• Tidak ada hasil yang ditemukan

Clarks Tuinsentrum vier 17de verjaarsdag

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Clarks Tuinsentrum vier 17de verjaarsdag"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

www. .co.za

Lees ons & adverteer AANLYN

Clarks Kwekery het sy deure die eerste keer 41 jaar gelede oopgemaak met oom Mar� n en tannie Connie Clark aan die stuur. Op 15 Julie vier Clarks Tuinsentrum hul 17de verjaarsdag onder die bestuur van eienares, Susarie Laubscher. Saam met haar op die foto is die bestuurder van die sentrum,

Carina Greyling. Hulle nooi almal uit om die dag saam met hulle te vier en ook van die baie spesiale aanbiedinge by die sentrum gebruik te maak. Lees meer oor die verjaarsdagvieringe op Bl 2.

Clarks Tuinsentrum vier 17 de

verjaarsdag 15 JULIE 2022

Gestig 1955

H/v Transvaal- en Dr. Nelson Mandelarylaan

Posbus 2000, Lichtenburg 2740

Epos: mailbag@

noordwester.co.za Tel: 018 632 6038 Faks: 018 632 4222

R2-00

VAT INCL

‘n Inwoner van Le Rouxweg in Lichtenburg het die afgelope week besluit genoeg is genoeg en saam met

‘n werker die straat se slaggate voor sy en sy bure se huise herstel. Daan Oosthuizen is ‘n voorbeeld vir ander inwoners aangesien dit blykbaar al uitweg gaan wees om slaggate in ons dorp uit te wis – elkeen sal verantwoordelikheid daarvoor in sy eie straat moet aanvaar , want die munisipaliteit is blykbaar nie in staat om dit te herstel nie.

Doen dit self ons voorland

Boere deel hul menings

oor oeste

– bl 3

(2)

Lede van die Mev.

Lichtenburg Elegant Organisasie het onlangs handgemaakte kouse aan bejaardes van die SAVF Lichthuis in Lichtenburg uitgedeel. Die bejaardes was baie bly vir die snoesige bederfies.

Op die foto tydens die geleentheid was Marizaan Henning, Elizé Craukamp en Nadi Duvenage van die organisasie.

Kouse

vir bejaardes

Clarks vier 17 de verjaarsdag

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Clarks Tuinsentrum is die afgelope 17 jaar onder eienaarskap van Susari Laubsher en het verskeie hoogtepunte in dié tyd beleef.

Die vriende en familie van Frieda Pieterse wens haar baie geluk met haar tagtigste verjaarsdag wat op 13 Julie 2022 gevier is.

Goeie gesondheid en nog baie jare gespaar word haar toegebid.

Geluk met 80 ste

verjaarsdag

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die publiek word daaraan herinner dat die NG Welsyn oor ‘n tweedehandse klerebank beskik wat klere in voorraad het wat in baie goeie toestand is en teen minimum bedrae te koop aangebied word.

Enige oorbodige items soos klere, meubels, gordyne, breekware ensomeer is welkom en kan by die kantoor afgegee word.

Die fondse wat daarmee ge-in word, word aangewend vir sielkundige en ander terapeutiese dienste, hoofsaaklik vir kinders (NG Welsyn Kinderfonds). Ondersteun hulle gerus.

Vir meer inligting, skakel vir Ronel by 018- 6324347.

Ondersteun die NG Welsyn

Klerebank

Die tuinsentrum word vier keer aangewys as die Beste Klein Tuinsentrum in Suid- Afrika deur SANA (South African Nursery Association).

Susari het sewentien jaar gelede die kwekery, toe reeds 24 jaaroud, van oom Martin en tannie Connie Clark gekoop en besluit om dit Clarks Tuinsentrum te herdoop.

Die juweel in Bantjestraat, Lichtenburg beskik oor ‘n wye reeks struike, bome,

meerjariges, eenjariges, groente, kruie en vrugtebome. Die sentrum bied die publiek

‘n ware lushof van kleure en pragtige tuinornamente. ‘n Baie bekwame bloemiste met die mooiste vars blomme word ook op die perseel gehuisves.

Op 15 en 16 Julie vier Clarks hul verjaarsdag

en nooi kliënte uit om dié feestelike dae saam

met hul te geniet en gebruik te maak van die

vele spesiale aanbiedings wat ter viering van

hul verjaarsdag geld.

(3)

NOORDWESTER

15 JULY 2022 BLADSY 3

Pieter Gouws van die plase Weltevrede en Hanover in die Mareetsane-distrik: “Ons het ongeveer 980 mm reën vir die seisoen gehad. As gevolg van hewige stortbuie het ons amper 4000 pante per hektaar verloor. Mielieplante was baie geel toe dit klein was maar ons kon dit vinnig

regstel met topbemesting. Gradering lyk sover goed, maar enkele vragte het graad twee en drie gradeer.

