groei en toenam e van ons vakkennis gaan onherroeplik gepaard met 'n b esef dat nuw e kennis ook nuwe onkunde en nuwe onsekerhede skep en daarom w eer nuwe aksieplanne (o f strategieë) van ons verg. Vanuit ons benadering van w etenskap as strategie moet ons die onvoltooidheid van die w etenskap aanvaar;
na elke nuwe verklaring erken en ontdek ons gou w eer nuwe raaisels. W ie het die onfeilbare resep teen w etenskaplike dwaling en inkom petensie?
Ons kan die fuga as m etafoor gebruik om die kom pleksiteit en sim foniekarakter van w etenskap te verduidelik. W etenskap is 'n meerstemmige ondem em ing w aar
in die navorsers probeer saamstaan en saam stem , dit is geen enkelvoudige o f een- duidige saak nie. W etenskap is geen statiese saak nie; dit kom tot stand vanuit 'n kom pleks van voorw aardes, oogm erke, relasies, en van verantw oordelikhede.
Dit beteken onder andere dat w etenskap nie buite m ededeling aan en kommu- nikasie met kollegas, studente, die beroepsw êreld, politici en belangegroepe in die res van die samelewing beoefen kan w ord nie. W anneer 'n nie-filosoof (by
voorbeeld 'n regsw etenskaplike o f 'n fisikus o f 'n taalw etenskaplike) uitsprake lewer oor nie-filosofiese aangeieenthede, sien ons dit nie onmiddellik as 'n on- w etenskaplike inmenging in die filosofiese debat nie. Dan b esef ons dat die werklikheid ingewikkelder is as enige wetenskapsindeling. Al is ons w etenskap
like metodes en ons logika van begrippe en ons kognitiew e sisteem iets unieks aan ons vakkennis, dit w ord gerelativeer, verryk en selfs gew ysig deur onder an
dere ons menslike w aardes en die kom plekse w erklikheid self.
W etenskaplike kennis ontwikkel dus nie net na aanleiding van 'n sogenaam de im m anent-teoretiese dinamiek nie; dit groei ju is om dat die w erklikheid se lf '11 aanstoot vir ons denke word. Transdissiplinêre sam ew erking is 'n vorm van inter- dissiplinariteit w at ’n konstruktief-kritiese houding openbaar en w at pertinent aandag gee aan gem eenskaplike kontekste van w etenskappe (Du Plessis, 1979:
285). Transdissiplinêre w etenskapsbeoefening kw eek by ons 'n nuwe w eten
skaplike gevoeligheid en speursin vir grense, voorw aardes en kontekste van alle w etenskaplike kennis.
564 Koers 59(3 & 4) 1994:559-568
W aar ons oor ons vakgrense been saam kyk na vraagstukke w at aan ons vakke gem eenskaplik is en w aar ons onsself laat verryk deur die insig van ander vakke oor ons probleemstelling, daar verkry ons wetenskaplike kennis en insig oor ons eie vakgrense heen; daar beoefen ons w etenskap op 'n íram dissiplinêre wyse.
Dit wil voorkom a so f Stoker se begrip intermediêre wetenskappe 'n vonn van transdissiplinêre sam ewerking kan aandui. Hy ontdek dié soort w etenskappe deur te let op gem eenskaplike seksies tussen w etenskappe. Hy verduidelik inter- mediêre w etenskappe met die gem eenskaplike seksie tussen twee sirkels wat m ekaar sny; die gem eenskaplike gebied kan van die een o f die ander kant bena
der w ord; alhoewel fisika en chemie onderskeie w etenskappe is, sny hulle mekaar ook. Die gem eenskaplike seksie, chemiese fisika ó f fisiese chemie, is inter- m ediêre w etenskappe (Stoker, 19727:34-35).
Iemand wat w etenskap beoefen as strategic van betreklike kennis wat voort- durend gew ysig kan word en rekenskap gee van die m etodes, doelstellings, die teoretiese en voorteoretiese raam w erke o f paradigmata waarbinne hy wetenskap beoefen, dra konstruktief by tot 'n nuwe identiteit van die w etenskap. Daar waar die vakm an bereid is om sy eie vakkennis te relativeer en in kontekste te laat be- oordeel, daar w aar die een w etenskaplike hom oopstel vir kritiek en verryking deur ander vakkundiges wat met ander raam werke werk - daar w ord wetenskap op /ram dissiplinêre wyse beoefen. Hierdie werkw yse bied volop geleentheid om tradisionele vakgrense en vakkennis te oorskry, aan te vul en te wysig.
