DIE KERKORDE VAN EMDEN 1571)
PROF. DR. A. D. PONT 1. INLEIDEND:
Die Sinode w at op 5 O ktober 1571 in die stad Emden gehou is, w as die eerste sinodale vergadering van die Calvinisties- hervorm de N ederlandse gem eentes. D it w as die reëlregte op
volger van die W ezelse convent van 1568 w at aanvanklik ook vir Emden beplan was. Vanweë die heersende oorlogsgevaar in 1568 en die feit dat daar ’n pessiekte in Emden uitgebreek het, is die eerste convent in W ezel gehou. Die feit d at hierdie eerst sinode van die Nederlandse gem eentes net soos die eerste sam ekom s buite N ederland gehou moes word, dui op die oorlogsom standig- hede w at destyds geheers het. Tog h et die vadere met geloof en goeie moed begin om die fondam ente vir die N ederlandse h er
vorm de kerk te lê lank voordat dit ’n uitgem aakte saak was dat die hervorm ing in N ederland sou seëvier.
Hierdie sinodale vergadering te Em den se kw aliteit word deur verskillende navorsers verskillend beoordeel. F. L. Rutgers-) is van mening dat die Em dense vergadering nie ’n volle nasionale sinode was nie m aar dat die Sinode hom self slegs beskou het as ’n samekom s van tw ee van die drie g ro o t provinsies w aarin die Nederlandse gem eentes toe saam gevat was. Dié provinsies w as dan in die eerste plek die N ederlandssprekende gem eentes in D uitsland en Oos-Friesland; ten tw eede die gem eentes in Enge
land w aar die gem eente te Londen die belangrikste w as en ten derde die N ederlandse gem eentes onder die kruis in die N eder
landse provinsies3). U it die naam lys w at gegee w ord deur H ooijer4) blyk dan ook dat daar geen am psdraers u it die N ederlandssprekende gem eentes in Engeland teenw oordig w as nie m aar slegs predikante uit D uitsland en O os-Friesland en die ge
m eentes onder die kruis. Ook w at die ouderlinge betref is dit dieselfde geval.
Aan die ander kan t is dit vir H aitjem a duidelik d at ná die C onvent van Wezel, die Emdense vergadering as die eerste nasionale sinode van die N ederlandse hervorm de kerk beskou m oet w ordJ). Dit nie n et vanw eë die sam estelling van die v er
gadering nie m aar ook vanw eë die w erk w at d aar gedoen is. W ant
!) L esing gehou voor die K erkhistoriese Genootskap van die Ned. Her
vorm de Kerk op 23 N ovem ber 1971.
2) F. L. Rutgers, Acta van de Ned'erlandsche Synoden der zestiende eeuw, D en Haag 1889, blz. 46.
3) Vgl. Emdense kerkorde, art. 8.
4) Th. L. Haitjema, N ederlands Hervormd Kerkrecht, Nijkerk 1951, blz. 23.
5) C. Hooijer, Oude Kerkordeninge der N ederlandsche Hervormde Ge
m eenten 1563-1638, Zaltbommel 1865, blz. 64-65.
148
op die Emdense vergadering is ’n eerste kerkorde vir die N eder
landse gem eentes onder die kruis opgestel. Dit gaan dus by Emden om die vestiging van die kerkverband van die verstrooide gem eentes. Hier m oet daarop gelet word dat in die suidelike N ederlandse provinsies d aar reeds voor 1566 ’n kerkverband was vir die gem eentes w at daar o n tstaan h etü). Vanuit die suide het die hervorm ingsbew eging betreklik vinnig na die noordelike provinsies versprei vanaf die jaar 1566. Daardie gem eentes was egter nie in ’n kerkverband saam gevat nie en vanweë die oorlogs- om standighede, die koms van die H ertog van Alva na N ederland en die vertrek van Prins Willem, om die vnyheidsstryd van buite Nederland se grense voort te sit, het daar nog niks van gekom nie.
Hoewel die gem eentes w at in die noordelike provinsies to t stand gekom het volkom e selfstandig was en desnoods self- standig sou kon voortbestaan, is dié onafhanklikheid nie op die spits gedryw e nie. Inteendeel juis artikel 28 van die N ederlandse geloofsbelydenis het die kerkverband vir die selfstandig-bestaan- de gem eentes vanselfsprekend gem aak. Daarom was daar by die gem eentes voortdurend die neiging om hulleself in ’n k erkv er
band saam te snoer. Na die voorlopige Convent van Wezel, vind die Sinode van Emden plaas en hoewel alle am psdraers nie daar teenw oordig is nie, is dit duidelik dat hier ’n kerkverband gevestig word nie alleen vir die aanw esiges nie m aar ook vir die and er7).
