• Tidak ada hasil yang ditemukan

ANTARKTIESE BULLETIN

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2023

Membagikan "ANTARKTIESE BULLETIN"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

ANTARKTIESE BULLETIN

JANUARY, 1966 - No. 13 - JANUARIE 1966

Published by tbe Soutb African Antarctic Association 16, Anderson Street, Brooklyn, PRETORIA.

Patrons/Beskermbere: Prof. S. P. Jackson, M.A., D.I.C., Ph.D.

Dr. S. Meiring Naude, M.Sc., Pb.D., D.Sc.h.c., L.L.D.h.c.

Uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vereniging Andersonstraat 16, Brooklyn, PRETORIA

Editor/Redakteur: J. J. Taljaard

LANDVORME OP MARIONEILAND

deur dr. W. J. VERWOERD Vir iemand wat die eerste keer op Marioneiland voet aan wal sit,

is nie aileen die weersomstandighede, klimaat, plantegroei en dierelewe vreemd nie, maar ook die geaardheid van die landopper- vlakte. Trap jy nie kniediep in 'n moeras nie, dan gly die los gruis teen die hang van 'n kop onder jou uit, of jou weg word versper deur 'n chaotiese opeenstapeling van hoekige swart rotsblokke.

N ormale berge, vlaktes en valleie is so te se afwesig want erosie deur lopende water, soos ons dit ken, het hier geen rol gespeel nie.

Ten spyte van 'n byna daaglikse reenval, is Boogaerdtsrivier een van die weinige standboudende stroompies op die bele eiland. Soos in 'n dolomietgebied verdwyn baie van die oppervlakwater in

"sinkgate" terwyl die res sommer gou in poreuse lae wegsak.

Grond is daar nie. Varswatermeertjies le 30, 40 of 100 voet bo see- vlak slegs 'n paar tree van die kus af. Ronde butte, soos dig be-

37° 40' 0

groeide molshope, skakel vir myle aanmekaar of gaan oor in 'n doolhof van ewewydige ruggies wat boerop a! minder plantegroei dra. Bo hierdie gramadoelas toring sowat 100 keelvormige koppe uit wat grotendeels uit los, rooi, geoksideerde vulkaniese slak be- staan en deur eksplosiewe erupsies gevorm is. Baie van bulle, soos Juniorkop naby die weerkundige stasie, het 'n krater met 'n krater- meer boop, terwyl die "skoorsteen" in ander gevalle heeltemaal toegeval bet.

Marion is geheel-en-al van vulkaniese oorsprong en a! die topo- grafiese anomaliee wat bierbo genoem is, kan verklaar word as mens aanvaar dat dit 'n primere vulkaniese landskap is: die lawa- vloeie mag wei onder plantegroei verberg wees, maar bet geen erosie en baie min verwering ondergaan sedert bulle afgekoel bet.

Die enigste uitsondering is die "vensters" van ouer lawa wat hier-

370 45'0 37" 50'0

:t DAVIS •:S.:ooe Roek

~.·

37° 40'0 37045' 0

Fig. l. Fisiografiese verdeling van Marioneiland.

46"50'5

oos.

XAAP

W.J.V. 1965

(2)

Page 2 ANT ARKTIESE BULLETIN January, 1966

onder beskryf word. "Sinkgate" is byvoorbeeld verbind met onder- grondse tonnels waardeur die bewegende front van so 'n lawavloei gevoed is lank nadat die boonste kors gestol bet. Die bulteveld is tipies van die vorm wat die oppervlak van 'n bloklawavloei aan- neem: die harde kors is opgebrcck, saamgesleep en opgehoop terwyl die massa nog voortbeweeg hct. Op ander plekke is klaar- blyk.lik bulle (sg. tumuli) en rue gevorm deur gasdruk en gevolglike opwelwing van die dak van lawatonnels. Waar lawatonnels by die kus uitmond, key mens vandag rotsboe en seegrotte wat nie bloot aan brandererosie toegeskryf kan word nie.

