• Tidak ada hasil yang ditemukan

WAT SÊ MALEAGI VAN EGSKEIDING?

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "WAT SÊ MALEAGI VAN EGSKEIDING?"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

WAT SÊ M ALEAGI VAN EGSKEIDING?

deur

Pr o f. H . P. W o l m a r a n s

(Mai. 2 -10 -16)

Die onbekende profeet wat die boek Maleagi geskryf het, het geleef in ’n donker tyd van die bestaan van die Joodse volk.

Dit was min of meer in die jaar 470 v.C. dat hy skriftelik sy diepe bekommernisse uitgespreek het oor die godsdienstige en nasionale verval van die Joodse volk as volk van God. Die Jode het ongeveer 60-70 jaar vantevore teruggekeer uit Babilon met groot verwagtings en blink ideale t.o.v. ’n nuwe vrye volksbe­

staan, wat nog sou kom. Die profete van die ballingskap en so ook Haggai en Sagaria het ’n heerlike tyd vir die volk voorspel, terwyl de persoon van die komende Messias daar ’n belangrike plek inneem. Op hierdie stadium is die tempel van Serubbabel reeds lankal voltooi en ingewy, maar die voorspellings aangaande die Messias is nog nie vervul nie en die volk begin moedeloos word. Hulle begin glo dat Jahwê sy volk vergeet het en hulle nie meer lief het nie. Gevolklik sak die geloofslewe en so ook die nasionale lewe, wat gegrond was in die geloof dat Jahwê die God van Israel is en Israel sy eie volk.

Ons vind dus dat hierdie profeet opgetree het in ’n tyd van geestelike en nasionale depressie. Hy begin om die onverander- like liefde van Jahwê vir sy volk te beklemtoon. Die volk is egter self die oorsaak, dat die liefde van God nie méér open­

baar word nie. Met die grootste erns begin hy om die volk saam met sy geestelike leiers te wys op hulle sonde, hulle laks­

heid en selfgenoegsaamheid t.o.v. die erediens en op allerlei euwels. Agter dit alles lê die verswakking van die geloof in Jahwê as God van Israel. Die volk glo nie meer dat Jahwê dit ernstig met sy volk meen nie. Hy maak ook geen onderskeid tussen gelowiges en ongelowiges nie, waarom dan so nougeset wees t.o.v. die onderhou van die erediens in die tempel en waar­

om nog so streng t.o.v. die verhouding tot die heidense volke rondom Palestina?

Een van die groot euwels, godsdienstig sowel as nasionaal en sosiaal, was dié t.o.v. die huwelikslewe onder die volk, die ontrouheid van die Joodse manne teenoor hulle Joodse vroue (Maleagi 2:10-16). Hierdie sewe verse toon ons die emstige lig waarin die profeet die verwaarlosing van die huwelikslewe ge-

46

(2)

sien het. Verval van die geestelik-sedelike huisgesin bring ook mee die verval van die hele volk se godsdiens en nasiebesef.

Die gebrek aan ’n nugtere roepingsbesef het gemaak dat die volk nie meer bewus was nie van die noodsaaklike afsondering van alle ander volke, wat sedert die roeping van Abraham soos

’n silwerdraad loop dwarsdeur die hele geskiedenis van die volk.

In sy korte maar kragtige uiteensetting wys die profeet op drie euwels in die huisgesin en die huislike lewe van die volk:

(a) Joodse manne trou sonder rede met heidense vroue, (b) Joodse getroude manne laat hulle skei van hulle Joodse

vroue net om in die geleentheid te kan wees om ’n heidense vrou te kan trou en

(c) Joodse manne maak hulle inderdaad skuldig aan veel- wywery, terwyl die monogame huwelik in hierdie tyd blykbaar algemeen aanvaar was.

Maleagi wys met groot erns op die verkeerdheid van die huwelik met ’n uitlandse vrou, maar veel meer nog op die verkeerdheid van die egskeiding net om ’n nuwe uitlandse vrou te kan neem. In vers 16 beklemtoon hy dit nog meer: Ek haat egskeiding sê die Here, die God van Israel. En die rede hiervoor gee hy op ’n ietwat gewronge manier in verse 14 en 15. Dis hier waar die christelike opvatting van die huwelik sterk aansluit by Maleagi, soos wat dit ook uitgedruk word in ons huweliks- formulier. Die vrou met wie die man in sy jeug ’n huwelik gesluit het, is sy bondgenoot. Hulle het nie alleen ’n verbond met mekaar aangegaan nie, maar saam ook ’n verbond met God.

Maar veral in vers 15 word dit sterk beklemtoon dat die huwelik ’n Gods-werk is. Soos wat Eva in die huwelik en vir Adam geskape is, só ook elke vrou van elke gelowige man. Hy het hulle een gemaak, soos wat Adam en Eva nie een geword het nie, maar een gemaak is. En waarom die eenheid? Omdat so alleen ’n geslag gebou kan word wat staan en bly staan in die diens van die Skepper-Heer.

Die woorde van Jesus in Mat. 19:6 moet dus gesien word in die nouste verband met Mai. 2:15. As dit so Gods wil in die begin was dat Adam meer as een vrou moes gehad het en so elke man na hom, dan sou Hy ook meer gemaak het. Maar dit was nie só sy wil nie.

Egskeiding is dus verbreking van die innerlike siele-eenheid wat gawe van God is, in verbreking van die groot misterie van die gelowige huwelik, soos die apostel dit sien. Maar daarby is volgens Maleagi die skei na hartelus en weer ander trou ook verbreking van die goddelike instelling van die monogame huwelik.

47

Referensi

Dokumen terkait

Sy hele bespreking baseer Cloete 1970:41 op sy eerste stelling: ‘Reeds in Die enkel taak, die eerste gedig van die bundel, word alles op die poësie en sy eise betrek.’ Vir Eybers is die

’n Mens het weliswaar hier met ’n argument uit die Fisika te maak om lewe te verduidelik, maar die waarde hiervan is nie soseer om die onbepaalbaarheid van die grens tussen lewe en

As ons na die dood ‘n nuwe lewe gegee word, sal dit volgens Paulus weer ‘n liggaamlike, maar tog ‘geestelike’ soort lewe moet wees 1 Kor 15:35ff... Hierdie onversoenbaarheid tussen die

4.1 Habermas 2006:412 onderskei drie normatiewe grondslae van moderne of liberale demokrasieë: die private outonomie van burgers, wat elk ʼn lewe van sy/haar eie keuse nastreef;

Daarteenoor is daar ’n groep navorsers wat argumenteer dat die variant sonder die onderskikker eerder gebruik word in gevalle waar die hoofsin laer tematiese prominensie het in

In verband met die grondslaestudie van ’n vak stel Du Plessis 2000:1 die volgende: “’n Swak universiteit is dus daardie universiteit waar ons slegs spesialiste sonder grondslaekennis,

Hierdie visie van Jesus oor die lewe word duidelik wanneer mens na drie aspekte van die voor-Pase Jesus kyk, naamlik na sy altematiewe wysheid, sy verhouding met die Gees en die

Strofe 2.1 bestaan uit 'n inleidingsin waarin Jahw e sê dat daar godde- loses onder sy volk voorkom, gevolg deur drie kort sinne waarin die goddeloses se sondes beskryf word... Strofe