D aarby is die bestaande gem eentes hier in Klassikale vergade- rings ingedeel en is dié indeling, w aar dit moontlik was, nagevolg.
Dit as ’n verdere bew ys d at die Emdense vergadering as ’n volw aardige nasionale sinode erken is8).
Die Emdense sinode m oet noodw endigerw ys beskou word as die eerste nasionale sinode van die N ederlandse kerk w at die grondslae lê vir die kerkregering van die N ederlandse gem eentes in kerkverband. Te Emden is nie veel m eer as die grondslae gelê nie, dit wil sê: die algemene beginsels van die kerklike orde en regering is neergelê. Dit w as egter nié finaal nie en daaropvolgend is daar nog ’n reeks van kerkordes opgestel en kerkordelike reëlings g etref vir die goeie en doelmatige regering van die kerk in Nederland. Die Emdense kerkorde is die begin
«) H. G. Kleyn, A lgem eene Kerk en Plaatselijke Gemeente, Dordrecht 1888, blz. 35. Dit het dan ook geskied bv die Sinode van A ntwerpen in 1564.
7) A rtikel 4 van die kerkorde lui dan ook: Men sal oock de Nederlandtsche Kercken-Dienaars die in dese versam elinghe n iet en zijn, verm anen, dat zij in die selve onderschrijvinghe bewillighen: T ’selve salmen oock allen anderen doen, die van nu voortaen, tot den d ien st des Woords beroepen sullen worden, eer sy in haren dienst treden.
s ) Vgl. in hierdie verband dan ook die argum ente van Kleyn, a.w., blz.
38-43.
van ’n reeks N ederlandse kerkordes w at gehou is od die Calvinis- tiese kerkordelike beginsels. So w ord ’n presbiteriaal-sinodale sisteem uitgew erk w at uiteindelik in die kerkorde van D ordrecht van 1619 sy klassieke sam evatting vind.
2. DIE OORWEGENDE FRANSE, CALVINISTIESE INVLOED:
Hoewel daar by die sinode van Emden nie formeel ’n k erk orde opgestel is nie, is daar ’n reeks besluite oor die kerkorde en kerkregering geneem w at agterna to t ’n kerklike orde saam- gevoeg is. D aaraan is toegevoeg die reëlings w at getref is vir die Klassikale vergaderings, die provinsiale en nasionale sinodes en dit word afgesluit deur die Q uaestiones Particulares, of wel die besondere vrae w at op elke sinodale vergadering gevra en beantw oord is. Daarom tref mens by die Emdense kerkorde ook nie die verskillende hoofstukke van die kerkorde aan soos dit vanaf D ordrecht 1574 saam gevat is en w at by D ordrecht 1619 die opskrifte gedra het: 1) Van de D iensten, dit wil sê: die am pte, II-XXVIII; 2) Van de kerkelijke sam ekom sten, dit wil sê:
die vergaderings, XXIX-LII; 3) Van de Leer, Sacram enten en andere Ceremoniën, LII-IV; 4) Van de Doop, LVI-LX; 5) Van het Avondmaal, LXI-LXIII; 6) Orde op de Prediktijden, LXIV-LXX;
7) Van de Censuur en K erkelijke Vermaning, LXXI-LXXXI;
8) terw yl die laaste vyf artikels nie onder ’n bepaalde hoof saam g evat is nie.
Tog is dit duidelik dat by Emden die basiese beginsels van die hervorm de kerklike orde reeds aanw esig is en dat die daarop • volgende kerkordes verbetering, uitbreiding en omskrywing is van w at reeds by Emden geform uleer is.
As daar nagegaan w ord w atter kerkordelike invloede en denke die oorwegende rol by Emden speel, dan is dit duidelik d at dit in hierdie geval beslis die Frans-calvinistiese invloed is w at domi
neer. Enersyds is dit wel vanselfsprekend w ant die hervorm ing in die suidelike Nederlande h et gem eentes na vore gebring w at in die Franse taalgebied gelê het. D aardie gem eentes het, uit die aard van die saak, hulle toevlug en steun in die beginjare gesoek en gevind by die Franse hervorm de kerk w at reeds in 1559 te Parys sy eerste sinodale vergadering gehou het. Terw yl die Franse hervorm de kerk deur en deur calvinisties was, spreek dit vanself dat die Geneefse invloed oorw egend sou inwerk op die Franssprekende N ederlandse gem eentes.
