JULIE 2023 JULIE 2023
www.agripulse.co.za www.agripulse.co.za
AgriPu se
Moet noóit die donkie onderskat nie
Die beskeie donkie moenie op sy baadjie getakseer word nie, hoor! Dié trekdier het ‘n reputasie vir sy uithouvermoë en dat hy met min in die lewe tevrede is. Maar
het jy geweet dat donkies die beste natuurlike verweer teen jakkalse is wanneer jy tropdiere het? En dat donkiemelk ‘n ware lekkerny is wat boonop wonders vir jou
vel verrig? Lees op bladsy 6 en 7 oor die werksaamhede van The Donkey Dairy in Magaliesburg. Op die foto bo is Jesse Christelis, mede-eienaar van The Donkey Dairy,
saam met Moon en Jupiter, twee van die skaars blouoog-gevlekte donkies.
PAGE 2 JULY 2023
AGRI-PULSE-VRYBURG: Hoekom is die Limousinras geskik vir kruisteling? Wat is vir die kommersiële boer die belangrikste? Vrugbaarheid. ‘n Koei wat kalf.
Die Limousinbul beskik oor die vrugbaarheid en ‘n interkalfperiode van onder die 400 dae. Die bulle produseer goeie gekonsentreerde saad en het nie ‘n tekort aan libido nie.
‘n Praktiese bewys is aangeteken van een bul wat 63 kalwers in ‘n teelseisone van vier maande voortgebring het. Dit is ook belangrik dat die koei ‘n lewendige kalf produseer, dit wil sê kalfprobleme moet nie voorkom nie. Die kalfi es moet dus klein by geboorte wees. Dit is een van die sterkste eienskappe van die Limousin. Die gemiddelde kalfmassa van die suiwer ras by geboorte is 39 kg vir bulletjies en 37 kg vir versies.
Die koei moet genoeg melk vir die kalf produseer en sy moet haar kalf goed oppas. Deel van die eienskappe van die koei, moet sy ook aanpasbaar wees, langlewend en oor goeie loopvermoë beskik. Die deel van Frankryk waar die Limousin sy oorsprong het, word redelik warm in die somer met ‘n hoë humuditeit, terwyl sneeu in die winter kan voorkom. Koeie met ‘n ouderdom van 16 tot 18 jaar is redelik algemeen in suiwer kuddes. In Suid-Afrika is daar ook Limousinkoeie wat soortgelyke ouderdomme bereik het en nog produseer.
Nou vir ‘n kyk na die Limousinbul vir bostaande koei:
Die kalwers moet oor ‘n goeie groeivermoë beskik.
Gewigstoename van oor die 2kg per dag is al by die Bulstasies in Suid-Afrika aangeteken. Groei moet egter nie oorbeklemtoon word nie, want dit kan probleme veroorsaak. Die eienskap wat tweede ná die senuweestelsel in die kalf ontwikkel, is been, dit wil sê, as te veel op groei gekonsentreer word, kan beengroei ook aangemoedig word wat op sigself kalfprobleme kan meebring. Die Limousin is
‘n mediumgeraamtetipe met ‘n fyn beenstruktuur, ‘n eienskap waarop die Limousinras en sy Genootskap baie gesteld is. Daar word teen growwebeendiere gediskrimineer en in uiterste gevalle word hulle selfs afgekeur vir registrasie.
Die kalf moet ook oor ‘n goeie vleisbouvorm beskik. Seker die sterkte kenmerk van die Limousinras is sy uitstaande vleisbouvorm. Die ras se bespiering is alom bekend.
So kry Limousinkarkasse in die Nasionale Vleiskarkas
kompetisie gereeld volpunte vir bouvorm. Voerkrale wil die kalf koop, dit wil sê die kalf moet oor die nodige bouvorm en gewigstoename beskik en moet nie te gou vet aansit nie, anders ontbreek die karkas aan die nodige massa. Wat laasgenoemde aspek betref, kan genoem word dat die Limousinras ‘n laat ontwikkelende tipe is en kan dus langer as normaalweg gevoer word. Sodoende word
‘n hoër karkasmassa sonder oortollige vet behaal. Indien speenkalwers nie bemark word nie en die ossies vir nog ‘n tydperk van tot ‘n jaar plus gehou word, moet hierdie kalwers ook aanpasbaar wees, goeie loopvermoë op die veld beskik, homself deur die winter kan handhaaf en herstel na die winter, moet goed en dadelik reageer op voeding en ‘n goeie ruvoer gebruiker wees. In hierdie geval is die Limousinras uitstekend omdat sy volwasse massa nie so hoog is nie, die ras ‘n goeie beenstruktuur het en goeie voeromsettingsvermoë het.
Limousin- en Limousin kruiskalwers beskik oor uitstekende vleisbouvorm met ‘n hoë spier-tot-been verhouding in ongeëwenaarde uitslagpersentasie (5-10 % hoër as ander rasse) waarin ‘n groot wins lê, asook hoë snitopbrengs, die eienskap wat slagters van hou. Limousinkarkasse lewer ook hoë kwaliteit rooivleis en slagters bekom hoër persentasies duur snitte uit die karkasse.
Die Limousinras Genootskap lê klem op die volgende eienskappe in volgorde van belangrikheid gesien uit ‘n beesvleisproduksieoogpunt:
• Bespiering – dubbelbespiering kom nie by die ras voor nie;
• Klein kalfi es by geboorte – bulle met ‘n hoë geboortemassa word vermy;
• Fynheid van been – growwebeen by albei geslagte is ‘n absolute uitsondering;
• Daar word ‘n perk op grootte geplaas – groei word dus nie nagehardloop nie;
• Relatief lae volwasse massa;
• Limousinbulle is nie lui nie;
• Limousinbeeste is relatief goeie ruvoer gebruikers en laaste maar nie die minste nie, die Limousin produseer rooivel- kalwers wat in Suid-Afrika ‘n hoë estetiese waarde het.
*Inligting verskaf deur Limousin SA
Limousinras geskik vir kruisteling
AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die Cornish Game het sy oorsprong in England, word geklassifi seer as ‘n hardeveer, swaargewigras, lê bruin eiers en is goeie broeiers.
Volwasse hane weeg 3,5 tot 5kg, jong hane (jonger as 1 jaar oud) 3 tot 4kg, volwasse henne weeg 3 tot 4kg en jong henne 2,5 tot 3,5kg.
