• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ons groet `n reus

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Ons groet `n reus"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

RUSTENBURG HERALD

PAGE 4 20 NOVEMBER 2020

NG Rustenburg-Wes is gestig op Saterdag 16 November 1946. Op 1 Februarie 1947 vind die eerste Kerkraadsvergadering in die Uitspan-kerksaal plaas. `n Driemanskommissie is benoem wat met die Stadsraad moes onderhandel vir `n perseel waarop ‘n kerkgebou en pastorie gebou kon word. Na vele predikante die beroep bedank het, word ds JL Grobler op Vrydag 5 Desember 1947 in die amp bevestig. Eredienste is aanvanklik in die Turfsaal gehou en tydens die naweek van 17-19 November 1950 is die nuwe kerk op luisteryke manier ingewy.

Die gemeente het `n dinamiese roeitydperk beleef. Die grense vergroot sodanig dat die kerkraad besluit om af te stig. So vind `n nuwe geboorte plaas en word Rustenburg- Bergsig op 16 November 1967 gestig. Die laaste leraar van NG Rustenburg-Wes was ds Koos Serfontein wat die gemeente vir 38 jaar, vanaf 1979 tot en met sy aftrede in 2017, getrou en met baie liefde bedien het.

Deur die loop van jare het die kerk `n sentrale rol gespeel in die bediening aan bejaardes, en is ook `n simbool en getuienis van geloof, hoop en liefde.

Gedurende hierdie tydperk is onskatbare Koninkrykswerk verrig. Die gemeente het ook sy eie identiteit ontwikkel rondom die Jeug deur die aanbieding van Survivor- kampe, fietstoere asook uitsondelike basaargeleenthede waartydens die hele dorp opgedaag het. In hierdie gemeente is gedroom en gewerk.

“Daarom is dit met groot hartseer dat ons afskeid neem van hierdie geloofsreus. Ons vra u as geloofsgemeenskap se voorbidding vir elke lidmaat wat weer `n tuiste moet vind. Ons nooi alle oud-lidmate, lidmate en belangstellendes om die afsluitingsdiens by te woon op Sondag 29 November 2020 om 09:00”. Alle Covid-19 reëls sal geld.

Kontak asseblief (014) 594 1029 om u plek te bespreek.

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Dit is met groot hartseer dat NG Rustenburg- Wes na 74 jaar weens demografiese verskuiwings verplig word om sy deure te sluit.

Ons groet

`n reus

Relaxed Covid-19 regulations - what may I do?

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Do you know your “rights” in terms of the recently

relaxed Covid-19 regulations? The latest regulations since the relaxation of regulations

on 12 November 2020, will leave South Africans relieved. For all the do’s and do nots,

simply go to https://bit.ly/nuweramareels -

remember, be alert, be healthy and be safe!

Referensi

Dokumen terkait

Dit was vir hulle 'n doring in die vlees dat die UVM volksvreemd en ver verwyderd was van sy oorspronklike doe I "om een met die volk te wees en om die stoflike en geestelike waardes

Nou is dit egter so dat, op die keper beskou, hierdie benadering die winkelier lasgewer se aanspreeklikheid net van sy nalatigheid afhanklik stel sonder om ook die vraag na onregmatige