• Tidak ada hasil yang ditemukan

1956, 88 pp. 43

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "1956, 88 pp. 43"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

BO EK BESPR EK IN G S

D R . C . A . V A N P EU R SEN , Cultuur en Christelijk Qeloof, J. H. K ok N .V ., Kampen, 1955, 109 pp.

D ie probleem waarmee die skrywer hom besighou, nl. die verhouding van kuituur en Christelike geloof, is een wat in die afgelope jare baie geeste in beroering gebring het. Die bydrae van ’n deeglike en positiewe denker so os D r. van Peursen kan ons alleen verwelkom.

Die eerste paar hoofstukke van die boek word aan ’n skets van die essensiële in kuituur gewy. „C ultuur is . . . het omvormen, waarbij de natuur vanuit bezinning en bedoeling gewijzigd w ordt en waarbij de mens zelf zich gedurig hernieuwt” (p. 18). Daar is egter ’n dieper dimensie in kultuurwerksaamheid wat die mens ervaar, nl. die „zóne van het goddelij­

ke” wat hom aan ons demonies o f goddelik kan voordoen. Hiervandaan swaai die skrywer sy gesigspunt om en benader die kuituur vanuit die Christelike geloof.

D ie boek bied nie juis iets werklik nuuts vir iemand wat bietjie op hoogte van die tema is nie. D it is egter verfrissend om dat ons hier nie ’n kultuurpessimisme vind nie, maar ’n optimisme, wat egter nie in die mens gegrond is nie, maar in die feit dat die ganse kosm os uit die hand van G od kom, deur G od gedra word en op G od betrek m oet word. O ns vind ook nie die pogings wat al so dikwels herhaal is, nl. om die Christelike geloof radikaal van die wereld en sy kuituur los te maak n ie; Christelike geloof het ’n totaal ander oorsprong as kuituur, maar staan binne die kultuur­

werksaamheid van die mens en is die krag wat o o k die kuituur herbore laat word. D ie boek sluit a f met die taak van die kerk en sy verkondiging ten opsigte van kuituur.

D ie werkie is deeglik, baie lesenswaardig en oo k netjies uitgegee.

Hoewel daar baie punte van diskussie kan wees, wil ons hierdie boekie baie sterk by ons lesers aanbeveel.

P. S. D REY ER.

* *

D S. M . P. V A N D IJK, Qesprekken met de Dood, J. H. Kok N .V ., Kampen, 1956, 88 pp.

O ns het hier te doen met 17 sketse waarin die skrywer die probleem van dood en lewe in sy eksistensiële betrokkenheid in verskillende situasies

43

(2)

aanbied. D it is subjektief, meesal in die eerste persoon en in dialoogvorm geskrywe.

D ie laaste hoofstuk is die skrywer se oriëntasie ten opsigte van die probleem , waar hy die „ruim te van die lewe” in die verbondenheid met G od en die „ruim te van die d o o d ” in die vervreemding van G od vind.

D ie boekie het nie veel in nie, maar deur die oorspronklike benade- ringswyse van die skrywer slaag hy daarin om die probleem van lewe en dood uit die abstrakte neer te trek en vir sy leser aan die lyf te bring; daarin steek baie waarde.

D ie boekie is soos al J. H. K ok se produkte besonder mooi, netjies en sterk uitgegee.

P. S. D REY ER.

* *

D S. C . G ILH U IS (Red.), Dagfinale. Een Avondboek voor Jonge Mensen, 2de druk, J. H. Kok, N .V ., Kampen, s.j.

Die boek bestaan uit bydraes van ’n hele aantal Gereformeerde pre­

dikante. Vir elke aand van die jaar is daar ’n stukkie van een bladsy lank.

D ie probleme wat behandel word en die taal waarin dit geskrywe is, is bereken om tot die jongmens van vandag te spreek.

Ek wil hierdie boekie ten sterkste aanbeveel. In Afrikaans het ons niks wat daarmee kan vergelyk nie en ons jongmense kan alleen wen met die lees van hierdie boek.

P. S. D REY ER.

* *

PRO F. D R . K. J. PO PM A, Inleiding in de Wijsbegeerte, J. H. K ok N .V ., Kampen, 1956, 149pp.

