• Tidak ada hasil yang ditemukan

ANTARKTIESE BULLETIN

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2023

Membagikan "ANTARKTIESE BULLETIN"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

ANTARKTIESE BULLETIN

MAY, 1964

Published by the South African Antarctic Association 16, Anderson Street, Brooklyn, PRETORIA.

No.3 MEl, 1964

Uitgcgee deur die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vereniging Andersonstraat 16, Brooklyn, PRETORIA

PatronfBeskermheer: Prof. S. P. Jackson, M.A., D.I.C., Ph.D. Editor/Redakteur : J. J. Taljaard

DIE WETENSKAP EN DIE WERELDPOLITIEK

By geleentheid van die tweede jaarliksc dinee van die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vereniging te Pretoria op 21 Maart 1964 bet Mnr. D. G. KingwiU die volgcndc

toespraak gel ewer:

Dit is vir my 'n besoodere eer om u toe te spreek op hierdie tweedc jaarlikse dinee van die Suid-Afrikaaose Antarktiese Vereni- ging. Ek moet eerlik erken dat ek meer as 'n bietjie gehuiwer het om die uitnodiging om as spreker by hierdic geleentheid op te tree te aanvaar. My moeilikheid was net dat ek die afgelope paar jaa;

maar min met Antarktiese sake te doen gehad het. Ek het dit naamlik alles aan my kollega, Eric Boden, oorgelaat-tot voordeel van Antarktiese navorsing!

Nietemin het ek saam met mense wat hier aanwesig is-en andere wat weens omstandighede nie hierdie byeenkoms kon bywoon nie - taamlik hard gespook om ons Antarktiese poging op vaste voct te bring. Soos die ou plaasjong gese bet: ,Ons het nie bietjie baie gespook nie!" Ek het dan ook 'n paar dinge op die hart en kon die geleentheid nie laat vcrbygaan om hulle aan 'n gedwonge gehoor oor te dra nic. U wat hier bymekaar gekom het om fees te vier, bloot uit bclangstelling in Antarktika (of uit belangstelling in die manne wat in Antarktika belangstel) het scker nie daaraan gedink datu daardeur so in die hoekie gedryf sou word nie! Nou ja! Dis nie my skuld nie! As u daarteen bcswaar wil maak, verwys ck una ons Sekretaressc-en die Hoofbestuur!

Yerlcdc jaar by gelcentheid van ons jaarliksc dinec, het ons Beskermheer, prof. Jackson, hom uitgclaat oor die rol wat hierdie Vereniging bchoort te spec!. U sal natuurlik besef dat dit uiters moeilik is om so 'n man-en so 'n spreker- op te volg. Tog het ek vanaand die vrymoedigheid om weer dieselfde grond oor te ploeg. Ek docn dit omdat ek daarvan oortuig is dat ons op hierdic stadium nie te vee! aandag aan die oogmerke en doelstellings van ons Vereniging kan bestee nie. Ywer en geesdrif is wei onontbeerlik maar is op sigself nie genoeg nie. Ons moet 'n doel he! Dit moet 'n duidelik omlynde doel wees en om dit te kan begryp, moet ons 'n duidelike begrip he van die pligte en beperkinge van die ander instansies wat by die saak betrokke is.

Die vroee ontdekkingsreise na Antarktika was hoofsaakJik avontuurlike ondernemings met 'n mate van regeringsteun. Hulle was as 't ware 'n voortsetting van die groot ontdekkingsreise van ouds en in hoc mate vir geldelike steun afhanklik van belangheb- bende indiwidue en organisasies. Eers in die 20e eeu het die weten- skap 'n oorv,;egende rot in hierdie ekspedisies begin speel. Hierdie wetenskaplike belangstelling het met die lnternasionale Geofisiese Jaar van 1957-58 'n hoogtepunt bereik. Na die IGJ was daar cgtcr geen teken dat twee van die groot moondhede die ekspedisies wat hulle gedurende die IGJ gestig en onderhou het, van Antarktika sou onurek nic. Aangesien hicrdie moondhede gccn aanspraak op vaste eiendom in Antarktika kon maak nie, in teenstelling met die erkendc ,eiendomsrcgte" van Iande soos die Verenigde Koninkryk, Argentinie, Chili, Nicu-Seeland, Australic en Noorwee, het daar 'n moeilike politieke situasie ontstaan. Dit is toe deur die Antarkticsc Verdrag vir die tussentyd (35 jaar) uit die weg geruim. Hierdeur het

die betrokke Iande ooreengekom om op wetenskaplike gebied saam te werk en die hele vraagstuk van die bcsitreg van gebiede op die lange baan geskuif.

