EKSEGESE EN PREDIKING
J. P. OBERHOLZER
Die Teologiese Fakulteit aan die U niversiteit van Pretoria is deur sy kerklike binding gerig op die opleiding van dienaars van die goddelike w o o rd . Hier w o rd nie teologie in akademiese afsondering beoefen nie, m aar teologie ten dienste van die lew e en w e rk van die kerk. Die verband tussen eksegese en prediking hoef daarom nie geregverdig te w o rd nie. In die Form ulier om die Dienaars van die Goddelike W o o rd te bevestig, w o rd die verband as vanself- sprekend beskou, soos uit die volgende aanhalings blyk:
„D ie w eiding w aarm ee hierdie skape versorg m oet w o rd , is niks anders nie as die verkondiging van die god
delike W o o rd . . . Dieselfde W o o rd van God is ook die sta f w aarm ee hierdie kudde gelei en geregeer w o rd ."
As eerste taak van die herders w o rd daarom gesien:
„ d a t hulle die W o o rd van die Here, deur die S krifte van die profete en apostels geopenbaar, grondig en opreg aan hulle gemeentes m oet verkondig en dit m oet toepas, sow el in die algemeen as in die besonder, to t n u t van die toehoorders, deur te onderrig, te vermaan, te v e rtro o s en te bestraf, volgens die behoefte van elkeen."
In dié verm aning aan die gem eente w o rd die gem eente op die hart gedruk:
„N e e m dan die w o o rd aan w a t hy u volgens die Heilige S krif sal verkondig, nie as die w o o rd van mense nie, maar soos dit w aarlik is, as die W o o rd van G o d ."
En in die form uliergebed w o rd hierdie saak w eer gestel:
„O n s bid U, w il hom deur u Gees hoe langer hoe meer bekw aam maak v ir die diens w aarvoor U hom bestem en geroep het, deur sy verstand te open om u Heilige S krif te verstaan en hom w o o rd e te gee to t opening van sy m ond, sodat hy m et vrym oedigheid die verborgenhede van die Evangelie kan openbaar maak en u itd e e l."
Die verstaan van die Heilige S krif, die grondige en opregte ver
kondiging van die W o o rd van die Here w a t deur die Heilige S krif geopenbaar w o rd , die openbaarm aking van die verborgenhede van die evangelie — dit alles roep om eksegese. Eksegese is im m ers niks anders nie as die vasstelling van w a t die H. S krif sê. 'n Ver-
kondiging w a t nie kom van 'n grondige en noukeurige lu iste r na die H. S krif nie, is eie w o ord, m ensew oord, w a t die skape nie versorg nie, maar uitm ekaarjaag o f laat hongerly.
Om dit te aê, is so 'n gem eenplaas dat dit nie gesê behoort te w o rd nie, veral nie voor die alum ni van 'n fa k u lte it w a t gedurende sy hele bestaan uitgegaan het van die gedagte dat die eksegeet en uitlegger, die w etenskap like teoloog en predikant, een en dieselfde persoon m oet wees nie. Dat dit tog gesê w o rd — daar is redes voor. Die verkryging van die B.D.-graad en die toetrede to t die diens van die W o o rd beteken nog som s die afskeid van die Hebreeuse en Griekse Testam ente en 'n naarstige soek na „p re e k s to f".
