• Tidak ada hasil yang ditemukan

Tydskrif vir Letterkunde

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Tydskrif vir Letterkunde"

Copied!
92
0
0

Teks penuh

(1)

TYDSKRIF

VIR

E

Augustus

1966

(2)
(3)

Digitized

by the

Internet

Archive

in

2017 with funding from

University

of Pretoria,

Library Services

(4)
(5)

TYDSKRIF

VIR

LETTERKUNDE

REDAKTEUR: COENIE RUDOLPH

ADVISEURS:

/. /. Brits,

W.

A. deKlerk,ArtdréDemedts,B.leRoux, Felix Lategan.

AUGUSTUS 1966

Nuwe Reeks

Jaargang 4

Nommer

3

(6)

KOPIE vir die tydskrif word gerig aan: Die Redakteur, Wenningstraat 24, Groenkloof, Pretoria. Ongebruikte kopie kan slegs teruggestuur word as

medewerkers ’n gefrankeerde koevert ingesluit het.

KORRESPONDENSIE rakende administrasie, intekengeld, sirkulasie en adver- tensie wordgerig aan: Mej. S. Victor, Posbus 57, Northdiff,by Johannesburg.

INTEKENGELD: R2.00 PER JAARGANG, POSVRY

Die publikasie van hierdie tydskrif word moontlik gemaak deur ’n jaarlikse skenking van die Departement Onderwys, Kuns en Wetenskap en van die

Afrikaanse Pers-fonds aan die Afrikaanse Skrywerskring.

Menings wat deur medewerkers uitgespreek word, nie noodwendig menings

(7)

I

N H O U D

Redaksioneel 1

Uys

Krige Vier oorlogsgedigte van

Quasimodo

5

D. P.

M.

Botes

Wêreld

van

my

drome .... 11 Louis Eksteen Venster in 'n voorstad .... 13 C. G.S. deVilliers Die drake en die bende

van Korag 15

Marié Blomerus L’Hirondelle 18

Hennie

Aucamp

Nagboot na Ierland 21

Freda Plekker

Boom

in die winter 25

Dirk Christiaens Ruiter met paard 27

Stephan

Bouwer Weer

op

ouma

Pollie se

plaas 29

Abraham

H. de Vries Die poskar 30

Joan Lótter Ontvlugting 35

Izak v.d. Westhuizen Openbaring 36

Sarel Smit Legende 38

Berta Smit Die

nuwe

jas 39

U.

M.

Gerryts Hart 46

Phil du Plessis Siklus 48

Vincentv.d.Westhuizen Absentia 50

Menno

Stenvert Paardebloem 51

Jeanne Goosen Flitse 51

D.

M.

Greeff Die slim klippe 52

Hewitt Visser Groot

Towenaar

54

Mada

Reinecke

Asemtog

56

F. A.F.

Wichmann

G. S. Preller se dagboek

. . . ontdek 58

Marcel van Maele

De

bunker (Eenakter) .... 66

Bekroonde Skrywers 73

Jong digters, aandag! 73

Skyfies 74

Boeke ontvang .... 77

Die prys van R15 vir 'n verdienstelike bydrae in die Mei-aflewering van Tydskrif vir Letterkunde is verower deur Joan Lotter.

Die Redakteur en Adviseurswens haarvanhartegeluk.

(8)
(9)

REDAKSIONEEL

„’N

GLAS MET LIPPE WAT ROER AS JY DRINK?”

Die volk is so

moeg

vandie wêreld, die mense wil vonke en wildvuur hê, die

dames

en here wil

nuwe

vermaak hê

;

en die prinses self laat

my

nog roep.

En

nou gaan ek dit sê: ek is geen oog van al-siendheid nie,

maar ek sien (so ongeveer soos staatsmanne „sien") Een:....dat hulle

my

sal vra

om

’n wonderwerk te maak;

Twee: dat ek ’n ifonc/erwerkertjie gaan

maak

vir hulle;

Drie: dat die wondere wat hy gaan bewerk . . .

vir hulle en

my

in verleentheid gaan bring.

Maar

goed: méér weet ek nie: ek is maar toornaar.

En

u gaan die prosa hoor.

Die verleë ou

man

wat hierdie woorde uit, is die ou Magiërin ,,Asterion”.

Voor hom

staan die verveelde volk en roep:

Ons

wil

nuwe

verskynings hê van dood-gewone dinge . . .

Hulle wil speel envermaak

word

omdat hulle besef:

. . . ons is tinkel-dingetjies van glas . . . en daarom breek- baar en klein, nietig en vernietigbaar:

. . . gee vir ons kleinheid slegs iets kleinssoos ons:

gee vironsspeelsiekhart’nspel.

En

of hy nou wil of nie maar die

nuwe

verskynings sal hy móétoptoor,voortbring.

En

hyisbyvoorbaatindieverleentheid want hulle vraag impliseeralewig ook die eis: gee soosóns wil hê dat daar gegee moet word: nie ’n kop nie, maar ’n kop én bors: nie’narmblanke

Ampie

nie, maar’n suksesvolleAfrikaner;

nie ’n filosofiesevraag nie, maar ’nantwoord; nie ’nmenslikeof maatskaplike probleem nie, maar’n lekker oplossing; nie’n

mens

en ’n volk in krisis nie, maar ’n reeks helde. Dit isamperof die toekykende mens net vreugde wil ken, net die verstrooiing wil ervaar.

Hy

is immersdie spelende mens, die groot kindwat gou verveeld raak en wat terwyl hy toekyk liefs nie wil in-kyk nie.

Die alte ernstige beskermers van die kuns wil hierdie mense graag verwyt maar dis onnodig.

As

hulle net maar die loutere vreugde

wou

er\mar by die belewing van die kuns sou hulle

mos

nie verkeerd wees nie!

In sy groot studie oor die verhouding tussen religie en kuns beweer prof.

Van

der Leeuw:

Dansen

is niet iets waaraan

men

al of niet kan meedoen.

Wie

niet danst, loopt (of) rent, waggelt, hinkt, d.w.z. hij danst slecht.

Wij

moeten allen weer

(10)

leren dansen.

Ons

moet almal dus weer leer geniet, sonder

om

ons belewing van die kuns of die kuns self diensbaar te wil

maak

aan iets anders. Marthinus Versfeld sê êrens: Aristoteles het lank geledegesê dat

God

pure blydskapis,endat blydskap nie ’n middel tot iets anders is nie. Blydskap is die beoefening van absoluut vrye beweging, van onbelemmerde speling.

