• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Die Bydrae van J.S. du Plessis (1919-1990) tot die Geskiedskrywing

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "View of Die Bydrae van J.S. du Plessis (1919-1990) tot die Geskiedskrywing"

Copied!
16
0
0

Teks penuh

(1)

Die Bydrae van J.S. du Plessis (1919-1990) tot die Geskiedskrywing

Pieter de Klerk

Daar het reeds verskeie publikasies oor die ontwikkeling van die geskiedskrywing in Afrikaans verskyn en insiggewende artikels is gelewer oor Afrikaanstalige historici soos G.S. Preller, P.J. van der Merwe, G.D. Scholtz en F.A. van Jaarsveld.1 Ten einde

’n volledige beeld te verkry, behoort ook aandag gegee te word aan historici wat nie so ’n belangrike bydrae soos bogenoemde skrywers gelewer het nie, maar tog meegehelp het om met hulle navorsingswerk die vak Geskiedenis uit te bou. Naas die bydrae van ’n figuur soos T.S. van Rooyen, oor wie daar reeds ’n artikel in Historia verskyn het,2 verdien die werk van die Potchefstroomse historikus J.S. du Plessis beslis om van nader bekyk te word.

J S du Plessis

Pieter de Klerk is professor in Geskiedenis aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit Hierdie artikel is ’n hersiene weergawe van ’n voordrag gelewer tydens die tweejaarlikse konferensie van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika op Stellenbosch, 5 tot 7 April 2004

1 Oor Preller het daar verskeie artikels verskyn, waarvan sommige gebundel is in B J Liebenberg (red ), Opstelle oor die Suid-Afrikaanse Historiografie (Unisa, Pretoria, 1975) ’n Opstel oor Scholtz is gepubliseer in F A van Jaarsveld, Die Evolusie van Apartheid en ander Geskiedkundige Opstelle (Tafelberg, Kaapstad, 1979), pp 90-121, en een oor Van der Merwe in F A van Jaarsveld, Wie en Wat is die Afrikaner? (Tafelberg, Kaapstad, 1981), pp 129-175 Oor Van Jaarsveld het daar ook etlike publikasies verskyn, onder meer ’n reeks artikels (onderskeidelik deur P H Kapp, S F Malan en J W N Tempelhoff) in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 36, 1996

2 A van Jaarsveld, “Dr T S van Rooyen (1920-1967) en die Historiese Geleerdheid”, Historia, 30, 1, Mei 1985, p 51

(2)

Du Plessis het nie net deur sy publikasies nie, maar ook deur sy doseerwerk, sy studieleiding aan magister- en doktorale studente en sy betrokkenheid by liggame soos die Suid-Afrikaanse Argiefkommissie bygedra tot die uitbouing van die geskiedeniswetenskap. Die aard en omvang van hierdie invloed kan nie maklik bepaal word nie en daarom word in hierdie artikel gefokus op Du Plessis se direkte bydrae tot die geskiedskrywing.

Die algemene kenmerke van die Afrikaanse geskiedskrywing gedurende die periode van ongeveer 1945 tot 1975, wat die agtergrond vorm waarteen Du Plessis se werk bestudeer moet word, word in die geskrifte van onder meer Van Jaarsveld, Smith en Kapp3 behandel en word daarom nie hier bespreek nie. Daar word slegs kortliks gelet op die historici wat ’n invloed op Du Plessis se vorming as historikus gehad het.

Daarna word sy publikasies onder die loep geneem,4 veral met die oogmerk om die waarde daarvan vir die geskiedwetenskap aan te dui.5

Loopbaan

Jacobus Stephanus du Plessis is op 15 Julie 1919 op Potchefstroom gebore. Na sy matrikulasie aan die Hoërskool Gimnasium in 1935, het hy aan die destydse Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys (PUK vir CHO)6 gestudeer en daar die BA-graad en die Universiteitsonderwysdiploma behaal. Van 1940 tot 1944 was hy onderwyser aan die Hoërskool Gimnasium op Potchefstroom en die Junior Hoërskool Fakkel in Johannesburg. Hy het intussen nagraadse studie in Geskiedenis aan die PUK gedoen en in 1945 die MA-graad verwerf. In dieselfde jaar het Du Plessis ’n tydelike aanstelling aan sy alma mater as dosent in Geskiedenis gekry en in 1947 het ’n permanente benoeming as senior lektor in die Departement Geskiedenis gevolg. Hy het aanvanklik naas Geskiedenis ook Staatsleer gedoseer.

Du Plessis het intussen voortgegaan met sy doktorale studie en in 1953 die doktorsgraad met lof aan die PU vir CHO verwerf. Hy is in 1963 tot professor bevorder en het in 1967, na die aftrede van prof. D.W. Krüger, hoof van die Departement Geskiedenis geword. Van 1972 tot 1977 was hy ook dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte (in daardie tyd ’n deeltydse amp). Hy het in hierdie jare buite die universiteit ’n ewe belangrike bydrae tot die bevordering van Geskiedenis gelewer as onder meer lid en later (1980-1989) voorsitter van die Suid-Afrikaanse Argiefkommissie, lid van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, bestuurslid van die Historiese Genootskap (1977-1978),

3 F A van Jaarsveld, Geskiedkundige Verkenninge (Van Schaik, Pretoria, 1974); F A van Jaarsveld, Omstrede Suid-Afrikaanse Verlede; Geskiedenisideologie en die Skuldvraagstuk (Lex Patria, Johannesburg, 1984); K Smith, The Changing Past; Trends in South African Historical Writing (Southern, Johannesburg, 1988); P H Kapp, “Kontinentale Kontak en Invloed op die Afrikaanse Geskiedbeoefening”, Historia, 45, 2, 2000, pp 411-437

4 Daar word nie in die artikel gestreef na ’n volledige oorsig van al Du Plessis se publikasies nie Hy het

’n hele aantal kort populêre artikels en boekresensies gelewer, waarvan die meestes nie vir die doel van die artikel van belang is nie en waarna dus nie verwys word nie

5 Daar word feitlik nie na Du Plessis verwys in werke oor die Suid-Afrikaanse historiografie nie en slegs enkele van die resensies wat van sy publikasies verskyn het, bevat meer as ’n kort oorsig oor die inhoud Daar is dus weinig evaluerings deur ander wetenskaplikes van Du Plessis se werk wat vir hierdie artikel gebruik kon word

6 Vanaf 1921 tot 1933 was dit slegs bekend as die Potchefstroomse Universiteitskollege Die afkorting PUK word dikwels gebruik om die kollege, ook wat die periode ná 1933 betref, aan te dui Vir die periode ná 1951, toe die PUK ’n selfstandige universiteit geword het (Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys), is die afkorting PU vir CHO of PU van toepassing Sedert 2004 staan hierdie universiteit as die Noordwes-Universiteit bekend

(3)

redaksielid van Historia (1956-1978) en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Historiese Vereniging (1973-1975). In 1978 is hy as die eerste viserektor van die universiteit benoem en het hy sy akademiese pos as professor in Geskiedenis neergelê. Hy het aan die einde van 1984 afgetree en is in Mei 1990 oorlede.7

Vorming as historikus

Soos uit die vorige afdeling blyk, het Du Plessis se opleiding as historikus geheel en al aan die PUK plaasgevind. In die dertiger- en veertigerjare was dit een van die samestellende kolleges van die Universiteit van Suid-Afrika. Dit was ’n klein inrigting met minder as agthonderd studente8 en tot in 1937 (toe Du Plessis ’n tweedejaarstudent was), was daar net een permanente dosent in die vak Geskiedenis, naamlik prof. A.J.H. van der Walt. Dr. D.W. Krüger is in daardie jaar tot tweede dosent in die Geskiedenisdepartement benoem en in 1945 tot professor bevorder.

Albei historici het ongetwyfeld ’n belangrike invloed op Du Plessis se vorming as historikus gehad. Hy het sy meestersverhandeling onder leiding van Van der Walt voltooi en Krüger was die promotor vir sy doktorale proefskrif.9

Van der Walt was een van die eerste Afrikaanstalige professionele historici. Hy het, soos verskeie van sy kollegas aan ander Suid-Afrikaanse universiteite, gevorderde opleiding in Europa ontvang en is deur die Europese kontinentale tradisie in die geskiedskrywing beïnvloed.10 Die benadering wat gevolg is deur Leopold von Ranke (1795-1886), na wie dikwels as die vader van die wetenskaplike geskiedskrywing verwys word, was voor die Tweede Wêreldoorlog baie invloedryk in Europa.

