DIE VERNAAMSTE TERME VIR
„ R Y K D O M ”
IN DIE OU TESTAMENT EN HULLE BETEKENIS-ONTWIK-
KELING
DR. W. C. VAN WYK
Die begrip „rykdom ” w ord in die literatu u r gewoonlik vanuit sy teenstelling „arm oede” benader1). Tog is d aar heelw at te k ste in die Ou T estam ent w aarin die term e vir „rykdom ” nie in v er
band m et of in teenstelling m et die begrip „arm oede” gebruik w ord nie. D aarom m ag dit die w ins van perspektief m eebring as ons ’n keer die term e vir die begrip „rykdom ” ondersoek in die verband w aarin hulle in die Ou T estam ent voorkom. Van hieruit wil ons veral die konklusies trek m et betrekking to t die religieuse beoordeling van rykdom in die Ou Testam ent.
A. Die volgende term e2) w ord gebruik om die begrip u it te druk: ’ön, hön, ham ön, hajil en ‘ósèr.
1. ’ön. Die oorspronklike betekenis van hierdie woord, w a a r
van geen H ebreeuse w erkw oordsvorm bekend is nie3), is „ver- w ekkingskrag” . H ierdie betekenis is duidelik u it die plekke Gen.
49:3, Deut. 21:17, Ps. 78:51 en Ps. 105:36. In al hierdie te k ste w ord die w oord in statu s constructus-verbinding deur rë’sit,
„begin, eersteling” voorafgegaan en in sinonieme paralellelism e m et bekör, „eersgeborene” gebruik. Die eersgeborene is die eer
steling van die verw ekkingskrag. V andaar ontw ikkel die b etek e
nis to t „krag, verm oë” oor die algemeen, byvoorbeeld in Job 40:16 (Afr. V ert. 40:11) w aar die krag van die seekoei beskryf w ord en in Jes. 40:26 w aar dit in verband m et die alm ag van Jahw è gebruik w ord. V andaar ontw ikkel dit w eer to t „verm oë, rykdom .” In laasgenoem de betekenis w ord dit gebruik in Job 20:10 en besonder duidelik in Hos. 12:9 w aar die uitdrukking m ásá’ ’ön, „verm oë v erkry ” parallel aan die gebruiklike w erk w oord vir „ryk w ees”, naam lik ‘sr gebruik word:
1) D ie R eligion in Geschichte und Gegenwart, Tubingen 31957, verw ys ’n m ens by d ie trefwoord „Reichtum ” na die trefwoord „Arm ut”.
2) Ons verkies om van „term e” of „woorde” te praat, om dat verskillende woorde een en d ieselfde begrip kan uitdruk, dikw els sonder enige nuanseverskil.
3) K oehler, L exicon, s.v. vergelyk w el ’n Arabiese stam wat „rus, verm oeid w ees” beteken daarmee.
„Ja, ek h et ryk geword, ek h e t vir m y verm oë verk ry”4). Die gebruik van ’ón is hier doelbewus as voorspel m et m ásá’
‘awön, in die tw eede helfte van die vers.
2.hön. Hierdie w oord kom selde buite die w ysheidsliteratuur voor. As w erkw oord kom dit net een keer in die Ou Testam ent voor, naam lik in die Hif'il in Deut. 1:41 in die betekenis van
„m aklik w aan, ligtelik doen” . Die stam hou verband m et die A rabiese hána, „lig, maklik w ees” . M iskien kan ons die grond
betekenis van die stam w at aan hön ten grondslag lê die beste w eergee m et „genoeg w ees”. Inderdaad w ord die w oord hön as uitroep gebruik in Spr. 30:15, 16 in die betekenis van „genoeg!”
