• Tidak ada hasil yang ditemukan

Historia

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Historia"

Copied!
10
0
0

Teks penuh

(1)

108

EERWAARDE F. C. A. GRONBERGER -'N LEWENSSKETS*

Die lewensgeskiedenis van eerwaarde Griinberger mag nie geskei word van die sendingaksie wat horn in 1868 na Suid-Afrika gestuur bet nie. Hierdie sendingaksie was die Berlynse Sendinggenootskap.

Die Berlynse Sendinggenootskap is deur 'n groepie gelowige manne, wat sterk onder die besef van die uitbreiding van Gods ko- ninkryk onder die heidene was, op 29 Februarie 1824 te Berlyn ge- stig.l Die stigters bet besluit om aanvanklik slegs sendingwerk in Suid-Afrika te doen. Later is bulle terrein vergroot om oak Sjina en Cas-Afrika in te sluit. In 1829 is 'n sendingskool gestig waar aile voornemende sendelinge bulle opleiding sou ontvang. In die eerste jare van die bestaan van die Berlynse Sendinggenootskap, moes sen- delinge 'n vierjarige kursus voltooi en later is die tydperk na vier en 'n half jaar verleng.2 Die kursus was hoofsaaklik daarop gemik om die sendelinge 'n goeie praktiese opleiding te gee. Aan die onderrig van tale is veral baie aandag bestee. Die sendeling moes, benewens die inheemse taal van die gebied waar bulle sou gaan sending doell, oak 'n uitstekende kennis van bulle moedertaal he, daar die kategis- mus deur bulle uit Duits in die betrokke taal van die gebied waar bulle gaan werk, vertaal moes word.

Voornemende sendelinge is aan streng toetse onderwerp en slegs oortuigde gelowiges, is vir opleiding aangeneem. Die meeste sende- linge is uit die gewone middelklas van die bevolking getrek.

Die Berlynse Sendinggenootskap was, wat geloof betref, Evan- gelies-Luthers. Die sendelinge moes streng hou aan die Augsburgse-

konfessie en Martin Luther se kart Kategismus. Tog was dit bulle geoorloof om redelik vrysinnig te preek. Hoofsaak was dat die evan- gelie van Verlossing verkondig moes word uit gelowige oortuiging.

Jeugjare

Op 15 April 1838 bet Friedrich Carl Adolph Griinberger die eer- ste lewenslig te Godow in Bo-Silesie: aanskou. Griinberger se ouers was Jode en meer is van bulle nie bekend nie.

* Die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum, Pretoria, het onlangs 'n waardevolle versameling foto's en persoonlike dokumente geskenk gekry wat aan Eerwaarde Friedrich Carl Adolph GrUnberger (1838-1918), sendeling, pre- dikant en geneesheer in Transvaal behoort het. Sy lewe, BOOS te lees is uit hierdie dokumente, foto's en voorwerpe, is een van die interessantste hoof- stukke van die geskiedenis van veral Pretoria, van die Duitse gemeenskap en die sending in en om Pretoria.1.

Kratzenstein, E.: Kurze Geschichte der Berliner Mission, in Sud- und Ost- Afrika, p. 1.2.

Ibid., p. 2.

(2)

109

Van sy vroee kinderjare en jeug, weet ons so goed as niks nie.

Volgens die verslae in die Kerkargief te Berlyn, (Kerkargief van die Lutherse Kerk), moes die jong Griinberger baie ly as gevolg van sy Joodse afkoms. As jeugdige is Griinberger deur 'n wanderlus ge- pak en begin hy rondswerf. Hy besoek feitlik die hele Noord-Duits- land en o.a.. oak die stad Hamburg. Hierna is hy na Sakse en be- soek oak Hongarye.

Die Jong Eerw. Grunberger as soldaat in die Pruis- sieBe Leer (Foto: Nasionale Kultuurhistoriese en

Opelugmuseum) .

Of Griinberger as jeugdige reeds met die Christelike leer in aan- raking was, is onbekend. Ons weet slegs dat hy tydens sy swerf-

(3)

110

togte rug vind in die Christelike gemeentes wat hy besoek en dat hy hierdeur tot die Christendom bekeer is. Hy sluit aan by die Lutherse Kerk en is later gedoop. Presies wanneer hy gedoop is, is onbekend, maar daar word aangeneem dat dit tussen sy twintigste en twee-en- twintigste lewensjaar moes gewees bet. Kort hierna besluit Griinber-

ger om by die Berlynse Sendinggenootskap aan te sluit en met 'n kursus in die medisyne in Berlyn te begin.