Die Cornish is geteel uit ’n kombinasie van Aseel, Old English veghoenders en Malay. ‘n Kenmerk van Cornish Game is dat die liggaamsbou van beide hane en henne feitlik dieselfde lyk. Nog ‘n kenmerk is die vere wat styf teen die lyf sit, is kort, hard en smal.
Wit Cornish word ook gebruik in die kruisteling vir die vinnige groei wat in braaikuikens teenwoordig is. Hierdie is ‘n waardevolle ras vir produksie-doeleindes. Die hane vertoon kragtig en regop met die rug wat afwaarts loop na die stert. Die lyf is kompak, rond aan die sye en breed met baie vleis, rug medium in lengte, breed oor die skouers, heupe ver uitmekaar. Die stert is kort en vere sit styf teen mekaar, word eff ens onder die horisontale lyn gedra, vlerke kort en gespierd, sit styf teen die lyf, steek nie by die agterkant verby nie.
Die kop is redelik groot, kort en breed met ‘n ertjie-kam, bek is kort, breed en gebuig, oorlelle en oorbelle, klein en rooi van kleur. Bene is rond, redelik kort en dik, vier tone aan elke poot, geel van kleur.
Kleure waarin Cornish Game voorkom is wit, swart asook buff en koekoek wat skaars is.
Vir enige navrae, whatsapp of sms Dawie by 071 196 7696.
Cornish Game
(Foto: www)
‘n Prag� ge Limosinbul soos vertoon deur die Limousin
Beestelersvereniging van Suid Afrika.
JULIE 2023 BLADSY 3 BLADSY 3
AGRI-PULSE – NOORDWES - Pediatric Care Africa onderneem tans sy tweede “On -Trac–Tor”, 2 500 km trekker- en sleepwa-liefdadigheidsrit deur vyf provinsies om geld vir kinderliefdadigheid in te samel. Die rit het op Sondag, 2 Julie, in Witrivier begin en eindig weer terug in Witrivier op Saterdag, 15 Julie 2023.
“Die Mahindra-tak in Nelspruit het hierdie liefdadigheidsrit vir ons moontlik gemaak en ons is baie dankbaar daarvoor. Ons is baie bevoorreg om hierdie jaar deur Mahindra Suid-Afrika geborg te word”, sê dr Andre Hattingh. As gevolg van die talle mense in Mpumalanga en die res van Suid- Afrika wat hul werk verloor het weens die Covid 19-pandemie en die verswakkende ekonomie in die algemeen, is daar ‘n dramatiese toename in die vraag na Pediatric Care Africa se ondersteuning.
“Pediatric Care Africa ontvang geen fi nansiële hulp of toelae van die Suid-Afrikaanse regering nie en ons moet ons eie inkomste en fondse ten volle genereer om die kinders van Suid Afrika te help.
Die belofte om siek en weerlose kinders te help, is byna dertig jaar gelede deur dr Andre Hattingh gemaak en hy het sy belofte nooit vergeet nie. Hy is absoluut vasberade om die belofte te hou, om ons kinders te help en het Pediatric Care Africa in 2017 gestig, spesifi ek met die doel om professionele eerstewêreldse mediese sorg aan arm kinders te lewer, selfs al beteken dit dat hy 2 500 km op ‘n trekker moet ry. Ons kinders het hulp nodig en dit kan so maklik u kind of u buurman se kind wees wat
‘n desperate behoefte aan mediese hulp kan benodig.
Om 2 500 km per trekker te ry is beslis nie vir
“sissies” nie. Veral die laaste 1 500 km benodig geweldige deursettingsvermoë. Teen ‘n gemiddelde snelheid van 26 km/h in ‘n buitengewone
stamperige, hobbelrige en vermoeiende omgewing, is dit ‘n ware uithourit.
Die doel van hierdie rit is drievoudig:
1. Om bewustheid te skep en fondse in te samel vir kinders in Suid-Afrika wat mediese behandeling en chirurgie benodig, asook aan kinders wat aan wanvoeding ly. Sedert ons ontstaan in 2017 het ons gratis mediese sorg aan 6 797 persone tydens mediese uitreikings voorsien, 1 327 kinders het ‘n privaatgeneesheer of spesialis deur ons gesien, 116 kinders het gratis operasies ontvang.
Ons het 409 000 kg kospakkies, 6 023 blikkies babaformule en 7 023 pakkies babapap aan kinders afgelewer.
2. Om elke jaar ‘n bewustheid te skep van die 1 014 kinders wat in SA per jaar vermoor word, 1 184 kinders wat elke jaar aan poging tot moord blootgestel is, 24 387 seksuele misdrywe wat teen kinders gepleeg word, 7 815 kinders is aangerand met die voorneme om ernstige liggaamlike besering te berokken en 10 829 gevalle van aanranding word per jaar teen kinders aangemeld.
Hierdie is alles 2019/2020 SAP-statistieke!
3. Om internasionale aandag op plaasmoorde te vestig, aangesien plaasmoorde in Suid-Afrika
‘n toenemende probleem is wat dringend gestop moet word. Ons ondersteun die ‘911 Riders’ in hul strewe om plaasmoorde in Suid-Afrika te verminder en ons wil hê die wêreld moet van die grusame en brutaliteit van plaasmoord in Suid Afrika te hore kom.
Suid-Afrikaners kan op die volgende maniere help:
• Borg ons trekkerbestuurder, dr Andre Hattingh, per kilometer;
• Maak ‘n eenmalige of maandelikse skenking om ons te help om weerlose kinders te help.
• Ons doen ‘n beroep op alle Boereunies en organisasies op ons trekkerroete om ons pogings met hierdie kritieke kwessies te ondersteun.
• Skenk babamelk (alle soorte).
• Skenk diesel vir hierdie “On–Trac-Tor”
liefdadigheids-trekkerrit.
• Word ‘n vrywilliger by Pediatric Care Africa.
• Hospitale en dokters regoor die land kan ons help met byvoorbeeld twee gratis konsultasies per jaar vir siek kinders van ‘n geneesheer in ‘n spesifi eke dorp, of twee gratis operasies per jaar in ‘n privaathospitaal in ‘n spesifi eke dorp vir kinders in hul onderskeie areas.
Alle skenkings kwalifi seer vir ‘n 18A belastingsertifi kaat en kan aan individue of maatskappye uitgereik word.
