KATEGESE IN DIE WEEK
DS. H. N. BOTHA I. INLEIDING:
In die Kerk se algemene opvatting en rigting met die be
hartiging van die kategese, is dit baie duidelik dat d b Kerk klaar getuies het vir die beginsel van ’n onafskeidbare verbondenheid van die kategese met die erediens. Die kategese wil uit die erediens voortvloei en weer daarheen terugvoer, as paralitur- giese elem ent van die Kerk se verkondiging.
Hierdie opvatting impliseer d at die kategese tussen erediens cn erediens as funksionerende verkondigingsgestalte van die Kerk behartig wil wees deur diegene w at daarvoor verantw oordelik is.
Dit is ook reeds duidelik uitgem aak dat die kategese werk van die Kerk (amptelike kerkw erk) en die onontduikbare ver- rntw oordelikheid van die doopouers is.
Hierdie verantwoordelikheid sal daarom in onderlinge samc- hang m et die regte begrip en as eenheid die een gemeenskaplike doelwit en bestemming in die oog moet he, naam lik die geloof in Jesus Christus.
II. SAMEHANG TUSSEN KERK EN DOOPOUER SE VERANT
WOORDELIKHEID BY DIE KATEGESE IN DIE WEEK:
Die kategese word verrig op grond van die feit dat die Heilige Skrif hierdie saak as duidelike opdrag bevat.
In die Heilige Skrif word reeds in die Ou Testam ent gestel dat dit die heilige God is w at uit louter genade Sy verbond oprig m et die mens om vir horn ’n God te wees cn vir sy nageslag na hom.
1. Sy verbondsgenade moet in elke nuwe tyd w eer oorvertel en verkondig word. Hierdie oorvertelling van God se heil is ’n gawe van God aan die mens w aardeur Hy die geskiedenis sinvol m aak.')
In hierdie verband is die ouer die persoon aan wie van die Here ’n bevel uitgaan „ . . . en leer dit aan julle kinders, deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as j> gaan lê en as jy opstaan . . .”-)
’ ) Genesis 17:7.
-) Deuteronomium 11:(18-22); 6:4v; Psalm 78:3-8.
’n V erdere eis van God w ord as voorw aarde aan die ouer gestel vir uitvoering van bogenoemde opdrag, naam lik „Hoor Israel die Here Onse God is ’n enige Here. D aarom m oet jy die Here jou God liefhê m et jou hele h art en m et jou hele siel en met jou hele k rag .”:;)
Die gelowige oorvertelling van die ouer m oet to t gevolg hê dat die kind ook daardeur aangegryp word, sodat die kind ook self kan ondersoek.
„As jou seun jou later vra en sê: W at beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge w at die H ere Onse God julle beveel het? dan m oet jy aan jou seun sê: Ons w as slawe van Farao in Egipte m aar die Here het ons deur ’n sterk e hand uit Egipte uitgelei.” 1)
In die Ou T estam ent word die woord (lemeed) gebruik vir onderrig in verband m et die wil van God, soos d it open
baar word onder en vir die mense. En hierdie bekendw ording van Sy wil deur die onderrig beteken ook onvoorw aardelike beslag
legging op die mens vir God.
Die w oord K atechein w at in die Nuwe T estam ent gebruik word en w at ons m et „onderrig” vertaal beteken letterlik „om van bo af te laat klink” ; dit wil sê om met gesag te leer.
Die kategese is dus die onderrig w at die openbaring van God wil laat klink in die ore van hulle w at onderrig w ord, sodat deur Sy openbaring w aarm ee hulle toegerus word hulle to t geloofs- gehoorsaam heid en ’n Christelike lewenswandel, gebring kan word.
Kategese om dit te beoefen, is dus die oorplanting van die geloof (K erkwees). Die Bybel gebruik deurgaans die w oord kategese as ’n middel w aardeur die saligm akende geloof in Jesus Christus to t stand gebring word.
In Luk. 1:1-4, Lukas vir Theófilus, dat hy in Sy Evangelie die oorgelewerde geloof in Jesus Christus beskryw e, sodat Theófilus met volle sekerheid kan w eet die dinge w aarom trent hy gekatki- seer is. En hierdie dinge w aarin Theófilus gekatkiseer is, (naam lik die geboorte, lewe, lyding, dood, opstanding en hem elvaart), hierdie dinge aangaande Jesus Christus w at geglo m oet word, word alles m eegedeel in die regte volgorde, dit wil sê in die volle omvang en in die regte samehang, w ant só is dit die dinge w aarin Theófilus gekatkiseer is.
:i) D eu teron om iu m 6:4-5.
‘) D eu tero n o m iu m 6:20-21.
Lukas verm eld nie alleen die feite nie, m aar gee ook ’n verklaring van die heilsfeite, byvoorbeeld by die lofsang van M aria.5)
Vir Lukas bestaan die Evangelie daarom u it feitemededeling en uitleg van die betekenis van hierdie feite. Volgens Prof. De W et is: „Hierdie weg van mededeling van heilsgeskiedenis plus uitleg van die betekenis van die heilsgeskiedenis (is) die kate- getiese weg w at uitloop op stigting en versterking van die geloof.