Nam ate die eie w o rste lin g m et die te ks en sy verborgenhede verm inder, verm inder ook die kritiese verm oë om kom m entare, p o stille s en preekbundels m et oorleg te gebruik en w o rd dit 'n ploeg m et 'n kalf w a t op 'n ander bodem geteel en getoog is. O f die pre
diking ontaard in 'n sta n d p u n tste llin g teen politieke en godsdienstige strom inge, 'n moralistifese beroep vol algemeenhede, 'n w o o rd ryke vullin g van 'n stu kkie ty d w a t nie stig nie m aar inteendeel o n tstig of verveel. Eksegese is die vasstelling van w a t die H. S krif sê. Pre
diking is die verkondiging van die W o o rd van God volgens die Heilige Skrif. Eksegese is nie prediking nie. Die bew eging van die eksegese af na die prediking to e is 'n bew eging van die ty d en situasie van die B ybelteks af na die ty d en situasie toe w aarin die prediking geskied. Die grondige en opregte verkondiging en toe- passing van die W o o rd w a t deur dhe S k rif geopenbaar w o rd , bring die W o o rd na die hede van prediker en toehoo rd ers toe, sodat daar- die W o o rd nóú onderrig en vermaan, v e rtro o s en bestraf. U it die eksegese sal dus die toepassing o f uitleg volg, en dit sal die uitleg w ees w a t die materiaal v ir die prediking sal verskaf. M iskien kan ons as voorbeeld neem die geval van Filippus w a t by 'n S k rifw o o rd begin het en Jesus as blye boodskap aan die am ptenaar verkondig het. (H and 8:!6). Ons kan ook dink aan die opgestane Heer self w a t by M oses en al die profete begin en v ir die dissipels die sake w a t op Hom betrekking het in al die S krifte , uitlê (Luk. 2427). In albei gevalle is by die teks begin, m aar uitleg en prediking het pas Jesus C hristus as inhoud van die W o o rd by die hoorder gebring. Ons gebruik die w o o rd eksegese hier dus in m eer beperkte sin as dié arbeid w aardeur die teks ondersoek w o rd binne sy konteks om vas te stel w a t die betrokke teks w ou sê in die ty d en om standighede van sy ontstaan en in sy nageskiedenis binne die Skrif. Daar is maar een toelaatbare m etode om vas te stel w a t die teks sê en d it is die gram m aties-historiese metode. In 'n reform atoriese kerk is dit 'n vanselfsprekende saak. D aarvoor het ons Hebreeus en Grieks geleer.
Die gram m aties-historiese teksondersoek het reeds 'n lang geskiedenis, 'n geskiedenis w a t by terugblik in baie stadia m inder verheffend w as. Elke geestesstrom ing van die ty d van die Refor- masie af het hom in die eksegese laat geld, sodat dit m o o n tlik is om 'n goedgedokum enteerde geskiedenis van die filosofie te sk ry w e aan die hand van vakw e te n ska p like w erke op gebied van die Bybel- w etenskap. Ten sp yte van hierdie geskiedenis bly die gram m aties- historiese eksegese 'n o n o n tw ykb a re verpligting. Om by die ganse opbrengs van die eksegetiese arbeid van die laaste vier eeue verby te gaan na 'n direkte aansluiting by die Reformatoriese skrifu itle g , is nie 'n verantw oord elike m oontlikheid nie. Die kom m entare van Luther en Calvyn is van groot w aarde v ir die ke rkhistorikus, maar van m inder direkte w aarde v ir die eksegeet. In die m etodiek van die eksegese w o rd vandag rekening gehou met die gekom pliseerde opbrengs van die geskiedenis van die vak. M etodes w a t aanvanklik met 'n alleenaanspraak gekom het te r verdringing van alle vorige m etodes, neem vandag hulle plek in naas ander as m iddele om 'n teks to t spreke te bring. A s noodsaaklike voorarbeid geld nog steeds die te kskritie k, die vlak w aarop deur analities-kritiese studie van die oorgelew erde te ksgestalte s gesoek w ord na die mees betroubare vorm van die oorspronklike Bybelteks. G roter nugterheid en nede
righeid het hier gelei to t 'n veel p o sitie w e r houding teenoo r die M assoretiese teks. 'n V ergelyking van die kritiese apparaat van BHS met die van BHK maak dit meteens duidelik. Die g ro o tste w aarde van die Q um ranm ss. vir die O.T. w etenskap lê ju is op gebied van die te kskritie k. Die eksegese begin egter pas eers nadat die teksvorm vasgestel is.