Terselfdertyd kan die feit d at een en dieselfde w oord gebruik w ord vir „genoegsaam heid” en „rykdom ” vir ons ’n aanduiding gee van w at onder die begrip „rykdom ” v erstaan is, sodat ons nie m et ’n betekenis-ontw ikkeling van „genoegsaam heid” to t „ryk
dom ” in die w oord hön moet reken nie. Die Griekse en Siriese vertalings asook die Targum vertaal hön in Spr. 30:15, 16 met
’arkei, „dis genoeg!” of die ekw ivalent daarvan. In Ps. 112:3 en Spr. 8:18 w ord dit in parallelisme m et ‘asèr gebruik. Die vraag kan gestel w ord of ons in hön naas ’ön nie slegs ’n geaspireerde vorm van een en dieselfde w oord het nie, soos hêk naas ’êk en hawwá naas ’awwá (vergelyk Mig. 7:3). M iskien m oet ons op grond van verw ante van hön in die ander Semitiese tale, naam lik A ram ees, Siries en Arabies (hoewel die betekenisverw antskap en -ontw ikkeling nie baie duidelik is nie) aan hön as selfstandige en afsonderlike stam vashou. Die feit d a t die stam in relatief jong gedokum enteerde tale voorkom kan eg ter ook as argum ent gebruik w ord om die stelling te verdedig dat ons hier juis ’n la a t geaspireerde vorm h et w at naas en in die plek van die onge
aspireerde vorm in gebrdik gekom het.
3. hamön. Hierdie w oord h et ’n interessante betekenisontw ik
keling, m et die betekenis van „rykdom ” aan die einde van die ontw ikkeling. Die stam h-m-h (met h-m-m en h-w-m as variante) is w aarskynlik klanknabootsing, m et ander w oorde „hmmm, brom , dreun, druis” . Die grondbegrip van hamön is dus akoesties en nie, soos Koehler meen, aanduiding van ’n opgewonde bew e
ging w a t dan „ins A kutische gew endet” is nie5). Die Semitiese verw ante w at Koehler self by die stam h-m-h aangee asook die oorw ig van die plekke w aar dit in die Ou T estam ent voorkom wys baie duidelik op die oorspronklike akoestiese aspek. So kan die betekenisontw ikkeling die beste v erk laar w ord. V anaf die
4) D ie Jerusalem B ible vertaal h eel plasties: „I have amassed a fortune”.
B) K oehler, Lexicon, s.v.
geluid (gebrom, gedruis, gedrang) in die besonder van ’n m enigte mense ontw ikkel d it to t aanduiding van die skare of m enigte self. V anaf „m enigte” is die oorgang m aklik na „oorvloed, ryk- dom” . In sommige van die vindplase w a t K oehler vir die vertaling
„rum oer” of „optog, gevolg” aangee, kan ham ön veel b e te r m et
„rykdom ” v ertaal w ord, byvoorbeeld Jes. 16:14 w a a r die A fri
kaanse vertaling onverstaanbaar is en ’n vertaling soos dié van Van der Flier onbevredigend is, naam lik „M oabs heerlijkheid m et al zijn rum oer w o rd t niets geacht”6). Die S eptuginta v ertaal hier tereg m et ploütos, „rykdom ”, in hierdie geval rykdom aan land- bou-oeste. Hoewel ham ön w at dikwels in Esegiël voorkom m eesal in die betekenis „m ensem enigte” gebruik w ord, byvoorbeeld 32:32, is die betekenis daarvan in 29:19 en 30:4 ongetw yfeld
„rykdom ” : „Kyk, Ek gee Egipteland aan N ebukadnesar, die ko- ning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan w egdra . . . ” (29:19).
Dit w ord hier saam m et „buit” en „roof” gebruik. In die Septuaginta ontbreek die vertalings van die betrokke frase in albei die verse, m aar dit is deur Origenes onder asteriskos inge- voeg, eg ter nie m et ploütos w eergegee nie, m aar m et plêthos,
„m enigte” . Teenoor K oehler m oet ons ook stel d at ham ön in Ps.