Eienaardig genoeg, is Suid-Afrika se belange in Antarktika hier- deur vir die eerste keer deur die groot moondhede erken. Die Republiek is een van die twaalf Jande wat genooi is om aan die besprekings dee I te neem wat uiteindelik tot die Antarktiese Verdrag gelei het. Die Republiek is dan ook een van die twaalf Verdragstate --die sogenaamde ,high contracting powers". Hierdie erkenoing het geskicd op grond van ons bydrae tot en deelname aan Antark- tiese navorsing gedurende die IGJ-en vera! die Commonwealth Transantarctic Expedition van sir Vivian Fuchs, waarin ons Voor- sitter, mnr. Hannes la Grange, ons verteenwoordig het.

Met die ondertekening van die Antarktiese Yerdrag, het dit vir Suid-Afrika verpligtend geword om sy fisiese teenwoordigheid in Antarktika te demonstreer. Dit is toe ook moontlik gemaak deur die oorname van die Noorweegse basis dcur SANAE I onder Ieiding van Hannes Ia Grange.

Die punt wat ek wit tuisbring is dat die stigting en onderhoud van 'n Suid-Afrikaanse basis in Antarktika 'n suiwer regeringsaak is. Ekonomiese waarde het dit nie-maar politieke en strategiese waarde wet. Die fondse hiervoor word geheel en at deur die Regering voorsien, en die insameling van fondse vir Antarktiese ekspedisies is dus nie 'n saak waarby die Anlarktiese Vereniging betrokke is - of behoort te wees nie.

Uit die staanspoor het die Rcgering besef dat die hoofdoel met die Antarktiesc Verdrag was om Antarktika as 'n vrye gebied vir wctenskaplike navorsing kragtens die bepalinge van die Verdrag te behou. As 'n ,Antarktiese Moondheid" is Suid-Afrika dus vcrplig om 'n Antarktiese navorsingsprogram op te stcl en deur te voer op 'n nivcau wal die status van die wetenskap in Suid-Afrika waardig sou wees. Hiervoor is 'n Wetenskaplike Komitee vir Antarktiese Navorsing onder beskerming van die WNNR aangestel. Deur bemiddeling van hierdie Komitee is 'n 5-jaar-navorsingsprogram uitgewerk en die goedkeuring van die Regering verkry vir uitgawes van Rl75,000 oor die 5-jaar-tydperk April1963 tot Maart 1968.

Hierdie plan is daarop gemik om die besondere bekwaamhede van ons wetenskaplikes en die geleenthede wat ons geografiese Jigging bied, ten volle te benut. Terselfdertyd word gewaak teen programme wat ons skraal bronne van mannekrag mag ooreis- of wat groot onkoste sal mecbring teen 'n geringe opbrengs aan wetenskaplike bydraes in vergelyking met die van die groter Jande.

In hierdie fase word die wetenskaplike poging vera! toegespits op die sogenaamde ,transient phenomena" van die bolugfisika en die wecrkunde tydens die duur van die Sonstiltejaar (IQSY). Die programme vul dus programme aan wat in elk gcval in hierdie tydperk hier in Suid-Afrika uitgevoer sou word. Dit bied aan ons wetenskaplikes die gelcentheid om oorspronklike bydraes tot die kennis te !ewer en daardeur nie slegs erkenning vir ons Antarktiese poging te verwerf nie, maar ook die wctenskap in Suid-Afrika uit te bou en te bevorder.

