• Tidak ada hasil yang ditemukan

d ie h eid elb er g se kateg ism usas

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "d ie h eid elb er g se kateg ism usas"

Copied!
14
0
0

Teks penuh

(1)

land is Jesus Christus die V erlosser van die wéreld gebore, en vandaar is die boodskap van vrede met G od en die medemense tot aan die uiter­

ste van die aarde g e d ra .") p F. D . W EtSS.

D IE H E ID E L B E R G S E K A T E G I S M U S A S K E R K L IK E S IM B O O L .

Die Hervorm ers het onderskeid gem aak tussen die sigbare en die onsigbare Kerk.') A an die eenkant is dit gedoen teenoor Rome wat die menslike leer en instelling tot iets onfeilbaars verhef het, en aan die anderkant teenoor die Anabaptism e wat weer op 'n arrogante w yse alle kerkverband verwerp het. Die onsigbare Kerk is die ver­

eniging van gelowiges wat deur G od uitverkies en geroep is; hulle is die lede van die liggaam van Christus en is as sodanig die wese van die gemeente. Hierdie onsigbare Kerk openbaar hom op aarde in 'n sigbare gedaante, n sigbare Kerk. M aar dit is soos alles op aarde, onvolkome. Die verskyningsvorm van hierdie sigbare Kerk is die Jeer, die cfiens en die Die leer, d.w.s. die belydenis wat die uitdrukking is van die Christelike geloofslew e soos dit op n gegewe oomblik deur die Kerk uitgespreek is; die <i:ens, d.w.s. die uitwendige erediens in die openbare samekomste van die Kerk, w aar die Evangelie deur die voorganger verkondig word en die gemeente as een geheel handelend optree*); die in#', d.w.s. die kerklike dissipline, die kerklike organisasie en bestuur, en nie net die kerklike bestraffing en vermaning nie, soos die betekenis van die woord in ons dae is. M et ander woorde, as die drie verskyningsvorms van die uitwendige sigbare Kerk noem ons die belydenis, die erediens en die kerkorganisasie.

Die Kerkhervorming w as 'n hervorming van hierdie verskynings­

vorms van die sigbare Kerk. Dit w as 'n hervorming van die kerkleer, die kerklike erediens en die kerkorganisasie. Dit w as dus nie net n hervorming van ,,hoof en lede d.w.s. van die priesterskap nie, soos dit in die eerste helfte van die vyftiende eeu deur die konsilies van Pisa, K onstans en Basel voorgestaan is. 'n Hervorming van die priester­

skap is geen kerkhervorming in hierdie sin van die woord nie- M aar dit is net so onjuis en net so onprotestants om van die kerklike afskei-

" ) D ie uitvoerige bew ysm ateriaa! van w at in hierdie artikel behande] is, is by die drukker en sat sodra om standighede dit toelaat, in boekvorm in die

s e r ie : „P u b lik asies van die U niversiteit van P reto ria" verskyn.

*) Joh.— C a !v y n : Institutio IV , 1 :7 John K n o x : T h e C onfession of Faith (1560) C ap . X V I (W o rk s of John K nox, vol. II p. 108, T h e Th irty-nine A rticles o f the Church of E ngtand (!5 6 3 en t571). art X I X : C o n fessio H elvetica P osterior (1566) ch. X V I I: T h e Irish A rticles (1615), art. 68 en 69; T h e

W estm inster C onfession (1647) ch. X X V .

-) V g l. oor die openbare erediens Prof. dr. E . F . K ru y f: Liturgiek ten dienste van D ienaren der N ed. H ervorm de K erk (G roningen 1901).

160

(2)

dings in N ederland in die jare 1834 en 1886 en in Suid -A frika in die jaar 1859 a s van n ,,R eform asie" of n ,,H ervorm ing" te praat. Aan die kerkleer is in daardie jare niks verander nie; in die erediens is alleen die Evangeliese G esan ge afgesk af en in die kerkorganisasie is alleen gepoog om die bestaande kerklike reglemente deur dié van Dordrecht van die jare 1619 en 1619 te vervang, maar dit w as nie ten voile moontlik nie, omdat die D ordtse kerkorde verouder w as en mens die w ysers van die klok nie n paar honderd jaar kan terugsit nie. Die D ordtse kerkorde is verouder en daarom moes die Gereformeerde Kerk in N ederland sowel as in Suid-A frika daarn aas noodwendig n reeks sinodale bepalings maak wat daar dieselfde plek inneem as wat die kerklike wette en bepalinge by die N ed. Hervormde en die Ned. G ereform eerde Kerke inneem. ')

Die Hervorming van die sestiende eeu w as 'n hervorming van die kerklike organism e. Die hervorming van die Roomse kerkleer het, wat N ederland aanbetref, sy beslag begin kry toe die N ederlandse G eloofbelydenis van 1561 as die kragtige uitdrukking van die geloofs- lewe van die Kerk aanvaar is. die hervorming van die Roomse erediens toe die psalmberyming van Datheen met die liturgiese geskrifte in 1566 verskyn het, en van die Roomse kerkorganisasie toe die Konvent van W esel in 1568 'n ontwerp vir die kerklike bestuur vervaardig het. D aar w as toe 'n belydenis, n leidraad vir die erediens en 'n lei­

draad vir die organisasie van die Kerk. O ns sou dus kan sê dat die Hervormde Kerk van N ederland sy sigbare verskyningsvorm tussen die jare 1561 en 1568 begin aanneem het. Die wortel lê egter dieper reeds in die jaar 1523 toe die eerste m artelaarsbloed gevloei het.')

Die N ederlandse G eloofsbelydenis is dan ook by uitnemendheid die belydenisskrif van die Ned. Hervormde Kerk. Die D ordtse Leer- reëls, die jongste van die Drie Formuliere van Enigheid, is niks anders dan n nadere verklaring en uitlegging van een artikel van die N eder­

landse G eloofsbelydenis nie, nl. art. 16 wat oor die Uitverkiesing handel en dit staan op een lyn met die Consensus van Zurich (1549) en die Consensus van Geneve (1552) wat albei van die hand van Calvyn is en oor onderdele van die kerkleer handel, die eerste oor die A vond­

maal en die tweede oor die Uitverkiesing.

