• Tidak ada hasil yang ditemukan

RESENSIES/REVIEWS

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "RESENSIES/REVIEWS"

Copied!
11
0
0

Teks penuh

(1)

RESENSIES/REVIEWS

JANSEN VAN RENSBURG, N.S. el al. 1989. Kommentaar op 'Kerk cn Samclcwing". Potchefstroom : PU Vir C H O /IRS. 115 p. Prys R7.50.

H ierdie Kom m entaar bestaan uit ’n tiental artikels oor die G etuienis van die Neder- duits G ereform eerde Kerk van 1986 getitel Kerk en Samelewing (vervolgens afgekort as KES).

N.S. Jansen van R ensburg (1-7) besin oor die begripshantering van volk, bevolking en ras en konkludeer dat hierdie begrippe in KES "onversigtig" en "onpresies" han teer word.

A. Konig (8-17) voer aan d at in KES twee op p o n eren d e kerkbegrippe m et m ekaar m eeding, e n ersy d s ’n B ybelse k e rk b e g rip en andersyds ’n ou v reem d e (volks-) kerkbegrip.

W. Nicol (18-28) skryf oor kerk en owerheid en toon aan dat daar in Suid-Afrika ’n te noue verband tussen beide bestaan, sodat ons ’n teologie kry w at (onbew ustelik!) te veel deur die konteks bei'nvloed word. Hy vergelyk ook telkens KES m et die teologie- se sienings van J.A. Heyns.

J. K inghorn (29-34) vergelyk die sendingbeleid van die N ederduits G erefo rm eerd e Kerk, en in besonder Ras, Volk en Nasie, met KES. Hy wys op opvallende verskille en verstellings, m aar bevind d at beide dokum ente nog te veel spore van ’n "natuurlike teologie" vertoon. Skerp kritiek word ook teen die veelbesproke paragraw e 304-308 uitgespreek wat nie apartheid as sodanig nie, m aar "die hantering van apartheid” van die hand wys.

J.N. H orn (44-55) h et ondersoek ingestel na die politieke modelle in KES. Hy oordeel d at d aar enersyds sprake kan wees van ’n "radikale breuk" (49), ’n “radikale koers- verandering" en ’n "afskeid van a p a rth e id ” (52), m aar d a t KES andersyds tog weer terugval in die onhoudbare apartheidsm odel (vgl. p arag raaf 306 o o r die "hantering”

van apartheid). Al het KES op "meer as net kosmetiese wyse” van die apartheidsm odel afskeid geneem , is die finale resultaat tog "teleurstellend” (54).

J.H . S m it (56 -7 5 ), filo so o f van B lo e m fo n te in , h e t gekyk n a d ie h a n te rin g van geregiigheid en m enseregte in KES. Hy het tewens m éér gedoen deur ook (’n kritiese) ondersoek in te stel na die beskouings van W.D. Jonker, D.A. du Toit, en die G ES oor menseregte. O ok hy bevind dat KES "uit twee m onde p raat”, sodat soms ’n status quo en soms ’n semper reformanda-teo\ogie aan die woord is.

N .M . K ritzin g er (76-83) h an d el o o r die Skrifbeskouing en Skrifgebruik in KES.

V o lg en s hom kan K E S k o rre k v e rs ta a n w ord slegs b in n e ’n e n g e re en b re ë re (ideologiese) verwysingsraamwerk. KES m aak wel groot erns m et die Skrifgegewens, m aar veels te min van die konkrete situasie w aarop daardie gegewens van toepassing

(2)

m o et w ees, m et die gevolg d a t d ie "Skrif d e u r die p rak ty k g e d o m in e e r w o rd 1'.

Sodoende is "geen konstruktiewe bydrae gemaak nie".

S.S. M aimela (84-94) vra na die konteks waarvoor KES ’n oplossing wil bied. ’n Juiste analise van die siekte van ons situasie bepaal im mers die korrekte voorskrif vir die m edisyne. A lle te o lo g ie is tog k o n te k s tu e le te o lo g ie . M a im e la v erg ely k die perspektiew e van KES, die K airos-dokum ent en die "Evangelical W itness in South Africa" met m ekaar en bevind totaal uiteen lo p en d e persepsies, om dat som mige die Suid-Afrikaanse situasie van bo-af en ander van onder-af bekyk. KES kies party vir die onderdrukkers en faal dus om dat dit nie daarin slaag om "een van die w reedste en onmenslikste politieke sisteme uit die geskiedenis van die mensheid" te ontm asker nie.

