• Tidak ada hasil yang ditemukan

komplekse

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "komplekse"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za Open Access

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Page 1 of 2 Referaatopsomming

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Authors:

F.P. Malan1 E. Singleton1 M. Landman1 P.H. van Rooyen1 J. Conradie2 Affiliations:

1Department of Chemistry, University van Pretoria, South Africa

2Department of Chemistry, University of the Free State, South Africa

Corresponding author:

M. Landman,

[email protected] How to cite this article:

Malan, F.P., Singleton, E., Landman, M., Van Rooyen, P.H. & Conradie, J., 2016, ‘Die sintese, karakterisering, elektrochemiese eienskappe en katalitiese toepassing van nuwe [CpNiBr(NHK)]- komplekse’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 35(1), a1423.

http://dx.doi.org/10.4102/

satnt.v35i1.1423 Copyright:

© 2016. The Authors.

Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Die afgelope twee dekades het sogenaamde N-heterosikliese karbene (NHK) radikaal ontwikkel vir gebruik as doeltreffende sintetiese uitgangstowwe, biologies aktiewe verbindings, asook hoogs aktiewe katalisators vir unieke organiese transformasies (Budagumpi & Endud 2013;

Prakhasham & Gosh 2015). Hierdie NHK-ligande bevat gesogte eienskappe wat deur sterk metaal-karbeenbindings stabiliteit aan oorgangsmetale verleen, asook maklike hantering en versoenbaarheid met ’n wye reeks hoë- en lae-oksidasietoestandmetale (Budagumpi & Endud 2013).

Ons ondersoek tans nuwe direkte roetes na nuwe groep 6–10 oorgangsmetaal-NHK-komplekse wat stabiliteit in oplossing toon, maar terselfdertyd katalities aktief is. Verskeie simmetriese en asimmetriese alifatiese-areen-NHK-ligande is gesintetiseer, en is verder gereageer met Ni(Cp)2 (Cp = siklopentadiëniel) om ’n reeks van nege nuwe [CpNiBr(NHK)]-komplekse in hoë opbrengs (> 72%) te lewer. Die ligande bevat sowel elektron-onttrekkings- as elektron-donorgroepe om sodoende ’n reeks van elektronies diverse Ni(II)-NHK-komplekse te sintetiseer waar die elektroniese aard van die R-groepe van die stikstofatome van mekaar verskil. Die elektrochemiese eienskappe van die [CpNiBr(NHK)]-komplekse is met behulp van sikliese voltametrie ondersoek.

Die E0’-potensiaal van die Ni(I)/Ni(II) oksidasie en/of reduksie-koppel, en hoe hierdie waarde verander met die onderskeie Ni-komplekse namate die R-groep van die NHK-ligande verander word, is van belang. Ons het gevind dat die E0’-potensiaal oor die algemeen effens verhoog met die meer elektronontrekkende-R-groepe van die NHK-ligandbevattende nikkelkomplekse.

Die gebruik van homogene katalisators in verskeie selektiewe organiese transformasies verg bonkige ligande en metale wat gewoonlik duur en sensitief is vir beide lug en lig. Hierdie eienskappe van die katalisators beperk die skaal en toepassing vir industriële gebruik. Nikkel as oorgangsmetaal bevind hom tans in ’n belangrike posisie in organiese sintese en homogene katalise, aangesien verskeie transformasiereaksies en organiese verbindings wat in die verlede slegs met duur palladiummetaalkatalisators haalbaar was, nou moontlik is danksy die goedkoper en minder giftige nikkelmetaalkatalisators. Die katalitiese aktiwiteit van die Ni(II)-komplekse in die bekende Suzuki-Miyaura-reaksie is ondersoek, waarby ’n gegewe arielhalied aan ’n fenielring van fenielboorsuur gekoppel word om sogenaamde gefunksionaliseerde bifenielverbindings te vorm. Oor die algemeen is ’n hoë tot matige aktiwiteit (53%–79%) onder die nikkelkomplekse in die spesifieke koppeling van 4-chlorokarboksaldehied en fenielboorsuur waargeneem. Ons het ook – selfs onder optimale reaksiekondisies – ’n konstante kompetisie tussen die vorming van bifenielkarboksaldehied en die ongewenste byproduk bifeniel (13%– 30%) waargeneem.

Hierdie katalitiese resultate sluit direk aan by die elektrochemiese resultate waar die vermoë van ‘n Ni(II)-NHK-kompleks om aan ’n redoksproses deel te neem, op ’n katalisator met ’n hoë C-C- koppelingaktiwiteit dui. ’n Interessante liniêre verband tussen die C-C-koppelingsopbrengs (%) en

The synthesis, characterisation, electrochemistry, and the catalytic application of new [CpNiBr(NHC)] complexes. A range of symmetric and asymmetric aliphatic-arene NHC ligands has been synthesised and reacted with NiCp2 to form [CpNiBr(NHC)] complexes in high yield (> 72%). A direct relationship between their electrochemical properties derived from cyclic voltametry and their catalytic activity in the Suzuki-Miyaura coupling reaction has been found.

Die sintese, karakterisering, elektrochemiese eienskappe en katalitiese toepassing van nuwe

[CpNiBr(NHK)]-komplekse

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 29–30 October 2015, University of the Free State, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa);

Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation (NECSA); Dr Ernie Langner and Prof Jeanet Conradie (Department of Chemistry, University of the Free State).

(2)

Page 2 of 2 Referaatopsomming

http://www.satnt.ac.za Open Access die E0-potensiaal (V) is verkry, wat verder op die direkte

verwantskap dui. Berekeningschemie word op hierdie reeks van [CpNiBr(NHK)]-komplekse beoog om verdere bevestiging van verhoudings tussen die komplekse se stabiliteit, elektrochemiese eienskappe en katalitiese aktiwiteit te verkry.

Literatuurverwysings

Budagumpi, S. & Endud, S., 2013, Organometallics 32(6), 1537–1562. http://dx.doi.

org/10.1021/om301091p

Prakhasham, A.P. & Gosh, P., 2015, Inorganica Chimica Acta 431, 61–100. http://

dx.doi.org/10.1016/j.ica.2014.11.005

Referensi

Dokumen terkait

PDAM officer execute QR code image capturing process on the PDAM customer water meter by using the QR code reader application in the mobile phone that

Pada saat petugas melakukan sensus, cukup membaca QR code tersebut dengan smart phone menggunakan aplikasi QR Code Reader, kemudian petugas dapat mengakses SIMBADA yang telah

Step 2: After Step 1 the verification process needs to scan the QR from the produced documents from step 1 (using scanner or smart phone QR code scan application) and

Die verandering in termodinamiese eienskappe FIGUUR 3: Grafi eke van a die eksperimentele reduksiepotensiaal RPeksp van die MnIII/MnII redokspaar van [Mn-diketonato3]-komplekse 1 –

Die verspreiding en karaktereienskappe van groot, diepliggende paleomassabewegings in die noordelike en sentrale Drakensberg Read online: Scan this QR code with your smart phone

223 Ra calix[4]areen-krooneterverbindings met teenligaampies as radiofarmaseutiese middels vir die behandeling van kanker Read online: Scan this QR code with your smart phone or

COVID-19 crisis in relation to religion, health and poverty in Zimbabwe: A case study of the Harare urban communities Read online: Scan this QR code with your smart phone or

a Halaman Scan Minum Obat b Kotak Obat dengan QR Code untuk Scan Minum Obat Bila QR code yang digunakan sesuai dan telah terdata pada mobile application “My TB Alarm”, maka secara