• Tidak ada hasil yang ditemukan

In die afwesigheid van sin. Susan Smith. Pretoria

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "In die afwesigheid van sin. Susan Smith. Pretoria"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 50 (2) • 2013 167 In die afwesigheid van sin.

Susan Smith. Pretoria: Protea Boekhuis, 2012. 96pp. ISBN: 978-1-86919-807-7.

DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v50i2.14

Soveel lesers soveel lokmiddele soveel re- sponse kan gelys word om toegang tot die lees van poësie te registreer. ’n Resep om ge- trou of in ontrou na te volg, bestaan nie. Ge- lukkig nie. Susan Smith se (debuut)bundel lok my helaas nie deur die voorblad as vertrek- punt te neem nie. Aan visuele prikkelkrag gaan dié gegewe my verby. Gelukkig tog, want dit is die trefkrag van die titel wat my naderlok.

Ek staan voor leegte en afwesigheid en stilte.

Om in hierdie skeppingsleegte medeskep- pend sin en samehang te soek, is waarmee Smith se verse my digterby verlei.

Die bundel word opgedra aan die spreker se voor- en nageslag en skep sodoende ’n be- paalde intimiteitsband wat terugtas in die geskiedenis. Die heenwys na die toekoms plaas ’n besondere druk op haar dogter se skouers om die benoemingslinie voor te sit

“omdat ons mekaar se woordeskat en ge- skiedenis is”. In die gedig “patroon” (38–40) stel die digter dié verbintenis soos volg:

met die aangee van die patroon van jou na my

word ons aard soos geboortereg aan mekaar vasgebrei

ek brei vir my dogter ’n trui in patrone van my ma af oorgeërf […]

jy sal verander

aanstons is die trui te klein maar onthou: jy spruit

uit bloed en hoort en uit elke woord deur geslagte aangegee en ingewerk

Só werk Smith behendig haar bundel ook af.

Die woorde van Erica Jong, “Since flesh can’t stay, we pass the words along”, wat as ope- ningsmotto dien, kan verder as (moer)ma- trys gelees word vir die verse wat volg. Verhale

en geskiedenisse van vrouens en ma’s weef

’n besondere verhaalnarratief. Die vaardig- heid wat die digter tot nou toe gedemonstreer het om die teksinhoud sistematies en deurdag In die afwesigheid van sin te voeg, word ook tegnies met oorleg gedoen. Om van ’n deur- weefde tekstuur te praat, is ’n voortbouing op die kode van weef (hier weliswaar brei) wat

’n vroulike domein suggereer. Vrouens vertel hulleself in verhale van onthou in (vergelyk Scheherazade in Duisend-en-Een-Nag.) Smith is só ’n verteller. Vier bundelafdelings, slegs genommer maar nie naam gegee nie, skep ’n ritme wat oplaas “sinkry” (95) en soos volg hoopvol saamvat:

in jou het ek sin gekry, beminde, en jy in my

ons behoort aan mekaar:

ons is mekaar s’ne […]

ons is mekaar se eindes en beginne

ons voltooi mekaar se sinne

Om te voltooi en soekend na betekenis te wees, verloop lineêr in Smith se hande. Die genealogiese opeenvolging van geslagte word gesteun deur die De Jong-motto, “we pass the words along”, maar in besonder ook die motto waarmee afdeling II ingelei word:

“Sons branch out, but/ one woman leads to another./ Finally I know you/ through your daughters, my mother, her sisters,/ and through myself.” Hierdie (nael-)stringver- bintenis soos bevestig deur Margaret Atwood se gedigfragment lê klem op sinmaking wat ook voortduur: “woorde is nooit genoeg nie/

woorde is nooit klaar nie” (49). Reeds met die gemarkeerde openingsgedig van die bundel,

“graffiti” (11), stel Smith die proses van woor- de ingrif “teen die gewels en fasades van ver- ganklike strukture”. Herhaling, duur en ver- wisseling is kohesief met die gegewe van

(2)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 50 (2) • 2013 168

voortdurende sinmaking. In strofe twee stel die digter sinsoeke en -making voorop met die volgende stelling:

ons is die skeppers van storie-hiërogliewe makers van palimpseste en herskrywings skribante van immer wisselende kanttekeninge

Die afwesigheid van sin vanweë taalsteurnisse soos praat, skryf en begrip wat soos volg in die gedig “afasie” (88) verwoord (sic!) word, problematiseer lineêre volgorde:

ek is die magiër wat die alfabet se blink munte tussen my vingers rol wissel die klinkers

ruil woorddele om

Die gedig “woordslaai” (89) is ’n voortbouing op die afasiegegewe, maar met ’n waarneem- bare illustrasie in en deur die teksinhoud- en -vorm:

ek is die wat kan toor die met hand witskoene en ’n keil

wat die alfabet

se mink blunte ting!ting!

tussen my ringers vol siwwel die klinkers om deelwoorde te ruil

en wiewers tussen die rom se troffel klap voeter tik

jou stom

die verloor loor

Die gelykstelling van verlies, verwonding en sinsbelemmering wat binne taalbegrip setel aan familieverbintenisse, verleen aan Smith se verse ’n meerdimensionaliteit. Verder is die verwonding en pyn gekoppel aan ’n persoon- like verlies soos verwoord in ’n reeks opeen- volgende verse in afdeling twee besonder aan- doenlik. Met “kinderspeletjies” (52), “siem-

bamba-narratiewe” (53), “by die dood van ’n kind” (55), “verloor” (58) en “ingeboet” (59) is die afwesigheid van sin veral dominant. Smith se vaardige hand om die tekstipografie te laat meeloop met die betekenis van die woord, word kragtig gedemonstreer in hierdie verse.