Die nat lande is ‘n frustrasie tydens die stroopproses en vertraag dit baie. Die voordeel is egter dat daar goeie ondervog vir die nuwe seisoen is. Wat sonneblom aanbetref, het die reën plek-plek skade veroorsaak maar

opbrengs op ander lande was weer goed. My opbrengs en gradering was verseker swakker as verlede jaar, veral

met die grondbone. Ek is nog besig met die mielie-oes maar dit lyk of ek verseker ‘n ton minder mielies as

verlede jaar sal oes.”

Louis Wessels van die plaas Vryhof in die Mareetsane-distrik:

“Die baie reën het beslis die stroopproses vertraag.

Baie boere in ons omgewing het vasgeval in die lande en die laat sonneblom- en mielies is nog te nat om

te stroop. Die sonneblom wat ek einde Desember geplant het, het beter gedoen as verlede jaar sin en ek het bitter min Sclerotinia (plantfungus) op hulle gekry.

Die sonneblom wat ek einde Januarie eers kon plant se opbrengs was baie swak en sclerotinia baie meer.

Ons het die week eers mielies begin stroop en dit lyk op die oog af of die graad sal wissel tussen ‘n een en twee. Mielieopbrengs lyk beter as verlede jaar maar die sonneblom- en grondbone-oeste was swakker as gevolg van die baie reën. Ons kla nie, met nat grond

kan ‘n mens meer doen as met droë grond.”

André Strydom van die plaas Rietvallei in die Ventersdorp-distrik: “Slegs 10% graad twee mielies geoes in vlei-gedeeltes. Ons het geen reënskade gehad

nie want ons het vroeg geplant. Tonne per hektaar is plus minus dieselfde as verlede jaar.

Paul du Plessis van die plaas Rietkuil in die Ottosdal-distrik: “Met die baie reën in die begin van die seisoen het graan baie vergeel. Heelwat boere het skade gely. Met die reën later in die seisoen sukkel boere om gestroop

te kry omdat graan nie wil afdroog nie en met stropers wat vasval.

Groot dele is heeltemal onbegaanbaar en moet met die hand geoes word.

Sonneblom loop erg deur onder Sclerotinia die jaar. Boere het op plekke groot verlies aan oeste as gevolg van die probleem.

Plekke waar dit minder gereën het, het boere beter gedoen. Mielies het

a.g.v. die baie reën, baie probleme met graad.

Eerste graad is in die minderheid terwyl 2de en 3de graad volop voorkom.

Terwyl die reën vir baie boere hoop gebring het, is dit ‘n uitdagende seisoen. Sommige plekke

het rekordoeste, maar ander is minder gelukkig.

Graad, nat lande en moeilik begaanbare paaie

maak dit ‘n uitdaging om graan te lewer die jaar.

Met stygende pryse van diesel, kunsmis en saad, asook die invloed van die oorlog in Okraïne maak die

uitdagings om vandag te boer net soveel meer.”

Boere gee

menings oor oeste

NOORDWESTER – LICHTENBURG – On 3 July

the Itsoseng Police visited two churches in Itsoseng - the Episcopal Church and the Methodist Church in Africa.

Warrant Officer Lebogang Mokgothu explained the domestic violence Act 1998 regulations and the procedure to be followed in cases of domerstic violence.

Domestic relation are when you are, or were married to each other in terms of any law - custom or religious. He said the parents of a child share the responsibility for a child and explained physical abuse.

He encouraged children to attend school and not to visit taverns, especially during the night.

The two priests appreciated the good work that the Itsoseng Police do in the community.

Itsoseng Police Warrant officer, Lebogang Mokgothu with the two priests and other members of the two churches he visited.

Warrant Officer Legogang Mokgothu during his visit to the two churches in Itsoseng.

Awareness Day at

churches

(4)

Baie by pret by GROOT-MARICO VLU-speletjiesdag

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kinders van die Marico-kontrei het ‘n dag van pret en speel beleef soos wat ouma en oupa dit in die verlede geniet het tydens die Groot-Marico VLU-speletjiesdag.

Die lyfies is eers opgewarm met strek -en rekoefeninge met die hulp van een van die lede, Sarie van Staden - en toe is daar gespeel!

Die gelag en geskree van kinderstemmetjies kon kilometers ver gehoor word. Bok-in-die- hok was die ysbreker. Daarna het vroteier,

aartappelresies, sakresies, driebeenresies en wolf-wolf-hoe-laat-is-dit, gevolg. Tussen-in is die innerlike versterk, want die energievlakke moes hoog bly. Tyd het gevlieg met al die opwinding, maar alles was die moeite werd.

Kinders is gelukkig, tevrede en moeg huis toe.

Kinders van die Marico kontrei het die speletjies van ouds baie geniet tydens die Groot-Marico VLU-peletjiesdag wat onlangs daar aangebied is.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Hoe lyk dit? Wil jy R10 000 ryker wees? Dis baie moontlik. Die belangrikste vereiste is dat jy enige tyd sedert 1 Januarie 2020 – 30 Junie 2022 getroud is.

