• Tidak ada hasil yang ditemukan

Fluoressensiestudies van bindmiddels wat in kunswerke gebruik word

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Fluoressensiestudies van bindmiddels wat in kunswerke gebruik word"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za 200 Open Access Page i of ii Inhoudsopgawe Page 1 of 2 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Fluoressensiestudies van bindmiddels wat in kunswerke gebruik word

Fluorescence studies on binding mediums used in paintings: Fluorescence studies are done on binding mediums specifically used in paintings. Research has shown that there is a distinct difference between major binder groups (drying oils and proteinaceous binders) but with no clear distinction between different binders in a group (linseed oil, poppyseed oil and walnut oil). Furthermore, research is being done on the influence that pigments will have on the fluorescence spectrum.

Die ontwikkeling van nie-afbrekende tegnieke vir die analise van kulturele erfenis- voorwerpe is krities om die visuele voorkoms van hierdie voorwerpe te behou. Dit is daarom belangrik dat geen monsterneming toegelaat word nie. Ultravioletfluoressensie word deur kunsbewaarders gebruik om areas van vorige restourasie aan te dui en is ook al tevore gebruik as ’n rumetode om bindmiddels volgens hulle fluoresserende kleure te identifiseer (Cosentino 2015). Bindmiddels bestaan soms uit meer as een fluoresseerder, en sal dus meer as een piek in ’n fluoressensiespektrum toon, waar net een kleur (die mees kenmerkende piek) met die blote oog waargeneem kan word. Fluoressensiespektroskopie is dus ’n waardevolle tegniek om verskillende bindmiddels te onderskei (Comelli et al 2008).

Verskillende bindmiddels kan uitgeken word deur die fluoressensiespektrum volgens die piekposisie en piekbreedte te ontleed. Die bindmiddels kan dan volgens soortgelyke fluoresseringseienskappe geklassifiseer word. Die eierbindmiddels (eiergeel, eierwit en heel eier) wat in Tempera skilderye voorkom, het ’n kenmerkende fluoresserende golflengte van 355 nm nadat dit met ’n 330 nm opwekkingslig bestraal is. Die gedroogte olies (lynsaad-, papawersaad- en okkerneutolie) het ’n unieke fluoresserende golflengte van langer as 430 nm.

Bindmiddels word selde op hulle eie in ’n kunswerk getoets, omdat ’n kunswerk gewoonlik uit ’n mengsel van pigmente en bindmiddels bestaan. Verfmengsels is dus in die huidige studie met vier verskillende pigmente getoets om hul fluoresseringseienskappe te identifiseer, naamlik asuursteen, malagiet, geel oker en titanium-wit. Al hierdie pigmente is as nie- fluoresserende pigmente bevestig, maar het ’n fluoresserende sein aangedui wat toegeken kan word aan kristaloppervlaktes van die pigmente. Sommige verfmengsels het slegs die fluoressensiesespektrum van die pigmente getoon, terwyl ander geen spektrum getoon het nie.

Mikroskopiestudies het gewys dat hierdie verskynsels verduidelik kan word deur die manier waarop die bindmiddel die pigmente omvou. Verfmengsels waar die waargeneemde spektra dié van die bindmiddel was, is waar die bindmiddel die pigmentkristalle heeltemal bedek het.

In teenstelling hiermee word die bindmiddel se fluoressensie nie waargeneem wanneer die kristalle bo die bindmiddel uitsteek nie.

Die malagiet het in al die bindmiddels (behalwe die droënde olies) die pigment se spektrum vertoon, terwyl geel oker en titanium-wit geen fluoressensie van die pigmente of bindmiddel getoon het nie. Asuursteen het die spektrum van die bindmiddel weerspieël waar die fluoressensiese piek met 10 tot 20 nm na ’n langer golflengte geskuif het. Hierdie tendense van die pigmente word vir alle bindmiddels waargeneem, buiten by die droënde olies wat ’n uitsondering is. Die spektra van droënde olies word nie drasties deur die pigmente geaffekteer nie, maar eerder deur die hoeveelheid vergeling wat die olie ondergaan het (De la Rie 1982).