Opleiding en oorlog

Merkwaardig is die feit dat na Grtinberger se toetrede tot die Berlynse Sendinggenootskap daar nooit weer iets van sy Joodse af- koms gerep word nie. Die rede mag heel moontlik gevind word in die posisie wat Jode na die Napoleontiese oorloe beklee het. Ge- durende die Napoleontiese bewind, het die posisie van die Jode ver- ander. Jode kon nou burgerskap van 'n land kry en gevolglik het baie Jode hulle identiteit verruil om burgers van die land waarin hulle woonagtig was, te word. So byvoorbeeld word die J oodse digter Heinrich Heine volkome Duits na aanvaarding van Duitse burger- skap. Dit mag oak die geval met Grtinberger na sy bekering tot die Christendom gewees het.

Onderwyl Grlinberger studeer het, het die politieke situasie in Duitsland spannend geword as gevolg van kanselier Otto van Bis- marck se ideaal om Duitsland polities te verenig deur middel van sy

"Blut und Stahl"-beleid. Dat daar oorloe sou kom, was vir Bismarck reeds op daardie stadium 'n uitgemaakte saak. Gevolglik was mili- tere opleiding vir elke Duitse burger verpligt.end.

Op 31 Oktober 1860 tree Grtinburger toe tot die staandemag en wel as lid van die elfde kompanjie van die Keiser Franz-Garde-Gre- nadier-Regiment No. 2.3 Hy was nag student met die uitbreek van die oorlog teen Denemarke in 1864 en sy deelname aan hierdie oor- log, besorg ham later 'n medalje; Grtinberger was onderoffisier en oak behulpsaam in die militere hospitaal. Twee jaar later vind ons ham weer aktief aan die oorlogsfront en wel hierdie keer teen Oos- tenryk. Weer eens ontvang hy 'n kenteken vir goeie diens tydens die oorlog.

Grtinberger se besluit om 'n mediese rigting te laat vaar en teolo- gie te studeer, bring ietwat verwarring. Presies wanneer hy hierdie verandering gemaak het, is nie bekend nie. Dis slegs bekend dat hy op aandrang van die Berlynse Sendinggenootskap teologie gaan

3. Dokument van die Garde Korps, Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmu seum, Pretoria.

(4)

III

studeer het, met die oog op sending. Op 22 April 1868 is hy in sy amp as prediker en sendeling bevestig,4 en feitlik onmiddellik na sy bevestiging, vertrek eerw. Grlinberger na Suid-Afrika.

Suid-Afrika

Met sy aankoms in Durban, is eerw. Griinberger na die sending~

stasie Christianenburg, wat oak deur die Berlynse Sendinggenoot- skap gestig is. Christianenburg is naby "Neu-Deutschland", wat deur 'n groepie Duitse setlaars aangele is, gelee. Hier op Christianenburg, ontmoet Griinberger vir eerw. Posselt, onder wie se beheer Chris- tianenburg gestaan bet. Presies hoelank Griinberger bier vertoef bet voordat hy na Pretoria is, is ongelukkig oak onbekend. Te Chris- tianenburg bet hy die dogter van eerw. Posselt, Mathilda Posselt, ontmoet met wie hy later sou trou.

Eerw. Grlinberger is in 1868, vergesel van eerw. Gustav Trlim- pelmann,5 na Pretoria. Die Pretoria waarheen Grlinberger gekom bet, was 'n dorpie met slegs twaalf somers agter die rug, maar was reeds agt uit die twaalf jaar hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek gewees. M. W. Pretorius, toenmalige president, wat sen- dingwerk goedgesind was, bet reeds in 1866 aan die Berlynse Sen- dinggenootskap die reg verleen om in Pretoria 'n sendingstasie op te rig, en is eerw. Knothe gestuur om die sendingstasie te Preto- ria te begin. Die gemeente bet so goed vooruitgegaan dat eerw.