Indien ons lesers jou troufoto kies as die wenner van ons Troukiekie-kompetisie, wen jy R10 000 kontant. Die enigste vangplek is dat jy steeds getroud moet wees teen die einde van die kompetisie om vir die prys in aanmerking te kom. ‘n Inskrywing, wat ‘n enkele foto is, kos R66,00 (btw ingesluit). Jy mag egter soveel keer as wat jy wil inskryf.

Onthou ook dat jy by slegs een van die Noordwes Koerantgroep se koerante mag inskryf. Hulle is Rustenburg Herald, Brits Pos, Mahikeng Mail, Noordwester, Klerksdorp Record, Stellalander en Gemsbok. Ook belangrik:

Jy moet binne die fisiese verspreidingsgebied van die koerant waar jy inskryf woon, werk of jy moes in daardie gebied getrou het.

Inskrywings sluit 31 Augustus en daarna sal lesers op ons webblad, asook op Facebook hul gunstelinge kan kies. Voltooi die inskrywing wat in die koerant verskyn, of gaan na http://www.

northwestnewspapers.co.za/ vir meer inligting.

Skryf nou in vir ons Troukiekie-

kompetisie

Hierdie voël is sekerlik bekend aan meeste Suid-Afrikaners en die wyse waarop hy of sy “biltong” maak van prooi deur dit aan ‘n doringtak of draad vas te speld. Hulle kom oor die hele land voor en vreet meestal insekte maar ook diertjies soos knaagdiere, klein reptiele en selfs ander voëltjies. Engelssprekendes verwys in die omgangstaal dikwels na die spesie as “Jacky Hangman”

weens die wyse waarop hy sy kos uithang om droog te word.

Fokus op

Fiskaallaksman

(5)

NOORDWESTER

15 JULIE 2022 BLADSY 5

NOORDWESTER – LICHTENBURG – ‘n Uitsonderlike goeie landbouproduksie- en kommoditeitspryssiklus, tesame met die ontsluiting van sinergieë wat voortvloei uit onlangse samesmeltingstransaksies en die herorganisasie van die groep, het tot rekordresultate vir die finansiële jaar aanleiding gegee.

Senwes herskryf die

geskiedenis met rekordresultate

Die finansiële resultate van die Senwes Groep reflekteer

‘n 45,8% verhoging in omset na R10,88 miljard (2021:

R7,46 miljard) terwyl die operasionele wins van R1,06 miljard verhoog het met 30.9% vanaf die vorige jaar se R810 miljoen.

‘n Wins toeskryfbaar aan normale ekwiteitshouers van R601 miljoen is afgelewer, wat ‘n verhoging van 19,2% verteenwoordig vergeleke met R504 miljoen in die vorige jaar. “Die votaliteit wat na die Covid-19 pandemie gevolg het, het die wyse waarop alle besighede hul bestaan en besigheidsmodelle oorweeg, verander.

Daarbenewens het die Russiese inval in Oekraïne ‘n globale effek op kommoditeitsprysbewegings gehad, en is dit duidelik dat ons aanpasbaar en meer innoverend sal moet wees ten einde by ‘n snel- en deurlopend- veranderende besigheidswêreld aan te pas,” sê Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte.

Hy voeg by dat die groep se stabiele finansiële prestasie afhanklik is van Senwes se aanpasbaarheid en herskeppingsvermoë ten einde aan die toekomstige behoeftes van sy diverse klantebasis te kan voldoen.

“Deur ons toekoms as landboubesigheid te herbedink, het ons nie net ons verbintenis tot relevansie, innovering en waardeskepping herbevestig nie, maar ook ons belanghebbendes in staat gestel om hul eie besigheidspotensiaal te herbedink en uiteindelik te herrontwerp.” Ander finansiële hoogtepunte sluit in die

verklaring van ‘n finale dividend van 34 sent per aandeel (2021: 32 sent per aandeel) en ‘n spesiale dividend van 56 sent per aandeel (2021: 26 sent per aandeel). Die netto batewaarde van die groep het na R19,48 per aandeel (2021: R17,07 per aandeel) verhoog. Genormaliseerde wesensverdienste per aandeel van 398,2 sent is afgelewer, wat 62,9% hoër is as die 244,4 sent per aandeel in die vorige jaar.

Die groep se Finansiële Dienste-segment reflekteer

‘n wins voor belasting van R153 miljoen – ‘n 4,8%

verbetering op die vorige jaar se prestasie. Die Insetverskaffingssegment het met 51,3% gegroei met

‘n wins voor belasting van R481 miljoen wat behaal is.

Wat betref die Marktoegangssegment, is ‘n 52,6% groei aangeteken, wat beteken dat ‘n wins voor belasting van R325 miljoen afgelewer is.

