• Tidak ada hasil yang ditemukan

laai die gemerkte weergawe hier af - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "laai die gemerkte weergawe hier af - LitNet"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

Die Spieëlkas

Skuifel-skuifel laat die stofwolkies blom, kom Jaco en Patrys eendag met die ding in die grondpad af. Man-man twee pote in die hand van onder, versigtig, of hulle ’n swaar,

gekweste dier dra. Sukkel-sukkel het dit gegaan, want hulle was maar aan die min kant. Die son staan stil bokant hulle koppe. Die sweet tap hulle af.

Simoné en Venetia was daai tyd op laerskool. Hulle het voor die deur sit en speel. “Simoné!

Venetia! Geepad!” skree Adam soos die ding hierdiekant toe en daardiekant toe gedraai word om by die deur in te pas. Adam het nes ’n voorman staan en beduie hoe Jaco en Patrys moet maak om die ding reg in te kry, “Soontoe, manne. Nee, op sy sy.”

“Hy kan nie, ou Adam,” sê Jaco, “dis te nou. Wag, laat ons eers ... só ... daar gaan hy.”

“Mooi, manne, moet tog nie laat die ding nog verder seerkry nie.”

Maar Lisbet het net stil eenkant gestaan.

Die kinders het op en af gespring en rondgedans asof dit Krismis is – dis maar min dat ’n nuwerige ding oor hul drumpel kom. Agter hulle hande gegiggel en in mekaar se ore

gefluister en na die ding beduie toe hy sy staanplek in die kamer kry. Naderhand laaie oop en toe getrek, tot Lisbet gegil het, “Dis nou genoeg! Hou julle nou op! Loop speel buitekant!”

Dit was nog op die plaas. Nou staan die ding hier, vasgekeer in die klein kamertjie in ’n huisie in die Kaap. Lisbet se spieëlkas. Skrape en kapmerke het daar oor die jare bygekom van die ge-uit en toe ge-in en weer ge-uit en ge-in, maar sy trots het hy nie verloor nie. Duur hout. Brêkkerig. Bak bene soos ’n voël wat se lyf te swaar was om te dra. Bolkloue om beter sy staan te staan. Fyn patroontjies sorgvuldig uitgekerf. Soos ’n doring in die oog steek dit uit tussen die karigheid.

Simoné se stem klink skril agter Venetia op, “Jong! Die ou vrou is weer deurmeketaar vandag! Jy moet tog die polis-mense bel en hoor of Mamme se doodsgeld opbetaal is.”

“Hoekom moet jy altyd so raas?”

“Ek dink sy’s nou rêrag op haar laaste. Praat heelblêddie dag van ’n erfporsie, erfporsie. Wat waar vandaan kom? Lyk sy’t goudmunte begraaf doer op die plaas. Want wragtig, daai oumens-pay hou skaars die maand uit.”

“Sy praat seker van die spieëlkas.”

“Nee wag, jong! Wie wil daai ding hê? Jy sien dan die ding pas skaars in die kamer. Jy kan hom mos daar by jou huis hou. Jy’t klomp plek. Of ons verkoop die ding sommer.”

“Ai, Simoné. Jy weet tog hoe die ou vrou oor haar spieëlkas is.”

Lisbet lê toe oë op die kooi met die ingeduikte matras onder die bont hekelkombers. Die kamer ruik na sterksalf en siekte. Grys hare oor die kussing gesprei. Sy was darem ’n mooi vrou in haar dae. Fyngebou en lank met stulpings van voor en agter daar waar dit regtig saak maak. Mens kon sien hoe die manne skaamkry as hulle met haar praat. Kon haar nooit in die oë kyk nie.

Lisbet se hare was daai tyd meestal onder haar kopdoek. Maar Saterdae het sy dit gewas en uitgekam en in die son laat droograak. Op haar stuitjie het dit gehang.

Die spieëlkas was eers Mevrou Claire s’n, toe kry sy glo eendag gier om dit uit te smyt. En Lisbet het gemaak dat daai spieëlkas in haar plaashuisie sy staan kom kry. Niemand het geweet hoe sy dit reggekry het nie.