Knothe reeds in 1868 'n kerk en pastorie laat bou bet. (Dit was op die hoek van Visagie- en Andriesstraat). Knothe het oak met die hulp van nie-blanke bekeerlinge 'n hele reeks buitestasies gestig wat tot gevolg gehad bet dat die werk vir een sendeling te veel ge- word bet.

Aanvanklik bet eerw. Grlinberger vir eerw. Knothe gehelp tot~

dat die Uitvoerende Raad van die Z.A.R. op 27 Maart 1869 goedge- keur bet dat daar 17 my I noord-oos van Pretoria 'n selfstandige sendingstasie opgerig mag word.6

Eerw. Grlinberger bet stigter geword van hierdie nuwe stasie wat hy Wallmannsthal genoem bet. Hier op Wallmannsthal bly eerw. Griinberger egter slegs 'n jaar, en in Maart 1870 is by weer terug in Pretoria.

Volgens die Missionsberichte bet hierdie twee sendelinge hul arbeidsterreine omgeruil. Fredrich Griinberger kom na Pretoria en

4. De Volkstem, 23/4/1918.

fl. De Volkstem, 23/4/1918.

6. Kratzenstein, E.: a.w., p. 170.

(5)

1.1.2

Carl Knothe gaan na Wallmannsthal. Kort hierna tree Grlinberger in die huwelik met Mathilda Posselt en die jong egpaar vestig bulle in die ou sendinghuis op die hoek van Visagie- en Andriesstraat. Vol- gens 'n vertelling van mev. Grlinberger bet Pretoria in 1870 onge- veer 600 inwoners gehad.7

Eerw. Grlinberger bet reeds kart na sy aankoms vir die Duitse immigrante begin kerk hou en dit wil voorkom asof hy meer aange- trokke gevoel bet tot die blanke, wyl Knothe beslis 'n grater liefde

vir die Bantoe gehad het.s Benewens die sendingwerk en blanke be- arbeiding, begin Grlinberger oak 'n mediese praktyk. Op 21 Desem- her 1870 verleen president M. W. Pretorius horn "admissie, als ge- nees- en heelkundige in de Zuid-Afrikaansche Republiek".!) Benewens Grlinberger word claar in die Staatcourant van 10 J anuarie 187110 aan die volgende persone toestemming verleen om in die Z.A.R. as ge- neeskundiges te praktiseer: Alexander Merensky en Frans Lion- Cachet. (Terloops, Lion-Cachet bet hoegenaamd geeD mediese op- leiding gehad nie.) Voorts word in dieselfde Stootcourant vermeld dat Friedrich Adolph Grlinberger benoem is tot lid van die Genees- kundige Kommissie van die Z.A.R. Dit bet die jong eerw. Grlinber- ger nie lank geneem om een van Pretoria se gesiene inwoners te word Die.

Thomas Burgers, wat in 1872 president van die Z.A,R. geword bet, was 'n gereelde besoeker by die Grlinbergers en dwing die jong predikant van die Kaap, met sy redelik liberale opvattings, baie ag- ting by die Grlinbergers af.11

Eerw. Grlinberger se sendingwerk, was so geseend gewees dat hy in 1876 daaraan begin dink bet om nag 'n buitestasie te stig, en in dieselfde jaar kom die stasie Edenvale, naby die huidige Cullinan, tot stand. Teen 1879 was beide die kerk en skoal op Edenvale ge- reed vir inwyding.

Eerw. Grlinberger bet horn aktief bemoei vir die verbetering van die onderwys en wel oak die blanke-onderwys. In 1876 bet ds.

H. S. Bosman van die N.G. Kerk horn begin beywer vir Engelse on- derwys en stig so sy "Prospect Seminary". Aanvanklik word die leerkragte besoldig deur van elke gemeentelid een sjieling (10c) te vra, maar 'n aangeleentheid wat langsamerhand geweldige teen-

7. Der Deutsch-Afrikaner, 29 Sept. 1927, p. 26.

8. Vgl. Van Rooyen, T. S.: Die Kronieke van Wallmannsthal, Pretoriana, Deel 3, No.2, p. 17.

9. Dokument van Admissic in Kultuurmuseum.

10. Btaatscourant der Zuid-Afrikaansche Republiek, 10 Januarie 1871.

11. Der Deutsch-Afrikaner, 2D Sept. 1927, p. 26.

(6)

113

kanting tot gevolg gehad bet. Die gevolg hiervan was dat ds. Bos- man 'n komitee in die lewe geroep bet om fondse in te samet vir die oprigting van 'n kosskool. Die komitee bet bestaan uit: ds. H. S.