Ek wil graag van hicrdie geleenthcid gebruik maak om die hard- werkende sekretaris van die Wetenskaplike Komitec--my kollega,

(2)

Page 2 ANTARKTIESE BULLETIN May/Mei 1964

Eric Boden-en natuurlik ook die Voorsitter en lede van die Komitee, geluk tc wens met die sukses wat hulle hiermee behaal het. Natuurlik moet ons ook die Departement van Vervoer en die Wcerburo gelukwens met die sukses wat behaal is met die oprigting en instandhouding van SANAE. En dan is daar ook die Departe- ment van Buitelandse Sake, die naamlose krag agter die skerms.

Volgens die inligting wat ek kon bekom, beloop ons jaarlikse uit- gawes sowat R200,000. Dit is maar betreklik klein in vergelyking met Australie se uitgawes van Rl,420,000 per jaar, en die van Amerika wat R20,000,000 per jaar oorskry, maar dit is tog nie sleg vir 'n klein landjie wat maar onlangs eers die gebied van Antark- tiese navorsing betree het nie.

Ek wit weer beklemtoon dat die niveau van ons Antarktiese navorsing deur die Regering bepaal word. Hierdie Vereniging het daarmee niks te doen nie. Daar bestaan ook wetenskaplike in- stansies op wie die verpligting rus om na die besteding van die fondse om te sien en te sorg dat die dienste wat as teenprestasie daarvoor gelewer word, sover moontlik aan die Regering se doe!

beantwoord.

Wat dan is die rol van hierdie Vereniging? Dat daar 'n behoefte aan so iets is, besef ons alma!. Daarvoor is ons teenwoordigheid vanaand hier bewys genoeg. Maar ek kry tog die indruk dat ons 'n bietjie rondtas, dat daar verskillende opvattings is oor wat ons eintlik beoog.

Tot dusver het ek probeer verduidelik wat dit nie is of behoort te wees nie. Dit is tog uiters negatief en dit is allermins 'n geleentheid hierdie om 'n negatiewe houding in te neem. Ek wit dus die geleent- heid te baat neem om die Vereniging, en vera! ons Sekretaresse geluk te wens met die sukses wat reeds behaal is in wat ek persoonlik as die regte rigting beskou.

Hiermee bedoel ek die bekendmaking onder die algemene publiek van ons Antarktiese bedrywighede. Hier voel ek dat daar 'n groot leemte bestaan en dat die Vereniging hom hierop moet toespits. Weliswaar is daar in hierdie rigting reeds vee! bereik. Ek dink hier aan die verskyning van die "Antarktiese Bulletin", die

instelling van 'n Suid-Afrikaanse Antarktiese Medalje, en die instandhouding van 'n uitstalling in die Museum vir Wetenskap en lndustrie van Suid-Afrika.

Nou wit ek aan die hand doen dat daar nog groter pogings aangewend moet word om die bevolking van Suid-Afrika in die algemeen meer Antarktikabewus te maak. Enersyds kan gese word dat die sukses van ons pogings van mense afhang en, hoe groter die belangstelling in Antarktika en die eilandweerstasies, hoe groter die moontlikheid dat die regte tipe jongmanne daarheen getrek sal word. Andersyds, kan gese word dat ons as volk nie genoeg in die see belangstel nie. Ons sit hier aan die suiderpunt van Afrika en alhoewel ons eeue lank die oe op die binneland gerig gehou het en ons vooruoers en ander pioniers steeds die binneland ingebeur het, is dit, vir my altans, 'n uitgemaakte saak dat ons in die toekoms 'n volk van seevaarders gaan word. Ons Vereniging kan dus 'n diens !ewer deur die bevolking meer bewus te maak van die see om ons en die verkenners op die eilande en in die verre suide.

Om dit te kan bereik, moet ons spesiaal daarvoor ingerig wees.

