• Tidak ada hasil yang ditemukan

2/ •••••••••••••

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "2/ •••••••••••••"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

A. HENDRIK VERWDERD-NAVDRSINGSBEURS

Dit is tans die tweede jaar dat meegeding word om die Hendrik Verwoerd- Navorsingsbeurs.

Die Keurkomitee, voor wie aansoeke ge1~ word, bestaan uit:

Prof. H.B. Thorn, Voorsitter.

Prof. HoW. Snyman, Dekaan, Fakt , Geneeskunde, U. P.

Prof. A.J. Brink, Dekaan, Fakt. Geneeskunde, U.S.

Prof. F. Retief, Dekaan, Fakt. Geneeskunde, U.D.V.S.

Prof. C.L. de Jager, Sekretaris.

Die Raad van Trustees, aan wie die Keurkomitee sy aanbeveling i.s. die beurs maak, bestaan uit die trustees van die Hendrik Verwoerd-Fonds, t.w. :

Prof. H.B. Thorn, Voorsitter.

Mnr. Marius Jooste, Onder-Voorsitter.

Mnr. S.G.J. van Niekerk, Administrateur van Transvaal.

Mnr. G.F. van L. Froneman, Administrateur van D.V.S.

Mnr. A. H. Vosloo, Administrateur van Kaapland.

Mnr. W.H.B. Havemann, Administrateur van Natal.

Mnr. B.J. van der Walt, Administrateur van Suidwes.

Dr. P.J. Meyer.

Mnr. J. Steyl.

Dr. J. Hurter ,

Prof. C.L. de Jager, Sekretaris.

Die Raad van Trustees het besluit dat die beurs vir 1974 toegeken word aan dr. J.J. de Wet Lubbe. Dr. Lubbe het as leerling van die Hoërskool

2/ •••••••••••••

(2)

2

Kakamas in 1958 in die eerste klas gematrikuleer; hy was onder die eerste tien kandidate in Kaapland. Die M.B., Ch.B. het hy in 1964 cum laude aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Die Noristan- beurs, -n goue medalje van die Fakulteit van Geneeskunde, U. S., en die

KOningin Victoria-stipendium van die Universiteit van Stellenbosch is vervolgens aan hom toegeken. Na suksesvolle spesialisasie het hy in 1972 die M.Med. cum laude verwerf, met borskas-chirurgie as sy spesiale gebied. Hy het reeds verskeie oorspronklike wetenskaplike publikasies gelewer, en ook 'n hele paar referate by geneeskundige kongresse of simposia gehou.

Die Hendrik Verwoerd-Navorsingsbeurs is aan wyle dr. Verwoerd te danke.

Toe die Hendrik Verwoerd-Toekenning in 1966, ter erkenning van sy deur- slaggewende bydrae tot die verkryging en vestiging van 'n republiek in Suid-Afrika, aan dr. Verwoerd gedoen is, het hy dit aanvaar maar duidelik verklaar dat hy persoonlik geen materiële voordeel daaruit wou trek nie.

Die geldelike deel van die toekenning, t.w. RIO 000, wou hy nie aanvaar nie. Na oorlegpleging met hom het die Trustees van die Hendrik Verwoerd- Trust besluit om 'n navorsingsbeurs in Geneeskunde of Tandheelkunde te stig, wat na hom vernoem sou word, iets wat hy hom laat welgeval het aangesien hy, vanweë sy herstel ná die eerste aanslag op sy lewe, soveel aan die geneeskunde verskuldig was.

Die beurs het -n geldelike waarde van Rl 000, en word vir ~én jaar toegeken.

Slegs senior kandidate wat met goeie gevolg gestudeer het, en veral bewys gelewer het van suksesvolle oorspronklike navorsingswerk, kom in aanmerking.

Verlede jaar is die eerste toekenning van die beurs gemaak aan dr. C.J.C. Nel van Pretoria.

3/ .•••••••••••••

Referensi

Dokumen terkait

Aangesien die Beswaardes Beswaarskrif 2010:7 beweer dat die besluit van die Hervormde Kerk om haar teologiese legitimering aan apartheid te onttrek op ’n leerdwaling neerkom wat deur ’n

Ons vier het toe om die eiland gestap, sonder radioverbinding, en gesê as daar iets verkeerd gaan, daar’s genoeg goeie stappers wat kon terugkom en hulle moet ons ‘n sekere aantal dae

Veral Melvill se poging om Waterboer tot die opperhoof van die Griekwas te verhef en om die ou erflike hoofde, die Koks, deur hom J:e beheer, het groot vyandskap tussen Griekwastad en

Erasmus "als troef voorlopig aan te stellen."15 Op dieselfde dag het maj Erasmus aansoek om die vakante pos gedoen en verklaar dat hy sy rede aan die Kommandant-generaal sou meedeel

Daarbe- newens het die feit dat hy uit Suid-Afrika weg- gestuur word as hy gevange geneem sou word, 'n belangrike rol gespeel in die positiewe pra- oorlogse motivering van die burgersS7

De Saint-Pierre kan seker ook as die vader van sanksies beskou word want dit was die strafmaatreel wat hy gepropageer het om gehoorsaamheid aan 'n internasionale owerheid af te dwing."

AANBEVELINGS Aan die hand van die vraag wat ons aan die begin van die ondersoek gestel het, naamlik wat kan gedoen word om die kurrikulum moontlik te verbeter en die onderrig van

Die skrywer 2 se outobiografiese teenwoordigheid word dikwels in verhale ont- hul deur verwysings na haar pa, ’n man wat ’n baie intense manier gehad het om die natuurlike omgewing waar