Sodoende bevat KES ’n "verontrustende boodskap".

W.A. B oesak (95-99) lew er algem ene kom m entaar vanuit die N ederduits G e re fo r­

m eerde Sendingkerk. Volgens hom bevat KES slegs "aksentverskille" in vergelyking met Ras, Volk en Nasie. KES is ’n "gemodifiseerde stroom belynde en gekam oefleerde w eergaw e van dieselfde ou apartheidsw aardes". D ie d en k stru k tu u r is nog dié van apartheid.

P. Rossouw (100-115) beskryf die status, ontvangs en resultate van KES. Hy ontleed onder andere die reaksies van verontruste lidmate van die N ederduits G ereform eerde Kerk, van die N ederduits G ereform eerde Sendingkerk en van die N ederduits G erefor­

meerde Kerk in Afrika. Klaarblyklik koester hy hoë verwagtings van hierdie "grondige beleidsdokument" (115).

O m saam te vat: d aar word d eurgaans vier fu n d am en tele k ritiek p u n te teen KES uitgespreek. Eerstens bevat die dokum ent ’n dubbele w etenskapsmetodiek: die teorie word goed ontwikkel, m aar die praktyk bly in die slag. Tweedens bevat dit ’n dubbele apartheidsbeskouing: dit impliseer naas slegte apartheid ook goeie apartheid, terwyl in Suid-Afrika apartheid per definie "sleg" is. D erdens bevat dit ’n dubbele kerkbeskou- ing: naas ’n G odskerkbegrip figureer daar ook ’n volkskerkbegrip. As d aar enersyds gesê word dat daar geen deurslaggew ende rede bestaan w aarom die drie A frikaanse kerke nie tot sigbare eenheid kan kom nie, m aar andersyds gestel word dat dit nog onduidelik is hoe die NG K erk-fam ilie hulle eenheid duideliker tot uitdrukking kan bring, dan is die afleiding gew ettig dat die A frikaanse kerke, om dat hulle Afrikaanse kerke is, tog nader aan m ekaar staan as die familie van NG Kerke. Vierdens bevat dit

’n dubbele openbaringsbegrip: naas die Skrif word ook ’n sw aar aksent gelê op die volk en die praktyk.

Die Instituut vir R eform atoriese Studies aan die PU vir CH O het, deur die uitgee van hierdie artikels, ’n belangrike bydrae gelewer nie alleen tot die besinning rondom KES nie, m aar ook tot die nadenke oor die totale problem atiek van hierdie geknelde land.

J.H. van Wyk

(3)

D U BRU YN, J T. 1989. "Die aanvangsjare van die Christelike Sending onder die Tlhaping, 1800-1825"

en

M EY ER, J.W. 1989. "Dr. H J . Cosier, 1865-1899" (In A rgietjaarboek vir Smd-Afrikaanse G esk ied en k Tw ee en vyftigste Jaargang, Deel II. Pretoria : D ie Staatsdrukker). 242 p. Prys R6.Q3-

D ie studie van D u Bruyn is ’n baie interessante en deeglik gedokum enteerde verslag van die eerste 26 ja a r se sendingwerk onder die Batswana. Saam m et E lsa Jo u b ert se biografie Missionaris (A.A. van d er Lingen se werk oorspan deels dieselfde tydperk en werksveld) en Hedwig en Johan Lombard se biografie van J.F.A. Bóhm in Suidwes, is h ierd ie ’n b e la n g rik e bydrae to t ons kennis van d a a rd ie p io n ie rsty d p e rk van die sending in suidelike A frika. W at ’n m ens veral opval, is die to tale afwysing van die evangelie in daardie eerste tydperk; net een persoon, ’n blinde meisie, in ’n kwarteeu gedoop! O o k w erp dit in teressan te sydelingse inligting op die ontw rigting w at die Difaqane-oorloe in die binneland van Suid-Afrika veroorsaak het.