Nou

moet ons erken dat die spel ooksy gradevan speelsheid en moeilikheid het.

As

’n skaakmeester soos

Max Euwe

’n

veertigtal spelers gelyktydig aanpak, sien die oningewydebloot

’n

man

wat van bord tot bord loop en skaakmannetjies skuiwe, skynbaarsonder

om

tweekeertedinkof

om

'noomblilcteaarsel.

Diedngewyde

moet egter konsentreer

om

die werklike spel te geniet: die strategieë, die klein lokvalletjies, die groot op- offerings van belangrike stukke

om

die oorwinning moontlik te

maak. Die ingewyde sien en geniet skaak dus op ’n heel ander vlak.

Hy

,,dans” soveel beter as die

man

wat net die blote skuiweken.

En

laat ons nou dit aanvaar as ’n gegewe: die estetiese belewing ken ooksy gradevanmoeilikheid; die

gemak waarmee

iemand moeilike skuiwe vooruitsien of net insien, bepaal die

mate van genot.

Daarom

kan ,,Die Pluimsaad waai ver” en,,Die Drie

Van

derWalts” niedieselfdegehoor eweveel bevredignie.

Daar

is dus ’n makliker én ’n moeiliker soort kuns, maar

albei (as dit goed is) is ’n vorm vanspel, besorg die deelnemer nuttelose blydskap, of soos Tagore dit in ’n lesing gestel het:

,,enjoymentwhich is disinterested.”

Vir sover die

nuwe

redakteur van ’n dertigjarige tydskrif in die sestiger jare ook ’n verleë magiër is van wie die mense

nuwe

wysies op die ou deuntjies vra. wil hy aan die eintlike magiërs wiese wondere hy maarnet uitstal, die volgendebeeld van die Skeppende

Wysheid

voorhou wat al spelende ’n glas geskep het met lippe wat glimlag:

Toe

Hy

die hemele toebereihet, wasekdaar; toe

Hy

'nkring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; toe

Hy

die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreld- vloedsterk

geword

het, toe

Hy

virdie see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe

Hy

diefonda- mente van die aarde vasgelê het

toe was ek 'n kunstenaar naas

Hom,

en ek was dag virdag vol verlustiging al spelende voor sy aangesig altyd, al spelende op sy wêreldrond, en

my

verlustiginge was met die mensekinders,

(Spr. 8:27-31.)

(11)

VAN WURM TOT MOT?

As

daar een stad is wat nie kan kla oor ’n gebrek aan kunsbedrywighede nie is dit Pretoria.

En

nou rig ons die iens nie op die rusies

om

die verwydering van ou of

om

die oprigting van

nuwe monumente

nie; ook nie op die stof waar die winde van verontwaardiging die Pluimsaad al hoe verder gewaai het nie.

Ons

kan ’n hele nuusfilm

maak

oor die tydskrifte en koerante van Pretoria.

Een

so ’n tydskrif is

Wíirm

I, Jaargang I, nr. 1, Junie 1966. Prys 50 sent.

P. A. de

Waal

Venter (redakteur) deel die leser van sy geroneode tydskrif mee dat

Wurm

aan wie wil die geleentheid wil bied

om

..onbeswaard hulle mening te lug oorsake rakende die literêre lewe.”

So

beskou is dit ’n oorbodige tydskrif: die dagblad bied ruim geleentheid vir onbeswaarde aanvalle op ons klein klompie Afrikaanse skrywers.

Wat

ons wel verwelkom: die

moed

wat ’n jong

man

aan die dag

om

’n tikmasjien te gryp en ’n tydskrif te begin.

Onbeswaard

deur oorwegings van tipografie en prestige en dié hoë kulturele stofskoppery stel hy

gewone

afrolpapier en ink aan die

woord om

sy mense te bereik. Die kommunikasie

is immers hoofsaak!

Ons

het ook waardering vir die opstandigheid. Disvir enige volk goed

om

mense te hê wat nie toe-oog aanvaar en alles vir soetkoek opeet nie. A1 het ons soms die ongemaklike gewaarwording dat party van die opstand die skone betjoiingsgeit is (soos

oom

Vaaltynsy neef Jaffie verwyt). wil ons dit nogtans verwelkom.

As

die redaksie maar net wil onthou dit kos ’n arbeider met ’n pik en hamer veel minder inspanning

om

’n katedraal af te breek as wat dit die bouers gekos het

om

dit op te rig.

Wat

ons

NIE

verwelkom nie is die Don-Kie Sotste wind- meulgevegte teen 'n digter en kritikus wat intussen sy doktors- graad behaal het, of die doelbewuste debunking van literatore

wat veel meer vir ons letterkunde gedoen het as Donners.

As Wurm

sy Donners wil loslaat op ons droogte-geteisterde vlaktes van literêrc onvermoë moet hulle minstens met vers en kapittel argumente ontleed en die droogte breek. Anders

word

hierdie

Wurm

nog deur sy eie mot verteer

vroegtydig.

En

dit sou jammerwees.

Ons

het beslis so ’n bietjie meer polemiek nodig.waaragtige stoei met litêrere probleme.

Wurm

is dus nie sonder taak nie. Alles hana af van

HOE

die taak aangepak

word —

deur mens én

Wurm. En

dat dit die redaksie en medewerkersnieaan die vermoë ontbreek nie

word bewys

deur etlike doeltreffende en vernietigende sinsnedes

veral waar sekere joernaliste se ewige beterwetery oor die letterkunde

(12)

en sekere sg. gesaghebbende publikasies onder die „hamer”

kom.

Die eerste uitgawe is miskien nog te veel demonstratief, ’n verlekkering in die geleentheid tot links en reg byt.

As

die diensmotief hoofsaak word, sal

Wurm

diens kan lewer!

RED.

’N

LITERATUURBESKOUING

,,Er is geen onderwerp dat niet voorwerp kan zijn van

literatuur. Ërotiek niet, krankzinnigheid niet, kankerniet.

Maar

wie deze zaken uitlevert op de geinige toon van een avondje-

uit, kan niet het respekt opbrengen dat de basis is van

literatuur.”

G.S.T.

In

M6

6, nr. 6

Die kritikus wat reeds ’n uaste sisteem gevind het, skryf reeds sy grafskrif.

C.F.R.

