• Tidak ada hasil yang ditemukan

Voorwoord

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Voorwoord"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

xiii

Voorwoord

Hierdie gedenkuitgawe is ’n produk van die subprogram Regeer- kunde en Transformasie. As sodanig is dit ’n geleentheid vir ver- skeie jong akademici om saam met meesters soos proff. B.J.

(Bennie) van der Walt en J.F. (Johan) Kirsten te publiseer. In hierdie uitgawe word ’n beeld gegee van die kontemporêre politiek met perspektiewe wat wissel tussen analities, beskrywend en normatief tot die praktiese evaluasie van die nuwe uitdagings wat hoër onderriginstellings konfronteer. Hier word, in ’n neutedop, ’n venster gebied op heersende realiteite en ’n immer-veranderende omge- wing.

Mnr. J.C.M. Venter en prof. André Duvenhage fokus op die Polo- kwane konferensie en die implikasies van die waterskeidingsbesluite wat hier geneem is vir die “tweede politieke transisie” in Suid-Afrika.

Die nuwe hegemonies dominante ANC, met ’n sterker ideologiese basis, word geanaliseer en potensiële uitkomstes/scenarios word gepostuleer.

Prof. J.F. Kirsten kyk na die Afrikakontinent en analiseer die nuwe positiewe neigings asook die ou uitdagings wat aan die begin van die 21e eeu duidelik is. Hy reflekteer oor nuwe ekonomiese groei, nuwe prodemokratiese bewegings en die beëindiging van ou konflikte.

Prof. B.J. van die Walt formuleer perspektiewe vir normatiewe poli- tiek en rekonstueer die boodskap van die Instituut vir Reforma- toriese Studie (IRS) gedurende die periode 1976-1996. In die eerste deel van sy artikel word ’n wêreldbeskouing wat as grondslag vir ’n Christelike perspektief op politiek dien, gedefinieer en beskryf.

Mnr. P.W. Heidenrych beskryf die tekortkomings van die plaaslike regeringstelsel waar dit verband hou met die verdieping van deelnemende demokrasie. Hy hou die gebrek aan diepte en kwaliteit in plaaslike demokrasie voor as ’n tekort binne interregerings- relasies.

(2)

xiv

Prof. G. van der Waldt definieer “structures of governance” as die strukture wat beklee is met mag en verantwoordelikheid en op hierdie wyse organisasies saambind. Met ’n groeiende beklemtoning van ’n projekperspektief by beleidsimplementering en dienslewering moet strukture en meganismes gevestig word om duidelike skake- ling tussen tydelike projekorganisasies en permanente strukture te fasiliteer.

Mnr. A. Schoeman beskryf die klemverskuiwing wat plaasgevind het in die perspektief op ingeplofde state, weg van regionale humanitêre krisispunte na moontlike bedreigings vir globale sekuriteit. In dié verband het veral die VSA se beleidmakers ingeplofde state begin sien as potensiële bronne vir terroristebedreigings. Hierdie hernude belangstelling het ’n aantal gebreke in die huidige literatuur aan die lig gebring.

Mnr. D. van Schalkwyk verskaf ’n oorsig oor die regering se formu- lering van die taxiherkapitaliseringsbeleid wat gemik is op die regulering van die minibusindustrie. Dit word gedoen tesame met ’n sosiale, politieke en historiese kontekstualisering van hierdie beleid.

Me. L. Vermeulen evalueer die e-gereedheid van webgerugsteunde leerfasiliteerders teen die agtergrond van onlangse veranderings binne hoër opvoedingsinstansies. Die nuwe vereistes om tegnologie in leer en onderigaktiwiteite te inkorporeer, word uitgesonder vir spesifieke aandag.

Hierdie groep talentvolle en meestal jong akademici bring aktualiteit en leesbaarheid in hierdie uitgawe van Koers. Die hoop word uitgespreek dat hulle hierdie as ’n beginpunt van lang en vrugbare navorsingsloopbane sal gebruik.

André Duvenhage Gasredakteur

(3)

xv

Preface

This commemorative edition is a product of the subprogram for Governance and Transformation. As such it is an opportunity for various young academicians to publish alongside masters of the art such as Proff. B.J. (Bennie) van de Walt and J.F. (Johan) Kirsten.

