• Tidak ada hasil yang ditemukan

Hay se agt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Hay se agt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe"

Copied!
11
0
0

Teks penuh

(1)

Hay se agt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe

J.S. van Zyl

Departem ent Ekonomie

U niversiteit van die O ranje-V rystaat BLOEM FONTEIN

Abstract

Hay’s eight Biblical principles for economic life

D onald H ay used the idea o f stewardship to derive eight Biblical principles f o r econom ic life. The purpose o f this article is to contribute com m entary on an d criticism o f H a y's approach. The eight Biblical principles cover three m ain issues, nam ely creation a nd m an's dominion, m an a n d his work, a n d the distribution o f goods. While social principles can be in conflict with each other, Biblical principles ought not to be in conflict. The test to determ ine whether the principles have been correctly derived is to revert back to the original text constantly. Upon fu r th e r reflection it is possible to arrive at fu r th e r applications o f Biblical principles in relation to the sphere o f econom ic life.

1. In leidin g

Ekonom iese kw essies word daagliks in die samelewing gehanteer. Terwyl suiwer ekonom iese analise (teorie) ’n besliste plek het in die studie van ekonom ie, kan die etiese dim ensie van vele ekonom iese aangeleenthede nie ontken w ord nie.

Dit is trouens in die m eeste ekonom iese sake nie net die ekonom ie w at ter sprake is nie, m aar ook w aarde-oordele wat ’n m orele perspektief vereis. Ekonomie is per slot van sake ’n sosiaal-norm atiewe w etenskap waarin ’n Bybelgelowige nie anders kan as om Bybelse beginsels vir die ekonom iese lewe te verreken nie. In die soeke na Bybelse beginsels vir die ekonom ie moet enige studie in hierdie verband verw elkom word.

In sy boek E conom ics Today, A Christian C ritique gee D onald A. Hay (1989:72­

76) agt Bybelse beginsels vir die ekonom iese lewe. Hy erken dat die afleiding van die beginsels voorlopig van aard is en dat dit, in die lig van die Bybelse gegew ens, onderhew ig is aan ’n proses van kritiek en verfyning (Hay, 1989:71).

Hay (1989:71) is korrek as hy bew eer dat min ekonom iese kw essies net so direk uit die S krif afgelees kan word. Die Bybel is nie ’n w etenskaplike handboek nie en daarom moet die ekonom iese beginsels vanuit die boodskap van die Bybel afgelei w ord (Van Zyl, 1995:1). Die boodskap van die Bybel is dat G od van K oers 61(2) 1996:191-201

(2)

H ay se agt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe

ewigheid a f is, dat Hy hemel en aarde en alles wat daarin is deur sy m agsw oord in aansyn geroep het en dat Hy sy ganse Skepping deur sy voorsienigheid onderhou. Dit m oet ook in gedagte gehou word “ dat die Bybel nie praat in die taal van die eksakte w etenskap nie, m aar in die taal en idioom van die gewone voor-w etenskaplike m ens, en dit is in alle tye en vir alle volke verstaanbaar. Die boodskap . . . vir ons is aan die een kant dat niemand van G od kan loskom nie, en aan die ander kant dat ons in die geloof gedurig van God se voorsienigheid in ons lewe bew us kan w ees” (Gem ser et al., 1958:2).

Dit lê dus op die w eg van die Christen-ekonoom om G od se w il vir die ekonom iese lew e in die lig van die Bybelse boodskap a f te lei. “ Bringing a Christian mind to bear will require disciplined thought, spiritual sensitivity and intellectual humility” (Hay, 1989:71).

Die doel van hierdie artikel is om ’n kritiese ontleding van H ay se agt Bybelse beginsels vir die ekonom iese lewe te gee. N adat rentm eesterskap in die algemeen onder die loep geneem is, w ord kom m entaar op die agt beginsels gelewer. Dit w ord opgevolg deur ’n breë kritiek op Hay se benadering. Dit is egter nie die doel van hierdie artikel om oplossings te gee vir problem e in die Suid-Afrikaanse ekonom ie en die m ate van hervorming wat moet plaasvind om die Bybelse beginsels te akkom m odeer nie.

2. R en tm eestersk ap as u itgan gsp u n t

By verskeie skryw ers is eenstemmigheid dat die begrip rentm eesterskap die vertrekpunt is om die verband tussen die Bybelse beginsels en die ekonom iese lewe aan te toon (G ordon, 1989; G oudzw aard, 1972; G oudzw aard 1978; North, 1979, Taylor, 1978; V anK linken, 1983; Vickers, 1976).