‘n Afname in wins voor belasting van 24,1% na R101 miljoen word gereflekteer vir die Verwerkings-, kondisionerings- en marksegment. “Bo-normale grondvogvlakke, hoër winter-graanaanplantings en ‘n groter neiging na sojaboonproduksie word verwag, wat ‘n beter belans van die kommoditeitsboek as in die verlede tot gevolg behoort te hê. Selfs met buitensporige verhogings in produksiekoste, word verwag dat die vertrouensindeks van landbou en hektare onder verbouing hoog sal bly vir die komende seisoen,” sê Senwes Groep Hoof Finnansiële Beampte, Corné Kruger.

Community Engagement was huge success

NOORDWESTER – LICHTENBURG – As part of the Community Engagement Plan, Lichtenburg SAPS and the Community Police Forum took on the streets of Lichtenburg in raising awareness about issues relating to card scamming, kid safety tips (kidnapping and human trafficking) and gender based violence.

As an identified hotspot, the Lichtenburg park area is known for card and bag snatching incidents. Members of the community were approached and engaged with those alarming issues.

In addition, pamphlets relating to the crime stop numbers, human trafficking and GBV were distributed to the public.

The response to the approach was astounding as people begun to engage with SAPS’ personnel, Sergeant Mohitlheng about real life cases they have encountered an to seek advice on how to report cases timeously. In the end, the goal of educating members of the community about public safety was reached.

Sgt. Mohitleng explaining the pamphlets to children.

Sgt. Mohitleng and mr. Setlhare during the awareness campaign.

(6)

Alombekende Essop byna 90 jaaroud

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Min mense in Lichtenburg en omgewing ken nie vir Essop Kaka nie. Hy is al die jare verbonde aan Mohamed’s, bekende klere-, bed- en elektriese toebehore winkel in Lichtenburg.

Die Noordwester het bietjie nader gaan kennis maak met die interessante karakter. Hy is in 1934 in Lichtenburg gebore en een van sestien kinders.

Van die sestien is nou net drie broers en een suster oor. Essop word op 3 Maart 2023, negentig jaaroud.

Sy gesondheid is nog goed en hy gebruik slegs ‘n waterpil, sê hy. “My bene is stadig, my oë nog goed, ek dra geen bril en bestuur nog self. My gehoor is bietjie swak. My gesondheidsgeheim is dat ek elke oggend een lepel heuning en ‘n halwe teelepel olyfolie drink – dit is die afgelope twintig jaar my geseënde middels,” vertel hy.

Hy is 55 jaar getroud met Miriam Dadabay wat net so oud is soos hy en uit die huwelik is drie kinders, 12 kleinkinders en een agterkleinkind gebore.

Mohamed’s is in 1925 deur Essop se pa, Mohammed begin en was in Gerrit Maritzstraat 53 geleë. “Ons het aan die begin ook kruideniersware aangehou omdat daar geen koswinkel in Lichtenburg was nie.

Boere het botter en eiers geruil vir kruideniersware.

Later in die sewentigs het die winkel net konsentreer op mans- en damesklere, elektriese toebehore en beddens.

“Ek het altyd in die mansafdeling gewerk en onthou dat die besigheid floreer het omdat boere goeie oeste gehad het. Die besigheid het jaarrekenings aan boere verskaf en geen rente daarop gevra nie. Ek onthou

dat n paar Grasshopper skoene R16,00 gekos het en kort- en langbroeke tussen R8,00 en R15,00 elk. Mohamed’s het goeie ondersteuning van boere gekry en die besigheid was bekend vir eerlike en vriendelike kliëntediens. My pa het het nie daaraan geglo om mense uit te buit nie en selfs in 1939 tydens die oorlog toe suiker en meel skaars was, moeite gedoen om dit steeds teen die normale prys te verkoop.” “My pa is in 1967 oorlede en toe het my broer Hammed die winkel tot 1994 bestuur. Daarna het sy seun, Bhay Mohammed’s oorgeneem tot hy onlangs te sterwe gekom, en sy seun, Saad by hom oorgeneem het. Daar is geen sprake dat Mohamed’s gaan sluit, soos gerugte dit wil hê nie en word nou slegs bedryf as Bed Fluff t/a SSRK Trading,” sê hy.

Essop het reeds lankal afgetree maar gaan steeds elke dag winkel toe omdat hy die interaksie met die kliënte geniet en wil besig bly. Hy sê die suksesresep van Mohamed’s was altyd wedersydse respek tussen werknemers en kliënte. “Ek glo dat alles wat ons is en het alleenlik van God kom. Ek is lief vir tuinwerk en spandeer graag tyd tussen my rose en Inka-lelies.

My vrugteboord verskaf ook baie plesier.”

Essop se beste karakter-eienskap is dat hy nooit

‘n skewe woord aan sy medemens uiter nie en hy wens die gemeenskap van Lichtenburg en omgewing goeie gesondheid en ‘n geseënde lewe toe.