W ant die volle sekerheid w aarm ee Theófilus hierdie dinge moet w eet, is die sekerheid van die geloof.”6)
Ook in die boek Handelinge word vertel van Apollos w at .gekatkiseer” is in die weg van die Here sodat hy to t geloof in Jesus C hristus gekom het.
Uit bostaande is dit daarom duidelik dat kategese die middel is w aardeur mense die saligmakende geloof in Jesus Christus ontvang en in daardie selfde geloof gehou en versterk w ord.7)
Die kategese in die lewe en w erk van die Reform atoriese Kerk stu u r daarom ook af op ’n duidelike rekenskap van die geloof in Jesus Christus, by die aflegging van die geloofsbelydenis in die openbaar nadat noukeurig onderrig is en ondersoek is.
Kategese as amptelike taak van die Kerk en as ouerplig wil daarom deur Kerk en ouer beoefen w ord en behartig word asof dit mense wil bring by die geloof in Jesus Christus. En as die lewende geloof die m ikpunt en bestem m ing van die kategese is, dan sal elke kategeet en gedoopte vanuit die bepaalde middelpunt (sentrum ) van die Kerklike verkondiging, naam lik die erediens, (w aar die w oord reg gespreek en die Sakram ente bedien word volgens die instelling van Christus) die kategese moet beoefen en deurloop. Hierdie geloof w ord in ons gew erk en versterk deur die gehoor van die gepredikte w oord en die gebruik van die heilige Sakram ente.8)
Die kategese word ook verrig as gevolg van die feit dat mense gedoop is. Die kategese is daarom nasorgw erk, w erk op dit w at uit die erediens voortkom, naam lik die Doop.
Tereg verstaan die Kerk ook die K ategese in die K erkwet as onderrig as gevolg van die doop:9)
5) L ukas 1:45-56.
6) In le id in g to t d ie K ategese bis. 2 ( i ii) — P rof. J. I. d e W et.
7) H a n d elin g e 18:24-28.
8) K ort B eg rip , bis. 62, V raag 48-50.
9) K erk w et, H oofstu k 9, A rtik el 9 0 ( i) .
„Die kategese het to t doel om die jeug van die k erk en hulle wat to t die K erk wil toetree, te onderrig aangaande die Leer van die Kerk en die betekenis van hulle dooplidm aatskap van die Kerk w aarin hulle opgeneem is deur die doop, om hulle voor te berei vir die deelnam e van m edeverantw oordelikheid vir die opbou van die G odsryk in die algemeen en van die N ederduitsch Hervormde Kerk in die besonder.”
Behalwe die nasorg op die gebeure van die doop wil die kategese ook voorsorg wees sodat die gedooptes as bew uste en meelewende gelowiges sal saam w erk to t die opbou en groei van die Godsryk. D aarom wil die kategese in sy voorsorgtaak sorg dat die gedoopte sal kom onder die ander elem ente van die verkondiging by die EREDIENS w aar God deur die uitleg en toepassing van Sy heilsw aarhede hierdie geloof wil verm eerder en versterk.
Die kategese is m et die gedoopte op weg vanaf die Doop (w at in die erediens ontvang is) na elke erediens van elke Sondag en op weg na die ander sakram ent, die Nagmaal (w at ook in die erediens ontvang word).
Dit lê daarom voor die handliggend dat as gedooptes vanaf die doop to t by die openbare beloofsbelydenis steeds ontm oet word m et die verkondiging in die erediens en in die kategese, daar ook ná die geloofsbelydenis sö ’n voortgesette, gewillige en dankbare ontm oeting onnntbeerlik sal voortduur. W ant die kategese beteken mos nie om alleen skoolse feite tu is te bring nie, m aar om die gedoopte ook te leer om tuis te w ees onder die elem ente van die verkondiging w aardeur God die geloof wil bou en vei sterk deur Sy Heilige Gees. So w ord hulle m ede
verantw oordelikheid vir die opbou van die G odsryk tuisgebring.
Die K erkw et het in bogenoem de artikel,w) duidelik in die oog dat katkisante ook ’n lewensvorm ing m oet ondergaan. Die k ate
gese as verkondiging van die Kerk sal daarom , as d it die katki- sant hierdie lew ensvorm ing vanuit die erediens NA die erediens toe wil laat ondergaan, ’n PLEK MOET vind in die w eek w aar daar gelewe en gew erk word, — vanuit Sondag se erediens na die volgende erediens toe.
GEVOLGTREKKING:
Uit bostaande blyk dus die volgende:
ia) Die opdrag om te onderrig uit Ou en Nuwe T estam ent blyk onderrig te wees w at die middel wil wees om die salig- m akende geloof in Jesus C hristus te laat ontvang.
,l’) K erkw et, A r tik e l 9 0 ( i ) , H oofstu k 9.
(b) Die kategese wil as nasorg en voorsorg op die gebeure w at voortkom uit die erediens, nie die erediens vervang nie, m aar in ’n paralelle funksionele plek m et die prediking en sielsorg steeds afstu u r op die erediens m et die Nagmaal as bestemming.