Dit is betreklik maklik om lesings te reel waar mense wat reeds belangstel, bymekaar kom om regstreeks te hoor van onder- vindlnge in Antarktika, maar dit is hcelwat moeiliker om die algemene publiek te bereik. Ons leef in 'n tydperk waarin ons oorweldig word deur massakomunikasiemiddels en, om die aandag van Jan Burger te trek, moet ons ook van hierdie massa- kommunikasiemiddels gebruik maak. Ek dink hier bv. aan rol- prente wat in die bioskope op die gewone programme vertoon word-of selfs aan foto's van hoe gehalte vir plasing in tydskrifte, koerante, ens. Hiervoor is die dienste van deskundiges nodig.

Dit kos alles geld-sommer baie geld. Maar dit is iets waarvoor die Vereniging hom kan beywer.

Daar is nou vir u 'n uitdaging!

Ek wens u aile sukses toe!

Nogmaals, hartlik dank vir die eer wat u my bewys het deur my uit te nooi om by hierdie geleentheid as spreker op te tree.

SURVEYING IN THE ANTARCTIC

Sean Kavanagh, surveyor of SANAE ill (1962), supplied the following summary of his talk before the

Association on 24th February, 1964:

The purpose of surveying in the Antarctic falls into three definite categories:

(1) Surveying with a view to the compilation of maps of a given area;

(2) Surveying as applied to some particular field of study, such as glaciology or the study of refraction;

(3) The supply of survey control for a variety of scientific pro- grammes, such as gravimeter traverses, geomagnetic studies, meteorology and ionospheric studies.

Whenever a large area is to be mapped the method employed is that of mapping from aerial photographs. However, before these photographs can be utilised ground control points have to be obtained. This then is the task of the surveyor. Suitable points have to be identified on the photographs and fixed accurately in latitude and longitude. The photographs are usually available to the sur- veyor in the field, but if the two operations are being carried out at the same time, the surveyor has to resort to fixing all prominent points instead of a few selected points only. This means that large areas have to be covered and long distances traversed in order to complete the surveying. The field party would require at least two tractors as well as one or more helicopters in order to move about freely in the field; a light aircraft would be required in order to ferry supplies between the base and the field. Further aircraft and other facilities are required for taking the aerial photographs.

The above requirements would give rise to an expedition many times the size of the present South African expedition. It is for this reason that it was decided not to undertake any mapping in the Antarctic. Having made this decision, South Africa stopped sending a surveyor to the Antarctic. This is a pity because mapping is only one of the surveyor's three main functions in the Antarctic.

Most of the survey work carried out in 1962 was in connection with the study of ice movement. As the South African base is situated on an ice-shelf it is ideally placed for the study of relative ice movement. A base line two kilometres in length was measured in the vicinity of the base and was expanded by both triangulation and trilateration, giving a network of twenty points covering an area of approximately 400 square kilometres.

It was found that over a period of six weeks various angles in the network subtended by sides of about five kilometres in length were changing at the rate of

It

seconds of arc per day. Various distances changed by as much as five metres over a period of three months. Most important, though, the increase or decrease in the angles or distances fol.Iowed a fixed pattern, showing quite clearly that points which were nearest the edge of the ice were moving fastest.

Tellurometers were found to function well under all weather conditions encountered, even in temperatures as low as minus forty degrees Celsius. Difficulty was experienced in carrying out triangulation using a T2 theodolite as mirage and shimmer effects were at all times extreme. On one occasion the meteorlogical tower, which is six feet wide by eighty feet high, could not be seen from a distance of one kilometre. Generally conditions for triangulating over distances of from three to five kilometres were found to be suitable on only about two to three days per month.

The position of the base was determined from star observations carried out at a temperature of minus thirty degrees Celsius.

Difficulty was experienced with the theodolite as both the object glass and eye-piece became covered with ice.

Survey information was supplied to the Geomagneticist, the Geologist, the lonospherist, the Meteorologist and the Radio Technician. The value of the azimuth supplied to the Geomagneti- cist was found to change by 90 seconds of arc over six months due to ice movement.

Referensi

Dokumen terkait

Ek sê nie die ouens moet die plek kom vertrap nie, maar daar’s baie meer werk vir science en ek meen, daar word - die voetwerk is klaar gedoen deur die jare, maar daar’s so baie