Resensie / Review
E D G A R , W . 1996. R easons o f th e h e a rt. R eco v erin g C h ris tia n p u rsu asio n . G rand Rapids, Mi. : Baker Book House. 126 p. Prys: $7.99.
ISBN 0-8010-5138-X.
R e sen sen t: G.A. L oiter
(D epartem ent D iakoniologie, PU vir CHO )
William Edgar, die skryw er van hierdie publikasie, is professor in Apologetiek aan die W estm inster Theological Seminary in Philadelphia, VSA. Hy skryf in ’n gem aklike trant en op bevatlike wyse hoe die evangelie aan mense verduidelik kan w ord, sonder om dit ’n droë akadem iese aangeleentheid te maak. Edgar verduidelik die tydsgees baie goed en plaas die geleenthede w at die postm odem ism e ons bied in perspektief. Soos te verw agte van iemand uit die kringe van die W estm inster Theological Seminary, is hy Bybelgetrou en w erk hy vanuit die Skrifopenbaring. Hy lê byvoorbeeld groot klem op 1 Petrus 3:15 w aar daar onder andere staan: “ W ees altyd gereed om ’n antw oord te gee aan elkeen w at van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lew e” , ’n teks wat myns insiens te min aandag in gereform eerde kerke kry om dat dit soms té piëtisties sou klink! Tipies Amerikaans, is Edgar egter ook baie prakties in sy benadering en w erk hy konteksm atig terwyl hy die belangrikheid beklem toon van byvoorbeeld die m odem e psigologie vir die verstaan van die m ens w at bereik moet word.
Die skryw er spel ook die gevare uit w at daar bestaan in die uitdra van die evangelie en probeer nie voorskriftelik w ees nie, alhoewel hy goeie riglyne gee in die aanpak van die apologetiese aktiwiteit. In die hele proses van apologetiese aktiw iteite is hierdie een van die m oeilikste aspekte om in balans te hou: aan die een kant die resep-agtige wyse w aarop voorskrifte gegee w ord om die evangelie te verkondig aan nie-gelow iges, en aan die ander kant die sw ew ende akadem iese debat daaroor wat nog kant nog wal raak.
W at hierdie publikasie besonders maak, is dat die skryw er m oeite doen om ook op intellektuele vlak antwoorde te bied vir die kritikus van die evangelie, ’n beklem toning w at dikw els agterw eë gelaat word. Hierin sluit hy aan by die werk wat Francis Schaeffer gedoen het by L ’Abri (en verwys ook daam a): kostelike w erk w at gedoen is met mense w at intellektuele twyfel het oor die bestaan van G od en die geloof in God.
Alles in ag genome, is hierdie ’n besondere werk w at gebalanseerd in sy uitgangspunte is en sowel Skrifgebonde as prakties is en sterk aanbeveel kan
Koers 62(1) 1997:137-138 137
Resensies /Reviews
word vir mense w at evangelisasiewerk wil doen. Dit is nie ’n handboek vir evangelisasie nie, m aar moet eerder beskou w ord as ’n inleidende, grondliggende werk w at byvoorbeeld die evangelisasiew erker kan voorberei en laat sien w at die probleme is w anneer ongelowiges gekonfronteer w ord met die evangelie. Hierdie onderwerp is natuurlik uiters aktueel in Suid-Afrika vandag, w aar die Christendom nie m eer in ’n bevoorregte situasie is nie, m aar op sogenaam de
“gelyke vlak” moet meeding met ander godsdienste. Die onveranderde eis om die evangelie onbevreesd te verkondig, bly egter steeds staan en intensiveer eerder. Edgar gebruik as een van sy m etodologiese uitgangspunte die em osionele saak van hom ecom ing, en dit is ’n besondere perspektief: alle m ense hoort uiteindelik tuis in die “ V aderhuis met die baie w onings” . En die taak van die apologeet is presies dit: om alle mense te wys dat dit is w aar die m ens tuishoort.
Die em stige student van die A pologetiek (as vak) sal ook baat kan vind by die boek, alhoewel dit een van baie ander sal moet wees. Persoonlik kan die boek baie vir ’n m ens beteken om dat jy se lf w eer m oet nadink oor dinge wat m ettertyd as vanselfsprekend beskou word - sake soos byvoorbeeld ’n mens se g eloof en w at dit vir jo u se lf en ander kan beteken. Elkeen w at hom besig hou met evangelieverkondiging (van w atter aard ook al), sal groot nut vind by die boek van Edgar.
138 Koers 62(1) 1997:137-138