(c) Die kategese beoog, ’n plek in die w eek om sy lewensvor- mende funksie te vervul daar w aar die gedoopte lewe en w erk.
III. HOE MOET DIE AMPTELIKE KATEGESE DIE DOOPON- DERRIG VAN DIE OUER AANVUL?
Soos reeds gestel is, lê die behartiging van die Kategese in die p rak ty k van die Kerklike lewe in die hand van die doopouer en die Kerk.
(i) Gesien die doel van die kategese, naam lik diê geloof in Jesus Christus, is dit vanselfsprekend d at die Kerk verant- w oordelikheid het om mense te roep to t belydenis van die geloof in die Drie-Enige God. Daarom spreek dit vanself dat die Kerk sal voorskryf w at in die katkisasie behandel sal word. (Kerkwet Art. 17).
In H oofstuk 9, Artikel 93(2) bepaal die K erkwet vir voorbe
reiding to t die Openbare geloofsbelydenis d at die volgende m a
teriaal behandel moet word:
(a) Geloofs- en sedeleer.
(b) Bybelse geskiedenis.
(c) Die Kerkboek.
(d) Kerkgeskiedenis.
(e) Die kennis van en oefening in die sing van Psalms cr.
Gesange.
(ii) D aar die Kategese dooponderrig is en die doopouers direk betrokke is as gelowiges deur die doopbelofte by hierdie onderrig, daarom sal daar duidelikheid m oet bestaan m et betrekking to t dit w at die inhoud van hierdie onderrig sal wees.
By die 3 vrae w aarby die doopouers hom verbind voor God en die Kerk tot hierdie onderrig blyk dit duidelik, dat die doop
ouer dit onderneem in geloof, saam die Kerk en soos die Kerk m et die voomeme om te onderrig of te laat onderrig. Hierdie voornem e en belofte word onderneem saam m et die Kerk en die doopouer wil en sal sy onderrig in onlosm aaklike samehang met die Kategese van die Kerk moet verrig. Daarom sal die materiaal dieselfde moet wees om dat die doelwit vir albei die geloof in Jesus Christus is.
Al die afdelings w at die Kerk nodig ag vir ’n behoorlike kategetiese onderrig sal vir die Kerk en die doopouer belangrik en onontbeerlik m oet bly, w an t elke afdeling staan op sy eie wyse in diens van die kategese w at ’n „opregte geloof” beoog.
Hierdie opregte geloof is volgens V raag en A ntw oord (19 van die K ort B e g r ip ) :...’n Solkere kennis van God en sy beloftes, w at vir ons in dia Evangelie geopenbaar is, en ’n hartlike v ertroue d at al my sondes om Christus ontw il vergewe iS.
Die verantw oordelikheid van die Kerk en doopouer sal w at die stof aanb etref daarom nie geskei kan word nie. Kennis en vertroue (opregte geloof — V raag 19 Kort Begrip) sal deur beide ingeskerp m oet w ord. Dit sal alleen langs èèn w eg sinvol kan gebeur, en dit is naam lik as hierdie kennis en vertroue vanuit die erediens in die eerste plek geleer word.
Die bybring van feitekennis en vertroue kan sekerlik m et die beoogde perikope-indeling m et onderlinge sam ehang goed vlot.
W anneer die gesinslew e gedurende die week by huisgodsdiens en andersins geborduur w ord rondom ’n bepaalde bybelgedeelte w at deur die gedooptes geleer w ord m et die oog op Sondag se erediens en kategese, dan w ord die bybring van feitekennis ge durende die ouer se onderrig in die week in ’n hoë m ate afge- handel. In Sondag se erediens w ord oor hierdie selfde gedeelte dan gepreek (dit wil sê uitgelê en toegepas). (Terloops die Peri- kope-indeling sal ook vereis ’n aanpassing van die Bybelse Dag
boek w at die Stof aanbetref). D aarna word by die am ptelike kategese gekontroleer of die onderrig van die ouer gedurende die week en die prediking vaste kennis van die gedoopte gew ord het.
So mag die Kerk sekerlik biddend verwag d at hierdie „reg te”
kennis, w at vaste kennis gew ord het, sal uitloop op vertroue en geloof.
Die am ptelike kategese in die Kerk sal daarom nooit die kategese vir die doopouer mag vervang of uit die hand neem nie, m aar steeds m oet aanvul en verleng.
Die kategese h et ook ’n lewensvormende funksie om dat dit nasorg wil doen aan die gedooptes deur hulle hulle doop te leer verstaan en terselfdertyd die voorsorg tref d at daardie dopeling w eer in die erediens kom, w aar hy w eer die avondm aal kan ontvang.
As ons nou in ’n m ate wil vasstél of die k atk isan t die dinge w at hy in die kategese geleer het, sy eie gem aak het, dit op- geneem het in sy h a rt en lewe, dan sal dit ook gesien kan word aan sy byw oning van die erediens. So ontvang die Kerk ook vir
hom self ‘n gegewe m aatstaf w aaraan die lewensvormende taak van die kategese gem eet kan word, rondom die Evangeliewoord.
