Die skepping (en die reg): H.G. Stoker se Skeppingsfilosofie
A.W.G. Raath Departement Staatsreg en Regsfilosofie Universiteit van die Vrystaat BLOEMFONTEIN [email protected] Abstract
Creation (and the law): H.G. Stoker’s philosophy of the idea of creation
H.G. Stoker’s legal theory is embedded in his teachings regarding creation. Stoker’s philosophy of the idea of creation has important implications for legal science. Three aspects in particular are of importance: Firstly, he attaches the study of law to the light of the motive of creation, man’s fall into sin and man’s redemption through the death of Christ contra the humanistic perspectives on law. Se - cond ly, Stoker’s theory adds a dimension in addition to the dis tinc - tion between the idea of law and the concept of law. The philosophy of the idea of creation recognizes the ontic law according to the order of creation and provides more encompassing perspectives on issues related to law and justice. Thirdly, Stoker’s approach has the benefit that it tempers the humanistic emphasis on human reason by introducing the Biblical perspective of knowledge, human thought and revelation in an integral sense.
1. Inleiding
Toe hy reeds oor die sewentig jaar oud was, het die reformatoriese filosoof van Potchefstroom, H.G. Stoker, ʼn besondere bydrae tot die
ontwikkeling van die reformatoriese regsfilosofie gelewer. Met sy ere professorale intreerede aan die RAU, in 1970, het die regs - filosofiese insigte van Stoker tot ryping gekom. Die reformatoriese konteks waarin en die perspektief van waaruit Stoker sy bydrae gelewer het, het vanaf die dertigerjare van die 20ste eeu in die skeppingsidee vergestalting gevind. Alhoewel Stoker vanaf dié tyd sterk aansluiting by die Wysbegeerte van die Wetsidee van Herman Dooyeweerd gevind het, het hy vanuit die skeppingsidee geleidelik ʼn meer selfstandige (en eiestandige) filosofiese sisteem ontwikkel.
Van die belangrikste filosofiese ontwikkelingswerk wat hy teen die einde van sy loopbaan vanuit die skeppingsidee gedoen het, was juis die formulering van ʼn filosofiese ontwerp wat, hoewel dit in talle opsigte met dié van Dooyeweerd ooreenstem, tog belangrike ander en bykomende insigte bevat. Ten einde die regsfilosofie van Stoker beter te verstaan, moet dit binne die konteks van sy breëre denke oor die filosofie van die skeppingsidee beoordeel word.
2. Skepping en skeppingsidee
Deurdat Stoker se filosofie op die “idée van skepping” gebaseer is, moet die beoordeling van enige aspek van sy werk met die betekenis en implikasies van die idee van skepping rekening hou.
Dit sou dus die moeite loon om krities na die idee van skepping in sy filosofie te kyk. In ʼn wye sin sou onder “die skepping” verstaan kon word, die werk van God na buite, waardeur Hy hemel en aarde (dit is die heelal) uit niks voortgebring het1en alle dinge volgens hul aard bepaal het. In die Godgeleerdheid word die werke van God na buite in die werke van die skepping en dié van die voorsienigheid verdeel. God se genadewerk ressorteer dan hiervolgens onder die werk van die voorsienigheid. Die besware daarteen is dat die gena -
1 H. Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, tweede deel (Kampen: J.H. Kok, 1918), 441, stel dit dat die Christelike teologie, vir sover dit die skepping uit niks handhaaf, ʼn posisie tussen die Gnostisisme en die Arianisme inneem: “Het Gnosticisme kent geen creatie maar alleen emanatie en maakt daarom de wereld tot den Zoon, de wijsheid, het beeld Gods in adaequaten zin; het Arianisme kent geen emanatie maar aleen creatie, en maakt daarom den Zoon tot een schepsel; daar wordt de wereld vergoddelijkt, hier God verwereldlijkt.”
de dan ʼn onderdeel van die voorsienigheid word en dit skep die indruk, asof ʼn indeling gevolg word in terme van die begin en “die res”.
Die skepping moet júís wyer opgevat word – dit is méér as net ʼn begin;
dit is ook die vasstelling van die natuurlike orde en hang ook ten nouste met die voorsienigheid – wat die bestendiging daarvan is – saam. Dit sou dus beter wees om tussen die naturae opera en die gratiae opera te onderskei – werke van die natuur (skepping en voorsienigheid) en werke van genade (die herskepping en die heilsorde). In die besluite van God kom beide voor en dáár vind hulle hul éénheid; ʼn eenheid wat nie in besonderhede aan te wys is nie.
Waar hoort die leer van die wonder tuis? Veelal word dit by die voorsienigheid behandel, omdat die wondere ʼn kontras met die gewone bestiering van God vorm. Twee oorwegings sou in hierdie verband genoem kon word: (a) Dit is nie die enigste gesigspunt waaruit die wondere beskou sou kon word nie, omdat dit méér as die ongewone dade van God is. Aangesien dit buite die natuurorde val behoort dit juis tot die hoëre orde van dinge, tot die ryk van die genade; hang dit saam met die openbaring van God en behoort dit ten nouste met die opera gratiae verbind te word. (b) Vanuit dié oogpunt beskou, hang ook die wondere onderling saam en vorm dit ʼn plan waarin niks toevallig is nie.
Hoe sien Stoker die beginsel en idee van skepping en welke rol speel dit in sy filosofie? Stoker bou sy Reformatoriese filosofie op enrondom die idee van skepping.2 Volgens hom is dit die derde nuanse van die Calvinistiese wysbegeerte.3Volgens hom het hy reeds sedert die der - tigerjare van die 20ste eeu met die vraagstukke van die skeppingsidee geworstel.4Benewens die Wysbegeerte van die Wetsidee van Dooye - weerd en die Wysbegeerte van die Openbaringsidee van Bavinck, ontwikkel Stoker mettertyd die Wysbegeerte van die Skeppingsidee.
In antwoord op die vraag of die openbaringsidee die hoofsleutel van
2 Sien Oorsprong en Rigting, band 2, 222.
3 Ibid.
4 Hy het dit eers “teïstiese filosofie” genoem. Vir die indrukwekkende lys bronne waarin Stoker met hierdie kwessies gehandel het, sien ibid., 202 noot 1.
die kosmos as kosmosis, antwoord Stoker soos volg: die kosmos as kosmos (en daarmee sy fundamentele aard en sin) is ʼn skepping (van God). Hy plaas die “van God” in hakies, omdat die filosoof moet on - der stel en aanvaar dat God die Skepper van die kosmos is, maar die skeppende (en herskep pende) handelinge van God val na sy mening buite die veld van die wysbegeerte en is as sodanig vraagstukke van die teo logie.5Stoker se standpunt was die antwoord aan F.J.M. Pot - gieter se kritiek op sy stelling dat die skeppingsidee die mees omvat - tende wysgerige grond idee (of filosofiese sleutel) is, omdat dit ook die wet omvat én ook méér is as openbaring en wet (afsonderlik en saam geneem).6 Stoker se mening is dat as Potgieter sê dat die creatio (skep ping) nie die revelatio(openbaring) van die Vader aan die Logos, of dié in die recreatio(herskepping) omvat nie, dat – wat die wet betref – creationie noodwendig die ordo(orde) insluit nie, omdat die formatio (vorm gewing) logies en chronologies op die eerste creatiovolg en dat die providentia (voorsienigheid) (con servatio, concursus en guber - natio) en recreationie deur die creatiobehels word nie, dan gaan dit by Potgieter om handelinge van God.7Wanneer Stoker daarenteen sê dat die kosmos ás kosmos ʼn skepping van (van God) is, gaan dit by hom nie om die handelinge van God nie, maar om die prodúk van God se skeppingswerk.8In ʼn spesifieke opsig gaan dit dus, vir Stoker, om die geskape kosmos as kosmos; dus om die geskape aardse heelal,
“die universum waartoe ook die mens behoort en waarin hy hom (saam met stof, plant en dier) bevind en waarin hy gestel is om van sy (van God) gegewe roeping te vervul.”9 Die geskape kosmos is in sy bestaan, volgens Stoker, ʼn “syn”, ʼn “werklikheid”, ʼn eiestandige “aard - se” heelal wat sowel openbaring as wet insluit.10Die kern van Stoker se betoog oor die diepste wysgerige sleutel waarmee die kosmos ontsluit kan word, verduidelik hy soos volg: “U moet my nie misverstaan nie; die hierby betrokke handelinge van God val as sodanig nie in die
5 Ibid., 240.
6 Ibid.
7 Ibid.
8 Ibid.
9 Ibid.
10 Ibid., 240-1.
veld van wysgerige ondersoek nie; maar die kreatuurlike, onselfge - noegsame en na God heenwysende fun damentele aard van die kosmos is meteen ʼn uitdrukking van Sy liefde, goedheid, wysheid en almag; die hele kosmos getuig daar van. En dit is wysgerig belangrik.”11 Teen hierdie agtergrond kan Stoker nou die hooftake van die wys - begeerte skeppingsidee-matig gaan onderskei. Hy identifiseer vier sodanige hooftake van die wysbegeerte. Die eerste behels die vraag na die kosmos as kosmos (van die geskape werklikheid as so danig), na die omvattende fundamentele aard en sin van die kosmos.12Dit sluit die vraag na die oorsprong van die kosmos (die teale a priori) in, omdat die kosmos as sodanig kreatuurlik, onself - genoegsaam, wetsbepaald, ensovoorts, is en dus na sy Oorsprong (God) heenwys.13Volgens Stoker is hierdie vraag die “radikaal fun - damentele”, die “eintlike grondvraag” in die filosofie, omdat dit die kosmos (skepping) in sy betrokkenheid op God sien. Dit bring dus die skepping in sy verhouding tot God (die Oorsprong, die Absolute en Algenoegsame) na vore.14 Stoker noem dit ook die “wysgerige totaliteitsvraag in primêre sin en die antwoord daarop beskryf hy as die “grondidee van die filosofie”.15 Die tweede vraag is dié na die onderling onherleibare verskeidenheid van en in die kosmos. Dit betrek die kosmiese oorspronge (die oeridionne) in die skepping.