Soms kan dié werkswyse egter té leesbelem- merd wees en na ’n teksboutruuk lyk. Verge- lyk “tweesprong” (41) waar die wisselwerking tussen ma en dogter in versreëlafstande effek- tief skyn, maar moeilik lees. (Antjie Krog se

“sagsif van die uurglas” waarin die effek van

’n beroerte verwoord word, is eweneens as afspieëling hier sigbaar.)

’n Slim toepassing van taal en die merke van skryf/skrif in die landskap om sin te soek, is afdeling drie van die bundel. Die “inskryf”

van “God die digter” (vergun my om T. T. Cloete se besondere metafoor in hierdie konteks te gebruik) se merktekens op skeppingselemen- te word deur Smith méér as sinsoekend ge- formuleer—sy laat die leser méévoel aan die skepping se taal.

Verse roep gesprek met mekaar in hierdie bundel op en stig nogeens verbande as wyse van sinsoeke en -gewing. Vanaf “graffiti” (11),

“kartografie” (25) en “griffonage” (77) is die inskryf van taal in en aan die liggaam sigbaar.

Imago Dei” (62) vat seker hierdie tema die sekerste vas as die digter soos volg skryf:

ek [lees] Jou soos melk Digter van lig uit die knalbegin Woorddoener Tekenwerker Moederfilament

Die afwesigheid van sin as gevolg van taal- en woordbelemmering is in die laaste afdeling van die bundel veral aan bod, maar word vindingryk deur gediggroeperinge agterhaal.

Vergelyk die gedigte vanaf bladsy 79–86 waar- by trefwoorde by elke gedig verstrek word.

Susan Smith se digdebuut is knap en fyn afgerond. Ten spyte van ’n moontlike groot- vertoon met verwysings as afdeling- en ge- digmotto’s om as rugsteun te dien, het die

(3)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 50 (2) • 2013 169 gebruik daarvan langsamerhand sin gemaak

in die geheeldiskoers—sin en samehang is ook op dié wyse daargestel. (Helaas het die weg- lating van portretfigure op die voorblad nie die belangrike lyn van storie-/geskiedenis- vertellers ondersteun nie.) Die vermoë en waarde van woorde het deurgaans in gedigte geblyk ontoereikend te wees en singewing is daardeur vir die taalgebruiker en toehoorder geproblematiseer. Smith het met hierdie verse watermerke op papier én in die Afrikaanse digkuns gelaat—waar daar weglatings was, het sy met woord- en sinfilamente troostaal geweef: tas- en leesbaar.

Marthinus Beukes

[email protected]

Navorsingsgenoot: Noordwes-Universiteit Mmabatho-kampus

Referensi

Dokumen terkait

Hierdie voorlopige bakens word soos volg onderskei, naamlik, 1 begrip vir die omstandighede wat beteken dat Jesus weet die einde van sy aardse reis is op hande en hieroor moet hy die

Louw se aangepaste vraag aan die einde van die vorige paragraaf vorm dus my navorsingsvraag: ‘Wat is die nut van inklusiewe taal in die Afrikaanse kerklied?’ Ek het soos volg te werk

Sy WA 7, 38, 6–15 verstaan van geloof, menswees en moraliteit word dan aan die einde van hierdie geskrif soos volg saamgevat: Uit alles [wat gesê is] volg die volgende konklusie; dat

Die spektrum van kosmiese strale kan nou tot laer energiee bestudeer word, en kan die huidige aard van die interplanetere ruimte teenoor die aard daarvan in 'n aktiewe tydperk daaruit

3.1.4 Die Heidelbergse Kategismus 1563 In antwoord op die vraag 57 watter troos die opstanding van die liggaam ’n mens bied, antwoord hierdie belydenis soos volg: “Dat nie alleen my

Dit word soos volg omskrywe: Aangesien ons hier oor die bonatuurlike openbaring spreek, definieer ons die teologie as die wetenskap of wysheid van die goddelike dinge, van God deur die

Die teoretiese raamwerk waarop Zapf die sterkste steun, is dié van die materiële ekokritiek en die insigte van Jane Bennett, Serenella Iovino en Serpil Oppermann aangaande niemenslike

In hierdie gedig dui die reis nie slegs op ’n fisiese reis met die nagtrein na Lissabon nie, maar na ’n reis van herinnering terug na ’n geliefde: “die reis na jou lyf duur ’n