Die harde feit dat mense in die Kerk buitekerklik is vanaf die dag van geloofsbeJydenis (deur hulle veragting vir God, Sy W oord en Sy Sakram ent) — laat ’n N.B.-vraagteken staan oor die K ategese van die Kerk en ouer ten opsigte van hulle w at ge- doop is en deur die kategese by W oord en Sakram ent juis tuis- gem aak moes gewees het.
As bogenoemde situasie ’n onw eerlegbare feit is in die lewe van elke gemeente, sal die doopouer moet besluit of die kategese in die ouerhuis vanuit die erediens na die erediens toe verrig w ord, en dan sal die Kerk m oet vasstel of sy Kategese dikwels nie net neerkom op die ken van die Kort Begrip en die doelwit mis om ook te sorg dat die kategese as lewensvorm ende verkondig- ingsfunksie die gedoopte tuism aak by die erediens nie.
GEVOLGTREKKING:
(a) Die m ateriaal w at die kategese hanteer is by ouer en Kerk dieselfde.
(b) Die lewensvormende k arak te r van die Kategese sal in die onderrig van Kerk en doopouer g ro ter prominensie moet ontvang.
(c) Die Kategese van die Kerk sal nooit die van die doopouer kan vervang nie, dit sal m ekaar sinvol m oet aanvul, vanuit die EREDIENS alleen.
IV. LEERSTOF IN DIE KATEGESE:
Die w erkw oord KATECHEIN kan beteken: Om noukeurig onderrig te gee. Kategese wil daarom nie na w illekeur behartig w ord nie m aar streng volens Bybelse opdrag. Omdat dit ’n ge
stalte van EEN kerklike verkondiging is, sal dit REG moet geskied, om dat God alleen deur die regte verkondiging geloof wil bou en verstrek.
In A rtikel XVII van die K erkw et word die omvang van die kategetiese stof as volg bepaal:
„Bybelse geskiedenis, Die leerboek van die Kerk, Die K erkgeskiedenis”.
(i) Die Bybel:
Die kennis van die Heilige Skrif is onontbeerlik vir die geloof.
Alleen w anneer ons God ken soos Hy Homself openbaar in Sy Woord, kan ons Hom ook dien soos w at Hy dit van ons verwag.
Die K ategese as paraliturgiese elem ent van die Kerk se verkondiging wil as hulpm iddel vir die prediking daarom parallel beweeg m et die prediking, om die gedoopte toe te rus vir die verstaan en glo van die WOORD.
Uit ’n aan tal S k rifsitate11) blyk dit duidelik d at die Bybelse geskiedenis geleer, ingeskerp, ondersoek en nagevors m oet word.
Die een w a t onderrig, m oet opdrag hê van God om te ver
kondig en te onderrig en m oet vertroud wees m et die inhoud van die Skrif.12)
H ieruit is dit duidelik dat die oordrag van die Bybelse bood- skap aan die gedoopte ’n verantw oordelike w erk is.
Gebruik van die Bybel by die K ategese
Die vraag kan gestel w ord of die Bybel self nie in die prak ty k van die beoefening van die kategese w ederregtelik ’n onderge- skikte of verkeerde plek tosgeken w ord nie.
Die Bybel kom as gevolg van verskillende ak sente nie to t sy reg in die kategese nie:
(a) Die S piritualistiese ak sen t w at in die kategese ’n persoon- like en gem eenskaplike geestelike lewe wil opbou. Alles w ord in die kategese gerig op die leiding en w erking van die Heilige Gees. „Dan g a a t h e t in die catechese om de bevordering van de vroom heid en is h et de bedoeling om de Kerk als gem eenschap de vrome heiligen u it een devote jongere g en eratie aan te vullen.” 13)
(b) Die R ationalistiese aksent w at navore kom in die 19de eeu toe die skool sterk navore kom. In die volkstaal h et K ate
gese „de lering” 14) gew ord en h et die klem op m em orisering en opsê van b etro kk e gedeelte neergekom. Die opsê van die K ate
gismus is nog geen w aarborg vir kennis van die Skrif nie, ’n m is
bruik w at in ons Kerk aandag vra.
(c) Die M oralistiese aksen t wil in die kategese die gedagte navore bring d a t die ta ak van die kategeet eintlik daarin b e
staan om goeie mense te kweek. By hierdie ak sen t b estaan die gedagte d a t Jesus ’n modelmens w as en d at die kategese sulke modelmense m oet kweek. Die regte gebruik van die Bybel vryw aar die k ateg eet eg ter van die gebruik van sedepreke.
” ) D eu tero n o m iu m 6:7; 1 P etru s 1:10; Matt. 28:19.
12) L ukas 1:3; 1 P e tr u s 1:11.
13) H andboek v o o r d e P ra k tisch e T h e o lo g ie — C a tech etiek . bis. 287 — Dr. S. F . H. J. B erb elb a ch van d e S p renkel, N ijk erk , 1951 C allenbach.
14) C atech etiek b is. 288.