Bosman (voorsitter), G. Mynhardt (sekretaris) en eerw. Grlinberger as tesourier}2

Eerw. Grunberger op Gevorderde Leeftyd. (Foto:

Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum.

Hoewel Grlinberger se werksaamhede vreedsaam verloop het, is dl~ vreedsame groei van die Republiek skielik bedreig toe T. Shep- stone op 12 April 1877 Transvaal geannekseer het. 'n Onmiddellike

12. Peacock. R.: Die Geskiedenis van Pretoria 1855-1902, p. 108.

(7)

114

pedreiging bet dit vir die sending nie ingehou nie, daar die Boere tot lydelike verset oorgegaan bet.

Eerw. Grlinberger was gedurende die anneksasietydperk besig om sy sendingstasie na Boomstraat (waar vandag die stedelike ver- voerdepot van Pretoria gehuisves is) te verskuif. Reeds in Augustus 1866 bet eerw. Carl Knothe 'n stuk grand in Boomstraat gekoop wat as Skoolplaas bekend gestaan bet. Na die voltooiing van 'n kerk en pastorie te Skoolplaas, bet eerw. Grlinberger in 1880 daarheen ge- trek. Die sendingstasie te Skoolplaas bet eintlik Frischgewaagd ge- heeU3 In 1955 bet die hoofskip van hierdie kerkie nag gestaan. (VgI.

Van Rooyen, T. S. Die Kronieke van Wallmannsthal.)

Teen die einde van 1880 bet die Boereleiers besef dat bulle be- leid van lydelike verset nie bulle onafhanklikheid aan bulle sou te-

rugbesorg nie, en besluit bulle om die wapens op te neem. In De- sember 1880 breek die Eerste Vryheidsoorlog uit en Pretoria word deur die Engelse beset. Eerw. Grlinberger se kerk is nie gespaar nie.

Die Engelse bet ~kietgate in die mure gekap, die balke, bouhout en dekgras van en uit die kerk verwyder om bulle skanse mee te bou.u Wat presies eerw. Griinberger se gevoel teenoor die oorlog was, is nie bekend nie. Uit die argiewe te Berlyn blyk dat hy veral besorg was oar die toekoms van sy sendingwerk en hy alles in sy vermoe gedoen bet om Skoolplaas en Edenvale uit die oorlog te hou. Die Eerste Vryheidsoorlog was gelukkig kart van duur en op 27 Februarie 1881 bet die Engelse, na die slag van Majuba, vrede gesluit. Aan Grlinberger is volle skadevergoeding betaal en kon die skade aan sy kerk gou herstel word. Op 14 Augustus 1881 is die kerk weer eens op feestelike wyse ingewy.15

Na die teruggawe van Transvaal in 1881, bet die nuwe president Paul Kruger, 'n beleid van algehele godsdiensvryheid gevolg. As die direkteur van die Berlynse Sendinggenootskap, dr. D. Wangemann, in November 1884 sy besoek aan Skoolplaas bring, vind ons horn en eerw. Grlinberger as gaste van pres. Kruger.

Die regeringstyd van pres. Kruger is gekenmerk deur welvaart en vooruitgang in die jong Republiek. Die jare 1885-1886 bring ver- dere voorspoed as gaud aan die Witwatersrand ontdek word. Die ont- dekking van gaud bet meegebring dat talle uitlanders, waaronder oak Duitsers, bulle in die Republiek kom vestig bet. Die Duitsers wat bulle in Pretoria kom vestig bet, bet geen kerk of leraar ge-~ 13. Sack, P. K. E.: 'n Persoonlike herinnering. Skoolplaas, Pretoriana, No. 46,

Desember 1964, p. 28.

14. VgI. Kratzenstein, E.: a.w., p. 243.

15. Ibid., p. 244.

(8)

115

had nie en Grlinberger bet horn nou begin beywer vir veral twee dinge, nl. 'n kerk vir die Duitsers en 'n skool vir bulle kinders. Hy wou 'n stukkie "Deutschtum" in Pretoria skep. Benewens hierdie ideale bet eerw. Grlinberger nog steeds sy mediese praktyk behou.

