• Tidak ada hasil yang ditemukan

afrikaans eerste addisionele taal - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "afrikaans eerste addisionele taal - LitNet"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 TAALTOETS (Lydende vorm, indirekte rede en infinitief) Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 1 UUR. Maart 2016 Totaal: [30]. ========================================================================= Vraag 1 Skryf die volgende sinne oor deur met die gegewe woord(e) te begin: 1.1. Veer slaan die muurbalbal baie hard teen die muur in die sportkompleks. Die muurbalbal …. (2). 1.2. Juffrou Bakkes sê: “Julle moet vandag baie stil bly.” Juffrou Bakkes sê …. (2). 1.3. Radys moet sy werk deeglik doen om goeie punte te behaal. Radys behoort …. (2). 1.4. Mike se ma het twee maande gelede vir Pollie en Skopper geskiet. Pollie en Skopper …. (2). 1.5. Michaela vra vir Susan: “Hou jy van skool?” Michaela vra vir Susan …. (2). 1.6. Donna moet môre haar hond veearts toe neem. Donna hoef nie …. (2). 1.7. Henning vang naweke graag vis by die Setlaarsdam. Vis …. (2). 1.8. Doonsie vra vir Karen: “Waarom is Willem elke naweek by die restaurant?” Doonsie vra vir Karen …. (2). 1.9. Meneer Guthrie moet elke week met meneer Koen raas omdat hy nie ’n das dra nie. Meneer Guthrie behoort … (2) 1.10. Greg lewer daagliks pasteie met sy paneelwa by die snoepwinkel af. Pasteie …. (2). 1.11. Mariaan het vir Anoeschka gevra: “Was Greta Garbo ’n goeie aktrise?” Mariaan het vir Anoeschka gevra …. (2). 1.12. Julle moet volgende jaar baie hard werk om goeie uitslae te kry. Julle hoef nie …. (2). 1.13. Meneer Koen sal oormôre twee pynpille vir sy hoofpyn by die skool drink. Twee pynpille vir sy hoofpyn …. (2). (Blaai asseblief om …) 1. (2) 1.14. Alta het vir Kim gevra: “Gaan jy môre saam met my gaan swem?” Alta het vir Kim gevra …. (2). 1.15. Jano moet volgende week vir Rebekka ’n geskenk vir haar verjaarsdag gee. Jano behoort …. (2). ========================================================================= GROOTTOTAAL: [30]. 2. (3)

Referensi

Dokumen terkait