(13)

UYS KRIGE

VIER OORLOGSGEDIGTE VAN QUASIMODO

Die onderstaande vier oorlogsgedigte van Salvatore Quasi-

modo —

aan wie in 1959 die Nobelprys vir letterkunde toe- geken is

gee ons ’n besondere insig in sy ontwikkeling as digter gedurende daardie tragiese jare. Hulleisalmal geskrywe Ï

edurende die laaste twintig

maande

vandie oorlog toe Noord-

talië

insluitende die groot wêreldstad, Milaan, waar

Quasimodo

al jare lank

woon

-

moes kreun onder die yster- hiel van die Duitsers en Mussolini se

Swarthemde

in hul verbete verset teen die Geallieerde Leër in sy langsame optog van Salerno in die suide.

Vir die burgerlike bevolking moes daardie laaste koue wintermaande van 1944-45 besonder bitter geweeshet

veral in stede soos Milaan. ’n Verwoeste wêreld, huise en geboue

in puin oral; ’n skrikbewind wat hoe later hoe kwater word,

gewone

stads- en boeremense wat by die dosyne gefusilleer

word

in weerwraak vir sabotasiepleging en skielike nagtelike aanvalle op die Duitsers of

Swarthemde

deurdie Partygangers, die skouspel vroeg in die móre van die lyke van

manne

(en soms selfsvanvroue) wat in ’n ry hang van die teleqraaf- pale langs die pad . . . en toe, teen die einde, toe die Duitse en Mussolini se magte begin verbrokkel en die Partygangers al sterker word, broedermoord op ’n skaal wat die moderne

Italië seker nog nooit beleef het nie.

Teen

’n dergelike agtergrond moet hierdie gedigte gesien

word

en dan kry hulle vir ons ’n besondere reliëf heeltemal afgesien van hul hoë literêre gehalte in die oorspronklike Italiaans.

ERMETICI

In

my

lang opstel oor

Quasimodo

in die tweede

nommer

van Contrast (Herfs 1961) het ek breedvoerig daaropingegaan hoe

Quasimodo

in die vooroorlogse jare toe Italië byna twintig jaar lank die diktatuur van die Fascisme moes verduur, een van die tans beroemde ermetici of kluisenaardigters was; hoe hier- die groep in die Fascisme en al sy uitinge niks kon vind

om

hulle oor te verheug nie; hoe hulle hulle al hoe meer in hulself teruggetrek het, hulle op die suiwer Italiaanse

woord

ingestel het, hulle daardie

woord

voortdurend verfyn en verpuur het, hulle later ’n soort persoonlike taal van hul eie begin skryf het waarin feitlik slegs hulleen hul mededigters konbelangstel . . .

En

ek hetookdaarooruitgewy hoe

Quasimodo

presiessoossy beroemde Franse tydgenoot, Paul Eluard

en deur presies

(14)

dieselfde druk van omstandighede

gekonfronteer met die menslikeleedenellendeoral

om hom

deurdieoorlogveroorsaak,

hom

van sy eie privateself, van die aanskou en naspeurvansy innerlikste wese, sy persoonlikste gevoelens en intuïsies, envan die suiwer

woord

per se, afgewend het en op soek gegaan het na die mens

— om

ineenvoudigeklinkklaretaalsoos ’n gewone mensvirdie

gewone

menstepraat en so dietolk te

word

van ’n heie volk se smart, verdriet, lyding, maar ook van sy hoop en verwagting indie gruwelvan die mensonterendeoorlogwat nou eindelikendsou kry.

In 19 Januarie 1944 is daar die troosteloosheid, die ver- latenheid, misêre van die koue oorlogsnag. In die donkerte van dié spelonkagtige weergalmende winternag

word

daar onskuldige mense doodgeskiet.

Tog

kan twee mense innig verbonde nog die ,,soete verse’’ van ’n klassieke digter

miskien Vergilius? van wie se werke

Quasimodo

merkwaardige vertalings in Italiaans gelewer het

saam lees.

En

die hoop blyleef want daarbuite op die puinhope

soos yslike mensegrafte

van die stadsgeboue bloei die onkruid.

In

Man Van My Tyd

sien

Quasimodo

die oorlog as die simbool van alle oorloë, alle broedermoord oor die eeue heen tot in die verste voorgeskiedenis. Die jong

man

in sy vegvlieg- tuig gebuk oor sy ..sonwysers van die dood”

wat ’n ont- settende beeld!

of in sy pantsermonster wat vuur spuug al kante toe, is van dieselfde geslag as een van

Torquemada

se handlangersmet sy folterwiel, sy pynbank, aldie verskrikkinge van die Inkwisisie.

Oor

en weer, oor en oor, helaas, vermoor Kaïn nogaltydvir Abel.

Maar

daar moet ’n end

kom

aan dié doodslag. Die seuns van die toekoms moet die haat en die

wandade

van die vadere, van hul ouers en voorouers, vergeet. Dít, al dié dinge, behoort aan die gruwelikeverlede, nie aan die toekoms nie.

Want

...dieswart voëls,die wind,bedekhulharte.

In Dialoog kry ons ’n baie treffende toepassing of splinter-

nuwe

vertolking van die ou mite van Orpheus en sy vrou, Euridice. Hier is Orpheus nie net die Italiaan nie, maar die ganse verslae, vernederde. lydende

mensdom —

en Euridice die hoop, die geloof, die toekoms. Euridice is dood, Orpheus het haar self

doodgemaak

metsy stomheid, blindheid, sygebrek aan vertroue . . .

Maar

sy is nie dood nie. Nee, syis nie dood

nie! Euridiceleef, syleef!

En

diemens,eindelikweervry, ,,sondersweep”,het diehoop, die geloof en die vertroue teruggevind, en die wêreld is syne ashymaarnet wil...

Terloops,in hierdiegedig isdaar ’naanduidingvansy skuld- gevoel as ’n ermetico.

Hy

vra feitlik verskoning virdie feit dat hy

hom

in sy sel of ivoretoring opgesluit het, hydie mens insy vertwyfeling en sy nood in ’n sekere sin versaak het.

(15)

en later:

. ..

Nou

weet ek

ekmoesmij innigeraanjouverbindhet...

Maar

omdatdit altijd laatis,alte laat

om

liefte hê,vergewe

my

...

Laudé, 29 April 1945 is ’n diep-ontroerende, hoogs dra- matiese gedig ingegee deur ’n gebeurtenis in Milaan in die laaste

week

van die oo'log wat duisende Suid-Afrikaners moes

meegemaak

het. Die lyke van Mussolini, sy minnares, Clara Petacci, en dié van vier of vyf Fascistiese leiers is voor ’n

garage met koppe na onder opgehang. Later is hulle afgesny en sommerso daar op die sypad van die stadsplein laat lê. ’n

Bejaarde vrou in swart geklee het voor Mussolini se lyk gaan staan, toe ’n rewolwer uit haar handsak gehaal en ses koeëlsin dielykgeskiet. Indieoorlog, hetsy laterdie persmeegedeel,het sy haarsesseunsverloor.