Met hierdie vraag word die onherleibare aard of wese van elke skeppingsgegewene ondersoek.16Derdens stel Stoker die vraag na die samehang van die onherleibare verskeidenheid in die kosmos aan die orde. Dit is, sê hy, die vraag na die “kosmiese totaliteit in sekondêre sin”.17 Laastens stel Stoker die vraag na die fun damen - tele aard en sin van ʼn kosmiese oorsprong en sy plek en rol in die totaliteit van die kosmos aan die beurt.18 Uit Stoker se behandeling
11 Ibid., 241.
12 Ibid., 232.
13 Ibid.
14 Ibid.
15 Ibid.
16 Ibid.
17 Ibid.
18 Ibid.
van die skeppingsidee tot op hierdie punt, blyk dat hy deurentyd die resultaat van die skeppingshandelinge van God en hul verhouding tot die Skepper in die fokus stel.
Vervolgens onstaan die vraag wat die rol van die mens in God se skepping is. Op dié vraag antwoord Stoker dat stof, plant, dier en mens in die skepping “radikaal onderskeie” is.19 Die skepping behoort aanGod, maar stof, plant, dier en mens behoort by en tot mekaar. Net soos stof, plant en dier is die mens geen god nie, maar in sy diepste wese ʼn geskape, onselfgenoegsame en wetsonder - worpe wese, wat saam met die res van die skepping die “aards geskape heelal” vorm.20Alhoewel die mens, soos stof, plant en dier, ook aan die stoflike deel het, is die mens egter ook toegerus met ʼn aard, struktuur, aanleg, funksies en gawes wat by stof, plant en dier ontbreek.21 Sowel stof, plant, dier en mens is egter op mekaar aangewese; hulle behoort tot mekaar; die een het die ander nodig en is sonder die ander wesenlik “onvolledig”.22 Soos die ander skepsele van God, maak ook die mens ʼn integrale deel van die skepping van God uit. Daarom mag die mens ook uitroep: “Niks kreatuurliks (niks aards, wêrelds of kosmies) ag ek my vreemd nie en ek mag my in die skepping van God verheug en sal aan die skepping van God as Gód se skepping getrou bly.”23As skepsel van God beklee die mens ʼn unieke en uitsonderlike posisie in die skepping van God. Sy uitsonderlikheid is daarin geleë dat hy alleen as beeld van God geskape is. As skeppingsmatige beeld van God is die mens die kroon van God se skepping; ʼn “koningskind”;
mandator Dei, wat van God sy opdrag ontvang het om in Sy Naam en volgens Sy wil op skeppingsmatige wyse op die aarde (in die skepping) te regeer.24Stoker vat dit alles soos volg saam: “God het Sy skepping (die ‘aards geskape heelal’, te wete, stof, plant, dier en mens) aan die sorg van die mens toevertrou om daaroor te waak,
19 Oorsprong en Rigting, band 1, 54 e.v.
20 Ibid.
21 Ibid.
22 Ibid., 55.
23 Ibid.
24 Ibid., 55
te heers, kultuur te vorm, in liefde vir die mens (homself en sy naas - te) te sorg, om – reg verstaan – as kreatuurlike, gehoorsame medearbeider van God (toerekenbare en verantwoordelike middel in die hand van God) roepingsvervullend die bestemming van die hele skepping (en nie net van die mens nie) te verwerklik, en om met dit alles God te dien, te eer en te verheerlik, en wel as dienskneg van die Allerhoogste aan Wie alles behoort en aan Wie die mens vir al sy doen en late verantwoordelik is. Die mens is nie in ʼn sinlose, absurde, vyandige wêreld gewerp nie, maar hy is deur God in ʼn sinryke skepping met ʼn sinvolle roeping gestel, ook al bedreig die afval van God die sin van die wêreld en van die mens.”25 Nie net het God die moontlikhede vir die mens gegee om Sy skepping te beheers en te kultiveer nie, maar ook het God die liefde in die hart van die mens gegee om Sy skepping te ondersoek en te bestudeer. Stoker sê dat met die mens se bestaan in die skepping het God die mens se liefde vir die ryke moontlikhede in die skepping gegee – “wederliefde ook in sy liefde vir Gods skepping self omdat dit Gód se skepping is, wat in en uit liefde deur Hom in aansyn geroep is.” Dit is hierdie liefde wat ook in die mens se lewens- en wêreldbeskoulike oortuigings neerslag vind.26 Wanneer Stoker die skeppingsidee en die implikasies daarvan behandel, val die fokus baie sterk op die geordende en planmatige wyse waarop God die skepping in aansyn geroep het en waarop God die mens as kroon van die skepping gestel het.27Die vraag is nou vervolgens na die rol en invloed van die sondeval op die skepping van God.
Volgens Stoker gee die Woord van God vir ons die antwoord op die vraag na sonde en afval van God in die skepping. God het die skepping baie goed geskape. Oor die ontstaan van kwaad in die skepping voordat die mens geskape is, bied God se Woord geen
25 Ibid.
26 Ibid., 26.
27 In sy Oorsprong en Rigting, band 2, 28, bring Stoker dit in verband met die “rangorde”
wat in God se skepping gestel is: “Hiervolgens is die mens die ‘hoogste’ wese in Gods skepping, is hy ‘kroonpunt’ van die kosmos, en dit word op besondere wyse deur Gods Woord belig wat ons openbaar dat die mens ʼn beeld van God is. Hierom sal die wysgeer besondere aandag aan die mens en sy unieke posisie in die kosmos skenk.”
besonderhede nie, behalwe dat kwaad (of sonde) sy uiteindelike oorsprong in die hemel het met die val van die aartsengel en sy trawante. Die oorsprong van sonde is in die mens gegee met sy ongehoorsaamheid aan God, waarop God die aarde om die mens ontwil vervloek het.28In die lig van God se Woord, sê Stoker, sien die mens sonde en kwaad as “positiewe verskeurende kragte wat werklik bestaan en die hele kosmos deurtrek en wat in stryd verkeer met die oorspronklike geskape goeie kragte”.29 Omdat God ook nog die oorspronklike geskape goeie in stand hou, tref ons reeds in die kosmos ʼn herstel van kwaad en sondebestryding aan. Hierdie her stel van die “verskeurdheid” in God se skepping is egter slegs relatief, en geen volkome en finale herstel van verskeurdheid nie.30Trouens, elke herstel gaan gepaard met, en elke herstel gee aanleiding tot verdere kwaad en sonde. Die mens kan in sy afval en sonde egter nie uit eie krag die kwaad en sonde finaal oorwin nie – dit gebeur slegs deur die ingrepe van God, en wel deur die soenverdienste van Jesus Christus.