Die skrywer behandel die stof suiwer histories eerd er as teologies-missiologies. W aar hy hom ’n enkele k eer wel op m issiologiese terrein waag, blyk ’n sterk sim patie vir

"aanpassing by die tradisionele godsdiens van die Tsw ana” - waarskynlik een van die redes w aarom hy M offat so negatief beoordeel. ’n M ens vra jou af w at op die ou end van die kerk onder die Batswana tereg sou gekom het as die voorgestelde akkommo- dasiebeleid inderdaad toegepas was; of wie van ons bereid sou wees om elke dag, van sm órens vroeg to t donker, sy huis vol ongew aste B atlhaping te laat sit, soos M offat hom moes laat welgeval.

V ir die groot hoeveelheid w aardevolle inligting wat hier bym ekaar gebring is, kan die publikasie van harte aanbeveel word.

M eijer se studie oor H erm an C oster, ’n A frikaner-H ollander uit die laaste ja re voor die Tw eede V ryeheidsoorlog, is ew eneens ’n deeglike historiese studie. C oster was staatsprokureur in die tyd toe die Jam eson-invallers en die "R eform er'-rebelle verhoor moes word, en was later in 1899 een van die heel eerste gesneuw eldes in die oorlog, toe hy na ’n dapper vertoning by die slag van Elandslaagte omgekom het. D ie skrywer toon aan dat C oster se optrede deurgaans herlei kan w ord tot die konsekw ente na- streef van sy ideaal, naamlik ’n grootse toekoms vir ’n Nederlands-Afrikaanse kultuur- alliansie. D ie skrywer staan baie simpatiek teenoor Coster, wat inderdaad ’n besonder sim patieke persoonlikheid moes gehad het. Hy was een van die H ollanders w at ewe goed m et A frikaners as m et sy stam genote oor die weg kon kom.

(4)

D ie volum e is tegnies goed versorg, stewig gebind, en d aar is baie m in tipografiese foute. Ek het net tw ee raakgelees: naam lik op p. 92 en 95. T een R6,03 is dit ’n w inskopie, en die register van vorige publikasies van Die Argiefjaarboek (alm al teen dieselfde billike prys) is die m oeite werd om deur te lees.

Koos van Rooy

VA N D E R W ALT, B .J. 1988. O n b e i n g h u m a n a n d b e i n g a C h r i s t i a n i n A f r i c a : C o m m u n a l is m , S o c ia lism a n d C o m m u n i s m in a si n i g g le f o r a n A f r ic a n A n i h r a p o lo g y . P o t c h e f s tr o o m : P U v ir C H E /IR S . 64 p.

The contents of this book is an adaption of a paper the author, prof. B.J. van der Walt, presented in August 1986 at the international symposium "On Being H um an: A nthro­

pology in C hristian Perspective", in com m em oration o f th e 50th anniversary of the Vereniging voor Calvinistische Wijsbegeerte in the Netherlands.

The au th o r traces developm ents on the A frican continent, starting with traditional com m unalism , th ro u g h the tendency to w ard s A frican socialism , to m ore radical Marxist tendencies in som e countries.

He argues that prior to the transfer of W estern dualism to Africa, the W estern dualism which saw division betw een the religious and wordly, sacred and secular, the super­

natural and the natural, the traditional A frican society had an encom passing view or philosophy of life. Religion found expression in life in its totality, the idea of man-in- community was a reality.

The author contrasts the A frican and W estern view of m an thus: "According to the W esterner man is born; but according to the African man is not man, he becomes man through a gradual process o f in te g ra tio n in society. In the W est m an is defined especially as an in d iv id u al; in A frica m an is seen from th e p e rs p e c tiv e o f the community. W estern thought moves from various individuals to a view o f society; the direction of the traditional Black m an’s thought is precisely the opposite: society is the point of departure." (p.8.) H e lam ents that for many W esterners m aterial things have becom e m ore im portant than people, w hilst th e A frican values and respects people, especially older people. H e rem inds his readers that traditional African culture has a wealth of knowledge and wisdom which must be tapped. Early Christian missionaries missed a lot by regarding everything in African culture as wrong, whilst holding up the missionaries’ lifestyle and worldview as a model worth adopting.

The author is aware that not everything in a culture (not even African culture) is right.