En

dis hierdie afgryslike gebeurtenis

te wreed en brutaal, sou ’n mens geneig wees

om

tesê,

om

daaruit poësie tehaal

wat

Quasimodo

besiel het tot Laudé, seker een van die roerendste oorlogsgedigte in die moderne letterkunde. Die gedig is so dramaties,

meen

ek, omdat hy so vol verrassings is,

hy minstens twee klimakse het. Die eerste

kom

wanneer ons besef dat die Seun wat met sy moeder gepraat het, nielewe nie,

maar dood is, dathy deurdie oorlogsbeulsverminken vermoor

is. Dit vind ons eers uit wanneer die gedig reeds end toe trek.

En

danis symoeder niealleen sýmoedernie, maarallemoeders van seuns wat deur die eeue heen in hul miljoene deur die magtiges, die sterkes, die rykes van die aarde

om

die lewe

gebring is slegs

om

dié

rykdom

en dié

mag

te vermeerderof te versterk.

Die volgende klimaks is oorweldigend. Die Seun is nie net die ewige onskuldige menslikeslagoffer nie, hy is ook Jesus -

Jesus wat die so swaarbeproefde

Moeder

vra

om

haar seun se moordenaars te vergewe soos Hy, Jesus,

moordenaars ver-

gewe

het.

(16)

SALVATORE QUASIMODO

VIER GEDIGTE*

19 Januarie 1944

Ek

lees vir jou die soete versevan

’n ou-ou digter, en die woordegebore

uit wingerdeen tente op wallevanriviere in die ooste, hoe droewig enverlate val

hul niein hierdie diepsteoorlogsnag waar niemand die hemele inwaag nie van dieengele vandiedood, enons hoor steeds diewind met sy gedreun van dingewat stort, hoe hystaalplate skud wat hoogdaarbo balkonskeivanbalkon, en daar’s’ntroostloosheid in die getjank vanhonde intuine waardie nagpatrollies skiet langs die verlate strate. Iemand leef.

Miskien leweiemand nog.

Maar

ons wat luister hier, ontroer, na dié antieke stem, soekna

’n teken wat uitreik bodielewe, die donker towermagte van die aarde,

waar

selfstussen die graftevan dié puin die onkruid syblom oplig na die son.

MAN VAN MY TYD

Jyis nog daardie

man

met steenenslinger;

man

van

my

tyd. Jy

was

daarindie stuurkajuit, met bosevlerke en sonwysersvandiedood, jou’tekgesien

injouvuurwa,vlakvoordiegalge, enby die folterwiel. Jou’t ek gesien: ja, dit

was

jy met jou presiesewetenskapverbete

om

uit te roei, sonder die liefde, sonder Christus.

Weer

het jydoodgemaak, soos altyd, soos jou vaders

doodgemaak

het, soos die diere dood-

gemaak

het toe huljou sien vir die allereerstemaal.

En

hierdiebloed ruik weersoos op die dag toe dieeen broer gesê het aandie anderbroer:

,,Laat ons die veld instap.”

En

daardieeggo, koud, hardnekkig, het selfsjou bereik, hier in jou dag.

Vergeet, o seuns, diewolkevolvan bloed

uit die aarde opgestyg, vergeetdie vaders:

hul grafte sink

weg

in die asse,

en dieswart voëls, die wind, bedek hul harte.

(17)

DIALOOG

At

cantu

commotae

Erebidesedibusimis umbraeibanttenues simutacraquelucecarentum.

En

onsisliederlikvan oorlog,Orpheus

wemel

vaninsekte,hy’sopgevreetvanluise,

enjy, jy’sdood.Diewintermetsydruk vanys, sywater, lugvanstorm

was

metjouen diedonderweer ’tgerolvaneggo

toteggo deurjouaardsenagte.

Nou

weet ek ekmoes

my

innigeraanjouverbindhet,

maaronss’n

was

’ntydvan

woede

enbloed:

anderehetindie

modder

weggesink, methandeen oëverwoes hethul geskreeu

om

medelyeen

om

liefde.

Maar

omdatditaltydlaatis,alte laat

om

lieftehê,vergewemy.

Nou

roepookek jou

naam

inhierdie

warm

middaguur van lomevlerke,koordevansonbesies gespanteendie taaibasvandiesipresse.

Ons

weet niemeerwaarisjou kus;

daar

was

’n drifwaarvandiedigterssing,

by bronne waar die

dampe

staanvanaardestortings op diehoogvlakte.

Daar

asseunhetekgesien breëplatebossies vol pers bessies,

skaaphondeenvoëlssomberindiereën enperde,geheimsinnigedierewat

die mensestilvolg, getrou,met kopomhoog.

Dielewendeshetnouviraltyd verloor diepad vandiedooiesenhullestaan opsy.

En

hierdiestilteisverskrikiiker as diéwatonsskeivanjou kus.

,,Stilskimme gaanverby.”

En

hier vloeivreedsaam dieOlona,nie ’n

boom

beweeg

weg

vansy putvanwortelsnie.

O was

jynieEuridice?Nee, jy

was

nieEuridice!

Euridicedieleef. Euridice! Euridice!

En

jy, steedsliederlikvanoorlog, Orpheus, netsoosjouperddaar, sonder sweep,

lig,lig joukopomhoog, dieaarde beefniemeer:

en skreeu jouliefde,oorwin diewêreldasjy wil.

(18)

LAUDE.

29

APRIL

1945

Seun

:

Ag

moeder,

waarom

spoeg jy na ’n lyk wat aan sy voete hang van daardie balk met kop na onder?

En

dieanderlykewatlangs

hom

swaai, walg hul jou nie? Ai, kyk dié vrou met haar danskousemonsteragtig en haar

mond

en keel van

blpmme

vertrap! Nee, moeder, stop. Skree, skree vir hierdie skare hul moet gaan. Dis geen

verdriet of smartniedié, maar ’n bose vreugde,

’n smerige geloer. Dieblindevlieë sit al

saamgedrom

op die blou are groot soos knope.

En

nou het jyna diégesig gemik:

moeder, moeder, moeder!

Moeder:

Ons

hetnog altyd, seun, gespoeg na lyke:

hul het gehang van venstertralies, mastevanskepe, opbrandstapelsishul verkool,verskeur deurhonde op ’n landgoedse grenswaarhul ’n lapweigras

wou

hê.