R entm eesterskap sluit volgens N orth (1979:367) ten minste die volgende aspekte in: ’n erkenning van die soew ereiniteit van God oor die ganse Skepping; gehoor- saam heid aan die wet, dit wil sê die orde w at God vir die beheer oor sy skepping gevestig het; die produktiew e en vrugbare bestuur van elkeen se beroep o f roeping; die erkenning van die regmatigheid van die tiende in teorie en praktyk en die vrywillige gee van aalm oese op ’n selektiew e basis.

Hay (1989:71) vind in die idee van rentm eesterskap die organisatoriese konsep ingevolge w aarvan die Bybelse beginsels vir die ekonom iese lew e afgelei kan word. Dit herinner die mens daaraan dat persoonlike talente en verm oëns en die natuurlike hulpbronne w aarm ee gewerk w ord, G od se voorsiening is. D it is in die eerste plek nie iemand se persoonlike besittings nie, m aar is aan die mens toevertrou. D aarom moet rekenskap aan God gegee w ord oor die gebruik daarvan. Die m ens beoefen rentm eesterskap lioofsaaklik deur arbeid - ’n handeling w at die oefen van die m ens se wil om sy energie en talente te rig

1 9 2 Koers 61(2) 1996:191-201

(3)

behels. Die vrugte van menslike arbeid is bruikbare goedere en dienste met die doel om ’n m enswaardige bestaan as beelddraer van God in die geskape w erklikheid te voer. Arbeid impliseer egter nie dat die mens die reg het om al die vrugte van sy arbeid te verbruik nie. Die mens is ’n rentm eester w at om G od se ontwil w erk met die talente wat Hy voorsien het. D aar is ’n verpligting op diegene w at baie het om te gee vir diegene wat min het. D aar is ook ’n implisiete w aarskuw ing dat die vashou aan dit wat iemand geproduseer het ’n miskenning is van G od se fundamentele eienaarskap. M aterialisme is in Bybelse term e nou verw ant aan afgodediens (Hay, 1989:71).

Dit is gerieflik om die implikasies van rentm eesterskap onder drie hoofde uit te spel: Skepping en die mens se dominium waaruit Hay drie Bybelse beginsels aflei (1 tot 3 hieronder); die mens en sy werk w aaruit Hay drie beginsels aflei (4 tot 6); en die verdeling van goedere waaruit Hay tw ee beginsels aflei (7 en 8).

3. K om m en taar op die agt B ybelse b eginsels

3.1 Beginsel 1: Die mens mag nie die bestaande orde verkwis o f vernietig nie

H ierdie beginsel impliseer dat die mens die hulpbronne van die Skepping moet gebruik om in sy bestaan te voorsien, maar hy mag nie die geskape orde verkwis o f vernietig nie.

H ierdie beginsel word uit die Skeppingsverhaal afgelei. In G enesis 1:26-30 en 2:15 word die beheer en bestuur van die natuur aan die mens toevertrou. Adam kry die opdrag om die tuin te bew erk en op te pas en om name aan die diere te gee. G od het aan die mens van die begin a f alles gegee om ’n m enswaardige bestaan te maak. “ Let op! Ek gee julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die borne w at vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos w ees” (Gen.

1:29).

Selfs na die sondeval behou die mens, ten spyte van die vloek, die hulpbronne van die Skepping om in sy behoeftes te voorsien. Toe diere ’n bron van voedsel gew ord het, m oes die bloed van die diere gerespekteer word as ’n simbool van hulle lewe (Gen. 9:4).

In m odem e idioom kan daar verwys word na die universele ekonom iese problcm atiek van skaarsheid - ’n verskynsel wat die roeping vir die m ens sou inhou om spaarsaam met sowel behoeftebevrediging as middele om te gaan.

3.2 Beginsel 2: Die roeping tot rentmeesterskap

Elke mens het ’n roeping om rentm eesterskap van bronne en talente te beoefen.

Spesifieke bronne en talente is deur God aan mense en gem eenskappe gegee. ’n

(4)

H ay se a gt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe

V oorbeeld hiervan is die voorsiening van die beloofde land aan die kinders van Israel. N a die inbesitname van die land Kanaan w as die grond sodanig verdeel dat elke gesin ’n min o f m eer gelyke deel geërf het. Hierdie erfenis w as in beginsel beskerm deur sulke m aatreëls soos die w et op die vereffening van skulde en die instelling van die Jubeljaar (Hay, 1989:72).

