• Tidak ada hasil yang ditemukan

Van der Horst, P W 1994 - Hellenism-Judaism-Christianity

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Van der Horst, P W 1994 - Hellenism-Judaism-Christianity"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

Boekbesprekings / Book Reviews

raised under such topics as hope, judgment, the antagonistic aspect of the parousia, living with Christ, the church and the parousia, and Paul's apocalyptic theology.

The study is not restricted to the term "parousia" as such, but includes relevant terms used in Paul's imagery about the parousia. A welcome and relevant inclusion is the discussion of the "day of the Lord" in the Pauline texts. Plevnik demonstrates that the concept of the parousia and its terminology derive [from the Jewish apocalyptic tradition rather than that of the Hellenistic "comings" of the kings.]

Plevnik sees the following as the key Pauline texts dealing with the parousia: 1 Thessalonians 4:

13-18,5:1-11; 1 Corinthians 15:23-28,50-55; Philippians 3:20-21. To these texts he. applies the some}Vhat dated historical critical exegetical method, as this book is a 1991-1992 reworking of his doctoral thesis from 1971. Therefore the text abounds with historical aspects as well as textual cross-references. It is evident from the list of more than three hundred short titles that he refers mostly to somewhat dated works.

There are fewer than twenty references to works from this decade, while about fifty works mentioned are from the eighties. From a historical point of view it is nevertheless a thorough explication of the theme and could as such be useful to pastors and students.

In the concluding chapter, which is about Paul's apocalyptic theology, Plevnik gives his critical views on Bultmann's programme of demythologizing. In fact, there seems to be little if any common ground between Plevnik and Bultmann. Plevnik is critical about Bultmann's use of Heidegger's existential philosophy for hermeneutical purposes, Bultmann's departure from "objective knowledge" about salvation to a subjective stance, his definition of myth, and the demythologizing programme, itself. As far as herme- neutics is concerned, Plevnik is at home with Karl Rabner, whose principles he proposes. Regarding the parousia in Pauline literature, Plevnik sees Bultmann's method as a reduction of eschatology, and stresses with Beker the role of the apocalyptic in Paul's theology. For him, hope has a specific object, and apocalyptic supplies the framework for this object. In the last five and a half pages Plevnik gives his own

"rephrasing" of Paul's apocalyptic imagery for modem people. Actually, he never lets go of the apoca- lyptic and mythological world-view, but simply states its "meaning", which is not very helpful to people _ who do not accept the apocalyptic world-view. In view of his immense criticism of Bultmann, one would have expected much more. It is in the hermeneutical field that Plevnik fails the modern and more critical reader.

Van der Horst, P W 1994 - Hellenism-Judaism-Christianity: Essays on their interaction

Kampen: Kok Pharos. 300 Bladsye. Prys: Dfl 69,90

Resensent: Prof Pieter Craffert

Hierdie agtste volume in die reeks Contributions to Biblical Exegesis and Theology bevat sestien artikels deur Van der Horst waarvan die meeste reeds vroeer gepubliseer is. Die groot verskeidenheid van die arti- kels en die hoeveelheid temas wat aangesny word, maak dit onmoontlik am enige brei:: tema of onderwerp te identifiseer vir bespreking. Daarom sal 'n kort oorsig oor die inhoud van die artikels afgesluit word met twee korter opmerkings oar die titel van die boek en oor die waarde van die pUblikasie vir lesers van hier- die tydskrif.

722 Digitised by the University of Pretoria, Library ServicesHTS 5512 & 3 (1999)

(2)

Boekbesprekings / Book Reviews

Die eerste artikel handel oor die invloed van sekere elemente van Hellenistiese kennis en weten- skap op rabbynse sieninge en die tweede oor die impak van Griekse literere vorme op Joodse graf- inskripsies. Die studie oor die Hellenisering van die Samaritane bevestig hoe veral die Griekse taal die oostelike Mediterreense gebied oorspoel het. Die vierde hoofstuk handel oor twee tekste in Josefus in die lig van Grieks-Romeinse inligting terwyl Van der Horst in die vyfde aantoon hoedat literere tekste gebruik kan word om 'n inskripsie op 'n nuut ontdekte altaar in Pamfilie te ontrafel. Vol gens hom is die inskripsie moontlik deur 'n godvresende geskryf. In'n uiters relevante artikel wys Van der Horst uit dat daar geen eenduidige siening van die rol en posisie van vroue in antieke Judalsme bestaan het nie. Dit is belangrik om te besef dat soos in ons eie tyd, daar dikwels in die antieke wereld 'n skakering van perspektiewe bestaan het.