Oog

vir ’n oog, tand vir

’ntand, oorlog of vrede, oproer of stilte, dit

maak

geen saaknie:

nou natweeduisend jaar van

Nagmaal

wilons diehart oop hêvan hullewat

jou hart

wyd

oopgespalk het, seun. Hul het jou oë uitgepluk, jou handevermink,

sodatnogmaalssy

Naam

verloënword.

Wys my

jouoë, gee

my

jouhande:

jy’sdood, seun,enomdat jydoodis,o

my

seun, kan jy vergeef,

my

seun,

my

seun.

Seun

:

Diékoorsige gedrang, rumoer, diéswoelehitte

om

mislikvanteword, diérookvanpuinhope, diévet groenvlieëopdiehakesaamgeplak:

die

woede

endiebloedvloei inregverdigheid.

Maar

nievir jou, moeder,en,moeder,nievir

my

nie:

netmóresalhulweer

my

enhande

kom

deurboor.

Deur

aldieeeue heen skreeudievermoorde, moeder, mededoë, mededoë..

.

* Vertaal deur

Uys

Krige.

(19)

D. P.

M. BOTES

wêreld van

my

drome wêreld van

my

drome

gee

my

weer jullewerklikheid julle waarheid groen landskappe met diep blou

nog groener deur die blou

in hoeveel skilderye het ek nie benydenswaardige tonele miskien selfs deur ’n venster [gesien nie wêreld van

my

drome voer

my weg

van wêrelde van leuens gee

my

die aardese skoonheid voor verandering

vertel vir

my

van bestaan sonder haat van vars lugen die soet reuk van bessiebome gee

my

jou wêreld waarin ons gepraat het en daar is niksverder nie

wêreld werklikheid van

my

drome

Hr

donker hoof die donker hoof

buig op die donker divan

die donkerwind buig oor die donker blom

uit die blom

kom

saad uit die blom

kom

sapuit die blom

kom

die trap

van begeerteuit dieblom

kom

dieslot die toemaak

uit die blom

kom

diep slaap diep kennis

uit die

oopmaak

en toemaakdie jag en die vind

kom

die onbekende blom waarna ons streef

wat die meeste musikaal

noem God

soet

kom

die wêreld binne soet

kom

die wêreld binne

saggiesdrup dit deur glasen hout alle ruimte

word

van die wêreld hoewel die tyd ontbreek ofons ontwyk

(20)

elders verhaal flotsam enradio dieselfde lelike dinge

soos sneeu saggiesstuif die wêreld binne wollerig ennat smelt dit binneop die kussing maar nog vinniger

verdwyn

ditvoor

my

koueoog lees ons vandinge buite

fronsons

bekommerd

oor die dinge buite onverskillig oor

my

tenger liggaam

rildiewêreld selfen vergeet sy doel verras

om my

alleen tevind

saggies

kom

diewêreld binne gooi sy hoedvoor

my

die aard van die mens

die aardvan die mens laat

my

wonder terwyl ek afstap uit die bus oor die plein die diplomatiese groetevanwinkelbediendes die glimlag ingesluit bydie koopsom met tien persent afslag vir kontant soosapein hokke die lagwekkende groet

elke dag goeie móre meneer tien persent afslag vir kontant soos ape met gesigte wat herinner aan ’n vroeër menswees hulle gee voorkeur aan komieklike strikdassies

maar in die broek bly hul steeds mensen aap taalwaarin ons lieg hou ons aandie lyntjie

onvrugbaar

swak

die grynsendeduiwel vanbegrip maar slaap ken ons vironontdekte wêrelde gras wild soos perdemane

as ons redes het bly dit verborge

*

gevangene verlede nag het jy

in ’n droom

my

kamer

skielik met die wind betree en jou teenwoordigheid

was

’n pyniging

soos aldie woorde

was

jystil

jou hande het soos hake oor

my

bangvel gegaan

my

helelyf

was

koud maar as ek sien dat jy jou

mond

open

dan sien ek hoop van gister virvandag

(21)

LOUIS EKSTEEN

VENSTER IN

’N

VOORSTAD

Wanneer

tweedenneendie naeltjieblom hard

word

indieraam

spring uit

my

vingerwit en veediekollesaam:

eerswoel twee molleen ’nspaansrietstam kluite

om

’n klip

totdie harige

wurm

uitdie ligtedoolhofglip.

Dan

dans hyskrane en ’nkalfatertou

’nskipen joggelstaal:

twee duine verbleik

word

bakke, vorm’n skaal

’n malvablomen tweeskcrp splinte bloei kruisekrisenkras.

My

bene rukreguit.

Min

dingevorm,tog: 'n glas

splinter,

word

slym en slakhuisopdievrug kristalle sag lemoen.

Voor

losvingersruk

’n skoppelmaai en skoen

en deurruitewatoordik glas skuif verwring ’nalikreuk ’n perlemoen waaroor groenwatervalle stroom.

Ek

druk toe.

Swart lepelsskuifelaan swart lapellevoukruisgewelwe.

Swartstollingsvorm rondebulteklei:

padtekens

wys

oos enwes en links.

Boere leepoogoortweeblinksannas:

twee ou boekevou en uitdiepers blaaieskiet die eerste withosannas.

(22)

TREGTER

Kolk onweerin ’n kern

waarinstiltes raas. Swoerr-swiep oor koringland enstof: verdigting van ’n Hoëveldse plaas.

Skiet ’npyl die hemel in swiep-swoerr ontlaai in middagskemer. Kring

’n keël op grond en gras, suig die landskap in.

Laai en ontlaai, huise, plase, klippein ’n ou murasie.

Alles vorm: die wind in sy tregter pas oor ’nblou land

bind wind- en wolkelug aan grond en grondbebouing.

Tregterwind deursigtig, inhoude gevang

in amber teen diewande.

Onweer

kolk, gryp vas totvorm

los klip, hoenderveer en hoed:

verstrooi ’n wêreld, verdeel sy elemente en skud ditdeur:

gevormde

vorm

ontbind, die sonspikkel op stukkies glas wat vassteekin diesand.

*

somergras

a/ oorblyfsels vart soldatedrome Phil

du

Plessis

(23)

C. G. S.

D E VILLIERS

DIE DRAKE EN DIE BENDE VAN KORAG

Die lorrie hou stil voor die koringstoor, Fanie roep ’n paar volk

om

die swaar kis af te laai.

,,Bring ’n sterk tou en ’n paar breë planke en laat die kis versigtig grond toe gly.