In die lig hiervan sal die filosoof goed en kwaad en die stryd tussen beide in sy fundamenteel en universeel kosmiese aspekte ondersoek.31 Met hierdie visie op sonde en kwaad in die skepping, veroordeel Stoker die meliorisme (wat glo dat die wêreld vanself en uit eie krag al beter sal word), en die vooruitgangsgeloof (wat meen dat deur vermeerdering van kennis en verbetering van die wil van die mens kwaad en sonde oorwin kan word), asook Arminianisme en Pelagianisme (met hul geloof in “wilsvryheid”). Dit beteken ook ten slotte dat die “kos mosentriese” filosofie die vraagstuk van verskeurheid nie reg sal beoordeel nie.32
Die rol van wonders in die kosmos, word deur Stoker direk met sy skeppingsfilosofie verbind. Reeds in 195533ontleed Stoker die ver band tussen wonder en wet aan die hand van die skeppingsidee. Met verwysing na die wet verklaar Stoker dat dit eerstens “dinge” met hul
28 Ibid., 29.
29 Ibid., 29.
30 Ibid.
31 Ibid.
32 Ibid., 30.
33 “Wonder en Wet”, in Koers23 (2) 1955, 124-135.
relasies veronderstel – dus ʼn orde veronderstel waar “dinge” met hul relasies só saamhang dat hulle tesame ʼn eenheid of geheel vorm.34 Chaos bestaan waar verwarring heers, dit wil sê waar die betrokke
“dinge” (met hul relasies) uit hul “onderskeie skikking of reëling uitgeval het en die eenheid of geheel van die betrokke orde verval het”.35 Tweedens veronderstel wet ook orde – die wet verbind die “dinge” met hul relasies tot ʼn orde; die wet is ʼn relasionele ordebepaling.36Volgens Stoker bestaan chaos slegs as ʼn negasie van orde: “Die toestand van bv. Genesis 1 vs. 2 is geen chaos nie, maar ʼn nog nie ge-‘orden’-de toestand; eers daarna (met die sesdaagse skepping) is die orde van die skepping gestel. Chaos het ontstaan as gevolg van die sondeval van die mens en die vloek van God oor die aarde.”37In die derde plek geld die wets orde van die skepping universeel. Alle “dinge” (met hul relasies) is wets-bepaald. Ook waar, byvoorbeeld, die wet as norm oortree word, bly dit geld.38Vierdens is die wet vas, met ander woorde kon stant en onveranderlik. – sonder vastheid is ʼn wet geen wet en is geen wetenskap moontlik nie.39Vyfdens vind die wetsorde (net soos die skepping) sy oorsprong in God – God is absoluut soewerein oor alles wat Hy geskape het; Hy is die Wetgewer van die geskape heelal. Die skepping is as totaliteit en as verskeidenheid aan die wet van God onderworpe.40Die wet is ook ʼn uitdrukking van die wysheid, vrymag en wil van God. Dit is nie ʼn sinlose en blinde (selfstandige) mag (soos die fatalisme dit leer) nie, maar sluit ook blinde en absolute toeval uit (soos die kasualisme leer).41 In die sesde plek bestaan daar tussen die
“dinge” en die wetsorde ʼn intieme verband – sedewette geld byvoorbeeld nie vir klippe ensovoorts nie.42Ons mag nie die skepping met sy wetsorde as ʼn selfstandige mag los van en teenoor God stel en God aan die skepping met sy wetsorde bind nie – alle “dinge” is aan
34 Ibid., 124.
35 Ibid.
36 Ibid.
37 Ibid., 125.
38 Ibid.
39 Ibid.
40 Ibid., 126.
41 Ibid., 127.
42 Ibid.
God gebind en in ʼn absolute sin van Hom afhanklik; God regeer die geskape heelal onder andere deur sy wette wat hy vir alles stel.43 Wanneer op die wonderdade van God gelet word, maak Stoker ʼn viertal onderskeidinge: (a) Eerstens is daar die wonderdade van God binne Sy Triniteit, byvoorbeeld die Self-openbaring van God binne die Triniteit; (b) die wonderdade van God “na buite”, die wonder dade in verband met Sy werke, byvoorbeeld die skepping van hemel en aarde ensomeer.44(c) In die derde plek is daar die won der dade wat God deur die mens as instrument in sy hand verrig, soos die wonders wat in die Skrif vermeld word – hulle is in ʼn spesiale sin tekens van die teenwoordigheid en die krag van God, “bied ʼn ryke bron van troos en profeteer aan ons die nuwe bedeling wat kom”.45(d) In die vierde plek is die skepping se struktuur wat die we tenskap ondersoek “in sy fundamentele samestelling ʼn wonder struktuur”.46Uit die voorgaande is dit duidelik dat Stoker ʼn verskil tussen wonder en wet handhaaf – die wonder is die onmiddellike en “direkte” werkingswyse van die algenoegsame en almagtige God Wie bo Sy skepping en Wie se dade bo die wetsorde verhewe is; die wet is ʼn onselfgenoegsame ordebepaling vir ʼn onselfge noeg same skepping, waarvolgens die
“dinge” is, gebeur en “handel”.47Won der en wet is egter verwant. Beide is ordebepalings; beide vind hul oorsprong in God; beide is vas en vind hul vastheid in die onwankelbaarheid en onveranderlikheid van God.48 Stoker verklaar dat die wonder eerste is – die wet wortel in die wonder;
die wet het sonder die wonder geen sin nie; die wet is sonder die wonder onmoontlik.49
Die besluit van die Raad van die P.U. vir C.H.O. om ʼn departement van regte op te rig en dit mettertyd tot ʼn selfstandige fakulteit van regte uit te bou en met die oog daarop van ondersteuners van die universiteit die groot bedrag vir dié tyd van £5, 000 - £10, 000 te vra,
43 Ibid.
44 Ibid., 129.
45 Ibid.
46 Ibid., 130.
47 Ibid., 132.
48 Ibid., 132-3.
49 Ibid., 133.
het ʼn vreugdevolle reaksie by Stoker oor die voorgenome planne tot gevolg gehad. In die lig van die feit dat die wetenskap ooreen - komstig die waarheid gebou en in die lig van die wetsorde van God nagespeur en deurdink moet word, deur op alle terreine die ordinansies van God te eerbiedig en te gehoorsaam, verwys hy na die belang van die idee van skepping vir die regswetenskap.50 Dit vereis dat ook wat die regswetenskap betref, God en Gods wet op alle lewensterreine eerbiedig en gehoorsaam moet word.51
3. Is die leer van die skepping ʼn articulus purus of ʼn arti - cu lus mistus?
Die sogenaamde articuli puri behels daardie sake wat nie uit die rede of uit openbaring afgelei kan word nie, maar uitsluitend op open baring berus. Articuli misti volg uit sowel rede én openbaring.
Die vraag is dus of die skepping uit die rede bewysbaar is. Som - mige het gepoog om dit te doen deur uit te gaan van die Gods - begrip. Volgens dié argument het God die wêreld nodig om dit lief te hê ensomeer. Standpunte soos hierdie loën die algenoeg saam - heid van God. ʼn Mens kan wel poog om tot God te nader, maar nie logieserwys van God afdaal na die wêreld nie. Ons glo dat die skepping as ʼn onbegryplike, almagtige daad nooit deur ons bewys of afgelei kan word nie. Ons ondersoek van die natuur mag lei tot ʼn punt waar ons die ondersoek moet laat vaar en bepaalde vooron - der stellinge oor die totstandkoming van die skepping handhaaf – logiese besluite dat die skepping uit niks onstaan het, kan dus nie gemaak word nie. Die skepping is articulus purus– dit geld van die skepping uit niks, nie van die vorming van die wêreldmaterie deur God in die algemeen nie.
Die leer van die skepping kan in verskeie dele behandel word, waar van die volgende drie van besondere belang vir die teologie en wysbegeerte is: (1) Die betekenis van die leerstuk in die geheel van
50 “Pro Lege, Grege et Rege!”, in Die Veteraan, dl. XVII, 1952, 13-18.
51 Ibid., 13.
die Christelike waarheid; (2) die Skriftuurlike gegewens vir dié leer en ʼn uiteensetting daarvan, en (3) afwykende teorieë daaroor.
3.1 Die klem op die transendensie van God
Dat God die wêreld uit niks geskape het, is die sterkste uitdrukking daarvoor dat Hy van die wêreld onderskeie, bo die wêreld verhewe, as die Algenoegsame in Homself bestaan.52 Wat dus deur die leer van die Drie-eenheid ten opsigte van die inwendige bestaan van God gepredik word, word uitwendig deur die leer van die skepping verkondig. 53In ʼn bydrae met die titel “God (Theos) en Wêreld (Kos - mos)”54, bespreek Stoker die implikasies van die werklikheid van die tran sendensie van God. Nadat hy die standpunte van die pan - teïsme, pankosmisme, ateïsme, akosmisme en deïsme verduidelik het, bespreek Stoker die winspunte van sy eie standpunt, wat hy as die teïsme aanbied.55Die transendensie van God beskryf Stoker, by monde van die standpunt van die teïsme, “dat niks van God kos - mies is, en niks van die Kosmos in wesenlike sin goddelik is nie”.56 Hy voeg by: “Die onderskeidingsgrens tussen beide is radikaal, absoluut. God is in hierdie sin absoluut transendent bo die Kosmos.
Tog is God tegelyk ook in die Kosmos immanent. Want niks kan bestaan nie, as Hy dit nie in stand hou, dra en regeer nie; die Kosmos sal in die niet wegsink as God Hom aan die Kosmos
52 Sien ook Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, 439: “Deze leer der Schrift vindt in de woorden uit niets hare scherpste uitdrukking, en zoo van den beginne af door de Christelijke theologie verstaan en weergegeven.”
53 Die Nederlandse gereformeerde skrywer, Herman Bavinck, stel die almag en transendensie van God soos volg: “De gedachte aan een zijn buiten en onafhankelijk van God komt in de Schrift nergens voor. God is de eenige en volstrekte oorzaak van al wat is Hij heeft alles geschapen door zijn Woord en Geest, Gen. 1:2, 3, Ps. 33:6, 104:29, 148:5, Joh. 27:3, 33:4, Jes. 40:13, 48:13, Zach. 12:1, Joh. 1:3, Col. 1:16, Hebr. 1:2 enz.”