37:16 en Jes. 60:5 alleen „rykdom ” kan beteken, in die eerste geval as teenstelling to t m e‘at, „weinig, k arig ” en in die laaste as parallel vir hajil, „verm oë”. In die tek ste Pred. 5:9 (parallel kèsèf) en 1 Kron. 29:16 w ord die betekenis „rykdom ” v ir ham ön deur niem and in tw yfel getrek nie. In albei hierdie gevalle h et die Septuaginta m et plêthos vertaal.
4. hajil. As w erkw oord word die stam slegs tw ee k eer gebruik, in Job 20:21, in die betekenis „duursaam w ees” , en in Ps. 10:5, w aar ons die k onjekktuur van die Biblia H ebraica w a t in die A frikaanse vertaling skynbaar gevolg is („sy w eë is alty d v oor
spoedig”) oorbodig ag. Die betekenis „standvastig, duursaam wees, duur” pas ook hier uitm untend. Die grondbetekenis van. die w erkw oord is iets soos „sterk w ees”, en die selfstandige naam w oord h et die betekenis „vermoë, k rag ”. M aar op heelw at plekke h et dit ook die betekenis van „vermoë, rykdom ” soos die betekenis van die adjektief hiervan in die A frikaans duidelik te kenne gee, byvoorbeeld „’n verm oënde m an” . In die betekenis van „eiendom, rykdom ” w ord dit gebruik in onder andere Gen. 34:29, Num. 31:9, Deut. 8:17, 18 en baie duidelik in Jes. 30:6 (as parallel van ’ósár,
„sk at”) en in Jes. 60:5 as parallel van ham ön jam, „die rykdom van die see” . In hierdie verband verm eld ons in die verbygaan
6) R. de Vaux, H oe het oude Israël leefde, I, Roermond-Maaseik 1961, bl. 130.
ook die uitdrukking gibbör hajil, w at naas „dapper m an” eenvou
dig as „grondbesitter” v ertaal kan w ord. D it is die volle Israeli- tiese b urger w at verplig w as to t m ilitêre diens, en om dat hy self vir sy uitrustin g moes betaal, ’n sekere w elstand moes geniet6).
Om gekeerd h e t die grondbesit hom op deelnam e aan oorlog ge- regtig gem aak, w an t oorlogvoering w as m eer voorreg as plig, om dat die oorlogvoering ’n legitieme m anier w as van selfverry- king. So k ry ’n mens aandeel aan die buit. Die sam ehang van grondbesit, burgerskap en krygsdiens h e t sy oorsprong in die verow ering van K anaan, w aar die grond tussen die families verdeel is.
5. cóser, (s. nw.), caSïr (adj.) en ca§ar (ww.) is by u itstek die w oordstam w a t „rykdom , ryk, ry k w ord, ry k w ees” in die Ou Tes
ta m en t aandui. In teenstelling m et al die voorverm elde stam m e het d it nie „rykdom ” ens., as afgeleide betekenis nie, m aar d it is die prim êre betekenis daarvan. Die w erkw oord kom in die Qal, Hifcil en H itpacël-stam form asies voor. Naas absolute gebruik (Jer. 9:22) vind ons die adjektief as teenstelling to t ra ’s, „arm ” (2 Sam. 12:1), d al, (Rut 3:10) en ’èbjön (Ps. 49:3).