Essop Kaka, soos mense hom ken in die Mohamed’s winkel, besig om kliënte te help om die regte nommer broek of hemp te kry. Kliënte sien hom ook agter sy lessenaar sit vanwaar hy sy hulp aanbied of sommer net ge- selsies met hulle aanknoop.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die blokraai-wenner van 1/7 was R. Pretorius

van Elandsfontein, Lichtenburg.

Die wenner van Sudoku #669 was Joey Coetzee van Kerkstraat,

Lichtenburg.

Baie geluk! Haal asb. u pryse by die Noordwester se kantoor in Transvaalstraat af met

identifikasie van uself.

Moenie vergeet dat ons kantore op ‘n Vrydag om

12:00 sluit nie!

gelukkige Die wenner

is…

(7)

NOORDWESTER

15 JULIE 2022 BLADSY 7

(8)

Die eerstespan krieketmanne van Hoërskool Lichtenburg het twee wedstryde gespeel tydens die vakansie en albei gewen. Die eerste wedstryd was teen

Menlopark en die Liggies wen met nege paaltjies. Die beste bouler was Tiaan Crowther met ses beurte, agt lopies en oes drie paaltjies.

Die beste kolwer was Chrisjan Lombard met 45 lopies van 60 balle. Tydens

Krieket is kerngesond

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Honderde mense lees weekliks die Noordwester

op Whatsapp. Indien jy egter sukkel om die skakel wat jy ontvang, oop te maak, stuur asseblief ‘n epos na [email protected] met jou besonderhede, asook jou telefoonnommer.

Whatsapp PDF:

Sê ons as jy sukkel

die ander wedstryd het Hoërskool Lichtenburg teen Waterkloof gespeel en dié wedstryd met 62 lopies gewen.

Die beste bouler was Tiaan Crowther

met 10 beurte, 29 lopies en ses

paaltjies op sy kerfstok. Die beste

kolwer tydens die wedstryd was Phillip

Weyers met 50 lopies van 60 balle.

(9)

NOORDWESTER

15 JULIE 2022 BLADSY 9

Wenke vir Geklassifi seerde

Advertensies

1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.

2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.

3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.

4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.

5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27

“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.

6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.

WARNING

ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:

• Loans and fi nancing

• Hire purchase problems / Transfer of installments

• Business opportunities

• Investments

• The fi lling of envelopes

• Work at home

• Earn extra money

• Business propositions

• Part-time work PROHIBITED:

Use of the following words in abovementioned

advertisements are prohibited:

*No Credit Checks required

*Blacklisted clients welcome

*Free Credit etc.

MUST contain the following information in

the advertisement:

Telephone number Street address Name of person and/or

business.

These are the requirements and NO exceptions will be made.

All advertisements are placed with the approval

of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.

However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they

are doing business.

** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.

** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.

23

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

20 DIERE ANIMALS

15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE

14A

BESIGHEIDSPERSELE TE HUUR BUSINESS PREMISES TO LET

14 BESIGHEDE TE KOOP BUSINESSES FOR SALE

10 HUISE TE KOOP HOUSES FOR SALE

8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION

8

ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE

6

WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET

3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED

1 PERSOONLIK

PERSONAL

SIELKUNDIGE Berader/Psy- chological Counsellor. Call Nay- lin Coombe on 0725950835 or email naylincoombe@gmail.

com

--- Website 15/7

MARGARET is looking for do- mestic work. Monday to Friday.

Call 063 517 9134.

--- 81903 8/7-15/7 RONALD soek tuin en verfwerk.

Maandag + Woensdag. Skakel 063 743 7069.

--- 81902 8/7-15/7 LERATO want work. Domestic work or in retail stores. Call 079 292 4653.

--- 81919 15/7 MPHO is looking for domestic work or in retail stores. Call: 063 945 0960.

--- 81920 15/7 DITSEBO vra mooi vir huis en skoonmaak werk. Voltyds of de- eltyds. 063 842 9900.

--- 81922 15/7 MERIAM is op soek na huis en skoonmaak werk, voltyds of de- eltyds. 079 926 0657.

--- 81923 15/7 LIZZIE is op soek na huis en skoonmaak werk, betroubaar.

Voltyds/ deeltyds. 073 897 1587.

--- 81924 15/7

1 ROOM with own bathroom.

Water and electricity included.

Rental and Deposit R3 100.

Contact 073 333 3658.

---81930 17/7 A/C 1 X Bedroom, 1 x bathroom, openplan kitchen/lounge area, private courtyard with build-in braai, own carport, situated in a complex at the back of the De- partment of Social Dev building, water and electricity included.

Rental and deposit R4 700. Con- tact 073 333 3658.

---81931 17/7 A/C

STORAGE unit 6x3x3 (garage size) rental R900 per month + deposit R900. Contact 073 333 3658.

--- 81932 15/7 JUMPING Castles for Hire.

Rooigrond. We also do repairs.