Kyk

wat julle doen, Gaberjal! Dis ’n

duur mesien, ver oor die blou water gemaak.’’

Versigtig

word

nou die lang spykers uitgetrek en die staal-

bandeverwyder, totdat dierooiBrasiliaanseroomafskeieropdie

bodem

van die pakkis staan en vir die eerste keer deur die Suid-Afrikaanse son beskyn word. Fanie draai die skroewe

waarmee

die mesien op die

bodem

geanker is los, slaan die riem

om

die vier rooi staalpote en sê:

,,Lig hom, volkies!

Maar

versigtig. Versigtig!’’

Onder

die mesien is daar bondels ou koerante en strooi.

,,Vat ’n hark en ’n besem, Adoons, vee alles op ’n hoop en verbranddit,ditis goedwatuit ’ntropieselandkom,en ’n

mens

kan nooit weet watter kieme en skimmels dit saamdra nie.”

Fanie en die vier volk staan in die koue Bolandse winterson en verheug hulle by voorbaat in dievuurwat Prometheiisuitdie

godehemel gesteel het. Faniesteekdie vuuraan sy rand aan, en die vlam skiet die hoop strooi en hout in soos ’n ontketende aardgees.

Aan

die anderkant van die hoop hoor die volk ’n geritsel: vier lidloseloer boosaardig onder die strooi uit na die volk, twee lang gifgroen akkedisse met pers strepe kronkel vaak-vaak uit die strooi, bespied die wêreld, skiet hullegesplete tonge dreigend uit, skud die slaap uit hulle Iywe, glip tussen dievolk sebene deur en wipdiegroot polsnyruigte in.Gaberjal skrik só dat hy amper in die vuur val.

Adoons

praat reguit boontoe maarnié met die gode vanPrometheíis sehemel nie.

In die volkshuisies agter die akkerbos het Gaberjal en Adoons-hulle in alle besonderhede hulle sprokie oor-en-oor- vertel, en elke slag is aan die epos aangelas. Die voetlange akkedissehet ál hoe groter geword totdat hulle die gestalte van halfwas krokodilleaangeneem het. Verder kon die gediertesnie groei nie want anders sou daar nie ruimte vir die twee onder die Brasiliaanse roomafskeier gewees het nie.

Na

’n jaar het die winter weer eens verbygegaan. die vark-

blomme

se swaar geil saadkoppe knak reeds hulle lang stele.

en in die akkerbos sing die piet-my-vrou hulle loflied aan die grote god Eros. September is al volle somer, en Oktober so

warm

soos Januarie.

Voor

Kersfees en die Kersfeesgebak moes die huisvrou erken dat sy hierdie jaar moes eiers koop. Die

(24)

hennekloek-kloek en soek nes, maar nóg op Tuinplaas sewerf nóg by die volkshuise is daar ’n enkele eier te vind. Ai Ludja

vertel vir die Nói dat haar pragtige kuikens wat ’n paar dae gelede uitgebroei het spoorloos

verdwyn

het en dat die hen hulle weeklaend en reddeloos loopen soek.

In die malvabome op die stoep is daar in die kwikstertjie- nesse geen enkele eiertjie nie, en die

mak

voëltjies se getal is

opvallend minder.

Fanie se weduweemoeder, Ta’

Yda

de Kock, ’n baie gesette vrou, krydit swaarindie stikheteNovember. Faniehetvirhaar

’n dekstoel onder die akkerboom gedra, daar soek die ou mens lawing en brei lusteloos aan 1 rf* 1 > een

dag ’n serp vir Fanie moet van

haar breëskoot geval, diepofferhandebeweeg nog, maarál hoe stadiger, en Ta’

Yda

is wegdaar.

Of

amper,want meteensskrik sy nugterwakker, gil luidkeels, beur orent, verloor haar balans enval opdie grond.

Haar

skoondogter en diebinnemeidjiessnel haartehulp.

,,Ma!

Wat

makeer

Ma?

Is

Ma

siek?’’

,,Nee kind,” hyg sy, ,,ek het ’nafskuwelike nagmerrie gehad!

Ek wou

net ’n bietjie dut, toe val daar ’n nare groen draak

uit die

boom

kadoef op

my

hande!”

,,’n Draak?

Maar Ma,

ons het

mos

nie drake inons land nie!

Die makrolle wat ons vir tee gehad het, het seker nie met

Ma

geakkordeer . .

..Makrolle se voet!

Ek

sê jou ’n nare draak het in

my

skoot geval!

Ek

het

hom

daar in die selonsroosbos sienverdwyn!”

,,Waailit, roep gou die baas! Sê hy moet ’n piksteeí saam- bring, die Ounói sê daar's ’n slang in die bos!”

Fanie en ’n jong

kom

aangehardloop, die baas het ’n hael- geweer en die jong ’n lang skaaphak.

,,Archibald, jy karring in die bos, en ek staan gereed metdie geweer.

As

die ding nie uitkom nie, steek ons die bos aan die brand.”

Archibald karring so al wat hy kan, en daar

kom

hy! ’n

Groen akkedis soos ’n jong ouvolk. Die vroumense vlug die stoep op, en die draak wiggel onhandig oor die gladde werf

boom

toe. Fanie bars los, en die draakvoete indielug.

Die

week

watvolg,

kom

dievolkiesenbywonersenvertelvan die boomdrake wat hulle teëgekom het. Die paar reptiel- immigrante uit Brasilië moes vinnig aangeteel het in die jaar watverbyis.Fanie roep’nkrygsraadsaamenbeloof dertig sent vir elke draak wat op die plaas van kant

gemaak

word.

En

een dag sluit twee

nuwe

jagters by die geledere aan. Die twee groot bruin huiskatte

kom ewe

plegtig oor die werf aangestap, en elkeen dra trots ’n draak in sy bek en sit dit gedienstig en trots voor hulle baas neer.

Dan

stap hulle wydsbeen oor die werf en gaanposisie inneemvoor die werpsel katjies met hulle nog steeds geslote oë.

Daar

moes ’n woeste

(25)

geveg in daardieskuur plaasgevind het,een katjiemakeer, maar

die moederhethaar les geleer, sy en haar gemaalis nougesoute stryders, hulle spreek met hulle baas en sê: ,,Laat die bokkers maar kom, ons sal werk met hulle agterstel!”

En

die sewe

katjies het groot geword in ’n strenge skool, toe hulle nog kattebakvisse was, kon hulle reeds hulle

man

staan en het die gedugte, genadelose drakofobie weer op hulle nageslag voort- geplant.

