• Tidak ada hasil yang ditemukan

Tydskrif vir Letterkunde

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Tydskrif vir Letterkunde"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 &

that of a set of modern Johannesburgers, Walter and Albertina Sisulu, Phillip Tobias, Bram Fischer, Peter Magubane, Geoff Lock- wood, Lionel Abrahams and Sibongile Khumalo and her father Khabi Mngoma.

The story of the Sisulus is told tenderly, befitting the gentle yet tough couple who came to make Johannesburg their home and the home also of the national struggle against apartheid. This is echoed in the por- traits of Bram Fischer, one of the most sig- nificant South Africans of his generation, and Peter Magubane, amongst the coun- try’s foremost photographers. The torment suffered by Bram Fischer is felt on the tip of Alfred’s pen, as is the frustration experi- enced by Ngubane through one period of incarceration followed by another during the height of apartheid. The challenges of the modern apartheid city are vividly also painted in the lives of Phillip Tobias, living out his humanity through his incredible contributions to modern science, and surely one on whom should have been bestowed the Nobel prize for his palaeo-anthropo- logical work, Geoff Lockwood and his life’s work on the beautiful birds of South Africa, the amazingly generous Johannesburg muse, Lionel Abrahams (who sadly died as this review was being written), and the in- comparable musical talents of Khabi Mngo- ma and his daughter.

The writing in this book is punchy and sharp. Alfred’s approach to his task is direct and unafraid. The technique often rests on the use of the short sentence accompanied by longer, sometimes more discursively constructed phrases and clauses. He is not afraid to use a well-worn phrase if it suits his purpose. In using it, it emerges fresh and apposite. The writing is, as a result, at- tractive and direct. It reads fluidly and con- vincingly.

Not unexpectedly, comment on the col- lection of characters in Alfred’s cast is una-

voidable. In the midst of the great number of people who make up the gallery of Jo- hannesburg’s heroes, never-mind its rogues and just plain ordinary types, it is a matter of interest that this particular group of peo- ple is assembled. It could be said that the book leans too heavily in the direction of Johannesburg’s white history, or, more generously, its liberal history. Even if one accepts that this cast features large in key moments in the city’s life, a question could be asked about the omission of characters such as Moses Kotane, Clements Kadalie, Solly Sachs, or modern figures such as Ismail Mohamed, W. Kambule, and Zeph Motha- peng. One could point to many more in the black community. Alfred explains that the people represent his personal fascinations.

This as an explanation is fine up to a point but a little more historiographic justifica- tion is called for here. It would be useful to hear what meta-story animates this fasci- nation, if only to be able to have a fair squar- ing-off with Alfred about how one narrates a municipal history. And that in itself, even in a relatively modest book such as this, would be a really valuable provocation.

Having made these last remarks, the book is a thoroughly enjoyable read. Even for those who would have grown up in Jo- hannesburg there is much to learn.

Crain Soudien

University of Cape Town

Die stilte na die boek: Kitsessays.

Etienne van Heerden. Kaapstad: Tafel- berg. 2004. 207pp. ISBN 0-624-04215-4.

Die 66 tekste in hierdie versameling, vertel die skrywer in ‘n Nawoord, is ‘n keur uit rubrieke onder die oorkoepelende titel Kommapunt, wat in Die Burger verskyn het en ook oorgeneem is deur Beeld en Volks-

(2)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 ' blad tussen 1997 en Oktober 2001, toe die

reeks, volgens die Nawoord, deur ‘n hart- omleiding beëindig is.

Die voorrang wat essay nr. 53 geniet deurdat dit die titel vir die geheel verskaf, moet natuurlik iets sê aangaande die aard van die tekste. Dit vertel van ‘n skrywer se ervaring van die gety van laagwater tussen boeke, daardie angs dat hy nooit weer ‘n boek gaan skryf nie, die opmars van ge- wone daaglikse dinge wat sy ruimtes be- set. Wat is die boodskap vir die leser?

Dis bekend dat Virginia Woolf haar dag- boek, haar korrespondensie en haar op- stelle vir die “common reader” gebruik het as “vingeroefeninge” om haar uit die im- passe van die stilte tussen boeke te skryf.

“Schrijvende begint men te schrijven,” sê Marthinus Nijhoff, wat, ‘n mens kan sê in die stiltes tussen verse, gereelde bydraes geskryf het vir Het nieuws van de dag en De Nieuwe Rotterdamse Courant.