Die te rm kaböd, „gewig, las, eer” kom enkele kere in die betekenis van „rykdom ” voor, veral in die uitdrukking casa kaböd, „rykdom , besittings verw erf” (Gen. 31:1) w aar d it op die veelheid van verw orw e besittings w ys, in oireenstem m ing met die betekenisontw ikkeling van die stam k-b-d van „sw aar” to t
„ ta lry k ” (byvoorbeeld van die volk, Num. 20:20). Enkele kere w o rd d it ook in parallelism e m et cósèr gebruik, m aar in dergelike gelykte verbindings is d it nie m aklik om die presiese nuanse v an die w oord vas te stel nie. W aarskynlik wys dit m eer op die uitw erking van „rykdom ” as „glans” of „eer” . M et uitsonde
ring van die p a a r keer dat die selfstandige naam w oord ’n konno- tasie van „rykdom ” kry, is die betekenis van die stam k-b-d behalw e w a a r dit, al na gelang die stam form asie w a t gebruik w ord „geëer w ord, geëerd wees, eer” beteken, feitlik altyd on
gunstig: „drukkend, lastig, verhard” .
B. V eral in die verbinding van die begrip „rykdom ” m et begrippe soos „seën,” „w ysheid” en „eer” vind ons die positiew e benadering van die Ou T estam ent teen o o r rykdom uitgedruk.
(i) Rykdom en seën:
D it is veral die P entateug w at to estan d e u it die vroeë tyd reflekteer toe rykdom nog geen sosiale problem e meegebring h e t nie, w a t rykdom m et die Goddelike seën in verband bring.
As die dienaar van A braham Rebekka, die su ster van Laban, as
7) J. P. Oberholzer, D ie stám b-r-k in d ie S em itiese Tale, M.A.-Verhande
lin g U.P.
vrou v ir Isak gaan vra, sê hy heel aan die begin, n et n a d a t hy hom self voorgestel het: „Die HERE h et m y heer baie geseën, sodat hy groot gew ord het, en aan hom kleinvee en beeste, silw er en goud, slaw e en slavinne en kam ele en esels gegee”
(Gen. 24:35). T erselfdertyd leer hierdie teks ons w at onder ry k dom as Goddelike seën verstaan is. In Gen. 26:12 w ord die hon
derdvoudige oes van Isak in G erar ook aan Goddelike seën toe- geskryf, naas die b esit aan vee en bediendes (vs. 14).
D euteronom ium stel hierdie seëninge steeds teen die agter- grond van die gaw e van die ryk land Kanaan. D eut. 8:7-19 noem alles w at die land inhou: w aterrykdom , graan, vrugtebom e, heuning, m etale, ,,’n land w aarin jy brood sonder sk aarste sal eet, w aarin niks jou sal ontbreek nie; . . . en jy sal eet en versadig w ord en die HERE jou God loof oor die goeie land w at Hy jou gegee h e t” (vs. 9-10).
U it hierdie en ander tekste (vgl. veral Deut. 28:1-14) is dit duidelik dat rykdom nie iets is w at verabsoluteer w ord nie, m aar w at altyd m et die G ew er daarvan in verband gesien w ord. Be- halw e die stam b-r-k „seën”7’ w ord die w erkw oord n-t-n „gee”
gebruik, of die Hif. van c-§-r „ryk m aak” m et Jahw e as subjek.
God h et aan Salomo rykdom gegee (1 Kon. 3:13); in die lofsang van H anna lui dit: „Die HERE m aak arm en m aak ry k ” (1 Sam.
2:7) en Spr. 22:2 stel dit op ’n besondere manier: „Ryk en arm ontm oet m ekaar, die HERE het hulle alm al gem aak.” V an Gods k an t gesien h et die ryke nie voorrang bo die arm e nie, en is die arm e nie by Horn aanneem liker as die ryke nie. Hoewel dit duide
lik gestel w ord d at God die rykdom gee, hou dit nie in d a t die mens hom nie daarvoor inspan nie; inteendeel, rykdom w ord m et vermoeienis verw erf. So sê die Prediker: „Ook v ir elke m ens aan wie God rykdom en sk atte gegee het, en w at Hy in sta a t stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ’n gawe van God” 5:18, vgl. 6:2).