Hoofstuk sewe gee 'n oorsig oor resente navorsing en insigte oor die ou probleem van die Birkat ha-minim. Dit word gevolg deur twee studies wat onderskeidelik die eksegetiese probleme in Eksodus 22:28 en Esegiel 20:25 aanspreek. Die eerste, wat 'n verbod plaas op die uitskel van 'n ander se gode, en die tweede, wat ' n uitspraak bevat dat sommige van God se wette nie goed is nie, het beide baie interessante rolle in die godsdiensgeskiedenis gespeel. 'n Kort studie oor die invloed van Joodse motiewe in sommige buite-Bybelse bronne rakende die dood van Judas word gevolg deur 'n vertaling en kommen- taar op die deel van die Bisantynse teks Sutia oor Jesus en die Jode.

Twee studies toon aan hoedat vergelykende rnateriaal uit Grieks-Romeinse bronne ODS in staat stel om Bybelse tekste beter te verstaan. Die een handel oor die verwysing na die altaar vir die onbekende god in Handelinge 17:23 en die tweede oor die enigmatiese teks in Hebreers 11:11 oor die saadskieting (semi- nale uitskeiding) van Sara.

In hoofstuk veertien word die tema van die verwoesting van die aarde deur vuur in Hellenistiese, Joodse en Christelike tekste ondersoek. Dit word duidelik dat stilgebed, wat in die antieke wereld met suspisie bejeen is, in die tyd van die eerste eeu in pagaanse, Joodse en Christelike tekste voorkom enselfs aanvaarbaar geword het. Die laaste studie handel oor geheime hierogliewe in antieke literatiJur.

Beide die titel van die boek en die onderlinge indeling van hoofstukke onder die noemers Hellenisme, Judaisme en Christendom roei> weer die vraag na vore of hierdie terme inderdaad nog geskik is om 'n bydrae te lewer tot die verstaan van die kulturele milieu ten tye van die vroee Christendom. In die meeste studies is dit duidelik dat die grense wat deur die terme veronderstel word, nie bestaan het nie.

Dieselfde ternas kom voor in ' n verskeidenheid van tekste - byvoorbeeld die idee van die vemietiging van die aarde deur vuur - en dieselfde kulturele sienings onderle al die tekste. Is daar nog sin in 'n kunsmatige onderskeid wat klaarblyklik nie meer funksioneel is nie?

Van der Horst se ,studies wys dat baie min van die temas nie universeel deel van die kulturele milieu was nie. Ooreenstemmende sienings kom in Christelike, Joodse en pagaanse tekste voor. Indien iets soos die geloof in nies as goddelike teken of boodskap 'n byna universele voorkoms het, is dit nie moontlik om na ander kategoriee te kyk om die kulturele patrone te bespreek nie. Moet daar nie eerder van byvoorbeeld wereldbeeldmetafore gebruik gemaak word om die patrone en breuke in die kulturele same- hang van anti eke mense uit te druk nie? In kort, dit lyk asof Van der Horst.se studies bydra tot so 'n herevaluering maar tegelyk vasgevang sit in 'n baie geforseerde gebruik van uitgediende terme. Die deur- mekaarvloei in byna al die artikels van sogenaamde Hellenisme, Judpisme en Christendom in terme van kulturele milieu, maak die indelings in die inhoudsopgawe oorbodig en die titel van die boek misleidend.