Friedrich Meinecke (1862-1954), onder wie Van der Walt in 1928 gepromoveer het, was ’n belangrike verteenwoordiger van die Rankeaanse tradisie. Hoewel Von Ranke en sy volgelinge ’n hermeneutiese verstaan van die geskiedenis gekombineer het met

’n poging tot streng objektiwiteit, het die Duitse nasionalisme in die negentiende eeu ook in die wetenskaplike in geskiedskrywing ’n invloed laat geld.11 Afrikanernasionalisme, wat in die vroeë twintigste eeu ’n sterk rol in Suid-Afrika gespeel het, het eweneens ’n neerslag op die Afrikaanse geskiedskrywing gehad.

Van der Walt het steeds daarna gestreef om aan die eise van historiese wetenskaplikheid te voldoen, maar die invloed van Afrikanernasionalisme het beslis in sy werke na vore gekom.12 D.W. Krüger het by geleentheid verklaar dat

7 Anoniem, “J S du Plessis – Onafskeidbaar Deel van die PU vir CHO”, PU-Kaner, 1984, 2, pp 4-6;

F A van Jaarsveld, “J S du Plessis (1919-1990): Potchefstroomse Historikus”, Historia 35, 2, November 1990, pp 1-2

8 Vergelyk J S du Plessis, Geskiedenis van die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys, 1919-1951 (PU vir CHO, Potchefstroom, 1975; Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks A: Geesteswetenskappe, 19), pp 83-84

9 F A van Jaarsveld, “J S du Plessis (1919-1990): Potchefstroomse Historikus”, Historia 35, 2, November 1990, p 1

10 F A van Jaarsveld, Geskiedkundige Verkenninge (Van Schaik, Pretoria, 1974), p 65; P H Kapp,

“Kontinentale Kontak en Invloed op die Afrikaanse Geskiedbeoefening”, Historia, 45, 2, 2000, pp 411-419

11 F A van Jaarsveld, Westerse Historiografie en Geskiedenisfilosofie (HAUM, Pretoria, 1980), pp 11, 26;

E Breisach, Historiography; Ancient, Medieval and Modern (University Press, Chicago, 1994), pp 232-238

12 Dit blyk veral uit A J H van der Walt, ’n Volk op Trek, of ’n Kort Geskiedenis van die Ontstaan en Ontwikkeling van die Ossewabrandwag (Ossewabrandwag, Johannesburg, 1944) en in ’n mindere mate in A J H van der Walt, “Die Groot Trek tot 1838”, in A J H van der Walt, J A Wiid en A L Geyer (reds ), Geskiedenis van Suid-Afrika I (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1951), pp 264-304 Hy verklaar in laasgenoemde werk onder meer dat die Groot Trek ’n belangrike rol gespeel het om ’n

“rassuiwere blanke gemeenskap” in Suid-Afrika te bestendig

(4)

Van der Walt se geskiedbeskouing ’n “harmoniese samesmelting” was van “die Christelike en nasionale tradisie van sy huis en omgewing” met die Duitse vakwetenskaplike tradisie waarmee hy kennis gemaak het tydens sy verblyf aldaar.13

D.W. Krüger was ’n student van Van der Walt en het onder hom gepromoveer. In die voorwoord tot sy proefskrif het hy verklaar dat sy strewe na ’n eie Afrikaanse geskiedbeskouing was. Hy het verduidelik dat hy daarmee bedoel het dat hy veral die geskiedenis van die Afrikaanse volk en van Suid-Afrika, wat in die Engelstalige werke van daardie jare dikwels behandel is as deel van die geskiedenis van die Britse Ryk, behoorlik tot sy reg wou laat kom.14 Hoewel Krüger hom dus met die Afrikaanse nasionale strewe vereenselwig het, was daar in sy werke weinig sprake van ’n nasionalistiese inslag. Hy was een van die min Afrikaanse historici wat ook publikasies in Engels gelewer het. Sy The Age of the Generals,15 later uitgebrei tot The Making of a Nation,16 is lank beskou as ’n belangrike oorsigswerk oor die twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis en is ook aan Engelstalige universiteite as handboek gebruik.17

Soos hieronder verder duidelik sal word, het die Christelike grondslag van die Potchefstroomse Universiteitskollege ’n belangrike invloed op Du Plessis se geskiedbeskouing gehad. Van der Walt en Krüger het hulle albei met ’n Christelike beskouing van die geskiedenis vereenselwig en was sterk daarvan bewus dat die geskiedskrywing altyd deur die heersende denkrigtinge en ideologieë van die tyd en omgewing waarin die historikus werk, beïnvloed word.18

Historiografie en teorie van geskiedenis

Du Plessis het sy magistersverhandeling oor ’n historiografiese onderwerp gedoen, naamlik oor Gustav Preller as historikus van die Groot Trek.19 Dit was, soos Du Plessis self tereg gemeld het, een van die eerste historiografiese studies in Afrikaans.20 Die titel is ietwat misleidend, aangesien daar binne die bestek van 135 bladsye onder meer ’n oorsig gegee is van Preller se lewe en werk, en sy

13 D W Krüger, “Professor A J H van der Walt – ’n Waardering”, Koers, 23, 4, 1956, pp 192-193 14 D W Krüger, “Die Weg na die See, of die Ooskus in die Boere-beleid voor 1877 met Besondere

Verwysing na die Verhouding met die Portugese”, Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse geskiedenis 1, I (Cape Times, Kaapstad, 1938), p 34

15 D W Krüger, The Age of the Generals; a Short Political History of the Union of South Africa, 1910-1948 (Dagbreek, s l , 1958)

16 D W Krüger, The Making of a Nation; a History of the Union of South Africa, 1910-1961 (Macmillan, Johannesburg, 1969)

17 Vergelyk P de Klerk, “D W Krüger as Skrywer van Eietydse Geskiedenis”, Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, 28, 3, Desember 2003, pp 72-91

18 Dit blyk veral uit albei se professorale intreeredes: A J H van der Walt, “Geskiedbeskouing en Geskiedvorsing”, Koers, 23, 6, 1956, pp 212-229 (publikasie van rede gelewer in 1929); D W Krüger,

“Die Relatiwiteit van die Geskiedbeskouing”, Koers, 13, 5, 1946, pp 159-170

19 J S du Plessis, “Dr Gustav Preller as Historikus van die Groot Trek ” MA-verhandeling, Unisa, 1945 Hoofstuk 5 van die verhandeling is, in ietwat verwerkte vorm, gepubliseer - J S du Plessis, “Gustav Schoeman Preller: 4 Okt 1875 – 6 Okt 1943; sy Geskiedbeskouing”, Historia, 1, 2, 1956, pp 156-166 Verder is die slothoofstuk (Hoofstuk 7), ook in hersiene vorm, gepubliseer: J S du Plessis, “Dr Gusta v Preller as Historikus van die Groot Trek” , in B J Liebenberg (red ), Opstelle oor die Suid-Afrikaanse Historiografie (Unisa, Pretoria, 1975), pp 60-63 Du Plessis se biografiese artikel oor Gustav Preller (geskryf saam met A J Antonites) in W J de Kock (red ), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek I (Tafelberg, Kaapstad, 1968), pp 673-678, bevat ’n beknopte samevatting en evaluering van Preller se bydrae tot die geskiedskrywing

20 J S du Plessis, “Dr Gustav Preller as Historikus van die Groot Trek ” MA-verhandeling, Unisa, 1945, p ii

(5)

geskiedbeskouing kortliks beskryf en bespreek is. ’n Hoofstuk is gewy aan die letterkundige gehalte van sy geskiedskrywing en ’n verdere hoofstuk handel oor Preller se biografieë van Piet Retief en Andries Pretorius. Nog ’n hoofstuk dek Preller se bronnepublikasies oor die Trek. In elk van die hoofstukke is heelwat ruimte in beslag geneem deur ’n beskrywing van die inhoud van Preller se geskrifte, waarby dikwels van aanhalings gebruik gemaak is. Daar is tog ook kritiese kommentaar gelewer. Hierby is resensies van Preller se werke gebruik, maar Du Plessis se eie oordeel het tog na vore gekom. Du Plessis het ’n goeie insig in die vereistes waaraan wetenskaplike geskiedwerke moet voldoen, getoon. Hy het dit as ’n groot verdienste van Preller gesien dat hy (Preller) een van die eerste historici was wat “die geskiedenis van sy volk nasionaal vertolk het” en die Afrikaner se “heldetydperk” vir

“sy volk laat herleef” het,21 hoewel Du Plessis ook gemeen het dat Preller “in sy ywer om die nasionale element op die voorgrond te bring”, oorsake van die Groot Trek wat nie direk met die Trekkers se vryheidsdrang in verband gebring kan word nie, oor die hoof gesien het.22 Die verhandeling toon die gebreke van ’n jeugwerk en van ’n eerste poging tot wetenskaplike navorsing, hoewel dit bewys dat Du Plessis oor die vermoëns beskik het om ’n belangrike bydrae tot die geskiedskrywing te lewer.

Verskeie historici het in latere jare oor Preller geskryf.23 Du Plessis se vehandeling kan tans as verouderd beskou word, maar hy het baanbrekerswerk gelewer waarop latere skrywers kon voortbou.