Om die geomorfologie van die eiland as geheel kortliks te beskryf, is dit nodig om die volgende fisiografiese wyke te onderskei:

(a) die kuslyn, (b) die kusvlakte, (c) die eskarp, (d) die glooiing en (e) die sentrale hoogland.

(a) Die kuslyn is 'n produk van twee teenoorgestelde kragte, nl. brandererosie en vulkaniese uitbouing. Waar die ouer lawasuk- sessie die see ontmoet, was erosie aktief oor 'n Ianger tydperk as elders en bet dit die oorband gekry. Onreelmatigbede is dus tot 'n groot mate uitgewis, hoe kuskranse is gevorm deur terugskuiwing van die oorspronklike strand (bv. King Bird Head, Crawfordbaai, Triegaardsbaai), geisoleerde rotstorings is sover as 'n halfmyl van die buidige kus agtergelaat (Boot Rock), sagte tufiae is vinniger weggekalwe as aangrensende lawa en ronde inhamme is gevorm (Ship's Cove, Macaronibaai). Hernude vulkaniese aktiwiteit het egtcr geneig om die eiland groter tc maak: by die mond van die bree Santa Rosa-vallei is dit byvoorbeeld baie duidelik dat jonger swart lawavloei die kuslyn seewaarts uitgebrei bet. Dit is ook die gevallangs die hele wes- en suidwes-kus van die eiland. So 'n nuwe kuslyn is uitcrs onreelmatig, met diep inhamme en kape waar inisicle swakhedc deur die see uitgects is, asook met talle see-rotse, grotte en rotsboe. Vertikale kranse tot die boogte waarop storm- golwe slaan (±50 voet) word betreklik gou gevorm en strande is skaars. Terrasse wat dui op relatiewe bewegings van seevlak is nie tangs die kus van Marion waargeneem nie.

(b) Die kusvlakte is 'n rcelmatigc strook land, l tot ll my! wyd, wat aan die weste-en suidwestekant van die eiland tussen die see en die eskarp le, op 'n gemiddelde hoogte van 120 voet bo seespieel.

Dit is meestal plat en moerassig, hoewel enkele vulkaankeels en latere lawavloeie die eentonigheid onderbreek. Die kusvlakte be- staan geheel-en-al uit jonger swart lawa wat teen die eskarp afge- stroom bet. Daar is goeie rede om te vermoed dat dit op 'n brand- ererosieterras by die huidige stand van seevlak opgebou is.

Die noordoostelike helfte van Marion omvat ook laagliggende dele wat as gcvolg van 'n egalige profiel as kusvlaktes bcstempel kan word, bv. die Goncyvlakte en die terrein tussen die weerkun- dige stasie en Ooskaap. Hierdie gelyktes gaan egter geleidelik oor in die binnelandse gloiing en kan nie presies afgebaken word nie;

daarbenewens bet bulle ook tektoniese grense en is dus van heel 'n ander oorsprong as die westelike kusvlakte.

(c) Die eskarp is 'n steil trap, 600 tot 1200 voet hoog, wat die kusvlakte van die binnelandse glooiing skei. Dit vorm die verleng- ing van die 1,000 voet hoe kuskranse by Crawfordbaai en strek daarvandaan wes- en noordwaarts om die boog van die eiland,

Fig. 2. Uitslg vanaf Betakop suidOOSWllllrts met vulkaankeels (Green Hill. Johnny's Hill en Arthur's HiiJ) in die verte.

parallel aan die huidige kuslyn. Om hierdie redes, en ook vanwec die feit dat die ouer grys Jawasukscssie by die eskarp ophou, word dit as die voormalige kuslyn beskou wat dateer uit die periode voor die jonger erupsies begin het. Oorblyfsels van die oorspronklike kransfront sleek hier-en-daar deur lawa en puin op die kruin van die eskarp, terwyl kanale en levees wat deur die jongcr La was nagc- laat is teen die belling af strek. Die afwesigheid van 'n soortgelyke eskarp Jangs die noord- en ooskus, van Marion dui op 'n asimrnetrie wat moontlik aan kanteling in die rigting toegeskryf moet word.

