• Tidak ada hasil yang ditemukan

Rekeningkunde vir die omgewing

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Rekeningkunde vir die omgewing"

Copied!
10
0
0

Teks penuh

(1)

Rekeningkunde vir die omgewing

V era n tw o o rd in g vir ck ologiese bates en ek olo giese k a p ita a l1

Q. V orster & M. Heyns

Skool vir Rekenm eestersopleiding U niversiteit van Pretoria

PRETORIA Abstract

One o f the main purposes o f financial reporting is to provide a mechanism hy which management can report matters concerning custodianship o f re­

sources entrusted to them hy the stakeholders. One o f these categories o f stakeholders is the general public, which currently requires more in­

form ation about the way the entity has discharged itse lf o f its responsibility towards the ecology. However, the traditional financial accounting model is unable to account f o r ecologial assets and ecological capital. Several rather pragm atic suggestions have been made by researchers as to how to account f o r these aspects. One o f these suggestions is quoted in this article, fo llo w ed by a possible alternative by which ecological assets and ecological

capital are introduced into the prim ary financial statements.

1. A gtergron d

W aarskynlik een van die belangrikste doelwitte van finansiele rekeningkunde is om 'n infrastruktuur te verskaf w aardeur die bestuur, aan wie die ekonom iese hulpbronne van 'n bepaalde sake-entiteit toevertrou is, rekenskap kan gee van hoe hulle uitvoering verleen het aan dié rentm eestersplig wat aan hulle opgedra is (FASB, 1992:707; SAIGR, 1990:14). Tradisioneel w ord sodanige rekenskap vereis deur belanghebbendes soos beleggers, w erknem ers, krediteure, leweran- siers, klante, regerings en regeringsinstellings en die algemene publiek (FASB,

Ekologiese bates:

Ekologiese bates is hulpbronne wat noodsaaklik is vir volhoubarc lewe, uitgcsluit bates wat ingevolge die tradisionele rekeningkundigc model as sodanig crkcn word.

Ekologiese kapitaal:

Ekologiese kapitaal verwys na die belang van die ekologiese belanghebbendes in ckologiese bates van 'n entitcit. In rekeningkundigc tcmiinologie word hicma as die ekoiogiereserwe verwys.

Koers 58(3) 1993:311-320

(2)

1992:702, SAIGR, 1990:9). Die belang van die algemene publiek w as tradisio- neel toegespits op die bydrae wat die bepaalde entiteit tot die plaaslike ekonom ie lewer, die getal mense w at hulle in diens het en die mate van ondersteuning wat aan plaaslike leweransiers gegee w ord (SA IGR, 1990:9(g)).

Tans ondergaan die begrip algem en e p u b liek , as belanghebbende, 'n verruiming:

daar w ord aangevoer dat dié belanghebbende groep ook rekenskap vereis van hoe die bepaalde entiteit die omgewing, as 'n ‘hulpbron’ w at tot die beskikking en tot voordeel van almal is, benut, aangesien die w yse w aarop met die om gewing om- gegaan w ord, onder m eer die kwaliteit van huidige en toekom stige geslagte se le- w ensbestaan kan bei'nvloed (Gray, 1990:104). Rubenstein (1992a:29) verklaar dat 'n ‘sosiale kontrak’ gevolglik tussen die entiteit en die gem eenskap tot stand kom ingevolge w aarvan rekenskap vereis w ord van hoe die ekologiese bates in die vorm van byvoorbeeld vars lug en skoon w ater benut is.