Die vorm w a t rykdom aanneem is hoofsaaklik die produkte van die akkerland en die aanteel van die kudde. Hierdie soort rykdom is altyd afhanklik van die gawe van die reën, w an t daarsonder is geen graanopbrengste moontlik nie en daarsonder kan die weivelde nie die veestapel dra nie (Ps. 65:10 w .). Die beskryw ing van die ryk man in die gelykenis w aarm ee die profeet N atan koning Dawid tereg gewys het, toon hom as iem and w at m enigtes van groot- en kleinvee besit. Tog is die afkeur van hierdie man nie geleë in die rykdom as sodanig w at hy b esit nie, m aar in die feit d at hy hebsugtig was en nie geskroom h e t om alles w at die arm man gehad h et van Jjom af w eg te neem nie (2 Sam. 12).
As God die gew er van die rykdom is, is dit vanselfsprekend d a t die menslike yw er — hoe noodsaaklik dit ookal is — niks by God se gawe byvoeg nie. Die Spreukeboek bevat w aam em ings van die lew enspraktyk en probeer nie altyd om hierdie w aam e
mings te sistem atiseer of religieus te fundeer nie, daarom d at ons oor rykdom heel uiteenlopende uitsprake kan betref. Tog getuig Spr. 10:22 van ’n diepere siening: „Die seën van die HERE
— d it m aak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.”
As Hy die gew er is, spreek dit ook vanself d at hy die rykdom w eer kan w egneem (Gen. 31:16).
’n Klassieke form ulering oor die rykdom as gaw e van God vind ons in die gebed van Dawid voor sy dood, 1 Kron. 29:12, 14 en 16: „Die rykdom en die eer kom van U.” Die vrywillige gawes w a t die Israeliete vir die tem pel gebring h e t „ kom alles van U, en u it u hand h et ons dit aan U gegee . . . HERE onse God, hierdie ganse rykdom w at ons berei h e t om vir U, vir u heilige N aam, ’n huis te bou — dit kom u it u hand en dit behoort alles aan U.”
(ii) Rykdom en e en
„Rykdom en eer” w ord as vaste verbinding in 2 Kronieke ge
bruik. Die tw ee w oorde skyn aanvullende of m iskien parallelle betekenis te hê. Hierbo h et ons die m oontlikheid geopper d at m et „eer” m eer op die uitw erking van die rykdom gew ys word.
D it w ord gewoonlik van dié konings oor w ie die K roniekskryw er g unstig oordeel, d at hulle „gedoen h et w a t reg w as in die oë van die HERE”, gesê d a t hulle rykdom en eer ontvang het, van Dawid (1 Kron. 29:12), van Josafat (2 Kron. 17:5, 18:1) en van Hiskia (2 Kron. 32:27). V eral uit die laaste geval en u it die geskiedenis van Salomo blyk d a t dit min of m eer ’n sinoniem vir rykdom is as dit m et „rykdom ” en „sk atte” saam gegroepeer w ord: „Ek sal jou ook rykdom en sk atte en eer gee” (2 Kron. 1:12); „En Jehiskia h et buitengew oon baie rykdom en eer b esit en v ir hom skatkam ers gem aak vir silw er en goud en edelgesteentes . . . (2 Kron. 32:27). Die tw ee w oord w ord ook in parallelism e ge
b ru ik in die halfverse van Spr. 11:6 m aar die verhouding tussen die halfverse (sinoniem, antiteties of sinteties) is nie duidelik nie.
Na die omgewing w aarin dit staan geoordeel, verw ag ons ’n antitetiese parallelisme. Die Septuaginta is van geen hulp nie om dat dit tw ee halfverse tussen-in invoeg. D river vertaal: „’n aanvallige vrou verkry eer, m aar die kragvolles (carisim ) verkry rykdom ”8). Ringgren oorweeg ’n teenstelling tussen „aufrichtiger Güte und unm oralisch^r K raft beim Streben nach Stellung und
8) H. Ringgren, Sprüche, A.T.D., 1962, bl. 48 n.4.