D ie gelykenis van die talente in Lukas 19:11 tot 27 is ’n aanduiding van hoe G od talente en bronne aan mense toeken. Elke mens ontvang uit die hand van die H ere sekere gaw es en talente. Elkeen is geroepe om so daarm ee om te gaan dat dit die toets van rentm eesterskap sal kan deurstaan. In die aanw ending van bronne m oet elkeen ’n verantw oordelike en pligsgetroue bestuurder van die M eester w ees.

3.3 Beginsel 3: Rentm eesterskap en verantwoordelikheid

R entm eesterskap impliseer die verantw oordelikheid om die beskikking oor hulpbronne te bepaal. Elke persoon moet sy rentm eesterskap voor God verantw oord. Die feit dat die mens rentm eester van G od is, im pliseer dat alles, insluitende die grond (Lev. 25) aan God behoort. In die geval van die Ou- Testam entiese W et het die mens die grond ontvang om te bew erk tot die sewende ja a r as Sabbatsjaar w aarop die grond moes rus (Lev. 25). Die grond m ag nie aan vreemdelinge, selfs nie eers die koning (1 Kon. 21:3), verkoop w ord nie. Dit word reeds in die skeppingsgebeure gei'mpliseer dat God aan die m ens ’n omgewing daargestel het om in te woon en daaroor te beskik.

D ie idee van verantw oording kom voor in die gelykenis van die talente (Lukas 19:11-27). Elke dienskneg m oes rekenskap gee van die talent(e) w at aan hom toevertrou is. D aardie diensknegte w at getroue rentm eesters w as, is beloon met groter verantw oordelikhede. Die veroordeling van diefstal in die agtste gebod en m eer spesifiek die verbod op sekere optredes soos die verw yder van ’n buurman se landteken kan ook geïnterpreteer w ord as die verdediging van rentm eesterskap (Hay, 1989:73).

Elke m ens beskik oor sekere hulpbronne (insluitend arbeid) w at op verant­

w oordelike w yse in die ekonom ie aangew end kan w ord, m aar met finale rentm eesterskap teenoor God.

3.4 Beginsel 4: Die mens het die reg en die verpligting om te werk

Om te werk is ’n Skeppingsordinansie en nie die gevolg van die sonde nie. Die sondeval het wel die karakter van arbeid bei'nvloed maar die w ese van arbeid w as reeds by die volm aakte staat van die mens in die Paradys aanwesig. G od het aan die begin aan die m ens ’n taak en ’n roeping gegee: “ Die H ere G od het die m ens in die tuin laat w oon om dit te bew erk en op te pas” (Gen. 2:15). V erder het G od

194 K oers 61(2) 1996:191-201

(5)

al die diere en die voëls na die m ens toe gebring ... om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en w at die mens elke lewende w ese sou noem, dit sou sy naam w ees”

(Gen. 2:19). G od het die mens geseën en gesê:

Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere op die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip (Gen. 1:28).

G od self, na wie se beeld die mens geskape is, w ord as ’n w erker (Gen. 2:2 en 3) beskryf. Die Psalm s beskou w erk as so natuurlik soos die skyn van die son o f leeus op ja g (Ps. 104:23).

In die ekonom iese voorsiening van die W et is w erk op die fam ilieplaas as die norm beskou. Diegene w at hulle grond vir die een o f ander rede verloor het, het ondersteuning van ’n ander familielid gekry deur eersgenoem de van w erk te voorsien (Lev. 25:40). Hulle w at nie oor grond beskik het nie, w as toegelaat om die oesoorblyfsels op die landerye en wingerde bym ekaar te m aak (Lev. 19:9,

10). .

In die N uw e Testam ent word eerlike w erk veronderstel van lede van die Christelike gem eenskap w at in staat is om te werk. Paulus se vermaning aan die Tessalonisense (2 Tess. 3:6-13) om met hulle w erk voort te gaan en nie ledig te w ees nie onderstreep die voorskrif in Spreuke 6:6: “ Gaan na die m ier luiaard, kyk hoe hy w erk, en leer by hom ”

Die m anier w aarop die ekonom ie in die algemeen en die arbeidsm ark in besonder tans in Suid-Afrika fimksioneer, openbaar ’n gebrek aan voldoende werks- geleenthede in die formele sektor. Hervorming van die ekonom ie in die lig van die Bybelse beginsel van die m ens se reg en verpligting om te w erk, behoort indringend ondersoek te word.