Omdat billikheid een van die belangrikste grondslae van rekeningkundige verant­

woording vorm, behoort rekenskap aan al die belanghebbendes gedoen te word en moet situasies w aardeur bepaalde groepe ten koste van ander bevoordeel w ord, openbaar word. Só 'n situasie kan ontstaan as 'n entiteit deur sy bedrywig- hede die kwaliteit van die om gewing sodanig aantas dat grootskeepse oprui- mingswerk later verrig moet w ord op rekening van die gem eenskap as belasting- betalers. Die w are koste van produkte w at deur die entiteit vervaardig word, w ord dan nie bereken nie: 'n gedeelte daarvan w ord deur ander, die gem eenskap, gedra, w aardeur 'n onregverdige verskuiw ing van rykdom algaande momentum verkry. In w erklikheid word daar dus, benew ens die fin a n siele k a p ita a l2bygedra deur aandeelhouers en skuldeisers, ook ek o lo g iese k a p ita a l ‘b ygedra’ deur die gem eenskap, benodig om die bedryw ighede van die ondem em ing te laat vlot (Rubenstein, 1992a:29; Gray & Gray 1990:34). D aar behoort dus 'n rekening­

kundige stelsel ontwikkel te word wat ook die ekologiese koste3 van goedere en dienste in berekening bring. V olgens Rubenstein (1992a:31) is dit ju is die doel van die V erenigde N asies se Centre on Transnational C orporations se projek vir die ontw ikkeling van 'n model vir verslaglewering oor volhoubare inkomste {su sta in a b le incom e). D aar bestaan eenvoudig nie m eer iets soos gratis skoon w ater en gratis vars lug nie (Anderson, 1992:62).

Rubenstein (1992b:34) verklaar dat 'n nuwe definisie vir rekeningkunde dus nodig is. Sy voorstel in dié verband lui soos volg:

2 Finansiele kapilaal:

Finansiele kapitaal verwys na die belang van die cienaars in die ander bates van 'n entiteit.

3 Ekologiese koste:

Ekologiese koste is die waardcdaling van ekologiese bates weens die uitputting daarvan.

~312 Koers 58(3) 1993:311-320

(3)

Q. Vorster & M. Heyns Accounting measures the resources consumed in producing goods and services for trade and for promoting public welfare, as well as the resources preserved and wealth created for future use, in accordance with conventions mutually agreed upon by both the stewards of these resources, and the stakeholders to whom they are accountable.

M et "resources consumed" word hier die benutting van ek o lo g iese b a te s sowel as a n d e r b a le s4 bedoel, terwyl "resources preserved" na die idee van volhoubare ontw ikkeling5 (su sta in a b le d evelo p m en t), verwys.

Sommige sake-ondem em ings het (hoewel uiters beperk) gereageer op die uitda- gings w at hierdeur gestel word. Hierdie beperkte reaksie is daarin geleë dat sake- ondem em ings sekere kwalitatiew e en kw antitatiew e om gewingsaangeleenthede in hulle jaarverslae gerapporteer het, naamlik dié w at ingevolge die tradisionele rekeningkundig-teoretiese model gegenereer kan word (Harte & O wen, 1991;

Price W aterhouse, 1991). D aarteenoor het die verantw oording vir ekologiese bates en ekologiese kapitaal ongelukkig nog hoegenaam d nie prakties gestalte verkry nie. Die verklaring hiervoor is w eer eens geleë in die rekeningkundig- teoretiese model: aspekte soos die entiteitsbegrip (Lubbe & Vorster, 1991:681, Anderson, 1992:64), die omskrywings vir elem ente van fïnansiële state (Ruben- stein, 1992a:29), die metingsgrondslae van rekeningkunde (Chua, 1990:16) sowel as begrippe soos dié van die lopende saak, toevalling, konsekw entheid en omsig- tigheid (M auders & Burritt, 1991:9) inhibeer in 'n m indere o f m eerdere mate hierdie moontlikheid.

D aarteenoor meen Thornton (1992) dat die grondslae van finansiële rekening­

kunde suiw er is, dat rekeningkunde slegs gegewens w at op die historiese koste- model gebaseer is, behoort te rapporteer, en dat die m arkm eganism e uiteindelik voorsiening sal m aak vir die verrekening van om gew ingsaangeleenthede in w aar- des en pryse.

4 Ander bales:

Ander bates is bates wat ingevolge die tradisionele rckcningkundige model as sodanig crkcn word. Dit word deur fmansiclc kapitaal vcrtccnwoordig.

