• Tidak ada hasil yang ditemukan

Waterkwaliteit in die Mooirivierstelsel: 'n Vergelykende studie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Waterkwaliteit in die Mooirivierstelsel: 'n Vergelykende studie"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32i1.832 Referaatopsomming

Waterkwaliteit in die Mooirivierstelsel: ’n Vergelykende studie

Authors:

D.H. Bomman1 J.J.P. Lubbe1 S. Barnard1 Affiliations:

1School of Environmental Sciences and Management, North-West University, South Africa

Correspondence to:

D.H. Bomman Email:

[email protected].

ac.za

Postal address:

Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Bomman, D.H., Lubbe, J.J.P. & Barnard, S., 2013,

‘Waterkwaliteit in die Mooirivierstelsel: ’n Vergelykende studie’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art.

#832, 1 page. http://dx.doi.

org/10.4102/satnt.v32i1.832 Note:

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

Water quality in the Mooi River system: A comparative study. The quality of fresh water available for public use is constantly under threat in today’s society. This study investigates the deterioration of the Mooi River system during the past 10 years.

Die kwaliteit van vars drinkwater in Suid-Afrika is tans ’n baie aktuele besprekingspunt wat die gebruiker, die regering asook die nywerhede en die landbou betrek. Daar is onlangs op die TV-program Carte Blanche berig oor die afname in die waterkwaliteit van die Witwatersrandomgewing en die gevaarlike vlakke van uraan wat die sisteem binnedring. Daar is onder andere gefokus op Potchefstroom se drinkwater kwaliteit. Potchefstroom onderhou

’n bevolking van sowat 400 000 mense en die drinkwater vir die gebied is afkomstig vanuit die Boskop- en Potchefstroom damme. Hierdie damme word stroomop gevoed deur die Klerkskraaldam en die Wonderfonteinspruit. Die opvangsarea van die Wonderfonteinspruit is dig bevolk omdat die area ’n goed ontwikkelde landbou- en mynbougebied is. Daar word beweer dat die water afkomstig van die Wonderfonteinspruit en die ondergrondse waterbronne wat gevoed word uit die afloopgebied van die Wonderfonteinspruit in die voorsienbare toekoms byna onbruikbaar sal word as gevolg van die afname in waterkwaliteit.

Indien drastiese stappe nie in plek gebring word vir die verbetering van die waterkwaliteit nie, sal die gebied ’n ernstige tekort aan bruikbare water ondervind. Die doel van hierdie studie is om die verandering in die waterkwaliteit van die Mooirivierstelsel oor ’n tydperk van tien jaar te beskryf, die verandering in alg-spesiesamestelling en diversiteit te bestudeer, asook die verandering in die fisies-chemiese omgewingstoestande gedurende hierdie tydperk na te gaan. Tydens hierdie studie is ’n opname gemaak van die alg-spesies tans teenwoordig in die Mooirivierstelsel, naamlik in die Klerkskraal-, Boskop- en Potchefstroom damme, asook in die Mooirivier, (reg onder die riool-werke van die dorp Potchefstroom). Hierdie data is vergelyk met die data van ’n soortgelyke studie wat gedurende 1999 gedoen is. Die identifisering van die alg-spesies is aan die Noordwes Universiteit te Potchefstroom gedoen om die diversiteit van alge in die sisteem te bepaal. Die fisiese omgewingsveranderlikes, soos pH, temperatuur, persentasie suurstof, geleiding en totale soutkonsentrasies, is maandeliks bepaal met behulp van ’n multimeter. Die chemiese veranderlikes is bepaal deur die Laboratorium by die Mid- VaaI Water Maatskappy. Daar was ’n daling in pH by al drie die damme waargeneem. Die totale soutkonsentrasies het met aansienlike hoeveelhede gestyg. Daar was geen verandering in die konsentrasie natrium-ione nie. Die kalsium-ioon konsentrasie het baie toegeneem, terwyl die magnesium-ioon konsentrasie weer gedaal het. Die fosfaatkonsentrasie het met ongeveer 50% gedaal. Ten einde die bewaring van huidige waterbronne moet daar ernstig gelet word op die verbetering van waterkwaliteit en die bekamping van besoedeling soos die verlaging van fosfaatkonsentrasies in die watersisteme.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Sy WA 7, 38, 6–15 verstaan van geloof, menswees en moraliteit word dan aan die einde van hierdie geskrif soos volg saamgevat: Uit alles [wat gesê is] volg die volgende konklusie; dat

"40 Die offisier wat inspirasie uit die verlede wil put, moet altyd in gedagte hou dat die lesse van die verlede gewoonlik nie baie duidelik is nie en dat dit dikwels duideliker in die

Soos dit in Tabel 2 hierbo vasgestel kan word, is daar 'n baie klein aantal van die vroulike jeugdiges wat hierdie groetpatroon gebruik wanneer hulle groet.. "Heita" is 'n

veral daar dit blyke van die betrokke vokaalwisseling openbaar, Die aandag word daarop gevestig dat dref / drif in hierdie verbindinge 15 keer los van die eerste lid geskryf word: dref

Die sending is ruim, maar daar is steeds in die sending ook die belangrike aspek van evangelisering, wat beteken dat mense uit die duisternis na God se wonderbare lig gelei moet word

In die lig van die voorgaande word die mening gehuldig dat, tensy daar omvangryke en duidelike wysigings aan die bewoording van regte in die Handves en in ander wetgewing aangebring

Dit word tans toegepas en verfyn deur die Ekumeniese Vereniging vir die bevordering van die prediking, wat sy setel in Heidelberg het en oor ’n preekbank van meer as 20 000 preke uit

Die tweede navorsingshipotese wat ondersoek word, is die volgende: H02: Daar is nie ’n verskil tussen die finale punt van studente wat tutoriale gehad het en die finale punt van