A s eerste stap geld nog steeds die literêre kritie k, die vlak w aarop die kleiner of g ro te r geskrew e kom pleks analities ondersoek w o rd met die oog op literêre eenheid en samehang. Die literêre kritiek het vir g ro o t w in s te gesorg. Daarsonder sou die bestaan en eie aard van g ro o t w e tsko rp o ra soos die Verbondsboek en die H eiligheidsw et, g ro o t geskiedenisw erke soos die D euteronom istiese en Kronistiese geskiedenisse, en die meervoudige profetiese kom - posisie van die Jesajaboek — om maar enkele voorbeelde te noem
— nie herken gew ees het nie. Die literêre kritiek het ook v ir g ro o t eksesse gesorg, veral in die P entateugkritiek. Dat ook hier 'n her- besinning gekom het, is grotendeels die gevolg van 'n beter insae in die O ud-O osterse karakter van die O.T. ’n Voorbeeld van 'n ve r
frissend nuw e benadering is die G enesis-kom m entaar van A. van Seims, besonderlik sy hantering van die S ondvloedvertelling.
Die literêre kritie k w o rd bow endien dikw els getem per deur die oorlew eringshistoriese ondersoek, w a t doeblette, m eervoudige oor- leweringe, spanninge en oneffenhede in 'n literêre kom pleks langs 'n ander weg verklaar. Die oorlew eringshistoriese ondersoek gryp
naam lik terug na 'n m oontlike m ondelingse oorlew ering van die s to f vo o rd a t dit op skrif gestel is. D it w e rk analities van die geskrew e te ks af terug in die w e te dat 'n g ro o t deel van die O.T. materiaal v ir 'n ko rte r of langer ty d m ondelings deurgegee is, en dat in hierdie m ondelingse stadium die Sitz im Leben van die s to f kon verander het, die s to f in verskillende situasies kon gegroei het deur die o p name van o orspronklik selfstandige oorlew eringe, dieselfde m otiew e in verskillende oorlew eringe 'n tu is te kon gevind het, ens. V anuit hierdie ondersoek na die vroegste m ondelingse stadium van 'n oor- lew eringseenheid, probeer die o o rlew eringsh istoriese ondersoek sy w eg terug vind na die geskrew e kom pleks. Die w e rk van A lt, Von Rad en Noth op gebied van die w e tg e w in g en die ouer verhalende lite ra tu u r van die O.T. d.m .v. die o o rlew eringsh istoriese m etode het verrassende resultate gelewer. Langs hierdie weg het die voorge- skiedenis van die g ro o t heilshistoriese tem a's van Aartsvaders, verlossing uit Egipte, tog deur die w o e ty n en besetting van die land b yvoorbeeld in reliëf gekom . Veel van w a t deur die o o rle w e rin g s
historiese ondersoek opgele w er is, is egter om strede, van die be
staan van die am fikteonie w a t deur N oth, to t die kleinste historiese credo w a t deur Von Rad geprojekteer is.
W a t die oorlew eringsh istoriese ondersoek ten opsigte van die m ondelingse oorlew ering probeer doen, doen die redaksiegeskiede- nis op gebied van die s k rifte lik e oorlew ering. Op hierdie vlak w o rd daarmee rekening gehou dat outeurs in die Bybel dikw els nie skep- pend nie maar sam evattend en ordenend opgetree het. Tegelyk is d ikw e ls in die sk rifw o rd in g van voorheen m ondelings-oorgelew erde s to f bepaalde tem a's oorheersend gemaak en is deur selektering en verklaring die m ondelingse korpus van 'n n u w e Sitz im Leben voor- sien. Die redaksiegeskiedenis het m et Von Rad se m onum entale w erk oor die Heksateug, N oth se w e rk oor die deuteronom istiese en kronistiese geskiedenisse en oo r die Pentateug en m et M o w in cke l se w e rk oor die profete w aardevolle bydraes to t die eksegese ge- doen. Beginnende by die geskrew e teks, kan ons dus langs die weg van die literêre kritiek, oorlew erings- en redaksiegeskiedenis heelw at te w e te kom van die gedagtew êreld en geestesgeskiedenis waaraan die teks in sy huidige vorm gestalte gee.
