• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Oproep om bydraes: Afrikaans 100: 1925–2025

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2023

Membagikan "View of Oproep om bydraes: Afrikaans 100: 1925–2025"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

462

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 63 No. 2: Junie 2023

Uitnodiging

Oproep om bydraes: Afrikaans 100: 1925–2025

Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans, as een van die jongste tale in die wêreld, die eerste eeu van die erkenning en wetlike verordening daarvan as een van die amptelike tale van Suid-Afrika.

Dit is ongetwyfeld ’n gebeurtenis wat gevier behoort te word en dit is presies wat beoog word met ’n spesiale temanommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe in Maart 2025.

Enersyds is daar verskeie mylpale wat herdenk kan word in die aanloop tot en die ontwikkeling van Afrikaans (byvoorbeeld as volwaardige wetenskapstaal) sedert die amptelike erkenning daarvan as volwaardige taal in eie reg in Mei 1925. Andersyds is daar ook bepaalde uitdagings, of dalk eerder bedreigings, waarmee rekening gehou moet word op hierdie tydstip in die geskiedenis van Afrikaans. Dit kan uiteraard ook tot geleenthede vir groei vir Afrikaans lei.

So het byvoorbeeld die tersiêre landskap in die afgelope dekades onherroeplik verander en Afrikaans as wetenskapstaal is as gevolg daarvan ongetwyfeld onder druk. Besluite wat in die verlede oor taal geneem is, het duidelik ’n impak op die hedendaagse konteks. Dat die

akademiese onderbou van Afrikaans” (kyk dr Edwin Hertzog se stuk in die TGW, September- nommer 2022) se momentum sedert 1994 gestuit is, is baie sigbaar vir diegene wat hulle daagliks met Afrikaans as akademiese taal en as vaktaal besig hou. So is daar minder publikasies in vaktydskrifte, selfs minder vaktydskrifte in Afrikaans, min verhandelinge en proefskrifte word nog in Afrikaans geskryf, Afrikaans word stelselmatig aan universiteite afgeskaal, Afrikaanse studente wat hulle kursusse in Afrikaans wil volg, word minder en die aanbod kleiner, Afrikaanssprekende dosente aan universiteite word minder, ens. – om slegs enkele voorbeelde te noem van die gevolge van hierdie druk.

Ten spyte hiervan is daar die afgelope jare ook verskeie inisiatiewe onderneem waardeur Afrikaans op verskillende terreine bevorder is. Die stigting van Akademia in 2011, ’n onafhanklike Afrikaanstalige tersiêre instelling, is onteenseglike getuienis van ’n voortgesette betrokkenheid by die uitbouing van Afrikaans as wetenskapstaal. En Aros as instelling wat Afrikaanse onderwysers oplei, doen ook goeie werk. Aan sommige openbare universiteite in SA word Afrikaans wel nog ’n plek gegun.

Maar is dit genoeg om Afrikaans die toekoms in te dra? Wat sal gebeur as Afrikaans nie meer aan openbare universiteite as onderrigmedium gebruik word nie? Sal Akademia, Aros, selfs Sol-Tech, en ander private instellings, voldoende wees om aan die Afrikaanse gemeenskap se behoefte aan naskoolse opleiding te voldoen? Wat is die risiko as Afrikaanse naskoolse opleiding slegs by private instellings moontlik is? Wat is die werklike stand van sake rakende Afrikaans in die onderskeie gebruiksterreine? Gaan Afrikaans vorentoe of stagneer dit? Wat van Afrikaans as volhoubare taal van die wetenskap?

Hierdie – en talle ander moontlike vrae – kan in so ’n beoogde temanommer teregkom.

Die groot vraag vir die tyd waarin ons nou leef, is hoe ons te werk moet gaan om Afrikaans binne ’n meertalige bedeling (waarvan mense die aard en implikasies nog nie regtig begryp nie) in Suid-Afrika se breë onderwysopset (van tersiêr, sekondêr, primêr tot preprimêr) nie net te behou nie, maar ook uit te brei. Dit is ons groot uitdaging en ook ons werklikheid.

Die tema bied ruimte vir heelwat insette oor ’n verskeidenheid toepaslike onderwerpe, soos:

(2)

463

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 63 No. 2: Junie 2023

• Afrikaans in die 20ste eeu vs. die 21ste eeu

• ’n Bestekopname van suksesse en mislukkings die afgelope 100 jaar

• ’n Bestekopname van suksesse en mislukkings sedert 1994

• Hoe Afrikaans se demografi ese profi el lyk: wat daaruit afgelei kan word

• Wat gelei het tot die wegkalwing van die posisie wat Afrikaans geniet het in die

‘tradisionele’ taallandskap in Suid-Afrika

• Afrikaans as taal aan universiteite

• Afrikaans en die onderwys

• Die gebruik van Afrikaans in talle sektore, soos gesondheid, ekonomie, regte, godsdiens, e.a.

• Afrikaans as wetenskapstaal

• Afrikaans se funksies

• Afrikaans en taalregte

• Strategieë vir Afrikaans op die pad vorentoe • Meertaligheid en Afrikaans

• Is moedertaalonderrig in Afrikaans volhoubaar?

• Afrikaans as vaktaal

• Afrikaans as akademiese taal

• Afrikaans en die tegnologie

• Die variëteite van Afrikaans

Uiteraard is daar nog talle ander onderwerpe as die paar wat hier bo genoem is.

Hiermee nooi die redaksie van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe u vriendelik uit om betrokke te raak by die temanommer ter viering van 8 Mei 1925.

Nader gerus die twee gasredakteurs of die redakteur van die TGW met ’n voorstel oor ’n onderwerp sodat hulle seker kan maak dit val in die breë tema. Die nodige skryfriglyne sal mettertyd aan medewerkers verskaf word.

Die plan is dat die temanommer as deel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se herdenkingsprogram vir Afrikaans 100 (2025) in Maart 2025 sal verskyn.

Ten einde die produksieproses vir die temanommer te kan beplan, moet ons as gasredakteurs al teen 31 Augustus 2023 weet wie wil meewerk aan hierdie projek. Nader ons derhalwe spoedig met u tema. Die sperdatum vir die inhandig van die fi nale manuskrip is 30 Junie 2024.

Gasredakteurs:

PROF. WANNIE CARSTENS

Buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde, NWU E-pos: [email protected]

PROF. NERINA BOSMAN

Navorsingsgenoot, Departement Afrikaans, UP E-pos: [email protected]

Referensi

Dokumen terkait

In die lig van die ontwikkeling rakende liturgie in die gees van die negentiende en twintigste eeu se Liturgiese Beweging is dit haas tyd dat hierdie stand van sake onder die loep

Indien hierdie realiteit ’n relativisme word, bestaan daar ’n impasse in die teologie ten opsigte van die verstaan van die eenheid en katolisiteit van die kerk.. Hierdie relativisme kan