He identifies the following weakness in African culture: "Community constraint can at tim es be enorm ously strong. A nd because the individual has to w ait upon seniority

(5)

before taking any initiative - in contrast to the W est, w here the individual usually stim ulates the community - and the community usually comes into motion more slowly w hen it com es to change, it can often m ean g reat fru stratio n fo r the progressive individual. The individual is also limited to a specific place in the social hierarchy. If he moves out of this hierarchy, he breaks the social balance.” (p. 12.)

In his discussion of A frican socialism the au th o r m entions th at this ideology is the product of many African thinkers. H e focuses mainly on Zam bian humanist socialism, tracin g its early origins, who its p ro p o n en ts w ere, and the various p h ases o f its im plem entation. However, in spite of so much rhetoric, "if one visits Zam bia today it would seem as if rh eto ric has not influenced reality all th at strongly, and as if the Humanist flame is not burning all that brightly any more."(24).

U nder the topic "African Communism", the author discusses at length one of the books by C anaan S. Banana, a former president of Zimbabwe, who is also an ordained minis­

ter of the church. H e criticizes B anana’s The Theology o f Promise: the Dynamics o f Self-Reliance (1982). H e looks at B anana’s new vision of m an and of G od and the latter’s assertion that, "Christianity is realised only in the revolution. This m eans that Christianity is essentially, revolutionary struggle ... Christianity, seen in this perspective, has nothing to do with man waiting to see what G od will do for him, rather Christianity w ould be m ore the expectations of G od, w aiting to see w hat m an can do for him"

(Banana, 1982:106).

Van der W alt warns th at the greatest danger of Banana’s book is not th at it propagates M arxist-Leninism - on the contrary, its seductive aspect is that it will m islead many people who do not know the Bible and therefore cannot see that Comm unism is being disseminated under the guise of Christianity.

In a brief discussion of the South African situation the author notes that, "most people in the RSA are convinced th at change is necessary, the question, how ever, is how, according to what model, and in what direction?" (p.35). Some black and white Chris­

tians have chosen the revolutionary path for change because pietistic Christianity has resulted in a com partem entalized and dualistic view of spirituality - the spiritual has nothing to do with secular things (including politics). T he au th o r observes th at the dilem m a of many C hristians in A frica is that the type of C hristianity they adhere to does not offer them an encompassing vision of life. Marxism does at least offer them an encompassing vision of life. Marxism does at least offer them a politico-economic, though not Christian vision.

In his concluding rem arks the author em phasizes the fact that m odern society is sick and mortally ill, because man has forgotten his divine calling and responsibility. In the

(6)

light of Scripture, he proposes a plu ralist societal m odel which presents a biblical- reform ational vision of life.

T his book is an a tte m p t to stir up a rad ically C h ristia n resp o n se to th e w eb of deception which seem to engulf A frican C hristians in th e ir struggle tow ards being human and Christian on a continent th at is bleeding. I recom m end it to every Chris­

tian who is p repared to pray, critically reflect with others on the issues and then to be willing to be involved through w ord and deed, in reconciling alienated m an with his Creator

Em m anuel S.A. Ayee

VAN D E R M ER W E , D.C.S. 1989. ’n W aterm odel vir die Kosmologie. N oordbrug : Khomas.

Professor van der M erwe het in sy w erk ’n Watermodel vir die Kosmologie o f God se twee boeke, ’n selfstandige standpunt ingeneem ten opsigte van die skeppingsgebeure volgens Genesis 1-3. A angaande hierdie standpunt meld die skrywer (p. 2) dat hy van geen kom m en taar of verklaring die afgelope 51 ja a r, se d e rt 1939, bew us is w at sy standpunt ondersteun nie. Hy m erk in dié verband op: " ... m aar ook nie een kon my oortuig dat ek verkeerd is nie" (p.2). D it wil dan voorkom asof prof. V an der Merwe ’n eie kom m entaar of verklaring aangaande die skeppingsverhaal volgens G enesis 1-3 daar wil stel.

H ierdie aanbieding wat deur middel van ’n multi-dissiplinêre benadering plaasvind, is in die besonder tot natuurw etenskaplikes gerig (p.2). Alhoewel natuurw etenskaplikes aangespreek word, vestig prof. V an d er M erwe die aandag daaro p d a t hy "m aar net 1929 m atriekw iskunde" h et (p. 46). N a aan le id in g van v o o rg en o em d e e rk en die skrywer dat hy nie die wiskunde van Sew jathan kan beoordeel nie. D ie feit dat erken word (p. 46) dat die afleidings wat gem aak word aan korreksie onderhew ig is, verswak sy argum ent noodgedwonge.