Contact Laure 082 968 7632 --- Website 15/7 SCREENS for Presentations and Seminars for Hire. Data pro- jectors for Hire. Contact Laure 0829687632

--- Website 15/7 PAINTBALL GAMES AND Target SHOOTING. Gokart Rides and Pedal Karts. Book by Appointment. Contact Laure 0829687632.

--- Website 15/7 JUMPING Castles for Hire.

Rooigrond. We also do repairs.

Contact Laure 082 968 7632 --- Website 15/7 GO-KARTING and Paintballs.

Private and Team Building Situ- ated in Rooigrond. Book via Ap- pointments. Phil :0837508142 --- Website 15/7 JUMPING Castle & Waterslide te hire at Burgersdorp Tuisny- werheid, 31 Dr.Beyers Naudé Lichtenburg 0796939287 --- Website 15/7

LICHTENBURG Vakansie-oord.

Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen- sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.

Tel 018 632 5826. Sel 082 543 3326.

--- 80134 22/1-11/3/2023

HUISE te koop: Hennie Wille Es- tates 082 460 8376.

--- 81248 10/6-23/12

URGENT Sale Butchery, su- permarket, takeaway, ice cream business Owner relocating pH 0655290694.

--- Website 15/7

DUITSTE Herders hondjies te koop. Indien u belangstel, skakel 084 511 0237 of 084 588 2211.

--- 81888 1/7-22/7 SEKELBOS hout @ R25 /sak- kie. Skakel 082 660 3996.

--- 81879 1/7-29/7 WALL Unit for Lounge. 3x piece solid wood.. Good condition.

R7500 Neg. Contact Laure 0829687632

--- Website 15/7 PAINTBALL Gas canisters refills. Situated in Rooigrond.

Phoenix PAINTBALLS. Contact Phil 0829687632

--- Website 15/7

G & R Kombuise Inboukaste.

(Sedert 1994). Andries Mareestr.

6, Industriële gebied. Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamien- borde gesny volgens u mates --- 80089 15/1-26/12/2021 AC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en- om die huis. Sel. 073-224-6708 ---42788 10/9 AC/TC GRASDAKKE: Bou van nuwe lapa’s, oordekke, stop & kam.

Keer van inlekke, bou van klip- mure. Ruk nou jou grasdak reg gedurende die winter vir die somer se braaityd. Kontak: Solly 073 542 1019, 072 044 0419.

--- 81927 15/7 WENDY House. 2.4 x 2.4 = R4,900. 2.3 x 2.3 = R4,900. 3 x 3 = R6,500. 3 x4 = R7,200. 3 x 5 = R8,900. 3 x 6 = R9,500. 4 x 6 = R15,500. We do all sizes big or small, more information Whatsapp 079 135 8138, 072- 472-2067.

---51341 15/7-22/7 VIR ENIGE herstelwerk

&sweiswerk kontak 0722481732 Doen ook staalwerk. Hande staan vir niks verkeerd nie --- Website 15/7 VIR enige nutsman werk sweiswerk en herstel van elek- triese toerusting in/om die huis 0722481732

--- Website 15/7 BURGERSDORP Tuisnyw- erheid, 31Dr.Beyers Naudé Lichtenburg, 0796939287.Heer- like vars gebak, Platters, Ver- jaarsdag. Koeke, cupcakes en vele meer, Besoek ons gerus vir vriendelike diens.

--- Website 15/7

KENNISGEWING. Boedel Wyhle: Norma Chidrawi Identitei- tsnommer: 530518 0035 089. Laaste Adres: Pancroftstraat 46, De- lareyville, 2770. Oorlede: 18 Augustus 2021. Boedel Nr.: 1903/2022 (Mahikeng) Krediteure en Debiteure in bovermelde boedel word hier- mee versoek om hulle vordering in te lewer en hulle skulde te betaal by die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae gereken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing. HERMAN DU PLESSIS & SEUN PROKUREURS. GENERAAL DELAREYSTRAAT 28, POSBUS 23 DELAREYVILLE 2770

--- K1 15/7 NOTICE LOST or DESTROYED DEED. NOTICE is hereby given in terms of Regula tion 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of:- a certified copy of: Title Deed T13624/2017. - passed by: HERMANUS JOHANNES PIETERS Identity Number: 420508 5027 085 And GRIETA PETERS Iden- tity Number: 430729 0011 084 Married in community of property to each other - in favour of: THE TRUSTEES FROM TIME TO TIME OF THE MOLADORA TRUST Registration Number: I.T. 627/2000 - in respect of certain: PORTION 13 (A PORTION OF PORTION 4) OF THE FARM WAAGKRAAL 374 Registration Division I.O., North-West Province And REMAINING EXTENT OF PORTION 4 (A PORTION OF PORTION 3) OF THE FARM WAAGKRAAL 374 Registration Di- vision I.O., North-West Province And PORTION 14 (A PORTION OF PORTION 4) OF THE FARM WAAGKRAAL 374 Registration Divi- sion I.O., North-West Province which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at:- THE REGISTRAR OF DEEDS PRETORIA Deeds Office Information Section. Corner PRETORIUS & BOSMAN STREETS Pretoria within 2 (two) weeks from the date of the publication of this notice. DATED at OTTOSDAL on 05 July 2022. APPLICANT’S AT- TORNEY FOSTER ATTORNEYS 12 Otto Street Ottosdal PO Box 1, Ottosdal, 2610 Tel: 018 571 0031 [email protected] --- K2 15/7