4. W eten sk ap met 'n nuw e identiteit?
Stoker se gedagte dat die radikale kosmiese verskeidenheid ons op 'n legio wyses van sam ehang laat stuit, sou ons dus anders wou uitbou met 'n konvers-be- nadering: dat die kosm iese verskeidenheid duideliker w ord en soms eers ontdek w ord in die lig van allerlei onderlinge netwerke en betrokkenheid op mekaar.
Insig in die samehange en onderlinge afhanklikheid bring ook nuwe insig in die identiteit van 'n saak.
N og sterker gestel: kom ons waag dit om eers duidelikheid te soek oor die same
hange voordat ons die vraag na die identiteit/uniekheid/eie-aard van 'n saak stel.
Vertaal in klassiek-Calvinistiese terme: kom ons gebruik die beginsel van uni- versaliteit in eie kring as toegang tot die werklikheid - en nie die beginsel van soewereiniteit in eie kring nie! Ons behandeling van w etenskap as strategic is 'n poging om hiervan 'n illustrasie gee. W anneer die sam ehange gei'gnoreer o f af- geskeep w ord, word 'n bepaalde saak reduksionisties en /o f parsieel en/of abso- lutisties beskou. O ns w etenskap is eers dan w etenskap as dit ’n verantwoordelike w ete het (en dit deurlopend verwerf) van die onderlinge afhanklikheid tussen w etenskap en nie-w etenskaplike sake soos onder andere kultuur en morele
Koers 59(3 4) 1994:559-568 565
Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking
w aardes asook tussen w etenskap en w etenskap. Ons w etenskap is eers dan w e
tenskap as dit ook geskep en verryk w ord deur sogenaam de buite-, voor-, na- en ander w etenskaplike insigte, faktore, gronde, w aardes, ensovoorts.
M et 'n dergelike w ete kan die w etenskap vir die samelewing tot 'n seen w ees deur 'n nuwe o f gewysigde identiteit te ontwikkel; 'n nuwe identiteit w aarin w etenskap nie vereenselwig w ord met 'n bedreiging van ons vryheid en verantw oordelikheid nie o f met besoedeling van ons om gewing nie o f met onderm yning van ons so
siale gewete o f met tegniese vaardighede en gerief nie (Schuurman, 1993:26 e.v.).
W etenskap en tegnologie vorm vandag nog die imperium van die rasionele denke.
In hierdie imperium wat veral deur doel-rasionaliteit gekenmerk w ord, is weinig plek vir estetiese o f etiese o f juridiese o f religieuse o f em osioneel-affektiew e sake. Spontaneiteit w ord verdring deur berekenbaarheid. B etroubaarheid w ord bedreig deur effektiewe funksionaliteit. G ekonstrueerde beleid verdring intu'itie- w e wysheid o f kreatiwiteit. Redelikheid m aak geloof verleë. Die vraag hoe ons samelewing rasioneel en wetenskaplik beheersbaar is, versm oor die vraag o f dit wenslik is om die sam elew ing rasioneel/w etenskaplik te beheers.
Die vraag hoe ons samelewing rasioneel beheer kan w ord, is gewoonlik afgestem op hoe dit effektief, gerieflik en funksioneel gedoen kan word. Die vraag o f dit wenslik is om ons samelewing rasioneel te beheer, wil egter rekening hou met allerlei (morele, sosio-kulturele, ekonom iese e.a.) verhoudings en voorw aardes waarbinne 'n gangbare rasionele beheersing gerelativeer word. Sodoende w ord die w eg vrygemaak om rasionele beheersing op sy beurt te beheers, m aar dan eerder met nie-rasionele kragte soos morele trou, estetiese verw ondering, ekono
miese sorg en juridiese billikheid. G enoem de vrae is op hulle beurt ju is nie weten- skaplik-tegnologies op te los nie, ook om dat die mens en sy w aardes en sy kul
tuur nie volledig onderdeel van natuurgebeure o f tegnologiese prosesse is nie.