(d) Die glooiing omvat die grootste gedeelte van die eiland.

Selfs van ver af is dit duidelik dat Marion 'n lae, konweks profiel vertoon in teenstelling met die spits, koniese vorm van sommige vulkaniese eilande soos Tristan. In groter detail gesien is dit egter nie so eenvoudig nie. Nie aileen styg talle rooi-swart slakkeels bo die glooiing uit nie, maar die oostelike helfte van die eiland bestaan ioderdaad uit 'n afwisseling van hooglande en laaglande wat min of meer driehoekig, soos sektore van 'n sirkel, om die sentrale pieke gerangskik is. Die prominentste hooglande is Langrug en Feldmark- plato, terwyl die Goneyvlakte en Santa Rosa-vallei twee van die laaglaode verteenwoordig. Die gebied aan weerskante van die Kerguelenhoogte neem 'n intermediere posisie in. Die hooglande bestaan alma! uit ouer grys lawa en tuf wat tot 'n mindere of meer- dere mate deur jonger lawa oorstroom is. In die valleie en vlaktes is die grys Jawa egter diep onder die jonger Jawa begrawe. Wanneer die baie reglynige kontakte tussen die twee tipes in ag geneem word, asook die feit dat erupsiesentra langs soortgelyke radiale lyne ge- rangskik is, blyk dit duidelik dat mens bier met verskuiwingsblokke (horsts en grabens) te doen het. Die eiland is radiaal gekraak en sommige blokke het groter daling of kanteling ondergaan as ander.

Die "vensters" van ouer grys lawa, hooglande ingesluit, vertoon nie meer die oppervlakverskynsels van lawavloeie nie. Slakkige of gekilde oppervlaktes is klaarblyklik deur erosie verwyder en die algemene profiel is glad eo afgerood. Hoewel die ouderdom van die eiland oog nie bekend is nie, moet die moontlikheid sterk oorweeg word dat hierdie landvorme tydens die laaste groot vergletsering deur 'n ysplaat soos die van Bouvet afgeskuur, en die valleie deur gletsers verdiep is. Sedertdien het vries-en-smeltaksie die grys lawa oor groot dele met meganiese verweringskilfers bestrooi.

(e) Die sentrale hoogland bestaan nie uit matterhornpieke wat die bestaan van voormalige gletsers sou bcwys, en ook nie uit 'n sentrale krater nie. Jan Smutspiek (3,890 vt.) is maar net so 'n slakkeel soos talle ander op die eiland. Twee duidelike reekse keels, een uit die suidweste en die aoder uit die suidooste, ontmoet mekaar hier op 'n smal plato wat van Alfakop af sowat 4 myl weswaarts strek. Die westelike dee! van die plato is feitlik pal onder snceu bedek. Dit is duidelik dat die grootste hoeveelhede jonger swart lawa vanaf die voet van hierdie hoe ke!!ls in alle rigtiogs oor die eiland afgestroom het. Pragtige vulkaniese strukture (homito's, tou-

lawa, slangvorrnige Jawatonge, kookpotte en bomme), asook peri- glasiale verskynscls, is op hierdie barre plato te sien.

Wanneer aldie sneeubedekte pieke van die Andes en Himalayas eendag oorwin is, sal daar heel moontlik nog 'o paar koppe teen die westelike hang van Marion wees waar geeo mens 'n voetspoor nagelaat bet nie.

Fig. 3. Lawa-oppenlaktes begroei met AZORELLA-kussings en gras.

Referensi

Dokumen terkait

Die grondstruktuur van die Heidelbergse Kategismus is gevolglik drieledig: Die eerste deel word die mens se sonde en ellende genoem, die tweede deel verlossing en vryheid en die laaste

Daar is met 256 teen 192 stemme 57% die volgende besluit geneem: Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika verklaar dat die politieke beleid van apartheid wat toegepas is in die