13
Reichtum ”9). In albei hierdie gevalle lê die antitese tu ssen ’ësèt hën en carisim en kan „rykdom ” en „eer” sinoniem opgevat w ord.
(iii) Rykdom en w ysheid:
Die verbinding van w ysheid en rykdom is die beste u it die lewe van Koning Salomo bekend. Omdat hy w ysheid bo rykdom verkies, ontvang hy w ysheid én rykdom (1 Kon. 3:11, 13; 2 Kron.
1:11-12). Die beskryw ing van Salomo se lewe w ord prakties afgesluit m et die opm erking: „So h et koning Salomo dan g ro ter gew ord as al die konings van die aarde in rykdom en w ysheid”
1 Kon. 10:23, 2 Krin. 9:22). W aar dit in verband m et Salom o van die begin af as gaw es van God gesien is, vind ons in die Spreuke- boek dié gedagtegang d at die rykdom die gevolg is van die w y s heid, byvoorbeeld „Die kroon van die w yse is hulle rykdom ” (14:24). Hoewel die verkryging van w ysheid hoër gestel w ord as dié van silwer, goud of korale, w ord van die w yse tog gesê d at
„in sy linkerhand rykdom en eer” is (3:13-16). W anneer die gepersonifieerde w ysheid sy uitnodigings doen, vind ons dieselfde paradoksale verbinding: aan die een k an t w ord die w ysheid aan- loklik gem aak deur te sê d at dit rykdom en eer bring, aan die ander k a n t w ord die betreklike w aarde van rykdom teenoor w ys
heid gestel (8:18-19). P rediker 9:11 is m aar skynbaar m et die gedagte d at rykdom die gevolg is van w ysheid in teëspraak:
„ . . . d at die w edloop nie is vir die vinniges en die oorlog vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die w yse of ook rykdom vir die slim mes” nie . . . Die Prediker wil alleen sê d at dit nie
’n absolute w aarborg is d at ’n mens rykdom deur w ysheid sal verkry nie. O m dat alles gebeur soos God dit bepaal en om dat God se wil ondeurgrondelik is, kan dit soms ’n keer gebeur d at rykdom nie op w ysheid volg nie10).
C. Rykdom en die w ysheidsliteratuur: Ons h et tevore reeds opgem erk d at die W ysheidsliteratuur in ’n veelheid van verbande en m et verskillende beoordeling die begrip rykdom gebruik.
Selde w ord die w aardering vir of die afkeur van rykdom religieus.
V eral die Spreukeboek is ’n spieël van die ervaringe in die Israeli- tiese samelewing, w aar al na gelang van die begeleidende om- standighede ’n bepaalde saak sy voor- of nadele het, en positief of negatief beoordeel w ord. Die arm e w at rydom verlang en dit nie h et nie, staan n et so bloot aan die versoeking om teen die gebod van God te sondig as die een w at rykdom het. Spr. 30:8 illustreer ’n dergelike benadering: „Gee my nie arm oede of rykdom nie, la a t my geniet die brood w at vir my bestem is, d at ek nie, as ek oorversadig gew ord het, U verloën nie, en sê: W ie is die
9) Ringgren, a.w., bl. 51.
10) J. van der Ploeg, Prediker, B.O.T., 1953, bl. 58 v.
14
HERE? En d a t ek nie, as ek arm gew ord het, steel en my aan die N aam van my God vergryp nie.” Dit is ’n gebed om dié deel w at die Skepper in sy w ysheid vir die mens bestem h et en w at in sy w erklike behoefte voorsien. Die gevolge van rykdom kan selfge- noegsaam heid en die vergeet van God w ees, en die arm oede bring allerlei versoekings soos diefstal en G odslastering. So ’n uitspraak is nie sonder ’n besef van menslike sondigheid nie.