157
W illekeur sal by die gebruik van die Bybel nie kan opgaan nie. Die kategeet sal moet v/eet dat die Bybel in geheel ’n orga
nisme, openbaring van God is. D at „geloof ’n sekere kennis van God en Sy beloftes is”, kan alleen deur die Bybel as kennis
grond bekom word. Daarom is dit onontbeerlik dat die Heilige Skrif as (geheel) openbaring van God m oet ooplê m et sy voile inhoud, soos tussen homileet en gem eente by die prediking;
sielsorger en lidm aat by die huisbesoek, so ook moet dit ooplê tussen kategeet en katkisant.
As die Kerk wil toesien dat die katkisant m et vrymoedigheid
„ja” kan antw oord op die belydenisvraag na die geloof in die Drie-Enige God, sal die katkisant die Bybel moet ken.
(ii) Die leerboek van die Kerk:
Die Kerk aanvaar die W oord van God m aar sê ook hoe die Bybel verstaan en geglo word in die belydenisskrif. Niemand kan m aar die naam van Jesus Christus bely en glo soos hy wil nie.
Ons glo in Horn soos die Kerk en saam met die Kerk. Die bely- denis is uitgedruk in die 3 Formuliere van Enigheid.
Die Kerk beskou dit tereg as belangrik en uiters noodsaaklik d at die gedoopte in die Kerk nie slegs ’n kennis van die Bybelse geskiedenis sal hê en moet hê nie, m aar daarm ee saam moet hy ook w eet hoe hy saam met en soos die Kerk hierdie openbaring van God m oet interpreteer en verstaan. W ant die godsdiens is nie
’n saak van w illekeur of eie oortuiging nie m aar ’n saak van diep afhanklikheid aan die een Bybelse openbaring.
Die belydenis wil hierdie openbaring nie bedek nie; dit kom juis uit hierdie openbaring voort.
In die geloofs- en sedeleer gaan dit daarom om die dinge w at ons m oet glo en die lewe w at by daardie geloof pas. Om dus m et ’n rein gew ete „ja” te kan sê op die 2de belydenisvraag:
„H et u vir u ook voorgeneem om deur Gods genade by hierdie belydenis te bly, die sonde te versaak en ’n Christelike lewe te lei!” —
moet elke katkisant tenm inste ’n gangbare kennis van die be
lydenis van die Kerk hê.
(iii) K erkgeskiedenis in die kategese:
Vir die gelowige is Jesus Christus die sin en doel van alle geskiedenis. Die ganse geskiedenis is deur God gelei en gestuur na ’n bepaalde punt in die geskiedenis w aar God ingedaal het in die tyd in Jesus Christus. Vanaf Sy koms stu u r die geskiedenis w eer of op Sy wederkoms. Vir die gelowige is alles daarom w at
m -t die mensdom gebeur nie toovallig nie m aar deur God beskik.
In die geskiedenis leer ons die gebeure van die verlede ken en l’oo daardie gobeure die hede beïnvloed.
Uit die K erkgeskiedenis leer ons die pad ken w aarlangs God Sy Kerk op aarde telkem ale bshoed, bew aar en gelei het, en hoe die Kerk deur die eeue heen in die wéreld gewerk en geleef het in die geloof.
ü n s leer ook hieruit die aanslae w at op die Kerk gem aak is en hoe die Kerk hierdie aanslae moes afweer. Ons leer ook hieruit die antw oord w at die Kerk r.iocs gee ten opsigte van vras aan die Kerk.
Ons leer hieruit ook die foute van die Kerk. Ons leer ook hoe die Kerk geseënd gegroei het onder dis verkondiging van G odi Woord
Die Kerk se geskiedenis is daarom onontbeerlik om dat dit die weg van die Kerk is na die voleinding toe, onder leiding van die Heilige Gees w at die Voleinder van die geloof is.
Elke mens w at daarom in die Algemene en V aderlandse Kerkgeskiedenis behoorlik onderrig is, sal met vreugde by sy belydenis kan sê: „Ek belowe om saam te werk . . . ”
GEVOLGTREKKING:
(a) In die K erkgeskiedenis w as die bestaan van ander wêreld- godsdienste nog altyd ’n feit. Nou ontstaan die vraag of die katkisant nie ook in hierdie verband onderrig m oet word en of hiervoor in die K erkw et nie behoorlike ruim te moet wees nie.
R. Bijlsma1') sê in hierdie verband: „Van fundem entele b2te- kennis is verder m et nam e, dat de opgroeiende jeug van de kerk sich in de ontm oeting van h et Christendom m et de ander gods- dienste een antw oord gaat vormen op de vraag w aarom de keuse van hun leven by C hristus valt en w aar ten diepste het ver
skil legt tussen het C hristendom en de andere grote religies.
Hier kan het een w csenlike hulp betekenen, dat gesien w ord hoe overal elders de weg van beneden n aar boven w ordt bewandeld, terw yl in het Christendom de weg loopt van bove n aar beneden.”
(b) O m dat in die Kerkgeskiedenis ook die verhale van dw a
ling, kettery en afval bem erk word, herinner die Kerkgeskiedenis ook aan die Sektew ese. As die Kerk daarvan oortuig is d at sy lidmate ten opsigte van die dwaling van die sektes b eter toegerus moet wees, behoort dit in die Kerk seker oorweeg te w ord om in die K erkw et te bepaal d at die katkisante oor die dwaling van die sektes onderrig m oet word.