Du Plessis het geen verdere navorsing oor historiografiese temas gedoen nie, maar wel twee oorsigtelike artikels oor ontwikkelinge in die geskiedskrywing geskryf. In 1963 het daar van hom ’n oorsig oor bydraes wat in die jaar 1961 tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing gelewer is, in ’n Nederlandse vakkundige tydskrif verskyn.24 Dit het egter byna geen kritiese bespreking van besondere werke bevat nie.

Hy het verder die belangrikheid van hierdie navorsingsterrein sterk beklemtoon in sy gepubliseerde voorsittersrede by die vyfde tweejaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Historiese Vereniging.25 Hy het daarvoor gepleit dat die historiografie by voorgraadse opleiding in Geskiedenis ingesluit moes word26 en “dat op ernstige, sistematiese, diepgaande wyse ’n omvattende studie van ons geskiedskrywing gemaak” word.27 So ’n studie het hy as noodsaaklik beskou om leemtes in die navorsing oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis bloot te lê en om hervertolking van die geskiedenis te bevorder.28 Du Plessis se belangstelling in die

21 J S du Plessis, “Dr Gustav Preller as Historikus van die Groot Trek ” MA-verhandeling, Unisa, 1945, pp 55, 130

22 J S du Plessis, “Dr Gustav Preller as Historikus van die Groot Trek ” MA-verhandeling, Unisa, 1945, p 100

23 Die mees resente werke oor Preller as geskiedskrywer is P J du Plessis, “Die lewe en werk van Gusta v Preller ” PhD- proefskrif, Universiteit van Pretoria, 1989, en F A van Jaarsveld, Afrikanergeskiedskrywing: Verlede, Hede en Toekoms (Lex Patria, Johannesburg, 1992), pp 18-40 Sien ook I Hofmeyr, “Popularising History: the Case of Gustav Preller”, Journal of African History, 29, 3, 1988

24 J S du Plessis, “Suid-Afrikaanse Kroniek, 1961”, Bijdragen voor de Geschiedenis der Nederlanden, 17, 1963, pp 154-169

25 J S du Plessis, “In die Rigting van ’n Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Geskiedskrywing”, Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 7, November 1975, pp 3-9

26 J S du Plessis, “In die Rigting van ’n Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Geskiedskrywing”, Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 7, November 1975, p 6

27 J S du Plessis, “In die Rigting van ’n Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Geskiedskrywing”, Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 7, November 1975, p 5

28 J S du Plessis, “In die Rigting van ’n Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Geskiedskrywing”, Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 7, November 1975, pp 7-8

(6)

historiografie blyk verder daaruit dat verskeie magistersverhandelinge oor historiografiese onderwerpe onder sy leiding voltooi is.29

Du Plessis het enkele kort bydraes gepubliseer wat op die terrein van die teorie en filosofie van geskiedenis val. Die hoofstuk in sy verhandeling oor Gustav Preller se geskiedbeskouing30 is ’n goeie samevatting van Preller se eie uitsprake in dié verband en bevat ook kritiese kommentaar op Preller se siening dat geskiedskrywing veral beoefen behoort te word weens die opvoedkundige waarde daarvan. Du Plessis het hom verder besig gehou met vraagstukke rondom ’n Christelike benadering tot die geskiedbeoefening. In verskeie van sy korter publikasies het hy aandag aan probleme rondom die rol van “groot manne” in die geskiedenis gegee.31 In aansluiting by die beskouing van K.J. Popma en ander Calvinistiese filosowe, het hy gemeen dat God gesien moet word as die argitek van die geskiedenis en die mense as die boustene. Dit impliseer dat elke mens, hoe belangrik of onbelangrik ook al, ’n historiese taak het.

Die historikus behoort dus nie slegs aandag te gee aan die optrede van belangrike figure nie, maar ook aan dié van groepe en van die “naamlose massa”.32 Die sogenaamde groot manne speel ’n belangrik rol in die geskiedenis, maar hulle bly boustene in God se raadsplan. In ’n Christelike geskiedbeskouing kan aan hulle nie die plek toegeken word wat aan God as maker van die geskiedenis toegeken word nie en daar is nie plek vir heldeverering en menseverheerliking nie.

In sy professorale intreerede het Du Plessis die invloed van die geskiedbeskouing op die geskiedskrywing bespreek.33 Daar het in die verlede én in die twintigste eeu ’n verskeidenheid lewens-, wêreld- en geskiedbeskouinge bestaan. Volgens hom was die gevolg daarvan “’n verskeidenheid, selfs botsende, teorieë aangaande die grondslae van die geskiedenis (as werklikheid) en die historiese interpretasie”.34 Elke historikus benader die geskiedenis vanuit sy eie standpunt, maar verkry beslis ’n bepaalde insig in wat werklik gebeur het. Om dié rede kan geen skrywer se verhaal oor wat in die verlede gebeur het, heeltemal verwerp word nie en moet ’n historikus hom op hoogte stel van ander standpunte “om die historiese waarheid in ander werke nie net te kan beoordeel nie, maar ook te kan waardeer”.35 Die geskiedenis is aan die PU vir CHO uit ’n Christelike, meer bepaald Calvinistiese, standpunt beoefen.

Hierdie standpunt word deur baie as eng en bekrompe beskou, maar Du Plessis het gemeen dat dit juis “op so ’n breë grondslag berus dat die beoefenaar van dié wetenskap nie in bekrompenheid en eensydigheid kan verval nie”.36

29 J J P Steyn, “Die Historiese Biografie in Afrikaans tot 1957: ’n Oorsig ” MA-verhandeling, PU vir CHO, 1960; P de Klerk, “Die Geskiedskrywing oor Paul Kruger ” MA-verhandeling, PU vir CHO, 1969; F J Stemmet, “Gepubliseerde Outobiografiese Bronne oor die Tweede Vryheidsoorlog ” MA-verhandeling, PU vir CHO, 1973; I L J van Vuuren, “Die Beeld van W A van der Stel in die Geskiedskrywing en in D J Opperman se Versdrama Vergelegen.” MA-verhandeling, PU vir CHO, 1973

30 J S du Plessis, “Dr Gustav Preller as Historikus van die Groot Trek ” MA-verhandeling, Unisa, 1945, pp 96-112

31 J S du Plessis, “‘Groot Manne’ in die Geskiedenis”, Koers, 24, 2, Oktober 1956, pp 54-62;

J S du Plessis, “Jeug en Geskiedenis”, in Korps Veritas Vincet (samesteller), Dink aan jou Skepper (Pro Rege, Potchefstroom, 1960), pp 168-184; J S du Plessis, “Wat is Geskiedenis?”, Perspektief, 1, 4, 1963, pp 12-19 Vergelyk ook J S du Plessis, “Dr Gustav Preller as Historikus van die Groot Trek ” MA-verhandeling, Unisa, 1945, pp 96-112

32 J S du Plessis, “Wat is Geskiedenis?”, Perspektief, 1, 4, 1963, p 16

33 J S du Plessis, “Oor Historiese Waarheid”, Koers, 31, 10, April 1964, pp 543-580 34 J S du Plessis, “Oor Historiese Waarheid”, Koers, 31, 10, April 1964, p 572 35 J S du Plessis, “Oor Historiese Waarheid”, Koers, 31, 10, April 1964, p 574 36 J S du Plessis, “Oor Historiese Waarheid”, Koers, 31, 10, April 1964, p 575

(7)

Die historikus B.J. Liebenberg het kritiese kommentaar op hierdie voordrag in die tydskrif Standpunte gelewer37 en daarin veral die moontlikheid en wenslikheid om die geskiedenis vanuit ’n Calvinistiese geskiedbeskouing te beoefen, bevraagteken. Die redaksie van Standpunte het die artikel voor publikasie aan Du Plessis voorgelê en hom die geleentheid gebied om op die kritiek te antwoord, maar Du Plessis het slegs verklaar dat Liebenberg volgens hom “’n heeltemal verkeerde voorstelling en onjuiste interpretasie” van sy beskouing gegee het. Om “op al hierdie wanbegrippe in te gaan sal heelwat meer as ’n artikel van gewone lengte vereis” en sou na Du Plessis se mening ook neerkom op ’n herhaling van wat hy reeds oor die onderwerp geskryf het.

Hy het dus verdere kommentaar oorbodig geag.38 Vandag sou Liebenberg se pleidooi vir ’n “wetenskaplike geskiedskrywing, selfs al sou dit ‘droog’ en ‘koud’ en ‘dood’

wees – waar Jesuïet, Calvinis, Kommunis, Konserwatief, Liberalis en Fascis mekaar op gemeenskaplike grond kan ontmoet”39 waarskynlik minder aanklank onder historici vind as veertig jaar gelede. Tog kan moeilik ontken word dat hy enkele wesenlike probleme in Du Plessis se beskouing na vore gebring het. Hy het tereg daarop gewys dat Du Plessis se stelling dat elke weergawe van die geskiedenis vanuit die outeur se beskouing “histories waar” is,40 die gevaar van ’n relatiwisme inhou.