Dit is dan ook hierdie gem eentes se am psdraers w at op die Emdense byeenkom s daarvoor sorg gedra h et dat by die konsti- tuering van die kerkverband van die noordelike N ederlandse
gem eentes, die Frans-calvinistiese invloed oorw egend sou wees").
Dit blyk dan ook uit die feit d at die voorsitter van die Emdense sinode, G aspar van der Heijden, 1530-1586, en die skriba Jo h an nes Polyander, albei m anne w as w at uit aansienlike families in die suidelike Nederlande gebore is en daar gew erk h et10) hoewel Van der Heijden, tydens die Em dense Sinode, in Frankenthal in die Paltz, gestaan het vanw eë die woede van die vervolging in A ntw erpen w aar hy vanaf 1551 w erksaam was. Saam m et hulle kan genoem word Johannes Taffinus, ook ’n voormalige predi
kan t u it die suidelike N ederlande w at sy opleiding te Genève by Theodorus Beza, die opvolger van Calvyn, ontvang het.
Taffinus w as in later jare hofprediker van Prins Willem en leraar van die W aalse gem eentes van H aarlem en A m sterdam 11).
Naas hierdie drietal w as d aar nog verskillende ander vooraan
staande Franssprekende predikante op die vergadering teen- woordig terw yl tw ee van die vyf ouderlinge w at teenwoordig was van die W aalse gem eente te Emden was en die ander een van A ntw erpen afkom stig w as12).
Afgesien van hierdie gegew ens is dit uit die Acta self ook duidelik dat daar ’n noue verbondenheid m et die Franse kerk gevoel is. Dit is dan ook baie w aarskynlik d at die Acta van die eerste ses Franse sinodes, dit wil sê van 1559-1570, by Emden aanw esig en te r tafel was. W ant nie alleen is sommige van die bepalings van Emden byna ’n letterlike oornam e uit daardie bepalings nie13) m aar in artikel II is selfs vasgestel14):
„Om die eendrachtigheydt in de Leere tusschen de Neder- landtsche Kerken te bew ijsen, heeft h et den Broederen goed ge
docht de belijdinghe des Gheloofs der N ederlandtsche Kerken te onderschrijven, insgelijcx ook de Belijdinghe der Kerken in V ranckrijk te onderteeckenen, om daer mede hare verbindinghe ende eenigheyt m et der selver Francoischer Kerken te betuygen, seeckerlijk vertrouw ende, d at de Dienaren der selver Francois- chen Kerken oock op hare zijde de belijdenisse des Gheloofs der N ederlandtscher Kerken, to t ghetuyghnisse der onderlingher een- drachtigheyt onderschriven sullen.”
°) Haitjema, a.w., blz. 19 wys dan ook daarop: . . . hoe van die Synode van Emden (1571) af aan de W aalse broeders., die natuurlijk zich het liefst aan de kerkrechteliike regelen van het Franse Geref. Protestantis
m e oriënteerden, steeds duidelijker hun invloed deden gelden op de constituering van h et kerkverband in de N oordelijke N ederlanden.”
in) Vgl. .T. P. de B ie en .T. Loosies. Biographisch W oordenboek van Prote- stantschen Godgeleerden in Nederland, Den Haag z.j., Dl. III, blz. 807 v. asook C. Hooijer, a.w., blz. 63-64.
n ) C. Hooijer, a.w., blz. 65.
12) C. Hooijer, a.w., blz. 65. D aarvolgens was daar vyf ouderlinge op die sinode. Twee van die W aalse gem eente te Emden en een elk van Keulen, Wezel en Antwerpen.
n ) C. Hooijer, a.w., blz. 61.
14) F. L. Rutgers, a.w., blz. 2.
Hierdie w edersydse ondertekening van die tw ee geloofsbe- lydenisse het, terloops, eers op die Sinode van Vitré in Bretagne in 1583 ’n w erklikheid geword. M aar by die Emdense verg ad e
ring is dit duidelik d at die aansluiting baie duidelik gesoek is by die Franse hervorm de kerk en d at die patroon van die kerkordelike reëlings w at daar gegeld het ook nagevolg is.