Nog

’n twee jaar het die uitdelgingstryd gewoed, en toe

was

dit skoonveld met die ongewenste Brasiliaanse immi- grante.

Een

dag sê Fanie vir sy vrou:

,,Dit lyk

my

’n tweede bende van Korag bedreig nou die plaas.”

,,Jy het tog nie weer Suid-Amerikaanse likkewane, ouvolk en addergebroedsels laat ontsnap nie?”

,,Nee, hierdie keer is dit ’n inheemse bende wat hand-uit geruk het, die geelkatbende!

Ek

het die volk nou dertig sent belowe vir elke geelkatvel wat hulle vir

my

bring.”

,,Dis ’n teelvreugdige kattegeslag daardie, die ou maarskalk- wyfie onder hulle het al weer ag kleintjies.”

,,Dié sal ons moet van kant maak, hulle sal die katte- luilekkerland beërwe want die ou wyfie het nie meer die ondernemingsgees

om

hulle terdeë te indoktrineer nie. Hulle

is laatlammers en boomskraapsels.”

,,Fanie, luisterna my,dis dingewaarvanjyas

mansmens

niks weet nie. Jy ken kattestryders maar jy ken nie katwyfies nie.”

. . .

we

kunnen nu eenmaal niet alsmaar zwijgend samen-

zitten;

men

wil kommunikatie,

kommunie

misschien wel.

Dan

staat daar het gedienstige woord.

Dat

lamme, kreupele woord, die vervloekte ijsvorming, dat fatale misverstand.

. . . Laten

we

rustig dóórgaan met niet al teprecies te weten wat

we

doen, of waarom.

We

kunnen het immers toch niet laten.

Het

komt wel in orde.

(J. C. van Schagen)

(26)

MARIÉ BLOMERUS

L’HIRONDELLE

A1 die swawels is weg;

soms haal ek eenbaie somersoud wat soet sooswaterruik

uit'skemersakkevan

my

jurk en blaas in sy neus

blaas in sy bek:

sy vleueltjies wil niesprei sy oë wil nieroer:

hysit gebalsem in

my

hand.

LIG EN SKADU

Licht und Schatten water en klip

woorde woorde woorde

Clair-obscur water en klip

woorde woorde woorde Lig en skadu

water en klip

woorde woorde woorde

het

my

vergeet het

my

onthou het

my

ontglip

Fraternité

het

my

onthou het

my

ontglip het

my

vergeet

Égalité

wil

my

onthou wil

my

ontglip wil

my

martel

Liberté

(27)

'

AWRENCE FERLINGHETTI

DRIE GEDIGTE*

(1 )

Vér

bo ’n hawevol verweerde huise tussen skoorstene

in die takelwerk van

wasgoed

plak ’n vrouseile

op die wind hang sy haar lakens

met houtpenne

O

lieflike soogdier

haar amper naakte borste gooi strak skaduwees

as sy opreik

om

die laaste van haar

só wit gewastesondesop tehang maar hul is verlief -

nat

en draai hulself

om

haar klewend aanhaarvel

So gevang met geligte arms gooi sy haar kop agteroor

met geluidlose gelag en in keuselose gebaar

skud sy goue hare uit

terwyl in die onbereikbareseegesig

tussen die wit waaiende doodsklede die helderstoombote in reliëf staan

tot die koninkryk

kom

* Vertaal deur MariéBlomerus.

Uit A Coney Island of the Mind.

©

1955, 1958 deur Lawrence Ferlin.ehetti.

(28)

(24) Picasso se akrobate bevat die wêreld en daar

was

tagtig kerke in Parys

wat ek nog nooit betree het

en

my

hoteldeur

het verskriklik geglimlag en woorde

was

trompette

onsamehangende papegaaie babbelende afgode

maar daardienag droom ek dat Picasso deure

oopmaak

en uitgange toemaak deure

oopmaak

en uitgangetoemaak in die wêreld

Ek

het gedroom

hy skilder ’n Picasso in

my

kamer skreeuend die ganse tyd

Pas symbolique!

C’est pas symbolique!

(27) soet en wisselend die lewerik

wat by die ongekoopte heksing en tog hoe baie

wilde diere

hoe baie kranksinniges in die burgerlike ruigtes

Hólderlin

in sy kliptoring of in daardie liefdevolle timmermanshuis

by Tiibingen of dan

Rimbaud

sy.nagmerrieenlogika’

’n sofisme van

waan

Maar

ons het ons eie meeronlangses wat ook fataal aangeneem het dat ’n direkteverband

bestaan tussen taal en werklikheid

woord

en wêreld wat ’n grap is

as jy

my

vra ek het ook gedrink en

die spinnekop gesien

(29)

HENNIE AUCAMP

NAGBOOT NA IERLAND

Op

die aand van 26 Desember 1963 bevind ek

my

op Eustonstasie.

Met

’n mate van onthutsing kyk ek na die reis- kaartjie in

my

hand: London/Dublin

Dublin/London: ont- hutsing, ja, want ’n paar uur vantevore had ek nog hoe-

genaamd

geen plan

om

Ierland toe te gaan nie.

En

hier sit ek nou, reisgereed; en ek wag, saam met ander, in ’n wagkamer!

Na my

impulsiewebesluit moes ek sorondspring

om

reëlings te tref dat ek geen eetkans gekry het nie.

Ek

kyk na die wagkamerhorlosie, neem dan

my

tassie op en loop soek na ’n kafee.

Maar

dis Boxing

Day

en alle kafees is gesluit. Outo- matiese apparate vir sjokolade, melk en tee het uit simpatie gestaak.

Of

dalkonder

dwang —

werkersunie?

Terug na die wagkamer. Dis ’n skoendoos met groot vensters alkant wat na ander vensters op ander perronne kyk.

Hoekom

fluister mense altyd in 'n stasiewagkamer? Dit laat hulle na martelare klink. Hier sit hulle, regop en dunlippig, hul mandjies, sakke. pakkies en koffers soos skanse

om

hulle opgestel, kompleet of hulle

gedoem

is tot die aanstaande reis.

Onderneem

niemand dan ooit ’n reis uit eie, vrye wil nie?

’n Jong

man

en ’n meisie soek hitte by 'n suinige verwarmer.

Hulle het inderdaad hitte nodig.

Sy

verwag. Miskien is hulle selfs getroud, maar die kind-op-pad blý ’n probleem. Albei is

honger

en as die kind eers daar is?

Sy

is ouer as hy

of miskien lyk dit maar so omdat sy

moeg

is.