Hierdie stelling is ook nie heeltemal in lyn met Du Plessis se betoog aan die einde van sy voordrag dat vanuit ’n Calvinistiese beskouing sekere elemente van ander geskiedbeskouings aanvaar kan word en ander nie.41

Liebenberg het in sy kommentaar op Du Plessis se intreerede opgemerk dat die werke van historici wat ’n Christelik-Calvinistiese beskouing huldig, nie eintlik anders lyk as dié van diegene wat nie so ’n beskouing het nie.42 Kom Du Plessis se Christelike geskiedbeskouing in sy geskiedskrywing na vore? Daar sal gepoog word om hierdie vraag aan die einde van die artikel te beantwoord. In hierdie afdeling moet sy artikel oor die betekenis van die Vrede van Vereeniging43 tog vermeld word, omdat dit, wat

’n belangrike gedeelte daarvan betref, gesien kan word as ’n poging om Christelike beskouinge oor die geskiedenis op ’n besondere historiese onderwerp toe te pas. Hy het gemeen dat die doel van God met die oorlog en die vrede sestig jaar na die vredesluiting “in die verdere geskiedenis daarna deur God aan ons geopenbaar” is “tot so ’n mate as wat dit Hom behaag het”. Die vrede, wat deur die Boere as ’n graf gesien is, het volgens Du Plessis geblyk te wees “’n geboorte-oomblik van ’n nuwe tydperk in die geskiedenis van ons land en volk”. Dit het gelei tot die vereniging van alle Afrikaners in Suid-Afrika en tot ’n versterkte nasionale bewussyn en was ’n

“belangrike moment in die proses van die staatkundige vereniging van Suid-Afrika”, asook in die “uiteindelike verwesenliking van die vryheids- en onafhanklikheidsideaal

37 B J Liebenberg, “Historiese Waarheid en ’n Calvinistiese Geskiedbeskouing”, Standpunte, 19, 6, Augustus 1966, pp 53-66,

38 J S du Plessis, “Kommentaar op B Liebenberg se artikel getiteld ‘Historiese Waarheid en ’n Calvinistiese Geskiedbeskouing’”, Standpunte, 19, 6, Augustus 1966, p 67

39 B J Liebenberg, “Historiese Waarheid en ’n Calvinistiese Geskiedbeskouing”, Standpunte, 19, 6, Augustus 1966, p 59

40 J S du Plessis, “Oor Historiese Waarheid”, Koers, 31, 10, April 1964, p 574 41 J S du Plessis, “Oor Historiese Waarheid”, Koers, 31, 10, April 1964, pp 575-577

42 B J Liebenberg, “Historiese Waarheid en ’n Calvinistiese Geskiedbeskouing”, Standpunte, 19, 6, Augustus 1966, p 66

43 J S du Plessis, “Enkele Gedagtes oor die Betekenis van die Vrede van Vereeniging”, Historia, 7, 1, Maart 1962, pp 47-59

(8)

in Suid-Afrika”.44 Du Plessis het hierdie woorde kort na die republiekwording in 1961 geskryf en sy perspektief op die vrede is duidelik deur die ontwikkelinge van daardie tyd beïnvloed.

Hy was geen geskiedfilosoof nie en die waarde van sy artikels op hierdie terrein lê hoofsaaklik daarin dat hy die beskouinge van veral Nederlandse Calvinistiese denkers vir Afrikaanse geskiedwetenskaplikes en geskiedenisstudente toeganklik gemaak het.

Politieke en konstitusionele geskiedenis

In 1952 het Du Plessis se bronnepublikasie President Kruger aan die Woord verskyn.45 Dit was sy vroegste gepubliseerde bydrae op die terrein van die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis. Daar is reeds in 1951 ’n werk gepubliseer waarin Kruger se staatsopvattinge krities bespreek is,46 maar dit was blykbaar nog nie tot Du Plessis se beskikking toe hy sy boek saamgestel het nie. Smit het ook nie volledige toesprake van Paul Kruger weergegee nie, en Du Plessis se werk waarin Kruger se vertaalde manifeste en redes (wat ongeveer ’n honderd bladsye beslaan) van uitvoerige aantekeninge (omtrent veertig bladsye in totaal) voorsien is, was ’n belangrike aanvulling tot Smit se studie om insig in Kruger se politieke denke te verkry. In sy inleiding tot die bundel het D.W. Krüger verduidelik dat die bedoeling met hierdie Afrikaanse vertaling van Paul Kruger se toesprake en die meegaande verklarende aantekeninge was om Kruger se opvattinge aan ’n wyer publiek bekend te stel en in besonder ’n bydrae te maak tot “die Calvinistiese denke en doen in ons land”.47 Du Plessis het self die wens uitgespreek dat die werk van nut sou wees vir studente en sprekers by “Kruger-feeste” en “dat dit vir ons ganse volk as inspirasie mag dien”.48 Vanuit hierdie oogpunt gesien, het hy ’n paslike seleksie gedoen. Al Kruger se presidensiële verkiesingsmanifeste en intreeredes is in die publikasie opgeneem, maar verder bevat die bundel net vier gedeeltes van volksraadsredes, drie toesprake by Paardekraalbyeenkomste, asook twee ander redes. Dit is duidelik dat toesprake gekies is waarin Kruger se politieke opvattinge en sy siening van die geskiedenis en van die Boere se plek daarin veral na vore kom.49

Wat Du Plessis se toeligtende aantekeninge betref, bevat dit veral verdere inligting oor gebeure waarna Kruger verwys het en is daarin gepoog om sy politieke opvattinge verder te verduidelik. Hierdie verduidelikinge wek soms die indruk dat

44 J S du Plessis, “Enkele Gedagtes oor die Betekenis van die Vrede van Vereeniging”, Historia, 7, 1, Maart 1962, pp 54-59

45 S J P Kruger en J S du Plessis, President Kruger aan die Woord. Verkiesingsmanifeste, Intree-redes en Toesprake van President S.J.P. Kruger, Vertaal en van Aantekeninge Voorsien deur J.S. du Plessis (Pro Rege, Potchefstroom, 1952, 157 paginas)

46 F P Smit, Die Staatsopvattinge van Paul Kruger (Van Schaik, Pretoria, 1951)

47 D W Krüger, “Inleiding” in S J P Kruger en J S du Plessis, President Kruger aan die Woord.

Verkiesingsmanifeste, Intree-redes en Toesprake van President S.J.P. Kruger, Vertaal en van Aantekeninge Voorsien deur J.S. du Plessis (Pro Rege, Potchefstroom, 1952), p 11

48 S J P Kruger en J S du Plessis, President Kruger aan die Woord. Verkiesingsmanifeste, Intree-redes en Toesprake van President S.J.P. Kruger, Vertaal en van Aantekeninge Voorsien deur J.S. du Plessis (Pro Rege, Potchefstroom, 1952), ongenommerde voorwoordbladsy A G Coetsee, in sy boekbespreking van President Kruger aan die Woord, Koers, 21, 1, Augustus 1953, p 103, meen dat die werk “onmisbaar vir almal wat besiel is met die republikeinse ideaal en Calvinistiese staatsidee” behoort te wees

49 Smit se uiteensetting van Kruger beskouinge in sy Die Staatsopvattinge van Paul Kruger, is gebaseer op

’n baie groter aantal toesprake en opmerkings van Paul Kruger, soos veral in die Volksraadsnotules opgeteken

(9)

Du Plessis net sy mening oor wat Kruger met bepaalde stellings bedoel het, kategories weergegee het en dat hy nie werklik Kruger se woorde binne die konteks waarin hulle uitgespreek is, geïnterpreteer het nie. Hy het byvoorbeeld verklaar dat Kruger se bekende uitspraak, naamlik dat hy in die stem van die volk die stem van God hoor, nie in ’n “liberalistiese of humanistiese betekenis” vertolk moet word nie, maar dat dit

“suiwer Calvinisties” bedoel is.50 Smit het oortuigend aangetoon dat Kruger se staatsopvattinge nie net deur die Calvinisme beïnvloed is nie, maar ook deur die beskouinge van die Kaapse Patriotte en daarmee deur die denkbeelde van die Verligting.51 Selfs D.W. Krüger het in sy biografie van Paul Kruger verklaar dat sy woorde oor die stem van God en die stem van die volk gesien moes word as ’n