Beoogde roete:
2 Julie 2023: Witrivier na Burgersfort via Sabie en Lydenburg;
3 Julie 2023: Burgersfort na Mokopane (Potgietersrus);
4 Julie 2023: Potgietersrus (Mokopane) na Thabazimbi. (Trekker word geïnspekteer);
5 Julie 2023: Thabazimbi na Koster;
6 Julie 2023: Koster na Wolmaransstad;
7 Julie 2023: Wolmaransstad na Hartswater;
8 Julie 2023: Hartswater;
9 Julie 2023: Hartswater na Winburg;
10 Julie 2023: Winburg na Clarens;
11 Julie 2023: Clarens na Colenso;
12 Julie 2023: Colenso na Vryheid via Dundee;
13 Julie 2023: Vryheid na Piet Retief;
14 Julie 2023: Piet Retief na Badplaas;
15 Julie 2023: Badplaas na Witrivier via R33 & R38
Dr Andre Ha� ngh op die Mahinda- trekker waarmee hy tans besig is om die land te deurkruis ten einde fondse in te samel om behoe� ige kinders met mediese sorg by te staan.
Dr ry land plat “On-Trac-Tor” om kinders te help
Vir meer inligting hoe om betrokke te raak of as u enige vrae het, kontak ons asseblief per e-pos by [email protected] of tel nommer 0762295663 gedurende kantoorure. Lesers is ook welkom om die webtuiste vir meer besonderhede te besoek by: www.pediatriccareafrica.org
JULY 2023 PAGE 4
PAGE 4
AGRI-PULSE – NOORDWES - Versteek onder die oppervlak van die Savanna is onsigbare woude, die enigste sigbare tekens van hul teenwoordigheid is trossies regop blare wat bo-kant die grond uitsteek. Sommige bome is heeltemal begrawe en meters lang wortelstokke groei horisontaal in alle rigtings onder die oppervlak. Hierdie ondergrondse bome het ‘n baie eienaardige groeivorm en word geassosieer met die Afrika-savanna, waar hierdie plante, wat nêrens anders in die wêreld gevind word nie, behalwe vir ‘n beperkte aantal spesies in Suid-Amerika, voorkom.
Meer as tweehonderd bekende spesies van hierdie plante is oor ‘n verskeidenheid plantfamilies geïdentifi seer.
Die ondergrondse bome is verskans en het ontstaan in die brand sensitiewe Savanna en Grasveld habitats. As gevolg van hierdie eienaardige groeivorm kan die bome vir honderde jare in
‘n uitdagende omgewing oorleef. Dit is nie toevallig nie, want die plante het oor tyd verskeie oorlewingstrategieë aangeneem in reaksie teen jaarlikse brande, ryp, droogte of oorbeweiding deur herbivore. Die aangepaste uitgebreide ondergrondse strukture kan in hierdie moeilike omstandighede oorleef. ‘n Meerjarige blaredak verskyn vroeg in die lente, net na die lang winterdroogte. Hierdie aanpassing het tot gevolg dat die kompetisie met grasse verminder word, hulle kan ook die blootstelling aan sonlig optimaliseer wat
‘n bepalende vereiste vir oorlewing is.
Sommige van hierdie plante se blare is hoogs onsmaaklik, soos Parinari capensis subsp. capensis (sandappel / bosappel / klein grysappel) of selfs uiters giftig (Dichapelatum cymosum grysappel) of selfs uiters giftig (Dichapelatum cymosum
grysappel) of selfs uiters giftig ( - gifblaar) om beweiding deur herbivore te ontmoedig. Meeste van hierdie spesies se blomtyd begin vroeg, soms selfs ‘n paar weke of maande voor die koms van die eerste somerreën. Bestuiwing vind ook oor
‘n baie kort tyd plaas, voordat grasse en ander plante begin blom, om sodoende die kompetisie vir bestuiwers wat ook die ander plante sal bestuif indien dié ook blom, te verminder. Die meeste savannabome, soos Faurea saligna (boekenhout), Terminalia sericea (vaalboom) en Combretum imberbe (hardekool) om ‘n paar te noem, het ‘n kenmerkende dik bas en vuurbestande wortlestelsel ontwikkel om soedoende erge brandtoestande te kan oorleef.
Dit blyk dat van hierdie geoksilliese plante ook aangepas het by die brandsensitiewe savanna deur ‘n houtagtige ondergrondse komponent te ontwikkel om sodoende die hittedruk wat deur seisoenale brande opgelê word, te kan weerstaan.
Oorlewingstrategieë vir ondergrondse bome
Naas Grové
Dit is egter nie net vuur en winterryp wat met die geoksilliese-habitat geassosieer word nie. Frank White het dit uitgewys in ‘n referaat oor ondergrondse bome wat hy gepubliseer het. Daarin vermeld hy dat die meeste van hierdie plante ook op sanderige onvrugbare gronde en in eff ens laagliggende panne of in byna plat oppervlaktes aangetref kan word. Die laerliggende oppervlaktes in hierdie gebiede is seisoenaal onder water, andersins meestal droog, wat ‘n skommeling in die watertafel kan veroorsaak. Onder sulke toestande is houtagtige plante meestal afwesig behalwe vir die voorkoms van ondergrondse bome. White verwys na die plante wat op die rande van hierdie vlak panne groei as dambos. As gevolg van die fi siese of chemiese samestelling van die grond wat in hierdie gebiede voorkom en die afwesigheid van droëe plantmateriaal, word vuur dus uitgeskakel as die belangrikste bydraer tot hierdie geoksilliese-habitat. Seisoenale versuiping en óf droogte blyk dus die twee dryfvere vir aanpassings deur hierdie plante onder sulke omstandighede te wees.
Erythrina zeyheri – neerrukker of ploegbreker Erythrina zeyheri – neerrukker of ploegbreker Erythrina zeyheri
Navorsing het verder getoon dat elke ondergrondse boomspesie verwant is aan ‘n boomagtige spesie waaruit dit moontlik
ontwikkel het. Byvoorbeeld, die blare, blomme en vrugte van die ondergrondse Parinari capensis subsp. capensis (klein grysappel / sandappel / bosappel), Ziziphus zeyheriana (dwerg blinkblaar- wag-‘n-bietjie), Lannea edulis (wildedruif), Elephantorrizhia elephantina (olifantwortel / elandsboontjie) en Erythrina zeyheri (ploegbreker / neerrukker) is byna identies aan die boomspesies Parinari curatellifolia (grysappel), Ziziphus mucronata (blinkblaar- wag-‘n-bietjie), Lannea discolor (dikabs), Lannea discolor (dikabs), Lannea discolor Elephantorrizhia burkei (basboontjie) en Erythrina spp. (koraalbome).
