• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die isolasie en iden fi sering van Penicillium spp. met potensiële fosfaatoplossingsak witeit in

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan " Die isolasie en iden fi sering van Penicillium spp. met potensiële fosfaatoplossingsak witeit in"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

hƩ p://www.satnt.ac.za 140 Open Access Bladsy 1 van 1 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Die isolasie en iden fi sering van Penicillium spp. met potensiële fosfaatoplossingsak witeit in

landbou-omgewings

Isolation and identifi cation of Penicillium spp. with potential phosphate solubilistion activity from agricultural environments: This project investigated Penicillium species diversity in agricultural environments as well as the potential phosphate solubilisation activity of the isolated Penicillium strains. This genus has played a vital role in human history, with the most famous being the production of the antibiotic Penicillin. Thus, understanding the diversity of this genus is of great interest and importance.

Hierdie projek fokus op die isolasie en identifi sering van spesies van Penicillium in landbou- omgewings. Spesies in die genus Penicillium is van groot sosio-ekonomiese belang en speel ’n belangrike rol in verskeie aspekte van die mens. Die antibiotikum penisillien is moontlik die bekendste toepassing van hierdie groep. Die impak van hierdie organismes is nie net beperk tot antibiotikumproduksie nie, en die rol van hierdie spesies, in beide die omgewing en in menslike aktiwiteite kan nie oorbeklemtoon word nie. Lede van hierdie genus is bekend as voor- en na-oes patogene, sowel as in die produksie van verskeie gefermenteerde voedsel- produkte, insluitend verskillende tipes kaas en gefermenteerde wors. In vorige studies is aangetoon dat Suid-Afrika ’n kern van Penicillium diversiteit is, met ’n beduidende groep van die Penicillium spesies wat vanuit die grond geïsoleer is. Voor die volle omvang van die diversiteit binne hierdie groep verstaan kan word, moet nog heelwat navorsing op spesies in die groep gedoen word. ’n Ander aspek van hierdie groep is dat hulle tot die prosesse in die grondomgewing bydra. Baie min is bekend oor die funksie van hierdie groep organismes, spesifi ek vir koring en mielies. Koringproduserende gebiede in Suid-Afrika toon ’n beduidende verskil tussen die verwagte opbrengs, gebaseer op voedingstof- en kunsmisinsette, en die werklike opbrengs wat behaal word. Hierdie gaping is vermoedelik as gevolg van die gebrek aan beskikbare fosfor in landbougrond. Tot 98% van die fosfor in die grond is anorganies, en dus nie vir opname deur plante beskikbaar nie. Hierdie studie fokus dus op die diversiteit van Penicillium spesies in landbouomgewings. Die fokus van hierdie studie is nie net op die isolasie en identifi sering van hierdie spesies nie, maar dit ondersoek ook die stamme vir moontlike nuttige funksies in grond omgewings, soos hul vermoë om fosfaat op te los sodat dit vir opname deur plante beskikbaar is. In vorige studies is aangetoon dat hierdie aktiwiteit ’n positiewe effek op plantegroei kan hê. Ander plantegroeibevorderings-aktiwiteite (PGA) is waargeneem in verskeie Penicillium spesies, insluitend die vrystelling van verbindings soos gibberellien, jasmoniensuur en salisielsuur. ’n Verskeidenheid gebiede is gekies om monsters te neem, wat verskeie grondtipes, sowel as landboupraktyke insluit. Hierdie gebiede is histories fynbosgebiede wat na landbouverbouing omgeskakel is. In ag genome dat Penicillium spesies in fynbosgronde baie divers is, kan die afl eiding gemaak word dat dieselfde vir landbougrond sal geld. Die voorlopige resultate van hierdie studie dui op ’n beduidende spesiesdiversiteit, insluitend verskeie potensiële nuwe spesies, sowel as ’n paar skaars spesies, wat in hierdie gronde aanwesig is.

Outeurs:

Aiden W Visagie K Jacobs CM Visagie Affi liasie:

Fokusarea: Ekologiese Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, MaƟ eland, 7602, Suid-Afrika Korresponderende outeur:

Aiden Visagie E-pos:

[email protected] Hoe om hierdie ar kel aan te haal:

Aiden W Visagie, K Jacobs, CM Visagie, Die isolasie en idenƟ fi sering van Penicillium spp. met potensiële fosfaat- oplossingsakƟ witeit in landbou-omgewings, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 39(1) (2020).

hƩ ps://doi.org/10.36303/

SATNT.2020.39.1.837 Kopiereg:

© 2020. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die CreaƟ ve Commons AƩ ribuƟ on License gelisensieer.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 31 Oktober – 1 November 2019, Universiteit van die Vrystaat. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie; Dr Ernie Langner (Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat) en Dr Wynand Nel (Departement Rekenaarwetenskap en InformaƟ ka, Universiteit van die Vrystaat).

Referensi

Dokumen terkait

ʼn Begronding van die diaken se dienswerk in bedieningspatrone wat in die Nuwe Testament beskryf word, moet op deeglike eksegese rus Die praktyk van die dienswerk van die diaken word

5.15: Vraag 15: "Indien u op vraag 14 ffBaie goed" of "Goed" geantwoord het, dui aan wat u as die belangrikste rede vir sodanige akakeling beskou." 5.16: Vraag 16: "Is u van mening

9 'n Aantal artikels het ook reeds in verskeie tydskrifte verskyn insluitende spesiale uitgawes van die Pacific Sociological Review April, 1973 die Annals of American Academy of

Hierdie werk is tans in Nederlands ver- taal en die skrywer verklaar dat, sowel as ge- volg van die bestaande literatuur oor Hitler as op grond van nuwe, deur hom opgespoorde en

Volgens hierdie benadering dui die hele historiese konteks van Jesaja 7: 14 daarop dat dit om ’n kind gaan wat in die tyd van Agas self gebore sou word.. Die vorm waarin hierdie vers

Direkte politieke optrede – waarvan protes ’n subkomponent is – het betrekking op aksies wat deur ’n groep of individue onderneem word, wat ’n sosiale of politieke probleem self uitlig

In hierdie studie is daar gebruik gemaak van korrelasie- koëffisiënte, T-toetse, beskrywende toetse sowel as ANOVA-toetse om eerstens die verskille in die deelnemers se etniese groepe,

Daar word egter meer resultate beskikbaar wat daarop dui dat inname van poli-onversadigde vette beide omega-3 en -6 nie tot dieselfde gewigstoename sal lei as wat ’n versadigde