“natuurlike samesmelting” tussen Calvinisme en liberale demokrasie.52

Du Plessis se proefskrif, wat in 1955 gepubliseer is,53 kan as sy vernaamste bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing beskou word. Met hierdie uitgebreide werk, wat op omvattende argiefnavorsing gegrond is, het hy hom veral op die terrein van die Suid-Afrikaanse konstitusionele geskiedenis begeef en het hy voortgebou op die navorsing van sy voorganger en leermeester, A.J.H. van der Walt, oor die regeringstelsels van die Voortrekkers en die republikeinse Boere.54 Verskeie ander historici het ook oor aspekte van hierdie onderwerp geskryf. In die eerste vier hoofstukke van die boek is die bestuurstelsels van die Voortrekkers en Transvaalse Boere voor 1858 opnuut bekyk, maar hier met besondere aandag aan die problematiek rondom die pos van ’n bestuurs- of staatshoof, wat uiteindelik daarop uitgeloop het dat M.W. Pretorius deur die Boere in Transvaal as president aanvaar is. Du Plessis het nie met baie nuwe gevolgtrekkings na vore gekom nie, maar, soos F.A. van Jaarsveld tereg genoem het, het hy ’n sistematiese behandeling van die

50 S J P Kruger en J S du Plessis, President Kruger aan die Woord. Verkiesingsmanifeste, Intree-redes en Toesprake van President S.J.P. Kruger, Vertaal en van Aantekeninge Voorsien deur J.S. du Plessis (Pro Rege, Potchefstroom, 1952), p 117 Hy verklaar ook dat Kruger telkens verwys na “Gods volk” en dat hy die volk dus nie net sien as ’n som van individue soos in die “atomistiese Liberalisme” nie Hierdie negatiewe siening van die liberalisme en van die Suid-Afrikaanse parlementêre stelsel as ’n produk van die liberalisme het gedurende die dertiger- en veertigerjare sterk onder Afrikaners na vore gekom, veral by diegene wat die Ossewa-Brandwag gesteun het Du Plessis se leermeester A J H van der Walt, wat

’n leiersfiguur in die Ossewa-Brandwag was, het hom sterk teen die invloed van die liberalisme uitgespreek en ook probeer aantoon dat die regeringstelsel wat in die Boererepublieke gegeld het, nie deur die negentiende-eeuse liberalisme beïnvloed is nie - A J H van der Walt, “Die Ontwikkeling van Boere-bestuursinstellinge”, in A J H van der Walt, J A Wiid en A L Geyer (reds ), Geskiedenis van Suid-Afrika II (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1951), pp 70-98 Du Plessis se siening van Kruger se staatsopvattinge is waarskynlik beïnvloed deur Van der Walt se beskouinge en deur die pogings van Afrikanerskrywers gedurende die vorige twee dekades om aan te toon dat Paul Kruger beslis nie as ’n liberale demokraat beskou moet word nie (Vergelyk byvoorbeeld J A Coetzee, Oom Paul en die Demokrasie [Voortrekkerpers, Johannesburg, 1942])

51 F P Smit, Die Staatsopvattinge van Paul Kruger (Van Schaik, Pretoria, 1951), pp 112-115, 190-215 52 D W Krüger, Paul Kruger, II, 1883-1904 (Afrikaanse Pers-boekhandel, Johannesburg, 1963), p 806 53 J S du Plessis, “Die Ontstaan en Ontwikkeling van die Amp van Staatspresident in die Zuid-

Afrikaansche Republiek, 1858-1902”, Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 18, I (Nasionale Handelsdrukkery, Elsiesrivier, 1955), pp 1-287

54 Van der Walt het bewewens sy reeds genoemde hoofstuk, “Die Ontwikkeling van Boere-bestuursinstellinge”, ’n magistersverhandeling oor die die vroeëe regeringstelsel van die Zuid-Afrikaansche Republiek geskryf Dit is reeds in 1923 in ’n reeks afleweringe in ’n Potchefstroomse tydskrif gepubliseer: A J H van der Walt, “Die Vroegste Konstitusionele Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek (1836-1858)”, Die Saaier; Orgaan van die Vereniging vir Kristelike Hoger Onderwys en die Unie van Oudstudente van die Teologiese Skool en die P.U.K., 1, 4, Augustus 1923, pp 8-10; Die Saaier, 1, 5, September 1923, pp 6-10; Die Saaier, 1, 6, Oktober 1923, pp 7-11; Die Saaier, 1, 7, November 1923, pp 6-9

(10)

onderwerp gedoen “op ’n logiese en oortuigende wyse soos nog nie tevore gedoen is nie”.55

Die grondwet van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), wat in 1858 tot stand gekom het, is in ’n afsonderlike hoofstuk bespreek, waarna ses hoofstukke volg waarin die verdere ontwikkeling van die staatspresidentsamp tot 1902 bekyk is. Elke hoofstuk handel oor ’n bepaalde aspek van die presidentsamp, naamlik die verkiesing en diensvoorwaardes van die Staatspresident, sy uitvoerende magte, sy wetgewende bevoegdhede en verhouding met die Volksraad, sy regterlike gesag, sy militêre pligte en bevoegdhede en probleme rondom die plaasvervanging van die President. Die onderwerp leen hom daartoe dat Du Plessis, wat hierdie hoofstukke betref, ’n tematiese werkwyse kon volg. Die tematiese indeling is ook na die onderafdelings deurgevoer. In die hoofstuk oor die President se uitvoerende magte is sy verhouding tot die Uitvoerende Raad byvoorbeeld eers bespreek, waarna op sy bevoegdhede ten opsigte van die sentrale administrasie, gewestelike bestuur en buitelandse betrekkinge ingegaan is. Du Plessis het telkens sy gevolgtrekkinge bondig weergegee en daar is geen sprake van onnodige uitweidings nie. Hierdie wyse van behandeling lei daartoe dat sekere ontwikkelinge, soos die woelinge rondom die presidentsamp in die periode 1860-1864,56 nie veel aandag ontvang het nie.

Die werk is oor die algemeen beskrywend van aard, maar daar is ook gedeeltes waar faktore ontleed en die standpunte van ander skrywers bespreek en beoordeel is. Waar Du Plessis beoordeel het, is dit duidelik na opweging van alle aspekte, op ’n streng wetenskaplike wyse, gedoen.57 Hoewel die werk wat analise betref dus nie veel tekort skiet nie, sou ’n mens tog meer sintese wou sien. Die meeste hoofstukke is nie afgerond met samevattende slotbeskouings nie en die slotgedeelte van die proefskrif, wat net enkele bladsye beslaan, is wat die grootste gedeelte daarvan betref, nie veel meer as ’n opsomming nie. In sy slotparagraaf het Du Plessis enkele gevolgtrekkinge gemaak. Hy het gemeen dat die feit dat die presidentsamp vanaf die sestigerjare van die negentiende eeu heelwat ontwikkeling deurgemaak het, veral daaraan toe te skryf was dat die twee Presidente uit hierdie periode, T.F. Burgers en S.J.P. Kruger, albei bekwame persone was wat ’n eie stempel op die amp afgedruk het. Hy het sy bewondering vir Kruger uitgespreek – ’n “ongeleerde seun van die land”, wat volgens hom veral daarvoor verantwoordelik was dat die presidentsamp in die laaste twee dekades van die ZAR se bestaan groot aansien in die republiek self, sowel as in die buiteland gehad het.58 Hierdie belangrike gevolgtrekkinge is egter nie duidelik in hierdie paragraaf of in die voorafgaande hoofstukke gemotiveer nie.

Du Plessis het nie op die Europese en Amerikaanse agtergrond waarteen die ontwikkeling van die presidentsamp beskou moet word, ingegaan nie. In die hoofstuk oor die grondwet van 1858, het hy net ’n kort bespreking van die invloed van ander

55 F A van Jaarsveld, “Suid-Afrikaanse kroniek, 1955”, Bijdragen voor de Geschiedenis der Nederlanden, 11, 1956, p 268

56 F A van Jaarsveld, “Suid-Afrikaanse kroniek, 1955”, Bijdragen voor de Geschiedenis der Nederlanden, 11, 1956, p 269, sien die gebrekkige behandeling van die ontwikkelinge in hierdie periode as ’n leemte in die werk

57 Vergelyk F A van Jaarsveld, “Suid-Afrikaanse kroniek, 1955”, Bijdragen voor de Geschiedenis der Nederlanden, 11, 1956, p 269

58 J S du Plessis, “Die Ontstaan en Ontwikkeling van die Amp van Staatspresident in die Zuid- Afrikaansche Republiek, 1858-1902”, Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 18, I (Nasionale Handelsdrukkery, Elsiesrivier, 1955), p 271

