• Tidak ada hasil yang ditemukan

Boekbesprekings / Book Reviews

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Boekbesprekings / Book Reviews"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Boekbesprekings / Book Reviews

Rootmensen, Bernard 1998 - Waar het op aankomt. Een werkboek bij het begin van een nieuwe eeuw en een nieuwe millenium

Meinema: Zoetermeer. 205 bladsye. Prys: onbekend

Resensent: Dr Johan Buitendag

lk geJoof in God de Vader, schepper van hemeJ en aarde, ruimteverschaffer aan mense, laatste geborgenheid van ons bestaan.

lk geloof in Jezus de Zoon, de betrouwbare Messias,

Mensenzoon die de goede richting wijst:

Hij is de weg, de waarheid en het leven.

Ik geloof in de Heilige Geest, die ons deel doet hebben aan het nieuwe messiaanse leven van geloof, hoop en liefde.

Ik geloof in het Rijk van God, dat zich overal ter wereld aandient waar mensen zich oefenen in een grondhouding van recht doen, getrouwheid liefhebben en ootmoedig wandeJen met God.

lk geloof dat wij zo op weg zijn

naar een nieuwe hemel en een nieuwe aarde, waar gerechtigheid woont.

In gebed, in het doen van recht onder de mensen en het wachten op Gods tijd,

houden we deur naar die toekomst open, totdat God alles zal zijn en in alien.

Hierdie is nogal 'n nie te onaardige hedendaagse (lees: postmoderne) weergawe van die Aposto- liese Geloofsbelydenis nie. Dit is die persoonlike geloofsneerslag van Bemard Rootmensen, studente- predikant in Amsterdam en outeur van bogenoemde werk, waaraan hy wil vashou met die rnillenium- wisseling. Die tyd waarin ons leef, is inderdaad tyd van verandering en onsekerheid en daarom hierdie koers wat hy probeer aandui. Ons situasie kan nogal vergelyk word - aldus die Rootmensen - met die van

HTS 56 (2&3) 2000 849

Digitised by the University of Pretoria, Library Services

(2)

Boekbesprekings / Book Reviews

die Bybelse Babiloniese ballingskap. Ook toe was daar groot veranderings in die uiterlike lewensom- standighede en dus 'n dringende appel tot grondige herorientasie op die terrein van geloof en spiritualiteit.

Die skrywer weef sy gedagtes heg binne 'n matriks van horisontale en vertikale lyne. Dit begin met bepaalde uitdagings wat hy identifiseer en eindig met sekere riglyne. Hiertussen word aan die hand van sekere Bybelse mode lie koers gevind. Die driefase /IIaat kan in sy gedagtegang verwoord word as:

Waarmee is ons besig? Dit is 'n vraag Ita die analise van ons Iyd en kultuur.

Waarom gaan dit werklik? Dit is weer die vraag na die geloofstradisie.

Waarop kom dit alles neer? Dit is die kulminasiepunt vir die toekoms en ons gepaardgaande verantwoordelikheid.

Die titel van die boek, Waar het op aankomt, sinspeel dan reeds op 'n bepaalde konsentrasie op die wesenlike. Maar hierdie konsentrasie is nie 'n soort van kwantitatiewe reduksie na 'n soort van gemene deler nie, maar 'n kwalitatiewe fokus op die eintlike. Ek het nogal gehou van 'n paar van sy stellings waar- mee hy die beheptheid van die hedendaagse mens tipeer: te veel syfers en te min woorde, te veel feite en te min verhale, te veel keuse en te min onderskeiding, te veel lawaai en te min stilte, te veel pluraliteit en te min samehang, te veel illusies en te min visioene en ander. Uiteindelik gaan dit om die punt dat mense eerder vir hulle welvaart omgee as vir hulIe welsyn. (Partykeer wonder mens net of die onderskeiding tussen die moderne en die postmoderne mens duidelik genoeg na yore kom.)

