• Tidak ada hasil yang ditemukan

Tema 3: Vaardigheidsontwikkeling in praktyk en verantwoordelikheid

HOOFSTUK 4 RESULTATE EN BESPREKING

4.4 KWALITATIEWE RESULTATE

4.4.3 Tema 3: Vaardigheidsontwikkeling in praktyk en verantwoordelikheid

groepslede verduidelik moet word (veral ontwerp, aangesien lyftaal ook ʼn kommunikasiemedium is, veral as iemand iets nie verstaan nie of nie daarvan hou nie).

Volgens deelnemer P183 is die vermoë om na ander te luister een van die belangrikste kommunikasievaardighede. Deelnemers P192 en P322 het beklemtoon hoe om verskillende scenario’s met behulp van kritiese denke, kommunikasie en samewerking te kan hanteer om ʼn sukses daarvan te maak. Volgens P270 en P290 het kommunikasie ʼn positiewe uitwerking op groepslede om kennis te verbeter asook interpersoonlike en sosiale vaardighede te bevorder.

4.4.3 Tema 3: Vaardigheidsontwikkeling in praktyk en verantwoordelikheid

jy aan die begin van die projek kyk dan wonder jy hoe gaan jy hierdie ding klaarkry, hoe gaan dit werk. ... het nie geweet hoe om journals te maak nie.

... het nie geweet hoe om gereedskap te gebruik nie, ek het geen tegniese of praktiese kennis nie.”

P85: “These projects take time but the knowledge and skills gained is tremendous.”

P122: “... omdat die student of ingenieur sy foute makliker raak sal kan sien en vinniger daaruit sal leer en so ook dit kan verbeter, as ʼn manier om die student of selfs die ingenieur in te trek met fisiese werk en ‘hands-on’ te wees met die oplossing wat hulle gekry het. Projekgebaseerde leer is ’n goeie manier om ondervinding op te doen omdat die fisiese ontwerp en beplanning getoets kan word.”

P150: “Ek studeer ingenieurswese omdat ek daarvan hou om probleme op te los en nuwe maniere te kry om meer effektief te wees. Ek is geïnteresseerd in masjiene, hoe hulle werk en prakties gebruik kan word om te verbeter. Ek wil ’n verskil in die wêreld maak, werk doen wat die lewe vir mense kan verbeter.”

Volgens deelnemers P5 en P26 word vaardighede ontwikkel deur kennis oor ʼn tydperk op te bou om sodoende uitdagings en probleme die hoof te bied. Deelnemer P52 het selfvertroue ontwikkel om die module te voltooi met geen praktiese of tegniese voorkennis nie. Die meerderheid deelnemers wat vir die module ingeskryf het, het ʼn tekort aan praktiese en tegniese vaardighede gehad. Deelnemers P35 en P85 was van mening dat vaardigheidsontwikkeling oor ʼn tydperk plaasvind, en dat die groei positief is en ʼn groot invloed op hulle gehad het. Deelnemer P122 se ervaring was dat die studente uit hulle foute geleer het en regstellings kon maak aangesien hulle direk by die ontwerp, beplanning en vervaardiging van die projek betrokke was. Deelnemer P150 was van mening dat die proses uitdagend was en dat meer praktiese en effektiewe benaderings gevolg moet word om ʼn verskil in die samelewing te maak. Studente het dus geleentheid gekry om verskeie vaardighede in hierdie module te ontwikkel. Daar was wel studente wat gedurende en na die voltooiing van die module FIAP 172 tot die besef gekom het dat Ingenieurswese nie hulle beroepskeuse is nie en dat hulle hul studierigting wil verander.

4.4.3.2 Subtema 3.2: Verantwoordelikheid in leer met PGL

Dit is elke student se eie verantwoordelikheid om betrokke te wees by alle groepsaktiwiteite. Die eweknie-assessering na elke aksie of werksessie het daartoe bygedra om sommige van die nie-aktiewe groepslede op hulle tone te hou en hulle te

‘dwing’ om betrokke te raak by die groep, sodat alle take betyds afgehandel kon word.

Terugvoer van die studente af het die onderstaande ingesluit:

P2: “... dit het my deur die jaar geleer om te prioritiseer en verantwoordelikheid te neem want as jy nie jou verantwoordelikhede nakom nie dan gaan jy jou groep in die steek laat, ... stel nie jou eie deadlines op nie.”

P14: “... gesukkel om te verstaan (hulp van ander groep) maar daarna het dit goed gegaan, kommunikasie vanaf dosent is iets nuuts en onbekends vir ons gewees.”

P34: “... want van die begin af het jy geleer om self verantwoordelikheid te vat vir jou aksies as jy fout gemaak het ... en as jy ’n nulletjie kry dan weet jy hoekom het jy ’n nulletjie gekry. ... geleer om krities te dink en te kyk, en

‘double check’ of dit reg is. Voorbeeld soos die benaming, dit het jou regtig geleer om dieper te kyk want jy dink dalk jy het dit reg geskryf maar jy het nie. Jy moet twee keer kyk of jy dit wel reg geskryf het. In die begin het dit my bietjie negatief gemaak maar op die ou einde het dit my eintlik positief, want dit het my geleer om bietjie dieper te dink en bietjie dieper te kyk.”