Ziziphus zeyheriana - dwerg blinkblaar-wag-‘n-bietjie
Elephantorrizhia elephanti na – elandswortel
Lannea edulis – wildedruif
Parinari capensis subsp. capensis is waarskynlik een van die bekendste ondergrondse bome wat in beide die Grasveld- en Savanna-bioom aagetref word Dit is ‘n meerjarige plant met ‘n uitgebreide wortelstokvormende wortelstelsel. Groot kolonies van hierdie plante kan aangetref word in gebiede waar die sekondêre grasveld vernietig was, hetsy deur brande, menslike inmenging, oorbeweiding, ens. Die regop, houtagtige dwergstruik met lugstingels is nie meer as 20 cm hoog nie. Slegs ‘n paar enkel regop leeragtige blare sal bo die oppervlak sigbaar wees. Aan die bokant is die blare haarloos terwyl die onderkant bedek is met wit viltagtige haartjies.
Die doel van die haartjies aan die onderkant van die blaar is om die plant te beskerm teen die erge hitte wat deur die grond gerefl ekteer word.
Die veel vertakte blommetjies is los gerangskik aan die regop takkies. Die onbehaarde enkelsaadvrug is eiervormig, groot (~ 1.8cm lank), hard, bruin en vlesig en met wit lentiselle bedek. Die soet buitenste vrugmoes word geëet, en die rou pitte word fyn gestamp en as lekkerny saam met vleis geëet. Die vloeistof wat verkry word deur vars vrugte te pars kan dadelik gedrink óf gekook óf gefermenteer word om bier te maak. Gemaalde vrugte word uitgedroog en word as
‘n sagte koek geëet.
Parinari capensis subsp. capensis
JULIE 2023 BLADSY 5 BLADSY 5
AGRI-PULSE - KLERKSDORP - Corné Els is doodmoeg na haar trekkertog deur die land, maar is gevul met liefde vir die mensdom.
Sy het haar 68 jaar oue Massey Ferguson trekker “opgesaal” en vanaf Krugersdorp na Klapmuts gery om fondse in te samel vir die oorsese reis. Sy het ‘n afstand van 1 600 km afgelê.
“Ek het net liefde langs die pad gekry.
Motoriste het gewaai en toeters geblaas,” vertel sy aan Agri Pulse. Ons het haar tydens die reis op Hartbeesfontein naby Klerksdorp ontmoet waar haar eerste stop was na sy op 19 Junie in die pad geval het.
‘n Ma se liefde vir haar kind is onbeskryfl ik en vir ‘n mamma van Strand ‘n liefde wat jy met dade moet wys. Haar dogter, Marconette, is gekies om die land later vanjaar in toutrek in Switserland te verteenwoordig, maar die fi nansies vir die duur reis skiet tekort. “Toe besluit ek om iets te doen om geld in te samel.
My gesin dink nog ek is waansinnig, maar ek het daad by die woord gevoeg en is dankbaar vir almal se ondersteuning.’’
Die trekker heet Lady Disa. Heel gepas, want Disa is ook die naam van haar dogter se toutrekspan.
Corné het teen ‘n stadige pas van 35 km/h gery en het op Saterdag 1 Julie by haar bestemming aangekom.
Sy het behalwe vir Hartbeesfontein ook by Jan Kempdorp, Kimberley, Hopetown, Britstown, Carnarvon, Williston, Calvinia, Ceres, en Worcester aangedoen en het volgens skedule op Klapmuts aangekom. Die reis was darem nie alleen nie en haar man het in die ondersteuningsvoertuig agter haar gery om ‘n ogie te hou.
Corné is diep gelowig en haar aansporing was Titus 3:15 wat lui: “Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot;
ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn.”
Hoe kan jy help? Donasies vir Marconette se droom kan in die volgende bankrekening
inbetaal word: Mev C Els, Capitec Bank, spaarrekening: 1989706418, Verwysing: Jou
naam en TTNS. Stuur bewys van betaling:
Corne – 078 802 7911.
”Mense is welkom om nog steeds in te betaal al is die trekkerrit verby. Elke bietjie help.”
1 600 km per trekker deur die land
Deur Danie Jacobs
Marcone� e Els is gekies vir die SA toutrekspan.
Haar ma het die land platgery om geld vir haar toer in te samel.
Dis koud!... Dis 03:00 op Dinsdag 20 Junie en Corné Else kry ‘n gra� s tenk diesel op Hartbeesfontein.
JULY 2023 PAGE 6
PAGE 6 JULIE 2023 BLADSY 7 BLADSY 7
AGRI-PULSE – MAGALIESBURG – Donkiemelk is ‘n antieke middel - Cleopatra, die
legendariese koningin van Egipte het daagliks in donkiemelk gebad om haar bekende skoonheid te bewaar en Hippokrates, die vader van medisyne, het daarby gesweer as ‘n middel vir verskeie vel- en gesondheidstoestande, insluitend asma, longontsteking, ekseem en psoriase.
Wat maak donkiemelk so merkwaardig vir jou gesondheid?
Die biochemiese samestelling van donkiemelk maak dit die naaste soogdiermelk aan menslike borsmelk, met die gevolg dat ons liggame dit beter kan absorbeer. Dit is ryk aan vitamiene, insluitend A en E wat uitstekend is vir die vel – dis 60% hoër in vitamien C as koeimelk en saam met die essensiële vetsure wat in donkiemelk voorkom, help dit om die verouderingsproses te beveg.
Donkiemelk het ook ‘n natuurlike anti-infl ammatoriese en anti-histamienwerking wat uitstekend is vir allergiese- en probleemvelle.
Gesondheid- en skoonheidsvoordele van donkiemelk
The Donkey Dairy se produkte is vry van enige chemiese produkte, geen sulfate of parabene nie, slegs natuurlike bestanddele.
Dis geskik vir alle veltipes en uitstekend vir die behandeling van velkwale soos ekseem, psoriase en aknee.
Vetsure wat in donkiemelk voorkom, help om die voorkoms van fyn lyntjies en plooie te verminder en herstel beskadigde vel.