Wie die skrywer se persoonlike geIoofsbelydenis hierbo weergegee aandagtig deurlees, sal Bybelse modelIe hierin raaksien: Matteus, Johannes, Paulus, Amos en dan ook in die laaste strofe, Bonhoeffer se bid, geregtigheid doen en op God wag. Dit voItooi die raster in sy denke om by die fokus uit te kom waar "alles op neerkom".

Die boek is tog boeiend geskryf (die ooraksentuering van die struktuur pIa wel) en kan inderdaad as besprekingsmateriaal dien (soos dit trouens aanbeveel word), maar sou myns insiens eerder vir die teo- loog of minstens die baie ernstige leek, stof tot nadenke gee.

Ek is nie daarvan oortuig dat die outeur 'n bepaalde sisteemdwang ontkom nie. Die aantreklikheid van die getal drie (sien sy ge'identifiseerde Bybelse modelle hierbo) het hom dalk bietjie verblind. Nou gebeur dit in sy gekonsipieerde matriks dat byvoorbeeld die "doen van geregtigheid" op verskillende vlakke funksioneer. Die skrywer gee weliswaar persoonlike voorrang telkens aan elk van die drie begrippe, maar dan is die vraag natuurlik waarom die lang pad geloop word terwyl persoonlike keuses tog maar die finale fokus vonn? Eintlik is die resultaat (van persoonlike keuses) ook vanselfsprekend, maar die pretensie van Bybelse sistematiek is dan onbilIik.

Die mode lIe word "apriories" aangebied, maar is in der waarheid "aposterioriese" illustrasie van die skrywer se persoonlike insig. Om bogenoemde trias uit Bonhoeffer se gedagtegang uit te haal (terwyl die "wag op God" eers later - en boonop terloops - bygekom het!) is om te forseer. Dieselfde kritiek sal geld vir Triniteit ("Drievuldigheid", volgens die skrywer) wat hy van Matteus ontIeen. 'n Praktiese voor- beeld van hierdie subtiele aposterioriese benadering is dat die persoonlike geloofsbelydenis totaal antropo- sentristies is en word sy stelIing 5 (van die 30 wat hy maak) oor die bedreiging van God se goeie skepping tussen hakies geplaas.

Kom ek probeer my geheel-indruk met 'n beeld saamvat: 'n heerlike dis word voortgesit, maar die maal word te veel v66r die gaste berei ...

850 HTS 56 (2&3) 2000

Digitised by the University of Pretoria, Library Services

Referensi

Dokumen terkait

BOEKBESPREKINGS/BOOK REVIEWS Memoirs of General Ben Bouwer Argiefbewaarplekke, kopieregbiblioteke en ander instansies wat historiese bronne bewaar is gewoonlik in die groter stede

Russiese sienswyses oor die Britse troepe is uitgespreek deur die Russiese militere attache by die Britse magte in Suid-Afrika, It kol Stakho- vich en ander ivm die militere beplanning,

Genl Cronje het, op die aand van 15 Feb 1900, sy posisies by Magersfontein begin ontruim met die bedoeling om sy burgers tussen lord Roberts se troepe en die Vrystaatse hoofstad te

Hierdie feit was tot nog toe nie deur die VSA se militere leiers besef nie, moontlik as gevolg van die feit dat dit gebasseer word op vryheid van denke en dus indruis op geykte militere

Die skrywer meen dat die lewe van Andries Pretorius soveel wetenswaardighede bevat dat daar 'n driedelige werk oar geskryf kan word, een deel oar elkeen van bogenoemde periodes.. En hy

Die persoonlike karakter van gedifferensieerde onderwys bring ook mee dat daar in die breë, maar tog baie definitief, tussen studierigtinge vir seuns en dogters onderskei word.. Daar is

Die vraag hoekom professor Brooke slegs hierdie aspek van die Middeleeuse geskiedenis onder die soeklig plaas, sal vir diegene wat reeds met die groot werk, The Flowering of the Middle

Guttsman hied sewe hoofstukke aan, t w industrialisasie en die toetrede van die Duitse arbeiderskIas tot die politiek waarin bulle as onvrye tweedeklasburgers gereken en behandel is,