5 Volhoubare ontwikkeling:

Volhoubare ontwikkeling is ontwikkeling wat in huidigc bchocftcs voldoen, sonder dat die vermoe van tockomstigc geslagtc om in hulle eie bchocftcs te voorsicn, aangctas word.

Volhoubare ontwikkeling vcrcis dat nicvcrvangbarc ekologiese bates nie aangctas mag word nie, terwyl die vcrvangbarc ekologiese bates in stand gchou word, deurdat cnigc medium- tot langtcrmyngcbruik daarvan vcrvang word met soortgclyke ekologiese bates (Gray, 1990:123). Voorbccldc van nicvcrvangbarc ekologiese bates is onder meer sckerc mincralc hulpbronnc o f die osoonlaag, terwyl ekologiese bates soos woudc en skoon water as vcrvangbarc ekologiese bates beskou kan word

Koers 58(3) 1993:311-320

(4)

Hierdie siening hou egter onses insiens nie rekening met die feit dat die m arkm e- ganisme gebrekkig is in die verrekening van eksteraaliteite, dit wil sê daardie items waarvan die voordeel en die koste daarvan nie dieselfde entiteit toeval nie.

W anneer die marginale nettovoordele van die private gebm iker (ondem em ing o f individu) die marginale nettokoste van die samelewing oorskry, kan die optim ale sosiale welvaart van alle belangegroepe nie bereik w ord nie. Bogenoem de ver- skil is veral ter sprake by die gebruik van ekologiese bates (Belkaoui, 1984: 94).

Gray (1990:123) meen dat dit onwaarskynlik is dat 'n om vattende en same- hangende stelsel vir die verantwoording van ekologiese bates en ekologiese kapi­

taal in die nabye toekom s ontwikkel sal word. Hy stel voor dat die dringendheid van om gewingsake 'n pragmatiese benadering noodsaak. Volgens hom is daar egter sekere grondliggende filosofiese, etiese en teoretiese konflikte tussen die N eoklassieke ekonom e en ekologiese belanghebbendes6 ten opsigte van hul benadering tot die rekeningkunde. Voorts bew eer hy dat ten einde volhoubare groei te verseker moet daar geen verm indering van die nievervangbare ekologiese bates7 plaasvind nie terwyl die vervangbare ekologiese bates8 in stand gehou behoort te w ord deurdat enige gebruik daarvan w eer aangevul w ord en die bate dus herstel w ord na die oorspronklike toestand daarvan.

V olgens Eckel en Fisher (1992:15) het N oorw eë en Frankryk reeds stelsels ontwikkel vir die verantwoording van ekologiese bates en ekologiese kapitaal, terwyl die Bm to N asionale Produk van Japan reeds aangepas w ord vir onder m eer om gewingsaangeleenthede. Nederland en K anada beoog 'n raam w erk w aar- deur rekeningkundige en om gewingsdoelwitte geharm onieer sal word.

In hierdie artikel w ord enkele voorstelle oor die rekeningkundige verantw oording vir ekologiese bates en ekologiese kapitaal gemaak sonder om aandag te skenk aan die bepaling van die w aarde van ekologiese bates, aangesien dit as 'n afson- derlike vraagstuk beskou word. Die feit dat dié voorstelle nie noodw endig met die huidige rekeningkundig-teoretiese model versoenbaar is nie, w ord nie in ag

6 Ekologiese belanghebbendes:

Ekologiese belanghebbendes is diegene wat 'n belang in die ekologiese bates van 'n entiteit het (die gemcenskap)

7 Nievervangbare ekologiese bates:

Nievervangbare ekologiese bates is ekologiese bates wat ná die gcdccltclikc o f algchclc uitputting daarvan nie na die oorspronklike of nagenoeg oorspronklike toestand herstel kan word nie (soms ook genocm kritieke kapitaal).