(10)

Two of seven rounds

ticked off

NOORDWESTER – LICHTENBURG – While the year has already reached the halfway mark, the 2022 SA Rally-Raid Championship has only just got momentum with two of the seven rounds ticked off.

Having a look at the early leaders in the extremely competitive Production Vehicle Category as well as those in the hunt behind them and the minimal amount of points separating the teams, it is clear that some exciting racing action can be expected over the next four months. The recent Toyota Gazoo Racing SA Desert 1000, the second round of the championship that took place over three days and almost a thousand gruelling kilometres in the Upington area in the Northern Cape, rewarded those who finished with a healthy amount of points. The past two events have however seen success and disappointment for teams with those who have produced constant results, now a bit higher up on the scoresheets.

Looking at the overall standings, it is Shameer Variawa/Danie Stassen who have taken the early lead (54 points) although only one point separates them from their team-mates and TGRSA 1000 Desert Race winners, Giniël de Villiers/

Dennis Murphy (53 points). The only little gap in the current standings, is the 18 points between Botterill/Vacy-Lyle and Gareth Woolridge/Boyd Dreyer in fouth to 10th place on the overall standings. One can expect turmoil between these teams while they will all be hunting down the leaders. Four teams scored their first points in the new FIA T1.2 Class with Baragwanath/Cremer (50 points) leading the class ahead of Trethewey/

Rodney Burke (42 points). The new leaders in Class T - first class victory at the desert race for the young driver, Jayden Els and navigator Armand du Toit. Toyota (275 points) has taken a commanding lead in the Manufacturers Championship with Century Racing (72 points) second and Nissan (63 points) third.

The third round of the SA Rally-Raid Championship takes place on 19 and 20 August at Bronkhorstspruit on the outskirts of Gauteng.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Besighede wat belangstel om die Noordwester in hul winkels te verkoop, en sodoende nog meer kliënte te trek, is welkom om ‘n e-pos te stuur aan ons finansiële bestuurder, Hermina du Plessis - [email protected].

Sy sal die nodige reëlings tref dat die Noordwester by u besigheid afgelewer word en u kan so deel word van die netwerk van besighede wat ‘n addisionele diens aan kliënte lewer deur hul gunsteling plaaslike koerant tot hul beskikking

te hê.

Wil jy die

Noordwester by jou winkel verkoop?

Shameer Variawa and Danie Stassen in

action have taken the early lead with 54

points.

(11)

NOORDWESTER

15 JULIE 2022 BLADSY 11

Maisie de Klerk (91) passed away on 26 June 2022. A memorial service will be

held in St. Barnabas Church, 24 Long Street, Lichtenburg on 21 July 2022 at

11:30.

Maria Petronella Kotzee (95) is op 11 Julie 2022 oorlede. Die begrafnisdiens het vanuit Lichthuis Tehuis vir Bejaardes plaasgevind en die diens is deur Pastoor

Johan van Eeden behartig. Sy is in die Lichtenburg Begraafplaas te ruste gelê en Ruhet Begrafnisdienste was in

beheer van die reëlings.

Raaitjie Celliers (Van der Merwe) (83) is op 12 Julie 2022 oorlede. Haar roudiens vind op 15 Julie 2022 om 11:00 vanuit

die NG Oos gemeente, Lichtenburg plaas. Ds. Elizabeth Brunsdon sal die diens waarneem en AVBOB Lichtenburg

is in beheer van die reëlings.

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Jy doen jou bes om van jou besigheid ‘n sukses te maak – daarom adverteer jy jou produk

of diens. Maak Noordwester se Geklassifiseerde Advertensies deel van jou bemarkingsplan. Dis spotgoedkoop en boonop maklik om te plaas. Jy kan natuurlik soos gewoonlik na ons kantore toe kom en jou Geklassifiseerde Advertensie

by die toonbank kom plaas – jy is baie welkom en ons help graag.

Maar jy kan dit ook aanlyn doen;

dit gaan jou minder as twee minute neem, en boonop kan jy EEN advertensie van 15 woorde of

minder per week heeltemal gratis kry. Besoek ons webwerf by https://

www.northwestnewspapers.co.za/

noordwester en kies die ‘Classified Advertisement’-opsie. Volg net die duidelike aanwysings – in ‘n japtrap

is jou advertensie geboek. Ons advertensies presteer - jy kan ook.