Die volgorde waarvolgens skrywer die probleem in die inhoudsopgawe uiteensit, dui op

’n sistematiese beredenering. Hy beweeg in sy denke tussen Skriftuur en natuur (hfst.

1) en die vraag of daar by Einstein verbygesteek m oet en kan word (hfst. 8). Binne die raam w erk van h ie rd ie d en k e m o et die skepping noodw endig v an u it v ersk illen d e oogpunte benader word. Na aanleiding van die verskillende wetenskaplike dissiplines wat aangespreek is, kan d aarm ee saam gestem w ord dat eenheid, verskeidenheid en veelheid (par. 3.2) in die Bybel na vore tree.

P aragraaf 5.2 wat handel oor die vraag "vir wie" G enesis 1-3 geskryf is, kan as ’n kern van die werk beskou word. D ie skrywer wys daarop dat die Bybel ook vir die heden-

(7)

daagse mens (p. 15) geskryf is. D ie aandag word daarna bepaal by die "onveranderlike w aarhede wat G od openbaar” (p. 15) om dan tot die gevolgtrekking te kom dat hierdie w aarhede nie tydloos is nie, m aar wel geldig in die tyd is (p.16). Laasgenoem de is wel w aar, m aar het geen betrekking op die vraag w at in die opskrif gestel is nie. Indien d aar in hierdie p arag raaf ’n antw oord v erstrek kon gew ees h e t o f die Bybel ook vir natuurwetenskaplikes geskryf is, sou die vraag van die opskrif beantw oord gewees het.

O p grond van so ’n antw oord sou natuurw etenskaplikes deu r die feite w at genoem word sterker deur die werk wat vir hulle bedoel is, aangespreek gewees het.

Professor Van d er M erwe slaag daarin om argum ente op so ’n wyse aan te bied dat hy die outeurs na wie hy verwys of aanhaal, namens hom laat redeneer. A an die hand van hierdie werkwyse b ereik die w erk in hoofstuk 7 die uiteindelike doelstelling om ’n

"watermodel vir die Kosmologie" in oënskou te neem . D ie standpunt aangaande "een- heid in veelheid" ingeneem (pa. 3.2), is langs die weg van inleidende redenasies na paragraaf 7 deurgetrek, w aar genoem de standpunt kousaal toegepas is. D aarom word die "egalige evolusionisme" afgewys ten gunste van ’n een/ieid-m et-verskeidenheid of eenheid-in-verskeidenheid wat m et die eenheid-in-verskeidenheid van die Drie-eenheid in verband gebring is (p.37). V oorgenoemde stel die skrywer in staat om die enersheid van die uniform istiese strew e, as in stryd m et die le e r van die Bybel d a t volkom e eenheid sonder enersheid bereik kan word, aan te toon.

Die bespreking van "’n waterm odel vir die Kosmologie" in paragraaf 7 is die knooppunt van redenasies w at in voorafgaande gedeeltes in perspektief gestel is. In p aragraaf 8 word hierdie argum ente deurgetrek om die vraag te beantw oord o f d a a r by Einstein verbygesteek kan word (p.42-47). O p ’n versigtige wyse word p er im plikasie na Ein­

stein as ’n "pous" verwys (p.42). A an die hand van hierdie implisiete verwysing is dit vir die leser duidelik d at prof. V an der Merwe as ’n oortuigde Calvinis wél by Einstein verby gaan steek. Hy slaag in sy doelstelling deu r w eer eens versk illen d e w eten- skaplikes en dan veral Davies (p. 43-45) aan die woord te stel. Laasgenoem de word gedoen ter stawing van die argum ent (p.42) dat Einstein se "geniale denkprestasie" nie die "finale triom f' van die menslike denkverm oë verteenwoordig nie.

