• Tidak ada hasil yang ditemukan

'n Kort samevatting van die bespreking na die voorafgaande referate

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "'n Kort samevatting van die bespreking na die voorafgaande referate"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

'n Kort samevatting van die bespreking na die voorafgaande referate

APB BREYTENBACH

1. Al die sprekers was dit eens oor die houdbaarheid van die teolo­

gie wat grondliggend is aan die kinderdoop. Op geen stadium is daar enige bedenkinge uitgespreek oor die kinderdoop as sodanig nie.

Verskeie sprekers het klem gelê op die troos en bemoediging wat juis deur die kinderdoop gebied word aan gelowiges.

2. Oor die tradisionele begronding van die kinderdoop met 'n ver­

bondsteologie, het die menings uiteengegaan: Aan die een kant van die spektrum was daar sprekers wat van mening was dat die tradisio­

nele begronding van die kinderdoop deur die verbond, asook die Skrifbeskouing en -gebruik wat daaraan ten grondslag lê, volkome aanvaarbaar is. Aan die ander kant van die spektrum was daar die standpunt dat die Skrifbeskouing en -gebruik wat die tradisionele verbondsteologie onderbou, op bepaalde punte ernstig bevraagteken kan word en dat daar ook bedenkinge geopper kan word oor die bruikbaarheid van die verbond as teologiese kategorie om uitdrukking te gee aan die verhouding tussen God en mens waaroor dit in die Nuwe Testament gaan. Tussen hierdie twee standpunte was daar 'n hele reeks moontlikhede soos byvoorbeeld dat die tradisionele Skrifbeskouing en -gebruik onaanvaarbaar is, maar dat die verbond tog 'n bruikbare en legitieme teologiese kategorie is om oor die verhou­

ding tussen God en mens te praat.

3. Verskeie sprekers het dit onder woorde gebring en dit was ook uit die verloop van die bespreking duidelik dat daar nog baie studiewerk oor die onderwerp voorlê. In die referate en bespreking is die grense en breë kontoere van die landskap maar net verken. Sake wat veral uitge- wys is as verdere studieterreine is:

• Die verhouding tussen die Ou en die Nuwe Testament veral met betrekking tot die kontinuïteit en/of diskontinuïteit tussen die twee korpusse;

• die kontinuïteit en/of diskontinuïteit tussen God se verhouding met Israel en sy verhouding met die gelowiges van die Nuwe-Testamen­

tiese tyd;

• die voorkoms en belang van die verbond in die Nuwe Testament.

117

(2)

Sommige sprekers het daarop gewys dat hierdie studiewerk wat nog gedoen moet word uiteindelik daarop moet uitloop dat die saak van die kinderdoop en die verbond in óns tyd en met óns wetenskaplike kennis van die Bybel, sonder die aksente van vergange polemieke nuut verwoord moet word. Dit is duidelik gestel dat so 'n nuwe verwoor­

ding na alle waarskynlikheid niks sal verander aan die wesenlike van die teologie wat ten grondslag van die kinderdoop lê nie, maar dat die wyse van begronding daar anders kan uitsien.

4. Dit was duidelik dat die teologiese klimaat in die Nederduitsch Hervormde Kerk gunstig is vir 'n onbevange ondersoek van genoemde sake en vir 'n eerlike soeke na antwoorde op die probleme wat met die simposium na vore gekom het. Aan die een kant is daar nie by predi­

kante en akademici die begeerte om met die teologiese tradisie waarin die kerk staan, te breek nie. Aan die ander kant is juis die reformato­

riese gees wat die kerk se tradisie help skep het, lewendig in dié sin dat daar op akademiese vlak en met 'n oop gemoed na die Bybel geluister word, al sou dit ook beteken dat hierdie luister na die Bybel die kerk se eie teologiese tradisie onder kritiek plaas.

118

Referensi

Dokumen terkait

Daarteenoor is daar ’n groep navorsers wat argumenteer dat die variant sonder die onderskikker eerder gebruik word in gevalle waar die hoofsin laer tematiese prominensie het in

Aan die ander kant gebeur dit ook dat die goedkeuring van ’n bepaalde kerk in werklikheid die voortsetting van dié kerk as “staatskerk” is terwyl dit voorgedoen word asof die verhouding

1 Iemand wat – aA ontug of ’n onsedelike daad met ’n ander persoon teen vergoeding pleeg, is aan ’n misdryf skuldig.” Regter Ngcobo was van mening dat alhoewel daar in terme van

Ten einde te illustreer hoe studente se gebruik van ’n spesifieke wiskundige benadering tot ’n bepaalde soort begrip lei wanneer elektrisiteitsprobleme opgelos word, is daar ’n

Daarom kan die vraag: o f artikel II wel nog uiting gee aan ons opvat­ ting van onder meer die verhouding wat daar moet bestaan tussen die verskillende rasse metname die gekleurde

betref, word daar, op grond van die genoemde basiese onderskeid tussen vergelyking in breë sin en metafoor, in die eerste plek tussen gelykenis aan die een kant en allegorie aan die

Daar kan dus ’n sangyorm bestaan los van die gehele samehang wat ons hier erediens noem wat wesenlik W oord is; maar ons handel hier oor die plek van sang en musiek in ’n bepaalde

Dan verdien ons Afrikaanse Vertaling van die Nuwe Testament nog hersiening in 'n ander opsig, namelik die lesinge van die Textus Receptus wat deur die nuwere ondersoek en die oudste