(Gereformeerde Dogmatiek, 426-7). Volgens Bavinck, ibid., staan daar niks teenoor God nie; geen stof wat Hom bind, geen krag wat Hom beperk – Hy is die onbeperkte besitter van hemel en aarde (Gen. 1:3, Ps. 33:9, Rom. 4:17). Daar is geen grens aan Sy mag nie; Hy doen wat Hom behaag (Jes. 14:24, 27, 46:10, 55:10, Ps. 115:3, 135:6).
54 In Koers IV (Februarie 1937), het Stoker die verhouding tussen God en skepping in heelwat besonderhede verduidelik. Dié bydrae is oorgeneem in Oorsprong en Rigting, band II, 9-17. Alle verwysings na hierdie bron, is na die weergawe in Oorsprong en Rigting, band II.
55 Op 11.e.v.
56 Ibid., 13.
onttrek. Deur Sy alomteenwoordigheid, onderhouding en bestiering is God orals waar daar kosmos is. Maar hierdeur word God nie identies met die Kosmos nie.”57 Op grond van hierdie standpunt, kategoriseer Stoker die belangrikste wysgerige en teologiese standpunte met verwysing na die vraag wat hul standpunt oor die transendensie van God is. Die implikasies van Stoker se kate - gorisering is van diepgaande aard: Waar die teïsme die standpunt huldig dat niks van God kosmies is nie, en niks van die kosmos wesenlik goddelik is nie, erken die monisme byvoorbeeld slegs een realiteit, sonder om skerp tussen God en kosmos te onderskei;
volgens die panteïsme bestaan daar weer net een werklikheid, naamlik God; die pankosmisme handhaaf weer die beginsel dat daar net een realiteit bestaan en dat die realiteit van God nie bestaan nie (byvoorbeeld volgens die materialisme, evolusionisme, aksiologisme, vitalisme, naturalisme ens.).58 Dit mag van belang wees om te wys op Stoker se analise van die deïsme wat wel erken dat God een maal in die verlede die aarde geskape het, maar beide in die hede en die toekoms skei, sodat hulle niks meer met mekaar te doen het nie. Hiervolgens is God geskeie van en transendent aan die kosmos, maar nie in die kosmos immanent nie.59Stoker wys ook op die standpunt van die “versoeningsleer”, wat wel tussen God en kosmos onderskei, maar die onderskeid betreklik maak. Volgens hulle is God wel bo die kosmos transendent, maar hierdie transen - densie is relatief. Hy voeg by: “God is natuurlik in die kosmos immanent, maar so immanent dat Hy gedeeltelik of geheel en al met die Kosmos identies word, of die Kosmos met Hom. God moet hier Sy hoë soewereiniteit met die Kosmos geheel en al, of ten dele, deel.60 Die implikasies van die onderskeid tussen God en kosmos en die handhawing van God se transendensie, het, volgens Stoker wesenlike belang: dit beïnvloed die standpunte van mense oor die Bybel en die gesag van die Skrif; die wese van die religie; ten opsig -
57 Ibid.
58 Ibid., 12.
59 Ibid., 13.
60 Ibid., 14.
te van die drie-enigheid van God; die leerstuk van die uitverkiesing;
skepping en herskepping; die wese en oorwinning van sonde; die inwerking van die Heilige Gees; die vergewende aard van genade;
dit beïnvloed die wetenskapsleer: die onderskeid tussen teologie en filosofie; die rede en geloof; wonder en wet; die wese en oorsprong van die kwaad in die kosmos, ensomeer.61Ten besluite merk Stoker soos volg oor die belang van die korrekte onderskeid tussen God en die kosmos op: “Dit alles neem egter die feit nie weg nie dat onsuiwere onderskeidinge tussen God en Kosmos en hul ver - houding hul konsekwensies het tot in regione waar dit nie verwag nie; en dat beslissinge in meer oppervlakkige probleemstellinge hul konsekwensies het tot in die vraagstuk aangaande die verhouding van God en Kosmos. Sodat ook hier blyk te geld: ons ken ten dele, ons menslike kennis en denke is onselfgenoegsaam. Die waarheid kan onses insiens slegs benader word deur die lig van Gods Woord op die Kosmos te eerbiedig en deur konsekwente en doelbewuste wisselwerking tussen teologie, filosofie en die vakwetenskappe;
m.a.w. ook hier weer blyk vir ons die noodsaaklikheid van ʼn be oe - fening van ʼn waarlik Christelike wetenskap, waarin Christelike vak - we tenskappe, Calvinistiese Wysbegeerte en Gereformeerde Teo - logie in harmonie en wisselwerking met mekaar staan.”62 Hy voeg by dat die kosmos, in sy onselfgenoegsame wetsonderworpe krea - tuurlike eiestandige aard en sin, na sy Oorsprong, na God, heen - wys.63
Ook wat die regswetenskap betref, moet die onderskeid tussen God en Sy skepping gehandhaaf word. Met verwysing na die werk van regsgeleerdes soos Fabius, Heemskerk, Zevenbergen, Dooye - weerd en L.J. du Plessis, merk Stoker op dat dit opvallend is “hoe die Calvinistiese wetenskap van die Reg die lig van die Bybel aanvaar, regsbeginsels uit Gods Woord put, maar hulle ook uit die aard en die historiese ontwikkeling van die lewensverhoudinge leer ken, die geldigheid van die positiewe (die wette) meet aan die
61 Ibid., 16.
62 Ibid., 17.
63 Ibid.
goddelike regsordinansies, die regsidee en regswette sien in hul onverbeerlike samehang met alle ander soorte wette (fisiese, biotiese, logiese, etiese wette e.a.) en met die wetsorde van Gods skepping as geheel, hoe dit vir die regswette (nes vir die ander soorte wette) die beginsel van ‘soewereiniteit in eie kring’ handhaaf, die regskennis in die daaraan ten grondslag liggende Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing inbed, ʼn besondere opvatting van die (aan die soewereiniteit van God onderworpe) menslike owerheids - gesag ontwikkel, alle volksoewereiniteit, redesoewereiniteit en wil - soe wereineit ens. verwerp en volgens sy regsbeginsels sy regs - beskouinge ontwikkel oor al die besondere regsverhoudinge tussen mense”.64
3.2 Dit leer die oneindigheid van God
Die vorme van oneindigheid waarin die eindige bestaan, naamlik tyd en ruimte, is deur God geskape en mag nie beskou word as dinge wat van nature bestaan nie.65 Alhoewel Stoker ander terme gebruik om dieselfde beginsel te beskryf, is dit duidelik dat hy die tradisionele Geformeerde standpunt en perspektief op hierdie be - ginsel handhaaf. Volgens Stoker blyk uit God se Woordopenbaring dat God Drie-enig die Archê, die Absolute en Algenoegsame is, “uit en deur en tot Wie alle ‘dinge’ is, aan Wie alle ‘dinge’ behoort, die absoluut Soewereine oor alles wat bestaan”.66 In Sy liefde, goed - heid, wysheid en almag het God die kosmos geskape, het Hy daar - voor Sy wetsorde bepaal, onderhou, regeer, bestier en voleindig Hy dit volgens Sy raadsplan, volgens Stoker.67 Die kosmos, in sy on - self genoegsame wetsonderworpe kreatuurlike eiestandige aard en sin, wys volgens Stoker, na sy Oorsprong, na God, heen. Hierdie heenwysing is, volgens Stoker, ʼn “teale ontiese a priori” van die hele
64 Ibid., 14.
65 Sien Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, 438: “… God is de Almachtige, die oneindig verre staat boven alle creatuur, en met alle schepselen doet naar zijn souverein welgevallen; de absolute bezitter, … van hemel en aarde, Gen. 14:19, 22, die alles doet wat Hem behaagt, aan wiens macht nergens een grens is gesteld.”