Adverteer heeltemal

gratis

(12)

PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329

Fauresmith uithourit

Leandri de Villiers,

‘n graad 8-leerder van die Hoërskool Lichtenburg het aan die Fauresmith Uithourit deelgeneem en die rit oor 206 km voltooi. Sy het ‘n 28ste plek behaal.

Danielle Joubert van Laerskool Lichtenburg het aan die Fauresmith Uithourit wat oor 206 km strek, deelgeneem en die rit voltooi. Van die 286 perde wat weggespring het, het net 126 (43%) die rit voltooi. Dit is ‘n uitmergelende rit oor die bestek van drie dae wat die uithouvermoë van ruiter en perd terdeë toets.

NOORDWESTER – ZEERUST - Die jaarlikse Nasionale uithourit kampioenskappe te Fauresmith in die Vrystaat het vanaf 5 - 7 Julie 2022 plaasgevind. ‘n “Uithou” rit was dit sowaar dié jaar gewees. Dit is ‘n perde rit van 206 km wat strek oor 3 dae en 9 veearts ondersoeke om die welstand van die perd te bepaal.

Soos Noord-Wes ruiters die rit beskryf het: “ ’n Mens het drie keuses: Gee op, gee in, of gee dit alles wat jy het.”

Dít is wat elke ruiter en perd wat die rit voltooi het, die jaar by Fauresmith gedoen het - hul alles gegee!

Dit was baie nat, perde het op plekke tot by hul knieë in die modder weggesak.

Dit was koud en mistig, met ‘n goeie reënbui die Woensdag aand, maar die uithouers het deurgedruk.

Agter elke ruiter en perd is ‘n hele familie of vriende wat regstaan om te ‘groom’, ondersteun, kos gee, pyne weg vryf en moed in praat.

‘n Hegte band word tussen perd en ruiter oor hierdie 3 dae gevorm en kennisse word vriende en vriende soos familie.

En elke ruiter ry om daardie wysie van “Chariots of Fire”

te hoor op Dag Drie, want dan weet jy die einde is in sig.

Daar het 298 ruiters met hul perde ingeskryf waarvan 286 weggespring het. 126 het die rit suksesvol voltooi wat ‘n persentasie van 43% is.

Lede van Zeerust Uithourit Klub, Abrie Rocher en

Marais Rocher was gekies vir die Noord-Wes junior span en Jacobus Mmitsi vir die Noord-Wes Standaard gewig span.

Zeerust Uithourit klub se lede het baie goed gedoen en die volgende plekke losgery:

Kinders

Johaney Beän - 3de Danielle Joubert – 10de Juniors

Andrya Joubert – 12de Marais Rocher – 16de Marni Lombard – 20ste Leandri de Villiers – 28ste Seniors - Liggewig Obrey Mogoje – 10de Seniors - Standaard gewig Diederick Rocher – 14de

Nog ‘n ruiter, Petra Fouche van Nietverdient het ‘n 17de plek in die junior afdeling behaal. .

Obrey Mogoje van El-Chitan Arabiere was tiende in die senior Liggewig afdeling.

Johaney Beän met Zarafa Nasat het derde geëindig in die kinder-

afdeling. Ruiters tydens die uithourit was Diederick

en Marais Rocher en Johaney Beän.

Referensi

Dokumen terkait

Die Rooms-Katolieke kerkgebou het ’n meer vasgestelde patroon van inrigting, met die altaar waarop die mis geoffer word voor in die middel van die kerk wat dikwels in kruispatroon gebou

• Die weerstand teen verandering kan verlaag word indien die mens wat verander moet word en daardie wat invloed om te verander, moet uitoefen, 'n sterk gevoel het dat hulle lede van

Die Britse Oorlogskabinet het op 5 Mei reeds besluit dat die Vrye Franse op 'n stadium wat nog bepaal sou word, 'n aandeel in die administrasie op die eiland gegee sou word.' Op 15 Mei

Voordat iemand se dat hierdie navorser 'n soort engel uit die hemel moet wees, kan vermeld word dat enigiemand met sosiologiese agter- grond wat goed voorbereid is en oor redelike

Ons sien soms dat mense wat -n goeie intellek het maar nie oor -n ewewigtige gees beskik nie, in hulle geesdrif en ywer om diens te lewer - of altans wat hulle as diens beskou - selfs

“Die sielkundige, Dewald, het veral ’n rol gespeel in elkeen se kopskuiwe wat uiteindelik gehelp het met die nuwe aanpassings wat hulle moes maak.” “As gevolg van die sensitiewe reis

In die algemeen het onderwysers se kennis gedurende hierdie sessies verbeter, maar dit is duidelik dat meer opleiding benodig word.. Met die kennis wat tydens die eerste Wes- Kaapse

Nadere ondersoek van die Matjiesrivierformasie het getoon dat daar egter geen antiklinale plooi voorkom nie en ook geen duplisering van die lae soos wat daar verwag sou word met die