(11)

grondwette, soos dié van die Verenigde State van Amerika (VSA) en Nederland (dit wil sê die grondwet van die Bataafse Republiek van 1798) op die totstandkoming van die grondwet van die ZAR (ook wat betref die presidentsamp), ingesluit.59 Hier het hy hoofsaaklik van die werke van Van der Walt en Wypkema gebruik gemaak.60 Du Plessis het in die verdere hoofstukke soms vergelykings met die posisie in die Oranje-Vrystaat getref, maar slegs hier en daar baie kortliks verwys na praktyke in die VSA en ander lande. Hy het nie duidelik aangetoon hoe die presidentsamp van Transvaal van dié van ander lande verskil het nie. Vandag is ’n republikeinse staatsvorm met ’n uitvoerende president aan die hoof ’n algemene verskynsel, maar teen die middel van die negentiende eeu was dit net in die VSA en ’n aantal Latyns-Amerikaanse lande wat staatspresidente met uitvoerende magte voorgekom het.61 Die ontwikkeling van die presidentsamp in die Boererepublieke is daarom waarskynlik veral beïnvloed deur die stelsel wat in die VSA gegeld het. ’n Vergelyking met die presidentsamp in die VSA en sommige Suid-Amerikaanse state sou veral waardevol wees om te weet in watter opsigte die Transvaalse presidentsamp unieke kenmerke gehad het. Dit kom egter nie goed in die werk na vore nie. Die beswaar van die Nederlandse historikus, W.P. Coolhaas, teen baie van die studies wat in die Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis opgeneem is, naamlik dat die onderwerp nie voldoende binne die raamwerk van die algemene geskiedenis geplaas word nie, geld dus ook vir Du Plessis se verhandeling.62 Die werk toon dus ’n na- binne-gerigtheid wat dikwels ’n kenmerk is van nasionalistiese, of ten minste volksentriese, geskiedskrywing. Die boek bly tog steeds die standaardwerk oor hierdie belangrike tema in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Du Plessis het verder ’n hoofstuk geskryf in ’n omvattende oorsigswerk oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis, wat jare lank as handboek aan Afrikaanse universiteite gebruik is. Dit handel oor die interne ontwikkeling van die ZAR.63 Hierin is ’n goeie

59 J S du Plessis, “Die Ontstaan en Ontwikkeling van die Amp van Staatspresident in die Zuid-Afrikaansche Republiek, 1858-1902”, Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 18, I (Nasionale Handelsdrukkery, Elsiesrivier, 1955), pp 121-125

60 A J H van der Walt, “Die Ontwikkeling van Boere-bestuursinstellinge”, in A J H van der Walt, J A Wiid en A L Geyer (reds ), Geskiedenis van Suid-Afrika II (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1951); A Wypkema, De Invloed van Nederland op Ontstaan en Ontwikkeling van de Staatsinstellingen der Z.A. Republiek tot 1881 (De Bussy, Pretoria, 1939) Die invloed van besondere filosofiese denkbeelde, soos dié van die Verligting, op die bestuurstelsels van die Boere waaroor daar, soos hierbo genoem, verskillende beskouinge was, word dus nie deur Du Plessis bespreek nie

61 Politieke eenhede wat as republieke bekend gestaan het, het sedert die dae van die ou Romeinse Republiek in Europa voorgekom Hulle het egter meesal, soos ook in die bekende Nederlandse Republiek van die sewentiende eeu, nie ’n enkele uitvoerende hoof gehad nie Selfs die eerste Franse Republiek, gestig in 1792, het meer as een uitvoerende gesagsdraer gehad Na die 1848-rewolusie was daar ’n uitvoerende president, maar Frankryk is reeds in 1852 omskep in ’n keiserryk In die Derde Franse Republiek, wat in 1871 tot stand gekom het, het die president hoofsaaklik net simboliese funksies gehad Die meeste ander Europese state het, ten minste nog tot die Eerste Wêreldoorlog, monargieë gebly In Asië en Afrika (noord van die Limpopo) was die verskynsel van republieke en presidente onbekend voordat die tydperk van Westerse beheer in die eerste dekades na die Tweede Wêreldoorlog ten einde gekom het Vergelyk onder meer M C E van Schoor en J J van Rooyen, Republieke en republikeine (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1960), pp 1-26

62 W P Coolhaas, “Het Argief-jaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis en zijn Betekenis voor de Historische Wetenschap”, Zuid-Afrika, 36, 1959, pp 21-23 Coolhaas skryf nie spesifiek oor Du Plessis se werk in hierdie verband nie, en meld in sy artikel, waarin hy net baie kortliks na die meeste bydraes in die Argiefjaarboek verwys, dat Du Plessis met sy studie “veel inzicht geeft”

63 J S du Plessis, “Die Suid-Afrikaanse Republiek”, in C F J Muller (red ), Vyfhonderd Jaar Suid- Afrikaanse geskiedenis (Academica, Pretoria, 1968), pp 223-262 Daar het in 1975, 1980 en 1987 hersiene uitgawes van die boek verskyn Die inhoud van Du Plessis se hoofstuk het egter onveranderd

(12)

beeld van veral die politieke ontwikkeling van die republiek gegee, gegrond op die groot aantal publikasies, proefskrifte en verhandelinge wat voor 1968 oor aspekte van hierdie geskiedenis verskyn het. Die verskillende ontwikkelinge en gebeure is hoofsaaklik in kronologiese volgorde beskryf, en die hoofstuk kan, soos die ander hoofstukke in die boek, as verhalende geskiedskrywing bestempel word. Die hooftemas is tog in aparte afdelings behandel en die hoofstuk vorm ’n goed samehangende geheel waarin uitgestyg word bo ’n feitelike relaas. Soos in sy meeste ander werke, het Du Plessis baie versigtig geïnterpreteer en gepoog om so objektief as moontlik te skryf. Daar is, soos in die ander hoofstukke, weinig aandag gegee aan ekonomiese, sosiale en kultuurgeskiedenis. Aangesien die boek, soos Muller in die voorwoord aangedui het, handel oor “die doen en late van die Witman in Suid-Afrika”,64 is ook in hierdie hoofstuk gekonsentreer op die lotgevalle van die wit inwoners van Transvaal.

Hierbenewens het verskeie kort biografieë oor figure uit die Transvaalse geskiedenis uit die pen van Du Plessis in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek verskyn.

Die uitgebreide artikels oor drie belangrike politieke en militêre leiers, naamlik generaals Piet Joubert, Koos de la Rey en Piet Cronjé is veral vermeldenswaardig.65 Du Plessis het verder ’n belangrike bydrae gelewer tot die uitbreiding van wetenskaplike kennis oor die Suid-Afrikaanse politieke en konstitusionele geskiedenis deur studieleiding te verskaf aan doktorale studente wat navorsing op hierdie terrein verrig het.66

Universiteitsgeskiedenis

Hoewel Du Plessis se belangrikste werk op die terrein van die politieke en konstitusionele geskiedenis van Transvaal lê, was hy sterk daarvan bewus dat die politieke geskiedenis dikwels ten koste van ander aspekte in die Afrikaanse geskiedskrywing beklemtoon word.67 Hy het self publikasies op verskeie terreine van die geskiedkunde gelewer. Benewens sy reeds vermelde bydraes tot die historiografie en teorie van geskiedenis, het hy ’n omvattende werk oor die geskiedenis van die Potchefstroomse Universiteitskollege die lig laat sien. Hierdie geskrif is aanvanklik net in manuskripvorm in die universiteitsbiblioteek beskikbaar gestel68 en later in

gebly Daar is ook ’n Engelse vertaling van die boek gepubliseer: C F J Muller (ed), Five Hundred Years: a History of South Africa (Academica, Pretoria, 1969)

64 C F J Muller “Inleiding” , in C F J Muller (red ), Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis (Academica, Pretoria, 1968), p xi

65 J S du Plessis, “De la Rey, Jacobus Hercules (Herculaas Koos)” en “Joubert, Petrus Jacobus (Piet)”, in W J de Kock (red ), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek I (Tafelberg, Kaapstad, 1968), pp 223-227, 431-436; J S du Plessis, “Cronjé, Pieter (Piet) Arnoldus”, in D W Krüger en C J Beyers (reds ), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek III (Tafelberg, Kaapstad, 1977), pp 190-193 Hierdie artikels is ook vertaal en in die Engelstalige uitgawe van die biografiese woordeboek (Dictionary of South African Biography, Tafelberg, Kaapstad, I-III, 1969-1977) opgeneem 66 Die proefskrifte wat onder sy leiding voltooi is, sluit in: F J Grobler, “Die Invloed van Blanke Arbeid op

die Suid-Afrikaanse Politiek van 1886-1924”, D Litt-proefskrif, PU vir CHO, 1969; G N van den Bergh, “Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek”, D Litt-proefskrif, PU vir CHO, 1972, later gepubliseer in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, (Staatsdrukker, Pretoria, 1980);

J H Snyman, “Die Afrikaner in Kaapland, 1899-1902”, D Litt-proefskrif, PU vir CHO, 1973, later gepubliseer in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 42 (Pretoria, Staatsdrukker, 1979); P F van der Schijff, “Eric H Louw in die Suid-Afrikaanse politiek tot 1948”, D Litt-proefskrif, 1974 67 J S du Plessis, “In die Rigting van ’n Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Geskiedskrywing”,

Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 7, November 1975, p 8

68 J S du Plessis, “In u Lig; ’n Geskiedenis van die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys, 1921-1951 ” Manuskrip in Ferdinand Postma-biblioteek, PU vir CHO, Potchefstroom,

(13)

verkorte vorm gepubliseer.69 Du Plessis, wat die werk in opdrag van die Raad van die PU vir CHO onderneem het,70 het hom bepaal by wat hy “die amptelike geskiedenis van die inrigting” genoem het. Daar is dus nie aandag gegee aan studente-aktiwiteite nie en verder is feitlik slegs van universiteitsdokumente gebruik gemaak en nie van mondelinge mededelings van byvoorbeeld personeellede en oudstudente nie. As rede vir hierdie benadering het hy aangevoer dat hy as oudstudent en dosent van die PUK baie naby aan die gebeurtenisse gestaan het en daarom gemeen het dat hy hom van interpretasies wat nie direk op die dokumentêre bronne gebaseer was nie, moes weerhou. Die feit dat die meeste persone waarna hy in sy werk verwys het, teen 1961 nog in die lewe was, was vir hom ’n verdere belemmering om te interpreteer en te beoordeel. Hy het besef dat hy in baie opsigte as ’n kroniekskrywer, eerder as ’n geskiedskrywer opgetree het.71 Alhoewel ’n mens begrip het vir die probleme wat Du Plessis aangedui het, neem dit nie die beswaar weg dat veral die tweede en derde afdelings van die werk ’n kroniekagtige karakter het waarin hoofsaaklik net ’n groot aantal feite meegedeel word nie.72

Die eerste deel, wat omtrent tagtig bladsye van die gepubliseerde werk beslaan, handel veral oor die kollege se stryd teen die gewetensklousule in die Hoër Onderwyswet van 1917, wat meegebring het dat die instelling tot in 1933 nie amptelik as ’n universiteitskollege vir Christelike hoër onderwys kon bekendstaan nie. Dit bied

’n goeie perspektief op ’n belangrike episode in die geskiedenis van die PU vir CHO.

Die gedeelte oor interne akademiese ontwikkeling beslaan byna honderd bladsye. Die ontstaan van fakulteite, departemente en studierigtings is deeglik behandel. Dit bevat egter onnodige detail, veral oor personeellede – daar is byvoorbeeld selfs verwysings na persone wat as assistente opgetree het of wat waargeneem het in die plek van personeellede wat met verlof was. Die vraag hoe Christelike hoër onderwys in die praktyk aangebied is, en in hoeverre vakinhoude van dié van ander universiteite en kolleges verskil het, is nie bespreek nie. Ook is daar nie ingegaan op navorsingswerk wat aan die PUK verrig is nie. Die derde deel (ongeveer sestig bladsye) handel oor die beheer en administrasie, terrein en geboue, losieshuise, asook die biblioteek, en het eweneens ’n baie feitelike karakter.

Du Plessis se navorsingswerk oor universiteitsgeskiedenis het dus ’n resultaat opgelewer wat nie in alle opsigte as bevredigend beskou kan word nie, maar sy publikasie (en veral ook die meer uitgebreide manuskrip waarin die bronneverwysings voorkom) is tog ’n waardevolle naslaanwerk oor ’n groot verskeidenheid aspekte rakende die vroeë geskiedenis van die PU vir CHO.

gedateer 1961 Dit beslaan 514 bladsye; dit is feitlik dieselfde lengte as Du Plessis se doktorsproefskrif in manuskripvorm

69 J S du Plessis, Geskiedenis van die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys, 1919-1951. Die boek beslaan 242 bladsye Die verkorting het hoofsaaklik behels dat voetnote weggelaat is Verder is lang aanhalings verkort of saamgevat Daar is dus geen hoofstukke of afdelings uit die manuskrip weggelaat nie

70 J S du Plessis, “In u Lig; ’n Geskiedenis van die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys, 1921-1951 ” Manuskrip in Ferdinand Postma-biblioteek, PU vir CHO, Potchefstroom, gedateer 1961”, p i (voorwoord)

71 J S du Plessis, “ In u Lig; ’n Geskiedenis van die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys, 1921-1951 ” Manuskrip in Ferdinand Postma-biblioteek, PU vir CHO, Potchefstroom, gedateer 1961, p i

72 Vergelyk P F van der Schijff, Wonderdaad! Die PUK tot 1951: Wording, Vestiging en Selfstandigheid (PU vir CHO, Potchefstroom, 2003), p xvi

(14)

Afrikageskiedenis

Du Plessis was een van die eerste Afrikaanse historici om die belangrikheid van Afrikageskiedenis te besef en hy het in 1969 aan die School of African and Oriental Studies in Londen navorsing gedoen oor voorkoloniale Afrikageskiedenis.73 Sy loopbaan het egter kort daarna ’n nuwe wending geneem toe hy as dekaan sy tyd grotendeels aan akademiese bestuur moes wy. Sy navorsing op hierdie terrein het daarom net tot enkele beknopte oorsigtelike studies, gegrond op gepubliseerde werke, van die geskiedenis van verskeie lande in Suider-Afrika gelei.74 Uit hierdie publikasies en veral uit ’n kort artikel oor bronne by die bestudering van voorkoloniale Afrikageskiedenis,75 blyk sy belangstelling in die geskiedenis van die inheemse inwoners van Afrika. Hy het groot begrip getoon vir die behoefte van die inwoners van pas onafhanklike Afrikastate om meer oor hulle eie geskiedenis te wete te kom en het dit veral as noodsaaklik beskou dat mondelinge oorleweringe opgeteken moes word. Hy het gemeen dat “’n doelbewuste en gekonsentreerde poging aangewend moet word om die mondelinge oorleweringe wat vandag nog by die verskillende Bantoevolke voortleef onverwyld en so vinnig moontlik te versamel en op te teken”.76

Slotbeskouing

Soos die meeste Afrikaanse historici van sy tyd, was Du Plessis veral geïnteresseerd in die geskiedenis van die Afrikaner en het hy op daardie terrein ’n bydrae gelewer.

Meer in besonder het hy die Transvaalse politieke en konstitusionele geskiedenis bestudeer. Oor die verhouding tussen die verskillende rasse- of bevolkingsgroepe in Suid-Afrika, waarmee Engelstalige historici in Suid-Afrika hulle sedert die begin van die vorige eeu in toenemende mate besig gehou het, het hy feitlik geen navorsing gedoen nie. Sy belangstelling in Afrikageskiedenis toon dat hy wel die belangrikheid daarvan dat die Suid-Afrikaanse geskiedenis in ’n Afrikakonteks bekyk moet word, besef het. Sy werk op die terrein van universiteitsgeskiedenis, asook die historiografie en geskiedenisfilosofie, toon verder dat sy belangstelling veel wyer as die politieke geskiedenis van die Afrikaner gestrek het.

Du Plessis se fokus op Afrikanergeskiedenis het nie meegebring dat hy die geskiedenis deur ’n eng Afrikanernasionalistiese bril gesien het nie. Dit is duidelik dat die strewe na ’n streng wetenskaplike en onpartydige benadering, wat die werk van sy leermeesters kenmerk, ook by hom sterk aanwesig was. Ongelukkig het sy pogings om alle vorme van bevooroordeeldheid te vermy, daartoe gelei dat hy so versigtig was om self interpretasies te doen, dat sy werk soms geneig het na ’n droë relaas van feite. Dit kom veral in sy studie oor die geskiedenis van die PU vir CHO na vore.

73 Vergelyk F A van Jaarsveld, “J S du Plessis (1919-1990): Potchefstroomse Historikus”, Historia 35, 2, November 1990, p 1

74 J S du Plessis, “Die Federasie van Rhodesië en Njassaland – ’n Kort Historiese Oorsig”, in PU vir CHO (uitgewer), Blik op Afrika; Voordragte voor die Afrika-seminaar van die PU vir CHO (PU vir CHO, Potchefstroom, 1962), pp 204-219; J S du Plessis, “Oorsig oor die Geskiedenis van Malawi”, in J P van Brakel e a , Malawi; ’n Verkenning (PU vir CHO, Potchefstroom, 1974: Wetenskaplike Bydraes van die PU vir CHO, reeks A: Geesteswetenskappe, 12), pp 5-14; J S du Plessis, “Historiese Oorsig”, in J S van der Merwe e a , Madagaskar (PU vir CHO, Potchefstroom, 1974; Wetenskaplike Bydraes van die PU vir CHO, reeks A: Geesteswetenskappe, 13), pp 11-34

75 J S du Plessis, “Bronne vir Voorkoloniale Geskiedenis”, S.A. Argiefblad, 12, 1970, pp 9-14 76 J S du Plessis, “Bronne vir Voorkoloniale Geskiedenis”, S.A. Argiefblad, 12, 1970, p 13

(15)

Du Plessis het hom veral van ander Afrikaanse historici onderskei in sy strewe om die geskiedenis vanuit ’n Christelike perspektief te bestudeer. Sy medehistorikus en tydgenoot, F.A. van Jaarsveld, het in ’n kort huldeblyk aan Du Plessis dan ook melding gemaak van sy Christelik-Calvinistiese geskiedbeskouing.77 Hierdie beskouing het egter nie ’n baie duidelike neerslag in sy werk gevind nie. Dit het wel

’n invloed gehad op die keuse van temas soos die staatsopvattinge van Paul Kruger en die geskiedenis van die PU vir CHO (en meer spesifiek die stryd teen die gewetensklousule), maar daar kan moeilik aangetoon word dat dit byvoorbeeld ’n invloed op sy werk oor die konstitusionele geskiedenis van die ZAR gehad het. Sy beskouing dat alle mense deel aan die geskiedenis het en dat nie net die geskiedenis van “groot manne” beskryf moet word nie, het hy nie in die praktyk toegepas nie.