66 Ibid., 226.
67 Ibid.
kosmos en van alles wat tot die kosmos behoort.68 As sodanig ondersoek die Calvinistiese wysgeer die kosmos as kosmos en sal hy die kosmos of enigiets in of van die kosmos nie verselfstandig of verabsoluteer nie. Stoker handhaaf die beginsel dat die Calvinis die kosmos in sy totaliteit en samehangende radikale verskeidenheid tussen én die verhouding van God en kosmos ondersoek.69Die rede daarvoor is dat niks van God (ook nie Sy alomteenwoor digheid, immanensie en presensie), kreatuurlik is en niks van die kosmos met God identies is nie: “Dit is geen dualisme nie, maar aanvaarding van ʼn dualiteit, waarby God alleen absoluut en alge noegsaam, maar die kosmos in alles van God afhanklik, onself genoegsaam kreatuurlik en aan Gods wetsorde onderworpe is.”70Op grond van die waarheid dat uit, deur en tot God alle dinge is, beskryf Stoker, God, as Skepper, as die “transkosmiese sentrum” van die kosmos as totaliteit en samehangende verskeidenheid.71Die term ‘transkosmies’ dui aan dat God, Gód is, “radikaal van die kosmos onderskeie”.72Hy voeg by dat die teologie die kosmos uitsy teosentrisiteit benaderend probeer ver - staan; die Calvinistiese wysgeer daarenteen ondersoek die kosmos ás kosmos insy teosentrisiteit (in sy teosentriese gefundeerdheid).73 Die ontwikkeling en uitbouing van ʼn Calvinistiese regswetenskap, veronderstel volgens Stoker, met verwysing na Dooyeweerd, “de wets idee, welke aan de Calvinistiese levens- en wereldbe - schouwing ten grondslag ligt en welke geworteld is in die beide funda menten van alle christelijk denken: in de belijdenis der goddeliken schepperssouvereiniteit en in die belijdenis van het goddelijk voorziening wereldplan”.74 Die erkenning en eerbiediging van God se volstrekte soewereiniteit op die gebied van die regs -
68 Ibid.
69 Ibid.
70 Ibid.
71 Ibid.
72 Ibid.
73 Ibid.
74 “Pro Lege, Grege et Rege”, 14, aangehaal uit H. Dooyeweerd, De Beteekenis der Wetsidee voor Rechstwetenschap en Rechtsphilosophie(Inougurele Rede) door prof.
dr. H. Dooyeweerd) (Kampen: Kok, 1926), 63.
wetenskap, impliseer ʼn onderwerping aan God se skeppings or - dinansies. Stoker haal met instemming aan uit ʼn verklaring van J.C.
Rullman. Die onderwerping aan die wetsorde van God stel die Calvinistiese standpunt, volgens Stoker (en Rullman), teenoor die regsbeskouing van die “revolusie”, uit hoofde waarvan die reg as komende uit die mens beskou word: “Zij heeft in de eerste plaats uit de Heilige Schrift de rechtsbeginselen op te sporen, die voor alle deelen van het recht moeten gelden, deze op de behoeften van onzen tijd toe te passen, en zoo in verband met het historisch ge - worden recht tegeneover het rechtssysteem der revolutie het ge - reformeerde stelsel van het recht te ontwikkelen. Tast de revolutie het recht in zijn hartader aan, doet zij het recht opkomen uit den mansch, kent zij geen ander recht dan dat onder menschen is aan - genomen en in die wetten is vastgesteld, en is de rechtskennis, die aan die rijksuniversiteiten onderwezen wordt alzoo enkel wetten - kennis, de Jurisdische Faculteit der Vrije Universiteit moet uit Gods Woord de rechtsbeginselen opsporen, die God voor het leven van volken en volken, van overheid en onderdanen, van burgers en bur - gers heeft vastgesteld. Zij moet de bestaande wetgeving aan deze beginselen toetsen, en aan de hand dezer beginselen een gere - formeerd volkenrecht, staatsrecht en strafrecht, een gereformeerd burgerlijk en handelsrecht, een gereformeerd rechtsphilosophie en rechtsencyclopaedie ontwikkelen. Ondermijnt de revolutie stelsel - matig de rechten en inzettingen, die God voor de menschelijke samen leving heeft gegeven, de Juridische Faculteit der Vrije Uni - versiteit moet mannen kweeken, die zich als ridders van het recht rondom den troon der heilige gerechtigheid scharen; die haar weegschaal en zwaard tegen de revolutie verdedigen, en die in de pers en parlement zullen strijden voor het bereiken van het heerlijk doel, dat de wet Gods worde ingedragen in de wetten van ons volk.”75 Volgens Stoker is die universiteit, om sy roeping na behore te vervul, afhanklik van God: “God het ook ons universiteit (en i.c.
die toekomstige fakulteit van Regte) in Sy hande en bepaal ook Sy
75 Ibid., 14-15, aangehaal uit De Vrije Universiteit(Amsterdam: Vrije Universiteit, 1930), 135.
lotgevalle. As Hy ons universiteit nie seën nie, kan ons universiteit nie gedy nie. As aan Gods skepping geen vaste wette ten grondslag gelê het (en ook geen goddelike ordinansies van die reg bestaan het) nie, dan sou ons universiteit geen wetenskap (en ook geen wetenskap van regte) kon beoefen het nie.”76
3.3 Dit herinner aan die volstrekte vryheid en vrymag van God teenoor die wêreld
Indien die wêreld, soos die panteïsme wil, uit God onstaan het; uit God ontwikkel het, sou God in die ontaarding en verval van die wê - reld self betrokke gewees het.77 Vanweë die feit dat die skepsele deur God uit niks voortgebring is, dien as bewys daarvan dat dit teenoor God geen gewaande regte het of dit kan laat geld nie. Al die regte van die geskapenes berus juis op dít wat God in oor een - stemming met sy volmaakte wese daaraan gegee het. Die panteïsme lei tot ʼn regsfilosofie wat die skepsel in God se reg laat deel; dat dit ewig in God (en mét God) was. Die arminianisme beweer dat God juis soveel reg op ons het wanneer Hy aan ons sy weldade bewys. Dié stelling sou ons kon omkeer en sê: Elke reg wat God ons verleen is oorspronklik ʼn weldaad.
Die absolute vryheid en vrymag van God teenoor Sy skepping, word skerp deur Stoker beklemtoon.78 Volgens Stoker openbaar God se Woord dat God vrymagtig is en gaan Sy voorbeskikking (oftewel predestinasie in ʼn wye sin) oor alles – “en tog het Hy geen skuld aan die sondeval van die mens nie”.79Stoker verklaar dat die Woord van God aan die ander kant die mens as verantwoordelike
76 Ibid., 17.
77 Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, 441, verklaar bv. van die aard en wese van die skepping dat dit geen deel, geen uitvloeisel van die wese van God is nie. Dit word deur die uitdrukking ex nihiloverwoord.
78 Sien bv. Oorsprong en Rigting, band I, 186 e.v. Volgens Bavinck, ibid., 430, is die panteïsme in die nuwere wysbegeerte deur Spinoza in ere herstel: “Deze zag in de ééne substantie de eeuwige en noodzakalijke causa efficiens en immanens der wereld; de wereld is de explicatie van het Goddelijk wezen, en de bezondere dingen zijn de modi, waardoor de Goddelijke attributen van denken en uitgebreidheid op eene bepaalde wijze worden gedetermineerd.”
79 Ibid., 186.
wese voorstel en het hy wél skuld aan die sondeval “en hy alleen”.80 Hier, verklaar Stoker, het ons met ʼn ‘hiperdoks’ te make, met waarhede wat die mens se verstand te bowe gaan. Die mens sou dit slegs kon verstaan het as hy self God was. Die Christen kan dus hierdie hiperdoks slegs in die geloof aanvaar: “Ons mag dit nie – byvoorbeeld uit rasionalistiese motiewe – afwater deur die voorbeskikking van God fatalisties of deterministies op te vat en só menslike verantwoordelikheid en sy sondeskuld te nivelleer nie.
Ons mag dit ook nie – byvoorbeeld uit humanistiese, arminiaanse, pelagiaanse, eksistensialistiese en ander motiewe – afwater deur menslike verantwoordelikheid (en daarmee sy moontlikheid van keuse en vryheid) outonoom en ‘outark’ te stel, dit teenoor God te verselfstandig en só die vrymag van God in te kort en Sy bestiering en beskikking afhanklik te stel van die sogenaamde ‘vrye’ keuse en beslissing van die mens nie”.81Die fundamentele keuse wat Stoker in verband met menslike vryheid identifiseer, beskryf hy as “’n keuse tussen ʼn siening van menslike vryheid, wat vryheid uiteindelik in die vrymag van God veranker (ʼn vrymag wat menslike vryheid moontlik maak en bestier), en, aan die ander kant, ’n siening van menslike vryheid wat uiteindelik menslike vryheid uitsluitlik in die mens alleen veranker”.82 Menslike vryheid is nie moontlik volgens Stoker, los van die vrymag van God en die mens se verhoudinge tot die wêreld nie: “Menslike vryheid … is vryheid gesien volgens ‘die orde van die skepping’ – dit wil sê, afgesien van die verbrekende en verslawende invloed wat die sonde daarop mag hê.”83 In sy verhouding tot God, druk menslike vryheid sig uit as
“totalitêre diens” (met die mens se hele hart, sy hele verstand, sy hele siel en al sy kragte.84 Die hele menslike vryheid as “totalitêre diens” van God druk sig, volgens Stoker, uit in die besondere soorte vryheid van byvoorbeeld, bid, danksegging, lofprysing, verkon -