Dit is veral opm erklik as in ag geneem word dat ongeveer drie jaar vantevore by W ezel daar tog al ’n eerste poging aange
w end is om ’n kerklike orde op te stel. By Emden word egter geen w oord van Wezel verm eld nie. Enersyds hang dit natuurlik saam m et die feit dat die vergadering te W ezel, na die terugslae w at die Calvinistiese m agte daardie ja a r op m ilitêre gebied gely het, in groot stilte gehou is sodat die handelinge van daardie v er
gadering baie min bekendheid gehad het. Die feit egter dat Modet, Lippius, Becanus en M eranus w at almal by W ezel was ook w eer by Emden teenw oordig was, m oet inhou d at W ezelse Acta ook te Emden aanw esig w a s1-"’). ’n Paar van W ezel s j bepalings is dan wèl by Emden oorgeneem m aar nie een van dié bepalings is van prinsipiële betekenis nie cn handel m eer oor die middelmatige dinge16). Die m erkw aardige en kenm erkende reëlings van Wezel, soos dié oor die profesie (Hfstk, 2, arts.
xvi-xxii) en w at uit die Londense gem eente kom, w ord by Emden nie w eer opgeneem nie17) w aarskynlik om dat dit nóg in Calvyn se Ordannances Ecclésiastiques nog in die Franse Disci
pline Ecclésiastique opgeneem was nie.
D aar kan dus saam gestem word m et Hooijer se opm erking1 ):
,,In de W ezelsche acta zijn het broeders, die raden en v er
m anen, hier m eesters, die zonder uitleg van redenen hunne voor
schriften geven. D aar is het de dachte geest van Zwingli of á Lasco en de gemoedelijken toon van de Christeiicke ordinanciën der Nederlantscher ghemeynte Christi te Londen, hier de strenge geest van Calvijn of Beza en de even gestrenge toon van de synodes des églises reformées de France.”
By die sinode van Emden w ord d aar duidelik daarvoor beslis dat die N ederlandse hervorm de k erk ’n calvinistiese kerk sal w ees en word daar afgesien van die m oontlikheid om m eer in die gees van Zwingli en die vroeëre sakram entariërs die k erk verband te reël. Hier w ord dus, afgesien van die ander betekenis w at Emden het, die keuse bevestig w at in Nederland gelei het to t daardie botsing op kerklik-teologiese gebied w at eers met die sinode van D ordrecht in 1618-1619 besleg is.
« ) C. Hooijer, a.w., blz. 59.
1,!) Vgl. arts. 19, 20, 21 en ook 5.
17) Th. L. Haitjema, a.w., blz. 19-21.
1S) C. Hooijer, a.w., blz. 63.
3. DIE KERKORDE SELF:
Die kerkorde van Emden bestaan uit 53 artikels w at min of m eer saam gegroepeer is. Na ’n p aar algemene en inleidende artikels, word daar agtereenvolgens gehandel oor die kerklike vergaderings, am psdraers, die sakram ente, die huwelik, die dissipline, reëlings in verband m et die gem eentes in die v erstro o i
ing en onderlinge hulp aan m ekaar, die instelling van a ttestate te opsigte van lidm ate w at tre k en dit word afgesluit deur ’n sew etal los artikels w at onder andere handel oor ’n opdrag aan M arnix van St. Aldegonde om ’n kerkgeskiedenis te skryf- ’n Paar aspekte van hierdie kerkorde w at veral van belang is vanw eë sy reëlings ten opsigte van die ampte, die kerklike v er
gaderings en die dissipline m oet van naderby besien word.
a. Die Anti-hiërargiese artikel:
Die eerste artikel van hierdie kerkorde is van besondere be
lang. Dit lui as volg:
„Gheen Kercke sal over een ander Kercke, gheen D ienaar des W oorts, gheen O uderlinck, noch Diaken sal d’een over d ’ander heerschappie voeren, m aar een yeghelijck sal hen voor alle suspicien, ende aenlockinghe om te heerschappen, w achten.”
Hierdie artikel kom ook in die Franse Discipline Ecclésiastique voor naam lik artikel 1, m aar is hier m eer uitgebrei en gepre- sieseer. Die reform atoriese vadere self het in hierdie artikel die prinsipiële afw ysing geform uleer teen die Roomse hiërargiese stelsel van kerkregering w at volgens Trigland gelei het to t ,,de grouwelijcke opperhoofdicheydt des Roomschen paus” . M aar dit gaan in feite nog v erder w an t dit wvs ook die biskoplike regering af soos dit in Engeland en D uitsland voorgekom het. D aarby kan dit ook gerig w ees teen die superintendent w at sowel in die Londense as die W ezelse kerkorde voorgekom het. In die N eder
landse Geloofsbelydenis, art. 31, kom dieselfde gedagte ook na vore w aar duidelik gesê word:
„En aangaande die bedienaars van die Woord, in w atter plek hulle ookal mag w ees, hulle h et een en dieselfde raag en gesag, om dat hulle almal dienaars van Jesus Christus is, die enigste, algemene Opsiener en die enigste Hoof van die Kerk.”