Laastens wil ek enkele opmerkings maak oor die belang van hierdie studies vir die lesers van hierdie tydskrif. Van der Horst bevestig met hierdie studies weer eens die belangrikbeid dat Bybelse tekste binne hul kulturele konteks gelees moet word. Hoewel die bygeloof van nies nie dikwels in die Bybelse tekste vermeld word nie, tel dit onder die talle gelowe in magiese praktyke wat deel van hulle lewensuitkyk

HTS 5512 & 3 (1999) 723

Digitised by the University of Pretoria, Library Services

(3)

Bo~lcb~spr~lcings I Book R~viewl

was - soos sommige Kerkvaders later bevestig. Die studie oor die siening van saadskieting by vroue werp nie net lig op antieke embriologie nie, maar is ook belangrik vir die vertaling van Hebreers 11: 11. Die meeste hedendaagse vertalings het weens etnosentriese sienings van konsepsie, bierdie teks misvertaal. Die ontwikkeling van die siening van stilgebed bevestig dat gebed vir antieke mense binne die raamwerk van magiese praktyke verstaan moet word. So byvoorbeeld is gedink dat 'n gebed wat gehoor is, deur 'n kragtiger gebed ongedaan gemaak kan word. In kort, die inagneming van die kulturele milieu van Bybelse tekste is geen opsionele saak nie, maar soos bierdie studies bevestig, essensieel vir enige emstige inter- preteerder van daardie tekste. Hierdie bundel van Vander Horst kan daarom met vrymoedigheid aanbeveel word vir enige leser wat op die hoogte wil kom met die kulturele milieu van die Bybelse tekste.

Van der Walt, B J, Janse van Reosburg, F & Van der Walt, H (reds) 1997 - Kurrikulum 2005.

Lewensorientering. Grondleggende rase. Gids vir Christen-onderwysers

Potchefstroom: P U vir CHO. 172 bladsye. Prys: R3S.00

Resensent: Dr S Schoeman

Die toepassing van Kurrikulum 2005 in ons skole het in Januarie 1998 'n aanvang geneem. Dit is eers net in Graad 1 bekend gestet maar sal mettertyd ook in die ander grade geimplernenteer word. Die aan- vanklike fokus van die nuwe kurrikulum is dus op die Grondleggende fase (Graad 1 tot 3) van skoolgaan.

Hoewel baie onderwysers reeds opleiding ondergaan het in uitkomsgerigte onderwys (UGO), wat 'n d~

van die aanbieding van Kurrikulum 2005 vorm, is daar tog Christen-onderwysers wat voel dat hulle nie toereikend genoeg vir bierdie taak opgelei is nie.

Volgens die skrywers (altesaam 23) is die doel van bierdie boek om sodanige onderwysers te help om koers te vind in die doolhowe van Kurrikulum 2005. Hulle bet aan die begin van 1997 tot die ont- nugterende besef gekom dat daar vanuit Christelike standpunt byna geen bydrae tot die aanbieding van Kurrikulum 2005 gemaak is nie, terwyl beelwat handboeke en studiegidse wat op die uitgangspunt van 'n neutrale, sekulere (wereldse) en bumanistiese (mensgesentreerde) demokrasie geskoei is, verskyn bet.

Christen-onderwysers sou bulle noodgedwonge na die beskikbare boeke op die mark moes wend. Volgens die skrywers is dit nadelig vir Christen-leerders indien bulle net met godsdiens-neutrale en godsdiens- relativistiese leerinhoude te doen kry. Die Christelike beginsels en waardes moet eweneens aan bulle oorgedra en gefasiliteer word. Daar is toe besluit om Christen-onderwysers deur middel van bierdie boek te steun om nie aileen te bereik wat die onderwysowerhede van bulle verwag nie, maar om dit in die lig van die tersaaklike Skrifwaarhede te doen, sodat daar nie fout kom met die lewensbeskoulike grondslagvorming van die Christen-kind nie.

Die hoek bestaan uit 'n inleidende gedeelte, en agt boofstukke wat handel oor die agt spesifieke leeruitkomste soos vir die leerarea Lewensorientering vir die Grondleggende fase voorgeskryf. Uit 'n kort samevatting van die inhoud van die hoofstukke. sal die leser 'n beeld un vorm van die inhoud van die boek:

724 Digitised by the University of Pretoria, Library ServicesHTS 5512 &: 3 (1999)

Referensi

Dokumen terkait