Soos hierbo aangedui, het hy in sy oorsig oor die geskiedenis van die ZAR byvoorbeeld geen aandag aan die lewensomstandighede en leefwyse van die inwoners gegee nie. Liebenberg se kritiek op ’n Christelike benadering, naamlik dat dit nie lei tot geskiedwerke wat anders daaruit sien as dié wat nie van so ’n uitgangspunt uitgaan nie,78 is nie heeltemal ongegrond nie. Werke wat gelewer word vanuit ’n Christelike oogpunt, kan immers nie altyd anders daar uitsien as dié wat vanuit ’n ander uitgangspunt geskryf is nie, net soos wat al die werke van historici wat vanuit ’n Marxistiese oogpunt skryf, ook nie duidelik van werke wat nie so ’n gesigspunt het, onderskei kan word nie. Dit is veral wanneer dit kom by, onder meer, wyer perspektiewe op die geskiedenis, die rol van filosofiese strominge en die invloed van lewensbeskoulike uitgangspunte op die optrede van historiese figure, dat ’n Christelike gesigspunt duidelik na vore kom. Ook onder wetenskaplikes wat vanuit ’n Christelike perspektief werk, is daar verskille en almal sal byvoorbeeld nie saamstem met Du Plessis se beskouing oor die rol en betekenis van ’n Goddelike Hand in die geskiedenis van die Afrikaner na die Vrede van Vereeniging nie.79 Du Plessis het tog die ideaal van die PU vir CHO om akademiese werk vanuit ’n Christelike oogpunt te beoefen, in groter mate as sy voorgangers, Van der Walt en Krüger, in die praktyk probeer toepas. Met sy eerlike strewe na geskiedbeoefening vanuit ’n Christelike raamwerk, het hy vir kollegas en studente ’n navolgenswaardige voorbeeld gestel.

Soos in die inleiding aangedui, is in die artikel gefokus op Du Plessis se direkte bydrae tot die geskiedskrywing. By die bepaling van sy invloed as historikus, moet sy werk as lid van die Suid-Afrikaanse Argiefkommissie, die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, verskeie vakkundige verenigings en veral as dosent en studieleier egter nie uit die oog verloor word nie. Talle van sy studente het self historici geword en dink tans dankbaar terug aan die wyse waarop hy tot hulle vorming bygedra het. Een van hulle, G.N. van den Bergh, wat later sy kollega by die PU vir CHO geword het, bestempel hom bowenal as ’n persoon met akademiese integriteit en ’n historikus wat veral as studieleier vir nagraadse studente uitgemunt het.80 Nog ’n oudstudent van Du Plessis, J.P. Brits (tans professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika), meen dat sy uitnemendheid as akademikus in die

77 F A van Jaarsveld, “J S du Plessis (1919-1990): Potchefstroomse Historikus”, Historia 35, 2, November 1990, p 2

78 B J Liebenberg, “Historiese Waarheid en ’n Calvinistiese Geskiedbeskouing”, Standpunte, 19, 6, Augustus 1966, p 66

79 Daar is heelwat geskryf oor kwessies rakende ’n Christelike geskiedbeskouing en hoedat dit in die geskiedskrywing na vore kan en behoort te kom Vergelyk onder meer P de Klerk, Geskiedenis as Kultuurontwikkeling (Butterworth, Durban, 1981), pp 152-154

80 G N van den Bergh, Telefoniese mededeling, 13 September 2004

(16)

eerste plek gesoek moet word in die vormende invloed wat hy op sy studente gehad het. Brits onthou Du Plessis as “’n verfynde mens met ’n besondere humorsin, ’n dosent wat uitstekend met veral nagraadse studente omgegaan het” en wat “sonder om sy stempel doelbewus te probeer afdruk”, met “sy gebalanseerde oordeel oor die geskiedenis altyd indruk gemaak en … op ’n onpretensieuse manier kritiese denke by sy studente aangewakker” het.81 Ander oudstudente stem met hierdie oordeel saam.82 Deur sy invloed op ’n nuwe geslag historici, het Du Plessis ’n waardevolle bydrae gelewer tot die verdere ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing.

Opsomming

Die Potchefstroomse akademikus J.S. du Plessis (1919-1990) was nie een van Suid-Afrika se belangrikste historici nie, maar het tog ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse geskiedskrywing gelewer. Hy was ’n veelsydige historikus wie se publikasies oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe handel. Sy belangrikste geskrifte het betrekking op die politieke en konstitusionele geskiedenis van die Afrikaner. Hy het ook boeke en artikels oor aspekte van Afrikageskiedenis, universiteitsgeskiedenis, historiografie en die teorie van geskiedenis geskryf. Anders as die meeste Afrikaanse historici, was hy daarvan oortuig dat geskiedenis vanuit ’n Christelike oogpunt beoefen kan en moet word. Hy het egter net in beperkte mate daarin geslaag om werke te lewer waarin ’n Christelike perspektief duidelik na vore kom.

Abstract

The Contribution of J.S. du Plessis (1919-1990) to Historical Writing

Although J.S. du Plessis (1919-1990), a scholar who worked at the Potchefstroom University for Christian Higher Education, was not one of South Africa’s major historians, he made a valuable contribution to historical writing in Afrikaans. He was a versatile historian who published on a wide variety of subjects. His major publications deal with the political and constitutional history of the Afrikaner, but he also wrote books and articles on aspects of African history, university history, historiography and the philosophy of history. Unlike most other Afrikaans historians, he was convinced that history can and should be written from a Christian point of view. However, he succeeded only to a limited extent in producing historical works that clearly portray the influence of a Christian perspective.

Key Words

J.S. du Plessis, historiography, South African history, philosophy of history, political history, constitutional history, state president, university history.

Sleutelwoorde

J.S. du Plessis, geskiedskrywing, historiografie, Suid-Afrikaanse geskiedenis, teorie van geskiedenis, politieke geskiedenis, konstitusionele geskiedenis, staatspresident, universiteitsgeskiedenis.

81 J P Brits, 2 Junie 2004

82 Dit blyk uit gesprekke wat op verskillende tye met van sy oud-studente gevoer is, onder wie drie historici wat tans aan die Noordwes-Universiteit verbonde is: proff P J J Prinsloo en G J J Oosthuizen, asook dr P L Möller

Referensi

Dokumen terkait

Aangesien migrasie so ’n belangrike rol in oordrag van siektes speel, gaan daar in die toekoms ook vereis word dat situasies waar siektes veral deur migrasie versprei word, deurlopend

Hierdie volkslied bet, in die loop van die jare, meer byval as "De Vierkleur -Een Trans- vaalsch Volkslied"2 gevind en bet, SODS bogenoemde skrywer dit stel, "'n plek verower in die

Sonder om die name van my kollegas in die Departement Geskiedenis en Kultuurgeskiedenis tot met my aftrede in 1998 in te ryg, verklaar ek hiermee dat elkeen van hulle deur gesprekke,

Nogtans kan dit oak nie as verkeerd beskou word om dit 'n nuwe rigting te noem nie, want die Militere Geskiedenis bet as yak eers met die stigting van die Militere Akademie 'n paar jaar

In Hoofstuk 9, “Terrein- en gebou- ontwikkeling”, word op ʼn deeglike en onderhoudende wyse onder meer aan die beplanning, uitbreiding en verfraaiing van die universiteitsterrein en die

in sy omgewing en die boekstawing van die geskiedenis daarvan sowel as die herstel van sodanige graftes; e die opsporing van bejaarde persone in die omgewing en die neerskrywe van

’n Behoorlike ondersoek en algemene bepalings Waar genoemde kerkregskrywers hulle verset teen ’n versteende sondelysie buite die konteks van die daad as die rede vir die afsetting van

In ’n belangrike volgende stap gee die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk van 1994 opdrag aan sy Kommissie vir Leer en Aktuele Sake om die wyse te ondersoek waarop die