In die aanvaarde w e rkm e to d ie k van die eksegese is daar egter nog tw e e benaderingsw yses w a t op elke stadium van die ondersoek to t gelding gebring behoort te w o rd . D it is naamlik die ondersoek na die stylvo rm en na die tradisionele elem ente in die stof.
Die v o rm k ritie k stel eerstens die vorm en tu is te van 'n gesproke o f geskrew e eehneid vas, en vra ook na die historiese gang van die s tylvo rm . Hierdie m etode slu it aan by die algemene verskynsel dat taalgebruik in enerse situasies enerse g e ykte vorm e aanneem en
dat daar dikw els korrelasie tussen vorm en inhoud is. 'n M ens hoef maar slegs te dink aan die ingrypende vernuw ing w a t die psalm ek- segese ondergaan het om te besef dat die vo rm kritie k to t 'n w aarde- volle eksegetiese m etode o n tw ik k e l het. Ook hier w as eksesse, veral soos M o w in c k e l dit o n tw ik k e l het m et sy kultusfunksio nele m etode in die ondersoek van die psalms. Die legitim ite it en nood- saak van die vo rm kritie se en vorm historiese arbeidsw yse w o rd egter nie verm inder deur dergelike eksesse nie.
Die tradisiegeskiedenis spits hom toe op die vorm ende bydrae w a t deur tradisies to t die gestalte van 'n teks gemaak is. D it gaan uit van die verskynsel dat tradisionele elemente uit die geestes- geskiedenis in verskillende tye en verskillende literêre situasies te voorskyn tree sonder d a t daar van literêre verw antskap of afhanklik- heid sprake is. Die tradisiegeskiedenis kan dus deur sintese lig w e rp op teologiese stro m in g e en gedagtew êrelde w a t origens nie ekspli- siet herkenbaar sou gew ees het nie. Die w erk van w y le ons oud- kollega B. J. van der M erw e oor die Pentateugtradisies in Deutero- jesaja is 'n goeie voorbeeld van hierdie w e rkw yse . Ons het in die tradisie-historiese ondersoek dus 'n uitgebreider m etodiese aan
w ending van w a t in die letterkundige studie bekend staan as literêre verw ysing. M e t hierdie m etode w o rd 'n teks teen die agtergrond van 'n voorafgaande geeste so n tw ikke lin g in reliëf gebring en w o rd die polemiese uitspraak teen 'n tradisie veel beter begryp.
So is daar dan meer as een benadering to t 'n teks, en in die aanwending van alle toepaslike m etodes kom ons uiteindelik to t die vraag: W a t staan daar? Die resultate van al die genoemde m etodes w o rd byeengebring en ve rw e rk m et behulp van geografiese en historiese verklaring, deurvorsing van die aard en funksie van realia, inagneming van die inhoud en geskiedenis van begrippe en die godsdienshistoriese oorsprong en o n tw ikke lin g van voorstellings.
Langs hierdie moeisam e w eg probeer ons vasstel w a t daar staan en in w a tte r situasie dit staan. Die konteks van die Bybelse u it
spraak bestaan in steeds g roter konsentriese sirkels, w aarvan die grootste die Heilige S k rif as geheel is. Ons is nie klaar m et die eksegese van 'n teks voordat ons die besondere plek, funksie en inhoud van die teks binne die situasie van die hele S krif gesien het nie. 'n Teks het nie net 'n voorgeskiedenis nie maar ook 'n nageskie- denis.
