• Tidak ada hasil yang ditemukan

17 Gedigte 02.pmd

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "17 Gedigte 02.pmd"

Copied!
5
0
0

Teks penuh

(1)

Fanmail vir Breyten

Daardie jaar, pas na die klas,

(ons het gehoor dat jy al op die rakke was) het ek jou Ysterkoei deur glas gewaar jou uitgestalde woorde deur die raam betas.

Daarbinne was dit knus.

Tussen die boeke het die reuk van sweet en ink gehang.

Die winkel was ‘n lugballon,

‘n lamp, ‘n Niet.

Ek was getoor, ek kon dit hoor toe ek my Koei op skuld moes koop.

Vol soos ‘n uier

het ek die groot geel boek gedra en onder eike wat van winter drup al langs die meulstroom af geloop, geswenk na “Sonop” om die hoek.

Simonsberg staan pril en pers – ek was nou by die laaste vers – terwyl die son met Breyten in my skoot vanuit die Ooste oor my kom.

En sedertdien hoor ek die mondmusiek, proe ek die asem in die Zen

van Breytenbundels wat verlig deur winkelvensters wasem.

Zandra Bezuidenhout

(2)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (2) • 2009 232

Ontmoeting met b. b.

Die maan merk die dag

in ‘n melk-reënboogbarokraam.

Montagu: die Prof., die Beckettbrilman, die Voëlman en sy vrou in die byna Spaanshuis met rooiklipvloere en krom mure.

Wyn en eenvoudige fynkos

berei in die binnekring van baiepraatmense in Afrikaans, Frans, Engels, en ‘n bietjie Italiaans.

Hortjies

Ek sit agter jou hortjies in die hart van jou venster agter jou strepies in die tronk.

Ek speel nulle en kruisies met strepies in jou venster en wonder hoe jy dink.

Ek drink tee en jy skink lyne.

“om ‘n boek sonder woorde en grammatika te skryf “.

Meester Metafoor Meneer die Digter:

jy wat altyd dwarsfluit speel met elke metafoor:

voor-af, agter-af, onderstebo en bollemakiese.

Nootvas beelde bou, skilder om elke lyn, ritmies inkanteer:

vonk-pos, dig-pos,

slakpos, praatpos, boek en doek.

Jy láát ons verstom.

Anne-Ghrett Erasmus

17 Gedigte 02.pmd 232 6/23/2009, 10:09 PM

(3)

Karmawiel

Vanoggend droom ek van die Jesus- kind in die Lotusblom. Op ouderdom ses in ‘n kinderensiklopedie sien ek

‘n wesentjie in ‘n ertjiepeul. Is dit gek om Jesus en Boeddha saam te snoer?

Hoe kom dit dat jong kinders lank voor begrip reeds ‘n roepende stem hoor deur ou wyshede ontroer word?

Op ‘n treinreis van Voorsienigheid terug na my rusplek in Tydelikheid sit ek neffens ‘n rabbi sonder baard;

hy vertel my hoe elkeen na sy aard die goddelike in die lotusblom sien of mag glo aan Christus se bloed;

solank ons net weet: uit hierdie gloed van Boeddha, Jesus, wieookal verdien ons die wete, ek is verbind aan jou in denke, dade en gevoel. Soos jy

geheg is aan my in denke, dade en berou:

‘n draaiende karmawiel vir jou, vir my.

Joan Hambidge

(4)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (2) • 2009 234

Die onbekende ontmoeting

Alexandrië, Egipte, 2007

Alexandrië – weeïge naam wat so vroulik klink, uit die hoefyster van oorlog en sout gesmee

tot ‘n flikkerende halssnoer van wandelende strate op stelte, ingediep in die modder

van geskiedenis en

met uitreikende arms wat sterrestelsels pluk uit die blink branders.

Cleopatra is jy, geberg uit ‘n asemteug

terwyl gordyne vog van jou afval soos rinkhalsvelle.

Vrou, ek ken nie

eens jou taal nie, maar op daai trappe in jou dwarreling van lappe,

klim jy dieselfde sporte na onbetekenis- baarheid, as ek.

Antieke Los Angeles van die verskroeide engele;

gedroomde, uitgeweke Olimpos soveel mensliker as die oorspronklike;

verbasterde, lieflike, Mediterreense Wene gesing deur die allerheiligste, die stilgemaakte

“barbare” –

dáár die planetarium vol boeke, die juweel van herroeping, die geverfde duifeier

in sy oogkas van die Oudheid.

17 Gedigte 02.pmd 234 6/23/2009, 10:09 PM

(5)

Bruin wieg

van roosblaar en pêrel is jy –

Jy kyk terug, en ek kyk vorentoe;

hier in die skerwende hawe vir vertrekke,

waar verlore wêreldwonders en hangovers mekaar ontmoet raak ons mekaar skaars aan

in die twee skadu’s wat kruis.

Charl-Pierre Naude

Referensi

Dokumen terkait

So dryf die verteller die kontras tussen die koning en Daniël verder: Nebukadnesar sien ’n droom wat hom ontstel, omdat dit ’n openbaring van God is, maar hy moet rondsoek na die

Is daar êrens ’n handleiding beskikbaar waar die mentor kan gaan leer hoe om te werk te gaan om die mentee se lewe te stuur om vanuit die mineur na ’n majeur oor te gaan, en ’n

My Ma Sodat ek kan weet waarvoor ek moet werk en hoe hard ek moet werk om die spesifieke doelwitte te bereik om na te dink oor die antwoord van jou Wiskundeprobleem, om na te dink

Dit gaan oor ’n huwelikseremo- nie en ’n latere verbreking van die huwelik: die katstert en die angelier verlede jaar was die kind nog hier die swart rapuis en die besembos hoe ’t jy

Gewoonlik steur ek my nie veel aan hoe ’n boek lyk nie, maar die foto van ’n aggressiewe hond op die voorblad is meer gepas vir ’n riller as ’n roman wat te doen het met die verhouding

Die vervlegtheid van alles word weer in ’n entelegiese kragveld gestel—die verband- legging tussen alles wat in die kosmos, as uitdyende Goddelike organisme, bestaan, en dit word met

“Pyn” 57, byvoorbeeld, waarin die digter vra “Hoe skryf ek ’n gedig oor pyn” het ’n tweede strofe waarin die dokter soek na “pynflitse, / kyk of daar in ’n hartkamer / krake teen die

Anders as byvoorbeeld in ’n vorige roman, naamlik ’n Stringetjie blou krale 2000, gaan dit egter nie om die vind van ’n gekleurde identiteit in ’n postapartheidsbestel na die politieke