8 Vervangbare ekologiese bales:

Vervangbare ckologiese bates is ekologiese bates wat ná die gcdccltclikc of algchclc uitputting daarvan na die oorspronklike of nagenoeg oorspronklike toestand herstel kan word (soms ook gcnoem ander naluurlike kapitaal).

314 Koers 58(3) 1993:311-320

(5)

Q. Vorster & M. Heyns geneem nie, aangesien dit aanvaar w ord dat dié model in elk geval 'n w esenlike aanpassing sal moet ondergaan om die verantwoording vir ekologiese bates en ekologiese kapitaal te kan akkom m odeer (Anderson, 1992:64). Algem een aan- vaarde rekeningkundige praktyk is dus vir 'n beoordeling van die voorstelle nie toepaslik nie. 'n V erdere gevolg hiervan is dat geen em piriese gegew ens ten opsigte van verslagdoening oor hierdie aangeleentheid in Suid-Afrika beskikbaar is nie. K onar (1989:270) het egter in 'n steekproef van 66 Suid-Afrikaanse maat- skappye w at iniigting oor sosiale verantwoordelikheid in hulle finansiele state openbaar, bevind dat ses van hierdie m aatskappye iniigting verskaf oor die be- skerming, herstel en verbetering van die omgewing.

2. R u b en stein se m odel

Rubenstein (1992a:32) stel voor dat 'n q fson derlike finansiele verslag, genoem die N a tu ra l A s s e t Trust A cco u n t, as deel van die fïnansiële jaarstate gepubliseer word. H ierdie model is ontwikkel na aanleiding van die Love Canal-aange- leentheid (Tinker, 1985:3, Rubenstein, 1990:35-41) ingevolge waarvan H ooker Chemical gedurende die veertiger- en vroeë vyftigerjare giftige afvalstow w e in die Love Canal in die staat van New York begrawe het. O ngeveer 25 ja a r later het die dromme w aarin die afvalstow w e begraw e is, verroes en is die afval­

stow w e vrygestel. Die nadelige uitwerking van die afvalstow w e w as verreikend vir sowel die inw oners van die behuisingsprojek w at later op die afvalterrein ge- bou is as vir O ccidental Chemical Corporation, w at H ooker Chem icals oorge- neem het gedurende die laat sestigerjare.

Rubenstein se voorstel vir verslagdoening ten opsigte van die Love Canal aange­

leentheid, sonder dat ons dit enigsins interpreteer o f vir eers daarop kom m entaar lewer, sien soos volg daar uit.

H o o k er C h e m ic als: b e n a d e rin g to t v ersla g d o en in g ten o p sig te v an ekolo­

giese b a te s (1945 - 1989)

1. T ru s tre k e n in g v ir ekologiese b a te s (m iljoen)

• 1945-01-01 O orspronklike w aardasie $ 50

• 1969-01-01 Toenam e in w aarde 50

100

• 1988-01-01 Toenam e in w aarde 160 Saldo op 1989-01-01 $ 2 6 0

Koers 58(3) 1993:311-320 315

(6)

2. T ru s tre k e n in g v ir ekologiese b ates - w a a rd e v e rm in d e rin g en aa n - sp reek lik h eid ten opsigte van h erste l van die b ate

• U itputting 1945 - 1969 $ 45

Aanpassing van uitputting ten opsigte van die 1969- 45 herw aardasie (90% x 50)

• Uitputting ten opsigte van die 1988-herw aardasie 144 (90% x 160)

Saldo totale w aarde van die uitputting op 1989-01-01 $ 234

H erstelkoste aangegaan in 1989 (90~)

Saldo op 1989-12-31 dit wil sê die raining van die $ 144 uitputting tot op genoemde datum en die dienooreen-

komstige toekom stige herstelkoste

3. H erste lk o ste re k e n in g van die e ie n a a rs van die gro n d

• Uitputting 1946-01-01 - 1989-12-31 $ 2 3 4 Min bedrag ontvang vanaf die staat van N ew York in (40~) 1989

$ 194 Die eerste inskrywing in die trustrekening (rekening 1 hierbo) verteenw oordig die w aarde van die grond, 'n ekologiese bate wat op 31 D esem ber 1945 teen $50 mil- joen gew aardeer is. Hoe die bedrag bepaal is, is vir die doeleindes hiervan nie belangrik nie. So lank as die m aatskappy volhoubare ontw ikkelingspraktyke volg, bly dié w aarde onveranderd.