,3 ) R. B ijlsm a , K le in e C a tech etiek , C. F. C allenbaeh N .V. — N ijk erk 1962.
hls 163.
159
(c) V erder kan die vraag ook gestel w ord of ’n beter toerusting nie nodig is vir die katkisant oor die inhoud van die K erkwet w at die lewe van die gelowige wil reël en orden ooreenkom stig Gods W oord nie.
(d) In verband m et die inhoud10) van die Kerkboek en kennis van en oefening in die sing van die Psalms en Gesange, hoewel hierom trent bepalings bestaan, is die skreiende onkunde sekerlik ook ’n vraagteken oor die volledigheid in die behartiging van ons kategese.
Omdat die kategese sy plek vind tussen erediens en erediens is Psalm s en Gesange, die form uliere en gebede van die Kerk noodsaaklike kennis, daar dit juis direk betrekking het op die erediens. As daar betekenis van die erediens vir die lidmaat duidelik word, sal hulle ook reg verstaan w atter verband die bywoning van die erediens m et die geloofsbelydenis het.
V. AMPTELIKE KONTROLE OOR DIE INHOUDELIKE VAN DIE LEERSTOF:
Dit is duidelik dat die inhoud van die leerstof am ptelik bepaal en voorgeskryf kan word in die orde van die Kerk. Maar of die korrek-bepaalde stof w at behandel moet w ord tereg kom in die beoefening van die kategetiese arbeid is ’n dringende vraag w aarvan die antwoord belangrik is.
In die „Kerkw et Atikel 5”, w ord die „K ategese” en die „af
neem van die Openbare belydenis van die geloof”, as am pstaak van die predikant gestel. In hierdie selfde A rtikel w ord die„opsig oor . . . die gem eente”, en die „mede verantw oordelikheid met die herder en leraar vir die bediening van die W oord en vir die kategetiese onderw ys” as opdrag van die ouderling gestel.17)
H ieruit blyk dat die amptelike reëling in verband m et tyd, plek en persone w at die kategese behartig, berus by die Kerk
raad. Die opsig oor die regte inhoud van die kategese berus daar
om netsoos die toesig oor die prediking by die K erkraad.
Die predikant sal in sy bediening van die W oord w at altyd ook w eer ’n kategetiese karakter dra (bv. by die kategism us
prediking), om dat hy daartoe geroep en daarvoor toegerus is, ouer en kerkraad en gemeente m oet toerus m et die regte begrip oor die kategese. Die erediens word daarom vir elkeen ’n geleent
heid w aar die vo'orsorg en nasorg op die verantw oordelikheid van die kategete gedoen word.
1C) K erk w et, A rtik el 93 van d ie b epalings 2 ( c ) en ( e ) bis. 52.
1T) K erkw et, A rtik el 5 bis. 2.
160
Die predikant het daarom die geleentheid om in die uitleg en toepassing van die Heilige Skrif ook die inhoudelike van die kategetiese stof navore te bring. Doopouer en ouderling het daarom die erediens elke Sondag as onontbeerlike toerustings- geleentheid vir hulle kategetiese taak in die week.
Die predikant het verder die geleentheid van die sielsorg om verder uit te lê, om vanuit die gebeure van die erediens verder te verkondig die betekenis van die doop, die sin van die dooponderrig en te sorg d at in sy verkondiging die sam ehang van ouer en kerk se kategetiese opdrag glashelder navore sal kom.
In hierdie verband h et die ouderling w at die opsig moet uitoefen oor die behartiging van die kategese ’n belangrike funksie om te vervul. Die kerklike opsig strek hom uit ook oor die inhoud van die kategese. Omdat die kategese ’n verkon- digingsgestalte van die Kerk is, sal die inhoud daarvan korrek moet wees om dat dit „geloof” wil leer aan die gedoopte.
Netsoos die opsig van die ouderling oor die leer van die predikant sal sy opsig hom moet uitstrek oor die inhoud van die kategese aan die gedooptes by die Kerk en in die ouerhuise, op Sondag en in die week.
Om dit te kan doen, sal die ouderlinge in ooreenstem m ing m et die form ulier vir die bevestiging van ouderling en diakens18) verplig wees: „om die W oord van God ywerig te ondersoek en hulle gedurig te oefen in die oordenking van die verborgen- hede van die geloof.” V erder het die ouderling am ptelik die ge
leentheid om in die erediens, die gesprek in die sielsorg van die predikant, die ouderlingsvergadering en die kerkraadskategese die geleentheid hê om voortdurend vir hierdie taak toegerus te word. Eers n ad at self oor die inhoud vir die kategetiese stof sekerheid gekry is deur die ouderling word sy opsig oor die inhoud van die kategese in die gem eente en ouerhuis rhoontlik.
Hoe moet die ouderling dit doen?:
(i) By die am ptelike kategese kan die ouderling hierdie ver- antw oordelikheid behartig deur die kategese self te onderneem en gebruik te m aak van die toegeruste kategete w at die kerk wil laat oplei, m et die voorgenome kategete-diploma.