3.5 Beginsel 5: Deur sy werk behoort die mens sy hulpbronne te beheer

W erk is die manier w aarop rentm eesterskap beoefen word. D eur sy werk behoort die mens toegang tot die hulpbronne en die beheer daaroor te hê. Dit gaan ook oor die volvoering van die talle roepinge hier op aarde.

Hierdie beginsel w ord van die Skeppingsverhaal afgelei. Aan die m ens is die hulpbronne gegee w aarm ee hy moet werk en aan hom is toevertrou die heerskappy oor daardie bronne. In sy talle roepinge hier op aarde m oet die mens dit w at aan hom gegee is met dankbaarheid aanwend.

Die W et in die O u Testam ent is in verband met die grond ’n besondere voorbeeld. Elke gesin w as voorsien van ’n stuk grond w at lewenslank deur werk K oers 61(2) 1996:191-201

(6)

H ay se agt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe

in stand gehou m oes word. Die normale patroon van w erk w as om arbeid op die gesin se grond te verrig. Loonarbeid w as ’n veiligheidsnet (Deut. 24:15) vir diegene w at hulle besittings verloor het. Beslissings oor die aanw ending van die grond is binne die gesin gemaak: diegene w at die werk doen, het beheer oor die grond (Hay, 1989:74). D ie opbrengs van die grond w as die resultaat van arbeid en die gesin se inisiatief. Hulle het direk gedeel in die voorspoed (o f gebrek aan voorspoed) van die ondem eming. Die verbod op die uitleen van geld teen rente het beteken dat besparing direk in die fam ilie-ondem em ing teruggeploeg was.

D aar w as geen opbrengs op hulpbronne indien die besluit oor die aanw ending daarvan nie direk op verantw oordelike rentm eesterskap gedui het nie (Hay,

1989:74).

Hierdie direkte verband tussen rentm eesterskap en hulpbronne, arbeid en opbrengs, gee ’n doel en betekenis aan werk. Selfs die minder belangrike take kan beskou w ord as ’n bydrae tot die uitset. Dit is w aar dat as gevolg van die sondeval werk m et gesw oeg gepaard gaan en onderhewig is aan die vloek (Gen.

3:17-19). Dit w as egter die gevolg van die sondeval en nie G od se oorspronklike bedoeling vir die m ens nie. W erk bly noodsaaklik vir m ensw aardigheid en is ’n integrale deel van die m ens se natuur.

W erk, in die w ydste sin van die w oord, is ’n onm iskenbare G oddelike opdrag en rentm eesterskap is die manier w aarop hierdie opdrag uitgevoer m oet w ord. Alles moontlik moet in die sam elewing gedoen w ord om mense in staat te stel om hieraan te voldoen (byvoorbeeld deur onderw ys en opleiding).

3.6 Beginsel 6: W erk is ’n sosiale aktiwiteit

W erk is ’n sosiale aktiw iteit w aarin die mense saam werk as rentm eesters van hul individuele talente en as gesam entlike rentm eesters van hulpbronne.

A lhoew el die m ens se individualiteit belangrik is, is hy fundamenteel ook bedoel om in gem eenskap m et ander mense saam te lewe. Die kleinste gem eenskap w aarvoor voorsiening gem aak is, is die gesin. Die sosiale aspek van die menslike natuur w ord onderstreep deur die feit dat G od m ense van G o d sow el in die ou as die nuwe verbond oproep en dat dit aan die kwaliteit van lewe ’n groter betekenis gee (Hay, 1989:75).

Hierdie beklem toning is besonder duidelik in die N uw e-Testam entiese leer in verband met die kerk. Die ideaal vir die mens is ’n gem eenskap w aarin elke lid

’n bydrae lewer ooreenkom stig sy besondere gawes. T er uitbreiding van die analogie van die m ens se rentm eesterskap oor hulpbronne neem alle indiensnam e van een persoon deur ’n ander die vorm aan van ’n uitnodiging om in ’n gem eenskaplike ondem em ing saam te werk. ’n M ens se arbeid kan nie van sy

196 Koers 61(2) 1996:191-201

(7)

persoon losgem aak w ord nie. Die mens is as voile persoon betrokke en is nie slegs ’n arbeidseenheid w at aangewend kan word nie (Hay, 1989:75).