W a t die H eidelbergse Kategism us aanbetref, dit is eers geleidelik n dertigtal jare na die ontstaan van die N ederlandse G eloofsbelydenis as kerklike simboliese geskrif beskou. Dit bevat nie leerstellings wat

3) In H olland het die Chr. Gereform eerde K erk m eermale 'n handboek uitgegee w at die .,S y n o d a le Besluiten ' b evat het. terwyl die G ereform eerde K erk in S.A- verskillende kere n „verzam eling van díe A lgem eene B epalingen der Synoden' die lig laa t sien het. H ierdie laaste is vir die geskiedenis van die G erefor­

meerde K erk in S .A . v a n groot belang-

V g l. D r. J. J. v a n Toornenbergen „D e Sym bolische Schriften der N ed.

H ervorm de Kerk. a.w . D e Confessionele P rak ty k der N ed. H erv. Kerk 1516— 1619, p. X X I .

H 2

161

(3)

in die N ederlandse Geloofbelydenis ontbreek nie en wil die G eloofs- belydenis ook nie aanvul nie. Die verskil is n verskil in vorm, ,,C on ­ fessie en Catechism us zijn één, bij alle verschil in vorm, en bij ver­

scheidenheid in ondergeschikte punten. Z ij staan en vallen te zamen.

Uit die beide geschriften blijkt ontegenzeggelijk dat de gemeen­

schappelijke grond van de Hoogduitsche en de Nederduitsche i s : De Christus van het Evangelie de eeuwige en algenoegzam e M iddelaar G ods en der menschen, door wien alleen in Hem geloovenden zalig worden. ')

Die N ederlandse Geloofbelydenis w as nie geskik om as leerboek vir die opkomende gesiag te dien nie. en ook nie vir die volw asse mense uit die dae van die Hervorming nie wat in die Roomse Kerk op­

gevoed was, en vir wie die Hervormde kerkleer in menige opsig nog duister w as. D aar w as n behoefte aan n leerboek in die Christelike geloofsleer, en die Kategism us moes in daardie behoefte voorsien.

!n hierdie artikel wil ons die oorsprong van die K ategism us onder oö sien, en dan nagaan hoe dit geleidelik as kerklike simbool erken is.

Die H eidelbergse Kategism us voer ons na die. Palts, een van die sewe keurvorstelike gebiede wie se regeerders in die sestiende eeu die D uitse Keiser gekies het. Die hoofstad w as Heidelberg, met 'n universiteit wat in 1346 gestig is.

Die Hervorming het eers langsaam in die Palts deurgedring.') W el het Luther Heidelberg in 1517 besoek en bepaalde Evangeliese stellings daar verdedig, maar dit w as eers in sy sterfjaar, 1546, dat die Hervorming daar daadwerklik onder keurvors Frederik 11 deurgevoer is. Melanchthon is in dieselfde jaar en weer in 1552 n professoraat in die teologie aan die Heidetbergse universiteit aangebied, maar hy het dit van die hand gewys- H y het egter as geestelike raadgew er opgetree, en in 1552 het hy tydens die regering van O tto Hendrik 111 n persoonlike besoek daar gebring met die bedoeting om die U niver­

siteit op 'n Evangeliese grondslag te reorganiseer. M ens sou hom dus tot op sekere hoogte die Hervormer van die Palts .kan noem. H y w as gematig van gees en het in teensteHing met Luther minder af- wysend teenoor die Sw itsers gestaan, en het die Hervorming dan ook verder in n gem atigde gees help deurvoer. Die A ugsburgse Konfessie is as leerstellige grondslag aanvaar, terwyl die erediens volgens die eenvoudige Sw ingliaanse w yse omgevorm is. Heidelberg het nou Pro­

testante van uiteenlopende rigting aangetrek, maar hierdeur het daar verskillende botsings tussen aanhangers van die beskouings van Luther, Melanchthon Swingli en Calvyn gekom. en dit het so erg geword dat hulle eenkeer selfs handgemeen was.

'^) Dr. G . J. V o s A z .: G eschiedenis der V adertandsch e K erk van 630— [842, tweede druk (1888) bis. 76.

') J. W iih elm iu s: H istorie der Reform atie van de kerken van de P altz en G enéve (tw ee dete 1745).

162

(4)

Dit w as onder sulke omstandighede dat Frederik IH, bygenaam d Frederik die Vrom e, in 1559 keurvors geword het.') H y w as een van die edelste persone onder die Duitse vorste en w as gedetermineerd om die Hervorming te steun en om aan die twiste n end te maak.

Frederik is op 14 Februarie 1515 te Simmern gebore. S y moeder wat uit die hertogelike huis van Baden gestam het, w as 'n vrome vrou en w as bekend vir haar vele werke van Christelike barmhartigheid.

Hy het n deeglike en streng Roomse opvoeding ontvang. In 1537 is hy met die dogter van m arkgraaf Kasimir van Brandenburg Culm- bach getroud. S y w as protestants en hy het deur haar die Bybel leer ken, en in 1546 het hy openlik tot die Hervorming oorgegaan.

In Februarie 1559 is Otto Hendrik, die keurvors van die Palts.

oorlede. H y het geen kinders nagelaat nie en is toe deur Frederik opgevolg. D ie toestand waarin die Palts verkeer het, w as allertreurigs.

Die land w as diep in die skuld en die bevolking moes sw aar laste dra, terwyl daar op geestelike gebied die grootste onenigheid tussen die Protestante onderling geheers het. D aar is heftig oor die opvattings van Luther, Sw ingli en Calvyn in verband met die Avondm aalsleer getwis. Luther het hom nooit tenvolle losgem aak van die Roomse be- skouing nie wat geleer het dat die brood en die wyn by die A vond­

maal in wese in die liggaam en bloed van Christus verander. H y het gesê dat die brood en die wyn wel nie in die liggaam en bloed ver­

ander nie, m aar dat die liggaam en bloed van Christus onder die ge­

daante van brood en wyn tog in wese aanw esig is. Swingli het egter weer die Avondm aal enkel en alleen as 'n herinnering aan die lyde cn sterwe van Christus beskou. Calvyn het met sy opvatting tussen Luther en Sw ingli gestaan. Christus w as volgens hom nie liggaam lik aanwesig nie, maar tog w aarlik en wesenlik op besonder geestelike wyse.