80 Ibid.
81 Ibid.
82 Ibid., 186-7.
83 Ibid., 187.
84 Ibid.
diging en verneming van die Woord van God, aflegging van bely de - nis, bediening van sakramente, evangelisasie, sending, enso - voorts.85Gewoonlik, verklaar Stoker, word die vrymag van God in sy verhouding tot menslike vryheid gestel. Na sy mening, lê die eintlike probleem nie hier nie. Die eintlike probleem lê dieper, naam lik in die verhouding van die vrymag van God tot die menslike móónt likheid van kéúse.86Stoker is duidelik daaroor dat menslike vryheid nie met die vrymag van God bots nie. Anders gestel: die hiperdokswaarna verwys is, “toon hom nie direk in die verhouding van die menslike vryheid teenoor die vrymag van God nie”.87 Want menslike vryheid kan slegs verwesenlik word waar die mens (op grond van sy moontlikheid van keuse) aan die normatiewe en kon tingente behorenseise gehoorsaam is, byvoorbeeld die weten skap like kan slegs wetenskaplik vry wees, as hy die kenbare, ʼn feit byvoorbeeld, onvoorwaardelik eerbiedig en gehoorsaam en as hy hom onvoorwaardelik aan die wette of norme van kenne en denke onderwerp en hulle gehoorsaam. Dit beteken dat menslike vryheid die doen is van wat die vrymagtige wil van God bepaal. Dit beteken uiteindelik dat menslike vryheid die doen is van wat die vrymagtige wil van God bepaal. Die mens kan slegs waarlik vry wees indien hy God gehoorsaam is en volgens Sy wil en wet handel. Dit is dan ook ʼn valse probleemstelling om die voorbeskikkende vrymag van God en menslike vryheid as teëstelling te sien – ʼn valse probleemstelling wat ontstaan wanneer menslike vryheid uitsluitlik in die mens en nie in die vrymag van God veranker word nie.88Stoker skenk ook aan - dag aan die moeilike vraag hoe die mens ʼn moontlikheid van keuse kan hê as die vrymag van God alles voorbeskik. Hy formuleer dit soos volg: “Dit impliseer die probleem: hoe kom die mens vanuit sy oop moontlikheid van keuse òf tot ʼn kiesakte (handeling) waarby hy God gehoorsaam en Sy wetsorde vervul (dit wil sê, tot vryheid) òf tot ʼn kiesakte (handeling) waarby hy aan God ongehoorsaam is en Sy wetsorde oortree (dit wil sê tot slawerny), as die vrymag van God
85 Ibid., 188.
86 Ibid., 188-9.
87 Ibid., 189.
88 Ibid., 189.
alles voorbeskik?”89 Stoker se antwoord is dat ons hier teen ʼn hiperdoks stuit wat vir die mens onverklaarbaar is. God alleen weet hoe dit moontlik is dat die mens ʼn moontlikheid van keuse het, terwyl God alles voorbeskik. Enkele aspekte word deur Stoker in hierdie verband uitgesonder: (a) Die kreatuurlikheid en wetson - derworpenheid van die mens mag nie uit die sig verdwyn nie. Die mens se kreatuurlike moontlikhede wat hom met sy aard, aanleg, funksies, talente, omstandighede, geleenthede en situasies geskenk is, is positief.90Tweedens mag ons die Goddelike vrymag en menslike vryheid nie op een lyn stel nie, anders bots hulle nood - wendig. Derdens is dit verkeerd om te meen dat ʼn bestiering of lei - ding van God noodwendig die oorgang van menslike moontlikheid van keuse tot kies “in sy kreatuurlike menslikheid” sou ophef.91 Vierdens, moet onthou word dat die mens in alles van God afhanklik is.92 Stoker kom vervolgens tot die slotsom dat die hiperdoks nie opgelos word nie en dat die mens voor die misterie van menslike kiesvryheid en die voorbeskikking van God bly staan.93
3.4 Dit bewys die almag van God
Skepping, deur iets uit niks voort te bring, is ʼn daad van absolute, oneindige mag; iets wat ons begrip van mag (wat altyd aan ʼn objek gebonde is) geheel te bowe gaan. Die afstand tussen syn en nie- syn is oneindig. Daarom wys die Skrif, ten einde aan ons Gods krag te skilder, ons telkens op die skepping – dit is die Skepper van die eindes van die aarde wat nie moeg of mat word nie. Daarom is ook skepping ʼn uitsluitend goddelike werk.94 Die opvatting van kreatuurlike skepping is ʼn contradictio in adjecto.
In die skeppingsfilosofie van Stoker, staan die almag van God sentraal. Hy verklaar in hierdie verband: “Die Calvinis het in die reël
89 Ibid.
90 Ibid.
91 Ibid., 191.
92 Ibid.
93 Ibid., 194.
94 Sien die opmerkings van Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, 455.
besonder klem gelê op die absolute soewereiniteit van God oor alles wat Hy geskape het, en in besonder op die wil en wet van God, wat die mens onverbiddelik en onvoorwaardelik moet gehoor - saam. Want God is Gód en die mens Sy toerekenbare en verant - woordelike dienskneg. Waar God spreek, moet die mens luister en het hy niks teen God in te bring nie. Humaniste handhaaf, onder andere, die selfgenoegsaamheid, rede-outonomie, outarkie en vrye wil van die mens en beskou genoemde oortuiging van die Calvinis as die mens onwaardig, as ʼn verslawing van menslike heerlikheid en ook wel liefdelose rigorisme. Die Calvinis daarenteen beskou hierdie humanistiese selfverheffing van die mens as sondig. Die wese en kern van sonde is juis menslike opstand teen God. Hy sien juis die kreatuurlik-menslike, toerekenbare en verantwoordelike, aan God gehoorsame roepingsvervulling as die eintlike heerlikheid van die mens.95 Onder die almag van God plaas Stoker sowel die absolute soewereiniteit, as die absolute wil en wet van God.96 Vol - gens Stoker was die besondere klem wat die Calvinisme op die absolute soewereiniteit, wil en wet van God lê, ook histories be - sonderlik genoodsaak deur die stryd van die Calvinisme teen die opkomende humanistiese en naturalistiese lewens- en wêreld - beskouings “wat onderskeidelik in toenemende mate die mens tot outonome wetgewer en die natuurwet deterministies verselfstandig het – ʼn stryd in die algemeen teen verskillende vorme van seku - larisasie … waardeur wêreld en mens al meer los van God gestel is. Die mens en die wêreld is al meer vergoddelik, wat eintlik beteken dat dit juis ontgoddelik is.”97Die almag van God word deur Stoker beskryf met verwysing na die feit dat God Sy skepping regeer. Daarvoor gebruik Hy ook die wetsorde wat Hy vir Sy hele skepping gestel het. As Wetgewer staan God bo die wetsorde van die skepping. Die hele skepping (stof, plant, dier en mens; die natuur, kultuur, godsdiens, asook religie staan geheel en al onder die wetsorde van God en is daaraan onverbiddelik onderworpe. Bo
95 Oorsprong en Rigting, band I, 52.
96 Ibid., 52-3.
97 Ibid., 52.
hierdie wetsorde kan niks van die skepping of van die mens uitstyg nie. Selfs waar die mens die Goddelike gebooie en kultuurnorme oortree, bly hulle geld en staan die mens met sy oortreding van dié gebooie en norme skuldig, veroordeel en strafwaardig; “(s)o vorm ook die wetsorde ʼn onderskeidingsgrens tussen God en Sy skep - ping”.98 In Sy almag het God die wetsorde aan die hele skepping gegee. Die wetsorde van God gee aan die skepping vastigheid, ooreenkomstig die vastheid van die onverbreeklike raad van God.99 Die almag van God strek ook uit tot die feit dat God die skepping deur Sy wonders regeer: “God regeer Sy skepping, nie net deur Sy wet nie, maar ook deur Sy wonder. Afgesien van, onder andere, die spesiale wonderdade wat God deur middel van profete en apostels doen, en in die besonder dié wat Christus verrig, is in die grond van die saak Sy skepping, onderhouding, regering, bestiering, verlos - sing, herskepping en voleinding louter wonder, iets wat die menslike verstand te bowe gaan. God doen die wonder volgens Sy won - derorde, volgens Sy liefde, alwysheid, algoedheid en almag. Van willekeur of noodlot is hier geen sprake nie. Die wonder vernietig nie die wet nie, maar gebruik dit. Wet is in wonder gegrond. Reeds die stel en handhawing van die wet deur God is self wonder.