Word die opstelle gewoonweg van be- gin tot end deurgelees, kan dit op die eerste gesig lyk asof die tipiese “gemengde kruie”

van die koerantrubrieke daarin te vinde is:

waarnemings aangaande menslike hebbe- likhede, die aanskoue van besonderse land- skappe van ver en naby, eietydse same- lewingsverskynsels, persoonlike herin- neringe, en omdat dié skrywer se eerste ambag en leeftog inderdaad die literêre bedryf is, heelwat oor literatuur en skry- werskap. En sekerlik: al hierdie onderwerpe word styl-vol (wat taalhantering én lewens- houding betref) behandel: die leser weet vooraf dat jy in die geselskap van ‘n voor- treflike woordkunstenaar gaan verkeer vir die duur van die 207 bladsye, en dit word, inderdaad, “gheselscap goet ende fijn”. ‘n Mens sou die ouderweste woord “causerie”

as etiket daaraan kan heg.

Gaandeweg besef die leser egter dat dié ligtheid eintlik, in ‘n frase van NP van Wyk Louw, ‘n “masker van die erns” is.

Besinning oor literatuur en skrywerskap tussen 1997 en 2001 moet sy plek vind tussen

‘n heerskare van andersoortige mededing- ende aansprake op skrywers én lesers.

Etienne van Heerden is per slot van reke- ning ‘n skrywer van ons tyd: seismograaf, van sy vroeë kortkuns in die kader van die grensliteratuur van die tagtigerjare af, deur sy groot romans wat samelewingsgeskie- denis deur middel van omvormings van tra- disionele romansoorte registreer.

So registreer hy in hierdie tekste die jongste literatuuropvattings, teorieë wat ons benadering van literatuur beïnvloed, en veral: veranderings in ons eietydse lite- ratuurbeskouing. Wanneer hy dit doen, ge- skied dit nie by wyse van diepgaande ver- duidelikings nie. Hy teken aan, voeg soms

‘n karakteriserende of illustratiewe anek- dote by, maar hou hom by die tradisionele inslag van die essay: om ‘n gesprek oor ‘n onderwerp te open sonder die pretensie om die onderwerp uit te put.

Dat hy hierdie tekste “kitsessays” noem, is ‘n wegwyser vir die waardering daarvan:

dit maak die bundel nog uitdrukliker tuis aan die begin van die een-en-twintigste eeu, waar daar rats beweeg moet word om die vangriem om die leser se aandag vas te trek.

Nie verniet nie praat van Heerden van ons tyd as “die era van die Jan Rappers” (185).

Daarin kan ‘n mens ten minste drie bete- kenisse lees: die gewone leser geniet voor- rang (“I rejoice to concur with the common reader”, haal Virginia Woolf vir Dr. Johnson aan); aldagswysheid word deur vele ver- neem uit die mond van die kultusfiguur,

“rappers” soos Eminem is eminent; “rap” is vinnig, is kits …

Maar met die ligte self-ironisering wat die leser daaraan herinner dat Etienne van Heerden van oudsher satirikus en kabaret- skrywer is, kry die gestalte van die gevierde skrywer van ons tyd gaandeweg al duide- liker definisie: die reisiger na konferensies

(3)

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 en “Poetries International”, die naguil-op-

‘n-kluit wat sy habitat moet verlaat om ‘n ster van “pens-en-pootjiesblaaie” te word (201), die pelgrim van die kuberruimte, ewewigsoekend in ‘n wêreld van kitsver- andering.

So word die vervlietende moment, die flits-insig op verganklike koerantpapier, die onvoltooide gesprek, ten slotte tog besten- dig, en kan Die stilte ná die boek ‘n verwysings- punt word in die geskiedenis van die Afri- kaanse literêre sisteem in die oorgangstye van die millenniumwending. Daarmee neem Etienne van Heerden sy plek naas sy groot voorgangers in die literêre joerna- listiek met onderskeiding in.

Elize Botha

Emeritus professor

Universiteit van Suid-Afrika

Power and Terror – Post-9/11 Talks and Interviews. Noam Chomsky. J. Junker- man & T. Masakazu (eds.).

Houghton: Jacana. 2003. 156 pp.

ISBN 1 919931-59-7.