Within these pages an overview is provided of contemporary politics, with perspectives ranging from analytical, descriptive and normative to the practical appraisal of the new challenges facing institutions for higher education. In a nutshell this edition of Koers provides a window on current realities and an ever-changing environment.

Mr. J.C.M. Venter and Prof. A. Duvenhage focuses on the Polokwa- ne conference and the implications of the watershed decisions taken at this conference for “a second political transition” in South Africa.

The new hegimonically dominant ANC, with a stronger ideological base, is analysed and potential outcomes/scenarios are postulated.

Prof. J.F. Kirsten looks at the African continent and analyses the new positive trends and old challenges discernable at the beginning of the new century. He reflects on new economic growth, new prodemocracy movements, and the ending of several long standing conflicts.

Prof. B.J. van der Walt formulates perspectives for normative politics and reconstructs the message of the Institute for Reformational Studies (IRS) during the period 1976-1996. In the first part of his article a worldview that serves as foundation for a Christian per- spective on politics is set apart and described.

Mr. P.W. Heidenrych describes the deficiencies of the local govern- ment system that relates to the role of this sphere of government in the deepening of participatory democracy. He proposes that a lack of depth and quality in local democracy compromises the system of intergovernmental relations.

Prof. G. van der Waldt defines structures of governance as those that carry accountability and power and so binds organisations. With a growing emphasis on project applications for policy implementa-

(4)

xvi

tion and service delivery, mechanisms or structures should be esta- blished to facilitate clear interfaces between permanent organisation and temporary project organisation.

Mr. A. Schoeman describes the shifting emphasis on the failed state from a regional humanitarian problem to the recognition that these states could pose a significant threat to global security. In this regard US policymakers in particular, have identified failed states as sour- ces of potential terrorist threats. This renewed interest has exposed a number of theoretical deficiencies in the body of literature regard- ing this phenomenon.

Mr. D. van Schalkwyk provides an overview of the government’s for- mulation of the taxi recapitalisation policy aimed at the regulating of the minibus taxi industry. This is done together with a social, political and historical contextualisation of this policy.

Me. L. Vermeulen appraises the e-readiness of online learning facili- tators against the background of recent changes in higher education institutions. The new demand to incorporate technology in teaching and learning activities is exempted for special attention.

This group of talented and mostly young academicians brings actua- lity and readability to this edition of Koers. The hope is expressed that they will use this as a starting point for long and fruitful research careers.

André Duvenhage Guest Editor

Referensi

Dokumen terkait

Wanneer Vuurklip met behulp van die teoretiese beginsels van die nuwe materialisme ontsluit en beskryf word, illustreer die roman ’n klemverskuiwing vanaf ’n

Deur die Woord kom mense tot geloof, sterf saam met Christus en staan saam met Hom op tot ’n nuwe lewe.. Die Woord

Wat betref die Ou- en Nuwe Testament is dit genoegsaam om die wêreldbeeld van ’n wêreld in drie vlakke, ’n ordelike skepping en die antieke mens se verstaan van die lewe na die dood aan

Met haar debuutbundel het sy haar poësie vanaf die skerm na die bladsy verskuif en sodoende deel ge- word van ’n internasionale groep digters wat op sosiale media beroemdheid verwerf en

Tesame met ’n nugter en oorspronklike kyk op sake, stel hierdie verse oor die naderende dood ’n woord wat die digter “doodgewoon” hanteer byna ’n aangename ervaring in die vooruitsig..

Na ’n kort inleidende gedigdeel waarin Bientang op ’n forse manier deur die digter staan gemaak word voor haar “klipgatgrot” en voor die oë van die leser, begin haar verhaal met ’n

Die vervaardigde HF word gestoor in ’n oordragsvat en dan na ’n Pauling-tipe fl uoorsel, wat vooraf met KF·HF gelaai is, oorgedra.. Die elektroliet, KF·2HF, wat by die

In ’n wêreld waarin vanuit ’n geloofsperspektief dikwels nie meer erns gemaak word met die huwelik nie, en egskeiding na hartelus die opsie bied om uit ’n “probleem- huwelik” te kom, is