Soos w a t hyself gevorm kan wees deur tradisionele elem ente en die skrifte like neerslag van 'n lang oorgelewerde m ondelihgse korpus kan w ees, so kan hy op sy beurt 'n geskiedenis van oor- lew ering en aanw ending ondergaan w a t hom in 'n nuwe tu is te stel o f hom 'n ander uitspraak laat maak as w a t sy oorspronklike be- doelinge was. Hierdie verskynsel het to t nou toe min aandag in die
eksegetiese arbeid ontvang. Tog is d it binne die groter kontekstuele behandeling onontbeerlik. Soos dit op die N.T. Eksegese se w eg lê om hom steeds bew us te bly van die herkom s van begrippe en samehange en hom te vergew is van die oorsprong en gang van 'n S k rifb e w y s o f aanhaling, so lê d it op die w eg van die O.T. Eksegese om die nageskiedenis van 'n teks te volg to t in die N.T. Hier kom naas die geesteshistoriese ook die fisiese verloop van die inter- testam entêre tyd, die deurbraak van die Griekse w êreld in die O ud-O osterse en die vroegste vertalings van die O.T. in die spel.
'n M ens hoef maar slegs te dink aan die veelvuldige aanw ending w a t die uitspraak in Ps. 2 7 in verbinding m et ander uitsprake, in sy geheel of in een van sy onderdele, in die N.T. gevind het om te besef w a t die gro te r kontekstuele behandeling van die eksegeet eis.
Hier verkeer ons reeds in die b ra n d p u n t van die eksegeet se nood en ellende. Ook die vraagstuk van die verhouding tussen Ou en N uw e Testam ent lê op die terrein van die gram m aties-historiese eksegese. Die historiese en organiese samehang van die tw e e tes- tam ente is so veelsydig dat elke poging om dit tuis te bring onder 'n oorkoepelende skema iets afdoen aan die openheid v ir die open- baring van die W o o rd van God. Alleen deur grondige en eerlike eksegese van elke Bybelse uitspraak in sy samehang met alle ander Bybelse uitsprake kan ons deurdring na die w eiding w aarm ee die skape van God versorg en regeer m oet w o rd .
Die teologie is resultaat van die eksegese, sistem aties georden volgens die riglyne w a t deur sy inhoud daargestel w ord. Die behan
deling van 'n teks in sy voorgeskiedenis, hede en nageskiedenis binne die volk konteks van Ou en N uw e Testam ent is dus teologiese arbeid. In hierdie sin het die benam ing „te o lo g ie se eksegese" sy reg, m its dit nie as afsonderlike m etode naas ander geskou w o rd nie. D it w as ook nie die bedoeling van die man w a t m et die aan
drang op teologiese eksegese die O.T. w ete n ska p to t besinning geroep het nie: ,,Ek verstaan daaronder 'n uitleg en verklaring van die g eskrifte van die Ou en N uw e Testam ent as profeties-apo6toliese geskrifte, as 'n uitleg en verklaring w a t die vraag vo o r oë het w a t aan die profete en apostels gestel m oet w o rd : In hoeverre w o rd in hierdie teks van ons getuienis van Gods W o o rd gegee? Teologiese eksegese is ’n eksegese w a t geskied onder 'n ten volle bepaalde voorveronderstelling, nl. eerstens dat die leser van Ou en N uw e T estam ent onthou dat die kerk in hierdie boek to t nou to e Gods W o o rd gehoor het; en tw eedens dat hierdie leser o f navorser in hierdie boek lees m et die ve rw a g tin g dat ook hyself hier v ir sy ty d w e e r die W o o rd van God sal h o o r."
Hier loop die w eë uitm ekaar. Die voorverond erstelling w aarvan Barth praat, om vat 'n tra d isie en ’n ve rw a g tin g . Die tradisie is dié van die kerk se omgang m et die S krif, deels v e ra n tw o o rd in
b elyden isskrifte en leeruitsprake, deels in die geskiedenis van die prediking, deels in die herm eneutiese erfenis w a t deur individue nagelaat is. Die ve rw a g tin g is dat die leser en navorser op een of ander w yse deur God aangespreek sal w o rd binne sy eie situasie en tyd . W a t die tradisie betref — dié is 'n feitelike gegew enheid waarvan die teolo o g -p re d ika n t hom nie kan o n tw o rs te l nie. Hy sou hoogstens téén die kerklike tradisie kon kies ten gunste van 'n ander tradisie, m aar dit sou horn nie losmaak van 'n tradisionele voorverond erstelling nie.