As die eerste Staatshospitaal in 1888 te Pretoria geopen word, is ook Friedrich Grlinberger op die hospitaalraad!6

Later in dieselfde jaar besluit hy om weens gesondheidsredes, sy sendingwerk te laat vaar en slegs predikant vir die Duitse gemeenskap in Pretoria te wees. Sy sendingwerk gee hy oor aan eerw. Carl Sack en kon eerw. Grlinberger horn meer as ooit tevore, aktief beywer vir die verkryging van 'n eie Duitse kerk. Dit was seer sekerlik geen mak- like taak nie. Ongelukkig bet hy self nooit 'n dagboek aangehou nie en is daar maar mill bekend van die stryd wat daar gestry is om 'n eie kerk te kry. In 1889 egter, word die Duitse gemeente gekonstitueer en sodoende amptelik gestig. Hoewel die ou kerkregister tot 1873, toe die eerste inskrywing gemaak is, teruggaan, kon daardie jaar egter nie as die stigtingsjaar van die Duitse gemeente te Pretoria beskou word nie.

Na die amptelike stigting is daar begin kollekteer om fondse vir die bouwerk in te samel. Die grand vir die kerk is deur eerw. Grlin- berger geskenk en 'n gesiene Duitse inwoner van Pretoria, mnr. F.

Klinkenberg het 'n groat bedrag geld vir die bouwerk gegee. (Die grand wat Ran eerw. Grlinberger gegee is, behoort vandag nag Ran die Duitse gemeente en is gelee op die hoek van Skinner- en Van der Waltstraat). Volgens die dogter van eerw. Grlinberger, mev. M. S. D.

Stahl wat in 1875 gebore is, het die Boere oak geld bygedra, so bv.

het sy by President Kruger gRan kollekteer en het hy haar vyf goue ponde gegee!7

Op 7 Januarie 1890 is die hoeksteen van die Sankt-Peterskirche deur pres. Kruger gele en die lang gekoesterde ideaal was verwesenlik.

Die Duitse gemeente kon nou oak aansoek doen om volle erkenning by die "Evangelische-Ober-Kirchenrath" in Berlyn. Hulle aansoek is goedgekeur en word die Duitse kerk te Pretoria nou deel van die evangeliese Landskerk.

Eerw. Grlinberger kon nOli Ran sy tweede ideaal begin werk, nl.

die verkryging van 'n Duitse skoal. Die geleentheid vir aksie het in 1897 gekom met die afsterwe van die heer F. Klinkenberg. Hy laat in sy testament R2,000 na vir die stigting van 'n skoal en benoem vier persone, waaronder eerw. Grlinberger, as beheerders van die fonds.

16. Peacock, R.: a.w., p. 231.

17. Van Eeden, H. B.: Die herinnerin.qe van mev. M.S. D. Stahl.

(9)

116

Intussen het die oorlogswolke weer eens oor Transvaal begin saampak, maar dit het die stigters van die Duitse skool nie afgesit nie. In Mei 1899 is 'n skoolkommissie saamgestel. Die testament het bepaal dat daar R2,OOO gebruik kon word vir die oprigting van 'n skoolgebou en sou daar weer eens gekollekteer moes word. Talle in- stansies o.a. die N .Z.A.S.M. (Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoor-

weg-Maatschappij) , het geld geskenk, terwyl die Regering die gron,i geskenk het. In afwagting dat die Duitse skoolgebou voltooi moes word, is twee klaskamers van die Staatsgimnasium voorlopig vir die

doel gebruik.

Die Sendingkerkie op Wallmannsthal. Wallmannsthal is in Maart 1869 deur Eerw. Grunberger aangele. Die Kerkie se dak was oor- spronklik van graB. (Foto: Nasionale Kultuurhistoriese en Ope-

lugmuseum).