Teen 31 Desem ber 1946 het die m aatskappy egter begin om afval op die grond te berg. W etenskaplikes raam dat die w aarde van die grond as gevolg daarvan met 20% verm inder het. Daar moet dus voorsiening gem aak w ord vir '11 uitput- tingstoelaag met 'n ooreenstem m ende verskuldigde bedrag deur die m aatskappy w at vir die storting verantw oordelik is. In die m aatskappy se fïnansiële jaarstate w ord 'n uitgawe vir die uitputting van 'n ekologiese bate getoon, sowel as 'n oor­

eenstem m ende verskuldigde bedrag aan die trustrekening. Soortgelyke inskry- w ings sal dan gedoen w ord tot 1969 w anneer die m aatskappy deur 'n ander oorgeneem word.

316 Koers 58(3) 1993:311-320

(7)

Q. Vorster & M. Heyns Volgens die state, en die beste beskikbare w etenskaplike getuienis, is die grond, na 24 ja a r se storting, 90% (45/50 X 100) uitgeput. Intussen het die w aarde van die aanliggende grond egter gestyg, en gaan die w aardevenneerdering dus (vir so- lank daar geen opruimingsaktiwiteite aangegaan word nie), gepaard met 'n ver- hoging van die uitputtingstoelaag om laasgenoem de konstant op 90% van die w aarde van die grond te hou.

Daar w ord dus gei'mpliseer dat die w aarde van die grond verm inder het as gevolg van die besoedeling en dat die m aatskappy w at verantw oordelik was vir die storting, aanspreeklik sal w ees teenoor die ekologiese belanghebbendes vir die opruimingskoste. Ten einde te verseker dat toekom stige beleggers nie bates oor- neem sonder inagneming van gepaardgaande aanspreeklikhede nie, is dit nood- saaklik dat die w aardes van bates aangepas w ord vir enige uitputting o f beska- diging voor die verkoop daarvan aan die oom em ende m aatskappy. Die poten- siële aanspreeklikheid en verm inderde w aarde behoort dus in ag geneem te w ord by die w aarde van die aandele.

Tussen 1969 en 1988 word geen inskrywings vereis nie, aangesien daar geen verdere industriële aktiwiteite is nie. In 1988 beslis die h o f dat die geskatte her- stelkoste van die grond $260 miljoen beloop en gevolglik moet die grond na die bedrag herw aardeer w ord, aangesien die geskatte produktiew e w aarde daarvan nie laer behoort te w ees as die totale aanspreeklikheid ten opsigte van die uitputting nie. Die uitputtingstoelaag w ord dienooreenkom stig aangepas om die 90% -uitputting te weerspieël. G edurende 1989 w ord R50 miljoen uit eie bronne, en R40 miljoen van 'n ow erheidsubsidie bestee vir die opruiming van die grond.

Die grond se uitgeputte w aarde is nou $116 miljoen ($260 miljoen min $144 miljoen); $194 miljoen is deur die m aatskappy aan die ekologiese belang­

hebbendes (die gem eenskap) verskuldig.

3. 'n M o on tlik e a lter n a tie f

Die bostaande model soos voorgestel deur Rubenstein, kan na ons m ening aan­

gepas w ord deur die gebruikm aking van die beginsels van fondserekeninge, waar- deur die verantw oording vir ekologiese bates en ekologiese kapitaal in die pri- mêre fm ansiële state kan geskied, eerder as in 'n afsonderlike trustrekening.