Hy

lyk nie minder verwese nie, 'n seun nog, met ’n vuil seilbroek aan, ’n ver- bleikte truihemp, ’n baadjie van ’n vroeëre pak.

Sy

het ’n vuil, afgedraagde jas oor ’n katoenrok aan.

Gaan

ek hulle weer op die trein of die boot sien?

Of

is hulle straatvlinders wat deur die skyn van warmte en lig stasie toe gelok is?

Skielik is daar beweging onder die wagtendes: ’n stem het iets oor die luidspreker aangekondig. Die aankondiging

word

herhaal.

Ek

neem

my

tas op; anker

my

daaraan.

Die trein na Hollyhead rammel deur Wallis. Sneeu buite

skraps sneeu, die laaste wat in die sak was.

Maar

nietemin sneeu.

By

’n stasiekroeg sien ek die spook van Dylan

Thomas

en wuif hartlik tot siens.

Dylan

Thomas

is nog in

my

gedagte wanneer ’n vreemdeling

my

aanspreek.

Hy

staan verleë in die kompartementdeur; 'n Ier

sy Keltiese spraak openbaar hom. Jongerig.

My

glimlag.

oorspronklik vir

Thomas

bedoel en nog nie uitgewis nie.

moedig

hom

buite alle verhouding aan.

Hy

is in ’n penarie.

vertel hy; met die groetery en opwinding op Euston het hy sy

(30)

kaartjie verloor, en met al die feestelikhede van die jongste dae sit hy nou sonder 'n bloue duit in sy sak.

Ek

verman

my

teen

my

simpatie.

Daar

is reeds te veel mense wat geld aan

my

skuld. ’n

Mens

kan verlief raak op die rol van Barmhartige Samaritaan en dit sou ’n sonde wees wat jou goeie gifte een na dieander kanselleer.

Ek

gee kwistig raad, maar bied geen geld aan nie.

Die Ier loop weg, maar

kom

weer terug.

Hy

vra ontroerd na

my

familie en slaan die kruis wanneer ek van

my

suster se bloedvinte vertel.

Hy verdwyn

weer en

kom

weer terug.

Nou

gaan dit gebeur. Sweet breek op ons voorkoppe uit.

Maar

ons is in Hollyhead voor die groot woord gespreek kan word. Soos ’n Jorik

word

ek, tas en al, deur die beurende mensemassa opgeneem. Iewers agter

my

is ’n bleek Ier in ’n

predikament.

Maar

ek snuif met gemaakte lighartigheid die teer-, sout- en oliereuk van ’n

hawe

in.

Ek

druk vir

my

’n pad oop vorentoe, skip toe

na Dublin, Dublin tamp dit in

my

slape.

’n Boot na Ierland

of terug daarvandaan, soos ek later sou uitvind, het iets van ’n immi- of emigrasieskip. Iets van ’n

noodtoestand.

Van

oorlogsomstandighede. Daar is nie sitplek vir die helfte van die reisigers nie. Die meeste leun iewers teen iets. Party sit op bondels toue, tot die seesprei hulle na ’n

ander sitplek verdryf. Party raak op koffers op die tussendek aan die slaap; ander sit beenbengelend op tafeltjies in die eetsaal. Die kroeg bars uit sy voeë.

En

niemand kla of lyk ongelukkig nie

behalwe dié wat seesiek is. Selfs hulle

is nie misnoeg nie, eerder verskonend.

Dié lewensdrif

wek my

verwondering. Die meeste Iere op die skip moet bra arm wees; ek merk dit aan hul klere.

Tog

is hulle volkome onverskillig omtrent hul voorkoms, so heerlik, onverskillig: van wanneer af

maak

vere die voël? Hulle aan- vaar hulle armoede as ’n voldonge feit; maar dis geen kalm of verleë aanvaarding nie. Hulle aanvaar alles heftig

siekte, dood, rykdom, liefde. Dit verbaas

my

nie dat Ierland se self- moordsyfer die laagste ter wêreld is nie.

Ek

betrap

my

daarop dat ek die heel tyd na die Ier sonder kaartjie soek.

My

sin vir poëtiese geregtigheid

teenvoeter vir ’n skuldgevoel?

hou die hoop lewend: dalk is hy tóg op die skip?

Ek

kan en wil nie daaraan dink dat hy nou eensaam tussen die doeanebeamptes en -polisie van Holly- head staan nie. Vir

my

eie gemoedsrus móét ek duidelikheid oor sy lot kry. Dus: ’n georganiseerde soektog.

Van

slaap sal daar in elk geval niks tereg

kom

nie.

’n Slaaplose nag op ’n veerboot

word

’n nag van ver- kenning: naby-opnames van gesigte en mense wat ek uit die letterkunde leerlief kryhet. DieIere is géén Engelse nie. besef ek vir die soveelste maal. HuIIe is Italiane of Spanjaarde wat Engels praat. Nee, dit stel die saak te eensydig; dit

maak

nie

Referensi

Dokumen terkait

Nog ’n sterk familiegedig, naamlik “ontwei” wat besliste weerklanke van Krog se bekende gedig “Ma” uit Dogter van Jefta 1970 bevat, begin met ’n strofe waarin die verbondenheid met die

Later in die bundel volg die verhaal “Die kind se suster” waarin die dogter van die seuntjie se suster met haar selfoon ’n foto neem van haar ma in haar doodskis nadat sy die

Mooi is dit ge- stel in “’n Kersdag se ware verhaal”: Die brokkie poësie laat rimpel plots ’n droefheid wat deur als omheen uitdein Nog mooier is dit in “regatta”: Aan alles kleef

Beertjie word nou, in 2006, nie net gelees deur ouer lesers wat be- wus sal wees van die verskil wat hierdie nuwe bril maak nie, maar ook deur jonger lesers vir wie dit nie ’n bril is

En sekerlik: al hierdie onderwerpe word styl-vol wat taalhantering én lewens- houding betref behandel: die leser weet vooraf dat jy in die geselskap van ‘n voor- treflike

Anders as byvoorbeeld in ’n vorige roman, naamlik ’n Stringetjie blou krale 2000, gaan dit egter nie om die vind van ’n gekleurde identiteit in ’n postapartheidsbestel na die politieke

Verskeie Dertigers en Veertigers lewer nog steeds belangrike werk naas dié van die buitengewoon groot aantal debuteerders wat ons klein taalgebied die afgelope tyd het, en ook naas dié

Met ’n voorwoord deur die politieke veteraan Helen Suzman wat haar alleen- stryd as vrou in die politiek verwoord en ’n nawoord deur die nuwe politieke ster op die horison Patricia de