In die voorafgaande gedeelte het prof. V an d e r M erwe natuurw etenskaplikes finaal aangespreek deur hulle daarop te wys dat "pouse wie se uitsprake" in die natuurweten- skappe "met onbetw isbare gesag beklee word", slegs in ’n beperkte m ate "geldig in die tyd is" (p. 16). Laasgenoem de staan in teenstelling tot die w aarhede van die Bybel wat

"geldig in die tyd vanaf skepping tot voleinding, deu r die eeue heen, dus ewig, eeuig, soos deur God geopenbaar” is.

H ierdie werk is nie vir lesers bedoel wat nie oor die nodige agtergrondskennis beskik om te kan w aardeer en deurgrond nie. By die bestudering van die w erk kom ’n lastige

(8)

aantal druk- en tikfoute voor wat die aandagtige leser hinder. Die volgende het onder m eer as hinderlik na vore getree:

- p. 19, paragraaf 6.2, 8e reël van bo: "naders", dit m oet lees "anders". N a heelwat oorlees, was dit duidelik dat "naders" met "anders" vervang m oet word.

- 2e paragraaf, 6e reel: "(protone nn n eu tro n e)”, laat enigsins w onder of "nn" ’n simbool is w aarvan die betekenis nageslaan m oet word om die juiste betekenis van die stelling te kan deurgrond. Navraag het aan die lig gebring dat "nn" eintlik

"en" m oet lees.

- p. 43, 5e reel lees " ... E instein die opgelê h et noodwendig oorskrei m oet word."

Tussen "die" en "opgelê" ontb reek ’n woord. Na heelw at oorweging het beblyk dat "makrokosmos" weggelaat is.

Dit sou miskien goed wees om aangetoonde en ander m inder hinderlike oneffenhede in die tegniese versorging van die werk reg te stel.

O m die skepping vanuit ’n w aterm odel te b e stu d e e r, was ’n p rik k elen d e ervaring.

P red ik an te kan hierdie w erk m et vrug b e stu d e e r indien hulle die skepping en die onderhouding daarvan vanuit ’n nuwe gesigshoek wens te benader.

C.B. Borst

FO W LER, S. 1988. T he church and th e renew al o f society. Potchefstroom : PU vir C H O . F2, Nr. 43.

108 p.

D ie publikasie han d el o o r o n d erw erp e soos: die kerk in die w êreld vandag, die gem eenskap van die W oord, die kerk in die samelewing en ’n nuwe benadering tot ’n Bybelse begrip van egskeiding. In hierdie publikasie word referate w at oor ’n tydperk van 12 jaar gelewer is, gebundel - elke hoofstuk staan dus op homself. D ie onderw erpe word egter saamgebind om dat die onderw erpe vanuit die Bybel openbaringhistories en ook eksegeties behandel word en kerk as ’n ware gem eenskap van gelowiges gei'nter- preteer word.

In die eerste hoofstuk neem Fowler tereg eenheid in Christus, lokaal en ekum enies, as vertrekpunt en nie as iets om te verw erklik nie (p i). D ie kerk is ’n gem eenskap van mense (p. 6 e.v.) w at die lewe in al sy fasette m oet deel. D ie gelowiges as kerk m oet dus nie net kulties nie, m aar teologies, moreel, juridies, polities, ekonom ies ensovoorts

’n eie identiteit uitleef (p.9). G esag kom van G od en wie dit misbruik, verbeur die reg d aartoe (p. 11). Kerk word verkeerdelik m et ’n aanbiddingsgem eenskap geïdentifiseer (p. 13). Fow ler bep leit die beplanning van liturgiese verandering w at in groter m ate aanbidding volgens die beginsels van respons, gem eenskap, eerbied en vreugde insluit

(9)

(19 e.v.). D ie kom ponente van die liturgie sluit die volgende in: ontm oeting, respons in gebed, danksegging, lofprys en antisipasie (p. 24 e.v.).

In die tw eede hoofstuk (29-40) is d aar ’n dualism e tussen ’n statiese "kerkinstituut" of organisasie (13, 29 e.v., 35 e.v.) en die kerk as m ense w at "life-encompassing” m et die werklikheid te doen het (38,64), en dus individueel en in groepe saam die samelewing soos suurdeeg m o et binnedring (38, 59 e.v., 69) en nie m et ’n kultiese organisasie gei'dentifiseer mag word nie (61).