D aardeur w ord die ekologiese belanghebbendes op dieselfde grondslag as die res van die spektrum van belanghebbendes geplaas.

V olgens Belkaoui (1992:235) word die rekeningkundige entiteit kragtens die fondseteorie beskou as 'n eenheid bestaande uit ekonom iese bronne, verwante verpligtinge en beperkings insake die gebruik van die bronne. Die rekening­

kundige vergelyking is nie m eer ekw iteit + laste = bates nie, m aar is nou b a te s = b ep erk in g e o p bates. Die beginsel van rentm eesterskap w at eie is aan fondse- Koers 58(3) 1993:311-320

(8)

rekeninge en w aardeur die bates van die betrokke entiteit nie die vrye en onver- vreem bare besitting van die betrokke entiteit is nie, w ord deur hierdie vergelyking aangedui. H ierdie beginsel geld na ons mening ook in die geval van ekologiese bates: diegene in beheer daarvan geniet nie vrye en onbeperkte gebruiksbe- voegdheid daarvan nie, maar is slegs die rentm eesters daarvan, en moet van die resultate van hierdie rentm eesterskap aan belanghebbendes verslag doen.

Ons stel dat eiendomsreg nooit op die ekologiese bates verkiy kan w ord nie;

laasgenoem de val die ekologiese belanghebbendes toe. Eiendom sreg gee aan eie- naars die reg om die ander bates na goeddunke te gebruik terwyl ekologiese bates op 'n basis van rentm eesterskap hanteer behoort te w ord (Gray, 1990:124).

Rubenstein se model kan dus nou as vertrekpunt dien vir die verantw oording van ekologiese bates en ekologiese kapitaal in die finansiele jaarstate van 'n entiteit.

Veronderstel dat die entiteit oor 'n vervangbare ekologiese bate van R20 miljoen en 'n nievervangbare ekologiese bate van RIO miljoen beskik. Hierdie vervangbare en nievervangbare ekologiese bate w ord in die finansiele jaarstate verantwoord deur die betrokke bates op te neem en 'n vervangbare ekologie­

reserw e9 van R20 miljoen en 'n nievervangbare ekologiereserw e10 van RIO mil­

joen te skep. Die jaarlikse uitputting van die vervangbare ekologiese bate beloop R2 miljoen en w ord verantw oord deur die betrokke bate te verm inder en via die inkomstestaat teen verdeelbare reserw es aan te suiwer. Terselfdertyd w ord die vervangbare ekologiereserw e verm inder met die bedrag en 'n ooreenstem m ende verpligting vir R2 miljoen w ord jaarliks geskep. Die R2 miljoen verteenw oordig die verpligting teenoor die ekologiese belanghebbendes.

Tw ee ja a r later vertoon die balansstaat 'n verpligting van R4 miljoen teenoor die ekologiese belanghebbendes, en die w aarde van die vervangbare ekologiese bate is nou R16 miljoen (R20 miljoen - R4 miljoen). Indien opruim ingswerk aan die betrokke bate teen 'n koste van R3 miljoen nou sou geskied, w ord die vervangba-

9 Ekologiereserwe:

Ekologiereserwe is die nievcrdcelbarc reserwc wat voortspruit uit die tebockstclling van ekologiese bates. Vgl. ekologiese kapitaal (voctnoot 1). Ekologiese rcscrwe word in die vervangbare en nievervangbare ekologiereserwe verdccl.

Vervangbare ekologiereserwe:

Die vervangbare ekologiereserwe is daardie gedcclte van die ekologiereserwe wat voort­

spruit uit die teboekstelling van vervangbare ekologiese bates.

10 Nievervangbare ekologiese bates:

Nievervangbare ekologiese bates is ekologiese bates wat ná die gcdccltclikc of algehcle uitputting daarvan nie na die oorspronklikc of nagenocg oorspronklike tocstand herstcl kan word nie (soms ook genocm kritieke kapitaal).