In 2002, ’n paar maande na die gewraakte terreuraanvalle van September 2001 in die VSA het ’n Japanese filmmaatskappy ’n do- kumentêr, Power and Terror: Noam Chomsky in Our Times, vervaardig en die boek wat hier geresenseer word, is ’n uitvloeisel van die filmprojek. Die boek bestaan uit vier afdelings: ’n onderhoud vir die rolprent met Chomsky – sy siening van die terreuraan- valle, die daaropvolgende oorlog in Afgani- stan en die rol van Japan in die oorlog, ’n toespraak van Chomsky, “US arms, human rights and social health”, ’n aantal gesprek- ke met hom, hoofsaaklik gebaseer op toe- sprake van hom en die bespreking wat dit ontlok het wanneer die gehoor vrae kon vra en laastens ’n afdeling met algemene

inligting oor die skrywer en ’n lys van publikasies van hom wat spesifiek betrek- king het op van die vraagstukke wat in hier- die boek gedek word. Die deurlopende tema is die mate waarin Amerika self skuldig is aan ’n vorm van staatsterreur in sy buitelandse optrede en dat indien die Amerikaners dit halt sal roep, dit onmid- dellik ’n reuse verskil sal maak in die voor- koms van terreur wêreldwyd. ’n Sub-tema is die rol van intellektuele (sien veral 15-20)

– hulle stilswye of selfs verdediging van en ondersteuning vir die Amerikaanse posisie, omdat as terreur op eie bodem plaasvind, dit moeilik word om enigsins objektief te kyk na die oorsaak daarvan en om rege- ringsbeleid te bevraagteken.

’n Paar aspekte rondom die publikasie val dadelik op. Dit is ’n boek gemik op die leek en dien as eenvoudige inleiding tot Chomsky se politieke geskrifte en opinies

– dit is nie ’n boek vir die intellektueel of die vakspesialis of mense wat werklik pitkos soek wanneer hulle oor die groot vrae van die dag wonder en daarmee wor- stel nie. Dit is nie die akademikus Chomsky waarmee ’n mens hier te doen het nie, maar

’n Chomsky in gesprek met gewone mense wat ernstige vrae vra oor die rol van die VSA in die kontemporêre internasionale politiek. Daarmee maak ek nie die publi- kasie af as minderwaardig nie – inteendeel.

Chomsky praat nie neerhalend of “af” na sy vraestellers nie, maar hanteer vrae en opmerkings met begrip en respek en pro- beer eerlike antwoorde verskaf. Vir aka- demici kan hierdie juis goeie leesstof wees, want Chomsky word ’n rolmodel wat wys wat die taak van die intellektueel in die openbare lewe is.

Maar dit gaan nie noodwendig dieper insig bring in die vrae wat aangespreek word nie. Daarvoor moet ’n mens teruggan na die skrywer se akademiese werk, en ’n uitstekende voorbeeld hiervan, minstens

Referensi

Dokumen terkait

Leierskapsopleiding waarin die volgende aspekte ’n opsomming van die aspekte wat in hierdie artikel behandel is van die langtermyn dimensie van die onderwyser se leierskapsrol

Nog ’n sterk familiegedig, naamlik “ontwei” wat besliste weerklanke van Krog se bekende gedig “Ma” uit Dogter van Jefta 1970 bevat, begin met ’n strofe waarin die verbondenheid met die

Later in die bundel volg die verhaal “Die kind se suster” waarin die dogter van die seuntjie se suster met haar selfoon ’n foto neem van haar ma in haar doodskis nadat sy die

Toen in 1996 de eerste editie van Michael Chapmans Southern African Literatures ver- scheen, uitten verschillende Zuid-Afrikaan- se critici bedenkingen tegen het feit dat het boek bij

Maar vir die literatuurhistorikus om ’n unieke beweging binne die stroom van werke in wat Rob Antonissen nog die “ontwikkelingsgang” van ’n literatuur kon noem, te identifiseer – dit

Mooi is dit ge- stel in “’n Kersdag se ware verhaal”: Die brokkie poësie laat rimpel plots ’n droefheid wat deur als omheen uitdein Nog mooier is dit in “regatta”: Aan alles kleef

Joan Hambidge [email protected] Universiteit van Kaapstad Kaapstad Repliek DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v50i1.11 ’n Resensie word binne die Afrikaanse letter- kunde

Met die oorlye van George Weideman in Augustus 2008, nadat hy lank en dapper teen ’n slopende siekte geveg het, het Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde nie slegs ’n skrywer nie,