D ie d erde hoofstuk (41-74) wil tereg hierdie dinam iese kerk as C hristene (dissipels, 46) m et die W oord w at op die toekom s gerig is (66) laat werk (43 e.v.). In die wêreld w aar so n d e v erw o es, kan C h ris te n e selfs in v lo ed u ito e fe n d e u r hul re a k s ie op byvoorbeeld onregverdige salarisstrukture. Gevolglik wys Fow ler op die taak om die W oord w at eenheid stig (49, 58, 71) te laat bedien, terwyl hy w aarsku teen m oderne m inder g edissiplineerde "structures - conventions, conference, Bible study groups, fello w sh ip g ro u p s - fo r in s tru c tio n in faith" (6 7 ), o f as a lte r n a t ie f d a t suiw er institusionele kerklike instansies alle antw oorde op die sosiale terrein wil gee (68). As sodanig stel die boek ’n taak vir elke Christelike w etenskaplike (69) (in ooreenstem - ming met die missie van die PU vir CHO).

Die vierde hoofstuk wat handel oor geestesgawes ontleed die kontinu'iteit tussen Ou Testam ent en Nuwe Testam ent. Fowler onderskei tussen "groter gawes" wat voortduur en "sign gifts" of sensasionele gawes wat tot die apostoliese tyd beperk was (85).

Die laaste hoofstuk oor egskeiding (88-106) ontleed die Bybelse gegewens en aanvaar egskeiding as ’n sondige m oontlikheid. D ie beginsel van die huwelik as lewenslange trouverbintenis mag nie verswak word nie, al word dit in die praktyk verbreek w anneer een party ontrou word (101). Tog kan die "kerk” nie mense in ’n huwelik probeer hou as die huwelik nie m eer innerlik bestaan nie (103).

Fowler skryf pakkend vanuit ’n reform atoriese lewensbeskouing. W at hy wil sê, word soms verdof deu r baie sinne m et negatiew e stellings - ’n mens mis die G ees by die W oord (vgl. Calvyn). Mens sou ook graag by die gesonde en sterk lew ensbeskoulike aanpak duideliker konkretisering vir die praktyk verlang. Fow ler beklem toon tereg w eer die roeping van die C hristen-individu as "kerk", m aar is tog sterk in die sosiale veranker (vgl. 36 e.v., 40, 54 e.v.). Ook werk hy miskien nog net te veel m et Kuyper se begrip van die kerk as instituut (13) en die kerk as organism e (38 e.v., 56). Fowler aanvaar moontlik te maklik dat w anneer die Bybel hanteer word (38), d aar eenheid in Christelike aksie sal wees. As ’n mens net oplet hoe alle kerke voorgee om die Bybel te gebruik en hoe ver die huidige kerkbegrip van die Bybelse ekklesia af is (60 e.v.), is dit duidelik d a t die Bybel nie so m aklik p rak tiese een h eid w aarborg nie. H ierdie

(10)

boekie bied egter uitnem ende en m aklik v erstaan b are leesstof w at elke individuele Christen in die gem eenskap aanspreek oor sy roeping vandag. Die publikasie is netjies versorg en in sagte band gebind. Die prys is nie verm eld nie.

B. Spoelstra

VOS, CAS & M iiLLER, JULIA N . 1989. G eboortc cn kindwecs. Pretoria : O rion-Uitgewers.

In die reeks, God, mens en wêreld is hierdie bundel saam gestel en d aar is van ’n hele aantal medewerkers gebruik gemaak.

D ie bun d el bevat tw ee afdelings w aarvan die e e rs te , "P reekontw erpe", w at tien sodanige onderw erpe bevat, die om vattendste is. Elke predikant betrek die kind op een of a n d e r wyse en dui aan hoe ’n p re e k oor die o n d erw erp g ehou kan word.

M eestal word ’n h erm eneutiese verkenning gegee, gevolg deu r an d er afdelings soos teologiese vraagstukke, homiletiese riglyne en liturgiese wenke. H ierdie afdelings, ook verder in onderafdelings verdeel, m aak so ’n ontw erp baie h an teerb aar. ’n Prediker kan verander of byvoeg, m aar die stof is deur elke ontw erp reeds so deeglik verken dat dit sy voorbereiding grootliks sal vergem aklik. ’n Bronnelys wat na elke bespreking gegee word, is waardevol en kan tersaaklike inligting verder aanvul, of verdere lig op ’n onderw erp verskaf.

