• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Rina Wiid en Winnie West, Die Oranjerivierkampe tydens die Anglo-Boereoorlog

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "View of Rina Wiid en Winnie West, Die Oranjerivierkampe tydens die Anglo-Boereoorlog"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

180

Die Hopetown-distrik en die Anglo-Boereoorlog

Rina Wiid en Winnie West, Die Oranjerivierkampe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Protea Boekhuis, Pretoria, 2002 125 pp

ryklik geïllustreer, Bylae, Bronnelys ISBN 1 919825 77 0

R150.00

Uit die stal van Protea Boekhuis het daar weereens ’n oulike boek oor die Anglo- Boereoorlog verskyn. Die skrywers Rina Wiid en Winnie West werp in Die Oranjerivierkampe die soeklig op die lewe in en om die Britse militêre kampe en ook die konsentrasiekamp by Oranjerivier-stasie.

Die Wiids is die eienaars van die plaas Doornbult in die Hopetown-distrik waarop die kampterreine geleë is. Volgens die skrywers is die kampterreine op Doornbult van die mees ongeskonde terreine uit die Anglo-Boereoorlog. Talle gebruiksvoorwerpe en strukture wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer, kan vandag nog daar besigtig word.

Die boek begin met ’n verkenning van die plaas Doornbult, die geskiedenis van die plaas, die Oranjerivier-stasie, asook Hopetown en omgewing. Daarna volg ’n kort beskrywing van die Britse verskroeide aarde- en konsentrasiekampbeleid. Nie net in hierdie hoofstukke nie, maar deurgaans word die teks uitstekend belig met gepaste foto’s wat die leser in staat stel om ’n beeld van die omgewing en gebeure te vorm.

Die volgende hoofstukke word aan die konsentrasiekamp by Oranjerivier-stasie gewy.

’n Deeglike uiteensetting van die inrigting van die kamp, wat aanvanklik slegs ’n tydelike kamp was, en die gepaardgaande logistiese probleme, word gegee. In die tydelike kamp is voortdurend ’n gebrek aan tente en vuurmaakhout ondervind.

Hierdie gebrek is tot ’n mate verlig toe die kamp in Augustus 1901 as ’n permanente konsentrasiekamp erken is. Hoewel karig, was die geriewe in die permanente kamp aansienlik beter as dié in die tydelike kamp. Daar is vir ’n hospitaal, kombuise, was- en badkamers, toilette, winkels, ensomeer voorsiening gemaak. Verder is daar tot ’n mate ook na die godsdiens- en onderwysbehoeftes van die kampinwoners omgesien.

(2)

Boekresensies

181

’n Ander aspek van die kamplewe wat aandag geniet, is die kamppersoneel. Vele van die personeel wat daar diens gedoen het, was Suid-Afrikaners wat die eed van getrouheid aan die Britse kroon afgelê het. Hierdie personeel het dit soms moeilik gehad om genoeg lewensmiddele aan die aangehoudenes te voorsien en om ook die vrede en die orde in die kamp te bewaar.

Soos in die ander konsentrasiekampe in Suid-Afrika was die inwoners van die Oranjerivier-stasiekamp baie afhanklik van die goedgesindheid van mense buite die kamp. Inwoners van die omgewing en ander welwillende mense, waaronder Emily Hobhouse spesiale melding verdien, het baie gedoen om die lot van die kampinwoners deur hulle bydraes en optrede te verlig.

Die swartmense wat saam met die Boere van die plase af verwyder is, is naby die blanke kamp gehuisves. Hulle lot was besonder swaar aangesien hulle deur die Britse kampowerhede as in diens van die Boere en dus nie as die verantwoordelikheid van die kampowerhede nie, beskou is.

In die omgewing van Hopetown is meer as ’n honderd Boere tydens die Anglo- Boereoorlog krygsgevange geneem. Van hierdie burgers is by Oranjerivier-stasie aangehou voordat hulle elders heen gestuur is.

Ten slotte word daar in die boek na die Britse militêre kamp by Oranjerivier-stasie en ook na die militêre bedrywighede in die Hopetown-omgewing gekyk. Die kamp by Oranjerivier-stasie is vir die aanwending van troepe in die verdediging van spoorwegstasies in die omgewing opgerig. Verder moes die troepe ook voorkom dat Boere die Oranjerivier daar oorsteek. Die Britse militêre hospitaal wat tydens die tweede Britse offensief by Oranjerivier-stasie opgerig is, was een van die belangrikstes op die gevegslinie tussen Kimberley en Kaapstad.

Die Oranjerivierkampe getuig van deeglike navorsing. Dit is duidelik dat die skrywers in hulle soeke na inligting geen steen onaangeroer gelaat het nie. Die boek is nie net van groot waarde vir die bestudering van konsentrasiekampgeskiedenis nie, maar ook vir die bestudering van die geskiedenis van die Hopetown-omgewing. Die enkele taal-, spel- en berekeningsfoute doen nie afbreuk aan die boek nie. Hoewel dit op die populêre mark gerig is, sal Die Oranjerivierkampe ook byval by historici vind.

Louis A. Changuion UP Argief

Universiteit van Pretoria

Referensi

Dokumen terkait

In plaas daarvan dat voorsiening dus 'n reaksie op vraag verteenwoordig, word tipiese 'top down' -strategiee Stock 1985:286 gevolg om byvoorbeeld herversprei­ dingstendense van die

Jan Romein het byvoorbeeld meer as net terloopse aandag gekry.75 Romein het ‘n belangrike invloed op Van Jaarsveld se denke oor die geskiedenis gehad, veral in sy pleidooie dat veel

Demokratiese regering vereis werkende, funksionerende instellings: ’n onafhanklike regbank wat die oppergesag van die reg handhaaf, en waar elke burger gelyk voor die reg is; ’n

Die onderwyser moet self ʼn selfgerigte leerder wees asook ʼn selfgerigte agent van SGL sodat hy as ʼn gids kan optree wat leerders tydens die leerproses kan bystaan om hulle te leer om

DiE TEKSKRiTiESE BEnADERing vAn DiE 2020-vERTAling Die besluit van die vertalers om die Masoretiese Teks as die basisteks vir die Nuwe Afrikaanse Bybel te gebruik, is goed gemotiveer,

Die historici van die verlede het dus heeltemal 'n ander opvatting gehad van die geskiedenis van die mens as die historici van ons tyd, wat veral vanaf die Eerste Wereldoorlog van

Eksegese van τῶν λογίων τοῦ θεοῦ in Hebreërs 5:12 Onder 3.2 het dit reeds duidelik geword dat daar binne ’n algemene konteks van Gods- openbaring spesifieke vermanings volg waarby die

So vorm liturgie, asook soveel ander praktyke waaraan mense deelneem, hulle identiteite en ook die identiteit van die groepe waaraan hulle behoort.24 Aangesien al die kulturele