(2)

Toe Jaco en Patrys die spieëlkas die dag by die plaashuis aanbring, toe sak Adam af, “Jirre, julle manne werk swak. Kyk hoe lyk die ding!” Want in die ronde raam van die spieël was daar niks oor behalwe ’n skerf glas nie.

Jaco en Patrys het niks gesê nie; net skuins na Lisbet geloer.

En Jaco is net vol “sorry, sorry, ou Adam”. “Nee ou Adam,” gaan Patrys verder, “toe ons hom by die groothuis se trappe afdra toe gly Jaco wat voor vat en daar tuimel die ding die res van die trappe af en toe die ding sy stillê kom kry toe is die spieël net skerwe glas.”

Die skerf van die spieël wat oorgebly het, het lateraan uitgeval. En niemand het plan gemaak om ’n ander spieël in te sit nie. Dit was of hulle nie eens meer gesien het die spieël is uit nie.

Een aand, toe’t Jaco en Patrys ’n ou drinkdingetjie met Adam kom deel. Toe Adam sien die kan loop leeg, toe sê hy, “Kyk waar lê hy al. Julle moet nou seker julle loop beginte kry, kyk hoe laat is dit al. Ek hou dié bietjie vir my vir môre vir die kop.”

“Moet tog nou nie so wees nie, ou Adam,” sê Patrys. “Laat ons hom klaarmaak. Môre sal vir homself sorg.” Maar Adam bly sê nee, Patrys het nou genoeg gehad. En Patrys voel nee Adam is nou onnodig. Maar Adam hou vol hy gaan nie meer skink nie.

Sak Patrys af, “Ag, man! Hou jou wyn! Jy bly dom. Ek weet nie hoekom jy jou so dom hou nie.”

“Los dit, man. Kom ons loop liewer,” wil Jaco die vrede bewaar.

“Hy’s ’n kont, hy. Hulle maak van hom ’n kont onder sy eie neus!”

Adam gaan staan styf teen Patrys. “Met wie praat jy? Hè?”

Gaan Patrys aan, “O, so jy wil nou teen my kom styfstaan? Daai kas het in elk geval nooit by die trappe afgedonner nie. Toe ek en Jaco dit gaan haal toe is die spieël klaar gebreek.”

“Los tog hierdie goete, man, kom ons loop eerder,” soebat Jaco.

“Siena het die gangvloere in die groot huis gepolish, toe sien sy hoe daai spieël gebreek het,”

sê Piet voor hy wegsteier.

’n Ruk ná Meneer Simon se afsterwe in sy oudag, toe kom die balju met die brief wat sê Mevrou Claire sê hulle moet van die plaas af. Dis nou haar en haar kinders se grond en hulle slaan wet oor wie daar bly en wie nie.

Maar dis nie wat Meneer Simon altyd vir Lisbet gesê het nie. Hy’t gesê hy los als vir ál sy kinders en dan kan Lisbet daar bly tot sy die dag dood. Dít het hy haar belowe. Adam het halfweg geprotesteer teen die uitsetting, “Julle kan nie daai ding maak nie. Dis ’n nuwe land hierdie. ’n Nuwe goewerment en nuwe wette. Waarnatoe dink julle moet ’n oumens op sy oudag gaan?”

“Daar’s ongelukkig niks wat ek aan die saak kan doen nie, meneer. Die besigheid is klaar deur die hof en dit is nou so. Julle sal maar plan moet maak. Maar die Mevrou het haar voet neergesit.”

Toe kom hulle hier in die Kaap met ’n lift aangery tot by Simoné se huisie, ingedruk in ’n ou bakkie. Lisbet en Adam en hulle goedjies en die spieëlkas.

Meneer Simon het altyd allerhande oorskietgoed vir Adam gegee. Met die oorskietwyn het hy hom doodgedrink. Kort nadat hulle by Simoné aangekom het, is hy weg. Al die jare se suipery.