(ii) By die huisbesoek w aar opsig oor die lewe van die ge
meente uitgeoefen w ord, kan die ouderling maklik kennis neem van die inhoud van die dooponderrig deur die ouer. As die inhoud ontoereikend is, kan toerusting deur die ouderling en predikant by huisbesoek uitgebrei word en' leiding gegee w ord van hoe die kategetiese stof „reg” aangebied moet word.
, s ) F o rm u lier vir b e v e stig in g van O u d erlin ge en D iakens, K erkboek, bis. 171.
161
(iii) As die ouderling in sy opsigtaak almal (ouer en kind) vergader rondom die Woord by die erediens en sorgdra d at die feitekennis bygebring word vir die gedoopte, dat hierdie feite se betekenis verklaar word, dat hierdie kennis kontroleer word, en dat die feite m et betrekking to t al die voorgeskrew e stof verstaan is, dan het die voile omvang van die Evangelie to t stigting van die geloof aan die gedoopte bekend geword en die opstigtaak van die ouderling is dan sinvol verrig.
Gevolgtrekking:
(a) As dit in aanmerking geneem word dat die predikant sekerlik die beste toegeruste persoon in elke gem eente is om die Skrif en die leer van die Kerk die beste te kan uitlê en toepas, dan lyk dit ’n voor die handliggende eis dat die predikant die kategese met die oog op die openbare geloofbelydenis self moet w aarneem , ten einde die k atkisan t se feitekennis te orden en in ’n verstaanbare en planvolle sam ehang aan die katkisant bekend en verstaanbaar te laat word.
(b) Dit lyk of die beste beoefening van die kontrole oor die inhoudelike van die kategetiese stof, langs die bestaande weë van sielsorg en opsig die beste im plem enteer kan word in die praktyk.
VI. IS NASORG AAN DIE DOOPOUERS NODIG?
Die doopkategese vorm in die prak ty k die voorspel op die doop- geleenheid ca wil daarom dien as voorkom ing van m isverstand met betrekking to t die doop en as uitleg van die doop w at die implikasies van die dooponderrig duidelik wil stel.
Omdat die dooponderrig egter ’n veeleisende en om vattende implikasie het vir elke doopouer, die kennis dikwels ontoereikend is, sal die sielsorger as verkondiger en K erkraad as opsighou- dende liggaam voortgaande sorg of nasorg ten opsigte van elke doopouer m oet uitoefen.
In hierdie nasorgw erk sal die Kerk daarvoor m oet sorg dat:
(i) die doopouer sy eie verbondenheid en die van sy gedoopte kind aan die erediens sal verstaan.
(ii) Die doopouer self lewend m oet glo om geloof aan sy kind te kan leer met woord en daad.
(iii) Die doopouer sal, to td at dit w eer Sondag word, in gebed bid en luister na Gods Woord, moet lewe saam m et die gedoopte kinders.
(iv) Die w eek tussen Sondag se erediens en volgende Sondag mag vir die doopouer nie planloos verbygaan nie. Die huisgods-
diens sal daarom nie in die week vir die gesin kan beteken ’n paar liefling-skrifgedeeltes w at fragm entaries as „m ooi” scde- lesse of m oraalpreke uit die Bybel gelees word nie. W ant k ate
gese beoog in die e ;rs te plek geloof en nie perfekte m oraal of sede nie.
(v) Die verw agte perikope-indeling behoort mee te help om in hierdie nasorg op die doop goed te kan kontroleer. Indien die kategese-rooster en die Bybelse dagboek en die inrigting van die kategism us-prediking nouer verband het, sal só die nodige m a
teriaal vir die ouer planvol in die hand gelê w ord om die kategese gedurende die w eek te kan behartig.
VII. BESLUITE VAN DIE KERK VANAF 1961-1967 EN ENKELE KONKLUSIES:
In die lig van w at reeds gesê is, is enkele besluite van die Kerk in hierdie verband belangrik.
(a) By 1961lö) se Algemene K erkvergadering is besluit: „Die vergadering beveel aan d at w aar enigsins moontlik, die belydenis- kategese op vaste tye gedurende die week sal geskied en dat m instens tw ee uur per w eek hieraan bestee sal w ord.”
Die sin van hierdie besluit lê daarin dat die Kerk die plek van die kategese sien, op pad van die een crcdisns na die volgende erediens, en dan hoort dit ook daar tuis w aar die ge
meente gedurende die week w erk en lewe om ook d aar vormend in t.e w erk op die lewe van die gemeente. Elke K erkraad w at onnodige verskonings aanvoer om nie hierdie 2 uur per week te kan inruim vir die kategese nie, berokken ’n ernstige skade aan die behartiging van hierdie uiters belangrike verkondigingsge- stalte van die Kerk.
(b) In 1961 is verder besluit: „Die vergadering beklem toon die ta ak van die predikant ten opsigte van kategese w at weekliks w aargeneem m oet w ord.”-11) (Vergelyk beroepsbrief en betrokke bepalings in die Kerkwet).