M elanchthon het weer n standpunt tussen Luther en Calvyn inge- neem. S y houding w as baie versoenend, en niemand het groter afkeer van hierdie twiste oor die Avondm aal gehad as hy nie. Reeds in 1550 het hy aan n vriend geskryf dat hy wens dat hy net soveel tranc kon ween as wat daar water in die riviere Elbe en W eser w as, want dit sou miskien sy smart wegneem uit sy binneste oor al die getwis in ver­

band met die Avondmaal.

Frederik het met sy aanvaarding van die keurvorstelike w aar­

digheid voor hierdie bitter stryd oor die Avondm aal te staan gekom.

H y het hom om raad en voorligting tot Melanchthon gewend, wat sy gevoelens dan ook helder geformuleer het en aan hom gestuur het.

Frederik het hom na aanleiding hiervan soms vir hele dae en nagte

') A u gu st K lu ck h oh n : Bf*iefe Friedrichs des From m en mit verw andten Schrift- stücken (2 dele B runsw yk 1868— 1872); idem : Friedrich der From m e, Chur- fürst von der P faltz (N ördlingen 1879) A . W . B ro n sv eld : Een V room V o r st: Stem m en voo r W aarh eid en V red e 1879, bis. 125— 144. 223— 237.

35— 376.

163

(5)

in die Bybet verdiep en ook die godgeleerde geskrifte. In Julie 1560 is in sy teenwoordigheid te Heidelberg n teologiese disputasie oor die vraagstuk gehou. Die Lutherse en Sw itserse teoloë het so skerp teenoor mekaar gestaan dat dit n diep indruk op Frederik moes maak.

H y het dan ook sy droefheid hieroor uitgespreek en verklaar dat die disputasie hom geleer het om met groter erns as te vore te bid.

Hierdie Avondm aalstryd het nie tot die Paits beperk gebly nie.

Dit het tot verskillende gebiede in D uitsland deurgedring, w aar daar skeuring gedreig het, wat vir die Protestantisme noodlottig kon word.

Die Protestantse vorste het dit ingesien en wou alles doen om dit te verhoed, en met die oog hierop is vanaf 20 Januarie tot 8 Februarie

!561 n samekoms in Naum burg gehou om n godsdienstige eenheid te verkry op grond van die Lutherse konfessie van A ugsburg.') Die Konsilie van Trente sou spoedig weer geopen word, sodat dit gebie­

dend w as om teenoor Rome een front te toon. Die samekoms het egter nie aan sy doel beantwoord nie en die gewenste uitkoms is dan ook nie bereik nie. Dit het geblyk dat sommige uitgaw es van die A ugs- burgse konfessies wat as grondslag van eenheid moes dien in verband met die avondm aalsleer wat juis die punt in geski) w as, verskillende van mekaar afw ykende lesings bevat het.")

Frederik het hom te Naumburg feitlik van die A u gsburgse Kon­

fessie losgem aak. Dit het vir hom nie meer ten volle die gesag van n belydenisskrif gehad nie. Op die stuk van die Avondm aal w as dit te papisties, en dit het hom duidelik geword dat Luther hom daarin nooit volkome vrygem aak het van bepaalde Roomse beskouings nie.

M aar dit wit nie sê dat Frederik hom nou blindelings in die arm s van die Sw itserse Reform atore gewerp het nie. H yself het immers ver­

k laar: ,,W ij erkennen G odlof dat wij Christenen zijn, in C hristus', en niet in Zw ingli s, C alvyn 's of Luther s naam gedoopt. W ij houden deze mannen en anderen voor menschen en werktuigen G ods; door

*) R. C aü n ich : D er N au m u rger Fürstentag (G oth a 1870); K iuckhohn: Briefe Frederichs des From m en 1. bis. 154 v .v .: idem : Frederich der From m e bis.

79 v.v.

'') D ie oorspronklike tekste van die A u gsb u rgse K onfessie van 1530 w a s reeds in 1561 nie meer te vinde nie. en van die bestaande herdrukke het die D uitse teks gelees d at die w are liggaam en bloed v a n C h ristus w erklik ..unter G estalt des B rots und W ein s aan w esig is en uitgedeel w ord aan hulle w at die avondm aal on tvan g. D it w as vir Frederik te papisties. D ie L atyn se teks w a s minder bedenklik om dat die w oorde ..unter G estalt des B rots und W ein s " d aar nie in voorkom nie. en alleen gelui het dat ligg aam en bloed van C h ristus w erklik aan w esig is en aan die w at die av on dm aal ontvang, uitgedeel w ord (distribuantur). M elanchthon het die L aty n se teks in 1540 verder versorg en meer met C alv y n in ooreenstem m ing gebring deur dit te laat lees dat die liggaam en bloed van C h ristus met brood en w yn w erk­

lik aan hulle w at die avondm aal ontvang, vertoön w ord (exhibeantur), met w eglating van die slotw oorde w aarin die gevoelens van die w at anders hieroor dink, afgek eu r word- D ie teks van 1530 w ord die ÏVARlATA genoem.

en die van 1540 die VARtATA. Sien oor hierdie tekste Philip S c h a ff: A H isto ry o f the C reeds of Christendom (Londen 1877) bis. 237— 242.

164

(6)

wie H ij, n aar het ons toeschijnt, vee! goeds in de wereld tot stand gebracht heeft; wij houden het ervoor dat zij veel goeds geschreven hebben, m aar ook vee! hebben gedw aald; zoodat wij dan ook de ge- schriften van deze en andere menschen in zooverre aannemen, a!s zij met G ods W oord overeenstemmen, en het overige !aten wij varen, gelijk zij ook ze!ve wiHen dat er mee gehandeld zal w orden".*") H y het selfstan dig te werk gegaan en hom gedronge gevoel om die ant­

woord op die vraag wat 'n Christen moet glo, alleen aan die Skrif ontleen. Hoewel hy Sw ingli en Calvyn hoog geag het, het hy tog van huHe geskrifte weinig of niks gelees nie *')

Frederik het aan die professore van die H eide!bergse Universiteit en aan !ede van die kerkraad opgedra om 'n kategism us op te stel w at die gemeente a s leidraad moes dien. M et geen een van die bestaandes w as hy tevrede nie.'*) H y het aan die uitvoering van hierdie opdrag self 'n daadwerklike aandeel geneem en kon later met reg van ,,tneinen Catechism us praat.^) Die sam estellers het van ver­

skillende bestaande kategism usse gebruik gem aak.*')