Donkiemelk skilfer die vel sagkens wat dit hoogs bevogtig laat.
Donkiemelk maak die vel sag en glad, laat dit dus fermer en gee dit ‘n gesonde gloed.
Gesondheidsvoordele van die drink van donkiemelk
Allergieverligting: Volgens die BBC World Service se Health Check-program is donkiemelk die ideale melkvervanger vir kinders en volwassenes wat aan Cow’s Milk Protein Allergies (CMPA) ly.
Donkiemelk is van nature hipo-allergeen en ongeveer 90% van babas wat voedselallergieë het, kan hiermee gevoed word. Dit is ook smaaklik en reukvry. In vergelyking met ander soorte dieremelk, is die donkievariëteit eintlik die naaste aan menslike borsmelk, gebaseer op sy pH-vlak en voedingsamestelling.
Donkiemelk is hoog in Omega 3 en 6 wat nodig is vir ‘n gesonde hart, brein en vir die genesing van dermweefsel. Dit is ook ryk aan die anti-bakteriese ensiem, lisosiem, wat help om skadelike bakterieë in die ingewande te vernietig en derminfeksies te voorkom.
Donkiemelk is hoog in vitamiene (A, D en E), minerale (kalsium en fosfor) en al die noodsaaklike aminosure wat nodig is om die metabolisme te stimuleer en sodoende cholesterol en trigliseriede by hartpasiënte te verlaag.
Donkiemelk bevat immunoglobulien-proteïen wat as ‘n teenliggaam dien en die immuunstelsel verbeter. Daar is getoon dat die natuurlike stowwe wat in donkiemelk voorkom, immuniteit verbeter vir mense met toestande soos asma, ekseem of psoriase.
Studies het getoon dat outistiese kinders in die meeste gevalle beter reageer op donkiemelk as op enige ander plaasvervanger vir koeimelk (insluitend skaap-, bok- en kameelmelk). Baie kinders bereik dikwels ‘n plato terwyl hulle op ander melkvariëteite is en daar word geglo dat donkiemelk die volgende stap kan wees om hierdie kinders vorentoe te neem.
Hoekom donkiemelk?
Moet nóóit die donkie onderskat nie
AGRI-PULSE - MAGALIESBURG - Betsie en Saartjie, twee beskeie donkies op pad na die slagpale, was die begin van die merkwaardige suksesverhaal van The Donkey Dairy in Magaliesburg, op die grens van Noordwes en Gauteng.
AgriPulse het The Donkey Dairy besoek en met een van die eienaars, Jesse Christelis (Zak Hendrikz is die ander eienaar) gesels oor hul passie vir donkies.
“Ons het sowat 11 jaar gelede met skape op ‘n kleinhoewe in Randfontein geboer,” sê Jesse. “Ons het groot probleme met jakkalse gehad en omdat ons ‘n pad saam met die natuur wil stap, wou ons nie die jakkalse doodmaak nie. Ons navorsing het daartoe gelei dat donkies uitstekende beskerming vir ‘n trop skape sal wees, aangesien donkies die trop as sy eie aanneem en dit met sy lewe sal beskerm. En dit was ook so, geen jakkals het weer gepla nie.”
Betsie en Saartjie, twee merries, was die eerstes wat in Jesse en Zak se harte ingekruip het. Hulle het verwaarloosde donkies gekoop en gerehabiliteer en het reeds honderde donkies gered, gerehabiliteer en hervestig.
By The Donkey Dairy loop 146 gelukkige donkies op die plaas en aan die hange van Magaliesberg rond, waar hulle hoofsaaklik die gemengde plantegroei in die natuurlike inheemse weiding vreet.
Met in-diepte navorsing het hulle gevind dat donkiemelk se medisinale voordele van onskatbare waarde is. Hulle het die donkies begin melk en natuurlike velsorgprodukte ontwikkel.
“Elke donkie het ’n unieke persoonlikheid, hulle is baie slim en hou nie van ’n gespanne atmosfeer nie. ’n Donkiemerrie is nie soos
’n koei wat sommer net gemelk kan word nie, hulle is emosionele diere,” sê Jesse.
Jesse vertel dat die proses om donkies te melk ‘n baie spesiale
proses is. Donkies produseer hoofsaaklik melk vir die vulletjies.
Anders as koeie kan donkies glad nie gemelk word as die vul van die ma weggeneem word nie. “Dit is asof die ma terughou of haar melk opdroog,” sê Jesse. “Om die vul weg te neem kan stres veroorsaak en op ons plaas hoef geen donkie dit te verduur nie. Ons melk donkies net as die vulletjie by die ma is. ’n Gelukkige donkie gee die gesondste melk – vry van enige streshormone.”
By The Donkey Dairy word die donkies met ‘n spesiaal ontwerpte Duitse melkmasjien gemelk en een donkie lewer ongeveer 250ml melk per dag.
Donkiemelk is die naaste melk aan menslike melk en het ‘n soet en aangename smaak.
By The Donkey Dairy word die melk in glasfl esse gevries om die kwaliteit en voedingswaarde te bewaar.
Op Jesse en Zak se reis met donkies het hulle die unieke blouoog-gevlekte donkie gevind en hulle wou hierdie seldsame bloedlyn bewaar en hulle het reeds 18 blouoog-gevlekte donkies geteel.
“Hierdie donkie met sy skaars genetika is na bewering endemies aan Suid-Afrika en interessant genoeg is dat die blouoog-geen dominant is,” sê Jesse.
Op die plaas het hulle ook mini-donkies en die yslike mammoth donkies. Die mini-donkie is ongeveer 91cm. Die standaard donkie ongeveer 1,2m en die mammoth ongeveer 15 hande (1.524m).
As gevolg van die mammoth se uiterste krag en uithouvermoë, is die donkies in die 1930’s in Suid-Afrika gebruik om die infrastruktuur te help bou.
Jesse en Zak se liefde vir hul donkies kan gesien word in die deernis waarmee die donkies hanteer word. Elkeen se eie, unieke naam is gekies volgens hulle persoonlikheid- en karaktertrekke. Dit is hul missie om hierdie beskeie, maar manjifi eke dier op te hef en erkenning te gee. By The Donkey Dairy word die waarde van ‘n donkie nooit onderskat nie.