Eksegese is vasstelling van w a t die S krif sê. Teen die agter- grond van die tradisie is hierdie arbeid egter eerder 'n herwaardering van 'n vorige ondersoek — 'n poging om deur verdere ondersoek 'n bestaande indruk te verfris, te verdiep of te hersien. Daarby vorm die resultaat van die vroeëre eksegese dan die hipotese w a t deur o b je ktie w e eksegese in hiérdie ty d bevestig, gew ysig of sonder ondersteuning van 'n bepaalde teks gelaat w o rd .2)
Die o b je k tiw ite it is hier nie 'n absolute eis nie, maar 'n beroep op die eksegeet om hom na die beste van sy vermoë beskikbaar te stel v ir beïnvloeding deur die vorm en inhoud van die geskrew e teks binne sy volk konteks. Die aanspraak dat 'n bepaalde m etode- leer die eksegeet kan w eerhou van onbew u ste of bew uste voor- veronderstellings het in die verlede steeds m isluk, en daar is to t hede geen teken dat die verloop van die geskiedenis gew ysig sal w o rd nie. 'n V oorverond erstelling w a t byvoorbaat die eksegese to t 'n oorbodige ondernem ing w il maak, is egter gevaarlik vir te o lo gie en kerk.
Die verw agting w aarm ee die C hristen-teoloog sy eksegetiese navorsing doen, nl. dat hyself v ir sy ty d die W o o rd van God sal hoor, is en bly 'n ve rw agting, 'n vaste vertroue in 'n onsienlike en o nom skryfbare saak. Die verhouding tussen Gods selfopenbaring, sy geskrew e w o o rd en die lew ende krag van dié w o o rd in elke eeu, is onnaspeurlik. Die eksegese is daarom juis nie 'n w e rk w y s e w a t deur m etodiese dissipline to t die openbaring van God kan deurdring nie. Ons kan vasstel w a t die Bybel sê, maar ons kom nooit klaar met dié taak nie. W a t God deur die Bybel v ir ons w il sê, dit sê Hy.
Ook tussen prediking en openbaring is daar 'n onom skryfbare verhouding. Die gepredikte W o o rd w a t geloof w ek, is Gods W o o rd en nie die produk van 'n m etodeleer nie. Dit ontslaan ons egter nie van die opdrag to t prediking nie en ook nie van die eis dat die prediking sy m ateriaal sal ontvang uit die resultate van w e te n s k a p lik verantw oorde eksegetiese arbeid nie.
Soos dit hier gestel is, is eksegese nie die verklaring van enkele tek ste of perikope nie, m aar w el die verklaring van sulke tekste of perikope binne die konteks van die hele Heilige Skrif.
Eksegese is dus 'n o m vattende arbeid en 'n lew enstaak vir die prediker. Eksegese vorm hom as 'n herder w a t die weiding ken en w e e t waarheen om die skape te lei vir voeding. Of om 'n beeld uit die landbou te gebruik — eksegese is die ploeg en plant, die ver- sorging van die graan to t dit ryp w ord. Prediking is die aanbieding van die brood w a t uit die meel van die ryp graan voorberei is.
Die prediker w a t elke w eek opnuut m oet begin ploeg, sal nie verder kom as om klippe in plaas van brood aan te bied nie.