Wonder en wet weerspreek mekaar nie.”100 Die implikasies van Stoker se standpunt oor die almag van God, het wye betekenis vir die teologie en wysbegeerte. Dit behels ondermeer, volgens Stoker, dat die Calvinis alle vorme van fatalisme en noodlotsleer (wat die wysheid en goedheid van die almagtige regering van God ontken), as alle vorme van kasualisme of absolute toevalsleer, sal bestry.101 Dit behels voorts, volgens Stoker se standpunt, dat die Calvinis die predestinasie van God in alles sal bely. Voorts dat hy alle vorme van humanisme, wat ondermeer die wonder en regering van God verwerp, die mens tot outonome wetgewer verhef, hom ʼn selfge - noegsame vryheid toeken, of die wet “denatureer tot ʼn subjektiewe
98 Ibid., 53.
99 Ibid.
100 Ibid.
101 Ibid., 54.
vorm van kennis, of self ontken dat die mens onder ʼn wetsorde staan”, sal bestry.102 Daarmee saam word ook sowel die deter mi - nisme as die indeterminisme op alle skeppingsterreine verwerp.103 Op grond van die almag en volstrekte soewereiniteit van God, verklaar Stoker, het God as Skepper absolute en algenoegsame reg op alles wat Hy geskape het (die mens en al sy doen en late ingeslote), terwyl die fundamentele (ontiese) menseregte van die mens geheel en al kreatuurlik en onselfgenoegsaam is, onderworpe aan die Goddelike wetsorde vir Sy hele skepping (waaronder die mens).104Die fundamentele regte waaroor die mens beskik, is aan - sprake van die mens kragtens sy fundamenteel kreatuurlike mens- wees, kragtens sy kreatuurlike, fundamentele aard, struktuur, funk - sies, take en bestemming.105Die woord “kreatuurlik” (oftewel skep - pingsmatig), dui volgens Stoker op die onderskeid en verband van God as Skepper en van die mens as skepsel.106 In hul diepste wortels is ontiese menseregte gunste, vergunnings, voorregte wat God met die skepping van die mens aan die mens geskenk het –
“en wel vir ʼn bepaalde doel aan hom geskenk het”.107Stoker voeg by: “Sy regte het die mens geheel en al aan God alleen te danke, en geeneen daarvan dra ʼn absolute karakter nie.”108
3.5 Dit verseker aan die skepsel ʼn sekere mate van glorie Dit getuig van goddelike belangstelling wanneer die Here tot skepping – wat ʼn vrye daad van God is – oorgaan. Dat die wêreld onstaan het, is nie die wêreld óf (nog minder) God se lot nie – dit is God se skepping! Deur die werksaamheid waaraan die skepping sy ontstaan te danke het, word dit gewy – die vinger van God het dit aangeraak en gevorm en deur al die skepping se afval en sonde heen, bly die indruk van “God se vinger” as’t ware daaraan kleef.
102 bid.
103 Ibid.
104Oorsprong en Rigting, band I, 115.
105 Ibid.
106 Ibid.
107 Ibid.
108 Ibid.
God staan teenoor Sý skepping nie soos ʼn tuinier wat ʼn plant of blom kweek nie, maar as Kunstenaar wat die beeld na Sy aan - skouing formeer – ons sou kon byvoeg: Wie se werk eers in Sy hart was en Wie se hart wederkerig in Sy werk was.109
Stoker se skeppingsfilosofie gee uitvoerig daarvan blyke dat hy besondere aandag aan die rol, posisie en status van die mens in die skepping geskenk het. Die mens is geen god nie, maar louter kreatuurlike, onselfgenoegsame en wetsonderworpe wese, wat skeppingsmatig toegerus is met ʼn eie aard, struktuur, aanleg, funk - sies en gawes wat by die res van die skeppingsgegewenes ont - breek.110Dit neem egter nie weg dat die mens as kreatuurlike wese beklee is met ʼn unieke posisie in die skepping van God nie. Die eiesoortigheid van die mens is daarin geleë dat hy alleen as beeld van God geskape is. As kreatuurlike beeld van God is die mens egter geen god nie, maar louter skepsel. As kreatuurlike beeld van God is die mens kroon van die skepping van God, “koningskind, mandator Dei, wat van God die opdrag ontvang het om in Sy Naam en volgens Sy wil op kreatuurlike wyse op aarde (in die skepping) te regeer”.111Volgens Stoker het God Sy skepping aan die mens toevertrou om daaroor te waak, te heers, kultuur te vorm, in liefde vir die mens te sorg, om as kreatuurlike, gehoorsame mede- arbeider van God roepingsvervullend die bestemming van die hele skepping te verwerklik, en om met dit alles God te dien, te eer en te verheerlik, en wel as dienskneg van die Allerhoogste aan Wie alles behoort en aan Wie die mens vir al sy doen en late verantwoordelik is. Daarom, volgens Stoker, is die mens nie in ʼn sinlose, absurde, vyandige wêreld gewerp nie, maar hy is deur God in ʼn sinryke skepping met ʼn sinvolle roeping gestel, “ook al bedreig die afval van
109 Sien Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, 459, se opmerking: “Zoo is er ook in God een welgevallen, dat beide boven behoefte en dwang, … oneindig vergeven is, dat in de schepping de kunstenaarsgedachten Gods belichaamt en daarin verlustiging vindt. Ja, wat in menschen slechts zwakke analogie is, is bij God in volstrekte oorspronkelijkheid aanwezig. Het schepsel heeft geene zelfstandigheid buiten en tegenover God, gelijk de schepping van een kunstenaar.”
110 Ibid., 55.
111 Ibid.
God die sin van die wêreld en van die mens”.112 As kreatuurlike beeld van God, volgens Stoker, vorm die hele persoon van die mens ʼn eenheid. In sy eenheid is hy ʼn individueel-sosiale wese. Die mens is nie slegs individu nie en ook nie slegs ʼn sosiale wese nie.
In sy volle eenheid, in sy persoonlike, kreatuurlike beeldwees van God, is sy eintlike “humanum”, sy eintlike humaniteit, sy eintlike ménslikheid geleë: “Wie iets van die volheid van sy menswees loën, en veral die mens òf sy kreatuurlikheid òf sy beeld-wees-van-God ontneem, verloor die mens as sodanig uit die oog.”113
Die mens as beelddraer van God het vir die regswetenskap diep - gaan de implikasies. In sy monografie oor die aard en die rol van die reg, skenk Stoker besondere aandag aan hierdie belangrike kwes - sie, met verwysing na die menslike reg en die status van die mens.
Volgens Stoker se regsleer is die mens volgens die orde van die skepping met ʼn besondere taak in ʼn sinvolle wêreld geplaas; aan die mens is ʼn besondere plek toebedeel.114Met die oog op die plek van die mens in sy verhouding tot die plekke van stof, plant en dier, praat Stoker in besonder van die besondere posisievan die mens in die kosmos; dit behels voorts die status van die mens in die skepping.115 Die mens se status word bepaal deur die feit dat die mens na die beeld van God geskape is; aan die mens is ʼn toe - rekenbare en verantwoordelike roeping gestel om te vervul. Die mens het die aanstelling om as verteenwoordiger van God by te dra tot die raadsplan van God met die skepping.116 Die mens het ʼn opdrag van God ontvang, as Koningskind het die mens die taak van ʼn dienskneg: “Dit alles is kentekenend van sy aanstelling en die daarmee gegewe opdrag aan hom as mens geskenk.”117 By die mens se status vind Stoker die mens se reg, dit wil sê sy mense -
112 Ibid.
113 Ibid., 56.
114 Die Aard en die Rol van die Reg, par. 2.3. Alle verwysings na Stoker se werke oor die reg, gebruik paragraafverwysings ten einde opsporing daarvan in sy werke te vergemaklik.
115 Ibid.
116 Ibid., 2.3.1.1.
117 Ibid.
regte, regsnorme en die regsorde.118 Die implikasie daarvan is voorts dat die reg nóú verband hou met die mens se amp, uit hoofde van die mens se aanstelling as héér van die kosmos “en die hiermee gegewe funksies (doel) en opdrag het die mens reg om te wees wat hy is en om te doen wat sy hand vind om te doen; m.a.w.
sy menseregte – en dit ooreenkomstig die regsnorme wat vir dit alles geld; – saamvattend: om as geroepene sy roeping te vervul”.119 3.6 Dit vorm die grondslag vir die leer van die openbaring ʼn God wat die wêreld deur ʼn klaar-bewuste daad van vryheid in aansyn laat tree het, kan nie anders wil as om sig direk op onmis kenbare wyse aan die geskape wêreld te openbaar nie. ʼn God wat as wêreldskepper in die wêreld belangstel, laat die wêreld nie son der juiste en voldoende kennis aangaande homself nie. Omge keerd: ʼn God wat nie los van die wêreld en bo die wêreld verhewe is nie, maar homself in die wêreld ontwikkel, kom ook eers lang saam en gebrekkig tot bewussyn in die wêreld. Daar sit iets “onbeholpe” in so ʼn gevisualiseerde openbaring.
Talle vorm vandag vir hulself ʼn openbaringsbegrip wat duidelike verwantskap met die panteïsme verraai en wat met die teïstiese leer van die skepping onverenigbaar is.
Is die openbaringsidee die hoofsleutel van die kosmos as kosmos?