(3)

Simoné was klaar geplant toe Adam vir Lisbet vat. “Die mense gaan praat,” het haar ma gesê.

Adam was nie een wat vrae gevra het nie. Hy’t altyd iets gemaak van niks.

“Slaap Mamme?” vra Venetia vir Simoné. Nog voordat Simoné kan antwoord, maak Lisbet haar oë stadig oop. Sy sien haar dogters voor die spieëlkas staan, maar dit lyk sy kyk verby hulle.

Mevrou Claire het daai spieël self breek gemaak.

Eendag, toe vang Mevrou Claire vir Lisbet voor die spieëlkas sit. Sy’t haar doek afgehaal en met Mevrou Claire se ivoorkam haar hare sit en uitkam. Rooisel aan die lippe en wange gesmeer en lekkerruikwater gespuit.

Toe Mevrou Claire die kamerdeur oopgooi, sien sy Lisbet voor die spieël sit. “Wat dink jy doen jy?!” En Mevrou Claire se oë val op die kam wat Lisbet van die skrik laat val het.

“Ek is jammer, Mevrou. Ek wou net ... Ek was besig om die ...”

Daai dag toe lyk dit Mevrou Claire raak van haar kop af.

“Jy sal nooit my plek kan inneem nie, nooit! Nooit!”

En toe vat Mevrou Claire die blompot wat op die spieëlkas staan en gooi die spieël fyn en flenters daarmee.

“Julle moet plaas toe. Julle erfporsie wag. Wettiglik. Daai tjinners wat so baasspeel, moet beginte plek maak.”

“Sien jy nou? Ek het jou gesê sy praat heeldag daai ding,” sê Simoné.

“Wag, laat ek vir Mamme eerder bietjie water gaan haal. Mamme is seker uitgedors van al die medisyne,” sê Venetia.

“Simon Venter,” gaan Lisbet verder, “saans as de laaste vark loop lê het, het hy by my kooi kom inkruip. En julle twee het van die gelêery gekom,” sê sy.

Soms, as Mevrou Claire weg was dorp toe, het Simon haar sommer in sy huweliksbed beetgekry. Wat sy agterna weer moes opmaak. Lisbet maak haar oë toe en praat weer, “Loop nou, julle. Ek. Wil. Rus.”

Referensi

Dokumen terkait

Is daar êrens ’n handleiding beskikbaar waar die mentor kan gaan leer hoe om te werk te gaan om die mentee se lewe te stuur om vanuit die mineur na ’n majeur oor te gaan, en ’n

As die Afrikaanse Taalkommissie die Vereenvoudigde Hollandse Spelling gaan volg, bestendig hulle Hollands vir die Taalbond, en dan sal die Taalbond op sy beurt nie Langenhoven se

Veral Melvill se poging om Waterboer tot die opperhoof van die Griekwas te verhef en om die ou erflike hoofde, die Koks, deur hom J:e beheer, het groot vyandskap tussen Griekwastad en

Saamgevat kan ons dus die volgende vier hoofperiodes in die ontwikkeling van die Westerse kultuur die afgelope 2 500 jaar onderskei: 1 die antieke heidense voorsintesekultuur, voor die

Die hoop op die ewige lewe hierna en die ervaring van ’n wederkoms is die enigste red- ding vir hierdie mens en seker ook baie an- der vir wie die lewe so gereeld en sonder uitsondering

AANBEVELINGS Aan die hand van die vraag wat ons aan die begin van die ondersoek gestel het, naamlik wat kan gedoen word om die kurrikulum moontlik te verbeter en die onderrig van

Indien die irrasionele funksies verder ontleed word deur die houdings van toe- passing te maak, word daar bevind dat 88,5% van die "sensasie" funksie en 77,3% van die "intu'lsie"

Die vraag wie die ware verteenwoordigers van gereformeerdheid na 350 jaar is, dui ook die weg aan hoe ons kan begin om die verdelende en botsende simboliese werklikhede wat hierdie