Dwarsdeur die Bybel simboliseer die donkie nederigheid en vrede en ons Verlosser, Jesus Christus het gekies om op die rug van
‘n jong donkie in Sy fi nale intog in Jerusalem te ry – ‘n groot triomf vir die donkie!
Vir meer inligting oor The Donkey Dairy, besoek die webwerf www.thedonkeydairy.com of stuur ‘n e-pos na info@
thedonkeydairy.com
Skakel of WhatsApp: 072 262 5369 of 082 853 1606.
Martyn Van Adrichem (plaasbestuurder) en Jesse Christelis saam met een van die reusag� ge mammoth donkies, wat 15 hande (1.524m) groot is.
Alle produkte is dierewreedheidvry en die suiweldonkies word met liefde en respek behandel.
Die unieke oogkleur van die blouoog-gevlekte donkie is merkwaardig.
Geleë teen die hange van die majes� euse Magaliesberg wei 146 gelukkige donkies
op die plaas by The Donkey Dairy.
JULY 2023 PAGE 8
PAGE 8
AGRI-PULSE – NOORDWES - Agri SA is verheug om die aanstelling van Johann Kotzé as sy nuwe hoofuitvoerende beampte aan te kondig.
Jaco Minnaar, Agri SA President, het Kotzé gelukgewens en sy opgewondenheid oor die nuwe fase wat voorlê, uitgespreek.
Kotzé se aanstelling kom op ‘n kritieke tyd in Suid-Afrika se trajek. Ons het leierskap oor verskeie sfere van die groter Suid-Afrikaanse samelewing sowel as die landboubedryf nodig. In die komende jare sal landbou die gekombineerde impak van uitdagings soos klimaatsverandering, agteruitgang van infrastruktuur, verval van dienslewering, landelike veiligheid, verskuiwings in die globale markte en beleidsonsekerheid moet navigeer.
Kotzé het groot geword in ‘n
boeregemeenskap in die Noordwes-provinsie.
Hy het later ‘n graad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria voltooi,
‘n Meestersgraad in Besigheidsbestuur en Administrasie asook ‘n Uitvoerende
Ontwikkelingsprogram by die Stellenbosch Besigheidskool.
“Kotzé is ‘n kreatiewe leier met ‘n passie vir boerdery en die volhoubaarheid van die voedselstelsel. Hy bring ‘n rykdom van ervaring as voormalige landbou bankier in die landbousektor en ‘n bekende leier in georganiseerde landbou,” sê Minnaar.
Kotzé het sy loopbaan as ‘n boer begin.
Daarna het hy ‘n landboubankier by Absa Bank geword.
Nadat hy as korporatiewe bankier in Mosambiek gewerk het, het hy ‘n onafhanklike besigheidskonsultant geword.
Kotzé het teruggekeer na die bankwese en was verantwoordelik vir Landbou in Afrika by FNB. Sedert 2017 dien hy as die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente Organisasie (SAVPO).
“Gedurende my loopbaan het ek geleer dat Suid-Afrikaanse landbou wêreldwye respek geniet vir sy doeltreff ende boerderypraktyke. As
‘n landbougemeenskap moet ons die natuurlike hoop wat Suid-Afrikaanse boere daagliks uitleef, kombineer met pragmatiese oplossings vir die komplekse uitdagings wat ons in die gesig staar.
“In die toekoms sal ons ons denke oor wat realisties moontlik is in die huidige sake- omgewing, moet uitdaag om landbou in staat te stel om vennootskappe in die breër sake- en internasionale gemeenskap meer volhoubaar te benut.”
“In die huidige omstandighede moet ons nie deur frustrasie meegesleur word nie, maar gesamentlik met innoverende oplossings vorendag kom. Die etos en integriteit van ons strukture moet die nodige klimaat skep vir ‘n kultuur wat ontvanklik is vir verandering.”
“Ek het die vertroue dat ons as ‘n bedryf ‘n nuwe verhaal kan skryf en die groeipotensiaal van landbou in Afrika kan ontgin. Toekomstige volhoubaarheid is fundamenteel ‘n vraagstuk van leierskap.” Kotzé se termyn by Agri SA sal op 1 Oktober 2023 begin. aanvang neem.
AGRI-PULSE – NOORDWES - Gerhard Schutte is ‘n steunpilaar in die Suid- Afrikaanse landbou-omgewing as die Hoofuitvoerende Beampte van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) vir ‘n indrukwekkende 35 jaar. Sy naderende aftrede in Januarie 2024 dui die einde van ‘n era aan wat gekenmerk word deur sy onwrikbare toewyding en transformerende leierskap.
Gedurende sy ampstermyn het Schutte merkbare bydraes gelewer tot die rooivleisbedryf, wat ‘n onuitwisbare indruk op die organisasie en die breër landbougemeenskap gelaat het. Schutte se reis in die landbousektor het begin toe hy in 1989 by die RPO aangesluit het. Gewapen met ‘n diepgewortelde passie vir boerdery en ‘n akademiese agtergrond in landbou het hy homself bewys as ‘n visionêre en toegewyde persoon.
In 1994 het Schutte die posisie van Hoofuitvoerende Beampte aanvaar, ‘n rol wat sy nalatenskap en die toekoms van die organisasie sou vorm. As Hoofuitvoerende Beampte het Schutte die uitdagings en geleenthede binne die rooivleisbedryf met vaardigheid hanteer. Hy was ‘n kampvegter vir die regte en belange van rooivleisprodusente en het gestreef na regverdige handelspraktyke, volhoubare boerderymetodes en verbeterde bedryfstandaarde. Onder sy leiding het die Rooivleisprodusente-organisasie in statuur gegroei en ‘n gedugte stem binne die landbousektor geword. Schutte se impak strek verder as sy rol as Hoofuitvoerende Beampte.
Hy word wyd erken as ‘n invloedryke fi guur in die landbougemeenskap te danke aan sy skryfwerk en aanbiedings.
Deur die jare het hy talle artikels geskryf oor onderwerpe soos marktendense, beleidskwessies, tegnologiese vorderings en omgewingsvolhoubaarheid. Sy artikels dien as waardevolle hulpbronne vir
bedryfsprofessionele, beleidmakers en boere.