G esonde arbeidsverdeling en spesialisasie in die w erking van die ekonom iese stelsel onderstreep die sosiale en kollektiewe rentm eesterskap van die mens. In die m odem e ekonom ie is elke m ens in diens van al die ander mense in ruil daarvoor dat hulle in sy diens is.

3.7 Beginsel 7: Elke mens het die reg om te deel in God se voorsiening

Elke m ens het die reg om te deel in God se voorsiening vir die mensdom se basiese behoeftes aan voedsel, kleding en beskutting. Hierdie behoeftes word prim êr deur produktiew e arbeid bevredig.

Die Skeppingsordinansie w as vir die mens in die algemeen. Elke mens benodig

’n minimum standaard aan voedsel, kleding en beskutting ten einde ’n mens­

waardige bestaan te kan voer. In die Genesisverhaal gee G od aan die mens voedsel (Gen. 2:16) en kleding (Gen. 3:21). In die woestyn het G od voorsien in die vorm van manna (Eksodus 10) en w ater (Eksodus 17). In die W et is voorsiening gem aak vir die armes om te deel in die oes (Lev. 19:9-10; Deut.

24:19-22). In die Bergpredikasie het Jesus spesifiek verwys na voedsel en kleding as God se voorsiening aan die mens (M att. 6:25-32). Paulus het dit vir Tim oteus op die hart gedruk: “As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede w ees” (1 Tim. 6:8). Alles wat nodig is vir die individuele bestaan is vanselfsprekend ook op gesinne van toepassing. D aar m oet verseker w ord dat gesinne oor voldoende goedere en dienste beskik om kinders op te voed (Hay,

1989:75-76).

Die prim êre bronne om hierdie minimum te voorsien, is die toepassing van beginsels 2, 4 en 5 hierbo. Die O u-Testam entiese W et illustreer hierdie aspek verder. Die eerste faset van ’n gesin se beskerm ing teen armoede w as die feit dat hulle die grond gehad het w aarop hulle kon werk. Diegene w at hulle grond verloor het, is van w erk voorsien totdat hulle grond aan hulle teruggegee is.

Diegene w at oor geen grond beskik het nie, is toegelaat om op die geoeste lande vir hulleself bym ekaar te maak (Lev. 23:22).

In die m odem e sam elewing behoort almal, veral die ow erheid en ondem em ings, dit as ’n roeping te aanvaar om w erksgeleenthede te skep vir diegene w at wil en kan w erk m aar nie ’n w erk het nie. W erkloses kan ook aangem oedig en ondersteun w ord om met hulle eie ondem em ings te begin. D ie oorsake van werk- loosheid in Suid-Afrika behoort indringend nagevors te w ord en almal betrokke, w aaronder die vakbonde ingesluit kan w ord, behoort verantw oordelikheid in hierdie verband te aanvaar.

(8)

H ay se a gt Bybelse beginsels vir die ekonomiese lewe

3.8 Beginsel 8: Die totale opbrengs van hulpbronne mag nie verbruik word nie

Persoonlike rentm eesterskap van hulpbronne impliseer nie die reg om die totale opbrengs van hierdie hulpbronne te verbruik nie. Die rykes het die verpligting om die armes w at nie vir hulleself deur w erk kan voorsien nie te help.

Indien die mens ’n rentm eester is van die bronne en talente w at G od aan hom toevertrou het, volg dit dat hy geen reg het om meer as wat vir sy eie basiese behoeftes nodig is, te bevredig nie. Ten minste binne die V erbondsgem eenskap het G od vereis dat diegene w at ryk w as, hulle w at in nood w as, m oes bystaan.

Dit w as ’n fundamentele bepaling van die W et soos w eerspieël deur die verpligting om vir die minderbevoorregte (w eduw ee en w ese) te voorsien en om vir die armer broer te leen sonder om rente te vra (Lev. 25:35-37). D aar is ook voorbeelde van dieselfde verpligting w at in die leerstellings van Jesus na vore kom en ook in die praktyk van die vroeë kerk. Die veroordeling van die ryk dw aas (Lukas 12:13-21) en die ryk man en Lazanis (Lukas 16:19-31) is voorbeelde. So w ord die sonde van hebsug verbied en deur Jesus in dieselfde lys as ander euw els soos moord en ow erspel geplaas (M arkus 7:21 en 22). D aar is egter ’n verdere element tot die geim pliseerde veroordeling van selfsugtigheid:

rykes se lf kan in ’n geestelike strik beland wat die m ens se aandag van God aftrek deur die w are sekuriteit w at G od alleen kan gee, met m ateriële sekuriteit te vervang (Hay, 1989:76).