Die kerkorde doen dus niks m eer as om hierdie punt uit die Geloofsbelydenis in te skry f in die reëls w at neergelê word vir die lewe van die kerk in die w éreld nie. Terselfdertyd w ord hier, in die presbiteriaal-sinodale sisteem , baie duidelik beklem toon dat Jesus Christus die enigste Hoof en Heer van die kerk is. Daarom gee Emden ook uitvoerig aanw ysings vir die oprigting van klassikale vergaderings en sinodes sodat uit die ordening van
die kerklike lewe sal blyk d at dit Jesus C hristus is w at deur sy W oord en Gees die kerk regeer en nie mense of die aspirasiss van mense nie.
By Emden w ord hierdie beginsel dus baie duidelik beklemtoon terw yl dit ook by W ezel teruggevind kan w ord, hoewel nie so pertin en t gestel soos hier nie19). H and aan hand met hierdie anti-hiërargiese artikel m oet dan die bepalings ten opsigte van die verskillende vergaderings gesien word.
b. Die Bepalings vir die Vergaderings van die Ampte:
In die kerkordelike reëlings w a t vir die vergaderings van die am pte neergelê word, volg Emden die verskillende Franse kerkordes van 1559 af, sorgvuldig na. Dit is byna vanselfsprekend w an t die Geneefse kerkorde was bedoel vir ’n stadsgem eente terw yl die Franse kerkordes die eerste Calvinistiese kerkordes was w at die organisasie van die landelike k erk te r hand geneem het. Hoewel die Skotse Discipline uit 1560 dateer, is daar geen aanduiding in die Emdense kerkorde d at daardie w erk van John Knox in N ederland onder die N ederlandse predikante so bekend was dat dit hier ’n invloed kon uitoefen nie.
Die vergaderings w at deur Emden noodsaaklik geag word vir die regering van die kerk is in die eerste plek die Kerkraad vir die plaaslike gemeente. Dit is uit die form ulering nie besonder duidelik of die drie am pte, naam lik predikant, ouderling en diaken, saam één K erkraad vorm nie of d at elke amp ap art sal vergader nie-0). In die voetspoor van die aanvanklike Franse be
palings w as die am p van diaken as ’n noodsaaklike onderdeel van die K erkraadsvergadering beoordeel en w as die diakens ook volw aardige lede van die vergadering en daarom ook potensieel deelnem ers aan die m eerdere vergaderings van die kerk. Met die Sinode van D ordrecht van 1574 is egter baie duidelik bepaal dat die am p van predikant en ouderling, die regeeram p dus, die K erkraad vorm en dat die diakens in ’n eie diakonievergadering byeen sal kom. Slegs in kleiner gem eentes, w aar daar tw ee of m inder ouderlinge was, h e t die diakens as lede van die Kerk- raadsvergaderings en sodoende as hulp-ouderlinge gefungeer21).
Interessant, en net terloops, is dat hier te Emden ook voor- siening gem aak word vir gem eentes sonder predikante w aar d aar dan „lezers” aangew ys m oet w ord om saam m et die
19) By W ezel word dieselfde gedagte uitgedruk in Hfstk. IV, arts. 7 en 9 en Hfstk. V, art. 19 en ook Hfstk. VIII, art. 14.
20) D ie Em dense form ulering was: In een yegh elijck e Kercke salmen t’sam en-coomsten ofte Consistoriën der D ienaren des Woorts, Ouder- linghen ende Diaconen hebben, die ten w eynighsten allen weecken eenm ael ghehouden sullen worden, ter p laetse ende tij t die een yeghelijcke Ghem eente sal achten bequae'mste ende geleghenste te wesen.
21) Vgl. C. Hooijer, a.w., blz. 97.
ouderlinge en diakens die verstrooide gem eentelede te versamel.
Hier w ord baie duidelik die Franse reëling nagevolg. H eelw at later, op die sinode van M iddelburg in 1581, is to t versigtigheid gem aan ten opsigte van hierdie p rak ty k w at baie jare in die N ederlandse kerk v o o rtbestaan het.
N aas die K erkraadsvergadering w at hier as die prim êre v er
gadering van die am pte in die kerk gew aardeer word, w ord dan nou ook die Klassikale vergadering ingestel w at drie- of ses- m aandeliks gehou m oet w ord en gevorm sal word „van sommige Kerken die bij een gelegen zijn” .