P36: “Aan die begin sal ek sê ons het nie mooi geweet wat aangaan nie so daarom het ons ʼn bietjie gesukkel om aan die gang te kom en verantwoordelikheid te neem. Maar toe ons probeer en meer inligting ...

begin vrae vra en gaan uitvind, het ons tempo opgetel.”

P38: “... aan die begin het dit baie stadig gegaan omdat die ses konsepte van die groep nie bymekaar kon sit as een konsep nie. Ons het lank gesukkel om ’n finale idee te kry elke ou wou sy idee daar hê ...”

P45: “ ... daar is leiding gegee en die projek word letterlik net deur ons groep gedoen … jy moet maar insit en werk en as jy dit nie doen nie gaan dit nie

gedoen word nie (nie gespoon feed). Dit het mens baie geleer en dit het my verantwoordelikheid gegee, ... maar bietjie hier en daar iemand wat die kortpad ... maak net gou 'n ding vinnig klaar. Jy kan dit nie net met FIAP doen nie, jy moet maar die tyd insit in die werkswinkel veral. Jy moet opdaag, die werk doen, netjies, ordentlik en jy kan dit nie afjaag nie so dis iets wat ...

alle verantwoordelike dinge gebeur in tyd so jy kan dit nie net vinnig en klaar maak nie.”

P66: “Die groep ... wil nie sê vasgesit nie ... maar ons het gesukkel om saam te werk as ʼn groep. Ek dink ons was maar nog steeds op daardie skoolding van OK ag nee maar dis alles rustig, ons bou eers aan die einde van die jaar.

Maar soos tyd verbygegaan het met FIAP en so aan, soos elke ding ’n deadline het jy al hoe meer gewoond geraak, ... OK ek moet begin werk ...

moet verantwoordelikheid vat vir wat jy moet doen. So dit het ons bietjie negatief gemaak ... dis soos dalk net omdat dit iets nuuts is ... dis maar net iets om aan gewoond te raak. Maar dis moeilik aan die begin veral om te verstaan wat aangaan en hoe elke groepslid dink. Dis vreemd …”

P71: “ ’n Ingenieur moet verantwoordelik wees vir sy projekte met betrekking tot die ontwerpproses, bou en ingebruikneming van dit. Hy moet ook die skakeling wees tussen die tegnologiese gevorderde instrument en die verbruiker, ... Ingenieurs moet ook heeltyd aan nuwe, beter, vinniger en goedkoper maniere dink om goed te doen.”

P109: “ ’n Ingenieur speel ’n belangrike rol in die samelewing en moet verantwoordelik wees vir groot begrotings en projekte.”

P111: “ ’n Ingenieur moet verseker dat alle probleme effektief en volgens etiese standaarde opgelos word. Ingenieurs moet ook die beste, veiligste moontlike oplossings vir probleme vind en verantwoordelik daarvoor wees.”

P125: “Dit is sy verantwoordelikheid om sy eie werk na te gaan en seker te maak daar is geen foute nie. ʼn Ingenieur moet ook sy kant bring en sy deel van die werk voltooi.”

P224: “ ʼn Ingenieur moet ook verantwoordelikheid vat vir sy/haar besluite en foute.”

Die studente was negatief aan die begin van die module as gevolg van baie druk, en omdat hulle buite hulle gemaksone was. Van die deelnemers P14, P36, P38 en P66 het tydens die projekontwikkeling probleme ervaar. Die studente is dus gedwing om in groepe saam te werk. Deelnemer P2 se verantwoordelikheid het by prioritisering begin en as een of meer groepslede nie die werk of opdragte doen nie, het dit ʼn rimpeleffek op die hele groep en toekomstige groepsopdragte. Deelnemer P34 was van mening dat studente hulle werk dubbel moet kontroleer en dit krities moet nagaan om te kyk of die opdrag of werk reg is. Die dubbele kontrole verg baie tyd en maak deelnemers negatief maar op die ou einde het die proses ’n positiewe uitwerking sodra die deelnemers insig kry en die proses verstaan. Deelnemer P45 het dit beaam dat daar fasilitering plaasvind en dat die studente hulle eie projekte moet vervaardig anders word hulle projek nie vervaardig nie. Die projek kan nie afgejaag word nie en die proses is tydrowend en die groepe word nie alles met ʼn lepel ingegee nie. P45 het gesê: “... alle verantwoordelike dinge gebeur oor ʼn tydperk, so jy kan dit nie net vinnig klaarmaak nie.” Volgens deelnemers P34, P71, P109, P111, P125 en P224 moet elke student (ingenieur) verantwoordelikheid neem vir sy/haar dade, pligte wat aan hom/haar toegeken is, besluite geneem en foute wat begaan is, erken. Deelnemer P125 het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat elke student sy of haar eie werk moet nagaan om foute te beperk en uit te skakel.

Hierdie navorsing het nie ʼn ‘tipiese’ gemengde ontwerp gebruik nie aangesien beide kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes slegs gebruik is vir die data oor SGL. Derhalwe kon slegs die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate rakende SGL met mekaar geïntegreer word en was volledige triangulasie van alle resultate nie moontlik nie (§1.4.1,

§3.3, §5.3.3). Vaprio et al. (2017:44) noem ook dat triangulasie met omsigtigheid gedoen moet word.