Hierdie beginsel sal verder in die lig van die m odem e sam elew ing met hoë belasting, sosiale versorging deur die staat, kollektiew e teenoor individuele behoeftes ensovoorts oorw eeg moet w ord. Die manier w aarop die arm es gehelp m oet w ord om hulleself te help sal ook oorw eeg moet word.

4. K ritiek op H a y se b en adering

Hay is oortuig dat genoemde agt beginsels die essensiële kenm erke van die B ybelse leerstelling oor die ekonom iese lewe verteenwoordig. D it m oet egter toegegee word dat, w eens die voorlopige aard van alle kennis en ook die manier w aarop hy die beginsels aflei, dit aan kritiek onderhewig is.

Eerstens is daar die gevaar dat afgeleide sosiale beginsels aanleiding kan gee tot problem e w at in konflik mag wees. W anneer die agt beginsels op praktiese situasies toegepas w ord, mag konflikte ontstaan. G egew e die m ens se sondige natuur mag ’n poging om ’n besondere beginsel toe te pas aanleiding gee tot ’n konflik met ’n ander beginsel. Die beklem toning van die verpligting van die ryke om die arm e te help mag byvoorbeeld lei tot ’n poging van w anaansporing tot verantw oordelike rentm eesterskap. Hierdie voorbeeld im pliseer egter nie dat die Bybelse beginsels fundamenteel in konflik hoef te w ees nie.

198 K oers 61(2) 1996:191-201

(9)

’n Tw eede punt van kritiek is dat daar geen voor die hand liggende beheer is oor die beginsels w at uit die Bybelse gegewens afgelei is nie. Die taak om universele beginsels uit die diversiteit van Bybelse gegew ens a f te lei is geiaai met probleme en dit kan niks anders as om voorlopig te wees nie. Die toets om te bepaal o f die beginsels korrek afgelei is, is om telkens na die oorspronklike teks terug te keer en te vra na die betekenis daarvan, om vas te stel o f iets buite rekening gelaat is en o f die beginsels se lf ’n redelike bevredigende afleiding van die teks is. Die kultuur-historiese agtergrond van die Bybelse gegew ens en die deurtrek van die beginsels na die m odem e ekonom iese lewe moet natuurlik ook in ag geneem word.

D erdens is daar aangeleenthede wat deur ander skrywers as Bybelse beginsels gei'dentifiseer is, m aar deur Hay oor die hoof gesien is. Een voorbeeld in hierdie verband is Griffiths (1982:92-93) se argument dat die Bybelse gegew ens voor- siening maak vir private eiendom sregte en dat sulke regte die w erking van ’n m arkekonom ie veronderstel. Die Bybel is dus ten gunste van ’n vryemark- ekonom ie. Hay se besw aar hierteen is die volgende: daar is baie mense wat verantw oordelike rentm eesters van hulpbronne is w aarop hulle geen private eiendom sreg het nie: voorbeelde is predikante, hospitaaldokters en universiteits- professore (Hay, 1989:78). Die toelaat van private eiendom sregte in die Bybel regverdig dus nie noodw endig die w erking van ’n ongebreidelde markekonomie nie.

Hay het vierdens nie die moontlikheid buite rekening gelaat dat daar met verdere studie, besinning, gebed en bespreking nog meer Bybelse beginsels vir die ekonom iese lewe afgelei kan w ord nie. R eeds in die voorwoord van sy boek stel hy dit soos volg:

I hope therefore that the book will be regarded as a stimulus to others, better qualified than 1, to improve on what is written here. For myself, I shall keep on trying to improve my understanding ... (Hay, 1989:9).

Vyfdens behoort Hay se agt Bybelse beginsels in terme van praktiese haalbaarheid aan die m odem e ekonom iese lewe getoets te word.