Dan volg die Provinsiale Sinodes w at vir die „kerkprovinsies D uitsland en Oos-Friesland, Engeland en „aller K erken onder
’t Cruys bijzonder” , jaarliks gehou moes word. Dan sal daar tw eejaarliks ’n „algem eine verzam elinge,, van alle N ederlandse gem eentes, dit wil sê ’n nasionale sinode, gehou word.
Ten opsigte van die m eerdere vergaderings is daar te Emden
’n spesiale Aanhangsel aan die kerkorde toegevoeg w aardeur die w erksaam hede van dié vergaderings gereël is.
Die Klassikale Vergadering, w at ’n vergadering van die regerende amp is, is gevorm deur afgevaardigdes van die ver- sikllende K erkraadsvergaderings naam lik tw ee predikante en tw ee ouderlinge of diakens of slegs een predikant met ’n diaken.
Hierdie gebruik of reëling dat die diakens ook lede van die m eerdere vergaderings was, is egter na die Sinode van D ordrecht 1574 gestaak. Dit h et w aarskynlik gebeur om dat die gem eentes dan al so gegroei h et d at dit nie m eer nodig was om die diaken as hulp-ouderling in te span nie. D aarnaas is tereg uitgegaan van die standpunt d at die diakensam p geen regeeropdrag in die kerk ontvang het nie en dus nie m et hierdie taak, w at spesifiek aan die ouderlinge opgedra is, belas m oet word nie.
Die belangrikste ta ak van die Klassikale V ergadering was, volgens die Emdense orde, om die opsig oor die Kerkrade te hou.
Daarom moes d aar ook verslag gegee word van die lewe van die gem eentes en die w erk van die K erkraad. Die V oorsitter van die Klassis moes dan ook aan elke afgevaardigde daar teenw oordig v ra32): „of zy C onsistoriale sam ekom sten in haare Kerken h ou
den? of die K erkelijke straffen in haaren zw ang gaat? of zij eenige stry d hebben m et eenige K etters? of zij eenige tw ijfel hebben in eenig hoofstuk der Leere? of men zorge d raagt voor de Armen, en over de Schooien? of zij to t regering der Kerken de anderen Dienaren raad en hulpe behoeven, en diergelijke dingen m eer.”
H ieruit word dit duidelik d at dié meerdere vergadering se taak w as om die K erkraadsvergadering by te staan en to t hulp
22) F. L. Rutgers, a.w., blz. 106.
te wees. Die Klassis is dus nié ’n hiërargies hoëre of belangriker vergadering as die K erkraad nie m aar is, binne die kader van die presbiteriaal-sinodale stru k tu u r a s ’t w are ’n orgaan van bystand van die K erkraadsvergadering w at die prim êre en belangrikste vergadering van die am pte in die kerk is. Dit word beklemtoon deur die volgende artikel w at nadruklik stel'-3):
„Zoo daar niet in eenige K erken des Classis geschiede, dat daar niet in de consistorie konde te r neder gelegt worden, dan zal in de Classische sam enkom sten verhandelt en g ;oordeelt worden, van den welke men zig to t den Provincialen Synodum zal mogen beroepen.”
Die beginsel is dat alleen die sake van gem eenskaplike belang en dan dié aangeleenthede w at nie self deur die K erkraadsver
gadering opgelos kan w ord nie, op die Klassikale vergadering bespreek sal word. V erder sal dit veral die taak van die Voor- sitte r wees om aan die Klassis duidelik te m aak w aar die verskille tussen Rooms en P rotestan t lê en om verder almal to t studie aan te moedig.
Op hierdie stadium h et die Klassis nog nie die bsvosgdheid om die predikante to t die am p toe te laat nie en daar word ook geen dissiplinêre bevoegdhede aan die Klassis opgedra nie.
Reeds uit die sorg w aarm ee Emden oor die Klassikale ver
gadering handel, blyk dit hoe groot die besorgdheid oor die verstrooide gem eentes is. Deur middel van hierdie organisasie w ord getrag om dié gem eentes te steun en te versterk.
Hier lê die klem toon wel anders as by W ezel w at w eer die m eeste aandag gegee het aan die gem eente en reëlings probeer tref vir die doeltreffende verkondiging van die W oord en w at w aarsku teen die gebreke w at mag voorkom. Wezel bsklem toon die kategese, beklemtoon die noodsaaklikheid van huisgodsdiens, vestig die aandag op die siekes en sw akkes, die weduwees en die wese. Aan al hierdie dinge gaan Emden verby en m et sy klem toon op die vergaderings en die dissipline m aak dit ’n baie m eer formele indruk as die W ezelse artikels.