D ie eerste ontwerp is deur die professor in die dogmatiek, Sacha- rias U rsinus, vervaardig. Dit w as in Latyn opgestel en het 325 vrae bevat, terwyl die genadeverbond die uitgangspunt w as. Die keur- vors w as d aar nie mee tevrede nie. H y het dit nie alleen te groot gevind nie, m aar wou ook 'n kort en duidelike uiteensetting van die betwiste leerstuk oor die Avondm aal gehad het, en daarom het U rsinus opdrag gekry om 'n nuwe ontwerp te maak. H ierdie tweede ontwerp w as baie korter a s die eerste en het stegs 108 vrae getel. D ie leidende gedagte w as nie meer die genadeverbond nie, m aar die troos en die verlossing. U rsinus het in hierdie nuwe ontwerp die skema van die Loc? Com m unes van Melanchthon gevolg w at op die brief aan die Romeine berus, naamlik die e//encfe van die mens, Romeine ! : 18—

3 :2 0 ; die perfossiny, Romeine 3.21— 1 1 :3 6 ; die JanAr&aarAeft/, R o­

meine 1 2 :1 v.v. D ie gedeeltes van die eerste ontwerp wat oor die verhouding van G od tot die sondige dade van die mens gehandel het, is w eggelaat, en so ook die uitvoerige vertoog oor die vraag of God nie onregverdig is ten opsigte van die mense w at H y nie geroep het

'") A an aeh aa) deur ds. M. J. G o d d e fr o y : D e K erkkw estie niet een L eer- m aar een Levenskw estie, bis. 10.

K lu c k h ih n :B r ie f e I I . bis. 688.

*-) Frederik sê self d at die H eidelbergse K ategism u s op g este! is .,mit Rath und Z uthun unserer gantzen theologischen Facultet. auch allen Superintendenten und fürnehmsten Kirchendienern." Sien die stan daardw erk van prof. M . A . G o o sz e n : D e H eidelbergsche C ategism u s. T e x tu s R eceptus toelichtende T ek sten . (Leiden 1890). Idem : D e H eidelbergsch e Catechism us en het B oekie van de Breking des Broods, in het ja a r 1563— 64 bestreden en verdedigd. (Leiden 1892).

'3) G o o sz e n : D e H eid. C atechism us T e x tu s R eceptus, bis. 28.

i ') S o o s die v a n Sw ingli. O ecolam pad iu s. die van St. G allen. L eo Ju dae But- linger . C alv y n . á L a sc o M artin M icron, die E m dense. Sien G ooszen : D e H eid. C atechism us. T e x tu s R eceptus. bis. 3 ! — 61-

165

(7)

nie. V erder is die uiteensetting van die kerklike bediening baie ver­

kort. D ie Kerk het nie 'n besondere stand w at met goddelike gesag beklee is nie, maar slegs 'n prediking van G ods W oord, terwyl die uitoefening van die tug uit die hande van die predikante na die hele gemeente oorgeplaas word. D ie leerstuk oor die Avondm aal is in hierdie tweede ontwerp meer Sw ingliaans as die eerste.

Die eindreaksie van hierdie tweedé ontwerp is toe aan O levianus opgedra wat dit ook in D uits moes vertaal. D ie Keurvors het dit egter self ook nagegaan en verbeterings aangebring. T o e dit eindelik ge­

reed w as het dit uit 128 vrae bestaan, en in Januarie 1563 is dit deur die H eidelbergse ,,Sinode goedgekeur. Dit w as die geboorte van die beroemde H eidelbergse Kategism us, wat hom tot vandag toe ge- handhaaf het, en een van die mees algemeen gebruiklike kerklike leerboeke in die Protestantse Kerk is.

Die eerste uitgaw e het dus een vraag minder gehad a s die latere uitgawes. Die teenswoordige tagtigste vraag wat oor die onderskeid tussen die N agm aal en die P aap se M is handel, het ontbreek. In die- selfde jaar het daar 'n tweede en 'n derde druk verskyn waarin 'n nuwe vraag tussen die nege-en-sewentigste en tagtigste ingevoeg is, en wat in die derde uitgaw e selfs weer uitgebrei is. Aan die end van die Kategism us is gesê dat die nuwe vraag op bevel van die Keurvors toegevoeg is. Dit beteken egter nie dat die Keurvors die inisiatief hiervoor geneem het nie. Noukeurige ondersoekings het aan die lig gebring dat die Keurvors eers gehandel het nadat O levianus sy aan dag daarop gevestig het dat dit nodig w as om die K ategism us op hierdie punt aan te vul.'") Die konsilie van Trente het die jaar te vore, 1562, allerhande besluite oor die M is geneem, met ver­

skillende vervloekings van diegene, n.l. die Protestante, wat dit daar nie mee eens is nie.'") Dit is dan ook baie w aarskynlik met die oog hierop dat die nuwe vraag tagtig die M is 'n verloëning van Christus noem en 'n vervloekte afgodery- Luther het reeds in 1537 in die Sm alkadiese Artikels die M is die ,,grootste en verskriklikste gruwel genoem. die grootste van al die ,,paapse afgo d ery ," en 'n ,,drakestert wat baie ontuig en uitvaagsels van allerhande afgo d ery " voortbring.'^)

In die jaar 1566 moes Frederik n baie heftige aanval oor sy Katechismus verduur. Die godsdiensvrede van A ugsburg het in 1555 die regte van die Protestante erken en het bepaal dat elke land die godsdiens van sy vors sou volg. M aar dit het alleen vir die Lu-

's) D s. H . H. B a rg e r : D e H eidelbergsche C atechism us (U trecht 1914), b!s.

536— 538.

"1 Philip S c h a ff: T h e creeds o f the Greek and L atin Churches (London !877) bis. t76— 186: N . S P . A . : H et A lderheyligste Conciti van T ren te, (A ntw erpen

<637). Ms. 2 4 )— 2 5 !.

'*) D ie Sm alkald iese A rtik eis deet II art. I. in Lie. D r. Julius B oeh m er: M artin Luthers W erke (S tu ttg a rt 1907) bis. 505.