Met hierdie vraag het Stoker hom intensief besig gehou in sy verantwoording oor die skeppingsidee as grondidee van die mens se kennis van die heelal. Volgens Stoker is die openbaringsidee (as grondliggende idee van ons kennis van die heelal) gegrond op die feit dat die heelal deur God geskep is. Met ander woorde dat die idee van skepping die idee van openbaring onderlê en omvat. In sy ontkenning van die openbaringsidee as “hoofsleutel” van die kos - mos as kosmos, redeneer Stoker soos volg: Die openbarings idee is die hoofsleutel om ons kennis van die kosmos (skepping) te verstaan, maar nie van die kosmos as kosmosnie. Die kosmos as kosmos is syns insiens ʼn skepping van God, waarvoor die skep pingsidee aan die
118 Ibid.
119 Ibid., 2.3.2.
wysbegeerte die hoofsleutel bied om die kosmos as kosmos te verstaan. Die kosmos as kosmos is ʼn skepping van God, met dien verstande dat dit vir Stoker nie gaan om die skeppende handelinge van God nie, omdat dit buite die veld van die wysbegeerte val. Vir Stoker gaan dit dus om die produkvan die skeppingswerk van God,
“in casu om hierdie geskape kosmos as kosmos, hierdie bestaande
“aards geskape heelal”, die universum waartoe ook die mens behoort en waarin hy hom bevind en waarin hy gestel is om sy van God gegewe roeping te vervul.120 Die geskape kosmos word deur Stoker beskryf as ʼn ‘syn’, ʼn ‘werklik heid’, ʼn “eiestandige aardse heelal”, wat openbaring en wet omvat (oftewel insluit). Die redes wat Stoker daarvoor aanbied is dat ons eerstens die Woord van God, synde die hiermee gegewe openbaring van God aangaande Homself en Sy verhouding tot alle dinge, hier in ons kosmosaantref.121Die Woord- en Skeppings ope nbaring van God is as openbaringsinhoud hier by ons, op krea tuurlike wyse in die skepping of geskape kosmos. Slegs in dié sin omvat die geskape kosmos openbaring.122Tweedens is daar ook ʼn openbaring deur God van die kosmos aan die mens en wel krag tens die kenbaarheid van die kosmos en die ken-aanleg van die mens, wat albei hul oorsprong in God vind. Hierdie kenbaarheid van die kosmos, asook die ken-aanleg van die mens is geheel en al kreatuurlik (kosmies) van aard.123 Stoker kom vervolgens tot die slotsom dat die skeppingsidee die omvattende eenheid van die wysgerige veld van ondersoek bied; ook openbaring en wet vir sover ons dit in die kosmos as skeppingsproduk of skeppingswerk van God aantref.124Vir hom bied die skeppingsidee die mees omvattende bepaling van wat hierdie kosmos as kosmos, dit wil sê as wysgerige veld van ondersoek, bied.125 Die rol van die idee van openbaring, volgens Stoker, is daarin geleë dat openbaring die sleu tel vir die mens se kennis aangaande die kosmos is. Maar kennis behoort tot die kosmos en is met die kosmos
120Oorsprong en Rigting, band II, 240.
121 Ibid., 241.
122 Ibid.
123 Ibid.
124 Ibid.
125 Ibid., 242.
intens verbind en vervleg. In dié sin sluit skepping dus openbaring in:
“Hieruit blyk dat skepping in hierdie sin openbaring insluit, dat die skeppingsidee ʼn meer omvattende wysgerige grondidee van die kosmos is as die openbaringsidee.”126 Volgens Stoker se skeppings - filosofie is sowel open baring as wet in die idee van skepping ge - grondves en daarin vervat.127 Stoker se standpunt oor openbaring en skepping kom staan naby dié van Herman Bavinck. Laasgenoemde verklaar van die skeppingsgrondslag van God se openbaring: “De uitvoering van den raad Gods begint met de schepping. Deze is de aanvang en grondslag van alle openbaring Gods en daarom ook het fundament van alle religieuze en ethische leven.”128
Die openbaringsgrondslag van die reg, as gegewene van die skep - ping, hou verband met die feit dat die reg deur God geskape is en as sodanig ʼn bepaalde plek, rol en funksie in die skeppingsorde vervul. Die Calvinistiese perspektief op die reg behels dat die mens met God se openbaring in Sy Woord sal rekening hou, omdat God se Woord besondere lig werp op die verhouding van God en die skepping (insluitend die mens), van God tot die mens in besonder, van mens en God, van mens en kosmos en van mens en mens.129 Die mate waartoe God se openbaring aangaande die mens se rol en funksie in die skepping hierdeur geraak word, word soos volg deur Stoker beskryf: “Dit maakmet ʼn mens se wetenskaplike (waar - onder wysgerige) studie van die menslike reg in fundamentele op - sigte ʼn verskil of jy menslike reg in die lig van Gods Woordopen - baring sien al dan nie, wat jou beskouing is aangaande die mens en sy plek in die kosmos en hoe fundamenteel ʼn mens die antitese van reg en onreg sien; en dan verder of en hoe jy die status van die mens sien, of jy bv. humanisties die laaste grond van die menslike status sien in die homself sy taak stellende outonome mens of bv.
naturalisties die mens tot dier denatureer en daarmee in beginsel sy
126 Ibid.
127 Sien ibid., 242-3.
128Gereformeerde Dogmatiek, 426.
129 Ibid., 2.4.
status nivelleer, maar dan ook of jy menslike reg in sy wesenlike verbondenheid met sy status en status-funksies sien al dan nie.”130 4. Welke kategorieë Skriftuurlike gegewens oor die leer
van die skepping kan onderskei word?
Twee groepe gegewens tree hier na vore: (1) Verwysings deur die hele Skrif oor die skepping; (2) Die uitvoerige beskrywing daarvan in Genesis 1 en 2. Die verwysings wat regdeur die Skrif oor die skepping aangetref word, kan in sewe belangrike opsigte onderskei word.:
(i) Skriftuurlike verwysings wat die klem op die nuwe, vroeër nie- aanwesige produk van die skepping behandel: Eksodus 34:10; Psalm 51:12; Jeremia 31:22; Numeri 16:30; Openbaring 4:11.
(ii) Verwysings wat die klem op die absolute oneindige mag van God in die skepping laat val: Jesaja 40:26, 28; 41:20; 42:5;
45:12, 18; Amos 4:13; Jeremia 10:11; 32:17; Openbaring 10:6;
Psalm 33:9; 95:4-7; 121:2.
(iii) Verwysings wat dui op die verhewenheid van God bo die geskape wêreld, aan Hom ʼn bestaan buite en bo die skepping toeskryf en sodoende die transendensie van God beklemtoon:
Psalm 90:2; 102:26; 104:29; Johannes 1:3; Handelinge 17:24;
Romeine 1:20, 25; Hebreërs 1:10-12.
(iv) Verwysings wat van die skepping as ʼn werk van wysheid melding maak: Job 18:24-28; Jesaja 40:12-14; Jeremia 10:12- 16; Johannes 1:3; Hebreërs 1:2.
(v) Verwysings wat die skepping as ʼn lewende organisme voorstel: Psalm 33:6; 104:30; Job 26:13; 33:4.
(vi) Verwysings wat die skepping onder die aspek van die soewereiniteit van God plaas en beklemtoon dat God alles om sy ontwil geskape het: Jesaja 43:7; 45:18; Romeine 1:25.
(vii) Verwysings wat die skepping beskou as iets vooruitsiende; as ʼn grondliggende daad waardeur vir alles in die skepping hul
130 Ibid., 2.4.
ordinansies en wette vasgestel is. Die woorde wat daarvoor in die oorspronklike tale gebruik word is: “funderend”; “grondves”;
“stigting”. Daaruit word dan ʼn parallelisme ontwikkel tussen skepping en herskepping: 1 Korintiërs 11:9; Kolossense 1:16;
3:10; Efesiërs 2:10, 15; 4:24; 2 Korintiërs 5:17; Galasiërs 6:15.
In hierdie sin praat die Griekse vadere van ʼn eerste, tweede en derde skepping; as die drievoudige legging van die fonda men - te waarop ʼn wêreldorde verrys (die eerste is die skepping; die tweede is die wedergeboorte en die derde die voleinding van alle dinge).
Is dit toevallig dat die Bybel met ʼn skeppingsgeskiedenis be - gin?
Nee. Die grond daarvoor is egter nie te soek in ʼn strewe om alles uit die diepste dieptes op te haal nie. So-iets is vreemd aan die Skrif. Die leer van die skepping word hier gesien in verband met die heilsorde van God.
Dit is opvallend dat Stoker nie ʼn uitgebreide ondersoek na die Skrifgegewens oor die leer van die skepping onderneem nie. Hy werk bloot met die skepping as produk van God se skeppingswerk.
Die wyse waarop Stoker met die idee van skepping omgaan, toon aan dat hy dan die aspekte soos die absolute oneindige vrymag van God; die verhewendheid van God bo die geskapene (Sy transen - densie); die skepping as ʼn werk van God se oneindige wysheid; as werk van God se soewereiniteit, onderworpe aan God se wetsorde, daarby veronderstel. Die belangrikste is egter dat Stoker God se skeppingwerk as ʼn daad in die heilsorde van God stel en onder - soek. Benewens die skepping van die wêreld, verwys Stoker ook na die sondeval van die mens en die implikasies daarvan, sowel as na die herskepping van die werklikheid in Christus. Metodologies begin Stoker egter telkens met die leer van die skepping en daarna ver - reken hy die effek van die sondeval en die herskeppingswerk in Christus. So byvoorbeeld, waar Stoker dit oor die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing het, behandel hy onder Skepper en skep ping eerstens die feit dat die skepping (die aards geskape heelal of kosmos) deur God Drie-enig geskape is en deur Hom