• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Aanvullende kommentaar oor die taaldebat op Stellenbosch

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "View of Aanvullende kommentaar oor die taaldebat op Stellenbosch"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

607

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 3: September 2022 doi.10.17159/2224-7912/2022/v62n3a10

Aanvullende kommentaar oor die taaldebat op Stellenbosch

Inleidende tersaaklike agtergrond:

Vanaf 1998 tot vroeg 2008 het ek as ’n verteenwoordiger van die Konvokasie op die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) gedien. Vir die laaste 4 jaar was ek voorsitter van die Raad en vir die voorafgaande 4 jaar ondervoorsitter. Ek was dus ten nouste betrokke by die hele termyn van 6 jaar van prof. Chris Brink se rektorskap asook die taaldebat waarna hy in sy artikel verwys.

Persoonlike loopbaanagtergrond is dat ek as narkotiseur opgelei is en gepraktiseer het voordat ek in 1983 die privaat hospitaalmaatskappy Mediclinic Internasionaal begin het waar ek in 2020 as voorsitter afgetree het. (Dit kan dalk ook gemeld word dat ek gedurende 1972 voorsitter van die US se Studenteraad was en vir die grootste gedeelte van my lewe op Stellenbosch gewoon het en steeds woon.)

Kommentaar

Eerstens wil ek net bevestig dat prof. Brink se meningsartikel in alle opsigte korrek is sover dit van toepassing is op my ervaring van en herinneringe aan daardie tydperk. So is daar wel byvoorbeeld heelwat druk deur die taalstryders op my uitgeoefen om te verhoed dat die boek Chris Brink: Anatomie van ’n Omvormer (Botha, 2007) gepubliseer kon word.

Verder sou ek in baie detail kon verval, maar gaan eerder net enkele hoofpunte uitlig soos ek die taaldebat retrospektief beskou:

• Die drie hooftaalstryders van daardie tyd was al drie redelik pas afgetredenes wat al drie polities geïnteresseerde en georiënteerde persone was. My vermoede was dat hulle die taalstryd by die US en al die publisiteit wat dit ontvang het tot ’n mate geniet het. Ongelukkig het hulle in die proses egter die oorkoepelende, eerste vereiste van

’n raadslid, naamlik om op die lang termyn in die beste belang van die Universiteit te handel, eenvoudig net geïgnoreer. Hulle het die belang van ’n onderafdeling van die Universiteit (die taal van onderrig) bo die belang van die Universiteit in sy geheel gestel. Verder het hulle daardeur ook baie kosbare tyd en energie van ander raadslede en veral die US-bestuur, verspil.

• Goedkeuring rakende die taalbeleid vir spesifi eke vakke het daardie tyd opgewentel vanaf een vlak na verskeie ander: vanaf die dosente na die departemente na die fakulteite na die taalkomitee na die Senaat en dan uiteindelik na die Raad. Op al hierdie vlakke was daar altyd oorweldigende steun om ’n meer buigsame benadering teenoor ’n groter Engelse aanbod op die kampus te implementeer. Die taalstryders wou egter gehad het dat Afrikaans van bo af deur die Raad in lesingsale afgedwing moes word en het selfs ook ’n slag voorgestel dat beamptes in lesingsale hieroor toesig moes hou.

(2)

608

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 3: September 2022 doi.10.17159/2224-7912/2022/v62n3a10

• Nadat die taalstryders besef het dat hulle benadering duidelik nie deur die oorgrote meerderheid van die besluitnemende liggame ondersteun word nie, het hulle ongelukkig wel begin met persoonlike aanvalle en swartsmeerdery van spesifi ek prof.

Brink en tot ’n mindere mate myself. Hulle het meermale ook die bestuur van doeltreffende raadsvergaderings bemoeilik.

• Wanneer ek vandag na die sukses en gewildheid van die US kyk, het ek volkome gemoedsrus dat die aanpassings wat aan die taalbeleid gedurende prof. Brink se termyn gemaak is, nodig en in die beste belang van die universiteit was. Dit is jammer dat die akademiese onderbou van Afrikaans in die proses onder druk gekom het, maar in Suid-Afrika behoort hierdie beskerming van ’n taal nie net as die plig van een universiteit gesien te word nie. As ek persoonlik meer aktief by sodanige beskerming betrokke sou geraak het, sou ek my eerder daarvoor beywer het dat die Afrikaanse taaldepartemente by soveel as moontlik universiteite lewenskragtig bly … pleks daarvan dat van hulle, soos byvoorbeeld by Wits en Rhodes, moes sluit.

Ten slotte vra ek dieselfde vraag as prof. Brink, naamlik: “Is Afrikaans nou een jota beter af as wat dit sou gewees het sonder al die bakleiery oor die taalbeleid van die US”?

DR. EDWIN HERTZOG Stellenbosch

E-pos: [email protected]

Referensi

Dokumen terkait

Oos van die Kaap die Goeie Hoop het Neder- landse skepe aan die wes- en ooskus van lndie Malabar, Coromandel, by die eiland Ceylon en in die hawens van Maleia, Oos-Indie en Japan hulle

Saam met hom het nog 516 blanke en 38 nie- blanke kapelane onder 350 639 troepe gedu- rende die Tweede Wereldoorlog gearbei.8 Hulle het bewys dat die Woord van die Lewe nie in 'n oorlog

’n Antwoord op die vraag wat vroeër gestel is, naamlik: “Waarom volhard mense, in die lig van byvoorbeeld verwerping en spot, met wat hulle doen, veral as hulle nie gedwing word om dit

Die doel van die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, was drieledig, naamlik: • om navorsingsbevindinge wat op die uitwerking van ekstrinsieke motivering betrekking het op die

Met hierdie eerste groep is Kaptein von Schlickmann dadelik na Burgersforto Op pad ~et die vyand hulle aan- geval, maar die aanval is afgeslaan en almal het die fort veilig bereik.3 By

Hy verwys onder meer na die ouers se godsdienstige opvoeding van hulle kinders, en die feit dat hulle “uit die Skrif alleen” geleef het: “Daar was nog nie van die sogenaamde teoloë van

Hy meen egter dat die verhouding tussen staat en moraliteit, wette en morele verantwoordelikheid, sentreer om dít wat mense verwag hulle gemeenskap moet wees en waarom, asook hoe hulle

4-2: Desember 2021 doi.10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a7 Repliek op die Yonge-artikel Irma Eloff Departement Opvoedkundige Sielkunde Universiteit van Pretoria Pretoria Suid-Afrika