166

(8)

therse Protestante gegeid, en die aanhangers van die Sw itserse H er­

vorming w as daarvan uitgesluit. In die jaar 1566 het die Keiser 'n ryksdag in A ugsburg saam geroep, en n groep Lutherse ryksvorste is daarheen met die doel om, deur opstokery van bepaalde teoloë, Frederik by die ryksdag aan te kla omdat hy die A u gsburgse K on­

fessie deur die H eidelbergse Kategism us laat vervang het. H y moes daarom van die voorregte van die godsdiensvrede uitgesluit word, en daar is selfs gemompel dat dit sy lewe kon kos. V an bevriende kant is hy dan ook ernstig gew aarsku om nie na die ryksdag te gaan nie.

H y het egter geweier om weg te bly. V ol geloof en moed is hy na A ugsburg, en toe die K eiser hom daar beveel het om sy kerklike in- stellings saam met die Kategism us af te skaf, het hy sy beroemde redevoering gehou waarmee hy op kragtige en w aardige w yse sy geloof bely het. H y het gesê dat hy die K ategism us graag as sy belvdenis erken, want dit is so sterk op die Skrif gefondeer dat dit nie omver gestoot kan word nie. En as iemand hom op grond van die Skrif van die teenoorgestelde sou oortuig, of so n persoon oud of jonk w as, geleerd of ongeleerd, vriend of vyand, ja, die geringste kombuis- of stalkneg, hy sou hom daaraan onderwerp en aan G ods W oord gehoorsaam wees. V olgens 'n ou oorlewing het die Keur- vors van S a k se na die redevoering na hom toe gegaan en die hand op sy skouer gelê en g e sê : ,,Frits, u is vromer as ons alm al." O f hierdie oorlewering juis is of nie, die n ageslag het hom tereg met die bynaam van Frederik die Vrom e vereer. Professor G ooszen ver- gelyk sy optrede te A ugsburg met dié van Luther voor die ryksdag van W orm s.'*) D ie Keiser w as nie met sy antwoord tevrede nie en het gesê dat daardie ,,ongedierte verdelg moes word. M aar die ryks­

dag w as nie by magte om iets aan hom te doen nie.

In dieselfde jaar 1563 waarin die H eidelbergse Kategism us aan- geneem is en verskyn het, het daar twee vertalings in N ederlands verskyn, die een in Emden en die ander in H eidelberg.'") Hierdie laasgenoem de w as gem aak deur Petrus Datheen en het sy weg in die N ederlandse Kerk gevind. V ersover my bekend het niemand nog die aan dag daarop gevestig waarom dit juis die vertaling van Datheen w as en straks in 1566 juis die liturgie agter die psalmberyming van Datheen wat die voorkeur geniet het en deur die Kerk aangeneem is.

D aarom is dit nie van belang om enigsins uitvoerig daarop in te gaan nie. Hier word egter alleen die Kategism us bespreek terwyl ek hoop om in 'n latere artikel oor die liturgie te handel.

V a n a f omstreeks 1544 het ten gevolge van die heftig wordende geloofsvervolging in die N ederlande n gestadige stroom van vlugte-

's) D e H eidelbergsch e Catechism us. T e x tu s R eceptus, bis- 29.

'") P rof. dr. J. I. D o e d e s: D e H eidelbergsche C atechism us in zijn eerste levens­

jaren. 1563— 1567 (U trech t 1867); idem : N ieuw e Biblograph isch-H istorische ontdekkingen (U trecht 1876).

167

(9)

tinge na die buiteland gegaan w aar hulte in verskillende plekke vlug- telinge-gemeentes gestig het.*°) Die belangrikste w as O osfriesland met sy hoofstad Emden. In hierdie graafsk ap w as N ederlands tot aan die einde van die agtiende eeu die kerktaal.*') Emden word met reg die bakermat van die Ned. Hervormde Kerk genoem."*) Bo die hoofdeur van die groot kerk is 'n steen w aarop 'n skip met drie H ollandse vlae en die opskrif „Schepken Christi ' en die volgende woorde daarom h een :

G odts Kerck vervolgt verdreven H eeft G odt hier troost gegeven-

In 1689 het die Em dense predikant, ds. Alb. Altona, die volgende vers g e m a a k :

A ls een moeder in haar schoot Borg zij ballingen in noodt.

H ollands toevlucht, Brabants schuil, A fgronds ondergang en kuil.

Behalwe in O osfriesland w as daar vlugtelinge-gemeentes in E n ­ geland in stede soos Londen, Sandwich, Norwich, M aidstone, Y ar­

mouth, Stanford. Ispwich, Thetford, Dover en Colchester. V erder in stede van vorstedomme ten ooste van Nederland, tans w es-D uitsland, soos Keulen, Aken. W esel, Goch, Emmerik, Kleef, Frankford en Frankenthal. V ir ons doel hier is dit alleen nodig om op Franken- tha) die aan dag te vestig.*")

!n die middel van die jaar 1562 het n sestigta! vlugteling-fami- lies onder leiding van die bekende Petrus Datheen in die P alts aan- gekom. D ie Keurvors het hulle baie vriendelik en welwillend ontvang.

H y het die vroeëre Augustynerklooster Frankenthal aan hulle as woonplek gegee,*'), m aar hy het van hulle verlang dat hulle hul aan die bestaande orde van sake in die Palts sou onderwerp, wat met die oog op a! die hierbo vermelde moeilikhede waarmee hy te kampe had, heeltemaal verstaanbaar is. D aar is n offisiële akte opgestel en onderteken wat die voorw aarde van hulle opname in die P alts bevat

*") D r. A . A . van S c h e lv e n : D e N ederduitsche V luchtelingen Kerken der X V Ie eeuw in E ngelan d en D uitschland ( s G raven h age 1909): Prof. dr. L. Knap- pert : H et ontstaan en de vesting van het Protestantism e in de N ederlanden

(U trecht 1924), bis. 290— 307.

-') T en ooste van N ederland w as in die sestiende. sew entiende en agtiende eeu verskillende g raa fsk ap p e w at kultureel tot N ederland behoort het en w aar in N ederland s gepreek is. Predikante uit N ederland en hierdie graa fsk ap p e is dan ook oor en w eer beroep. In die loop van tyd is hierdie gebiede gelei­

delik verduits en die N ederlandse taal uitgeroei. Sien F . D e k k e r: V oortrek ­ kers van O ud N ederland (D en H a ag 1938) bis. 51— 65: P ro f dr. M . B ok h orst:

N ederland s of D u its? H istoriese studies Julie— O ktober 1940, bis. 102— 110.