Tussen die eksegese en die prediking staan die uitleg of toe- passing, w a t die resultate van die eksegese in die gesproke, aan- sprekende w oord m oet om sit. Die preek is 'n selfstandige gattung, m et 'n eie Sitz im Leben. Dit kom voort uit ’n gegrepenheid en dit is gerig op 'n gegrepenheid. „D ie prediker staan as getuie persoonlik in direkte verhouding to t die in die Bybel verkondigde saak en praat vanuit hierdie onmiddellike verbondenheid en in eenheid van gees d aaroor."3) Juis hierdie verbondenheid aan die saak w aarom dit in die Bybel gaan, skenk aan die prediker 'n bepaalde profetiese vry
heid. M aar hierdie vryheid is die hoogste trou aan die W o o rd van God. Dit laat hom vry om die vorm waarin hy die boodskap gehoor het in sy navorsing om te sit in nu w e vorm e w a t in hierdie tyd aanspreek, sodat daar onderrig en verm aning, vertroosting en be
straffing na die behoefte van elkeen sal plaasvind. Die uitleg of toepassing is dus 'n profetiese taak w a t die verborgenhede van die evangelie openbaar maak en uitdeel. Die gebed aan die einde van die bevestigingsform ulier praat daarom van die opening van die verstand en van die regte w o o rd e as 'n g aw e van die Gees van God, 'n bekw aam m aking vir 'n diens w aarto e die herder bestem en geroep is.
Daar is 'n verskeidenheid van gaw es. God het gebruik gem aak van stotterende, w elsprekende, jong, ou, bang, vrym oedige profete.
Sy herders is ook 'n bonte verskeidenheid. A l sy profete het egter gestaan onder die dw ingende mag van sy w oord. Hulle moes luister en kyk, en dan spreek. Hy laat ook sy herders luister en kyk na sy evangelie, en Hy laat hulle spreek. Die eksegese is ons oudisie en visioen.
M aa r daar staan 'n „ w e e " in die Skrif oor herders w a t die skape nie laat w ei nie en hulle verstrooid laat raak het, 'n prooi laat w ord het van w o lw e .4) Daardie „ w e e " is die dreigem ent w a t ons steeds die verskriklike ander m oontlikheid voorhou.
Hoe staan dit in die Hervorm de Kerk m et die prediking? Dié vraag kan ek nie beantw oord nie. Ek het 'n indruk van w a t oor die afgelope halfeeu in die Fakulteit probeer is t.o.v. die opleiding en vorming van dienaars van die W o o rd , en ook van die gebreke in die opleiding. M y indruk van w a t elke Sondag op die kansel gebeur, is veel vaer, om dat ek heel selde toehoorder w as. Op die gevaar af dat die volgende vrae aan die verkeerde adres gerig w ord, stel ek hulle tog om uiting te gee aan 'n onrus:
Het daar 'n afstand gekom tussen die geloof en die lew e van die lidmate van die kerk, 'n afstand w a t in die hand gew erk is deur- dat die grondige en opregte toepassing van die W o o rd van God nie to t sy reg gekom het nie?
Het 'n afw ysende houding teenoor teologiese en vroom - heidstendense w a t as onreform atories geïdentifiseer is, in die Hervorm de Kerk gelei tot 'n oordrew e negatiew e instelling w a t in die w eg staan van 'n volk en ryke geloofslewe, gevoed en versterk deur die prediking? Het juis die negatiew e instelling dalk bygedra to t die bestendiging van die afgew ese tendense?
Het die politieke situasie van die laaste paar dekades, die betrokkenheid van die kerk by 'n bepaalde breër politieke rigting en die daarmee gepaardgaande konfrontasie m et die ekum enieskerklike politieke betrokkenheid, die prediking van 'n verdere negatiew e ten - dens voorsien, in so 'n mate dat dit gelei het tot 'n selektiew e gebruik van die Skrif in die prediking en 'n minder vrym oedige toe- passing w a t betref byvoorbeeld die Christelike etiek?
Indien iéts van hierdie onrus geldigheid het, is nougesette aan
dag aan die eksegese en die prediking, naas verootmoediging voor die Groot Herder en gebed om vergifnis 'n dringende en o n o n tw y k- bare saak.
Verwysings.
1) K. Barth. Credo. 1948-’, p. 153.
2 ) J. Barr, Old and N ew in Interpretation, 1966, p. 185 v.
3 ) Th. C. Vriezen, Hoofdlijnen der Theologie van het O.T.3, 1966, p. 146 v.
4 ) Eseg. 34.
Literatuur.
Vgl. die uitvoerige lyste by Barth & Steek, Exegese des Alten Testaments.
Leitfaden der M ethodik3 1972