Die tw eede afdeling bestaan uit "Ander perspektiewe". H ier word die m aatskaplike, een sielkundige, een regs-etiese en een m edies-etiese saak aangesny wat met kinders te m ake het. O nderafdelings, som s tab elle o f ’n puntsgew yse a an b ie d in g m aak elke ontw erp hanteerbaar. Dit gee tog ’n oorsigtelike indruk en ’n mens w onder of hierdie g ed eelte nie in ’n volledige a p a rte publikasie in veel g ro te r d iep te b espreek moes gewees het nie. In die m eeste gevalle word hier ook bronne aangedui. In die geheel gesien, word deur hierdie bundel ’n bruikbare bydrae gelew er in die reeks wat wyd en syd en met verantwoordelikheid handel oor baie aspekte van menswees.

Elsabe Steenberg

B R E M M E R , R .H . 1988. H erm an Bavinck 1854-1921. Po rtrct van reform atoriese denke in Nederland.

Potchefstroom : IRS. (W ctenskaplike bydraes van die PU vir C H O . Reeks. F2. No. 45.) 31 bll.

Dr. Brem m er het al etlike werke oor Bavinck gepubliseer. Sy doktorale proefskrif het immers gehandel oor Bavinck als dogmaticus. N iem and sou so uitnem end as Brem m er kon slaag om so ’n bondige, dog geslaagde beeld van hierdie veelsydige teoloog te gee nie. D at Bavinck ’n reus was o nder reform atoriese denkers blyk uit die talle studies wat oor sy wetenskaplike bydraes verskyn het. Verskeie doktorale proefskrifte het oor Bavinck gehandel: oor sy opvoedkunde (J.F.E. H avinga) en oor sy w ysbegeerte (S.P.

(11)

van der W alt). D it is inderdaad ’n mooi gedagte van die Instituut vir Reform atoriese Studie om aan Bavinck ’n plek te gee in die galery van reform atoriese denkers.

Brem m er slaag d aarin om die lig te laat val op Bavinck as persoon, sy studentetyd, sy predikantstyd, professorale arbeid en sy optrede in die kerklike raamwerk. Komende u it die kring van A fskeiding (1834) was sy eintlike tuiste by die teologiese skool in Kam pen. H ier was hy omring deur w aarderende predikante, kollegas en studente en hier lê hy die grondslag van sy m eesterw erk Gereformeerde Dogmatiek. Tog het sy belangstelling op verskillende vakgebiede geblyk. As hy m aar rustig kon voortwerk, sou hy d it seker verkies het. D aar kom egter stryd binne die kerklike geledere, en nadat hy driek eer na A m sterdam beroep is as professor, neem hy die derde beroep aan. Na veel stryd en nie sonder bitterheid nie, neem hy afskeid van K am pen m et ’n rede w at hy in drie punte saam vat: w at ek ontvang het, w at ek v erlo o r het, w at ek behou het.

B rem m er so n d e r ’n en k e le snit u it Bavinck se d o g m atiese w erk u it, n aam lik sy Skrifleer. O ok hier is slegs enkele flitse om te benadruk dat ons m et ’n W oordteoloog te doen het. Bavinck ken die Skrif as G ods W oord, m aar die fyn onderskeidinge is treffend en laat ons by al die w aardering vir A. Kuyper, tog duidelike verskille ook sien. So sê hy byvoorbeeld: "Nie die Skrif is ge'inspireerd nie, m aar die Heilige G ees inspireer die skrywers". Sprekende oor die inspirasie, gebruik hy T heopneustie en gee self die betekenis "deur G od geadem". D it is hier nie die plek om die betekenisvolheid van hierdie fyn onderskeidings te beklem toon nie en tog is dit sinvol om die teologiese skip veilig in die stormwaters van veral die etiese teologie te lei.

D it w as lo u te r g e n o t om h ie rd ie w erk ie te lees e n w eer e e n s in te le e f in die gedagtew êreld van ’n teoloog w at besef het d at hy nie die finale w oord in ’n sisteem gespreek het nie, m aar ruim te laat vir voortgesette reform atoriese studie.

S.P. van der Walt

Referensi

Dokumen terkait