Vervolgens word te Emden gehandel oor die Provinsiale Sinode. Die Provinsiale Sinode word, volgens die Emdense orde, gevorm deur afgevaardigdes w at deur elke Klassis soontoe gestuu r word. Hoewel die getal nie presies om skryf w ord nie, w as die latere gebruik dat tw ee predikante en twee ouderlinge as afgevaardigde van die Klassis na die Provinsiale Sinode gaan.
H ier w ord dus van m eet af die bsginsel ingevoer dat dis meerdere vergadering ’n vergadering van die ampte en nié ’n vergadering van ampsdraers is nie. Daarom vind mens hier die trapsgew yse
->!) F. L. Rutgers, a.w., blz. 107.
verteenwoordiging. Deur op hierdie w yse ook die getalle van die lede van die sinodale vergadering te beperk, het die vadere d aar
voor gesorg dat die sinodes vergaderings w as en nie in die rigting van kongresse ontw ikkel h e t nie.
Hierdie vorm van verteenw oordiging beklemtoon die feit d at die sinode ’n vergadering van die am pte is w at saamkom ter wille van die regering van die kerk en dat dit geskied in uitvoering van die S kriftuurlike opdrag soos gegse in Ef. 4:11-12.
Hierdie sinodes het dus nooit die parlem entaristiese indruk ge- skep w at later in die kollegiale kerklike reg na vore kom nie en dáár w as ook nooit die m oontlikheid om die sinode m et die
„kerk” te verw ar nie.
Terselfdertyd is die w erkterrein of bevoegdheid van die sino
dale vergadering baie duidelik om skryw e en daaruit blyk ook dat dit ’n vergadering is w at hoofsaaklik belas is m et die regering van die kerk na die eis van Gods W oord. D aar word dan bepaal25) dat daar gehandel sal w ord oor die leer, die dissipline of die orde en tenslotte oor die besondere sake w at na die Sinode verwys word. Dié besondere sake w at daar behandel moet word, is „alle sw aare zaken” (aliis difficiliora) die in andere Kerken voorvallen, ofte die in de Consistoriën of Classische sam ekom sten niet hebben konnen afgehandelt w orden, of zoodanige zw aare zaken die de gantsche Provincie aan raken . . .”2fl). Die sinodale v er
gadering is dus nié die „aflaaiplek” van alle kerklike problem e nie, m aar dié vergadering w at bevoeg is en in sta a t moet wees om alle gewigtige en algem ene problem e te behandel w at nie deur die Klassis of K erkraad afgehandel kon word nie. Die sinodale vergadering is dus nie ’n hiërargies hoëre vergadering as die Klassis nie m aar op sy beurt w eer ’n breër vergadering w at finale uitsprake kan gee oor aangeleenthede w at die lewe of w erk van die Klassis of K erkraad bemoeilik of w at buite hulle regeerbevoegdheid val.
Dit is dan ook opvallend dat die sinode geen adm inistratiew e reëlings tref nie en dit ook nie kan doen nie w ant die reëling is dat die am psdraers van die sinode se sinodale w aardigheid verval onmiddellik na afloop van die sinodale byeenkoms. Hierdie reëling m oet op sy b eu rt w eer gesien w ord as ’n nadere u it
werking van artikel 1, die anti-hiërargiese bepaling.
Die hoofklem in die opd rag van die sinodale vergadering lê dus op die beraadslagings ten opsigte van die leer en die dissi
pline. Dit gaan dus om die neem van besluite en die tref van reëlings w at sal m eebring dat die kerk sy prim êre taak, naam lik
- * ) F. L. Rutgers, a.w., blz. 113 vg.
25) F. L. Rutgers, a.w., blz. 113.
20) F. L. Rutgers, a.w., blz. 109.
die verkondiging van die W oord aan die gem eente èn die wéreld, suiw er en ordelik sal doen. D aarna gaan dit om die regering van die kerk en die handhaw ing van die dissipline w aarsonder die kerk, as liggaam van C hristus, sy taak nie kan volvoer nie.
Tenslotte, w at die sinodale veradering betref, is dit in teres
sa n t dat op sowel die Provinsiale en Algemene Sinodes, die afgevaardigde of verteenw oordiger opdrag kry om ter vergade
ring te verskyn m et27):
... Brieven van haare zendinge, m itsgaders de puncten schriftelyk vervat, die zy voorstellen zullen; zy en zullen ook geene anderen stellen, dan die in de C onsistorie en Classische sam ekom sten niet hebben konnen uitgevoert w orden, ofte zoodanige, die allen de K erken dier Provincie aangaan . . . ”
H ier is nog geen sprake van instruksies of verteenw oordigers w at m et ’n gebonde opdrag na die sinodale vergadering kom nie.