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 was daar sowat 43 leerlinge en in 1900 bet die getal tot 60 gestyg. Op 18

(10)

1.17

April 1900 kon die leerlinge bulle eie skoolgebou betrek en voortaan sou oak die Duitse regering jaarliks 'n subsidie verstrek.18

In 1909 bet eerw. Grlinberger sy amp neergele. Van sy doen en late hierna is nie veel bekend nie behalwe dat De Volkstem van 22 April 1918 berig dat sy 50ste jaar as predikant, onder blyke val1 groat belangstelling, herdenk is. 'n T\vcede berig in De Volkstem van 1 Augustus 1918 meld weer dat "de bekende, eerbiedwaardige figuur

van Pastoor Grlinberger zullen wij niet langer door onze straten zien gaan. Heden is deze Dude eerbiedwaardige inwoner van Pretoria de eeuwigheid ingegaan". Friedrich Grlinberger is deur feitlik almal geken en gegroet. Sy lang hare en groat figuur bet almal se aandag getrek. Sy sterk karakter en standvastigheid bet by almal respek af- gedwing. Sy taak was afgehandel en in die hoe ouderdom van tagtig en 'n halfjaar kon hy gaan rug van sy arbeid.

In meer as een opsig bet Friedrich Grlinberger 'n aktiewe bydrae gelewer tot die ontwikkeling en vooruitgang van Pretoria. Selig presi- dente en staatsamptenare bet sy raad opgesoek. Die Vyftig jaar wat hy in Suid-Afrika deurgebring bet, bet Grlinberger gewy aan mede- menslike diens. Sy onbaatsugtige ywer bet tot gevolg gehad dat hy

in hierdie vyftig jaar nie 'n enkele keer met vakansie na sy geboorte- land teruggekeer bet nie. Hy bet inderdaad Pretoria sien groei van 'n gehuggie tot 'n groat vooruitstrewende dorp. Lief en leed bet hy met die Pretorianers gedeel. As medikus bet vele by ham hulp gevind.

onder wie oak die familie van pres Kruger.

Met eerw. Grlinberger se dODd, was dit feitlik vanselfsprekend dat hy ter aarde bestel sou word te Pretoria -die plek waaraan hy so verknog was. Die treffende inskripsie op sy grafstreen spreek in menig opsig nag luid van sy dienste as sendeling, geneesheer en prcdi- kant. "Selig sind die Todten die in dem Herrn sterben van nun an. Ja der Geist spricht dass sie ruhen van ihrer Arbeit denn ihre werkc folgen ihen nach".

Die huidige Duitse gemeente te Pretoria kan met trots en dank- baarheid trugkyk na wat Friedrich Grlinberger vir bulle gedoen bet.

D. W. van der Merwe.

18.

VgI. ook Pretoria 1855-1955. Geskiedenis van d~e stad Pretoria, Btadsraad van Pretoria, p. 216-217.

Referensi

Dokumen terkait

Waar 'n seun vandag van sy agtiende jaar dienspligtig is, was hy in die dae van die Suid-Afrikaanse Republiek op sestienjarige ouderdom reeds dienspligtig.. Oit was ook die

Veral die eerste deel munt uit deur uitstekende afbeeldings, terwyl die gehalte van die iota's van die tweede werk bier en daar teleurstellend is gesien die steeds verbeterende

Editorial Board / Redaksionele Raad Karen Harris Ian Phimister University of Pretoria University of the Free State Universiteit van Pretoria Universteit van die Vrystaat Alois

By die Fakulteit in Pretoria is prof Will Vosloo, emeritus hoogleraar ook in die afgelope jaar oorlede, terwyl dr David Keta in Bloemfontein na ’n lang siekbed in Junie oorlede is.. Ons

Met die winterreen van 1888 byvoor- beeld bet die ruimtes weer eens vol water geloop6O sodat groot ongerief en ernstige skade veroorsaak kon word, Alhoewel die kerkraad reeds in Julie

Die ideaal van Afrikanervolkseenheid, die Afrikaner se vryheidsdrang en sy republikeinse strewe bet hy teruggevoer na die Boererepublieke, die Groot Trek en selfs die Patriottebeweging

Hierom spreek die evange­ lie van Jesus C hristus eerste to t die Jood, w an t dit is dieselfde evangelie w at nog to t hom spreek.21 b Eers vir die Jood en ook vir die Griek is nie

Op 8 April 1937 is besluit om tot die geslote werkplaas oar te gaan met die amptelike inwerkingstelling daarvan op 1 Junie 1937.54 Die praktiese implikasie daarvan was dat aile