-") J. D o u w es. E en bezoek aan Emden de bakerm at onzer Kerk. In H et H erv.

vorm d W eelb lad. 12. )9. 26 Septem ber. 17. 24 en 31 O ktober 1929.

-3) V a n Schelven bis. 234— 258: K nappert, bis. 306— 307.

-') Frankenthal is ongelukkig in die dae van L odew yk X I V deur die Fran se verniel w aardeu r die beiangrike argiefstukke van die gem eente onge!ukkig verlore g eg aan het, w at vir die geskiedskryw ing 'n onherstelbare verlies is.

16S

(10)

het. In die tweede artikel is duidelik bepaal dat huHe in die leer en in die serem onies nie van die Paltsiese kerkorde sou afw yk nie. Onder kerkorde w ord hier ooreenkomstig die sestiende eeuse betekenis van die w oord liturgie en die vorms van die erediens verstaan.'") Dit spreek vanself dat met die invoering van die K ategism us in die Palts dit van die N ederlandse vlugtelinge-gemeente verw ag is om dit ook te gebruik, en daarom het Datheen dadelik aan die werk gegaan, met die gevolg dat hy nog in dieselfde jaar 'n N ederlandse uitgaw e die lig laat sien het. D ie titel w a s : Cafec/u'smns o/ie oncferwysinpe :n cfe C/ifi.sie/yc/ce ieere, a/50 J;'e :n Je n A^ercAren ende Sc/io/en Kueruoersi- /í'fc&er; P a/fz ^e/eerí wer<if. /n de NeJeríÍHt/^cAe ^praecAre oueryesef.

D ie enigste eksemplaar wat hiervan nog bestaan, w as in die besit van prof. dr. J. I. D oedes wat dit in 1881 opnuut uitgegee het.-')

In 1566 het die psalmberyming van Petrus D atheen die lig ge­

sien. A gter hierdie Psalm s is o.a. ook die H eidelbergse K ategism us afgedruk. D ie beryming het ingang gevind, en toe twee jaar later verskillende kerklike persone in W esel saam gekom het en 'n ontwerp van kerklike bepalings opgestel het wat moes dien tot organisasie van die Hervorm de Kerk in Nederland, is met nadruk besluit dat hierdie psalmberyming van Datheen behou moet word. Hierdie bepaling het ongetw yfeld baie daartoe bygedra om die K ategism us wat altyd agter die psalmberyming gedruk is, bekend te maak en ingang te laat vind.

D ieselfde W eselse samekoms het ook voorgestel dat die predika'nte by hul toelating tot die predikdiens gevra moes word of hulle met die leer van die Geloofsbelydenis en die K ategism us instem.*') V an n ondertekening w as daar nog nie sprake nie. V erder is aanbeveel om by die kategisassie van die Franse deel van die Kerk die kategismus van C alvyn te volg, en in die N ederlandse deel liefs die H eidelbergse.

V erpligtend w as dit egter nie. want dit is vrygelaat tot op die vol­

gende sinode.**)

D ie eerste nasionale sinode het in 1571 in Emden vergader, en daar is die H eidelbergse Kategism us weer aanbeveel, maar die ge-

* ') In D uitsland kom die benam ing ..Kirchenordnung ' vir die b epalin gs van die erediens reeds in 1523 voor. D ie liturgie van John K nox, uitgegee in 1564.

w ord ..Book of Common O rder genoem; die sinode van W estm inster noem sy liturgie in 1645 ..D irectory for the Public W o rsh ip ", w aa rv a n in 1651 in A m sterdam 'n H ollandse vertaling verskyn het met die naam ..Kercken-ordeninge om den O p enb are G od sd ienst te plegh en." In die N ederland sch e K erk is reeds in 1565 en 1566 die liturgie ..Kerken O rdeninge" genoem . terw yl die konvent van W e se l in 1568 in n avo lgin g van C alv y n die b epalin gs oor die kerkorganisasie ..leges d.i. ..w ette " noem.

-**) Prof. D o ed es het egter nie die D atheense spelling behou nie. 'n E k sem p laar van hierdie herdruk w at ook al w eer sk a ars gew ord het. is in my besit.

-*) W e se lse A rtikels, hoofstuk II art. 8-

-*) W e se lse A rtikels hoofstuk III. art. 2. M et die katk isasie is in daard ie tyd nie die k atk isasie vir die aannem ing bedoel nie. m aar die nadere verklaring van die kerkleer vir die hele gemeente, gew oonlik in die nam iddagdiens. H ier uit het ons kategism usprediking gegroei.

169

(11)

meentes is tog vrygelaat om 'n ander kategism us te gebruik, solank dit maar ooreenkomstig G ods W oord w a s/") terwyl alleen die G eloofs­

belydenis „tot ghetuyghnisse der onderlingher eendrachtigheyt" on­

derteken moes w o rd/") Hoewel die N asionale sinode van Dordrecht in 1578 met nadruk bepaal het dat in die H ollandse gemeente die kategism us „die metten Psalmen door Petrum Dathenum ouergesètt"

is, gebruik moes w o rd /*) w as daar tog nog soveel onsekerheid dat op die nasionale sinode van M iddelburg in 1581 gevra is watter kategism us die gemeentes moes gebruik, w aarop geantw oord is dat dit die H eidelbergse moet w ees/")

V an 'n ondertekening van die Kategism us hoor ons eers in 1586 toe die nasionale sinode van Den H aag bepaal het dat die skool- meesters een van die twee, die G eloofsbelydenis of die K ategism us moes onderteken/^) terwyl vir die predikante die Geloofsbelydenis verpligtend was, sonder die keuse dat hulle in plek daarvan met on­

dertekening van die Kategism us kon volstaan. M aar op die provin- siale sinode van Z eeland wat in 1591 in M iddelburg gehou is, is besluit dat die predikante in daardie provinsie ook óf die G eloofs­

belydenis óf die K ategism us moes onderteken. So vind ons dat G e­

loofsbelydenis en Kategism us langsam erhand gelvkgestel is, en dat in verskillende provinsiale sinodes van 'n ondertekening van die K ate­

gismus gew ag gem aak w o rd /') Die D ortse sinode van 1618-— 19 het uiteindelik op 17 M ei 1619 'n ondertekeningsformulier vasgeste! w aar­

in hierdie praktyk algemeen verpligtend gem aak is, deur die K ate­

gismus ook daarin op te neem nadat die sinode reeds op 1 Mei verklaar het dat die Kategism us „in alles met G ods W oord w as overeenstem m end"/') waardeur dit ten volle as simboliese geskrif erken is.