5. G evolgtrek k in g en sam evattin g

In die soeke na die w aarheid en by name om Bybelse beginsels vir die ekonom iese lewe te w ete te kom, verdien Hay se agt beginsels om em stig oorw eeg te word. Uitgaande van die rentm eesterskap-idee behoort die volgende dus as rigtingwysers vir die ekonom iese optrede te dien:

* Die m ens moet die hulpbronne van die Skepping gebruik om in sy bestaan te voorsien, m aar hy mag nie die geskape orde verkw is o f vem ietig nie.

(10)

H ay se agl Bybelse beginsels vir die ekonomiese tewe

* Elke persoon het ’n roeping om rentm eesterskap van bronne en talente te beoefen.

* Rentm eesterskap impliseer verantw oordelikheid om die beskikking oor hulpbronne te bepaal. Elke persoon moet sy rentm eesterskap voor G od verantwoord.

* Die m ens het die reg en die verpligting om te werk.

* W erk is die m anier w aarop rentm eesterskap beoefen word. In sy w erk behoort die m ens toegang tot die hulpbronne en beheer daaroor te hê. Dit gaan ook oor die volvoering van die talle roepinge hier op aarde.

* W erk is ’n sosiale aktiw iteit waarin mense saamwerk as rentm eesters van hul individuele talente en as gesamentlike rentm eesters van hulpbronne.

* Elke persoon het die reg om te deel in God se voorsiening vir die m ensdom se basiese behoeftes aan kos, kleding en beskutting. Hierdie behoeftes w ord prim êr deur produktiew e werk bevredig.

* Persoonlike rentm eesterskap van hulpbronne im pliseer nie die reg om die totale opbrengs van hierdie hulpbronne te verbruik nie. Die rykes het die verpligting om die arm es w at nie vir hulleself deur werk kan voorsien nie, te help.

Die hedendaagse m akro-ekonom iese problem atiek van ’n oop ekonom ie w at intem asionaal m oet meeding en die implikasies vir die arbeidsm arkte sal onder andere verder verreken moet word.

Kritiek m ag teen Hay se benadering uitgespreek w ord, m aar dan m oet dit telkens uitgew ys w ord w aar hy van die teks van die Bybel afgewyk het, en o f hy iets buite rekening gelaat het en o f die beginsels se lf nie ’n redelike afleiding van die teks is nie.

M et hierdie beginsels is dit makliker om die kloof te oorbrug en te bew eeg van die Bybelse gegew ens tot die praktiese ekonom iese vraagstukke. Die praktiese implikasies w at die Bybelse beginsels vir die Suid-Afrikaanse ekonom ie inhou, kan moontlik in ’n aparte bespreking aan die orde gestel word.

B ib lio g ra fie

D IE B Y B E L . 1983. N u w e vertaling. K aap stad : B y b e lg e n o o tsk ap van Suid-A frika.

G E M S E R , B. el al. (re d s.) 1958. D ie Bybel m et v erklarende aantekeninge. D eel I.

K aapstad : V eren ig d e P ro te sta n tse U itgew ers.

G O R D O N , B. 1989. T h e eco n o m ic problem in Biblical and P atristic th o u g h t.

L eiden : Brill.

200 K oers 61(2) 1996:191-201

(11)

G O U D Z W A A R D , B. 1972. E conom ic stew ardship versus capitalist religion. T o ro n to : In stitu te for C hristian Studies.

G O U D Z W A A R D , B. 1978 Capitalism and progress. T o ro n to : W edge.

G R IF F IT H S , B. 1982. M orality and th e m arket place. L on d o n : H o d d er and S toughton.

H A Y , D A. 1989. E co n o m ics today: A Christian critique L e ic e s te r : Apollos.

N O R T H , G. 1979. An in tro d u c tio n to Christian econom ics. N utley : T he C raig Press.

T A Y L O R , E .L .H . 1978 E conom ics, m oney and banking: C hristian principles. N u tley : T he C raig Press.

V A N K L IN K E N , L. 1983. Wij rentm eesters. A m sterdam : B uijten & Schipperheijn.

V A N Z Y L, J.S. 1995. ’n B ybelse p e rsp e k tie f o p die o o rsp ro n g en hantering van die sentrale ekonom iese problem atiek. Tydskrif vir Chrislelike Welenskap, 31(1 & 2): 1-11.

V IC K E R S , D. 1976. E co n o m ics and man: P relude to a C hristian critique. N u tley : T h e Craig Press.

201

Referensi

Dokumen terkait