• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die boek wat voed

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die boek wat voed"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

92 TaalgenooT | WInTeR 2018 Korporatief | LAPA

Die boek wat voed

HET JY AL OOIT GEDINK HOEVEEL HANDE EN MONDE GERAAK WORD DEUR DAARDIE ÉÉN BOEK WAT JY GEKOOP HET?

M

in van ons dink ’n oomblik aan die ure wat dit geverg het om elke foto te neem en te redigeer wanneer ons deur ’n tydskrif of kookboek blaai. Dan praat ek nie eens van die foto’s by die kitskosrestaurant waar jy vanmiddag klandestien met die kinders gaan deurry het ... Meer nog: Dink aan al die hande wat daardie kos help maak het voordat iemand dit deur ’n venster in jou hande geplaas het.

Ons daaglikse brood

Toe ek ’n arm student was, kon ek soms op ’n Sondagoggend vir my ’n varsgebakte witbrood gaan koop het. Ek het nooit gedink aan die ure wat die bakker en sy vrou op Sondagoggende bestee het om die brode te bak nie. Ek het dit as ’n gegewe aanvaar dat daar ’n vars, vuurwarm brood sal wees as ék vroeg genoeg opstaan.

’n Kennis het doerie jare elke drie maande die bakker se vensters met ’n nuwe advertensie versier. Die ure se meet en pas, potloodsketse, voorbereiding en fyn kwaswerk het my mateloos beïndruk, deels omdat ek nie ’n inkopielys sonder baie moeite leesbaar kan maak nie. Ek het egter nooit aan die advertensies gedink nie totdat ek hom die eerste keer op ’n koue Sondagoggend op ’n leer sien staan het. Daarna het ek begin oplet.

My pa het voor elke maal gebid vir “die hande wat die kos gemaak” het.

Deesdae dink ek gereeld aan sy woorde, maar ek wonder ook: Hoeveel hande het aan daardie appel gevat wat ek so pas knarsend geëet het? Hoeveel plukkers, trekkerbestuurders, sorteerders, pakkers,

aankopers, bemarkers, vragmotorbestuurders, rekenmeesters en winkelassistente het dit vir my moontlik gemaak om daardie appel te kon koop?

Dis kos-baar

Dink ons aan die aarde wat die kos baar? Kos is kosbaar.

Besef ons dit daar in die winkel?

Goed. Jy koop die kos.

WINTER 2018 | TaalgENooT

(2)

93 WINTER 2018 | TaalgENooT

LAPA UITGEWERS

Met geld wat jy hoe verdien het?

Wanneer laas het iemand vir jou dankie gesê vir die hande wat die kos gekoop het? Het jy al dankie gesê vir die hande wat dit vir jou moontlik gemaak het om die kos te kan bekostig?

Dit is vir my ’n enorme voorreg om elke dag met boeke te werk en betaal te word daarvoor. Dankie dus aan alle hande wat die keuse moes maak tussen uiteet, of opkrul met ’n boek in die bed ná ’n maaltyd wat self voorberei is.

Jip. Dit is die realiteit. Vir die prys van ’n goeie boek sal jy by ’n goeie restaurant een bord kos kan koop. (Dan het die glasie wyn, die poeding en die koffie nog nie eens op die rekening verskyn nie.)

Geld en/of tyd kan kos baar. Uitgewers en skrywers weet dat ’n begroting maak dat elke boek wat gekoop word, dikwels ten koste van kos by ’n restaurant is. Ons is afhanklik van die hande wat die boeke koop.

Dink vir ’n oomblik hoeveel monde gevoed moet word deur hierdie vreemde avontuur wat een

persoon se verbeelding in ’n ander se leesgenot kan verander.

Die skrywers lewer ’n manuskrip. Daarvoor word hulle meestal nie betaal nie. Hulle moet wag vir die tantieme – wat gewoonlik baie langer as ’n jaar later eers opdaag.

Nou sal ’n uitgewer die manuskrip lees en dikwels ’n tweede opinie inwin. ’n Verslag word saamgestel en die outeur moet dikwels in hierdie stadium weer

veranderinge aanbring.

Wanneer die uitgewer tevrede is dat die storie vloei, moet ’n redakteur betaal word om elke woord en sin na te gaan, te kyk vir foute, om feite te verifieer en finaal struktuur aan die teks te gee.

Intussen was daar iemand wat voorblaaie nagevors en ontwerp het, want ’n boek word wel op die voorblad beoordeel.

Die setter kom nou aan die beurt. ’n Gereelde leser kan sommer dadelik sien wanneer ’n boek op ’n tuisrekenaar aanmekaar getimmer is.

Voeg daarby twee proeflesers. Wanneer hulle klaar is, kan die boek na die drukkers gaan, waaroor ’n mens ’n hele artikel kan skryf. Of die boek moet in ’n e-boek omgeskakel word wat eers op alle beskikbare platforms getoets moet word.

Dink dan aan die hande in die stoor wat die boeke van die drukker ontvang en herverpak om dit aan jou naaste boekwinkel te stuur.

Elke aksie baar kos. Feitlik elke paar hande wat op ’n manier betrokke was, het gewoonlik meer as een mond om te voed.

Dankie, dus, aan elke hand wat ’n beursie uithaal om ons boeke te koop.

DEUR IZAK DE VRIES

“VIR DIE PRYS VAN ’N GOEIE BOEK SAL JY

BY ’N GOEIE RESTAURANT EEN BORD KOS KAN KOOP.”

Foto's: Shutterstock

Referensi

Dokumen terkait

Aangesien die Beswaardes Beswaarskrif 2010:7 beweer dat die besluit van die Hervormde Kerk om haar teologiese legitimering aan apartheid te onttrek op ’n leerdwaling neerkom wat deur ’n

Deur 'n vergelykende studie van die motiewe en belange van beide die VSA en die USSR te maak, asook die wyse waarop hulle te midde van talle gebeure wat die twee op die rand van 'n

Volgens hierdie benadering dui die hele historiese konteks van Jesaja 7: 14 daarop dat dit om ’n kind gaan wat in die tyd van Agas self gebore sou word.. Die vorm waarin hierdie vers

In plaas daarvan bring hy ʼn versameling pensketse byeen van gewone mense wat darem op ʼn manier ʼn bestaan kon maak in van die barste dele van Suider-Afrika danksy die vaardighede wat

’n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word dan voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as verhoudingsboek waarin dit

Die “onmoontlik” van die Kategismus is die onmoontlik van “dis tog ondenkbaar dat mense wat aan Christus behoort, wat in Christus is, wat deel is van Christus, wat deel het aan sy eie

By die lees van die boek word mens ook herinner hoe lank en met hoeveel literatuurteoreties begronde bydraes Hein Willemse hom sedert die sewentigerjare daarvoor bly beywer om inligting

Soos Henderson in die verskeie inleidings in die boek ons telkens bewus maak, is hierdie korter poësie deur geleerde skrywers vir ‘n baie spesifieke gehoor gekomponeer.. Die netwerke