• Tidak ada hasil yang ditemukan

Beskrywing van taksonomiese kenmerke van die sklerietstrukture in die haptor van ‘n Paradiplozoon sp. op Labeo umbratus in die Vaaldam

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Beskrywing van taksonomiese kenmerke van die sklerietstrukture in die haptor van ‘n Paradiplozoon sp. op Labeo umbratus in die Vaaldam"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v31i1.345 Referaatopsomming

Beskrywing van taksonomiese kenmerke van die sklerietstrukture in die haptor van ‘n Paradiplozoon sp.

op Labeo umbratus in die Vaaldam

Authors:

Quinton Dos Santos1 Annemarie Avenant- Oldewage1 Affiliations:

1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa

Correspondence to:

Quinton Dos Santos Email:

[email protected] Postal address:

PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa How to cite this abstract:

Dos Santos, Q. &

Avenant-Oldewag, A., 2012, ‘Beskrywing van taksonomiese kenmerke van die sklerietstrukture in die haptor van ‘n Paradiplozoon sp. op Labeo umbratus in die Vaaldam’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art.

#345, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v31i1.345 Note:

This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Page 1 of 1

© 2012. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Taxonomical description of the sclerite structures in the haptor of the Paradiplozoon sp. on Labeo umbratus in the Vaal Dam. The sclerite structures of the diplozoids from the gills of L. umbratus in the Vaal Dam were studied. This was done with Glycerine Ammonium Picrate (GAP), Hörens se Trichrome and Scanning electron microscopy. After comparing the results with known species, it was confirmed that this is an undescribed species of Paradiplozoon.

Slegs ‘n handvol verteenwoordigers van die familie Diplozoidae is al in Afrika beskryf, waarvan Diplozoon ghanense in Alestes spp. (Ghana) en D. aegyptienses in Labeo forskalii (Egipte Albertmeer), L. cubie (in Ghana), L. victorianus (in Kenia), L. cyclindricus (Tanzanië) en Barilius locati (in Uganda) voorbeelde is. Dus was die doel van die studie om die parasiet wat op die kieue van Labeo umbratus in die Vaaldam, Suid-Afrika, voorkom te beskryf en identifiseer. Om hierdie doelwit te bereik was dit nodig om die sklerietstrukture van die klampe en larwale hakies in die haptor van die onbekende parasiete te bestudeer. Labeo umbratus was rondom UJ Eiland, in die Vaaldam, versamel deur gebruik te maak van kieunette, waarna die parasiete van die kieue verwyder was en met glysirien ammonium pikraat (GAP) of Hören se trichroom gekleur was.

Ander indiwidue is voorberei vir skandeer-elektronmikroskopie (SEM) analiese deur dit met heksametieldisilisaan te dehidreer, daarna met goud op te damp en met ‘n JEOL-JSM 5600 SEM te bestudeer. Die gekleurde eksemplare was met ‘n ligmikroskoop bestudeer, geteken en met behulp van ‘n tekenbuis en fotomikrograwe was geneem. Die eindproduk was ‘n diagram van die sklerietstrukture van die derde klamp sowel as die larvale hakie wat binne-in die haptor geleë is. Die volgende inligting was ook tydens die studie versamel in terme van morfologie:

• die grootte van die derde klamp (0.10 mm – 0.14 mm x 0.12 mm – 0.17 mm)

• die lengte van die haak handvatsel (0.035 mm – 0.044 mm)

• die lengte van die haak anker (0.017 mm – 0.021 mm)

• die feit dat die klampe op prominente steeltjies gedra word.

Die anterior end van die mediaanskleriet is trapesium-vormig en aan die klamp kake geheg deur

‘n enkele skleriet. Dit was ook waargeneem dat ‘n koppie-vormige middelposteriordeel van die liggaam afwesig is en dat daar net twee dele, met gelyke aantal voue dorsaal en ventraal, in die posterior deel van die liggaam voorgekom het. Die bevindings is vergelyk met die van voorheen beskryfde spesies en die gevolgtrekking is dat die parasiet waarskynlik ‘n onbeskryfde spesie van die genus Paradiplozoon is.

Referensi

Dokumen terkait

Voorbeelde van sulke kritiek: • kritiek op ’n kerklike liturgie waarin vandag se mense nie meer hulle geloof kan uitdruk nie • kritiek op ’n kerk wat die tradisie, konfessie en Bybel

Dit moet in gedagte gehou word dat afsondering, onder uiterste klimaatsomstandighede, van 'n klein groepie spesialiste elkeen op sy eie gebied besondere hoe eise aan die mens stel.. Die

Die reg op selfbeskikking van bevolkingsgroepe word naas die gelykheid van alle volke – grotes en kleines – in die Handves van die VVO vermeld.14 Dit beklee ’n prominente plek in die

Sommige vorige studies het gevind dat die bewerking van grond ‘n positiewe invloed op populasies van beide mikroörganismes asook mikrofauna teweeg gebring het.. Verder is bevind dat

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.833 Referaatopsomming Die invloed van saadbehandelings op die aktiwiteite van α-amilase, lipoksigenase en peroksidase tydens die

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1017 Referaatopsomming Toeganklikheid van die skool in jou omgewing: ’n Konflik tussen ligging en kwaliteit, met die klem op Gauteng

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.848 Referaatopsomming Histologie as ’n biomerker om die effek van besoedeling op twee visspesies in die Hartbeespoortdam te bestudeer:

Lidmate se opvatting oor die buisbesoek word deur die volgende gegewens duidelik gemaak: Op die stelling: Van predikante kan nie verwag word om huisbesoek by aile huisgesinne te doen