Die sinode is hier in die suiw er calvinistiese gees ’n vergadering van die am pte w aardeur Jesus C hristus, die H eer van die Kerk, sy volk regeer.
c. Bepalings ten opsigte van die Dissipline:
Ten opsigte van die dissipline of w el die tug gee die sinode baie sorgvuldige en uitvoerige aanw ysings. Al die verskillende trapp e van die tug w ord genoem naam lik die vermaning op die persoonlike vlak voor tw ee of drie getuies; die vermaning voor die K erkraad; die verbod op die byw oning van die nagm aal en die bestraffing vanaf die preekstoel. Dit geskied eers sonder om die naam van die beskuldigde te noem en as dit nie baat nie, dan m oet die skuldige by die naam genoem w ord en gew aarsku word d at hy geëkskom m uniseer sal word. As dit ook geen gevolg h et nie dan m oet die hardnekkige so n daar van die liggaam van C hristus afgesny word. By die afsnyding sal die gem eente ver
m aan word om die afgesnedene se geselskap te vermy sodat hy ook daardeur miskien to t inkeer kan kom en hom w eer bekeer.
Die uitvoerige aanw ysings w at hier vir die ekskom m unikasie gegee word, hang saam m et die feit d at die Formulier van die Ban dan nog nie bestaan nie w an t dié d ateer eers uit die jaar 1586.
Hierdie uitvoerige om skryw ing van die dissiplinêre optrede, w at in hoofsaak so in die N ederlandse k erk behoue gebly het to t in 1816, loop in die voetspoor van die Franse kerkordelike reëls w at vas gelê is op die eerste Franse sinode van 1559 te P arys en verder uitgew erk is op die vyfde Franse sinode w at in 1565 ook te Parys gehou is. Juis uit die bepalings ten opsigte van die dissipline blyk w eer hoe nou die Em dense sinode hom by die Calvinisme van Frankryk aangesluit het.
27) F. L. Rutgers, a.w., blz. 109.
Juis ter wille van die handhaw ing van die dissipline w ord die noodsaaklikheid van die kerklike getuigskrii of a tte sta a t ook beklemtoon. Die in teressan te hier is d a t die kerklike getuigskrif deur die predikant uitgereik m oet word. Dit is ook ’n taam like uitvoerige dokum ent w an t daarin m oet vermeld word: naam, toenaam , vaderland en beroep asook die rede van verrek uit die gem eente, hoe lank die vertrekkendes in die gem eente gewoon het, hoe hulle hulle gedra het, w anneer hulle vertrek en w aar hulle wil gaan woon. In vergelyking daarm ee is ons kerklike a tte s ta a t van vandag m aar ’n kleurlose dokument! V erder w ord verw ag dat elke gem eente w aardeu r die vertrekkende reis ook die a tte s ta a t sal teken to td a t hulle by hulle bestem ming aankom w aar die attestaa t, na die aanvaarding daarvan, vernietig m oet word.
4. SLOTOPMERKINGS:
Uit die kerkorde van Emden w at opgestel word vir ’n kerk en vir gem eentes w at w yd verspreid oor Europa gelê h et en aan druk en vervolging blootgestel is, kan die onw rikbare geloof van die vadere gelees w ord d at die hervorm ing ook in N ederland sal seëvier. D aardie geloof is nie beskaam nie en daarom kan die Emdense orde die begin w ord van ’n lang kerkordelike on tw ikke
ling w at m et die Sinode van D ordrecht, 1618-1619, 48 jaar later dus, ’n bepaalde afsluiting gevind het.
Hier by Emden w ord dit egter duidelik d at die Calvinisme die oorheersende teologie van die N ederlande sal word. Die suiw er denke, die prinsipiëLe vashoudenheid en die vaste geloof van die vadere blyk dan ook u it hierdie kerklike orde. Daarby w ord dit duidelik dat die kerkorde prinsipieel gesien word as ’n om- skryw ing in die p rak ty k van die algemeen aanvaarde Geloofs- belydenis. Dit kan dan ook gestel w ord d at hier die kerkorde voortkom uit W oord èn Belydenis, die noodsaaklike fondam ent w aarop die kerk gebou m oet wees. D aarom is dit altyd w eer belangrik om hierdie ou kerkordes na te gaan en om vas te stel hoe die vadere hulle geloofsgehoorsaam heid verstaan het en om ook na te gaan of ons van vandag nie ook nog daar w eer iets kan leer nie.
159