Daarbenewens het sy dinamiese aanbiedings hom na verskeie dele van Suid-Afrika geneem, waar hy sy insigte en kennis gedeel het en samewerking bevorder het. Die naderende aftrede van Gerhard Schutte stel ‘n belangrike uitdaging vir die RPO. Met erkenning van die groot bydraes wat Gerhard gemaak het, is die organisasie besig met ‘n omvattende werwingveldtog om ‘n opvolger te vind wat in staat is om Schutte se leierskapsnalatenskap voort te sit. Die soektog sal fokus op die identifi sering van ‘n persoon met ‘n diepgaande begrip van die rooivleisbedryf, uitsonderlike bestuursvaardighede en ‘n passie om die belange van rooivleisprodusente te bevorder.
Gerhard Schutte se merkwaardige loopbaan het nie net die RPO gevorm nie, maar het ook nalatenskap binne die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap gelaat. Sy aftrede sal ‘n tyd wees om sy groot bydraes te vier terwyl ons ook na die toekoms kyk en die nuwe geleenthede wat voorlê onder die leiding van ‘n nuwe uitvoerende hoof. Die RPO sal voortbou op die fondament wat deur Schutte gelê is, om die volhoubare groei en welvaart van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika te verseker.
Rooivleisbaas lê tuig neer
AgriSA stel nuwe hoofuitvoerende beampte aan
Johann Kotzé nuwe hoofuitvoerende beampte.
Rooivleisbaas
Gerhard Schu� e Gerhard Schu� e
JULIE 2023 BLADSY 9 BLADSY 9
JULY 2023 PAGE 10
PAGE 10
https://bit.ly/stefanagritert
KLIK HIER
Eenbak-paptert Eenbak-paptert Eenbak-paptert
AGRI-PULSE - LICHTENBURG - As AGRI-PULSE - LICHTENBURG - As die naweek aanbreek weet almal dis weer die naweek aanbreek weet almal dis weer tyd om vuur aan te steek. Veral tydens tyd om vuur aan te steek. Veral tydens
‘n Curriebekerfi naal wil ons manne
‘n Curriebekerfi naal wil ons manne mos geen rugbyaksie misloop nie. Oor mos geen rugbyaksie misloop nie. Oor naweke is dit gewoonlik my beurt om die naweke is dit gewoonlik my beurt om die Saterdagbraaitradisie voort te sit, maar dan Saterdagbraaitradisie voort te sit, maar dan begin die ewige gestryery oor wat word begin die ewige gestryery oor wat word saam met die braaivleis bedien. Met die saam met die braaivleis bedien. Met die Gautengbloed wat deur my are vloei, is Gautengbloed wat deur my are vloei, is ek altyd reg vir ‘n paptert, saam met die ek altyd reg vir ‘n paptert, saam met die braaivleis, maar wie gaan dan na die tyd die braaivleis, maar wie gaan dan na die tyd die pot was? Die eenbak-Paptert spaar nie net tyd pot was? Die eenbak-Paptert spaar nie net tyd nie, maar verseker jou van geen aangebrande nie, maar verseker jou van geen aangebrande potte wat gewas moet word nie. Dis so maklik, potte wat gewas moet word nie. Dis so maklik,
selfs ek kan dit selfs ek kan dit
doen.
1. Braai die spek en sampioene t ot gaar 1. Braai die spek en sampioene t
ot gaar en laat a� oel (uie is op sioneel).
en laat a� oel (uie is op sioneel).
2. Meng die bostaande bes tanddele 2. Meng die bostaande bes saam, maar los een k tanddele oppie kaas en halwe blikkie braai relish vir la ter.
3. Sit die mengel in ‘n oondbak en bak dit teen 180 Grade vir 50 minute lank.
Bestanddele:
• 1 ½ koppies Mieliemeel
• ½ teelepel sout
• 2 koppies gerasperde kaas
• 1 ½ koppies melk
• 1 1/5 koppies room
• 2 Blikkies soetmielies (s weetcorn)
• 1 blikkie tama� e-en-uiesous of Br
aai Relish
• 1 pakkie spek, g esnipper
• 1 pakkie spek, g esnipper
• 1 pakkie sampioene
Stappe
4. Haal die bak uit die oond uit en smeer die oorblywende braai relish oor die pap tert.
5. Gooi kaas bo-oor en bak v
erder vir 15 minute tot die kaas gesmelt is.
Hou in gedagte
Vir ‘n lekker geur krummel een blok f
eta bo-op die kaas.
Genoeg vir 10-12 mense
Haal na 15 minute uit die oond en laa
t die tert rus vir 15 minute.
Bedien as ‘n gereg op eie, of saam me
t ‘n heerlike braaivleisie. Dit is ekstra-lekk er die volgende oggend.
Daar het julle dit nou, so maklik soos een tw
ee drie!
Maklik, heerlik en g
eriefl ik. Pas die resep aan soos u voel.
Nou is Saterdag se bykosse een voudig net een minder ding om oor bek
ommerd te wees.
interac
tiv e PD F p a ge
Tap here on your e lec
dtronic evic e
Deur: Stefan Coetzer
JULIE 2023 BLADSY 11 BLADSY 11
AGRI-PULSE - KLERKSDORP - Microgreens is the new super food.
Traditionally used in the restaurant kitchen as an eye catching fresh and tasty garnish, the value and benefi ts of microgreens far surpasses what you see on the plate. Research has shown that it is valuable to your daily diet.
Microgreens contain up to 40 times more nutrients than mature vegetables, they are delicious and nutritious. No wonder then that Klerksdorp fi tness guru and entrepreneur, JP van der Schyff grabbed the opportunity to start his own Microgreens farm. He and fi ancé, Hazel Kritzinger are the farmers behind MicroThumbs NW and currently distribute their produce to individuals, shops, restaurants and markets all over the province.
“It is surprisingly easy to start your own microgreen farm and we joined the MicroThumbs family with 21 farms scattered over the country. Instead of covering large areas of land, all of our farming takes place in state-of-the-art indoor vertical farms.
“This allows us to optimise our yields by growing microgreens in smaller areas, which lets us carefully regulate the environment and guarantee maximum nutritional value and growth,’’ shares JP.
The end game is to make microgreens easily accessible and available to every household, be it the everyday family or the health-conscious individuals and businesses who are looking for only the best organic produce. “As a biokineticist I’ve seen how people are becoming more and more interested in eating healthy. You can eat microgreens on their own, cooked in with a meal, in a juice or smoothie. It is very versatile and it also makes an eye catching garnish, they just are all round amazing. It is a power food.’’