318 Koers 58(3) 1993:311-320

(9)

Q. Vorster & M. Heyns re ekologiese bate se w aarde, sowel as die vervangbare ekologiereserw e met R3 miljoen verhoog om 'n saldo van R19 miljoen te toon. Terselfdertyd w ord die verpligting teenoor die ekologiese belanghebbendes met die bedrag van R3 mil­

joen verminder.

Let daarop dat die nievervangbare ekologiese bate en reserw e onaangetas bly aangesien dit deur volhoubare praktyke (vgl. die w oordom skryw ing van volh ou ­ b a re ontw ikkeling) vereis word. As die w aarde van nievervangbare ekologiese bates wel aangetas w ord, behoort hierdie aangeleentheid pertinent onder belang­

hebbendes se aandag gebring te word.

4. S lot

Die belange van ekologiese belanghebbendes word nie in konvensionele fínansië- le jaarstate in ag geneem nie, met die gevolg dat nie aan die billikheidsbeginsel inherent aan rekeningkunde voldoen w ord nie.

O penbaarm aking van ekologiese aangeleenthede in fïnansiële state van maat- skappye w ord deur die tradisionele rekeningkundige model aan bande gelê.

Verslagdoening oor ekologiese aangeleenthede w ord beperk tot gegew ens w at in­

gevolge algem een aanvaarde rekeningkundige praktyk gerapporteer m oet w ord, soos blyk uit em piriese navorsing in dié verband. Uit 'n studie van openbaar­

making oor om gewingsaangeleenthede in die fïnansiële jaarstate van Britse maat- skappye (Harte & O wen, 1991:51) blyk dit dat openbaarm aking uiters beperk is, en slegs in algemene tenne geskied. Behalwe vir 'n uiteensetting van m aatskap- pydoelw itte, niefinansiele statistiese inligting en, in somm ige gevalle, kom m entaar oor om gewingsaangeleenthede, is die openbaarm aking van fm ansiële aangeleent­

hede hoofsaaklik beperk tot aspekte soos die rekeningkundige verantw oording vir opruim ingskoste, herstelkoste, belegging in energieverbetering en navorsings- befondsing. Soortgelyke gebrekkige openbaarm aking w ord in die algem een ook bevind in 'n studie deur Roberts (1991:62) oor die rapportering van om gewings­

aangeleenthede in Europa. In die VSA is in 'n studie w at uitgevoer is deur Price W aterhouse (1991) onder andere bevind dat slegs 11% van ondervraagde maat- skappye 'n geskrew e rekeningkundige beleid oor om gew ingsaangeleenthede het.

In ons voorstel w ord aandag geskenk aan hierdie tekortkom inge in verslag­

doening deurdat ook die belange van ekologiese belanghebbendes in die finan- siële jaarstate verantw oord word. Voorts is die resultate van ons voorstel onder m eer dat entiteite wat volhoubare ontwikkelingspraktyke volg, nie daardeur gepe- naliseer w ord in die vonn van verm inderde verdienste nie; inteendeel, dié w at nie sulke praktyke volg nie, w ord wel gepenaliseer.

Indien beduidende vordering tot die verantwoording van ekologiese bates en ekologiese kapitaal nie betreklik spoedig momentum verkry nie, is dit nie uitge-

Koers 58(3) 1993:311-320 319

(10)

sluit nie dat volhoubare lewe permanent vem ietig kan w ord (vgl. die woordom - skrywing van volhoubare ontw ikkeling - voetnoot 5).

B ibliografie

ANDERSON, R. 1992 Accounting with a Conscience. CA Magazine:62-65, February.

BELKAOUI, A R 1984 Socio-Economic Accounting. W estport : Quorum Books BELKAOUI, A. R 1992 Accounting Theory Third Edition. London : Academic Press.

CHUA, F C 1990 Externalities: One o f the M ost Difficult Aspects o f Social Accounting, Palmerston North : Department o f Accountancy - Massey University.