Malagiet het die meeste vergeling van die olie veroorsaak en dus die grootste verskuiwing van die pieke na langer golflengtes getoon. Die fluoressensie van verfmengsels word dus Outeurs:

Loreley Cairns, Patricia Forbes Affiliasie:

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria Privaatsak X20, Hatfield, 0028

Korresponderende outeur:

L. Cairns E-pos:

[email protected] Hoe om hierdie artikel aan te haal:

Loreley Cairns, Patricia Forbes, Fluoressensiestudies van bindmiddels wat in kunswerke gebruik word, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 38(1) (2019).

https://doi.org/10.36303/

SATNT.2019.38.1.760 Kopiereg:

© 2019. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die Creative Commons Attribution License gelisensieer.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 25–26 Oktober 2018, SA Akademie- gebou, Pretoria, Suid-Afrika. Gasredakteurs: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika); Prof Chris Swanepoel (Departement Besluitkunde, Universiteit van Suid-Afrika); Me Andrea Lombard (Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika)

(2)

http://www.satnt.ac.za 201 Open Access Page i of ii Inhoudsopgawe Page 2 of 2 Referaatopsomming

geaffekteer deur die soort pigmente wat teenwoordig is.

Bindmiddels wat sterk fluoresseringsvermoëns het (soos die droënde olies), word minimaal deur die pigmente geaffekteer. Fluoressensiespektroskopie kan dus suksesvol onderskei tussen verskillende bindmiddels, hoewel die pigmente se effek op die fluoressensievermoë in ag geneem moet word.

Literatuurverwysings

Cosentino, A., 2015, ‘Practical notes on ultraviolet technical photography for art examination’, Conservar Património, 21, 53-62.

Comelli, D., Valentini, G., Nevin, A., Farina, A., Toniolo, L. & Cubeddu, R., 2008, ‘A portable UV-fluorescence multispectral imaging system for the analysis of painted surfaces’, Review of Scientific Instruments, 79 (8), 086112.

De la Rie, E. R., 1982, ‘Fluorescence of paint and varnish layers (Part I-III)’, Studies in Conservation, 27 (3), 102-108.

Referensi

Dokumen terkait

In hierdie bydrae word aangevoer dat die Kerk nie afwyk van ’n teologiese standpunt nie, maar juis trou is aan die aard van die teologiese tradisie wat kenmerkend is van die Kerk deur

Hierdie retoriese motiewe word deur die eeue in die retoriek as 'n voorwaarde vir die ervaring van kommunikasieplesier gestel; iii dit deurgaans in gedagte gehou moet word dat die

Alle menings wat in hierdie werk uitgespreek word of gevolgtrekkings waar= toe geraak word, is die van die ondersoeker en moet in geen geval beskou word as 'n weergawe van die menings

Daarom kan die kerk, en die lidmate van die kerk, en die sendelinge wat deur die kerk gestuur word, sending nie anders verrig as in ’n totale gebrokenheid in hierdie wêreld nie; nooit

Internasionale terroriste Hierdie internasionale terroriste-groepe word meestal gevorm deur persone wat gefrustreerd is omdat hulle nie rewolusionere verandering binne hul eie lande

Indien dit die geval is, is dit ’n verdere illustrasie van die karaktertrek “hou nie van ‘die Jode’ nie.” Aan die einde van hierdie toneel lyk die lysie van karaktertrekke wat die

Iets van hierdie aanvoeling vir poësie wat ‘opgevoer’ word voor ’n gehoor en die konneksie met ’n groter gemeenskap van digters voel ’n mens aan by die lees van die gedigte in sy

Geologiese opset van die studiegebied Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit bestaan geologies uit ’n prominente bedekking van sanderige grond wat hoofsaaklik onderlê word deur gelaagde