D aar is aanduidings uit die jare 1574 en 1578 dat dit toe reeds in sommige gemeentes gebruiklik w as om die K ategism us in die na- m iddaggodsdiensoefeninge uit te lê/") In 1586 het die nasionale sinode van Den H aag hierdie gebruik verpligtend gem aak ^') en die

-") A cta van die sinode van Em den. art. 5.

T") A cta van die sinode van Em den. art. 2.

3') A cta van die sinode van D ordrecht 1578. art. 54.

3-) Partikuliere v rae op die sinode van M iddelburg na aanleiding v a n die kerkorde van 1578, no 19.

33) K erkorde 1586. art. 48. D ie skoolm eesters het dikw els 'n aandeel gehad in die nam iddagse katk isasie.

3') D r. }. R eitsm a en dr. S . D . van V e en : A cta der Provinciale en Particuliere Synoden, deel I— V H I (G roningen 1892— 1899),, o n der: R egister van Z a k e n :

C atechism us (H eidelbergsche) onderteekening van den— .

3') A cta der N ation ale Sy n od e te D ordrecht (te Leiden by D . D onner s.j.) bis. 320 en 941.

16.

3 '! A c ta P rov. sinode D ordrecht. 16 Junie: A cta N a s. Sinode 1578, C a p . IV , art. 16.

3') A cta 1586. art. 61.

170

(12)

D ordtse sinode van 1618— 19 het dit in die Kerkorde opgeneem /") D aar het in die loop van die tyd verskillende preke oor en ver- klarings van K ategism us verskyn wat van hoë ontwikkeling van die teologie getuig.^) Som s is die Kategism us in 'n oordrewe taal ge- noem, sodat die gevaar ontstaan het om dit met die skrif gelyk te stel/") In die agtiende eeu is dit selfs meermale op rym gesit sodat dit dan makliker geleer kon w ord!

In die sewentiende eeu het die skolastiek w at deur die H ervor­

mers uitgestoot is, hom weer in die Hervormde teologie ingedring. Dit is eers deur Johannes M accovius gepropageer w at van 1615 to 1644 professor in Franeker w as,*') en daarna deur G isbertus V oetius, van

1633 tot 1676 professor in Utrecht.

H ierdie skolastiek het met al sy spitsvondighede in die sewen­

tiende eeu sy invloed op die behandeling van die K ategism us op bedenklike w yse laat geld. A s sprekende voorbeeld kan die katkisasie-

3s) D s. Joh. Jansen teken op Ms. 296 van sy K orte V erk larin g van de K erkordening"

(K am pen 1923) te reg a a n : ..H et is niet juist bi) de Catechism us-predikinq een tekst a f te lezen. D e Z o n d ag en rusten niet op één tekst, m aar op verschillende teksten en op de doo rgaan d e leer der Schrift. D e C athem ism us-prediking is dus inderdaad Schriftprediking. m aar niet over afzonderljike teksten, doch over een korte sam evatting v a n verschillende teksten o v er een bepaald onderwerp.

H et vooropstellen van één tekst bij eiken Z o n d ag zou den indruk geven, dat de C atechim us niet de uitdrukking is van G od s W o o rd ."

39) D r. G . D . J. S c h o te l: G eschiedenis van den H eidelbergschen C atechism us (A m sterdam 1863), bis. 242— 262, 296— 317.

^") S ch o te l: D e O penbare E redienst der N ederl. H ervorm de K erk in de zes­

tiende, zeventiende en achttiende eeuw (tweede druk, Leiden s.j.) bis. 327—

334.

* ') S ch o te l: G eschiedenis van den N ed. C atechism us, bis. 282— 295. E en so n berym de K ategism u s is in m y besit. D ie volledige titel i s : D e L uister der H ervorm de K erke, uitblinkende in het K ort B egrip der H. Godtgeleerdheit v a n den H eidelbergschen Catechism us, met deszelfs V ra g e n en Antw oorden, in d igtm aat G estelt door C h ristiaan K laarbout. (A m sterdam 1725). V oorin kom s.s. die volgende iofdig op die skryw er voor. deur H endrik Fouree, ..K rankenbezoeker in A m sterdam " :

D u s w ord door CHRiSTfAAN, der Christ nen roem geschetst.

D ie beide uit 't O ud en N ieuw Verbond, v ertro ostin g zuygen, In zedig D ich tm aat, dat Partyen tergt nog quetst,

B ebolw erkt door een H ey r onw raakbre schriftgetuygen.

D e W a arh eid blyft CONSTANT, van allen L aster v ry.

H eb dank. vriend KLAARBOUT! voo r U w B y b el-P oëzy .

H ierdie H endrik Fou ree het in 1730 die hele H andelinge van die A p o stels in twee dele op rym u itg e g e e !

^-) D r. K u y p er jr .: Johannes M accoviu s (Leiden 1899). D ie skryw er het met hierdie studie aan die V ry e U niversiteit van A m sterdam tot doktor in die teologie geprom oveer- M accoviu s w ord deur hom so verheerlik dat prof.

D . K . W ielen g a van K am pen daarteen gew aarsk u h et: ..Ik zou het een ram p ach ten v o o r school en kerk indien M acco v iu s a ls schutspatroon werd verkoren vo o r de herleefde bew eging op het gebied der G ereform eerde T h eo ­ logie. Sien dr. H . B ou w m an : O nder V eilige H oede (K am pen 1924) bis. 52.

*3) D r. A . C . D u c k e r: 'S ch o o l-G ezag en Eigen-onderzoek; H istorisch-K ritische Stu die van den strijd tusschen V oetiu s en D escartes (Leiden 1861). Idem : G isb ertu s V oetiu s. D rie delen (Leiden 1897— 1914). P ro f dr. F . E . D au- banton noem V oetiu s ,.de beste protestantsche scholastieker die ooit hier op aard e adem de . . . m aar scholastiek is scholastiek, lood om oud ijz e r ! " Sien s y T e r Inleiding tot die D idaktiek des N ieuw en V erb on d s (U trech t 1916) bis- 38.