Daarom behoort w etenskap en tegniek nie ons verantw oordelikheid en ons keuses weg te neem o f - soos dikw els gebeur - in te ruil vir tegnologiese gem ak nie.
Met boverm elde teenstelling suggereer ek dat w etenskaplike kennis nie eerstens gelyk moet w ees aan die uitbreiding van rasionele beheersing en funksionaliteit nie. Saam met Schuurman kan ons sê: “ Het benadrukken dat w etenschappelijke kennis bepaald, betrekkelijk en beperkt is, is nu m eer dan ooit nodig” (Schuur
man, 1977:29). W etenskaplike kennis behoort eerder die uitbreiding van ons verantw oordelike bew usw ees van allerlei tersaaklike relasies w aarbinne die mens se lf en waarbinne sy studievoorwerp optree, te impliseer. Ons uitbreiding van kennis van sake moet prim êr gepaard gaan met die verrekening van allerlei sam e
hange, verbande, belange en kontekste. Insig in die sam ehange en betreklike kondisies gee nuwe insig in die betekenis en identiteit van 'n saak. Dan sien ons nie m eer m anipuleerbaarheid, verifikasie, logiese deursigtigheid, beheersing, ver- eenvoudiging, voorspelling en grootskaligheid as probleemlose trejwoorde wat
566 K oers 59(3 # 4) 1994:559-568
die wetenskap moet identifiseer nie. W anneer ons met ons w etenskaplike kennis stree f na 'n grenslose wetenskaplik-tegniese beheersing en kontrole oor natuur, m ens en sam elew ing, w ord w etenskap op 'n onverantwoordelike wyse beoefen (Scliuurman, 1993:11 e.v.). Dan kyk ons die grense, voorwaardes en relasies w aarbinne w etenskap funksioneer en moontlik is, ook mis. Dan streef ons slegs na een stel w aardes, naamlik na helderheid, eenvoud, stabiliteit, kontrole, vaar- digheid, eksklusiw iteit, orde en manipuleerbaarheid. Dié eksperiment van die sogenaam de m odem e w etenskap met sy groot ideale om rasionaliteit en voor- uitgang op alle lewensterreine uit te brei, het egter gelei tot ’n massale devaluasie van m enslike vryheid en waardigheid (vergelyk o.a. M uller-Schwefe, 1965;
R oszak, 1968; Toffler, 1984).
Deur egter te let op netwerke, kontekste, samehange en onderlinge afhanklikheid tussen w etenskap en sy omgewing, kan ons genoemde eensydige stel waardes deurbreek. Dan kom m ens onder die indruk dat betrekkinge, kontekste en af
hanklikheid aan ons 'n identiteit gee; dan stuur ons w eg van die w êreldbeeld dat alles m aakbaar is. Teenoor 'n Faustiese hooginoed van die m odem e w aan dat die mens hom self en sy w êreld se lf kan maak, kan ons w ys op die paradoksale situasie dat ons die identiteit van die wetenskap (en mens en wêreld) ontdek vanuit iets anders. Identiteit word ons aangebied deur verhoudinge, funksies, die tradisie, die transendente.
Identiteit w ord die w etenskap en die wetenskaplike geskenk vanuit 'n netwerk en ingeskakeldheid met die res van die werklikheid. O ok hier dui ‘netw erk’ en ‘in- geskakeldheid’ op die relatiwiteit en heenwysende karakter van dinge. 'n Tipiese kenm erk van w etenskap, mens en wêreld is ju is die ontvanklikheid vir iets anders, 'n nie-afgeslotenheid o f religieuse uitreiking bo hulself, w ant die kenbare dinge vra en roep om geken te w ord (vgl. Stoker, 1969a:293-297; Stoker, 1969b:
242-247). W etenskap ontstaan nie prim er deur 'n immanente inisiatief van die mens nie. W etenskap en kennis is 'n antwoord van die m ens op die oop vraag van die kenbare, die roep om geken en versorg te word. D ie vraag is eerste en gaan aan die antw oord vooraf; sodoende w ord w etenskaplike aktiw iteite moontlik deur voorafgegew enes o f antesendente o f geskenke.