ECKEL, L & FISHER, K 1992. The Environment and Professional Accounting Education Montreal : Canadian Academic Accounting Association Education Committee Conferen­

ce

FASB 1992 Original Pronouncements Accounting Standards as o f June 1, 1992, Volume II.

Norwalk, Connecticut : FASB.

GRAY, R & GRAY, R 1990 Management Accounting for a Cleaner World. Management Accounting:34-36, September

GRAY, R H 1990 The Greening o f Accountancy: The Profession after Pearce. London : The Chartered Association o f Certified Accountants.

HARTE, G & OWEN, D. 1991. Environmental Disclosure in the Annual Reports o f British Companies: A Research Note Accounting Auditing <H Accountability Journal, 4(3):51- 61

KONAR, D 1989 An Empirical Investigation o f the Informational Content o f Corporate Social Responsibility Disclosures in South Africa. Pretoria : UNISA. (Unpublished D Com th e s is)

LUBBE, D & VORSTER, Q 1991 Sosiale rekeningkunde en die teorie van finansiële rekeningkunde. Koers, 56(4):681-695

MAUNDERS, KEITH T. & BURRITT, ROGER L 1991 Accounting and Ecological Crisis Accounting, Auditing A Accountability Journal, 4(3):9-26

PRICE W ATERHOUSE 1991. Environmental Accounting: The Issues, the Developing So­

lutions. Washington

ROBERTS, C B 1991. International Trends in Social and Employee Reporting : ACCA Occasional Research Paper No. 6 London : Certified Accountants Publications Ltd RUBENSTEIN, D B 1992a. Natural Capital and Invisible Interests in Natural Resources.

The CPA Journal.28-33, March.

RUBENSTEIN, D.B 1992b Sustainable Solutions for Today CGA Magazine. 30-35;72- 73, October

RUBENSTEIN, D B 1990. Lessons o f Love CA Magazine:3 5-41, March

SAIGR 1990. Raamwerk vir opstel en aanbieding van finansiële state Johannesburg : Die Suid-Afrikaanse Instituut van G eoktrooieerde Rekenmeesters

THORNTON, D.B, 1992 Green Accounting and Green Eyeshades Montreal : Canadian Academic Accounting Association Education Committee Conference

TINKER, TONY 1985. Paper Prophets - A Social Critique o f Accounting Londen : Holt, Rinehart & Winston

320 Koers 58(3) 1993:311-320

Referensi

Dokumen terkait

Wanneer die wêreld egter vir die kerk vreemd geraak het tot dié mate dat die kerk glad nie meer die wêreld kan verstaan of daarin kan funksioneer nie, raak dit vir die kerk ’n baie

As daar in ag geneem word dat die Departement Bemarking en Kornmunikasie se benadering nie behels om die behoeftes van belangegroepe te ondersoek nie, maar eerder verwag dat

Daar bestaan dus enersyds ’n teenstydigheid tussen die feit dat geen respondente sielkundiges aan The Southern African Association of NLP behoort nie, asook die bevinding dat relatief

In Bos word ’n groep tieners tydens Kamp Koershou, ’n oorlewingskamp in hul Graad 11-jaar, nie net gekonfronteer met die tipiese uitdagings van grootword in die moderne wêreld nie, maar

GELOOFWAARDIGHEID In die huidige multimedia kulturele milieu word mense so gebombardeer met inligting dat hulle skepties geraak het oor die bronne van hierdie informasie, dat

Aan die ander kant gebeur dit ook dat die goedkeuring van ’n bepaalde kerk in werklikheid die voortsetting van dié kerk as “staatskerk” is terwyl dit voorgedoen word asof die verhouding

Hulle oordeel ook dat waardes nie gevorm word deur die een of ander objektiewe proses waar die religieuse vrae uitgesluit is nie, maar dat waardes gevorm word in konteks met die

In hierdie verband gaan dit slegs om die feit dat hierdie sake geopper word wat tot die noodsaaklikheid van ’n vakfilosofiese beskouing van die Bedryfsieikunde aanleiding gee.. Die