Die reeds vroeër aangehaalde Spr. 22:2 lyk asof dit die onder- skeid tussen ryk en arm in die skeppingsordening van God vind, m aar dit m oet vergelyk word m et 14:31 w aarin die eis to t barm hartigheid en medelye van die verm oënde teenoor die behoeftige uitdruklik gestel word. Dieselfde gedagte van die plig to t barm hartigheid lê miskien ook agter 29:13, vergelyk ook 28:8b, 27 en 29:7“ ). ’n Positiewe beoordeling van rykdom vind ’n mens onreg- streeks in uitsprake in die Spreukeboek w a t die arm oede teken as ’n kw aad w at die mens oor hom self bring, soos die bekende Spr. 6:6-11, „Gaan na die mier, luiaard . . . vergelyk verder 24:30-34, 26:13-16, 27:23-27. Spr. 10:4 (vgl. 10:15) druk dit kem - agtig uit: „Arm is hy w at m et ’n trae hand w erk; m aar die hand van die vlytiges m aak ryk.” Hoewel arm oede die gevolg van luiheid, eiesinnigheid (13:4, 18) en genotsug (21:17; 23:21) kan wees, kan dit egter ook deur ’n handeling van Jahw e teweegge- bring w ord (1 Sam. 2:7) to t beproewing (Job 1:13-21) en to t loute
ring (Job 36:15).
In die W ysheidsliteratuur word ook nie nagelaat om op die relatiw iteit van die rykdom te wys nie. In lyn m et die vergeldings- dogm a wys Elifas, die vriend van Job, daarop d at die goddelose nie ryk bly nie en d at sy vermoë nie stan d hou nie (Job 15:29).
Selfs Job ondersteun hierdie gedagte in Job 27:13 w .: die godde
lose se rykdom b aat hom nie, w ant hy kom om en andere geniet sy rykdom . D it is veral die Prediker w a t hierdie relatiw iteit on- derstreep, vergelyk 5:9 w . en 6:2 v. In Spreuke h et ons ook reeds baie voorbeelde gevind w aar geestelike hoër as rykdom gestel w ord, w aarby ons nog 22:1 kan noem: „’n Goeie reputasie is b eter as groot rykdom .”
D. Rykdom en die profete: Buite die Profete vind ons in die Skrif duidelike spore van ’n profetiese gees, ’n Aanbanende gereg- tigheidsbegrip vergelykbaar m et dié van die profete kan ons al in die P entateug w aam eem . In Gen. 31:16 is dit die mening van Lea en Ragel d at God die rykdim van hulle v ader weggeneem h et om dat hy hulle verkoop h et en die geld deurgebring het. ’n Psalm soos Ps. 49 raak sowcl die w ysheid as die profete. Rykdom mag aansien (49:19, 21) en geluk bring (vs. 19) m aar die ryke neem niks saam in die dood nie. ’n K ritiese stem gaan op teen
diegene w at op hulle rykdom vertrou en hulle op hul verm oë beroem (vs. 7). T erselfdertyd is hier die ontw ikkeling in die Psalm s self bespeurbaar, w aarvolgens die ryke m eer en m eer m et die goddelose gelykgestel w ord12).
Die profetiese kritiek is nie gerig teen die rykdom as sodanig nie, m aar teen die m aniere w aarop dit verkry is, arm es en m agte- loses uitgebuit is, teen die hoogmoed w at d aaru it voortgespruit het, dade en gesindhede w at voortgespruit h et uit ’n verkeerde houding teenoor Jahw e, die verbondsgod van Israel. Sag. 11:5 stel op ironiese w yse die ryke aan die k aak w at w el nog die verband tussen Jahw e en sy eie rykdom lê, nog die G odsbetrok- kenheid van die rykdom erken, m aar die klem van die G ew er na die ontvanger verskuif het. „Loof die H ere” is nie ’n lof van God w at op die gaw e volg nie, m aar w at te r wille van die rykdom uitgespreek w ord.