Language teacher and mom, Hazel, concurs saying she makes sure to add
microgreens to their meals. “Our children love it. Not only does it tastes good, it is so healthy and fi lling. Even when we make junk food like hamburgers, we use microgreens as garnish and found the kids love it.’’
The indoor farm is set in an industrial space that was transformed in a clean, sanitized growing space where they can control the environment, temperature and humidity to ensure optimal growth and nutrients in the produce. Currently they produce more than 40 varieties to pick from of which pea shoots, bok choy, mustard, cress and sunfl ower shoots are very popular.
Despite their small size, these tasty microgreens pack a big nutritional punch.
If you are interested in microgreens farming, contact JP on 083 660 2555.
Farming microgreens
JP van der Schyff and Hazel Kritzinger are microgreens farmers.
Microgreens farming takes place in state-of-the-art indoor ver� cal farms.
Sunfl ower shoots.
JULY 2023 PAGE 12
PAGE 12
AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het onlangs konsepregulasies rakende die prosedurevereistes vir watergebruiklisensie- aansoeke – en wysigings vir kommentaar gepubliseer.
Volgens die konsepregulasies sal sekere ondernemings wat aansoek doen vir watergebruikslisensies om water te neem of op te berg, in die toekoms aandele van tot 75% aan swart Suid-Afrikaners moet toeken vir sulke watergebruikslisensies om toegestaan te kan word.
“Die gevolge vir voedselsekuriteit en die volhoubaarheid van die landbousektor, sou hierdie regulasies in die huidige vorm aanvaar word, kan nie onderskat word nie – dit sal ‘n verwoestende impak hê op die sektor en sy vermoë om die land van voedsel te voorsien,”
meen Janse Rabie, Regs- en beleidsbestuurder van Agri SA.
Soortgelyke vereistes word ook voorgeskryf in die konsepregulasies ten opsigte van kommersiële bosbouplantasies.
Die regulasies maak ook voorsiening vir hidrobreking, wat volgens vele
kenners, ‘n verdere risiko en bedreiging vir voedselsekerheid is.
Die voorgeskrewe minimum vereistes vir swart aandeelhouding van 25%, 50% of 75%, wat vereis word vir ‘n watergebruikslisensie om te slaag, hang af van die volume water wat onttrek of gestoor word, of die oppervlak, in die geval van kommersiële bosbouplantasies.
Die voorgestelde regulasies word beskou as die DWS se mees radikale en ingrypende poging tot nog toe om die demografie ten opsigte van watergebruik in Suid-Afrika te verander.
Die landbou- en bosbousektore blyk die primêre teiken van die voorgestelde regulasies te wees. Die landbousektor is verantwoordelik vir ongeveer 60% van Suid-Afrika se totale watergebruik.
Dit is vir Agri SA opmerklik dat die voorgestelde regulasies mynmaatskappye,
Storm oor voorgestelde waterlisensieregulasies
die staat en staatsbeheerde entiteite, asook entiteite 100% in swart besit vrystel.
“Agri SA is van mening dat die voorgestelde regulasies ’n verwoestende uitwerking op Suid-Afrika se kommersiële landbousektor sal hê indien dit in hul huidige vorm aanvaar word,” sê Rabie. “Dit is welbekend dat die DWS verpligte lisensiëring van bestaande regmatige watergebruike in die nabye toekoms beoog; ’n Feit wat deur regulasie 13 van die voorgestelde regulasies beklemtoon word. Verreweg die grootste aantal landbouwatergebruike word uitgeoefen in terme van historiese bestaande regmatige watergebruike.”
Hy voeg by dat dit ook kommerwekkend
is dat dit wil voorkom asof die konsepregulasies poog om die huidige reeks oorwegings wat van toepassing is op die toestaan van waterlisensies slegs met eienaarskapdemografie te vervang. Ingevolge artikel 27 van die Nasionale Waterwet moet die DWS alle relevante faktore in ag neem wanneer ‘n watergebruikslisensie uitgereik word. Dit sluit reeds die behoefte in om die resultate van vorige rasse- en geslagsdiskriminasie reg te stel.
“Artikel 27 van die Nasionale Waterwet bevat egter ook minstens 10 ander oorwegings wat die DWS in ag moet neem voordat enige aansoek om ’n watergebruikslisensie toegestaan word. Wat die voorgestelde
regulasies wil bereik, is om BBSEB die enigste oorweging vir die toekenning van lisensies te maak,” meen Rabie.
Die Hoogste Hof van Appèl (HHA) het dié kwessie in 2012 hanteer in ’n saak wat destyds deur Agri SA ondersteun is.
“In die sogenaamde Goede Wellington- saak het die HHA spesifiek gesê dat al die toepaslike faktore vervat in artikel 27 van die Nasionale Waterwet saam oorweeg moet word om te besluit of ’n aansoek om
’n watergebruikslisensie toegestaan moet word al dan nie. Dit sluit faktore in soos doeltreffende en voordelige gebruik van water in die openbare belang, sosio-ekonomiese impak en beleggings wat reeds deur ’n watergebruiker gemaak is ten opsigte van die betrokke watergebruik.” Hierdie oorwegings bly belangrik en is veral so wanneer die fundamentele rol wat die sektor speel ten opsigte van voedselsekerheid, indiensneming asook die baie beduidende uitdagings wat boere tans in die gesig staar, in ag geneem word. Water is die belangrikste inset vir die sektor en as boere die wettige gebruik van hierdie inset verloor, sal die impak katastrofies wees.
“Agri SA erken dat water aan al die mense van Suid-Afrika behoort en besef ten volle die belangrikheid daarvan om ‘n inklusiewe en verteenwoordigende landbousektor in ons land te bereik. Die gevolge wat die konsepregulasies in hul huidige vorm met betrekking tot landbou en voedselproduksie in Suid-Afrika sal hê, sal egter noodlottig wees,”
het Rabie gesê. Rabie het beklemtoon dat die poging deur die regering nie op ‘n slegter tyd kon gekom het vir die sektor en die ekonomie nie, wat reeds steier onder die impak van beurtkrag, landelike misdaad en verswakkende openbare infrastruktuur.
Die kommentaartydperk op die voorgestelde Hersiening van Regulasies
rakende die Prosedurevereistes vir Watergebruiklisensie-aansoeke -en wysigings sal op 18 Julie 2023 verstryk.
PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL. 014 592 8329