Om die belangrikheid van die predikant as k ategeet te onder
streep is hierdie besluit ’n baie duidelike heenw ysing na die toerusting van die predikant w at hom by uitnem endheid geskik en toegerus bevind vir hierdie taak. Die besondcre bydrae w at die predikant sekerlik kan m aak in elke gem eente, is om k erk raad en doopouers toe te rus vir hulle kategetiese verantw oor- delikheid. Hierdie toerusting is miskien ten opsigte van die
N o tu le A .K .V . 1961, bis. 26.
N o tu le A .K .V . 1961, bis. 25.
163
k atkisante w at more en oormöre die ouderling en doopouer word, die beste uit te voer, gesien die bogenoem de besluit, dat dit w eekliks MOET geskied.
(c) In 1961 en later is die saak van ’n vasgestelde ouderdom vir die openbare geloofsbelydenis onder bespreking gebring. In die K erkw et21) word bepaal: „Tot die openbare belydenis van die geloof w ord persone w at hiervoor voorberei is, deur die Kerk en vanaf min of meer sestienjarige leeftyd toegelaat.”
Om dat ’n ouderdom sgrens in die Kerk geen w aarborg is vir behoorlike voorbereiding ten opsigte van die kategese nie, be
hoort so ’n bepaling uit die K erkw et te verdw yn, sodat kerkrade hulle eie diskresie in hierdie verband kan handhaaf in verant- woordelikheid.
(d) In 1964 is in verband m et die wese van die Sondagskool--)
’n belangrike besluit en rigting in die Kerk herbevestig. In opvol
ging van vorige besluite om die kategese los te m aak van ’n skoolse atm osfeer en dit onlosm aaklik by die erediens te betrek, is hierdie denkrigting deur die Kerk aanvaar. In opdrag van hier
die Algemene Kervergadering is die Raad vir Sondagskool en Kategese besig om die praktiese implikasies van hierdie stan d punt uit te w erk vir toepassing in die Kerk. As gevolg van hierdie ingeslane weg, lyk dit noodsaaklik dat die Kerk sy term inologie in hierdie verband in hersiening m oet neem. In die K erkw et se bepalings vir die kategese en op ander plekke in die K erkwet word die w oord Sondagskool nog baie keer aangetref en in die term inologie w at in die gewone om gangstaal in die Kerk gebruik word, w ord Sondagskool nog m eer gebesig as kategese w at ’n bruikbaarder Bybelse woord is.
In hierdie selfde verband lyk dit of die term e jeugdiens of kinderkerk nie m eer opgaan nie. Om die gem eente horisontaal te verdeel in oues en jonges, volw assenes en onvolw assenes, berus op ’n m isvatting dat die Heilige Gees te sw ak sou w ees om nie ook vir die kind in die erediens geloof te skenk, w aar Gods W oord reg gepreek en die Sakram ente bedien w ord volgens die instelling van Christus nie.
(e) M et die groeiende onkerklikheid van ons mense sal die belydeniskategese m et die mense te doen kry w at nie gedoop is nie en ook geen godsdienstige opvoeding gehad h et nie.
By hierdie mense kan nie kennis van die W oord veronderstel word nie. Volgens die eis van H oofstuk 9, Art. 91 en 92 sal
=1) A r tik e l 9 3 (1 ) van d ie B ep alin gs.
"=) A.K.V . N o tu le 1964, bis. 158.
hierdie mense die voorbereidende, gewone en belydeniskategese agteenvolgens m oet deurloop. Dit sou onbillik w ees om hierdie groepering by een van genoemde groepe te probeer inskakel, en so ’n inskakeling is buitendien to t mislukking bestem .
Daar on tsta an dus die vraag na die plek van ’n m issionerende kategese, w at dan m oet uitloop op die geleentheid van doop en belydenis van die geloof.
(f) Ten slotte, daar dit hoofsaaklik gegaan h et oor die kate- gese m et die oog op belydenis van die geloof, wil ons erikele dinge opm erk ten opsigte van die geleentheid w aar katkisante formeel toegelaat w ord to t die openbare belydenis van hulle ge
loof. Die kerk behoort in hierdie verband ook duidelik rekenskap te gee van w at die k orrekte praktyk sou wees.
Die volgende w ord te r oorweging gestel:
(i) Die belydeniskategese word deur ’n komm issie van die K erkraad gedeligeer m aar die beslissing to t toelating as sodanig kan nie aan ’n paar lede van die K erkraad oorglaat w ord nie.
(ii) So ’n geleentheid van toelating to t die openbare belydenis van die geloof behoort deur die K erkraad, gem eente en ouers bygewoon te word.
(iii) By so ’n geleentheid behoort die katkisante in die open
b aar ondervra te word. Hierdie ondervraging behoort op taktvolle wyse te geskied en kan daarop gemik wees om vas te stel in hoe
’n m ate die kennis w at opgedoen is by die kategese die Iewe en gesindheid van die k atkisante gevorm het. D aarna neem die Kerkraad ’n am ptelike besluit.
(iv) Die form ulier vir die bevestiging van lidm ate is ontoe
reikend. Kan by hierdie geleentheid mense in die verbond van die genade bevestig word, as dit reeds geskied h et by die be
diening van die heilige doop?
(v) Die ou „w egw ys” p raktyk word bevraagteken by die finale ondervraging. Die siftingsproses behoort vooraf plaas te vind.