W aar die W ysheidsliteratuur reeds gew aarsku h et teen die eiewysheid (Spr. 28:11) en onversadigbaarheid (Pred. 4:8) van die rykdom w at to t die ongeluk lei (Pred. 5:12), selfs ook teen die skynrykdom w aarby ’n mens voorgee d at jy ryk is (Spr. 13:7), si en die profete die rykdom nie soseer as iets w at die individu raak nie, m aar as iets w a t sosiale implikasies het. Dit hou ten n ouste verband m et reg en geregtigheid. In Jer. 9:22 w ord die ryke gew aarsku om hom nie op sy rykdom te beroem nie, „m aar la at hy w a t wil roem, hom hierop beroem d at hy verstaan en My ken, d at Ek die HERE is w at goedertierenheid, reg en geregtig
heid op die aarde doen; w ant in dié dinge h et Ek ’n behae, spreek die HERE.” Male sonder ta l w ord die rykes gegesel oor hulle onreg en bedrog, oor die geweld w aarm ee hulle hul rykdom verm eerder (Jes. 1:16-17; Jer. 5.27; 17:11; Hos. 12:7-9, Am. 2:6-8, 8:5-6; Miga 2:2, 6:10-12). H ierdeur is die volkssolidariteit v er
breek en die HERE geminag, w ant u it sy vrese vloei die ver- antw oordelikheid v ir die arm volksgenoot voort13).
E. K onkluderende opm erkings: Die vroeë tyd, veral soos in die aartsvaderverhale w eerspieël, beoordeel die rykdom positief.
Ook Job w ord voorgestel as ’n groot grondbesitter asof hy uit die tyd van die aartsvaders afkom stig sou wees. In die ou ty d is daar w einig teenstelling tussen arm en ryk en gevolglik h et dit nog geen sosiale vraagstuk gew ord nie. So min as w at die rykdom in die ouere tek ste van die Pentateug, Rigters en Sam uel te r sprake kom, so min ook die saak van die armoede.
“ ) Ringgren, a.w., bl. 113.
12) Vgl. A. Kuschke, Arm und reich im A lten Testament, Z.A.W. 1939, bl.
31-57.
13) Vgl. my (ongepu bliseerd e) proefskrif: God, volk en m ens by d ie profeet Amos, U.P. 1966, bl. 91-127.
De V aux w ys daarop dat die opgraw ings die beeld van ’n redelike eenvoudige en gelyke lew ensstandaard in die vroeë tyd illustreer14). Byvoorbeeld te Tirsa blyk dit dat die huise van die tiende eeu nie veel van m ekaar verskil in afm etings en in wyse van inrigting nie. Die strata van die agste eeu toon ’n duidelike onderskeid in wyke: die w yk w aar die huise groter en b eter gebou is, is afgesonder van die b u u rt w aarin die huisies dig op m ekaar gedring is. In ’n bestek van tw ee eeue, hoofsaaklik as gevolg van die koningskap en die daarm ee gepaardgaande opkoms van ’n klas van am ptenare, h e t daar ’n m aatskaplike om w enteling gekom. Die profetiese kritiek is nie teen die om
w enteling as sodanig gerig nie, m aar teen die luukse w at God vergeet, teen rykdom w at op onregverdige w yse verkry is, teen hebsug, om kopery en onderdrukking en verdrukking van die arm es en die swakkes.
Sam evattend kan ons die lyn van ontw ikkeling so stel: In die voor-K anaanitiese tyd was rykdom v ir Israel veral geleë in die veekuddes. M et die inname van K anaán h et ook die grond- besit groot betekenis verkry. Rykdom is nog nie in breë sosiale verband opgevat nie en beskou as teken van Goddelike welgevalle en seën. Veral die sosiale skade en onreg w a t daarm ee gepaard gegaan het, veroorsaak die kritiese beoordeling en veroordeling van die profete.
14) D e Vaux, a.w., I, bl. 123.