• Tidak ada hasil yang ditemukan

A_'1pe~rt,}i~ldsdrflakleef

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "A_'1pe~rt,}i~ldsdrflakleef"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

6 e,

t) ,

$".. ~

A_'1pe~rt,}i~ldsdrflak leef

ROELF MEYER, Posbus 70191, Die Wilgers, Pretoria, skryf:

Dit is nou duidelik uit pres.

Botha se pogings om apartheid te verander en te kamoeneer dat dit vir 'n skepper en onder- houer van apartheid nie moont- lik is om sy apartheidskind uit te skakel nie.

In die President se toespraak steek die apartheidsdraak se tien koppe oral uit. Hy praat van "ons en hulle" (blank en swart), 'n raad van "advies"

(paternalisme), onderwys vir al die "bevolkingsgroepe" (diffe- rcnsiasie), dokumente met vin- 'gerafdrukke om "ordelike ver- stedeliking" te beheer pleks van passe (outokrasie).

Mnr. F.W. de Klerk bevestig hierdie gemaskeerde apartheid en sê dat elke groep 'n eie ge- meenskapslewe moet hê:

" eie woongebiede, eie sko- le waarbinne die groep sy eie karakter kan handhaaf en groepsbelange kan behartig."

Op grond daarvan sê Beeld die Nasionale Party staan nog "vir die een of ander vorm van diffe- rensiasie" (5 Februarie).

'n Mens is op grond daarvan geneig om te vra: "Maar wat dan van die Engelse, Afrika- ners, Grieke, Portugese, enso- voorts?" Laat ons liewer vra waarom 'n apartheidsregering nie apartheid kan verander nie.

Die rede is dat hulle slagoffers van hulle eie stelsel is. Hulle het dié denkpatrone en lewenswyse geïnternaliseer, verabsoluteer en afgodies aangehang. Dit sluit nou hul denke af vir werk- like alternatiewe.

Die kritieke maatstaf of ver- by apartheid beweeg word, is die afskaffing vanrasse-klassi- fikasie. As daar net mense, bur-

gers in Suid-Afrika is, is apart- heid uitgeskakel. Dan sou ons 'n

grondslag hê óm probleme op te los.

Die apartheid-gestruktureer- de denke sal vra: "Maar wat van die veiligheid en regte van die sogenaamde minderheids- groepe?" Die antwoord is dat die belange wat deur apartheid op verskillende groepe afge- dwing word en wat basiese bot- sings veroorsaak, afgeskaf sal wees. Daar sal mense wees wat 'n nuwe samelewing bou. Die eenheid en samewerking tussen mense is sterker as enige ver- skil, of dit nou etnies of ideolo- gies van aard is.

Sal daar nog stryd en botsing wees? Natuurlik, maar daar is 'n groot verskil tussen die ba- kleiery van twee bemindes in 'n huwelik en dié van twee soldate in opponerende leërs.

Die apartheidspresident be- geer, volgens sy retoriek en be- perkte apartheidshervorming, politieke, sosiale en ekonomiese versoening tussen swart en wit.

Nee, daar sal nie eens sprake van 'n huwelik wees sonder be- hoorlike liefdestoenadering nie.

En politieke hofmakery bete- ken vertroue (die vrylating van politieke gevangenes en die op- heffing van die verbod op swart organisasies), aanvaarding (die' kansellering van rasse-klassifi- kasie en alle diskriminerende wetgewing), liefde (egte gesa- mentlike mag en rykdom) en vryheid om /liens te wees (die.

opheffing van noodmaatreëls en outoritêre veilig heidsmaat-.

reëls).

Is dit moontlik in Suid-Afri- ka? Net as ons ons naaste soos onsself liefhet en natuurlik God, die Gewer van lewe, ge- regtigheid en liefde, bo alles bemin.

Referensi

Dokumen terkait

’n Mens het weliswaar hier met ’n argument uit die Fisika te maak om lewe te verduidelik, maar die waarde hiervan is nie soseer om die onbepaalbaarheid van die grens tussen lewe en

So dryf die verteller die kontras tussen die koning en Daniël verder: Nebukadnesar sien ’n droom wat hom ontstel, omdat dit ’n openbaring van God is, maar hy moet rondsoek na die

Die bene van al die ander manne wat daar geval het, is gekry en daar begrawe." Volgens Steenkamp, bet bulle die nag voor die geveg naby die Vhlatuzirivier geslaap.. Vroeg, v~or

Teen die agtergrond van die veroordeling van bogenoemde kenmerke van die Boere se mi- litere stelsel en organisasie moet 'n groot deel van die inhoud van hierdie dagboek ge- sien word..

Die essensie van die digter se intertekstuele spel met die narreskip, word soos volg in die slotvers verwoord: In dié boekhou van die kwaad wat weinig verskil van vroeë vergrype—boos

Die verskil tussen Breytenbach en Mandelstam is dat Afrikaanse lesers smag na nuwe Breyten- bach verse, maar dat die digter weier om te publiseer.. Skryf, skryf hy nog wel deeglik, en

En terwyl ek op hierdie punt is, ’n fototjie of twee sou ook baie gehelp het om die boek net meer lesersvriendelik te kry.. 35 is daar byvoorbeeld ’n lang beskrywing van een van die

Verwar- rend genoeg is daar nie noodwendig ’n kor- relasie tussen die hoofstuktitel en die foka- lisator nie, selfs nie eens tussen die hoof- stuktitel en ’n belangrike karakter in