171

(13)

boek van ds. Cornelius Poudroyen genoem word w at in 1653 ver­

skyn h et.") V oetius verklaar in die aanbeveling „aen den Christe- licken Leser" wat voor in die boek geplaas is, dat hy dit grondig nagesien en verander het sodat hy vertrou dat daar niks in voorkom wat met die Sk rif of die kerkleer in stryd is nie. Die inhoud het dus sy volle goedkeuring w eggedra.

In hierdie boek wat deur Poudroyen „eenvoudig onderw ysinge ' genoem word, stel hy op onvervalste skolastieke w yse die mees son- derlinge vrae. B y die sewende vraag van die K ategism us waarin oor die val van die mens gehandel word, word die vraag gestel of die vrug van die verbode boom w aar A dam en E va van geëet het, 'n appel of n peer w as, waarop as antwoord lui dat hy dit nie weet n ie /') By vraag 54 wat oor die algemeen Christelike Kerk gaan, word gevra of G od die Kerk ook uit diere vergader.'^) In verband met die sesde gebod word gevra of dit geoorloof is om mensvleis te eet. Die antwoord lui as volg : ,,Het kan geschieden dat de menschen in den uyttersten noot des hongers, of eten het vleesch van een doodt mensch ende onlangs begraven zijnde of datse de mens­

chen slachten van wege den grooten honger, ende alsoo der selver vleesch eten, gelijck geschiet is in de belegeringe van Sam aria ende ten tijde als de stadt van Jeruzalem belegerd was. Sommige meynen dat, in cas ymant anders van honger soude moeten sterven, op de eerste w ijse ende maniere het geoorloft zoude z ijn : overmits het den M edi- cijn-meesters geoorloft is, ende (gelijck tot noch toe niemant het selve geinprobeert noch berispt heeft) in de medicamenten gebruycken yet van een doodt lichaem : maer op de tweede w ijse is het geensins ge­

oorloft, want men moet geen quaet doen, opdat 'er goet uyt volge.

Rom. 3 :8 . M en moet veel eer van honger sterven, als sodanigen doodtslag begaan.'*) In 'n aanhangsel word gevra of mens op die Roomse vaste-aan d pannekoek mag bak.'") S o kan nog baie soort- gelyke voorbeelde aangehaal word, waaruit dit blyk hoe groot die verskil is tussen die gees wat uit hierdie katkisasieboek spreek en die van Frederik die Vrom e en uit die H eidelbergse Kategism us. Dit is dan ook glad nie wonderlik nie dat iedere geskrif waarin die K ategis­

mus op spitsvondige w yse behandel word deur droogheid gekenmerk word en aan die vergetelheid prysgegee word, behalwe wanneer dit as

toonbeeld van agteruitgang miskien nog genoem word.

D ie titel is : C atechisatie. D at is E en grondige ende eenvoudige onderw ijsinge over de Leere des Christelicken Catechism i B estaan de in V ra g e n en A nt­

w oorden. U trecht.

(U trecht 1653). D it beslaan 1240 bladsye. H ierdie boek is uiters seldsaam . D ie eksem plaar w at in my besit is. is afkom stig uit die versam eling van ..R ariora van prof. dr. }. I. D oedes.

^-) Bis. 127.

Bis. 507.

4') B is. 1031— 1032.

^ ) Bis. 1239.

172

(14)

D ie K ategism us het horn gehandhaaf en is in die loop van die tye in allerlei tale oorgesit. V an die Drie Formuliere van Enigheid van die K erk is dit by die gemeente die meesbekende. In die Ned.

G eref. Kerk van die Kaapkolonie is sedert 1842 die verpligte gebruik in sw ang gekom om .,ten minste eens sm a a n d s' oor die Kategism us te preek.'") Die sinode van 1862 het dit verander in „minstens tw aalf malen 's ja a rs." In die N ed. Hervormde Kerk het die Kom­

missie van die Algemene Kerkvergadering in 1867 op voorstel van ds. A. J. Begemann dit as sy mening uitgespreek dat ,,het prediken uit den catechismus verpligtend is voor de predikanten onzer k e rk ,"

en in 1869 is dit in die kerklike wetboek opgeneem, met die bepaling dat dit minstens tw aalf keer per jaar moet geskied. Die Kategism us is nog altyd cfie kerklike leerboek by uitnemendheid.

S . P . ENGELBRECHT.

M A A R T E N L U T H E R O O R H O E N O O D S A A K L IK D IT IS O M L A T Y N , G R IE K S E N H E B R E E U S T E L E E R . M AARTEN Lu T H E R , die groot Hervormer, aan wie die Christenheid van alle lande so onuitspreeklik veel verskuldig is vir sy herontdek­

king en geesdriftige verkondiging van die Bybelse w aarheid, het ook 'n besondere betekenis gehad vir die ontwikkeling van die taal van sy volk. H y is wel beskou en gevier as die skepper van die H oog­

duitse skryftaal en grondleer van die nuwere D uitse letterkunde. Dit is miskien te veel gesê, maar die bydrae wat L u T H E R gelewer het tot die erkenning en verbreiding van 'n bepaalde vorm van die Duitse taal as algem een-beskaafde spreek- en skryftaal. is geweldig. Sy nasionale verdienste in hierdie opsig is nie minder groot as sy bo- nasionale op die gebied van die gees nie. Getrou aan sy treffende w o o rd e: ,,V ir my D uitsers is ek gebore, hulle wil ek dien , het L u T H E R in D uits gepreek, D uitse kerkliedere gedig, n D uitse kategis­

mus, D uitse strydgeskrifte, verhandelinge en Bybelverklaringe ge- skryf, en het hy boweal aan alle D uitsers, die eenvoudiges en die geleerdes, die armes en die rykes die D uitse Bybel gegee.') H y het aangesluit by die kanselary-taal van die Saksiese hof wat reeds voor sy tvd 'n unifiserende invloed op die verskillende D uitse dialekte uit- geoefen het. m aar hierdie hof- en burotaal lewe en warmte ingestort deur die taal van die gewone man te beluister. In sy „Sendbrief oor

4-') W etten en Bepalingen, art. 34, 2.

*) Sien PR O P. GEORG BE R L tT , M artin Luther, T h o m a s M urner und d a s Kirchen- lied d es 16. Jahrhunderts. Sam m lung G öschen, N o . 7. L eipzig. N eudruck 1906 bl. 14. A an hierdie interessante klein studie oor die betekenis van Luth er in taalkundige opsig het ek verskillende gegew en s vir hierdie artikel ont­

leen.

173

Referensi

Dokumen terkait