Prof. Popma is ’n baie vrugbare en ook bekwame skrywer; ’n mens moet oo k eerbied hê vir die groot terrein wat sy werke dek. Hy het egter een fo u t: hy is so eksklusief ’n aanhanger van die Neo-Calvinisme dat hy waardering vir niks anders kan hê nie.

Dieselfde swakheid kenmerk ook sy „Inleiding in die W ijsbegeerte.”

A s hierdie werk ’n inleiding in enigiets is, is dit ’n inleiding in die wys- begeerte van die wetsidee, want sy indeling, terminologie, metode, alles 44

(3)

is dié van die wysbegeerte van die wetsidee. Hy wil egter ’n inleiding in die wysbegeerte as sodanig gee. Die resultaat is ’n boek wat ’n gewone nor­

male student maar liewer links moet laat lê as hy ’n inleiding in die wys­

begeerte wil hê. Gevorderde studente wat met die wysbegeerte van die wetsidee wil kennis maak, kan egter hierdie boek gerus lees.

Prof. Popma skryf ’n „Inleiding in de W ijsbegeerte” wat ek nie anders kan as om dit eerder ’n inleiding in die wysbegeerte van die wetsidee te noem nie. Is ek geregverdig om hieruit af te lei dat wysbegeerte vir die skrywer gelyk is aan wysbegeerte van die wetsidee ? W at nie wysbegeerte van die wetsidee is nie, sou dan geen wysbegeerte wees nie ? Arme Plato, Aristoteles, K a n t . . .!

P. S. D R EY ER .

* *

DR. A . E. LO EN , Inleiding tot de Wijsbegeerte, 3e druk, Boekencentrum N .V ., ’s-Gravenhage, 1955, 191 pp.

Hierdie werk is so bekend dat dit nie nodig is om dit weereens te bespreek nie. O ns wil dit alleen weer aankondig en aanbeveel.

Loen is ’n wysgeer met ’n eie standpunt waarvan hy baie sterk oortuig is. Hierdie standpunt is merkbaar dwarsdeur sy werk. D it is egter nie van so ’n aard dat dit die student belemmer om ’n deeglike inleiding in die wysbegeerte te kry nie. M aar dit is genoeg om van hierdie boek nie die maklikste inleiding wat daar bestaan, te maak nie. Studente wat reeds iets van wysbegeerte weet, kan met groot vrug hierdie werk ter hand neem.

S. P. D R EY ER .

45

Referensi

Dokumen terkait

Deur die Woord kom mense tot geloof, sterf saam met Christus en staan saam met Hom op tot ’n nuwe lewe.. Die Woord

Ook die doopvont, wat binne hierdie ruimte staan, verkondig elke Sondag die boodskap wat deur hierdie twee vensters verbeeld word: die dood en opstanding deur die doop – maar ook die

Die Heilige Gees dra by tot die moment van onderskeiding tussen die ambivalente gevoel van vrees en fassinering en maak dat die mens desondanks ’n keuse vir geloof kan maak.. Niemandt

Soos gesê, is Tregardt se dagboek in die oor- spronklike Nederlandsgekleurde Afrikaans, nie al te maklike leesstof nie, maar Grobler, ’n baie vaardige skrywer, se vertaling maak dit ’n

Die een ondersoek die historiese dimensie van die mens en die ander maak van ’n historiese situasie ’n romantiese verhaal.. Laasgenoemde is nie vir Kundera werklik ’n roman nie, want

Reitz droom op ’n ander geleentheid van die triekstervrou met rooi hare, soos die triekstervrou met die verehoedjie in die boer se droom, maar ook in ’n ander gedaante, van die

Van hieruit moet óns vra: .Bestaan daar ’n Christelike mediese wetenskap?’ Ja seker, want van hieruit wen die wetenskap ’n ander begin en ’n ander doel op sy in sig beperkte en nooit

Wat duidelik uit hierdie drie en die ander artikels in die bundel blyk, is dat mense binne die kring van die sogenaamde “evangelicals” nie almal maar bloot by die tradisionele