W aar S toker praat van die teale bepaaldheid van die kosm os (“ ... alles w at tot ons skepping behoort, w ys kragtens sy kreatuurlikheid, onselfgenoegsaam heid en w etsonderw orpenheid heen na sy O orsprong ...” - Stoker, 1970a:415-416 en Stoker, 1971) sou m ens in m eer humanistiese taal kon stel: die m ens en sy w etenskap is geen causa sui nie. Sodoende word w etenskap 'n ontmoetingspunt met G od, 'n ruimte o f aktiwiteit w aar God en sy openbaring van die begin a f aan
w esig is en ontdek kan word. Hiermee kom ons a f op altem atiew e én bykom ende w aardes en kenm erke soos belange, gawe en oorgawe, genade, geloof, (grond)motief die kontingente, openbaring, vermoede, vertroue, wonderstruk-
Koers 59(3 <t 4') 1994:559-568 567
Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking
ture, dinamiese weerbarstigheid, spanning, komplekse samehange, nelwerke en kontekste w aarm ee goeie w etenskapsbeoefening voortaan gei'dentifiseer kan word.
L iteratuu r
D O O Y E W E E R D , H. 1935. W ijsbegeerte d e r W etsidee, deel III. A m sterdam : Paris.
D U P L E S S IS , P.G .W . 1979. M o d e m e tendense in die w etenskapsbeskouing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 19 (4 ):273-285
D U P L E S S IS , P.G .W . 1983. 'n O p d rag en vinding in S to k er se w eten sk ap slee r P otchef- stro o m se S tudies in C hristelike w etenskap, P o tch efstro o m : P U vir C H O
M iiL L E R -S C H W E F E , H 1970 Technik und G laube G o ttin g en : V andenhoeck.
R O SZ A K , Th. 1968. T h e M aking o f a C o u n te r C ulture. N ew Y ork : Faber SC H U U R M A N , E. 1977. Techniek: middel o f m oloch? K am pen : K ok
SC H U U R M A N , E. (e.a.) 1993. R eform atoriese cultuurvisie. N u n sp eet : M arnix van Sint A ldegonde Stichting.
ST O K E R , H .G . 1933. D ie W ysbegeerte van die S keppingsidee. P re to ria : D e B ussy ST O K E R , H .G . 1941. D ie g ro n d van die sedelike. Stellenbosch : P ro Ecclesia.
STO K ER , H.G . 1967 O o rsp ro n g en rigting, deel 1. K aapstad : Tafelberg.
S T O K E R , H .G . 1969a. (T w e e d e o n v eran d erd e druk): B eginsels en m eto d es in die w etenskap.
Jo h annesburg : D e Jong.
S T O K E R , H .G . 1969b “ C hristelike w e te n s k a p ;'n n o o d w endigheid” . D ie a to o m eeu in U lig.
P o tch efstro o m : IBG . p. 23 9 -2 5 3 .)
ST O K E R , H .G . 1970a O o rsp ro n g en rigting, deel 2. T afelberg : K aapstad.
ST O K E R , H .G . 1970b. D ie aard en rol van die reg. R A U -publikasiereeks, Jo h a n n esb u rg : RAU .
S T O K E R , H .G . 1971. T he T h eory o f K now ledge o f prof. dr. C. V an Til. (In G eehan E.R. ed.
Jerusalem and A thens. V an T il-Festschrift. N ew Jersey : P resbyterian & R eform ed P ublishing C om pany, p. 25 -7 1 .)
S T O K E R , H .G . 1972(7). C hristelike o p v o ed k u n d e en sy plek in die sisteem van 'n C hristelike w etenskap S tudiestuk nr. 8 P o tch efstro o m : C hristelike O p v o ed k u n d ev e ren ig in g van Suid-A frika.
ST O K E R , H .G . (Jn r.) 1983. D ie v raagstuk van die d e o n to lo g ie in die filosofie van H .G S toker. P o tch efstro o m : P U vir C H O (M A -verhandeling )
S T R A U S S , D .F.M . 1969 W y sb eg eerte en v akw etenskap. B loem fontein : Sacum . T O FF L E R , A. 1984. F u tu re S hock. B antam B o o k s : N ew Y ork.
V A N R IE S S E N , H. 1970. W ijsbegeerte. K am pen : K ok
568 Koers 59(3 A 4) 1994:559-568